SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V2
MEI/JUNIE 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
MARKS: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 363.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 • Verskille in prioriteite
• As een huweliksmaat met 'n gesin wil begin en die ander een nie, kan dit
geweldige konflik veroorsaak.
• Een huweliksmaat bestee dikwels minder tyd saam met die gesin en fokus
op ander prioriteite. Dit skep spanning in die huwelik.
• Godsdienstige verskille
• Paartjies van verskillende gelowe, kultuur of etnisiteit verontagsaam soms
die verwagtinge van hulle lewensmaat se godsdiens en dit veroorsaak
gegriefdheid tussen hulle.
• Die meeste ouers verkies dit dat die kinders se godsdiens dieselfde as
hulle s'n is. Dit kan konflik tussen die ouers skep as elke ouer 'n ander
godsdiens het.
• Ouerlike verantwoordelikhede
• Dit gebeur dikwels dat huweliksmaats in die huwelik nie konstruktiewe
mede-ouers vir kinders kan wees nie.
• Verskille in idees oor hoe om kinders behoorlik groot te maak, veroorsaak
skeurings in 'n huwelik.
• Finansies
• Geld, of enigiets wat daarmee verband hou, kan 'n oorsaak van
onenigheid tussen gades wees.
• Of hulle gelukkig is of nie, getroude paartjies kan meningsverskille hê oor
geringe finansiële kwessies.
• Verslawing
• Die huwelik, die gesin en verslawing meng glad nie goed nie.
• Enige vorm van verslawing het 'n ernstige impak op 'n huweliksverhouding.
• Huweliksontrouheid
• Ontrouheid, owerspel, of meer algemeen bekend as verneukery, is een
van die hoofredes vir egskeiding.
• Owerspel kan gedefinieer word as buite-egtelike seks wat opsetlik en
kwaadwillig by huweliksverhoudings inmeng.
• Gebrek aan kommunikasie
• Die gebrek aan kommunikasie op alle terreine van die huwelik veroorsaak
groot skade aan die huweliksverhouding.
• Baie huweliksmaats het geen kommunikasievaardighede wanneer dit kom
by besluitneming oor kwessies wat die gesin raak nie. (12)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
Ken ‘n maksimum van SES punte toe as die oorsake bloot genoem
word.
1.2 • 'n Volwassene wat deur 'n egskeiding gaan, ervaar 'n reeks emosies, van
hartseer tot verraad/troubreuk.
• 'n Kind wie se ouers deur 'n egskeiding gaan, ervaar dikwels gevoelens
van vrees, hartseer, skuld, verwerping en woede.
• Dit kan dalk lei tot dwelmverslawing by ouers en kinders.
• Egskeiding kweek armoede, veral vir vroue en kinders.
• Dit strem die samelewing deur gesinne te ontbind en geloof in die gesin
as 'n noodsaaklike sosiale eenheid te verswak.
• Egskeiding het 'n negatiewe impak op die samelewing deur kinders se
lewens te ontwrig, wat dit vir hulle moeiliker maak om op skool te presteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• Wanneer 'n huwelikspaar skei, sal hulle sosiale kringe ook daaronder ly.
• Dit kan huwelikspaartjies ekonomies en geestelik ontwrig en hulle status
in die samelewing beïnvloed.
• 'n Mens kan huurmoordenaars aanstel om die ander party dood te maak.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (14)
1.3 VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
• Die huwelik word as 'n sakrament deur Hindoes beskou, eerder as 'n vorm
van sosiale kontrak.
• Volgens die leringe van Hindoeïsme is die huwelik 'n goddelike verbond.
• Die band tussen man en vrou word as 'n ewige band beskou.
• Dit is die rede waarom daar geen konsep van egskeiding in Hindoe-
huwelike was nie.
• Hindoes glo dat alle mans en vroue geskape is om ouers te wees, en
beoefen saam dharma, soos deur die Vedas bepaal.
• Die Brahmanas sê dat daar van 'n man gesê kan word dat hy slegs
'volledig' is nadat hy met 'n vrou getrou en 'n nageslag gekry het.
• As gevolg van die belangrikheid van die Samskara van die huwelik, word
egskeiding in Hindoeïsme dikwels as ondenkbaar beskou.
• Hindoes word nie toegelaat om van hulle huweliksmaats te skei nie.
VOORBEELD 2: ISLAM
• Die huwelik in Islam word aanbeveel as 'n godsdienstige vereiste en die
weg van die Profete.
• Dit is 'n plegtige verbond wat 'n onvolledige mens volledig maak.
• Die huwelik reël 'n mens se lewe en verskaf geestelike, fisiese,
emosionele en psigologiese kameraadskap.
• Dit is 'n godsdienstige plig en is gevolglik 'n morele beskerming sowel as
'n sosiale noodsaaklikheid, want gesinne word deur die huwelik gevestig.
• Die huwelik dien as 'n veilige en verantwoordelike uitlaatklep vir seksuele
behoeftes en reguleer dit sodat jy nie 'n slaaf van jou begeertes raak nie.
• As daar huwelikstruwelinge is, pleit die Koran vir versoening, deur
onderhandelde skikkings tussen huweliksmaats.
• Wanneer 'onderlinge goeie behandeling' nie moontlik is nie, moet daar 'n
vriendskaplike afskeid wees.
• Die Koran beskou egskeiding as toelaatbaar, maar nie prysenswaardig nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
1.4 • Godsdienstige gemeenskappe moet paartjies se voorhuwelikse berading
reël.
• Vestig 'n huwelikspaarforum om positiewe idees in die huwelik te deel.
• Godsdienstige takke of gemeenskappe moet klasse vir getroude paartjies
hou om hulle ten opsigte van gesins- en godsdienswaardes toe te rus.
• Reël met huweliksberaders om ten minste een keer per jaar met die
huwelikspaartjies te vergader om die gees van die huwelik te laat herleef.
• Godsdiensleiers moet intree vir huwelike deur gebedsessies om
geestelike, emosionele en sosiale/maatskaplike ondersteuning te bied.
• Huweliksherdenkingvieringe moet gereël word om die gees van die
verhouding/vennootskap te versterk.
• Godsdienstige gemeenskappe kan met staatsdepartemente vergader,
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
bv. Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, om dienste met betrekking (12)
tot huwelike en egskeiding te fasiliteer.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
[50]
VRAAG 2
2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: TAOÏSME
• Die Tao Te Ching het min te sê oor die gemeenskap, maar gee
besonderhede oor hoe individue hulle lewens moet rig.
• Die Tao het nie 'n plan nie, en die Tao is ontsettend magtig.
• Die Aarde en mense is net 'n klein spikkeltjie in die middel van
die Tao.
• Die Tao het aan die lewe geen doel of plan gegee nie.
• Vir die Taoïste is dit verstandig dat jy in harmonie met die Tao
moet leef.
• As jy in harmonie met die Tao leef, sal jy ontdek dat die lewe sy
eie beloning is, en dat die hele gemeenskap in harmonie sal
wees.
• Die Tao verbrysel jou net wanneer jy die pad wat dit volg,
probeer keer.
• Die individu moet buigsaam wees om in harmonie met die Tao
te lewe.
• Die Taoïste glo dat die gemeenskap uit die individue ontwikkel.
• As die individu met die Tao in ooreenstemming is, sal die hele
gemeenskap in harmonie lewe.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
• Volgens die Christelike geloof het God die mensdom geskep.
• God het besef dat Adam 'n ander mens se geselskap nodig
gehad het.
• Daardie persoon moes van die teenoorgestelde geslag wees
en die gevolg was dat God vir Eva geskape het.
• Volgens die Christelike uitgangspunt behoort geen persoon 'n
ander persoon te domineer of uit te buit nie.
• Jesus het aan sy dissipels gesê: 'Julle weet dat dit by die
nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die
groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit
nie so wees nie.'
• Jesus het ook gesê: '... Elkeen wat in julle kring groot wil word,
moet julle dienaar wees'.
• Individue moet na mekaar kyk en mekaar ook beskerm.
• Mense moet 'n gemeenskap wees op dieselfde manier as wat
die Drie Persone van die Heilige Drie-eenheid 'n gemeenskap
is.
• Die mensdom moet 'n verhouding van wedersydse respek en
liefde hê.
• Die Drie Persone van die Heilige Drie-eenheid kommunikeer en
beraadslaag onder mekaar, en so moet die gemeenskap ook.
• In die Christelike godsdiens is individuele regte nie bo dié van
die gemeenskap nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• Ander mense se regte en behoeftes moet altyd in ag geneem
word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
2.1.2 VOORBEELD 1: TAOÏSME
• Volgens die Tao is die wêreld in ooreenstemming met sy
konsep van die goddelike of die heelal.
• Die wêreld het outomaties tot stand gekom as deel van die
aktiwiteit van die Tao.
• Saam met al die ander dinge het die wêreld eenvoudig verskyn.
• Dit is nie beplan nie, maar dit is ook nie onbeplan nie.
• Die wêreld bestaan uit prosesse van skepping en vernietiging,
of ossillasie tussen die Jang en die Jin.
• Vir Taoïste is die waarste beskrywing van die waarneembare
wêreld dat dit lyk asof dit bestaan uit teenoorgesteldes wat
mekaar afwissel, en dit is die aard van die heelal.
• Omdat dit ongelooflik moeilik is om vas te stel wanneer die
prosesse van rigting verander, sê Taoïste dat hierdie
onvoorspelbaarheid fundamenteel waar is van die Tao.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
• Volgens die Christelike godsdiens het daar aan die begin niks
anders as God bestaan nie.
• Die boek Genesis sê dat God die wêreld en die heelal in ses
dae geskape het en op die sewende dag gerus het.
• Die wêreld was volmaak nadat die Heilige Drie-eenheid die
Skepping voltooi het.
• Mense, seelewe, diere en plante behoort almal aan God.
• Die wêreld is onderworpe aan die bestuur van die mensdom.
• Die hele heelal word deur die krag van God se Woord
ondersteun.
• Hierdie wêreld is 'n tydelike blyplek waarin 'n mens vir die
hiernamaals moet voorberei.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
2.2 • In Abrahamitiese godsdienste is heilige tekste sentraal tot hulle praktyke
en oortuigings. Daarom word dit 'godsdienste van die Boek' genoem.
• Abrahamitiese godsdienste se leringe is in hulle geskrewe heilige geskrifte
vasgelê.
• In nie-Abrahamitiese godsdienste, soos Hindoeïsme, word absolute gesag
aan die oorspronklike klank van die gesproke woord toegeken, nie aan die
teks nie.
• Daarom beskou nie-Abrahamitiese godsdienste hulle oortuigings en
leringe as voorwerpe wat vloeibaar/soekend is.
• In Abrahamitiese godsdienste ontlok heilige tekste 'n dieper verbintenis
met die Goddelike.
• In nie-Abrahamitiese godsdienste, soos Boeddhisme, word heilige
geskrifte nie as goddelike voorskrifte gesien nie.
• Die Abrahamitiese godsdienste is kenmerkend eksklusief/afgeslote omdat
die godsdiens daarvan fundamenteel in hulle heilige geskrifte gewortel is.
• Die nie-Abrahamitiese godsdienste is kenmerkend pluralisties, bv.
Hindoeïsme.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• In Abrahamitiese godsdienste bevorder heilige tekste gemeenskaplike
identiteit, terwyl daar in areas, soos Hindoeïsme, 'n verskeidenheid tekste
is en 'n mens kan enige teks volg.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
‘n Maksimum van SES punte kan toegeken word vir of Abrahamitiese of
(12)
nie-Abrahamitiese godsdienste.
2.3 • In Afrika Tradisionele Godsdiens kommunikeer mense deur inspirasie met
hulle voorouers.
• Mediums en waarsêers spesialiseer in kommunikasie met die voorvaders
en geeste.
• Mediums gaan dikwels deur 'n proses van geestelike dood en
wedergeboorte gedurende hulle opleiding. Dit gebeur as gevolg van
inspirasie.
• In hierdie proses eindig hulle eie persoonlikheid en die medium kry 'n
nuwe persoonlikheid wat aan die bonatuurlike kragte toegewy is.
• Sulke mediums het 'n intermediêre funksie.
• Afrika Tradisionele Godsdiens sluit kontemporêre en goddelike inspirasie
in. (10)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
2.4 • Grammatika en historiese konteks:
• Vir akkurate interpretasie moet grammatikareëls en historiese feite in
aanmerking geneem word.
• Dit beteken dat die geskrifte verstaan moet word binne die konteks van
die tyd en omstandighede waarin die teks geskryf is.
• Duidelikste betekenis:
• Die betekenis wat vir die leser die duidelikste is, moet in ag geneem word.
• Plan, doel en konteks:
• Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in aanmerking
geneem word.
• 'n Uittreksel moet as 'n deel van die geheel gesien word.
• Bv. Is die skryfwerk in die vorm van poësie of prosa?
• Betekenis van woorde:
• Die betekenis van woorde verander dikwels oor tyd en konteks.
• Vir die korrekte interpretasie moet die oorspronklike betekenis oorweeg
word.
• Figuurlike taal:
• Figuurlike taal word algemeen in heilige tekste gebruik.
• Dit moet as sulks geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik geïnterpreteer
word nie.
• Figuurlike taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
beginsels vir korrekte interpretasie.
• Ander heilige tekste:
• Een heilige teks kan gebruik word om ander heilige tekste uit dieselfde
godsdiens te interpreteer.
• Dit is omdat daar konsekwentheid tussen die leringe van die godsdiens en
die heilige tekste is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 • Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste
het in 1893 in Chicago plaasgevind.
• Die doel daarvan was om 'n dialoog van gelowe te skep.
• In 1993 is die Parlement weer in Chicago gehou om saam te
werk aan wêreldkwessies, en ook om 'n verklaring met die titel
'Towards a Global Ethic' te skep.
• In 1999 het die Kaapstadse Parlement die kwessie van MIV en
Vigs beklemtoon.
• In 2004 het die Parlement in Barcelona, Spanje,
bymekaargekom en op godsdienstige geweld, veilige water,
vlugtelinge en die uitskakeling van eksterne skuld in
ontwikkelende lande gefokus.
• In 2007 was die fokus op die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte
vir die uitwissing van armoede.
• In 2009 het die Parlement in Melbourne, Australië, vergader en
inheemse versoening, volhoubaarheid en globale klimaats-
verandering hanteer.
• Die Parlement het geslaag omdat dit godsdienste verenig het
om sosiale uitdagings te beveg. (12)
3.1.2 • Om godsdiensverskille te respekteer, om te handel volgens
diepgewortelde en wyd gedeelde morele waardes.
• Om die identiteit van elke godsdienstige gemeenskap te
bewaar.
• Om die verskillende maniere waarop godsdiensgemeenskappe
in Afrika georganiseer word, te vereer.
• Om plaaslik geleide multigodsdienstige strukture binne
RfPnetworks op die vasteland te ondersteun.
• Om die beginsels van verteenwoordiging, ondergeskiktheid en
samehorigheid te handhaaf (10)
3.2 3.2.1 VOORBEELD 1: ISLAM
• Soenni
• Sjia
VOORBEELD 2: BOEDDHISME
• Mahayana
• Theravada
• Tibettaans
• Zen (4)
3.2.2 (a) VOORBEELD 1: ISLAM
Soenni-Moslems
• Die Hadith wat deur die deelgenote van die Profeet vertel word,
het dieselfde status as dié wat deur sy familielede vertel word.
• Die Soenni-vertakking glo dat alle leringe wat in die Boeke van
Hadith vervat word, ewe belangrik is.
• Hulle volg die leerstellings van Islamitiese geleerdes uit die 7 de
en 8ste eeue.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• Soenni's glo nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se familie
kan kom nie.
• Soenni's gebruik die term 'imam' om na 'n leier van 'n
gemeentelike gebed te verwys.
Sjia-Moslems
• Hulle glo dat die Hadith wat deur die deelgenote van die profeet
vertel word, minder betekenis het as dié wat deur sy familielede
vertel word.
• Hulle volg slegs die leringe en opinies van 'n lewendige
geleerde.
• Hulle glo dat die laaste kalief uit die Profeet se familie in 'n grot
versteek was en eendag weer as leier sal verskyn.
• Daar word na hom as 'imam' verwys.
VOORBEELD 2: BOEDDHISME
Theravada-Boeddhisme
• Die ideaal is dat die individu 'n lewe van meditasie lei om
daardeur verlig te word/geestelik te ontwikkel.
• Hulle glo dat die belangrikste teks die Tripitaka is.
• Hulle glo ook dat die leringe van die Tripitaka streng gevolg
moet word as die oorspronklike lering van Boeddha.
• Die Boeddha word nie as 'n goddelike wese gesien nie, maar
as 'n menslike wese.
Mahanyana-Boeddhisme
• Mahanyana baseer hulle leringe op die Mahayana-sutras.
• Hulle beweer dat hulle leringe direk van Boeddha af kom.
• Hulle leer dat 'n gewone mens ook Nirvana kan bereik.
• Hulle leer dat daar baie Boeddha's voor Siddhartha Gautama
was.
Tibettaanse Boeddhisme
• Hulle glo aan die reïnkarnasie van geslagte van sekere lamas
(onderwysers) soos die Dalai Lama.
• Hulle glo ook dat 'n Boeddha in menslike vorm gewys kan
word.
• Tibettaanse Boeddhisme glo in 'n panteon/godedom van
Boeddha's, bodhisattvas en dharma-beskermers.
Zen-Boeddhisme
• Hulle glo dat daar 'n lyn van gesag is wat na die Boeddha
teruggaan.
• Hulle glo ook dat Zen 'n lewenswyse is en nie net 'n
bewussynstoestand nie.
• Hulle glo dat die bereiking van Boeddhaskap, wat 'n toestand
van verligting/geestelike ontwikkeling is, bereik kan word deur
'n mens se eie natuur te ontleed.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
Ken ‘n maksimum van agt punte toe vir enige vertakking.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
(b) VOORBEELD 1: ISLAM
Soenni
• Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
• Enige Moslem kan op gemeenskapsrade dien.
• Bestuur is gemeenskapsgebaseerd.
• Geleerdes van Islam (ulema) en gemeenskapslede
(vrywilligers) dien op beheerrade van moskees, madrassas en
skole.
Sjia
• Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van Profeet
Mohammed en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems
te lei.
• Daar word na so 'n leier as 'imam' verwys.
• Die laaste sê in enige onsekerheid oor enige dispuut lê by die
verteenwoordiger van die imam.
• Bestuur is in die hande van moellas (priesters) wat deur
godsdienstige verordening regeer.
VOORBEELD 2: BOEDDHISME
Theravada-Boeddhisme
• Die gemeenskap van monnike en nonne lei Theravada-
Boeddhiste.
• Hierdie gemeenskap van monnike en nonne staan as Sangha
bekend.
• Monnike help ook en werk saam met leke tydens belangrike
lewensgebeure.
• Die monnike lei nie, maar is teenwoordig om gewig aan daardie
gebeure te verleen.
Mahayana-Boeddhisme
• Mahayana-Boeddhisme het 'n versameling van verskillende
denkrigtings en praktyke.
• Elkeen van hierdie skole word deur 'n senior monnik bestuur.
• Die senior monnik word dikwels bygestaan deur 'n raad van
ander senior monnike en soms senior nonne.
Tibettaanse Boeddhisme
• Die geestelike hoof van Tibettaanse Boeddhisme is die Dalai
Lama.
• Elke dorp of distrik het sy eie dharma-beskermer met sy eie
plaaslike mitologie.
• Hulle het monnike wat gemeentes in hulle tempels lei.
Zen-Boeddhisme
• Zen-Boeddhisme word gelei deur 'n Zen-leermeester wat in
meditasie spesialiseer.
• Die Zen-leermeester word deur 'n senior monnik bygestaan.
• Die senior monnik word deur 'n raad van senior monnike en
senior nonne bygestaan.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
Ken punte toe vir die vertakkings in 3.2.2 indien hulle
dieselfde is as die wat in 3.2.1 gelys is. (12)
Ken ‘n maksimum van agt punte toe vir enige vertakking. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 • In die 15de eeu het Martin Luther sekere veranderinge aan die gang gesit
wat tot die versplintering van die Christelike godsdiens gelei het.
• Dit het tot dekades van godsdiensoorloë in Europa gelei.
• Verskillende Christelike groepe het vir oorheersing geveg.
• Die kerk was destyds baie invloedryk, beide polities en maatskaplik.
• Die meeste lande was nie demokraties nie, aangesien hulle deur keisers,
konings, koninginne of die adelstand geregeer is.
• Hierdie regeerders het die kerk gebruik om hulle mag te vestig.
• In ruil daarvoor het godsdienstige leiers ook die heersers beïnvloed om
hulle interpretasie van oortuiginge te bevorder.
• Al die strydende partye het so geveg dat alles uiteindelik tot stilstand
gekom het.
• Mense het begin soek na 'n toestand waar daar godsdienstige
verdraagsaamheid sou wees.
• Die intellektuele het tot die gevolgtrekking gekom dat godsdiens verdelend
was, eerder as wat dit verenig het.
• 'n Regering wat slegs op redenering en op 'n begrip van die menslike
natuur gebaseer was, was toe die oplossing.
• Sodoende is regering en moraliteit van godsdiens geskei en sekulêre
humanisme het sy ontstaan gehad.
• Terselfdertyd het vryheid van die godsdiensboeie (vrye ondersoek) tot 'n
aantal wetenskaplike ontdekkings aanleiding gegee.
• Dit het die invloed van godsdiens verder afgetakel en het aan mense 'n
alternatiewe wêreldbeskouing gegee, dit wil sê sekularisme.
• Wetenskaplike ontdekkings (bv. heliosentriese siening) het ook sekulêre
humanisme versterk. (12)
4.2 VOORBEELD 1
• Agnostisisme
• Hierdie term is deur Thomas Huxley (1825–1895) bekendgestel.
• Huxley het geleer dat dit nie moontlik was om enige kant te bewys nie –
die bestaan of die nie-bestaan van God.
• Agnostisisme is afgelei van die Griekse woord 'a', wat 'sonder' beteken,
en 'gnosis', wat 'kennis' beteken.
• Dit beteken 'nie kennis hê nie' om te bevestig, of te ontken, dat God
bestaan.
• Agnostici leer dat dit onmoontlik is om te bewys dat 'n god bestaan of nie
bestaan nie.
• Hulle leer ook dat, as 'n opperwese wel bestaan, dit die mens se verstand
te bowe gaan.
• Agnostiese idees antedateer die gebruik van die term 'Agnostisisme'.
VOORBEELD 2
• Ateïsme
• Ateïsme verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike kragte bestaan.
• Daar is verskillende grade van ateïsme.
• Sterk of positiewe ateïste glo dat daar bewyse is om hulle ateïstiese
sienings te ondersteun
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• Sagte of neutrale ateïste verwerp nie aktief die bestaan van 'n
bonatuurlike wese nie.
• In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
• Dit is omdat hulle voel beide wêreldbeskouings is afhanklik van bewyse
om hulle bewerings te ondersteun.
• Ateïste wend hulle dikwels tot die wetenskap om die aard van die heelal te
verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak. (12)
4.3 • Sekularisme het die weg gebaan vir die ontwikkeling van menseregte.
• Alle godsdienste het gelyke status voor die wet, as gevolg van die idees
van sekularisme.
• Dit stel verskillende gelowe in staat om in harmonie saam te bestaan.
• Verskillende gelowe, minderhede ingesluit, neem wel deel aan die formele
aktiwiteite van die regering.
• Alle godsdienste kan nou hulle godsdienstige praktyke uitleef sonder
vrees vir diskriminasie.
• Alle godsdienste kry gelyke status en kan hulle heilige dae te vier.
• Sekularisme het godsdiensoorloë en algemene godsdienskonflik in die
wêreld tot 'n minimum beperk.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
Ken ‘n maksimum van VIER punte toe vir ‘n relevante inleiding tot (14)
sekularisme.
4.4 • Die demokratiese Grondwet van Suid-Afrika is nie op enige godsdienstige
leerstellings gebaseer nie.
• Die apartheid-Grondwet het slegs die Christelike godsdiens erken en
ander gelowe is gemarginaliseer.
• Die nuwe Grondwet van Suid-Afrika bevorder gelyke erkenning van alle
gelowe.
• Die Grondwet bevorder ook godsdiensvryheid.
• Die Grondwet voor 1994 het wel vryheid van aanbidding toegelaat, maar
die regering het slegs die Christelike godsdiens ondersteun.
• In die verlede is slegs Sondae en Christelike vakansiedae as vakansiedae
erken.
• Deesdae word heilige dae van alle godsdienste erkenning gegee.
• Besighede het nou die opsie om Sondag as 'n heilige dag te hou.
• Vryheid van godsdienste, oortuigings en opinie is in die Grondwet
verskans.
• In die Suid-Afrikaanse Grondwet is sedes en etiese waardes op redenasie
gebaseer en nie op godsdienstige leringe nie.
• Daar is geen staatsgodsdiens nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 • Spesies bevat 'n groot verskeidenheid klein verskille.
• Beide die wêreld en spesies verander oor tyd.
• In die stryd om oorlewing oorleef spesies wat beter aangepas is, terwyl
ander uitsterf.
• Sodoende kan spesies geleidelik van vorm verander en meer ingewikkeld
raak.
• Die lewe het in 'n proses ontwikkel, van eenvoudig na ingewikkeld.
• Die verskillende lewensvorme het nie perfek gevorm verskyn nie, maar
het oor tyd ontwikkel.
• Die evolusieleer sê dat mense nie deur 'n Opperwese geskep is nie.
• Mense het na 'n lang proses te voorskyn gekom, wat oor miljoene jare
strek, totdat moderne mense uiteindelik te voorskyn gekom het.
• Volgens hierdie teorie deel mense 'n gemeenskaplike voorouer met
primate.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
5.2 5.2.1 VOORBEELD: CHRISTELIKE GODSDIENS
• Tradisionele Christene aanvaar die letterlike interpretasie van
die heilige geskrifte, soos in die boek Genesis geskryf.
• Vir hierdie Christene is die Woord van God die enigste letterlike
waarheid.
• Tradisionele Christene beskou dit as onmoontlik dat mense uit
diere ontwikkel het.
• Hulle glo dat die mens na die 'beeld van God' geskep is.
• Die evolusieleer word dus deur konserwatiewe Christene
verwerp.
• Liberale Christene akkommodeer Darwin se teorie en verstaan
dat die boek Genesis simbolies geïnterpreteer kan word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
5.2.2 VOORBEELD: HINDOEÏSME
• Hindoeïsme het 'n meer ingewikkelde evolusieleer as Darwin
se teorie.
• Hulle konsep van evolusie behels ook geestelike evolusie.
• Hindoes glo dat 'n mens oor beide geestelike en fisieke
evolusie beheer het.
• Goeie lewe lei tot geleidelike evolusie na 'n gevorderde vorm.
• Om goeie dade te doen, lei tot beter lewe, en slegte dade lei tot
laer lewensvorme in reïnkarnasie.
• Hindoeïsme suggereer dat Darwin se teorie 'n paar
tekortkominge het omdat dit nie geestelike lewe aanspreek nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
5.3 • In Taoïsme kom die wêreld en alles daarin outomaties tot stand as deel
van die aktiwiteit van die Tao.
• Dit is nie beplan nie, maar dit is nie onbeplan nie.
• Die Tao het nie bedoel dat die wêreld sou bestaan nie, en wou ook nie
hê dat die wêreld nie moes bestaan nie.
• Taoïsme weerspreek nie die Oerknalteorie nie.
• Volgens die wetenskap is die wêreld nie deur enige God of gode geskep
nie, maar dit het toevallig gebeur.
• Die wêreld het eenvoudig verskyn as 'n klein spikkeltjie in die enorme
'bak' van die skepping soos die Tao op sy pad voortgegaan het.
• Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van skepping en
vernietiging.
• Die Taoïstiese siening van die heelal is grootliks gebaseer op hulle
waarneming van die natuurlike en menslike wêreld.
• Die Oerknalteorie is ook gebaseer op waarneming van die natuurlike en
menslike wêreld.
• Vandaar Taoïsme se aanvaarding van die Oerknalteorie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
‘n Maksimum van AGT punte mag vir of die Oerknalteorie of Taoïsme
toegeken word. (14)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper