Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V1
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)




View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 296.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Mense wat daartoe verbind is om hulle god te dien:
A Afgevaardigdes
B Voorouers
C Aanbidders
D Skenkers (1)
1.1.2 Gee 2,5 persent vir liefdadigheid:
A Tiende
B Zakat
C Geloofsbelydenis
D Offergawe (1)
1.1.3 Hierdie geloof het geen geestelike leiers nie:
A Bahá'i-geloof
B Christelike godsdiens
C Hindoeïsme
D Boeddhisme (1)
1.1.4 Midde-Oosterse gelowe:
A Sjintoïsme, Taoïsme en Boeddhisme
B Bahá'i-geloof, Islam en Christelike godsdiens
C Hindoeïsme, Boeddhisme en Bahá'i-geloof
D Confucianisme, Christelike godsdiens en Sjintoïsme (1)
1.1.5 God of gode in menslike vorm:
A Antropomorfisme
B Politeïsme
C Monoteïsme
D Protestantisme (1)
1.1.6 Hasidiese Jode is toegewy aan die streng nakoming van die
Joodse Wet wat as … bekend staan.
A tikkun olam
B verbond
C Tora
D Halakhah (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.1.7 Strokies papier waarop woorde van krag en godsdienstige simbole
geskryf is, word … genoem.
A ketters
B meningsverskil
C talismans/gelukbringers
D uitbrei (1)
1.1.8 Die Dalai Lama, leier van Tibettaanse Boeddhisme:
A Tenzin Gyatso
B Siddhartha Gautama
C Boeddha
D Dorje Shugden (1)
1.1.9 Die twee hoofgroepe wat in Judaïsme gevind word:
A Serafs en Gerubs
B Sephardim en Ashkenazim
C Saïvisme en Shaktisme
D Heidene en Fariseërs (1)
1.1.10 Die Onafhanklike Afrika-kerke is een van die vertakkings van …
A Afrika Tradisionele Godsdiens.
B die Moderne Kerk.
C die Christelike godsdiens.
D Mormone. (1)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die skool van Boeddhisme wat as die Groter Weg bekend is,
is ... (1)
1.2.2 Die Christelike godsdiens was die amptelike geloof van die
Romeinse Ryk onder keiser … (1)
1.2.3 Mense wat glo dat slegs hulle godsdienstige sienings korrek is, het
... standpunte. (1)
1.2.4 Die godsdiens wat glo dat die Messias uit die nageslag van
Koning Dawid sal kom en die wêreld saam met hulle sal regeer,
is … (1)
1.2.5 'n Godsdiens wat in Japan ontstaan het en die aanbidding van die
natuur insluit, is ... (1)
1.2.6 Mense wat die bestaan van 'n Opperwese verwerp, word ...
genoem. (1) 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.3 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. MOENIE 'n antwoord meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Die versameling leringe/ A Groot Gebod
leerbeginsels van die
Profeet Mohammed B inspirasie
1.3.2 Die sentrale leerstellings van C liturgie
die Bahá'i-geloof
D Abrahamitiese siening
1.3.3 'Alles wat julle wil hê dat die
mense aan julle moet doen, E shahadah
moet julle ook aan hulle doen.'
F Kitáb-i-Aqdas
1.3.4 Die ware oorsprong van al die
godsdienste G Die Goue Reël
1.3.5 Mense is op die sesde dag H Hadith
gemaak
1.3.6 Die woorde, musiek en
handelinge wat in seremonies
in sommige godsdienste
gebruik word
(6 x 1) (6)
1.4 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede waarom die antwoord NIE pas NIE.
VOORBEELD: Rooi, Geel, Sirkel, Blou
ANTWOORD: Sirkel
REDE: Die ander drie is kleure.
1.4.1 Rumi, Sufi, sangoma, koning (2)
1.4.2 Halakhah, Vedas, Upanishads, Bhagavad Gita (2)
1.4.3 Bahá'u'lláh, Brahmo Samaj, Siddhartha Gautama, Abraham (2)
1.4.4 Sion-Christenkerk, Nasaret-Baptistekerk (Ibandla lamaNazaretha),
Internasionale Pinkster Christenkerk, Metodistekerk (2)
1.4.5 Christelike godsdiens, Bahá'i-geloof, Islam, Judaïsme (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.
1.5.1 Tripitaka is 'n kort, heilige vers/frase wat herhaaldelik in gebed of
meditasie gebruik word. (2)
1.5.2 Die woord 'kosjer' in Boeddhisme verwys na die woorde van die
Boeddha. (2)
1.5.3 Vir die Christengelowige bestaan die gemeenskap uit drie
dimensies, naamlik die lewende mense, die lewende dooies en
diegene wat nog gebore moet word. (2)
1.5.4 Tawhid is die grondslag van alle godsdienstige kennis,
geskiedenis, metafisika, estetika en etiek in Judaïsme. (2)
1.5.5 Hindoeïsme het nie 'n kastestelsel nie, maar Boeddhisme het. (2)
1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:
1.6.1 Dr. Nokuzola Mndende (2)
1.6.2 Lao Tzu (2)
1.6.3 Spreuke (2)
1.6.4 Joga (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 In die konteks van godsdiens, gee TWEE kort verduidelikings van ELK van
die volgende konsepte:
2.1.1 Salaat (4)
2.1.2 Eenheid (4)
2.1.3 Dogma (4)
2.2 Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:
2.2.1 Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
2.2.2 Judaïsme (4)
2.3 Onderskei tussen die volgende terme:
2.3.1 Regressie en evolusie (4)
2.3.2 Bodhisattva en Boeddha (4)
2.3.3 Beskrywende stelling en normatiewe stelling (4)
2.4 2.4.1 Noem TWEE voordele daarvan om 'n sterk godsdienstige
uniekheid te hê. (4)
2.4.2 Noem TWEE nadele van 'n gebrek aan godsdienstige leerstellings. (4)
2.5 Watter rol speel gelykenisse met betrekking tot godsdienstige leringe? (6)
2.6 Daar is 'n verskil tussen die Westerse siening en die Oosterse siening van
godsdienstige verdraagsaamheid. Beskryf kortliks die verskille onder die
volgende opskrifte:
2.6.1 Westerse siening (2)
2.6.2 Oosterse siening (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE OORDEELSDAGKULTUS
Die dodetal wat met 'n oordeelsdagkultus in Kenia verband hou, het Saterdag
201 bereik nadat die polisie nog 22 lyke opgegrawe het, waarvan die
meeste tekens van hongersnood getoon het, volgens die gebied se
streekskommissaris.
Daar word geglo dat die lyke dié is van volgelinge van 'n pastoor,
Paul Mackenzie, wat aan die kus van Kenia gebaseer is. Daar word beweer
dat hy gemeentelede beveel het om van honger dood te gaan om Jesus te
ontmoet. Meer as 600 mense word steeds vermis. Honderde lyke is
opgegrawe uit tientalle massagrafte wat oor sy 800 akker-eiendom versprei is,
wat in die kusland, Kilifi, geleë is.
Mackenzie, wat verlede maand in hegtenis geneem is, bly in aanhouding. Die
polisie beplan om hom van terrorismeverwante misdrywe aan te kla. Hy hou
vol dat hy sy kerk in 2019 gesluit het en na sy eiendom in 'n beboste gebied
verhuis het om te boer. Lykskouings wat verlede week op meer as 100 lyke
gedoen is, het getoon dat die slagoffers dood is aan hongersnood,
verwurging, versmoring en beserings wat met stomp voorwerpe opgedoen is.
Kultusse is algemeen in Kenia, wat 'n godsdienstige samelewing het. Die
polisie regoor die land het ander godsdiensleiers, wie se leringe glo
misleidend en strydig met basiese menseregte is, ondervra.
[Aangepas uit www.apnews.com, 18 Julie 2023]
3.1.1 Wat is 'n oordeelsdag? (2)
3.1.2 Noem TWEE oorsake van dood volgens die artikel. (4)
3.1.3 Kultusse is algemeen in gebiede wat 'n godsdienstige samelewing
het. Gee DRIE redes hiervoor. (6)
3.1.4 Hoe kan mense tussen godsdiens en kultus onderskei? (4)
3.1.5 Waarom word sommige pastore kultusleiers? Gee VIER redes vir
jou antwoord. (8)
3.1.6 Watter invloed sal hierdie artikel op die openbare mening oor
godsdiens hê? Gee redes vir jou antwoord. (10)
3.1.7 Dink jy dat die dooie mense in Kenia toegewyde Christene was?
Gee redes vir jou antwoord. (8)
3.2 Die media kan openbare mening oor godsdienstige sake sterk beïnvloed.
Noem VIER nadele hiervan. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4
4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SOMALIË SE NUWE GODSDIENSOORLOG
Die aard van die hardnekkige burgeroorlog in Somalië is besig om te
verander, met Sufi-groepe wat die wapen teen Al-Sjabaab* opneem.
Sufi-groepe wat aangeval word, neem vir die eerste keer ooit die wapen op
en veg effektief teen Al-Sjabaab met algemene steun op die landelike vlaktes
van sentraal-Somalië. Hierdie nuwe as van konflik, waar Islamitiese vegters
op godsdienstige grondslag met mekaar veg, het die potensiaal om op die
lange duur die konflikdinamiek te verander.
Somaliërs is oor die algemeen gematigde Sufi-Moslems, wat musiek, dans en
meditasie insluit. Hulle deel nie die streng, Saudi-geïnspireerde interpretasie
van Islam van die geharde Al-Sjabaab-groep nie.
Oor die afgelope twee dekades van burgeroorlog, wat deur 'n gebrek aan
sentrale regering gekenmerk is, het Sufi-leiers daarin geslaag om van stam-
en politieke oorloë weg te bly, maar hierdie pragmatiese gematigde
benadering het tot 'n einde gekom toe Al-Sjabaab-vegters teen die einde van
verlede jaar begin het om hulle godsdienstige heiligdomme in die suide van
die land te ontheilig.
'n Treffende voorbeeld is Al-Sjabaab se beleid in die hawestad, Kismayo. Die
groep het nie net 'n verlate 60-jaar-oue Rooms-Katolieke Kerk afgebreek om
dit met 'n moskee te vervang nie, maar hulle het Sufi-terreine geteiken,
waaronder antieke grafte van geestelike leiers en ander prominente Sufi's –
plekke wat deur Al-Sjabaab as on-Islamities beskou is. Hierdie aanvalle het
plaaslike godsdienstige sentimente swaar getref.
Aangesien gematigde Soefi-geleerdes toenemend gevoel het dat daar teen
hulle gediskrimineer word en dat hulle geteiken word, is hulle oorweldig deur
wat hulle as 'n godsdienstige identiteitskonflik beskou het. Daarom het hulle
besluit om die wapen op te neem en het daardeur die dinamiek van die
Somaliese konflik verander.
*Al-Sjabaab – 'n militante groep wat teen Amerikaanse besetting geveg het
[Aangepas uit https://reliefweb.int, 8 Julie 2020]
4.1.1 Op watter vasteland is Somalië? (2)
4.1.2 Noem die TWEE vegtende groepe in die konflik hierbo. (4)
4.1.3 Noem DRIE aktiwiteite wat uniek aan die Sufi-tak van Islam is. (6)
4.1.4 Hierdie konflik kan as beide intergodsdienstig en intra-godsdienstig
beskryf word.
Verduidelik hoekom hierdie stelling WAAR is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
4.1.5 Hoekom het die Sufi-groep uiteindelik weerwraak geneem? Gee
DRIE redes. (6)
4.1.6 Watter lesse kan Suid-Afrika vir Somalië leer om die konflik te
beëindig? (10)
4.2 Hoe kan godsdiensorganisasies in die konflik help? (8)
4.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
leringe daarvan oor konflik. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 5
5.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TALIBAN ONTNEEM VROUE VAN LEWENSBESTAAN EN IDENTITEIT
Die Taliban*-regime het 'n verwoestende impak op Afghaanse vroue en
meisies gehad, soos deur nuwe navorsing, Human Rights Watch en die
Human Rights Institute by die San Jose State University getoon. Die
organisasie het gekyk na die toestande vir vroue sedert die Taliban in die
Ghazni-provinsie, in die suidooste van Afghanistan, beheer oorgeneem het.
Sedert die Taliban op 12 Augustus 2021 beheer van die stad Ghazni
oorgeneem het, dae voordat hulle Afghanistan se hoofstad, Kaboel,
binnegegaan het, het die Taliban regteskendende beleide ingestel wat groot
struikelblokke vir vroue en meisies se gesondheid en onderwys geskep het,
vryheid van beweging, uitdrukking en assosiasie ingekort** het, en baie van
verdiende inkomste ontneem het.
Die Taliban het vroue en meisies verbied om sekondêre en hoër onderrig te
kry, en kurrikulums verander om meer op godsdiensstudies te fokus. Hulle
skryf voor wat vroue moet dra, hoe hulle moet reis, werkplek-segregasie
volgens geslag, en selfs watter soort selfone vroue moet hê. Hulle dwing
hierdie reëls deur intimidasie en inspeksies af.
'Die krisis vir vroue en meisies in Afghanistan is besig om te eskaleer met
geen einde in sig nie,' sê Heather Barr, mededirekteur vir vroueregte by
Human Rights Watch. 'Taliban-beleide het baie vroue en meisies vinnig feitlik
in gevangenes in hulle huise verander, wat die land van een van sy
kosbaarste hulpbronne, die vaardighede en talente van die vroulike helfte van
die bevolking ontneem.'
*Taliban – geleerdes saamgestel uit kleinboere en mans wat Islam in Afghaanse
godsdiensskole bestudeer
**ingekort – verminder in omvang of hoeveelheid, stel 'n beperking in
[Aangepas uit www.hrw.org, 18 Januarie 2022]
5.1.1 Noem TWEE organisasies wat die toestande van vroue in
Afghanistan gemonitor het. (4)
5.1.2 In watter provinsie van Afghanistan is die navorsing gedoen? (2)
5.1.3 Hoekom, dink jy, het die Taliban hierdie veranderinge gemaak? (4)
5.1.4 Verduidelik werkplek-segregasie volgens geslag. (2)
5.1.5 Noem EEN voordeel en EEN nadeel van die praktyk van werkplek-
segregasie volgens geslag. (4)
5.1.6 Gegrond op die artikel hierbo, noem DRIE ander menseregte-
skendings wat op vroue afgedwing word. (6)
5.1.7 Dink jy hierdie artikel is bevooroordeeld? Gee TWEE redes om jou
antwoord te staaf. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
5.2 Gee VYF praktiese voorbeelde wat godsdiensvryheid in Suid-Afrika illustreer. (10)
5.3 Verduidelik die verskil tussen sedes en etiek. (4)
5.4 Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek DRIE leringe wat na sedes
en etiek verwys. (10)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper