Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220205 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 RELIGIESTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies versigtig deur voor die vrae beantwoord word. 2. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 3. Beantwoord enige DRIE van die VYF vrae. 4. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy dit beantwoord. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 8. Skryf leesbaar en bied jou werk netjies aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 3 VRAAG 1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. In dosyne nasies, staar kinders sosiale probleme soos tienerswangerskappe en misdaad in die gesig. Dit het ‘n invloed op gemeenskappe, hetsy religieus of nie. Daar is ‘n behoefte om ʼn strategie vir die oplossing van die belangrikste probleme te ontwikkel. [Bron: Top Class Religion Studies, Graad 12] 1.1 In die lig van die bogenoemde uittreksel, identifiseer EEN sosiale probleem en verduidelik die oorsake. (10) 1.2 Met verwysing na enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek kortliks hulle leringe wat aan die sosiale probleem wat jy gekies het, aandag skenk. (16) 1.3 Dink jy dat godsdienstige organisasies, die bogenoemde sosiale probleme kan verminder? Motiveer jou antwoord. (12) 1.4 Noem en verduidelik die hermeneutiese beginsels. (12) [50] VRAAG 2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Deur sy leringe kommunikeer elke religie aan sy volgelinge waarom die wêreld is soos dit is, sowel as hul plek en verantwoordelikheid daarin. [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, Donne] 2.1 In die konteks van enige EEN religie, beantwoord die volgende vrae met verwysing na die SENTRALE LERINGE onder die volgende opskrifte: 2.1.1 Die aard van menslikheid, met verwysing na die gemeenskap en die individu (10) 2.1.2 Die aard van lewe na dood (10) 2.1.3 Die aard van godheid (10) 2.2 In die konteks van religie, bespreek en evalueer die rol van die volgende: 2.2.1 Mondelinge tradisie (10) 2.2.2 Inspirasie (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Ongeag of dit persoonlik of polities is, het Westerse sekularisme te doen met die aanvaarding van ʼn grondslag vir die lewe en die wet wat konvensionele religie uitsluit. In die Weste gaan dit gewoonlik gepaard met demokratiese regeringsvorme, geloofsvryheid binne die perke van die sekulêre wette van die land, steun vir menseregte, en geen diskriminasie op grond van religieuse oortuigings nie. [Bron: Top Class Religion Studies Graad 12, bladsy 138] 3.1 3.1.1 Verduidelik en bespreek die Oerknalteorie. (14) 3.1.2 Bespreek die siening van die Abrahamitiese religieë in respons tot Darwin se teorie met verwysing na die skepping. (12) 3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. In die middel van die 19de eeu, het die bioloog Charles Darwin sy teorie oor evolusie in The Origin of Species gepubliseer. Dit is die eerste nie-religieuse verduideliking van hoe die wêreld ontstaan het en waar die mens vandaan kom. Sedert Darwin was daar baie debatte oor wat sy teorie vir religieuse oortuigings beteken. [Aangepas uit Shutters Top Class Religion Studies, Graad 12] Tot watter mate het die houding van religie teenoor evolusie sedert die 19de eeu verander? Gee voorbeelde van ten minste TWEE religieë om jou antwoord te steun. (24) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) RELIGIESTUDIES V2 5 VRAAG 4 4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Somtyds is religie deel van die probleem; ander kere is dit deel van die oplossing. [Bron: Shuters Top class Religion Studies, bladsy 60] 4.1.1 Kies EEN konflikgebied in Afrika en dui aan wie by die konflik betrokke was. (4) 4.1.2 Verduidelik die oorsake van die konflik. (12) 4.1.3 Evalueer die rol van religieuse organisasies om die konflik op te los. (14) 4.2 Analiseer DRIE tipes rituele in religie. (10) 4.3 Sosiale, sielkundige en geestelike perspektiewe is die rol van rituele in religieë. In die lig van die bogenoemde uittreksel, bespreek kortliks die rolle van die volgende twee rituele in religie: 4.3.1 Sielkundige rolle (6) 4.3.2 Geestelike rolle (4) [50] VRAAG 5 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. By die meeste religieë kan interpretasie van oortuigings verskil van een denkskool tot ʼn ander. [Bron: Shutters Top Class Religion Studies, Graad 12] 5.1 Bespreek die leringe van enige TWEE sekulêre wêreldbeskouings wat jy bestudeer het. (10 x 2) (20) 5.2 Met verwysing na ENIGE EEN religie, brei uit en verduidelik die interne verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte: 5.2.1 Verskille in leringe (10) 5.2.2 Verskille in bestuur (10) 5.2.3 Verskille in praktyk (10) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all