Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
RELIGIESTUDIES V1
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 

_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)



View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 277.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Common Features of Religion10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions10 marks
- Question 2.1The Variety of Religions20 marks
Show all 22 questions
- Question 2.2The Variety of Religions10 marks
- Question 2.3The Variety of Religions20 marks
- Question 3.1The Variety of Religions10 marks
- Question 3.2The Variety of Religions10 marks
- Question 3.3Common Features of Religion10 marks
- Question 3.4Common Features of Religion20 marks
- Question 3.5Common Features of Religion50 marks
- Question 4Topical Issues in Society
- Question 4.1Topical Issues in Society2 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.5Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.6Topical Issues in Society8 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions34 marks
- Question 5.2Common Features of Religion16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 Ideologie verwys na ʼn plaasvervanger vir die term godsdiens. Dit
is ʼn stelsel van oortuiginge wat ʼn sosiale of politieke stelsel en
sekulêre stelsel ondersteun of wat nie op outoriteit gebaseer is nie. (2)
1.1.2 Lering beteken om inligting te gee of om kennis oor te dra om
geloof te versterk. Dit beteken ook om sistematiese inligting oor ʼn
onderwerp te gee. (2)
1.1.3 Gelykenis verwys na ʼn storie wat vertel word om ʼn godsdienstige
beginsel te illustreer of om ʼn godsdienstige vraag te beantwoord.
Dit is gewoonlik baie kort en bevat ʼn definitiewe morele les. (2)
1.1.4 Mite beteken fabel. Dit verwys na godsdienstige stories waarin
diepliggende waarhede oor die wêreld / lewe bekend gemaak word. (2)
1.1.5 Geloof beteken ʼn vaste oortuiging. Dit beteken ook geloof of
godsdiens. (2)
LET WEL: Elke feit is 2 punte. Enige korrekte feit moet
gekrediteer word.
1.2 1.2.1 Halaal (2)
1.2.2 Kalbas (2)
1.2.3 Tora (2)
1.2.4 Karma (2)
1.2.5 Hebreeus (2)
1.3 1.3.1 Woordeboek (2)
1.3.2 Pretoria (2)
1.3.3 Nelson Mandela (2)
1.3.4 Rome (2)
1.3.5 Moses (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V1 3
1.4 1.4.1 ONWAAR (2)
1.4.2 ONWAAR (2)
1.4.3 ONWAAR (2)
1.4.4 ONWAAR (2)
1.4.5 WAAR (2)
1.5 1.5.1 D / Kitab-iAqdas (2)
1.5.2 E / China (2)
1.5.3 B / Goddelike wet van Islam (2)
1.5.4 A / Konstitusie (2)
1.5.5 C / Afrika Tradisionele Godsdiens (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Identiteit
Identiteit beteken individualiteit.
Dit beteken die godsdiens het ʼn sekere individualiteit of ʼn
sekere persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei.
Dit beteken die bevestiging van waardigheid en waarde van ʼn
godsdiens.
Dit beteken ʼn eksklusiewe godsdienstige identiteit waarin jy
sterk met die oortuiginge en leerstellinge van die godsdiens
identifiseer en dit beskou as dit wat jou lewe definieer. (4)
2.1.2 Eenheid
Eenheid verwys na die faktore wat kan lei tot die deel van ʼn
gemeenskaplike identiteit.
Dit verwys na harmonie en samehorigheid wat tussen
godsdienste bestaan.
Dit kan ook verwys na die erkenning van gemeenskaplike
ooreenkomste tussen verskillende geloofsgroepe. (4)
2.1.3 Uniekheid
Dit is daardie eienskappe wat die godsdiens anders as ander
godsdienste maak.
Dit is die eienskappe wat dit identifiseerbaar as ʼn unieke
godsdiens maak.
Daar is ʼn uniekheid in oortuigings, praktyke en normatiewe
tekste. (4)
2.1.4 Vergelykbaarheid
Dit beteken dat twee of meer dinge met mekaar vergelyk kan
word.
Dit beteken nie dat hulle eenders is nie.
Dinge kan vergelyk word en daar kan steeds gevind word dat
hulle verskillend is.
Die ander betekenis mag wees dat dinge vergelyk kan word
omdat dit geskik is om vergelyk te kan word. (4)
2.1.5 Eendersheid
Dit verwys na “eenders wees”.
Dit is belangrik om ooreenkomste te spesifiseer.
(Enige korrekte feite is 2 punte werd (2 x 2 = 4)) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V1 5
2.2 Rol van voorouers in Afrika Tradisionele Godsdiens
Hulle is die boodskappers van die Skepper.
Hulle word deur volgelinge gesien as toesighouers van die fisiese wêreld.
Hulle sorg vir die welsyn van lewendes.
Hulle onthul hulself deur drome en soms deur visioene om met die
lewendes te kommunikeer.
Om met God te kommunikeer, gebruik die lewendes die voorvaders –
hulle is hul tussengangers. (5 x 2) (10)
2.3 Interne verskille wat in een godsdiens bestaan (Islam as ʼn voorbeeld)
2.3.1 Godsdienstige leringe
Shi'a
Hulle glo dat kalifaat (afstammeling) van die profeet Mohammed
moet wees.
Hulle beweer dat hierdie kaliefs goddelik aangestelde imams met
bonatuurlike kennis en gesag is, wat die gelowiges moet lei.
Hulle volg sommige van die Hadith na (bv. opnames van Ali en
Atima) van die Profeet Mohammed en verwerp ander.
Hulle herdenk die dood van Hussain wie hulle glo ʼn marteldood
by Karbala gesterf het.
Hulle deel ʼn gesamentlike skuldgevoel omdat hulle nie tot sy
redding gekom het toe hy doodgemaak is nie.
Die Shia het twee denkskole van regte.
Die Shia volg die leerstellings van ʼn moderne imam.
Sunni
Sunni’s glo dat die gelowiges eerder as die afstammelinge hulle
leiers moet kies (bv. Abu Bakr).
Sunni verwys na die ‘navolging’ van sunnah (voorbeeld) van die
Profeet Mohammed.
Al die metgeselle van die Profeet word ewe veel respek in
Islamitiese regswetenskap gegee.
Die Sunni’s het vier skole ten opsigte van die wet.
Die Sunni’s volg die leringe van die 7de en 8ste eeu
leermeesters. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.3.2 Godsdienstige praktyke in Islam
Sunni
Godsdienstige praktyke is streng in ooreenstemming met die
sunnah (voorbeeld) van die Profeet, soos in die Hadith neergelê.
ʼn Imam is eenvoudig die leier van die gemeenskaplike gebed.
‘Imam’ dui nie formele opleiding in Sunni Islam aan nie.
Daar is vier erkende geleerdes ten opsigte van
regsaangeleenthede in Islam.
Hulle bid vyf keer per dag.
Die konsep van Muttah (tydelike huwelike) word nie deur Sunni
Isam erken nie, aangesien die Sunni’s beweer dat dit deur die
Profeet afgeskaf is.
In die geval van ʼn dispuut, word die saak deur middel van
konsensus opgelos.
Shi'a
Daardie Hadith van Ali en Atima, dogter van die Profeet, word
meer prominensie gegee.
Die bedevaartplek (‘shrine’) van Hussein in Karbala is ʼn
belangrike bedevaartvers vir Shi’as sommige van.
Shi’a Moslems word toegelaat om sommige van die vyf
daaglikse gebede in drie te kombineer.
Hulle mag drie maal per dag bid.
Hulle beoefen self-skending (slaan hulleself).
Muttah ( tydelike huwelike) word toegelaat.
Daar is twee regsadviesskole, Akbari en Usuli.
In die geval van ʼn dispuut, word die besluit daaroor deur ʼn
sentrale gesag (ayatollah) geneem. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V1 7
VRAAG 3
3.1 Funksies wat deur die uniekheid van godsdiens vervul word.
Dit versterk die gelowige se geloof.
Dit identifiseer die godsdiens tussen ander godsdienste.
Dit gee leiding vir gelowige vir sy manier van lewe.
Dit help die gelowige op sy lewe te verenig as ʼn eenheid met ander
gelowiges.
Dit help gelowiges om te verduidelik waarom hulle daardie godsdiens
gekies het.
Dit help lede om te identifiseer wie aan die geloof behoort en wie nie. (10)
3.2 Uniekheid van enige EEN geloof.
Afrika Tradisionele Godsdiens as ʼn voorbeeld
Hulle glo in die bestaan van ʼn Opperwese.
Hulle kommunikeer met hul God deur die voorvaders.
Hul kommunikasie met die voorvaders vind deur die ritueel van
diereoffers plaas.
Harmonie tussen die lewendes en die voorvaders is baie belangrik.
Voorvaders kan siekte, ongeluk of seëninge bring.
Tydens die offer ritueel roep die lewendes die voorvaders om
teenwoordig te wees.
Gemeenskapsolidariteit is ʼn belangrike eienskap van Afrika Tradisionele
Godsdiens.
Die gemeenskapsoriëntering van die Afrika-samelewing word duidelik in
hul rituele uitgebeeld.
Rituele is vol simboliek, bv. die bokhaar-armband (Isipandla).
Hulle het nie ʼn spesiale dag vir aanbidding nie.
Daar is geen stigter nie.
Daar is nie geskrewe teks nie.
Daar is nie heilige geboue nie, maar daar is heilige plekke.
Daar is ʼn groot variasie van geloof in Afrika Tradisionele Godsdiens.
(Enige relevante antwoord sal gekrediteer word.) (10)
3.3 Vyf algemene oortuigings wat deur drie Abrahamitiese godsdienste
gedeel word
Glo in een God.
Glo in die bestaan en die rol van die Duiwel of Satan.
Glo in die bestaan en die rol van engele.
Glo in lewe na die dood.
Glo in die gesag van die gewyde boeke as die Woord van God.
Hulle glo in Oordeelsdag. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.4 Die rol van gelykenisse in godsdienstige leringe
Hulle voorsien ons van ʼn ryk bron van godsdienstige leer (wysheid).
Hulle bevat godsdienstige oortuigings, idees, sedes en waarskuwings.
Hulle praat van God, die wêreld, menslike verhoudings en die aard van
dinge.
Dit dra morele of filosofiese waarhede oor.
Dit is ʼn eenvoudige storie wat ʼn diep, geestelike waarheid uitbeeld.
LET WEL: Enige ander relevant antwoord moet punte kry. (10)
3.5 Konsep van doktrine
Leerstelling is ʼn oortuiging wat deur ʼn godsdienstige groep gehou
word.
Dit is ʼn sinoniem vir onderrig.
Dit word soms gebruik om te verwys na die hele stel oortuigings in ʼn
godsdiens.
Leerstelling is ʼn verklaring van noodsaaklike oortuigings.
Dit funksioneer om te dit verseker wat noodsaaklik is vir die godsdiens.
Hulle is die noodsaaklike pilare van die godsdiens.
Onderrig en leer is nou verbind met die idee van godsdienstige
leerstellings.
(Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.) (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V1 9
VRAAG 4
4.1 Ja/Nee.
LET WEL: Dit is ʼn oop-vraag; en relevante voorbeelde deur leerders
moet gekrediteer word. (2)
4.2 JA.
In Suid-Afrika (of ander lande) word gelyke dekking aan elke
godsdiens gegee bv. TV-programme, “Issue of Faith”.
Indien godsdienstige dekking nie regverdig is nie, kan klagtes aan die
UKKSA of die Menseregtekommissie gestuur word.
Dit word gedoen deur individue of godsdienstige liggame soos die
Joodse Raad van Afgevaardigdes, Hindoe Maha Sabha, ensovoorts.
Onderhoude word met verteenwoordigers van verskillende
godsdienste gevoer.
Dit laat toe dat verskillende oogpunte verteenwoordig word.
NEE.
Navorsing toon dat dit nie die geval is nie, soos in die uittreksel
hierbo.
Die Katolieke Kerk kry meestal negatiewe dekking oor beweerde
kindermishandeling deur hul priesters.
Die media raak nooit betrokke by die bevordering van godsdiens of
algemene godsdienstige sake nie.
Slegs sensasionele verslaggewing vind plaas.
In wêreldmedia, word godsdiens dikwels uitgebeeld as die oorsaak
van oorloë, lyding en mishandeling (bv. mishandeling van vroue). (10)
4.3 Die oorlog in Irak en Afganistan het Islam in die kollig geplaas.
In die Weste was min daaroor in die verlede bekend.
Daar is verhoogde kompetisie tussen mediahuise.
Oorloë en konflik verdeel mense dikwels volgens hul godsdienste.
Die dekking is slegs oor sake wat koerante verkoop, soos skandale,
konflik met sekulêre wette, ensovoorts.
Godsdiens word in baie gevalle as 'groot besigheid' beskou.
Voorbeelde hiervan is die Hajj, die ZCC Paasfeesbyeenkoms,
ensovoorts.
(Enige relevante antwoorde moet gekrediteer word.) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
4.4 Die burgerkonflik in Nigerië word dikwels uitgebeeld as konflik tussen
die Moslem Noorde en die Christelike Suide.
Daar is ʼn poging deur Moslem om Sharia-wette af te dwing, self op
nie-Moslems.
Moslems is bang dat hulle deur ʼn Christen-regering geregeer sal
word.
Christene vrees dat Nigerië is Islamitiese staat sal word.
Daar is bekommernis oor wie politieke beheer oor die oliehulpbronne
sal uitoefen.
Die oliebelange moedig ook buitelandse magte aan om kant te kies in
die konflik.
Sommige Moslem-sektes het vertroue in die regering verloor en die
wet in eie hande geneem, bv. Boko Haram.
Boko Haram verskaf basiese dienste aan hul ondersteuners waar
staatsdienste ontbreek. [Mail and Guardian, 2 April 2012, bl. 24] (10)
4.5 Bv. Homoseksualiteit en die Katolieke kerk
Die Katolieke Kerk is sterk teen homoseksualiteit gekant.
Die Katolieke Kerk verwys na die Bybelse storie van Sodom en
Gomorra.
Verskeie protesoptogte wat die Kerk se standpunt kritiseer, het baie
dekking in die media gekry.
Die Kerk se standpunt kry nie dieselfde dekking in die media as anti-
godsdienstige sentimente nie.
Hulle ignoreer die onvoorwaardelike liefde van God.
(Enige relevante antwoorde moet gekrediteer word.) (10)
4.6 Bv. Poligamie in ATG of Islam
Vroue is poligamiese huwelike word uitgebeeld as vroue wat deur hul
mans mishandel word.
Vroue wat by buite-egtelike verhoudings betrokke is, word as meer
aanvaarbaar uitgebeeld.
Dit blyk uit die baie buite-egtelike verhoudings wat op die televisie
gewys word.
Godsdienstige tekste word dikwels verkeerd deur die media
aangehaal om die swak behandeling van vroue te regverdig.
(Enige relevante antwoorde moet gekrediteer word.) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V1 11
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Die Darfoer-konflik
Die Darfoer-konflik het meer as 100 jaar gelede begin.
Die hoof verdeeldheid/skeidings was etnies/stam en kultureel
van aard.
Godsdiens is nie ʼn radikale bron van verdeling nie.
Die meeste mense in Darfoer is Sunni-Moslems, soos die
regering van Khartoem.
Daar is ʼn paar Christene en ATG-volgelinge in die suide.
Droogte het verhoogde kompetisie vir beperkte hulpbronne
tot gevolg gehad en dit het tot konflik tussen die nomades en
boere gelei.
In 1983 was daar burgeroorlog toe die Moslem-regering
probeer het om die Islamitiese wet in die Suide af te dwing.
(Krediteer enige relevante voorbeeld.) (10)
5.1.2 Huidige situasie in die Darfoer-konflik
In 2005 het Suid-Afrika die vredesooreenkoms tussen die
Noorde en Suide bemiddel.
Konflik het egter voortgeduur.
In 2006 het die President die Verenigde Volke se
betrokkenheid om die dispuut by te lê, teegestaan.
In 2011 het ʼn VV-gesteunde referendum op die verdeling van
die Suide besluit.
Die situasie word aanvaar en dit is kalm en rustig.
(Enige relevante antwoord moet gekrediteer moet.) (10)
5.1.3 Rol van godsdiens in die konflik
Godsdiens is nie ʼn radikale bron van verdeling nie.
Die meeste mense aan weerskante van die konflik is Sunni
Moslems.
Religie het ʼn indirekte rol in die burgeroorlog in 1983 gespeel.
Godsdiens het ʼn belangrike rol gespeel om te help.
Twee betrokke godsdienstige organisasies was die Katolieke
Agentskap vir Oorsese-ontwikkeling en Islamitiese
Verligtingagentskap.
Hierdie hulp sluit in die bou van klinieke en skole en die
herstel van infrastruktuur. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
5.1.4 Verhouding tussen godsdienstige verdraagsaamheid en
godsdienstige vryheid
Die twee terme is nou verwant.
Godsdienstige vryheid word deur die regering van die dag bepaal.
Godsdienstige verdraagsaamheid berus hoofsaaklik op houdings
van godsdienstige groepe of individue met ʼn gegewe
gemeenskap.
Dit is die aanvaarding en respek van die godsdienstige oortuigings
en praktyke van ander mense sonder enige voorwaardes.
Godsdienstige vryheid berei ʼn goeie grond vir godsdienstige
verdraagsaamheid voor.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (4)
5.2 5.2.1 Vir elk van die volgende godsdienste, bespreek kortliks die
leerstellings wat menseregte bevorder
Boeddhisme
Hulle bevorder gedeelde menslikheid.
Daar is ʼn gedeelde doelwit om geluk te bekom en lyding te vermy. (4)
5.2.2 Christendom
ʽJy moet jou naaste liefhê soos jouself’: Hierdie lering moedig
mense aan om almal gelyk te behandel.
ʽJy mag nie moord pleeg nie’: Dit verwys na die heiligheid van
menslike lewe. (4)
5.2.3 Islam
Dit is nie verpligtend om tot Islam te bekeer nie. Dit beteken dat
die verklaring van iemand se geloof vrywillig en opreg moet wees.
Dit laat vryheid van godsdiens toe.
Die instelling zakaat (welsyn) verseker dat basiese behoeftes vir
kos, skuiling en klere bevredig word. (4)
5.2.4 Afrika Tradisionele Godsdiens
Die beginsel van ubuntu moedig hulp aan jou gemeenskap aan.
Die Ilima-gebruik is een waar die gemeenskap hulp verleen aan
lede wat behoeftig is.
(Ander relevante feite moet gekrediteer word. Leringe kan in die
leerder se eie woorde uitgedruk word.) (4)
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper