Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
RELIGIESTUDIES V2
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 156.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 1
1.1 Relevante Inleiding
Een van die dreigende kwessies in Suid-Afrika vandag is MIV/Vigs-
pandemie wat soveel Suid-Afrikaners se lewens eis.
In Mei 2003, het religieuse gemeenskappe en organisasies bymekaar
gekom om die probleem van MIV/Vigs by die eerste konferensie in die
gemeenskap aan te spreek.
Dit moet met sensitiwiteit wat dit verdien behandel word.
Dit het ʼn uitroep na liefde en medelye. (8)
1.2 Impak van MIV/Vigs op die Suid-Afrikaanse samelewing.
Daar is ʼn hoë sterftesyfer onder die jongmense in die land.
Dit veroorsaak dat gesinne verbrokkel as een lid besmet is, omdat elke lid
van die gesin beïnvloed word.
Dit beïnvloed die moraal van die samelewing (waardes en houdings
verander).
Die getal leerders wat die skool vroeg verlaat, styg.
Gesinstrukture word verswak (gesinne met kinders as hoofde).
Dit veroorsaak finansiële spanning op die ekonomie; die regering spandeer
meer geld, wat die ongelyke verspreiding van fondse veroorsaak.
Dit veroorsaak dat mense in ʼn siklus van armoede vasgevang word.
Dit veroorsaak werkloosheid (soms word mense op grond van hul
gesondheidstatus aangestel).
Dit veroorsaak meer lyding en laat skuldig voel, lae selfbeeld, min
selfvertroue en vertroue. (16)
1.3 Praktiese strategieë vir godsdienstige organisasies om MIV/Vigs te
bestry:
Organiseer werkswinkels om mense te onderrig en hulle bewus te maak
van die epidemie.
Onderrig lede en gemeenskappe oor godsdienstige leringe oor
voorbehoed.
Bied berading vir mense wat besmet en beïnvloed word.
Bewusmakingsveldtogte moet beplan word.
Ons moet uit suksesvolle anti-Vigs-veldtogte leer, bv. In Uganda het
godsdienstige organisasies en die regering saamgewerk om morele
regenerasie te bewerkstellig.
Seks buite stabiele verhouding is taboe verklaar.
Geloofsgebaseerde organisasies werk almal saam om die boodskap van
kuisheid oor te dra.
Seks word slegs binne die huwelik beoefen.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V2 3
1.4 Slaag die godsdienstige organisasies in die stryd teen MIV/Vigs?
JA
Die hoër bywoningsyfer in verskillende godsdienstige organisasies deur
hul verskillende genesingstrategieë en lewenstyle dra by tot die stryd teen
MIV en Vigs.
Bewusmakingsveldtogte word deur verskillende godsdienstige groepe
georganiseer.
Tuisorganisasies word deur verskillende godsdienstige organisasies
bedryf.
Godsdienstige groepe werk saam met die regering as ʼn gesamentlike mag
vir effektiewe implementering van strategieë.
Die meeste gevestigde waakhuise (safe houses) word georganiseer deur
godsdienstige organisasies om na weeskinders om te sien.
Seminare om bewustheid te kweek word deur verskillende godsdienstige
groepe georganiseer.
Berading en hulpkantore werk effektief om hulp aan gemeenskappe te
verleen.
Godsdienstige groepe doen uitreike en gee skenkings aan gesinne sodat
hulle iets het om te eet en te dra.
NEE
Mense gaan na godsdienstige organisasies wanneer dinge moeilik raak en
wanneer hulle in moeilike situasies is.
Godsdienstige organisasies kan dit nie alleen doen sonder befondsing nie.
Dit word moeiliker vir die organisasie om na groot getalle mense om te
sien.
Statistieke toon dat die besmettingsyfer steeds baie hoog is in vergelyking
met ander Afrikalande.
Godsdienstige organisasies is te veel gefragmenteer om effektief in die
stryd te wees.
Godsdienstige organisasies moet meer insette in regeringsbeleid lewer via
die Nasionale Godsdienstige Leiersforum (NGLF).
(Hierdie is ʼn oop vraag. Die leerders moet gekrediteer word vir relevante feite
al word die strategieë van meer as een religie verkry.) (12)
[50]
VRAAG 2
2.1 Sentrale leringe van enige een religie: Boeddhisme dien as voorbeeld.
2.1.1 Die Aard van die wêreld:
Die wêreld is net een van ʼn miljoen wêrelde.
In elkeen van hierdie wêreld sal ʼn Boeddha die ware aard van
wesens herontdek.
Boeddhisme floreer vir duisende jare en sterf dan stadig uit.
ʼn Ander man sal probeer om te verstaan waarom mense swaarkry
en hy sal die volgende Boeddha word.
Elke siklus het ʼn Boeddha. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.1.2 Die aard van godheid:
Die meeste vorms van Boeddhisme aanvaar dat magtige wesens
bestaan, wat ons god noem.
Boeddhiste leer dat alles nie-permanent is, selfs die gode.
Elke Boeddhis moet self verligting vind.
Hulle volg die Boeddha se instruksies.
Hulle mag tot die plaaslike godheid bid. (10)
2.1.3 Die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld:
Om as ʼn mens gebore te word is raar en kosbaar.
Die mensdom is die enigste toestand waarin verligting moontlik is.
Die primêre verantwoordelikheid van elke mens is om verligting te
bekom.
Jy moet die weg van verligting met ander deel.
Hulle is aktief betrokke in die veld van kernontwapening, teen
oorlogspogings en ekologiese aksie. (10)
2.2 Normatiewe bronne:
2.2.1 Inspirasie:
Inspirasie verwys na die asemhaling (mag, kennis) van ʼn
buitengewone wese of mag, bv. ʼn godheid wat ʼn mens oorneem
en hom/haar met goddelike kennis inspireer.
Die meeste religieë het stigtersfigure wat deur ʼn hoër mag of
wysheid geïnspireer is, voorbeelde is Abraham, Moses,
Confucuis, die Boeddah, Jesus, die Profeet Muhammed en
Baha’u’llah.
Die inspirasie van hierdie figure word deur hulle volgelinge as
direk en onmiddellik aanvaar.
Daar word geglo dat hulle van aangesig tot aangesig met God
was.
Sulke onmiddellike kontak met ʼn dimensie buite alledaagse lewe
is die wortel/oorsprong van Afrikageloof.
(Hier moet enige relevante antwoord gekrediteer word.) (10)
2.2.2 Heilige boek:
Skryfwerk het die godsdienstige toneel ongeveer 4000 jaar gelede
betree.
Sedertdien het dit ʼn al hoe belangriker rol beklee.
Die verskil tussen mondeling en geskrewe is nie net die medium
nie – tradisie het meer gevestig geword as gevolg van geskrifte.
Mondeling tradisie wat parallel met geskrewe tradisie kan loop, kan
baie vloeibaar wees, maar as dit eers neergeskryf is, raak dit
gewoonlik gevestig.
In Boek-godsdienste (Judaïsme, Christenskap en Islam), speel
heilige geskrifte ʼn sleutelrol in leringe.
(Bogenoemde antwoorde is ʼn gids, die kandidaat kan enige relevante
feite byvoeg, daarom moet enige relevante feit gekrediteer word.) (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V2 5
VRAAG 3
3.1 Teorie van evolusie:
Darwin se teorie bestaan uit hoofsaaklik die volgende idees:
Spesies bevat ʼn groot verskeidenheid klein verskilletjies.
Beide die wêreld en spesies het oor tyd verander.
In die oorlewings stryd sal beter aangepaste variasies bevoordeel word
terwyl die wat nie is nie, sal sukkel om te oorleef.
Op hierdie wyse kan spesies geleidelik van vorm verander en meer
kompleks word – deur op ʼn pad van suksesvolle variasies te ontwikkel.
Alle vorm van lewe is verbind en kan teruggeneem word na ʼn
gemeenskaplike oorsprong.
Die verskillende tipes lewe is nie absoluut verskillend nie, maar kom op
een enkele kontinuum voor.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (12)
3.2 Response van enige een religie op Darwin se teorie
(Boeddhisme word as voorbeeld gebruik)
Baie Boeddhisme redeneer dat die evolusieleer en Boeddhisme
saamstem.
Daar is geen weergawe van skepping in Boeddhisme nie.
Boeddhiste gee nie om wat wetenskaplikes se oor hoe die heelal ontstaan
het nie.
Hulle glo dat alle lewe voortdurende transformasie en evolusie behels.
Boeddhiste glo al lank voor Westerse wetenskaplikes aan evolusie.
Boeddhiste glo ook aan die kontinuïteit van alle lewende wesens.
Hulle het dus nie ʼn probleem met die idee dat mense uit meer primitiewe
primaatvorms ontwikkel/ontstaan het nie.
Hulle geloof in Nirvana is ʼn goeie voorbeeld van lewenstransformasie en
evolusie.
Boeddhisme het geen intelligente ontwerper wat vir skepping
verantwoordelik is nie, dit is waarom hulle geen probleem met evolusie het
nie.
Boeddhisme glo aan onwesenlikheid (geen deel van die mens is onsterflik
nie), so hulle het nie ʼn probleem met evolusie nie. (18)
3.3 Die Oerknalteorie
Die sogenaamde oerknalteorie is tans die gewildste wetenskaplike teorie
oor die heelal.
Dit is nie bekend wat voor die oerknal bestaan het nie.
Dit is nie bekend wat voorheen bestaan het nie.
Na die oerknal het die heelal verskyn en tot ʼn enorme grootte uitgebrei.
Dit het ongeveer 15 biljoen jaar gelede gebeur.
Klein temperatuurverskille in die eerste ontploffing het tot verskillende
digthede dwarsdeur die heelal gelei.
Dit het uiteindelik bondels dwarsdeur die heelal gevorm en die bondels het
meer verdig op ʼn klonterige manier en uiteindelik die groot versameling
sterre gevorm wat ons sterrestelsels noem.
Ons aarde is deel van die sonnestelsel. (20)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 4
4.1 Die geskiedenis en werk van die organisasies buite die Afrikakontinent.
Wêreldparlement van Religieë (W.P.R.)
Die inisiatief is in 1983 begin.
Die Unitarristiese en Universalistiese kerke was die hoofaandrywers van
hierdie inisiatief.
Westerse en Oosterse godsdienste is verteenwoordig.
Swami Vivekananda het Hindoe-denkwyse aan die Weste bekendgestel.
Dit was ʼn kritiese stap in intergodsdienstige dialoog, omdat Oosterse
godsdienste voorheen nie as godsdiens deur die Westerse wêreld
verstaan/aanvaar is nie.
Wêreldkonferensie van Religieë vir Vrede (W.K.R.V.)
Dit is in 1970 gestig.
Dit het uit lede van alle godsdienste bestaan.
Die gemeenskaplike doel is vrede.
Hierdie liggaam glo dat intergodsdienstige verhoudings die beste manier is
om mense van verskillende rasse, klasse en kulture saam te snoer met ʼn
gemeenskaplike doelwit.
Dit is omdat godsdienstige mense in samehangende groepe organiseer
wat daartoe verbind is om ander in nood te help.
Wêreldraad van kerke (W.R.K.)
In 1948 in Amsterdam gestig.
Dit is suiwer Christin.
Dit herbevestig die drie-eenheid van God. (14)
4.2 Interne Verskille van Een Geloof. [Vir die doel van hierdie memorandum word
Hindoeïsme bespreek.]
4.2.1 Bestuur
Tradisionele Hindoeïsme het geen sentrale bestuur/leierskap nie.
Hervormers het binne die bestaande stelsel gewerk.
Daar was geen wegbreekbewegings nie.
Tradisionele bestuur/leierskap is om die huis en plaaslike tempel
gesentreer.
In Indië is elke tempel onafhanklik wat betref bestuur/leierskap.
Plaaslike priesters bepaal rituele wat in ʼn gemeenskap beoefen
word.
Vandag is daar gestruktureerde Hindoe-bewegings in lande met
ʼn groot Hindoe-verteenwoordigheid buite Indië.
(Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.) (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) RELIGIESTUDIES V2 7
4.2.2 Praktyke
In tradisionele Hindoeïsme is die beoefening van huishoudelike en
tempelrituele verpligtend vir almal.
Hierdie ritueel neem baie tyd in beslag.
Hindoegelowiges steek lampe aan en berei voedsel op die
korrekte wyse voor.
In Neo-Hindoe-bewegings word minder klem op rituele geplaas.
In Neo-Hindoe-bewegings word die klem meer op individuele en
groepstoewyding (bhakti) geplaas.
Toewyding word ook aan ʼn spesifieke goddelike vorm gerig.
In baie gevalle sluit sulke toewydingsessies ʼn formele rituele
element in.
Aanbidding vind in die huis en in die tempel plaas.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (14)
4.3 Dink jy dat die sekulêre wêreldbeskouiing toenemende gewildheid kry? Gee
redes vir jou antwoord.
JA
Sekularisme is die geloof dat die regering en moraliteit nie op religie
gegrond moet wees nie.
Westerse demokrasie van vandag is sekulêre state.
Onaanvaarbare gedrag deur godsdienstigeleiers het ontnugtering onder
hulle volgelinge veroorsaak.
Die verdeeldheid tussen die Rooms Katolieke Kerk en die Protestante was
ook deel van die skeiding tussen religie en die staat.
Die meeste mense glo dat daar vrede in die samelewing sal wees as daar
ʼn skeiding tussen die kerk en die staat is.
Die Departement het ook bygedra tot die verspreiding van sekularisme
omdat meer mense geletterd geword het.
(Enige relevante feit moet gekrediteer word.) (10)
[50]
VRAAG 5
5.1 Hermeneutiese beginsels
Grammatika en historiese konteks
Duidelikste betekenis
Plan, doel en konteks
Betekenis van woorde
Figuurlike betekenis
Ander heilige geskrifte (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
5.2 5.2.1 Oorsake van omgewingsvernietiging:
Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur die
onverantwoordelike gebruik van chemikalieë (plaagdoders en
kunsmis).
Dit word ook deur die oormatige verbranding van
fossielbrandstowwe veroorsaak.
Dit verhoog die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer.
Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en
vervoer lei tot kweekhuiseffek/aardverwarming.
Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg wat tot
klimaatsverandering lei.
Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die
storting van afval produkte in oop areas (grondbesoedeling).
Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing want dit
lei tot gronderosie.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word) (14)
5.2.2 Impak van omgewingsvernietiging:
Die weer en klimaat het verander (aardverwarming).
Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele
planeet.
Verwoesting neem toe veral in Afrika.
Dit lei tot voedseltekorte.
Daar is ʼn gat in die osoonlaag en dit veroorsaak
temperatuurstygings.
Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur
lugbesoedeling veroorsaak word.
Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin
om by die steeds wisselende omgewing aan te pas nie.
Sommige spesies sterf uit as gelog van klimaatsverandering.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word.) (12)
5.3 Die Rol van die huidige wetgewing in SA wat gesonde inter-godsdienstige
verhoudings:
In 1997 het president Nelson Mandela godsdienstige gemeenskappe
gevra om saam te werk om ʼn vrye en regverdige SA te bou
Die koalisie Nasionale Godsdiensleiersforum (NRLF) was gevorm
ʼn Morele beraad was gehou in Oktober 1999.
Hulle is toegewyd aan kwessies van kinder- en vrouemishandeling en om
bewustheid van MIV en Vigs te verhoog, ens.
Die Suid-Afrikaanse Grondwet is in 1996 aanvaar
Die Grondwet het Suid-Afrika as ʼn sekulêre staat gevestig, met geen
staatsgodsdiens nie.
Dit verbied diskriminasie op grond van godsdienstige oortuigings.
Godsdienstige onderhouding kan by staatsinstellings met dien verstande
dat:
Dit gebeur op ʼn gelyke grondslag.
Bywoning daarvan is vry en vrywillig.
(Enige relevante feite moet gekrediteer word) (14)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2017 Memo (English)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper