Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220215 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2021 NSS VRAAG 1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GESLAGSGEBASEERDE GEWELD: MISHANDEL DEUR MANS Daar is 'n vreeslike siekte wat deur Suid-Afrika trek. Ons ken dit aan die amptelike naam daarvan: geslagsgebaseerde geweld (GGG). Maar dit begin nie eens om die verhaal van fisiese mishandeling en ander vorms van mishandeling waaraan vroue blootgestel word, te vertel nie. President Cyril Ramaphosa het verklaar dat GGG die nuwe nasionale ramp is waarvoor die land te staan kom, saam met die Covid-19- pandemie. Net in Junie is meer as 30 vroue en kinders doodgemaak in insidente waarby geslagsgebaseerde geweld betrokke was. [Bron: https://scrolla.africa, deur Everson Luhanga vir Scrolla.Africa, 18 Julie 2020] 1.1 Wat is geslagsgebaseerde geweld? (2) 1.2 In die uittreksel word fisiese geweld, soos stamp en aanranding van die slagoffer, genoem. Noem DRIE ander vorme van GGG en gee voorbeelde van ELK. (12) 1.3 Noem en verduidelik kortliks enige DRIE oorsake van geslagsgebaseerde geweld. (12) 1.4 Noem en bespreek DRIE negatiewe gevolge van geslagsgebaseerde geweld op die samelewing. (12) 1.5 Kies enige EEN godsdiens en bespreek die lerings daarvan teen geslagsgebaseerde geweld. (12) [50] VRAAG 2 2.1 Met verwysing na die sentrale lerings van enige EEN godsdiens, bespreek die aard van die wêreld. (10) 2.2 Wat is die rol van inspirasie in godsdiens? (12) 2.3 Noem en bespreek enige TWEE hermeneutiese beginsels. (8) 2.4 Noem enige TWEE vertakkinge binne EEN godsdiens en tabuleer TWEE interne verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte: 2.4.1 Verskille met betrekking tot lerings (12) 2.4.2 Verskille met betrekking tot bestuur (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3 3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Party godsdienste het dit minder moeilik gevind om hulle beskouings met die Oerknalteorie te versoen, maar almal van hulle is gedwing om hulle posisies te oorweeg. Daar kan selfs moontlik gesê word dat die wetenskap nou so magtig is dat dit mense se algemene denkpatrone voorskryf en dat godsdiens op die wetenskap moet reageer. [Aangepas uit Religion Studies, Grade 12, HC Steyn] 3.1.1 Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe die heelal ontstaan het. (12) 3.1.2 Met verwysing na die lerings van EEN Oosterse godsdiens, verduidelik hoe die heelal ontstaan het. (12) 3.2 Evalueer die reaksies van die volgende godsdienste op Darwin se evolusieleer krities: 3.2.1 Boeddhisme (8) 3.2.2 Christelike godsdiens (10) 3.2.3 Hindoeïsme (8) [50] VRAAG 4 4.1 Noem en bespreek die lerings van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing. (12) 4.2 Bespreek die voordele en nadele van sekularisme op die samelewing. (16) 4.3 Noem enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het en bespreek die lerings daarvan onder die volgende opskrifte: 4.3.1 Aard van godheid (10) 4.3.2 Lewe na die dood (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2021 NSS VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Histories gesproke was die verhoudinge tussen die godsdienste dikwels strydend. Baie oorloë is al gevoer oor godsdienstige verskille en in sommige dele van die wêreld gebeur dit steeds. Terwyl daar tydperke van intense konflik was, was daar ook tydperke van godsdienstige samewerking. In Suid-Afrika was daar al baie pogings deur godsdienstige leiers om vriendelike verhoudinge tussen verskillende godsdienste te ontwikkel. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade12] 5.1 Verduidelik wat die Suid-Afrikaanse regering gedoen het om na die demokratiese verkiesing in 1994 vrede tussen verskillende godsdienste in die land te bevorder. (10) 5.2 Verduidelik die verskille tussen die Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika en die Raad vir Godsdienstige Leiers in Suid-Afrika. (4) 5.3 Maak 'n lys van SEWE prestasies van die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA). (14) 5.4 Bespreek die geskiedenis van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste, van die ontstaan daarvan tot 2009. (10) 5.5 Evalueer die doeltreffendheid van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste. (12) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all