Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220219 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE NATIONAL SENIOR SENIOR CERTIFICATE SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Ortodokse Jode kom godsdienstige wette na wat … genoem word. A Sjaria B Mitzvot C Genesis D Halakhah (1) 1.1.2 Om vir ewig te leef, ewigdurend, altyddurend: A Pad van die heelal B Reïnkarnasie C Onsterflik D Lewensiklus (1) 1.1.3 Een van die pligte van die aftreestadium in Hindoeïsme is om … A jou huweliksmaat te ondersteun. B te baklei en te regeer. C in handelsdryf te spesialiseer. D tyd aan die bestudering van heilige geskrifte te bestee. (1) 1.1.4 'Straf en beloning is hier en nou.' Dit is 'n oortuiging van … A Afrika Tradisionele Godsdiens. B Bahá'u'lláh. C Siddhartha Gautama. D die Dalai Lama. (1) 1.1.5 'Mense moet in harmonie met die heelal leef.' Dit is 'n oortuiging van … A Taoïsme. B die Bahá'i-geloof. C Boeddhisme. D Judaïsme. (1) 1.1.6 'n Geloof dat staatsbestuur en moraliteit nie op godsdiens gebaseer hoef te wees nie: A Kreasionisme B Nie-teïsties C Sekularisme D Nie-godsdienstig (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2021 NSS 1.1.7 'n Voorbeeld van Neo- (moderne) Hindoeïsme is … A Rig-Veda. B die Divine Life Society. C die Bhagavad Gita. D bhakti-joga. (1) 1.1.8 Die Hadith is … A 'n versameling leringe van die Profeet Mohammed. B verpligte leringe in die Koran. C boeke met mites. D rekords oor Islamitiese geskiedenis. (1) 1.1.9 Die oudste vorm van Boeddhisme is … A Zen-Boeddhisme. B Tibettaanse Boeddhisme. C Mahayana-Boeddhisme. D Theravada-Boeddhisme. (1) 1.1.10 'n Dogma, in 'n godsdienstige konteks, is … A 'n leuen of versinsel. B leringe met absolute gesag. C 'n heilige teks. D 'n bespreking van geestelike waarhede deur middel van 'n storie. (1) 1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die mistieke dimensie van Islam wat sekere unieke rituele beklemtoon om soekers na die geestelike na 'n direkte ontmoeting met God te lei, is … (1) 1.2.2 Hierdie kerkverbande het uit die Christelike Katolieke Apostoliese Kerk ontstaan: … (1) 1.2.3 Die geloof dat die Tora deur God gegee is deur middel van idees waaroor mense gemediteer het, is 'n lering van … Judaïsme. (1) 1.2.4 Die bekendste Bodhisattva in Tibettaanse Boeddhisme is die … (1) 1.2.5 Geloof in baie gode staan as … bekend. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2021 NSS 1.3 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE. VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou ANTWOORD: Sirkel REDE: Die ander drie is kleure. 1.3.1 Charles Darwin; Shoghi Effendi; Copernicus; Kepler (2) 1.3.2 Dharma; Karma; Kosjer; Ahimsa (2) 1.3.3 Monoteïsme; Drie-eenheid; Antropomorfisme; Sondag (2) 1.3.4 Taoïsme; Hindoeïsme; Christendom; Afrika Tradisionele Godsdiens (2) . 1.3.5 Jin; Tao Te Ching; Dhammapada; Jang (2) 1.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Tradisionele A na aanleiding van die model van die Hindoeïsme Heilige Drie-eenheid, moet die mensdom 'n verhouding van wedersydse respek en 1.4.2 Kitáb-i-Aqdas liefde hê 1.4.3 Christelike B 'n heilige godsdienstige geleentheid godsdiens C alhoewel daar verskeie paaie na God toe 1.4.4 Mite is, is die behoorlike uitvoer van huishoudelike en tempelrituele 1.4.5 Ritueel verpligtend vir almal D godsdienstige verhale waarin diep waarhede oor die lewe geopenbaar word E twee godsdienstige groepe se weë het as gevolg van politieke verskille geskei F 'n heilige teks wat uit 'n versameling wette en leringe bestaan (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2021 NSS 1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 1.5.1 Sinkretisme is die wetenskap van die vertolking/interpretasie van tekste. (2) 1.5.2 Transformasie is 'n tydperk van verdeeldheid in die Katolieke Kerk wat tot die vorming van verskillende Christelike kerkverbande gelei het. (2) 1.5.3 Jesus Christus is gereïnkarneer nadat hy gesterf het. (2) 1.5.4 'n Toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme is dharma. (2) 1.5.5 'n Panteon is 'n aantal gode van 'n spesifieke godsdiens. (2) 1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite neer oor ELK van die volgende terme: 1.6.1 Moksha (2) 1.6.2 Impepho (2) 1.6.3 Afrika-geïnisieerde Kerke (2) 1.6.4 Kosmologie (2) 1.6.5 Pluralisme (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2021 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Verduidelik die konsep uniekheid in die konteks van godsdiens. (4) 2.2 Bespreek die belangrikheid van uniekheid van 'n godsdiens. (6) 2.3 Wat beteken godsdienstige identiteit? (2) 2.4 Verduidelik DRIE algemene kenmerke van ELK van die volgende: 2.4.1 Oosterse godsdienste (6) 2.4.2 Afrika-godsdienste (6) 2.5 Noem VIER ooreenkomste wat tussen die Abrahamitiese godsdienste bestaan. (8) 2.6 In die konteks van godsdiens, gee DRIE feite oor ELK van die volgende: 2.6.1 Hindoeïsme se standpunt oor karma (6) 2.6.2 Die inyanga in Afrika Tradisionele Godsdiens (6) 2.6.3 Doop in die Christelike godsdiens (6) [50] VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Artikel 18 van die Universele Verklaring van Menseregte lui: 'Almal het die reg op vryheid van mening en uitdrukking: hierdie reg omsluit vryheid om hulle godsdiens of geloof te verander, en vryheid, óf alleen óf in 'n gemeenskap met andere en in die publiek of privaat, om hulle godsdiens of geloof in onderrig, praktisering, aanbidding en onderhouding te manifesteer (te toon).' [Bron: Shuters Top Class Grade 12, bladsy 171] 3.1 Watter maatreëls het die Suid-Afrikaanse regering ingestel om die verklaring hierbo te onderhou? (12) 3.2 Verduidelik die verskillende maniere waarop hierdie verklaring in Westerse en Oosterse kulture toegepas word. Gee TWEE feite ELK vir Westerse en Oosterse kulture. (8) 3.3 Daar is lande wat NIE Artikel 18 respekteer NIE. Noem EEN so 'n land en gee besonderhede van hoe godsdiensvryheid geskend is. (8) 3.4 Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek die leringe daarvan wat menseregte bevorder. (10) 3.5 Wat is die voordele en nadele daarvan om mense die vryheid te gee 'om hulle godsdiens of geloof te verander'? (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CHRISTELIKE REAKSIE NODIG TEEN DREIGEMENT DAT KERSFEES EN GOEIE VRYDAG AS OPENBARE VAKANSIEDAE VERWYDER WORD Deur Adv. Nadene Badenhorst Die onlangse voorstel deur die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie ('SALRC') om Goeie Vrydag en Kersfees as openbare vakansiedae op die SA kalender te verwyder, het kritiek oor die hele land ontlok. Volgens die SALRC, 'n raadgewende statutêre liggaam verantwoordelik vir die identifisering en hersiening van wette wat van die Konstitusie afwyk, 'is daar 'n element van benadelende behandeling aangesien die twee belangrikste Christen-vakansiedae as betaalde vakansiedae verklaar is en volgelinge van ander godsdienste, wat ander geloofsgebaseerde vakansiedae vier, benadeel word deurdat hulle vakansiedae nie verklaarde openbare vakansiedae is nie en hulle nie die outomatiese voordeel van betaling op daardie dae het nie'. Gevolglik stel die SALRC voor dat hierdie vakansiedae óf hersien word óf dat ewe veel waarde aan die vakansiedae van ander gelowe gegee word. 'n Mens kan jouself net indink wat die impak op ons ekonomie, wat alreeds swaarkry, sal wees as, in die naam van gelykheid, ons 'n openbare vakansiedag aan elke groep van ons samelewing gee! Dit maak eenvoudig nie sin dat amper 80% van die (Christen)-bevolking 'n dag afvat vir 'n godsdienstige vakansiedag wat deur minder as 20% gevier word nie. Dit lyk asof die SALRC ook oor die hoof sien dat artikel 2(2) van die Wet op Openbare Vakansiedae spesifiek stipuleer dat 'enige openbare vakansiedag met enige ander dag wat deur 'n ooreenkoms vasgestel is of waartoe 'n werkgewer en werknemer ooreengekom het, uitgeruil kan word'. Met ander woorde, dieselfde Wet wat twee Christelike vakansiedae op die nasionale kalender voorskryf, gee nie-Christen- werknemers die reg om, in plaas van Goeie Vrydag en Kersfees, verlof te vra vir enige ander dag (bv. Ramadan vir Moslems of Diwali vir Hindoes). … Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om 'godsdiensverdeelheid te verdiep'. [Uittreksel geneem uit gatewaynews.co.za. Toegang op 5 April 2020 verkry.] 4.1 4.1.1 Wat is die redes wat deur die SALRC gegee word vir die verwydering van Kersfees en Goeie Vrydag van die Suid- Afrikaanse kalender? (4) 4.1.2 Watter TWEE redelike argumente kan Christene aanvoer om die vakansiedae op die kalender te hou? (4) 4.1.3 Gee TWEE redes waarom dit nie 'sin maak' om meer godsdienstige vakansiedae by die kalender te voeg nie. (4) 4.1.4 'Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om "godsdiensverdeelheid te verdiep".' Wat dink jy beteken hierdie aanhaling? (2) 4.2 4.2.1 Analiseer hoe die media gewoonlik oor godsdienskwessies verslag doen. (6) 4.2.2 Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord op VRAAG 4.2.1 te illustreer. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2021 NSS 4.3 Ondersoek faktore wat die media kan beïnvloed wanneer hulle oor godsdienskwessies verslag doen. (8) 4.4 Wat is die moontlike gevolge van die stereotipering van godsdienste? (8) 4.5 Wat kan die media doen om die stereotipering van godsdienste te neutraliseer? (10) [50] VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UGANDA Uganda het op baie wyses begin om 'n Afrika-suksesstorie te word. Hulle is oor die ergste in die stryd teen MIV en Vigs, en hulle het 'n groeiende ekonomie. Daar is egter 'n geveg aan hulle grens met Kenia en Soedan teen 'n terreurgroep wat hulleself die Lord's Resistance Army (LRA) noem. Hierdie groep val burgerlikes aan en ontvoer kinders om in hulle weermag te dien. Die Lord's Resistance Army het in die 1980's as 'n versetbeweging teen die gruweldade van die Ugandese regering begin. Die leier van die LRA is Joseph Kony, wat homself as 'n Christen-profeet beskou. Sy doelwit is om 'n onafhanklike staat te vestig wat volgens die Tien Gebooie regeer sal word. Sy ander doel is om Acholi- stamdominasie te versterk. [Aangepas uit: https://en.wikipedia.org/wiki/Lords_Resistance_Army] 5.1 Kony beskou 'homself as 'n Christen-profeet'. Wat beteken dit? (2) 5.2 Tot watter mate is dit 'n godsdienskonflik? Gee redes vir jou antwoord. (12) 5.3 Hoe kan godsdiensorganisasies met die konflik help? (10) 5.4 Verduidelik die volgende konsepte en gee EEN relevante voorbeeld van ELK: 5.4.1 Intragodsdienstige konflikte (4) 5.4.2 Intergodsdienstige konflikte (4) 5.5 Daar bestaan baie verskillende godsdienste in Suid-Afrika. Die meeste het formele strukture om met mekaar en die regering te skakel. Noem die organisasies wat die volgende godsdienste in Suid-Afrika verteenwoordig: 5.5.1 Christelike godsdiens (2) 5.5.2 Hindoeïsme (2) 5.5.3 Islam (2) 5.5.4 Judaïsme (2) 5.6 Dink jy godsdienskonflikte kom algemeen in Afrika voor? Gee redes vir jou antwoord. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all