Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V1
2021
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Religion Studies P1 May June 2021 Afr hlayiso.com
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 12
- File size
- 219.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 In die Afrika Tradisionele Godsdiens is ubuntu …
A 'n dag wat vir gemeenskaplike aanbidding gebruik word.
B die toon van respek en empatie vir die medemens.
C tradisionele drag.
D 'n woord wat 'mense met 'n Afrika-oorsprong' beteken. (1)
1.1.2 Volgens die Christelike kalender …
A is Pinkster 'n viering van die koms van die Heilige Gees.
B is Pinkster 'n viering van die verjaarsdag van die kerk.
C word Pinkster vyftig dae na Paasfees gevier.
D Al die bogenoemde (1)
1.1.3 Watter EEN van die volgende word NIE met die Bahá'i-geloof
geassosieer NIE?
A Die Bab
B Bahá'u'lláh
C Tikkun Olam
D Kitáb-i-Aqdas (1)
1.1.4 'n Benadering wat nie God se bestaan verwerp nie, maar dit bloot
ignoreer:
A Dwaalleer/Kettery
B Ateïsme
C Materialisme
D Nie-teïsme (1)
1.1.5 In Hindoeïsme verwys samsara na …
A reïnkarnasie.
B 'n godheid.
C 'n ritueel.
D 'n held in die Bhagavad-epos. (1)
1.1.6 Tibettaanse Boeddhisme glo aan …
A 'n godedom van Boeddhas.
B Bodhisattvas.
C Dharma-beskermers.
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/2021
SS/NSS
1.1.7 Die lyding van Jesus Christus verwys na …
A sy geboorte.
B sy opstanding.
C sy lyding en dood deur kruisiging.
D sy hemelvaart. (1)
1.1.8 Die wêreldhoofkwartier van die Bahá'i-geloof is in …
A Istanbul, Turkye.
B Haifa, Israel.
C Kaïro, Egipte.
D Jerusalem, Israel. (1)
1.1.9 'n Persoon wat sy/haar oortuigings tot uitsluiting van alle ander
aanprys (propageer), kan as … beskryf word.
A 'n avatar
B 'n leier
C 'n ideoloog
D aantreklik (1)
1.1.10 Watter van die volgende druk NIE 'n eendersheid/ooreenkoms uit
NIE?
A Pluralisme en inklusiwisme
B Sekularisme en humanisme
C Eksklusiwisme en fundamentalisme
D Sinkretisme en fanatisme (1)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die Sangha is die groep monnike en nonne wat in die …-vertakking
van Boeddhisme gevind word. (1)
1.2.2 In Hindoeïsme verwys die Ashramas na die vier … (1)
1.2.3 'Alle mense word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore'
is 'n aanhaling uit die … (1)
1.2.4 Wanneer 'n dooie mens weer lewendig gemaak word, staan dit as …
bekend. (1)
1.2.5 Elke handeling het 'n uitwerking op die toestand van die siel en is
'n kans om moksha te bekom. Dit is die wet van … (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/2021
SS/NSS
1.3 Kies die woord in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.
VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou
ANTWOORD: Sirkel
REDE: Die ander drie is kleure.
1.3.1 Nasarener; Sionis; Kwaker; Etiopiër (2)
1.3.2 Monoteïsme; Politeïsme; Ateïsme; Teïsme (2)
1.3.3 Brahmaan; Bodhisattva; Lama; Boeddha (2)
1.3.4 Psalms; Mites; Gelykenisse; Legendes (2)
1.3.5 Hadj; Salat; Zakat; Sudras (2)
1.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Kanon A 'n ritueel waar jy met God in aanraking
kom deur meditasie, kantillering ('chant')
1.4.2 Taoïs en draaiende dansbewegings
1.4.3 Zikr B 'n wyse persoon van die Oosterse
godsdienste
1.4.4 Ortodoks
C die gesaghebbende versameling van
1.4.5 Afrika-geïnisieerde heilige geskrifte van 'n godsdiens,
Kerke dikwels as goddelik geïnspireerd beskou
D daar is geen plan of doel met die
skepping nie
E 'n voorbeeld van inklusiwisme
F 'n voorbeeld van sinkretisme
G beskryf iemand wat streng by die
tradisies van 'n godsdiens hou
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/2021
SS/NSS
1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.
1.5.1 Die sterrekundige, Copernicus, het 'n godsdienstige omwenteling
veroorsaak toe hy 'n geosentriese siening van die wêreld
voorgestel het. (2)
1.5.2 Die onderafdeling van Smartisme in Hindoeïsme verklaar dat alle
paaie na die bron van alle bestaan, die een God, lei. (2)
1.5.3 Die interpretasie van die heilige tekste van 'n godsdiens word
pluralisme genoem. (2)
1.5.4 Volgens die Christelike godsdiens verrys die siele van goeie
mense na hulle voorvaders toe. (2)
1.5.5 Die Communist Manifesto is deur Karl Marx en Shankara geskryf. (2)
1.6 Skryf TWEE feite oor ELK van die volgende, in die konteks van godsdiens:
1.6.1 Die Goue Reël (2)
1.6.2 Pelgrimstog (2)
1.6.3 Jahweh (2)
1.6.4 Voorvader (2)
1.6.5 Menseregte (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Verduidelik die betekenis van die volgende terme, in die konteks van
godsdiens:
2.1.1 Kerkverband (2)
2.1.2 Godheid (2)
2.1.3 Dharma (2)
2.1.4 Nagmaal (2)
2.1.5 Dogma (2)
2.1.6 Vergelykbaarheid (2)
2.2 Noem TWEE unieke kenmerke met betrekking tot die oortuigings van die
volgende godsdienste:
2.2.1 Judaïsme (4)
2.2.2 Die Christelike godsdiens (4)
2.2.3 Islam (4)
2.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UNIEK ONTMOET UNIEK WANNEER DIE CHRISTELIKE GODSDIENS
HINDOEÏSME ONTMOET
Agtergrond
Die moderne verhouding tussen Hindoes en Christene het begin toe Brittanje
Indië in die 18de eeu gekoloniseer het en die grootste deel van die Indiese
subkontinent deel van die Britse Ryk geword het. Die Britse houvas op Indië
het egter teen die Tweede Wêreldoorlog verswak. Indië was in 1948 die
eerste kolonie om van Brittanje onafhanklik te word.
Sendelingaktiwiteit
In Indië; soos in al die Britse kolonies, was daar baie Christen-
sendingaktiwiteite. Dit was omdat die Christen-sendelinge materiaal en
finansiële ondersteuning by die Britse Ryk gekry het.
Christen-sendelinge het dit egter moeilik gevind as gevolg van die
fundamentele verskille tussen die twee godsdienste.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12 Learner's Book]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/2021
SS/NSS
2.3.1 Die Christelike godsdiens en Hindoeïsme stem miskien ooreen wat
'n geloof in die hiernamaals betref, maar elkeen het hulle unieke
oortuigings daaroor.
Gebruik hierdie stelling om tussen die terme eenheid en uniek
te onderskei. (4)
2.3.2 Tabuleer die geloofsverskille tussen Hindoeïsme en die Christelike
godsdiens. (12)
2.3.3 Noem DRIE maniere waarop Swami Vivekananda
intergodsdienstige verhoudinge tussen Hindoeïsme en die
Westerse wêreld bevorder het. (6)
2.3.4 Verduidelik wat met godsdienstige kolonisasie bedoel word. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 Die bronne hieronder handel albei oor die Uyghur-Moslemgemeenskap in die
Xinjiang-provinsie in China. Bestudeer die bronne en beantwoord die vrae wat
volg.
BRON A
DIE 'HEROPVOEDING' VAN UYGHUR-MOSLEMS IN CHINA
Die Chinese regering tree sedert minstens 2009 baie streng teen Uyghur-
Moslems op. Hulle het in 2014 nog meer bedrywig geword ten opsigte van
polisiesoektogte en monitering van die Uyghur. Boeke en literatuur oor die
Uyghur-kultuur, bidmatte, tulbande en baardgroei word alles verbied.
Die regering het nog altyd die bestaan van 'heropvoeding'-kampe ontken,
maar foto's wat uit die ruimte geneem is, bevestig dat ten minste 85 sulke
kampe bestaan.
Minstens 10 000 kinders is uit hulle huise weggeneem en in voorskoolse
gevangeniskampe geplaas om hulle erfenis uit hulle breine uit te wis.
Internasionale oproepe vir 'n boikot teen goedere uit Xinjiang groei.
[Aangepas uit https://www.dailybulletin.com/2020/09/18/professing-faith-the-reeducation-of-
uyghur-muslims-in-china/]
BRON B
INDIENSNEMING EN ARBEIDSREGTE IN XINJIANG
In 'n beleidsdokument wat in September 2020 uitgereik is, het die regerende
Chinese Kommunisteparty ('CCP') onthul dat hulle tussen 2014 en 2019 meer
as 1,29 miljoen mense in heropvoedingskampe in die Uyghur-gedomineerde
provinsie Xinjiang geplaas het. Die Chinese regering het die beleidsdokument
in Engels, Duits, Frans en Arabies vertaal.
Die beleidsdokument beskryf heropvoeding-kampe as 'beroepsopleiding-
sentrums'. Die dokument beskryf Uyghur-Moslems as 'terroriste' wat die
moderne wetenskap as gevolg van godsdienstige dogmatisme verwerp.
Die Chinese regering sê voorts dat 'terroriste, separatiste en godsdienstige
ekstremiste al lankal verkondig dat godsdienstige leringe bo regeringswette
verhewe is', wat die publiek aanhits om die aanleer van die standaard
Chinese taal teen te staan, om die moderne wetenskap te verwerp, en om te
weier om hulle beroepsvaardighede te verbeter.
[Aangepas uit https://www.opindia.com/2020/09/china-whitepaper-uyghur-muslims-and-their-
re-education/]
3.1.1 Waarom word 'heropvoeding' in BRON A tussen aanhalingstekens
geskryf? (2)
3.1.2 Identifiseer EEN voorbeeld van vooroordeel in BRON A en
verduidelik waarom jy dit as vooroordeel beskou. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/2021
SS/NSS
3.1.3 Wat beteken heropvoeding in BRON B? (2)
3.1.4 Wat beteken aanhits in BRON B? (2)
3.1.5 Watter bewyse is daar dat godsdienstige vryheid in die Xinjiang-
provinsie beperk word? (4)
3.1.6 Dit is ongewoon dat 'n regeringbeleidsdokument in vreemde tale
vertaal word. Waarom, dink jy, het die Chinese regering dit
gedoen? Gee TWEE moontlike redes. (4)
3.1.7 Lewer kommentaar op die gebruik van die term terroriste in
BRON B. (4)
3.1.8 Watter redes gee die 'CPP' vir die bestaan van die kampe? (6)
3.1.9 Lewer kommentaar op die akkuraatheid van ELKE bron. Gee redes
om jou antwoord te ondersteun. (8)
3.2 Noem DRIE strategieë of taktieke wat die media gebruik om mense se
menings te beïnvloed. (6)
3.3 Dink jy daar is regverdige mediadekking van godsdienste in Suid-Afrika?
Gee redes vir jou antwoord. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 4
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Wat word met godsdienstige verdraagsaamheid bedoel? (4)
4.1.2 Verduidelik die verskille tussen hoe godsdienstige
verdraagsaamheid in Westerse en Oosterse samelewings verstaan
word. (6)
4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE SPAANSE INKWISISIE
Die Spaanse Inkwisisie was 'n geregshof wat in 1478 in Spanje ingestel is.
Dit was gekoppel aan 'n tak van die Katolieke Kerk wat 'Die Heilige Kantoor
van die Inkwisisie teen Kettery' genoem is. Die doel daarvan was om
Katolieke oortuigings en praktyke suiwer te hou deur mense te vervolg wat
nie 'n ortodokse weg gevolg het nie.
Die hof het deels ontstaan om te verseker dat bekeerlinge uit Judaïsme en
Islam na Katolisisme totaal bekeer was en nie steeds hulle voormalige
godsdienste in die geheim beoefen het nie. Indien daar bevind is dat hulle dit
gedoen het, is hulle deur die Spaanse Inkwisisie verhoor.
'n Interessante aspek van die Inkwisisie was 'beslegting deur vuur' – die idee
dat indien 'n persoon onskuldig was, God hom/haar sou red wanneer hy/sy
aan 'n dodelike situasie, soos om op die brandstapel verbrand te word,
blootgestel sou word. As die persoon egter sou sterf, is dit as 'bewys' geneem
dat hy/sy skuldig was.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12 Learner's Book]
4.2.1 Gee DRIE redes vir die instelling van die Spaanse Inkwisisie. (6)
4.2.2 Dink jy die bekeerlinge het godsdiensvryheid gehad? Gee redes vir
jou antwoord. (6)
4.2.3 Soos met die Spaanse Inkwisisie is daar ander gevalle waar
menseregtemisbruike in die naam van godsdiens gepleeg is.
Gee TWEE voorbeelde hiervan. (4)
4.3 Hoe word godsdiensvryheid in Suid-Afrika ondersteun? (12)
4.4 Gee TWEE godsdienstige leringe wat ELK van die waardes hieronder gegee,
ondersteun. Jy kan die leringe kies uit enige van die godsdienste wat jy
bestudeer het.
4.4.1 Vrede (4)
4.4.2 Waardigheid (4)
4.4.3 Gelykheid (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE
Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP') glo dat intergodsdienstige
verhoudinge die beste manier is om mense uit verskillende rasse, klasse en kulture
rondom 'n gemeenskaplike doelwit saam te bring. Dit is omdat godsdienste regdeur die
wêreld uit groot, goed georganiseerde gemeenskappe bestaan wat daartoe verbind is
om diegene in nood te help.
[Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]
5.1 Bespreek VIER maniere waarop intergodsdienstige verhoudinge in
Suid-Afrikaanse skole bevorder word. (8)
5.2 Sou jy sê dat daar goeie intergodsdienstige verhoudinge in die huidige
Suid-Afrika is? Gee redes vir jou mening. (8)
5.3 Suid-Afrika is 'n sekulêre land en tog ook baie godsdienstig.
Verduidelik hierdie stelling. (10)
5.4 Noem DRIE prestasies van ELK van die volgende Afrika-organisasies:
5.4.1 Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika
('PROCMURA') (6)
5.4.2 Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) (6)
5.4.3 Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Religions for Peace
('ACRL'-RfP) (6)
5.5 Skryf DRIE beginsels van die Handves vir Barmhartigheid neer. (6)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Eng

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 MG Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 MG Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Religion Studies P1 May June 2021 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2021 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2021 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Religion Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English hlayiso.com

Question paper