Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V2
2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Religion Studies P2 May June 2021 MG Afr hlayiso.com
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 16
- File size
- 441.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 Diskriminasie teen LGBTQI+ kan tot emosionele ontsteltenis,
depressie,angs en self selfdood/selfmoord lei.
Hulle voel dikwels gedruk om by die samelewing se konvensionele idees
van man of vrouwees in te pas.
Hulle leef saam die druk van bespotting, intimidasie en selfs fisiese
misbruik.
Hulle word geteister en misbruik by die skool, werk en in sosiale
situasies.
Woorde soos 'gay', 'lesbies' word as neerhalende terme gebruik.
Baie verkies om hulle seksuele oriëntasie weg te steek. (10)
Hulle voel ongemaklik in konserwatiewe/godsdienstige gemeenskappe.
LET WEL: Enige relevante antwoord moet punte kry.
1.2 Die fundamentele rede is kulturele oriëntasie van die Afrika-samelewing.
Dit is grootliks patriargaal (deur mans gedomineer).
Dit is ook baie tradisioneel, met die man as die hoof van die huishouding
en die vrou en kinders onder sy sorg.
In so 'n samelewing is enige homoseksuele verhouding taboe.
Die tweede basiese rede vir die diskriminasie teen LGBTQI+ is in
godsdienstige oriëntasie vasgelê.
Byvoorbeeld, volgens die ATG, is die enigste seksuele verhouding
toelaatbaar, tussen man en vrou.
Volgens die Abrahamitiese godsdienste, veral dié wat 'n literalistiese
benadering tot die interpretasie van die normatiewe bronne het, is die
enigste seksuele verhouding wat toegelaat word, tussen 'n man en vrou.
Hulle redeneer dat God man en vrou geskep het en hulle geseën om
voort te plant en die aarde te vul. Verhoudings van dieselfde geslag kan
nie voortplant nie.
Enige ander soort seksuele verhoudings word as sonde beskou.
Beide kulturele en godsdienstige leringe dra direk tot die diskriminasie
teen LGBTQI+ by. (14)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
1.3 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
Die basis van die ATG is die konsep Ubuntu.
Die verkondig dat 'umuntu ngumuntu ngabantu' wat beteken dat 'n mens
deur ander mense 'n mens is.
Ubuntu beklemtoon ook die konsep van 'gemeenskapsbehoeftes voor
individuele behoeftes.'
Daarom moet alle individuele rolle (bv. ouer, oudste, boer, onderwyser,
ens.) altyd die gemeenskap eerste plaas, seksuele oriëntasie ingesluit.
ATG verkondig dat mense wat anders is m.b.t. voorkoms, sosiale status
of seksuele oriëntasie, almal gelyk behandel moet word.
Mishandeling van hulle is provokasie van die voorvaders en minagting
van die gemeenskap.
Die konsep Ubuntu bevorder harmonie tussen mense, ongeag hulle
agtergrond, oortuigings, taal, geslag, ens.
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
ATG leer dat seksuele oriëntasie, soos ander waardes, iets is wat jy by
die gemeenskap kan leer.
Daar is mense binne die gemeenskap wie se taak dit is om jongmense te
leer oor volwassenheid, seksuele oriëntasie ingesluit.
VOORBEELD 2: BAHÁ'I-GELOOF
Bahá'i's glo dat die mensdom een is, onder die genade van 'n
allesliefhebbende Skepper.
Die geloof van geen mens kan deur iemand behalwe homself
gekondisioneer word nie. Niemand het die reg om ander te oordeel as
gevolg van hulle seksuele oriëntasie nie.
Die Bahá'i-godsdiens verkondig dat ons moet leer om saam te leef, met
respek vir verskillende individue en groepe, elkeen binne hulle eie
perspektief van die werklikheid.
Ons moet sosiale en vreedsame orde bevorder/aanmoedig deur eenheid
in diversiteit te kweek.
Bahá'i's beskou die kwessie van homoseksualiteit as kompleks en
ongewoon.
Bahá'i's glo dat dit nie toepaslik is om homoseksuele persone oor sake
met betrekking tot seksuele oriëntasie of oortuiging te forseer/dwing nie.
Dit is van toepassing op alle mense wat andersdenkend is.
Die Bahá'i-raamwerk van seksuele etiek is gewortel in die lering van
Bahá'u'lláh, 'Die asem van die lewe op alle dinge wat geskep is, die
'lamp' van God, wysheid en liefdevolle voorsiening moet gehandhaaf
word'.
Dit moedig mense van die Bahá'i-geloof aan om nie veroordelend te
wees nie en ook om alle lewenstyle te aanvaar.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
1.4 Alle godsdienstige gemeenskappe, ongeag hulle godsdienstige en
kulturele affiliasies, moet diskriminasie teen LGBTQI+ veroordeel.
Hulle moet hulle volgelinge leer dat alle mense, ongeag hulle seksuele
oriëntasie, deur God geskep is.
LGBTQI+ moet nie verbied word om met die godsdienstige gemeenskap
en godsdienstige organisasies om te gaan nie.
In elke sosiale struktuur moet daar geskikte geslagsverteenwoordiging
wees.
Die godsdienstige gemeenskap moet gemeenskapbyeenkomste
organiseer waar hulle mense oor die probleem van diskriminasie oplei.
Hulle moet opgelei word oor moontlike faktore wat seksuele oriëntasie
beïnvloed.
Die godsdienstige gemeenskap moet verantwoordelikheid neem vir of
verslag doen oor enige diskriminasie wat in hulle gemeenskap plaasvind,
by wetstoepassingsagentskappe.
Godsdienstige leiers moet met diverse groepe kontak hê, die LGBTQI+-
gemeenskap ingesluit.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: ISLAM
Volgens die Koran het Allah die heelal in ses fases geskep.
Allah verskaf ook die energie wat alles in die heelal nodig het
vir oorlewing en groei.
Die bestaan van die heelal is nie toevallig nie en die lewe is
nie doelloos nie, maar wel beplan en doelgerig.
Die heelal, wat mettertyd geskep is, is nie ewigdurend nie,
maar het 'n vaste tydsduur.
Aangesien slegs Allah ewigdurend is, sou dit beteken dat
geloof die skepping ewigdurend is, aan die Skepper gelyk
gestel word.
Dit is 'n groot sonde (shirk).
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
2.1.2 Die Moslem se begrip van godheid word essensieel deur die
Koran gevorm.
Islam glo aan 'n universele God genoem Allah.
Geloof in eenheid van Allah is die fondasie van Islam.
Allah het ander titels wat Sy eienskappe weerspieël.
Hy is die Skepper (Khaliq) en Stigter (Badi) van die heelal, en
gaan voort om nuwe vorme van lewe te skep en om die hele
Skepping te volhou. (10)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
2.1.3 Volgens Islam eindig die lewe nie met die dood nie, dit gaan
na die graf voort.
Diegene wat sterf betree 'n nuwe fase, genoem barzakh, waar
hulle bly tot die Opstandingsdag.
In hierdie fase (barzakh), is die siel óf in 'n toestand van
tevredenheid óf marteling.
Op die Opstandingsdag sal alle mense deur Allah geroep word
om rekenskap van julle lewens op aarde te gee.
Op die Oordeelsdag sal diegene wat aan Allah glo en voldoen
het aan hulle verpligtinge aan die Skepper en die mensdom,
beloon word.
Hulle sal in die paradys toegelaat word (jannah).
Diegene wat die bestaan van Allah ontken het, sal gestraf
word en hel toe gaan (jahannam).
Die dood is nie die einde van die lewe nie, dis net 'n fase in die
lewensreis van die mensdom. (10)
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
2.1.1 VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
Die heelal het nie skielik begin nie, en sal ook nie skielik eindig
nie.
Die heelal gaan deur herhalende fases van manifestasie en
verdwyning.
Die heelal manifesteer as Brahma uitasem en verdwyn as hy
inasem.
Die passiewe toestand is 'n toestand van rus wanneer niks
gebeur nie.
In rus het die heelal geen vorm nie en is ongedifferensieerd.
Na 'n lang ruk roer die Skepper en raak weer aktief. Dit is
wanneer party dele van die heelal anders as ander dele is en
'skepping' begin. (10)
2.1.2 Dit is 'n wanopvatting dat Hindoes baie gode het.
Geloof in een God is die sentrale lering van die Hindoes se
wêreldbeskouing.
Die Rig Veda sê: 'Truth (God) is one, sages call it by various
names (Waarheid [God] is een, wysgeërs gee dit verskeie
name).'
Die hoogste konsep van God in Hindoeïsme is Brahman.
Brahman is oral en is die bron van bestaan.
In wese kan Brahman nie beskryf word nie.
Alhoewel dit die hoogste ideaal is, verklaar Hindoeïsme dat
God ook in gegradeerde fases ervaar kan word, volgens die
geestelike ontwikkeling van die aanbidder.
Die eerste vlak van ervaring van God onder Brahman is
Ishwara, die vormlose God.
Ishwara is oral.
Ishwara neem die vorms van die volgende gode aan: Brahma
vir skepping, Shiva vir vernietiging en Vishnu vir bewaring. (10)
2.1.3 Mense is vasgevang in die siklus van geboorte en
hergeboorte, bekend as Samsara.
Wanneer 'n mens sterf, word die siel weer gebore
(gereïnkarneer) in 'n ander liggaam.
Die geestelike doel van mense is om die siel van voortdurende
hergeboorte te bevry.
Die siel kan bevry word sodra dit eenheid met Brahma verkry.
Die siel kan slegs waarlik gelukkig wees wanneer hierdie
bevryding deur geestelike weë (jogas) bekom is.
Hierdie bevryding word moksha genoem.
LET WEL: Enige VYF relevante feite moet aanvaar word. (10)
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2 2.2.1 Mondelinge tradisie dien as 'n doeltreffende manier om die
oorspronklike boodskap van een generasie tot die volgende
aan te gee.
Party godsdienste plaas meer klem op mondelinge tradisie as
op hulle heilige tekste.
Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in sommige
godsdienste, bv. Afrika Tradisionele Godsdiens.
Mondelinge tradisie kan parallel met geskrewe tekste loop en
dit aanvul.
Mondelinge tradisie verskaf meer duidelikheid as geskrewe
teks as gevolg van die narratiewe styl daarvan.
Die ketting van storievertellers is ook belangrik aangesien dit
tot die Bron lei.
Mondelinge tradisie weerspieël plaaslike dialek en kultuur.
Daarom word dit makliker verstaan in elke kultuur.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
(10)
2.2.2 Kontemporêre inspirasie verwys na goddelike inspirasie wat
steeds vandag plaasvind.
Dit verskil van die inspirasie van die stigters van die groot
godsdienste, aangesien hierdie inspirasie dikwels as heilige
geskrifte aangeteken is.
Dit was spesifieke inspirasie om individue (profete/
boodskappers) te kies.
Die jongste inspirasie wat as heilige geskrif aangeteken is, is
dié van Baha'u'llah (19de eeu).
Daar is geen spesiale voorwaardes vir kontemporêre
inspirasie nie: geen nuwe heilige geskrifte word geproduseer
nie.
Die gevolg is dat kontemporêre inspirasie algemeen in die
hedendaagse samelewing geword het.
Dit is waarom baie nuwe kerkverbande gevorm word.
'n Voorbeeld hiervan is die Christelike godsdiens, waar interne
verskille aan die toeneem is.
In die Afrika Tradisionele Godsdiens, is kontemporêre
inspirasie nie verskillend/anders as inspirasie van die verlede
nie. Daarom dra dit nie by tot interne verskille nie.
Dit is omdat sjamane en waarsêers (sangomas) vandag, soos
in die verlede, bestaan.
As gevolg van kontemporêre inspirasie kom verskeie
onderafdelings en wêreldbeskouings in alle godsdienste na
vore.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
(10)
[50]
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 LET WEL: In 3.1.1 en 3.1.2 word ‘n MAKSIMUM van AGT punte
toegeken indien die kandidaat slegs EEN vertakking bespreek.
VOORBEELD 1: ISLAM
Die Soenni-Sjia-skeuring het in 632 AE(HJ) na die dood van
die Profeet Muhammad begin ontstaan.
'n Debat het gevolg oor wie die Profeet se opvolger sou wees.
Die meerderheid van die volgelinge het geglo dat Abu Bakr,
die Profeet se skoonvader, 'n opvolger of kalief moes wees.
Hulle het as 'Soenni's' bekend geword.
'n Klein groepie het geglo dat die Profeet se skoonseun, Ali ibn
Talib, die eerste kalief moes wees. Hulle het as die 'Sjia'
(partisaan of aparte party) bekend geword.
Alhoewel dit 'n politieke verskil was, het die onenigheid oor die
interpretasie van sekere Hadith (leringe van die Profeet) en
wette vererger.
Die meeste Soenni's aanvaar die Hadith-versamelings van
Imam Bukhari.
Die Sjia heg ook waarde aan die Hadith wat deur die familie
van Profeet Muhammad (Ahl al Bayt) verhaal (beskryf) word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
3.1.2 SOENNI-ISLAM SJIA-ISLAM
Profeet Muhammad. Die Hadith beskryf deur die
Die Hadith beskryf deur die metgeselle van die Profeet
metgeselle van die Profeet is van minder belang as dit
is van ewe veel belang as wat deur sy familielede
dit wat deur sy familielede beskryf word.
beskryf word. Die Sjia volg slegs die
Die Soenni glo dat al die leringe en opinies van 'n
leringe wat in die Boeke lewende geleerde.
van Hadith vervat is, ewe Hulle glo dat die laaste
belangrik is. kalief uit die Profeet se
Soenni's volg die leringe familie in 'n grot versteek is
van leermeesters van die en eendag as leier sal
7de en 8ste eeue. herverskyn. Daar word na
Soenni's aanvaar nie dat 'n hom as 'Imam' verwys.
kalief uitsluitlik uit die
Profeet se familie moet
kom nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
3.1.1 VOORBEELD 2: JUDAÏSME
Judaïsme is in drie hoofgroepe ingedeel: Ortodokse,
Konserwatiewe en Hervormde Judaïsme.
Die interne verskille is veroorsaak deur interpretasieverskille
t.o.v. leringe en oortuigings.
Ortodokse Jode aanvaar die hele Tora, beide geskrewe
(Pentateug) en mondeling (Talmoed), soos deur God self
onthul.
Hervormde Judaïsme het sy oorsprong in Duitsland waar talle
Jode gevoel het dat hulle by 'n veranderende wêreld moes
aanpas en sommige van die leringe en oortuigings van
Ortodokse Jode verwerp het.
Hierdie groep glo nie dat die Messias hulle na die Heilige Land
Palestina sal lei nie.
Hulle beskou nie Palestina as hulle tuisland nie.
Konserwatiewe Judaïsme het ontstaan as gevolg van 'n
verwerping van die Hervormde beweging.
Konserwatiewe Jode verwerp ook baie praktyke van die
Ortodokse groep as nie-essensieel, soos die gebedskissie. (12)
3.1.2 ORTODOKSE KONSERWATIEWE HERVORMDE
JUDAÏSME JUDAÏSME JUDAÏSME
Hulle glo die Hulle glo dat die Hulle glo dat die
Tora is goddelik Tora deur God Tora oor tyd deur
en gesag- gegee is deur mense geskryf
hebbend. idees waaroor is.
Ortodokse Jode mense Hulle glo nie dat
glo in streng gemediteer het. halakhah
waarneming van Hulle glo dat die bindend is nie.
die geskrewe en wet aangepas Hulle glo dat alle
mondelinge moet word om by Jode, manlik en
Tora. moderne tye te vroulik, gelyk is.
Hulle glo dat die pas. Hulle ondersteun
Joodse wet Hulle glo aan die beginsel van
(halakhah) Rabbiniese Tikkun Olam, die
streng nagekom Judaïsme wat die nastreef van
moet word. Tora die oë en sosiale
Hulle glo dat 'n leringe van geregtigheid.
man verbied Rabbi's beskou.
word om aan sy Hulle glo dat
vrou te raak party van die
terwyl sy voorskrifte van
menstrueer die Tora bloot
totdat sy 'n kultuur en nie
ritueel, Mikvah, goddelik is nie.
na 12 dae
uitvoer (Taharat
Hamishpacha).
Hulle glo aan
Kasjroet
(spyswette). (12)
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2 Grammatiese en historiese konteks:
Dit beteken jy moet die grammatikareëls en die historiese feite gebruik
om 'n teks te interpreteer.
Duidelikste betekenis:
Jy moet die letterlike betekenis van die teks in ag neem en dan ander
moontlike interpretasies oorweeg.
Plan, doel en konteks:
'n Skryfstuk moet as 'n geheel beskou word. Wat is die skryfplan of
struktuur? Wat was die skrywer se doel met die skryf van die teks?
Wat is die konteks van die stuk wat bestudeer word?
Figuurlike betekenis:
Party heilige tekste is hoogs figuurlik, en dit moet in aanmerking geneem
word.
Ander heilige tekste:
Heilige tekste self kan gebruik word om ander heilige tekste te
interpreteer. (12)
Betekenis van woorde
Woorde se betekenis verander oor tyd. Die oorspronklike betekenis van
die woorde moet toegepas word in die interpretasie van die teks.
LET WEL: Enige DRIE van die bogenoemde mag gekrediteer word
3.3 VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
Die Vedas het in Antieke Indië onstaan.
Die Vedas vorm deel van die hoof skriftuurlike bronne vir Hindoes.
Baie Hindoes glo dat die Vedas nie werklik deur enigiemand, Ishvara
ingesluit, geskryf is nie.
Historici beraam dat dit tussen 2500 en 500 VHJ neergeskryf is.
Die Vedas is deur die groot wysgeer of wyse man, Krishna Dwipayana,
saamgestel.
Die doel was om 'n gestandaardiseerde weergawe van Hindoe-leringe vir
alle Hindoe-volgelinge saam te stel.
Krishna Dwipayana het al die mondelinge leringe, wat deur die Rishis en
die onderwysers en studente aangegee is, ingesamel.
Hy het dit in vier standaard-versamelings of boeke, die Rigveda,
Yajurveda, Samaveda en die Atharaveda, saamgestel.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
VOORBEELD 2:ISLAM
Moslems glo dat Allah Sy finale boodskap vir die mensdom deur die
aartsengel Gabriël aan die Profeet Muhammad gegee het.
Die Profeet kon nie lees of skryf nie, so hy het die openbaringe
mondelings met sy volgelinge gedeel.
Die volgelinge van Muhammad het die openbaringe neergeskryf.
Die teks wat al hierdie openbaringe bevat, staan as die Koran bekend.
Die Koran word dus as die Woord van God beskou.
Die Koran is oor 'n tydperk van 23 jaar aan die Profeet Muhammad
geopenbaar.
Net voor hy gesterf het, het die Profeet die hele Koran uit die hoof
opgesê.
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Die Woord van God is in Arabies aan die Profeet geopenbaar en baie
Moslems glo dat die Koran nie vertaal kan word sonder om van die
betekenis daarvan te verloor nie.
Die ander heilige teks in Islam is die boeke van Hadith.
Dit is die samestellings van die leringe en praktyke van die Profeet.
Die Hadith brei uit oor Koraniese opdragte/bevele en dien as 'n praktiese
riglyn vir Moslems.
Die samestelling van die Hadith wat die grootste erkenning kry is
'Bukhari'. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Baie Boeddhiste redeneer dat Darwin se evolusieleer en
Boeddhisme in ooreenstemming met mekaar is.
Boeddhisme kan egter nie rekenskap gee vir skepping soos Darwin
se teorie nie.
Boeddhiste gee nie om wat wetenskaplikes sê oor hoe die heelal en
mense ontstaan het nie.
Hulle heg egter besondere waarde aan die menslike bestaan
Darwin doen dit nie. Hy sien die mens as familie van die ape.
Boeddhiste glo dat alle lewe konstante transformasie en evolusie
ondergaan.
Dit is in lyn met Darwin se teorie.
Boeddhiste het lank voor Westerse wetenskaplikes in evolusie geglo.
Boeddhiste glo aan die kontinuïteit van alle lewende wesens. Darwin
praat van die onderlinge verband tussen lewende dinge.
Boeddhiste het daarom geen probleem met die idee dat mense uit
meer primitiewe vorms ontwikkel het nie. (14)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
Indien die kandidaat slegs EEN aspek beantwoord, word 'n
MAKSIMUM van AGT punte toegeken.
4.1.2 JUDAÏSME/CHRISTELIKE GODSDIENS/ISLAM
Die Skepper is 'n manlike Opperwese maar die Oerknalteorie erken
nie enige goddelike wese nie.
Aan die begin het slegs die Skepper bestaan en Hy het die heelal
gemaak deur eenvoudig die bevel te gee. Daar was geen Oerknal
nie.
Die heelal is apart van die Skepper.
Hy het die heelal binne ses dae as deel van Sy goddelike plan vir die
mensdom geskep.
Op die sesde dag het Hy Adam en Eva geskep en hulle geseën om
voort te plant en die aarde te vul.
Dit verskil van die wetenskaplike beskouing wat beweer dat die
heelal binne 'n oomblik ontstaan het.
Die boek Genesis, verklaar dat die heelal deur die krag van Sy
woord geskep is. Die heelal het nie toevallig ontstaan soos wat die
wetenskap beweer nie.
Die heelal is perfek geskep, mense ingesluit. Daar was nie 'n groot
ontploffing of evolusie van verskillende spesies nie.
God het ook die diere en ander wesens geskep.
Die heelal wat ons sien, sal deur iets perfek na die Oordeelsdag
vervang word.
Die uiteindelike bestemming van die heelal is 'n kwessie waaroor
daar baie wetenskaplike debatte is.
Sekere gelowige persone aanvaar die Oerknaltoërie, veral
wanneer hulle uit 'n liberale/figuurlike benadering heilige skrifte
interpreter (14)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 12 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2 VOORBEELD 1:
AGNOSTISISME
Hierdie term is in 1869 die eerste keer deur 'n filosoof, TH Huxley,
gebruik.
Darwin se teorie van menslike evolusie het teen hierdie tyd die idee van
'n Opperwese/Skepper betwis.
Agnostici glo dat dit onmoontlik is om die bestaan van God of 'n
bonatuurlike wese te bewys of nie.
Agnostisisme kom van die Grieks, 'a', wat beteken 'sonder' en 'gnosis'
wat 'kennis' beteken.
Dit verwys na onsekerheid oor kennis van God.
Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe/oortuiginge.
Hulle verwerp godsdienstige doktrines/leerstellings, veral godsdienste
wat daarop aanspraak maak dat hulle geestelike kennis het.
VOORBEELD 2:
ATEÏSME
Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike magte bestaan.
Daar is verskillende grade van ateïsme.
Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike
wese aktief nie.
Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese sienings
te steun.
In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings van bewyse afhang
om hulle aansprake te steun.
Ateïste wend hulle dikwels tot die wetenskap om die aard van die heelal
te verduidelik eerder as om op geloof staat te maak. (12)
4.3 Sekularisme verwys na 'n magskeiding tussen die staat en godsdiens.
Dit ontstaan uit die godsdienstige oorloë in die 16de eeu in Europa.
Verstedeliking, industrialisasie en rasionalisasie het almal godsdienstige
instansies verswak.
Die geloof dat die menslike intellek genoeg is om die samelewing te
regeer, is gewild (humanisme) en maak sekularisme gewild.
Dit het die samelewing asook individue beïnvloed.
Sekularisme bevorder 'n gevoel van selfontwikkeling en onafhanklike
denke in die moderne samelewing.
Onlangse vooruitgang (bv. kloning, geneties gemodifiseerde organismes)
in wetenskaplike denke, dra ook by want hulle bevraagteken
godsdienstige leringe.
Dit het gelei tot ‘n vermindering van die invloed van religie
Die terreine van gesondheid, onderwys, welsyn, ekonomie en die regte
steun nie meer op godsdienstige waardes nie, dit steun op wetenskaplike
bewyse en menslike intellek. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 VOORBEELD 1
Mianmar (2)
5.2.1 Mianmar het 'n geskiedenis van die vervolging van Moslems, wat 'n klein
minderheid in die land vorm.
Die groot meerderheid van die mense is Boeddhisties.
Die regering word sterk deur Boeddhistiese monnike beïnvloed.
Die grootste groep Moslems in die land is die Rohingya.
Hulle het hulle eie taal en kultuur.
Hulle maak daarop aanspraak dat hulle afstammelinge van Arabiese
handelaars en ander groepe is en woon al vir baie geslagte in die streek.
Die Boeddhistiese regering ontsê die Rohingya burgerskap.
Die Rohingya is ook uit 'n sensus in 2014 uitgesluit, die regering het dus
geweier om hulle as 'n aparte groep mense te erken.
Duisende Rohingya het in die laaste paar jaar, voor die militêre aanval,
uit Mianmar gevlug.
Hulle het gegaan as gevolg van gemeenskapsgeweld en misbruik deur
veiligheidsmagte. Rohingya-strydlustiges het in Augustus 2017 meer as
30 polisiestasies aangeval in weerwraak vir misbruike deur die polisie.
In reaksie hierop het troepe, vergesel deur Boeddhistiese bendes, het in
Augustus 2017 met alle mag 'n vervolging van die Rohingya begin.
Ten minste 288 Rohingya-dorpies is afgebrand, honderde is afgemaai,
vroue en kinders is verkrag.
Die meerderheid vlugtelinge is in VNHKV-kampe in Bangladesj. (16)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
5.2.2 Amnestie Internasionaal en die VNHKV gaan voort met hulle ondersoeke
na die wreedhede/gruweldade.
Internasionale druk word op Mianmar geplaas (bv. protesoptogte in
Pakistan, Indië, Thailand, Indonesië en Bangladesj).
Die VN se Veiligheidsraad, China, Rusland en die VSA is gekant teen
volle sanksies teen die Mianmar-regering.
Bangladesj is besig met onderhandelinge vir die terugkeer van die
vlugtelinge, maar die Rohingya sal slegs terugkeer indien hulle
burgerregte gewaarborg word.
Die Mianmar-regering word in die Internasionale Strafgeregshof van
volksmoord aangekla (hofsaak deur Gambië).
Amptenare van die Mianmar-regering word aangekla van growwe
menseregteskendings. Hierdie saak is voor die Internasionale Strafhof
(ICC).
Lande soos Bangladesj, Indonesië, Indië en Gambië het groot getalle
vlugtelinge ingeneem.
Humanitêre hulp vanaf VNHKV word na hierdie lande verhoog. (8)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 14 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
5.2.3 Die Rohingya is 'n etniese minderheidsgroep wat ook die identiteit van
hulle godsdiens, wat Soenni-Islam is, het.
Mianmar self is oorwegend 'n Boeddhistiese staat.
Mianmar het 'n lang geskiedenis van geweld teen Moslems.
Godsdiens speel 'n sentrale rol in hierdie situasie.
Die aanvalle word deur Boeddhiste teen die Rohingya gelei.
Die Boeddhistiese meerderheid is baie ondersteunend van die regering
se aksies teen die Rohingya. Daar is geen godsdienstige protesaksie om
die wreedhede veroordeel nie.
Alhoewel Boeddhisme oor vrede en liefde verkondig, praktiseer die
volgelinge haat en godsdienstige oppermagtigheid. Dit word grootliks
deur die monnike aangemoedig.
Pous Francis het Mianmar besoek maar nie die regering vir hulle growwe
menseregteskendings gekritiseer nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
5.1 VOORBEELD 2
Israel-Palestina (2)
5.2.1 Die voortslepende konflik het in 1948 met die stigting van Israel begin.
Onversetlike Israeli's en Sioniste het verklaar dat, volgens hulle geskrifte,
Palestina na regte aan die Jode behoort.
Hierdie aanspraak is deur die Palestyne, asook vele Joodse
organisasies verwerp, party Ortodokse Jode ingesluit.
Die land Israel is heilig vir Jode, Christene en Moslems.
Die al Aqsa-moskee in Jerusalem is Islam se derde heiligste terrein.
Jerusalem is ook heilig vir Christene want dit is waar Christus gekruisig
is.
Jode beskou Jerusalem as die ligging van die Tempelberg/Tempel van
Salomo.
Al hierdie terreine het lank voor die skep van die staat Israel bestaan en
is regdeur die geskiedenis deur verskeie stamme beset.
Die Jode en Palestyne veg vir beheer oor die land en hulpbronne.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (16)
5.2.2 Verskeie VN-resolusies wat die besetting veroordeel, is uitgevaardig.
Israel gaan egter voort om die VN-resolusies te minag en bou nog
nedersettings op Palestynse grond.
Amerika het voortdurend enige VN-resolusie oor die veroordeling van
Israel se besetting van Palestynse grond geveto.
Daar is sporadiese aanvalle op beide Palestyne en Jode.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het in 2019 verklaar dat
Amerika Jerusalem as die hoofstad van Israel erken.
Dit het die konflik tussen die Israeli's en Palestyne laat opvlam.
Die meeste van die wêreld aanvaar nie Trump se verklaring nie.
Die VSA het in September 2020 as tussenpersoon in 'n
vredesonderhandeling met sommige Arabiese state (soos Bahrain en die
VAE) en Israel opgetree, waar Israel ingestem het om nie nuwe
nedersettings op Palestynse grond te bou nie.
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 15 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Israel sal dan diplomatieke erkenning by hierdie Arabiese state kry.
Dit ondermyn die boikot van Israel, en verswak die Palestynse saak. Dit
het die geweld verder aangeblaas.
Duisende Palestynse vlugtelinge regdeur die wêreld wag steeds om na
hulle land terug te keer (reg tot terugkeer).
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8)
5.2.3 Die streek bevat Moslems en Christene wat in Palestina woon, en Jode
wat in Israel woon.
Godsdiens speel egter nie 'n groot rol in hierdie konflik nie.
Die konflik gaan oor die onwettige besetting van Palestynse grond
(verskeie VN-resolusies kritiseer die Israeli-besetting).
Israel beheer toegang tot Moslem- en Christelike heilige terreine streng.
Dit lei tot verhoogde godsdienstige spanning.
Godsdiens word deur fanatici gebruik as 'n verskoning vir die konflik.
Daar is geen poging deur enige kant om mense na hulle geloof te bekeer
nie.
Die voortslepende besetting van Palestynse grond deur Jode (Joodse
setlaars) is 'n groot faktor in die konflik.
Die bou van onwettige nedersettings op hierdie grond is ook 'n groot
faktor.
Moslem-gemeenskappe regdeur die wêreld ondersteun die Palestynse
saak.
Selfs die Ortodokse Kerk het al bemiddel, maar tevergeefs.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
(14)
Kopiereg voorbehou . Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 16 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
5.3 VOORBEELD 1: IRAK
Irak is 'n olie-ryke land wat se bevolking uit Koerdiese Moslems in die
noorde, Soenni-Moslems in die middel en Sjia-Moslems in die suide
bestaan.
Die Koerde (PKK) het vir hulle eie tuisland begin veg, beide met Irak en
Turkye.
Polities word die Soenni-Moslems met Saoedi-Arabië vereenselwig.
Die Sjia, weer, word sterk deur Iran beïnvloed.
Terwyl Saddam Hoesein in Irak die mag gehad het, het hy 'n sekulêre
regering gelei wat grootliks politieke stabiliteit en godsdienstige
verdraagsaamheid in die land gehandhaaf het. Hy is egter van
wreedhede teen die Sjia en die Koerde beskuldig.
Die 2003 Amerikaanse inval van Irak het tot die ontseteling van Saddam
Hoesein gelei.
Dit het tot politieke onrus en die aanstel van 'n korrupte regering gelei.
Stam- en godsdienstige verskille het weer kop uitgesteek.
'n Ekstreme Soenni-sekte, genoem ISIL/ISIS, het ontwikkel wat
verskriklike wreedhede teen beide Moslems en nie-Moslems gepleeg het.
Irak is steeds gewikkel in sektariese oorloë en korrupsie.
VOORBEELD 2: NOORD-IERLAND
Noord-Ierland is konstitusioneel deel van die Verenigde Koninkryk.
Die bevolking is grootliks Katoliek, terwyl Brittanje Protestants is.
Die Katolieke van Noord-Ierland veg al dekades vir politieke
onafhanklikheid van die VK en vir eenheid met die Republiek van Ierland.
Protestante in Noord-Ierland staan dit teë.
Dit het in 'n lang, bloedige burgeroorlog tussen die Katolieke (IRL) en die
Protestante, deur die Britse militêre magte ondersteun, ontaard.
Alhoewel vredesverdrae geteken is, ontplof sektariese geweld steeds
elke nou en dan.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Eng

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 MG Afr

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 MG Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 May June 2021 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 May June 2021 Afr hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P1 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2021 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Religion Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English hlayiso.com

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English hlayiso.com

Question paper