Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12202113 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die letter gegee is. VRAAG 1 1.1 1.1.1 D√ (1) 1.1.2 C√ (1) 1.1.3 D√ (1) 1.1.4 A√ (1) 1.1.5 A√ (1) 1.1.6 C√ (1) 1.1.7 B√ (1) 1.1.8 A√ (1) 1.1.9 D√ (1) 1.1.10 B√ (1) 1.2 1.2.1 Soefisme√ (1) 1.2.2 Sionistiese Kerke√ (1) 1.2.3 Konserwatiewe Judaïsme√ (1) 1.2.4 Dalai Lama√ (1) 1.2.5 Politeïsme√ (1) 1.3 1.3.1 Shoghi Effendi √ Die ander is wetenskaplikes. √ (2) 1.3.2 Kosjer √ Die ander is konsepte wat in Hindoeïsme gebruik word.√ (2) 1.3.3 Sondag√ Die ander verwys na die aard van die godheid. √ (2) 1.3.4 Taoïsme√ Die ander het 'n konsep van 'n Opperwese. √ OF (2) Afrika Tradisionele Religie Die ander het almal heilige boeke. 1.3.5 Dhammapada√ Die ander is sleutelkonsepte in Taoïsme.√ (2) LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die letter gegee is. 1.4 1.4.1 C√ (1) 1.4.2 F√ (1) 1.4.3 A√ (1) 1.4.4 D√ (1) 1.4.5 B√ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1 Onwaar√ Sinkretisme is wanneer twee verskillende geloofstelsels gekombineer word om 'n nuwe een te vorm. √ OF Hermeneutika is die wetenskap van die vertolking/interpretasie van tekste.√ (2) 1.5.2 Onwaar √ Hervorming is 'n tydperk van verdeeldheid in die Katolieke Kerk hoofsaaklik in de 16de eeu, wat tot die vorming van verskillende Christen-kerkverbande gelei het. √ OF Transformasie is die verandering van een vlak na die volgende in 'n spesifieke godsdiens.√ (2) 1.5.3 Onwaar√ Jesus Christus het opgestaan nadat hy gesterf het. √ (2) 1.5.4 Onwaar√ 'n Toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme is Nirvana.√ OF Dharma is die weg van Hoër Waarhede, lerings en leerstellings van Boeddhisme. √ (2) 1.5.5 Waar√√ (2) 1.6 1.6.1  Dit is die bevryding van die siel uit die eindelose siklus van reïnkarnasie. √  Dit is die finale doelwit in die Hindoe-geloof.√ (2) 1.6.2  Dit is 'n kruiemedisyne wat deur kruiedokters en waarsêers gebruik word. √  Impepho word gebrand om die voorouers op te roep om saam met die lewendes te wees.√ (2) 1.6.3  Hierdie kerke is 'n kombinasie van Christen- en Afrika-gelowe en -praktyke.√  Hulle is 'n voorbeeld van sinkretisme. √  Voorbeelde is die Nasaret –Baptistekerk.- en Sionistiese kerk. √ (2) 1.6.4  Dit is 'n wetenskaplike poging om die evolusie van die heelal te verstaan. √  Dit is daardie deel van metafisika wat te doen het met die aard en struktuur van die heelal.√ (2) 1.6.5  Dit is 'n positiewe aanvaarding van meer as een godsdiens. √  Dit leer respek en verdraagsaamheid van ander godsdienste. √ (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1  Uniekheid impliseer meer as net verskille tussen godsdienste.  Dit kan na die een belangrikste kenmerk verwys wat een godsdiens van 'n ander een onderskei.  Dit maak dit identifiseerbaar as 'n verskillende godsdiens vir ander. (4) 2.2  Dit help lede om te identifiseer wie behoort en wie nie.  Wanneer 'n persoon met die unieke elemente van 'n godsdiens saamstem, word hy/sy erken as dat hulle aan daardie godsdiens behoort en geen ander een nie.  Dit gee gelowiges redes waarom hulle godsdiens die beste is.  Dit help lede om te verduidelik waarom hulle daardie godsdiens gekies het. (6) 2.3  Godsdienstige identiteit is 'n vorm van selfidentifikasie met die oortuigings en leerstellings/doktrine van die godsdiens.  'n Godsdiens stel grense wat een godsdiens van al die ander onderskei. (2) 2.4 2.4.1 Oosterse Godsdienste  Hulle ontstaan op die Indiese subkontinent.  Hulle glo aan reïnkarnasie (samsara), alhoewel hulle verskillende persepsies daarvan het.  Hulle het die lerings van moksha en karma. (6) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.4.2 Afrika-godsdiens  'n Geloof in 'n opperwese.(Daar mag ander plaaslike gode wees).  Verering van die voorouers.  'n Geloof in die krag van die lewe – magte van die natuur.  'n Geloof in voorouergeeste.  Kommunikasie met die voorouers vind deur die ritueel van diereofferandes plaas. (6)  Die basiese struktuur van Afrika-godsdiens is die clan/stam. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.5  Hulle is monoteïsties.  Hulle deel baie profete – Abraham, Isak, Moses, ens.  Hulle glo aan die bestaan van engele.  Hulle plaas groot klem op godsdienstige lerings.  Hulle beskou hulle heilige geskrifte as goddelik geïnspireerd, en gee dit kanonieke status.  Hulle glo aan die Oordeelsdag.  Hulle glo aan 'n ewige lewe na die dood. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.6 2.6.1  Karma beteken elke aksie/handeling het gevolge.  Positiewe aksies gee goeie resultate terwyl negatiewe aksies slegte resultate gee.Hierdie resultate word oorgedra in die volgende lewe.  Die gevolg/uitvloeisel van die karma-teorie is die wet van (6) reïnkarnasie. 2.6.2  Die inyanga is die tradisionele geneser in ATG ('ATR').  Inyangas behandel mense met kruiemedisyne.  Die inyanga kan ook 'n tussenganger tussen die voorouers en die lewendes wees. (6 2.6.3  Dit is 'n godsdienstige seremonie waardeur 'n persoon 'n van die Christen-gemeenskap gemaak word.  Water word tydens die doop gebruik as 'n teken van reiniging.  Die doop is 'n teken dat 'n nuwe lewe in die Christelike geloof ontvang word.  Dit is die teken van die nuwe verbond tussen Jesus en die kerk. (6) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1  In apartheid-Suid-Afrika was die Christelike godsdiens die staatsgodsdiens, terwyl ander godsdienste gemarginaliseer is.  Suid-Afrika het in 1994 'n demokratiese Konstitusie in 1994 aangeneem wat die beskerming van menseregte waarborg.  Volgens ons menseregtegebaseerde Konstitusie kry alle godsdienste en kulture ewe veel erkenning.  Suid-Afrikaanse wetgewing erken nou gewoonteverbintenisse, tradisionele medisyne, ens.  Dit verbied onregverdige diskriminasie gebaseer op godsdiens teen enigiemand.  Die Menseregtekommissie is bemagtig om gevalle van diskriminasie te ondersoek, godsdienstige diskriminasie ingesluit.  Die Konstitusionele Hof is aangestel om alle wette te toets om seker te maak dit is in ooreenstemming met die Konstitusie geskryf. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 3.2 OOSTERSE KULTUUR  Oosterse kulture glo dat die Universele Verklaring op die Westerse konsep van godsdiens en idees van godsdiensvryheid gebaseer is.  Op kulturele wyse is dit te eng.  Vir Hindoes, byvoorbeeld beteken godsdiensvryheid om nie gedwing te word om slegs een godsdiens te beoefen nie.  Baie mense in die Ooste stem gelyktydig met meer as een godsdiens saam.  Hierdie buigbaarheid word as godsdiensvryheid beskou.  Hulle glo dat dit 'n slegte ding is om die Westerse beskouing van godsdiens af te dwing, want dit kan tot minder godsdiensvryheid in die wêreld lei, nie meer nie.  Godsdiensvryheid beteken ook dat niemand gedwing word om sy/haar godsdiens te verander nie. WESTERSE KULTUUR  Die samelewing sal slegs vreedsaam wees as mense en hulle leiers die beginsel of godsdienstige verdraagsaamheid aanneem.  Verdraagsaamheid beteken om mense toe te laat om te bekeer en verskillende wêreldbeskouings te hê.  Sekulêre wêreldbeskouings word ook erken.  Persone moet vry wees om te glo waarin hulle wil, en om hulle beskouings openlik uit te speek sonder enige kommer dat hulle vervolg sal word.  Europa het in die 16de eeu ernstige godsdienstige konflik ervaar met geen wenner nie. Daarom ondersteun die Weste die idee van godsdienstige verdraagsaamheid en vryheid van keuse.  Met die instroming van hoofsaaklik Moslem-vlugtelinge in Europa is godsdienstige verdraagsaamheid besig om te verander om te beteken dat 'n persoon sy/haar godsdienstige oortuigings privaat moet hou. LET WEL: 'n Maksimum van 6 punte kan vir enigeen van die kulture toegeken word. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 3.3 VOORBEELD 1:  SRI LANKA  In Sri Lanka erken die Konstitusie Boeddhisme as die primêre godsdiens, maar dit onderskryf ook die reg van ander godsdienste om vrylik beoefen te word.  Ekstreme Boeddhiste val soms Christen-eiendom aan en die regering doen nie veel daaromtrent nie.  Die aanvalle is gedeeltelik 'n reaksie op Christen-sendingaktiwiteite.  Boeddhiste beskuldig Christene daarvan dat hulle by geforseerde bekering of bekering deur omkopery betrokke is.  Terwyl die regering voortgaan om godsdiensvryheid te ondersteun, word wetsontwerpe in die parlement voorgelê wat bekeringsaktiwiteite sal verban.  Alhoewel daar 'n paar inhegtenisnemings was, word die meeste aanvalle nie gestraf nie. VOORBEELD 2:  MYANMAR (BURMA)  Die Rohingya is 'n Moslem-minderheid en etniese groep wat al vir meer as 500 jaar in Myanmar woon.  Sektariese geweld het honderde Rohingya-mans en -vroue gedood en het meer as 140 000 haweloos gelaat soos wat hele woonbuurte tot op die grond vernietig is.  Volgens die Menseregte-waghond is beplande etniesesuiweringsveldtogte uitgevoer.  Aangesien die skuldiges plaaslike politieke en godsdienstige krygshere was, het die regering verkies om hierdie misdade teen die mensdom te ignoreer.  Die regering van Myanmar het sy weermag asook die Boeddhistiese ekstremiste verdedig.  Hulle beweer dat hulle aksies teen die etniese minderhede in die beste belang van die Birmese nasie is.  Ten spyte van internasionale kritiek en wette teen godsdienstige haatspraak het die regering van Myanmar hulle blind gehou vir die nood van die Rohingya.  Die amptelike woord vir die Rohingya-gemeenskap is 'Bengali', wat sinspeel op die (onwaar) oortuiging dat Rohingya nie etnies Birmees is nie en dus verdien om te sterf. (8) 3.4 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS  Jy mag nie doodmaak nie.  Dit verwys na die heiligheid van die menselewe/reg om te lewe.  Moord word as 'n doodsonde beskou.  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Markus 12:31)  Hierdie lering moedig Christene aan om te verseker dat hulle basiese behoeftes, soos kos, skuiling en water, te deel.  Jy moet jou naaste soos jouself liefhê.  Dit beteken ons kan deur liefde ander godsdienste soos ons eie aanvaar.  Organisasies soos die Heilsleër verskaf sopkombuise vir armes wat dus aan die behoeftes van armes voldoen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG) (ATR)  'n Sentrale tema in ATG is ubuntu.  Ubuntu beteken om ander se behoeftes voor jou eie plaas.  Dit impliseer dat almal in die gemeenskap met liefde en respek hanteer moet word.  Die Ilima-praktyk (gratis arbeid) maak seker dat daar aan almal in die gemeenskap se basiese behoeftes voldoen word.  Ilima gee waardigheid aan alle mense in die gemeenskap. VOORBEELD 3: HINDOEÏSME  Alle Hindoes glo aan godsdiensvryheid: hulle glo almal het die reg om enige godsdiens wat hulle wil, te beoefen, of nie.  Hindoeïsme verkondig dat alle godsdienste weë na goddelikheid is, en dat almal geldig is.  Hindoes voel dat daar algehele godsdiensvryheid moet wees om mense aan te moedig om die waarheid te vind.  Hulle probeer om oor die algemeen nie ander godsdienste na Hindoeïsme te bekeer nie, alhoewel dit onlangs verander het.  Sommige glo dat hulle lede van ander godsdienste moet aanmoedig om Hindoes te word. Hulle moet egter deur 'ahimsa' gelei word, wat beteken om nooit skade te doen nie. LET WEL:  Ander relevante antwoorde moet krediet kry.  Die leerder mag krediet kry vir die lering sowel as die uitbreiding daarvan.  Waar die relevante leringe gelys word,maar nie bespreek word nie, ‘n maksimum van ses punte mag toegeken word.  As slegs een lering genoem en bespreek word, ‘n maksimum van ses (10) punte mag toegeken word. 3.5 VOORDELE  Daar is geen verpligting in aanbidding nie.  'n Persoon is vry om met ander godsdienste te eksperimenteer.  'n Persoon kan afstand doen van sy/haar godsdiens as dit nie meer sy/haar geestelike behoeftes bevredig nie.  'n Persoon kan deur interaksie met verskillende godsdienste beïnvloed of daardeur beïnvloed word.  'n Godsdiens sal slegs ware, toegewyde volgelinge hê, en nie skynheiliges wat nie hulle lerings glo nie.  Godsdienste kan meer verdraagsaam raak en aanvaar dat hulle party volgelinge sal verloor en ook ander sal wen.  Mense kan meer as een godsdiens aanneem. NADELE  Deur godsdienste te wissel, kan 'n persoon verward raak.  Dit kan lei tot vyandigheid van volgelinge van jou vorige godsdiens.  Dit kan lei tot intergodsdienstige konflik tussen die godsdiens wat volgelinge verloor en die een wat volgelinge wen.  Waar 'n persoon openlik sy/haar voorneme laat blyk om van godsdiens te verander, kan dit tot verhoogde dwang lei.  'n Godsdiens kan hulle identiteit verloor as gevolg van te veel diversiteit. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne LET WEL: 'n Maksimum van 8 punte kan vir óf 'voordele' óf 'nadele' toegeken word. Ander relevante leringe moet krediet kry. [50] VRAAG 4 4.1 4.1.1  Daar is 'n element van benadelende behandeling aangesien die twee belangrikste Christen-vakansiedae as betaalde openbare vakansiedae verklaar is, terwyl vakansiedae van ander godsdienste nie is nie.  Heilige dae van ander godsdienste word nie as openbare vakansiedae gevier nie. (4) 4.1.2  Die Christen-bevolking is meer as 80% van die Suid-Afrikaanse bevolking. Dis volgens die beginsels van demokrasie.  Hierdie twee belangrike vakansiedae word wêreldwyd erken en dra tot die ekonomie van die land by.  Artikel 2(2) van die Wet op Openbare Vakansiedae stipuleer dat 'enige openbare vakansiedag uitgeruil moet kan word' vir enige ander dag. Werknemers van ander godsdienste moet betaalde verlof vir hulle vakansiedae eis. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 4.1.3  Meer werksdae sal verloor word wat 'n negatiewe impak op die ekonomie hê.  Die Christen-meerderheid (80%) sal nie die heilige dae van ander godsdienste vier nie. Hierdie dae sal deur 'n klein aantal mense gevier word. (4) 4.1.4  Dit beteken dat dit moeilik is om te glo dat hierdie vakansiedae godsdienstige verdeeldheid veroorsaak./ Die vakansiedae veroorsaak nie godsdienstige verdeeldheid nie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (2) 4.2 4.2.1  Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te gee.  Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is oppervlakkig.  Verslaggewers benader meesal godsdienstige kwessies vanuit 'n sekulêre en politieke perspektief.  Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat kontroversieel is, publiseer.  Teenoor ortodokse gelowe is die toon meesal vyandig, maar teenoor die minderheidsgodsdienste is dit goedgesind.  Die persone met wie daar gereeld onderhoude gevoer word, is diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.  Verslaggewers kan bevooroordeeld wees en kant kies. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 4.2.2 VOORBEELDE:  Verslaggewers doen slegs verslag oor Katolisisme indien daar 'n vermoede van seksuele mishandeling bestaan.  Hulle doen nooit verslag oor teologiese of geestelike sake nie.  Spotprente van Profeet Mohammed is gepubliseer al het Moslem- gemeenskappe die media ingelig dat Islam geen afbeeldings van die Profeet toelaat nie.  Meer koerante het die spotprente gepubliseer ten spyte van wydverspreide verset.  Minderheidsgodsdienste: Die Bahá'i-geloof word meer positiewe en ongelyke dekking gegee.  Ekstremisme bestaan in alle godsdienste en selfs in sekulêre gemeenskappe.  Godsdienstige ekstremisme word egter nie in alle godsdienste ewe veel gedek nie.  Ekstremisme in Islam kry die meeste dekking maar die ekstremiste in Boeddhisme (Myanmar) of Hindoeïsme kry min of geen aandag nie. (4) 4.3  Drukgroepe, beide in die burgerlike samelewing en die regering, maak seker dat media-artikels spesifieke belange ondersteun.  Joernaliste se berigte kan eenvoudig hulle eie vooroordele weerspieël.  Joernaliste het dikwels nie spesialiskennis van godsdienste nie en daarom word inligting verkeerd vertolk.  Nie elke gebeurtenis of storie het dieselfde nuuswaarde nie. Artikels wat berig dat 'n Middernagmis soos beplan gegaan het, het mis nuuswaarde.  Die media gedy op sensasie.  Daar word gedink dat negatiwiteit goed verkoop, en so ook misdaad. daar is dus 'n dryfveer vir professionele persone in die media om berigte rondom hierdie temas te organiseer of 'uit te dink'. (8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 4.4  Wanneer ons mense vooraf beoordeel op grond van godsdienstige oortuigings, kan ons op maniere optree wat individue of groepe mense negatief kan beïnvloed.  Ons dink dikwels nie eers aan die stereotipes of vooroordele wat ons het nie. Dit kan mense onbedoeld seermaak of benadeel.  Ons dink dalk dat ons eenvoudig optree op maniere wat die werklikheid wat ons om ons sien, weerspieël, maar in werklikheid diskrimineer ons en versterk ons ongelykheid.  Selfs as 'n stereotipe veronderstel is om positief te wees, lei die feit dat nie almal in daardie groep aan die standaard voldoen nie, tot 'n 'positiewe' stereotipe wat spesifieke individue benadeel. (Bv. Wes-Afrikane is ryk.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 4.5  Verbeter joernaliste se professionele vaardighede en kulturele sensitiwiteit om stereotipes te vermy.  Verhoog mediadiversiteit deur leierskap in die mediabedryf in te skerp en om antigodsdienstige drukgroepe te vermy.  Ondersteun opvoedkundige en godsdienstige media wat 'n globale en gebalanseerde perspektief aanbied.  Sosiale media kan groter vryheid van spraak toelaat.  Dit kan gebruik word om godsdienstige stereotipering uit te daag. (10) [50] VRAAG 5 5.1 Dit beteken hy beskou homself as 'n Christen-hervormer. (2) 5.2  Godsdiens speel 'n belangrike/aansienlik/betekenisvolle rol in hierdie konflik.  Die Lord's Resistance Army (LRA) is 'n ekstremistiese Christen-terroriste- groep waarvan die leier Joseph Kony is.  He wil die Tien Gebooie afdwing.  Dit kom daarop neer dat dit 'n staatsgodsdiens sal wees.  Sommige ontleders sê egter dat die LRA niks anders as 'n persoonlike kultus is nie.  Die Lord's Resistance Army val burgerlikes aan en ontvoer kinders om in hulle weermag te dien, daardeur verbreek hulle die Tien Gebooie.  Hulle wil hulle eie staat vestig wat gebaseer is op hulle eie interpretasie van Christen-oortuiginge.  Sy doel is om die Acholi-stamkultuur dominant te maak.  Aangesien die groep skuldig is aan erge menseregteskendings is die Internasionale Misdaadhof ('ICC') besig met 'n ondersoek.  Terwyl godsdiens 'n hoofrol in die konflik speel, is daar ook ander bydraende faktore.  Byvoorbeeld, sy politieke en stam agendas toon dat hy godsdiens gebruik om sy doel te bereik. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 12 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.3  Godsdienstige organisasies moet begrip, respek en verdraagsaamheid van alle godsdienste verkondig.  Godsdienstige organisasies moet fokus op algemene waardes en doelstellings en godsdienstige verskille aanvaar.  Daar moet multigodsdienstige gebede wees om godsdienstige onverdraagsaamheid teiken.  Die leiers van verskillende godsdienste moet eenheid onder hulleself versterk, ongeag godsdienstige oortuigings.  Kinders en die jeug moet geleer word om godsdienstige onverdraagsaamheid of diskriminasie uit te roei.  Daar moet vergaderings van godsdienstige leiers saam met die regeringsverteenwoordigers wees om saam teen godsdienstige onverdraagsaamheid te verenig.  Godsdienstige organisasies moet met alle afdelings van die gemeenskap saamwerk om eenheid in diversiteit te bevorder. (10) 5.4 5.4.1  Dit is 'n konflik tussen vertakkinge van dieselfde godsdiens.  Voorbeeld: Konflik tussen Rooms Katolieke en Protestante in Noord-Ierland. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 5.4.2  Dit is 'n konflik tussen twee verskillende godsdienste.  Voorbeeld: Konflik tussen Boeddhiste en Rohingya-Moslems in Myanmar (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 5.5 5.5.1 Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) ('SACC') (2) 5.5.2 Die Suid-Afrikaanse Hindu Maha Sabha (2) 5.5.3 United Ulema Council of SA (UUCSA)/The Islamic Council of SA (2) Muslim Judicial Council 5.5.4 Die Jewish Board of Deputies (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 13 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.6 JA  Die Christelike godsdiens en Islam het hulle ledetal in Afrika-lande uitgebrei.  Beide die Christelike godsdiens en Islam is sendinggodsdienste.  Die hooftaak van die sendinggodsdienste is om mense na hulle onderskeie godsdienste te bekeer.  Die hoofoorsaak van konflik is dat potensiële bekeerlinge minder geword het.  Die situasie het versadigingspunt bereik.  Daarby word godsdiens dikwels as 'n politieke instrument in Afrika gebruik.  Vreemde godsdienste diskrimineer teen mense wat in Afrika Tradisionele Godsdiens glo.  Die meeste regerings in Afrika-lande is nie sekulêr nie. NEE  Konflikte in Afrika is hoofsaaklik polities en/of stamverwant, bv. Uganda en Darfoer  Korrupte politieke leiers wat klou aan mag veroorsaak die meeste van die konflikte.  Hulle gebruik godsdiens om ondersteuning te verkry.  Onregverdige verspreiding van hulpbronne is ook 'n belangrike oorsaak van konflik in Afrika, bv. Niger. (10)  Die hoë koers van korrupsie in Afrika-state lei tot politieke konflikte. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all