Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 326.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society2 marks
- Question 1.2Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.3Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.4Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.5Common Features of Religion10 marks
- Question 2.1The Variety of Religions10 marks
Show all 19 questions
- Question 2.2The Variety of Religions12 marks
- Question 2.3Common Features of Religion8 marks
- Question 2.4The Variety of Religions40 marks
- Question 3.1Research Into and Across Religions24 marks
- Question 3.2Research Into and Across Religions26 marks
- Question 4.1Common Features of Religion
- Question 4.2Common Features of Religion16 marks
- Question 4.3Common Features of Religion22 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.2The Variety of Religions4 marks
- Question 5.3The Variety of Religions14 marks
- Question 5.4The Variety of Religions10 marks
- Question 5.5The Variety of Religions12 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 Dit is geweld wat voortspruit uit ongelyke geslagsrolle en
magsverhoudings.Dit is gewortel in geslagsongelykheid, magmisbruik en
skadelike norme
Die oorweldigende meerderheid slagoffers is vroue as gevolg van hulle
sogenaamde ondergeskikte status in die samelewing.
In sommige gevalle word mans ook slagoffers van GGG.
Dit sluit enige handeling of dreigement deur mans in wat fisiese,
sielkundige of seksuele skade veroorsaak.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (2)
1.2 Sielkundige of emosionele mishandeling: teistering, dreig om die kinders
van haar weg te vat, haar van haar familie isoleer.
Verbale mishandeling: haar name noem, haar in die teenwoordigheid van
ander mense te verneder.
Seksuele mishandeling: om die slagoffer te dwing om 'n seksuele daad
uit te voer wat hy/sy nie wil nie.
Geestelike mishandeling: om die slagoffer se geestelike oortuigings te
verkleineer, hom/haar nie toe te laat om die plek van aanbidding te
besoek wat hy/sy verkies nie.
Kubermishandeling: die slagoffer word dikwels verneder of afgepers deur
die oortreder
Finansiële mishandeling: die slagoffer toegang tot die gesin se finansies
te beperk of toegang onredelik te beperk.
LET WEL: In al die bogenoemde voorbeelde is die slagoffer en die
oortreder van verskillende geslagte. (12)
1.3 Die volgende is van die hoofoorsake van GGG:
Godsdienstige en kulturele norme:
Wanneer mans beheer oor vroue se gedrag verkry.
Assosiasie met portuurgroep wat geweld voorstaan/goedpraat.
Die oortreder sien geslagsgebaseerde geweld as ‘n manier om konflik op
te los.
Huweliksgeweld te aanskou en om as 'n kind mishandel te word.
Aanvaarding van geweld as 'n manier om konflik op te los.
Armoede, lae sosio-ekonomiese status, gebrek aan
opleiding/onderwys en werkloosheid.
Die slagoffer sal aan lae selfbeeld ly, en nie in ‘n posisie wees om
sy/haar regte uit te oefen nie
Patriaargale samelewing:
Manlike beheer van rykdom en besluitneming in die gesin / Rigiede
geslagsrolle met gepaardgaande manlike dominansie.
Middelmisbruik, soos dwelms en alkohol.
Vermindering in selfbeheervlakke, wat gesinsgeweld vermeerder.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
Merk slegs die eerste drie antwoorde (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.4 Impak op die gesondheid van vroue: fisiese en sielkundige
gesondheidsprobleme, bv. gestremdheid, angs, vrees, selfmoord
Ekonomiese en maatskaplike impak: verwerping en maatskaplike stigma,
verminderde vermoë om aan maatskaplike en ekonomiese aktiwiteite
deel te neem.
Die impak op vroue se gesinne en afhanklikes: egskeiding, gebroke
gesinne en familie se ekonomiese en emosionele ontwikkeling word in
gevaar gestel.
Die impak op die skuldiges, staan voor inhegtenisneming en
gevangenskap, verhoogde spanning in die huis.
Die impak van GGG op die groter samelewing: las op die gesondheids-
en regstelsels.
GGG veroorsaak ook boendoe-geregtigheid lei, waar die oortreder aan
die slagoffer se familie/gemeenskap bekend is.
Terwyl die oorgrote meerderheid van GGG slagoffers vroue is, word daar
herken dat mans ook slagoffers van GGG kan word. (12)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
Merk slegs die eerste drie antwoorde.
1.5 VOORBEELD 1: ISLAM
Volgens Islam het vroue wetlik die reg om sake te doen en om eiendom
te erf.
Die vrou se eiendom behoort uitsluitlik aan die vrou. Die man mag dit nie
sonder haar toestemming gebruik nie.
Die Koran beskryf mans en vroue as 'kledingstukke' wat mekaar:
beskerm, verfraai (mooi maak) en mekaar vertroos en bemoedig.
Islam het die praktyk verban waar families vroue erf wanneer die man
sterf.
Volgens Islam is vroue nie veronderstel om te behandel te word asof
hulle nie gelyke status binne die huwelik en in die samelewing het nie.
Die Koran doen 'n beroep op mans om nie vroue met egskeiding te dreig
nie.
Mans is die onderhouers/beskermers van vroue (Koran 4.34).
VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
Die verering van vroulikheid wat in hulle geloof vertoon word, onthul 'n
inherente respek vir vroue en dus 'n afkeuring van GGG.
Hindoes glo dat die moeder die belangrikste en waarlik goddelik is.
Hulle aanbid God as Moeder, elke vrou word dus beskou as die
manifestasie van die Goddelike Moeder.
Vroue moet tydens elke lewenstadium beskerming kry.
Reinheid, selfbeheersing en toewyding is waardes wat aan mense en
vroue toegeskryf word.
In die woorde van Swami Vivekananda: 'Dit is nie moontlik vir die voël om
met net een vlerk te vlieg nie.'
Die stelling dien as voorbeeld van die geloof dat man en vrou twee vlerke
van dieselfde voël is en dus is 'n man onvolledig sonder 'n vrou.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: ISLAM
Volgens die Koran het Allah die heelal in ses fases geskep.
Allah voorsien die energie en alles wat die heelal nodig het vir
oorlewing.
Volgens Islam is die bestaan van die heelal nie toevallig nie.
Die lewe is nie doelloos nie, dis beplan met 'n bepaalde doel.
Elke verskeidenheid plant- en dierspesies in die wêreld speel
'n belangrike rol in die ekostelsel.
Nuwe vorme van lewe word voortdurend geskep en
funksioneer volgens vasgestelde goddelike wette.
Die heelal is nie ewigdurend nie, dit het 'n vasgestelde
tydsduur.
VOORBEELD 2: BOEDDHISME
Boeddhiste glo dat die wêreld nie op enige tydstip geskep is
nie.
Die wêreld word miljoene keer elke sekonde geskep en sal
vanself voortgaan om dit te doen.
Die wêreld sal vanself wegbreek.
Volgens Boeddhisme verskyn en verdwyn die wêreldstelsel
altyd in die heelal.
Die heelal waarin ons woon, bestaan al vir 'n enorme lang
tydperk en moontlike vir 'n eindelose tydperk.
Die verduideliking van die ontstaan van die wêreld is nie 'n
kwelling in Boeddhisme nie.
In die oë van Boeddha is die wêreld niks behalwe Samsara nie
– die siklus van herhaalde geboorte en sterfte.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
2.2 Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
Dit vorm die basis van heilige tekste.
Dit is die ware oorsprong van alle gelowe.
Dit bevestig die kanonitiese leringe van alle gelowe.
Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese wat 'n
uitverkose wese oorneem.
Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of wysheid
geïnspireer.
Sulke mense voel dat hulle 'n openbaring vanaf 'n buitengewone wese
ontvang het.
In die Afrika Tradisionele Godsdiens ontvang die mediums of waarsêers
(isangomas) terwyl hulle in 'n beswyming is.
Inspirasie is 'n kragtige motivering vir die volgelinge van 'n godsdiens.
Daar is verskeie tipes inspirasie, naamlik:
o Goddelike inspirasie wat direk en onmiddellik is en deur die stigters
van godsdienste geïnspireer is.
o Kontemporêre inspirasie wat deurlopend is en dien om aanbidders met
hulle Skepper te verenig.
o Mediums en waarsêers in die ATG kommunikeer met die geestelike
ryk deur inspirasie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.3 Grammatika en historiese konteks
Dit beteken die geskrifte moet verstaan word binne die konteks van die
tyd en omstandighede waarin die teks geskryf is.
Duidelikste betekenis
Die betekenis wat die duidelikste vir die leser is, moet oorweeg word.
Betekenis van woorde
Die betekenis van woorde verander dikwels met tyd en konteks.
Plan, doel en konteks
Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem
word.
Figuurlike taal
Figuurlike taal wat in heilige tekste gebruik word, moet nie letterlik
vertolk/geïnterpreteer word nie.
Ander heilige tekste
Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde
onderwerp te interpreteer aangesien daar konsekwentheid tussen die
lerings van 'n godsdiens en die heilige tekste daarvan is.
LET WEL: Gee krediet aan enige TWEE van die bogenoemde. (8)
2.4 2.4.1 ROOMS KATOLIEKE PROTESTANT
Die Rooms-Katolieke Kerk Hulle glo dat geloof die
beskou hulleself as die sleutel tot verlossing is.
oorspronklike kerk van Verlossing is die geskenk
Christus. wat vrylik deur die werk van
Die Heilige Gees kom van Jesus Christus, wat vir
God die Vader en die Seun. sondaars gesterf het, gegee
word.
OOSTERS ORTODOKS
Hulle glo dat hulle die
regverdig geleide kerk is.
Die Heilige Gees kom slegs
van God, die Vader, en nie
die Seun nie.
Die Oosters-Ortodokse
Kerk voeg nie die Seun by
nie want hulle glo dat dit die
Vader en die Seun
superieur bo die Heilige
Gees maak.
(12)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
LET WEL: VIER punte word toegeken vir die noem van TWEE
vertakkings en AGT punte vir verskille. Indien slegs een
vertakking bespreek word, mag ‘n maksimum van SES punte
toegeken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.4.2 ROOMS KATOLIEKE PROTESTANT
Die hoof van Katolisisme is Die kerke word bestuur deur
die Pous. ingewyde predikante en
Die magsentrum is in Rome biskoppe of verkose
(Vatikaan). ouderlinge.
Die kerk word bestuur op Oorhoofse bestuur is deur 'n
gemeentevlak deur priesters, hoër gesag soos 'n sinode of
dekanies deur dekens, algemene vergadering, onder
bisdomme deur biskoppe en voorsitterskap van die biskop.
aartsbisdomme deur Sommige Protestante Kerke is
aartsbiskoppe. onafhanklik en is nie
verantwoordelik aan 'n hoër
gesag as die gemeente nie.
BESTUUR IN ORTODOKS-
CHRISTELIKE GODSDIENS
Die verskil tussen die
Katolieke en Ortodokse Kerke
is dat die laasgenoemde nie
die leierskap van die Pous
aanvaar nie.
Gesag binne die kerk is in die
hande biskoppe en
aartsbiskoppe.
Hulle word bestuur deur
ingewyde predikante,
priesters, biskoppe en
aartsbiskoppe.
Hulle ingewyde geestelikes
mag trou: hulle hoef nie
selibaat te wees nie. (8)
2.4.1 VOORBEELD 2: BOEDDHISME
THERAVADA-BOEDDHISME MAHAYANA-BOEDDHISME
'Anatman' beteken dat die Die volgelinge van Mahayana
ego/self voorkom dat ons streef daarna om Bodhisattva
verlig word en Nirvana bereik. te word, (iemand wat tot die
Theravada-Boeddhisme leer diens van die verligting van
ons dat verligting deur 'n ander is).
individuele poging en nie deur Hulle glo aan kollektiewe
ingryping van ander of deur verligting.
die gode plaasvind nie. (12)
2.4.2 THERAVADA-BOEDDHISME MAHAYANA-BOEDDHISME
Theravada-Boeddhisme is een Elke groep van die Mahayana-
kompakte vertakking met min Boeddhisme word deur 'n
of geen afwyking in senior monnik bestuur.
verskillende dele van die Die senior monnik word
wêreld nie. bygestaan deur die raad van
Die klooster het groter senior monnike en soms
betekenis in Theravada- senior nonne.
Boeddhisme as ander
vertakkings. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1.1 Die wetenskaplike teorie van die skepping van die heelal word die
Oerknalteorie genoem.
Wat voor die Oerknalteorie bestaan het, is nie bekend nie.
Daar was 'n groot ontploffing in die ruimte en binne sekondes het die
heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
Dit het alles omtrent 13.7/ 15 miljard jaar gelede gebeur.
Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het tot
uiteenlopende digthede deur die hele heelal gelei.
Dit het uiteindelik in trosse materie en energie gevorm.
Dit het eindelose versamelings sterre gevorm, wat ons sterrestelsels
noem.
Sommige sterrestelsels het in 'n kombinasie van sterre en planete
gekondenseer wat sonnestelsels genoem word. (12)
Ons aarde behoort aan een van die sonnedtelsels.
3.1.2 VOORBEELD 1: TAOÏSME
In Taoïsme het die wêreld en alles daarin outomaties as deel van die
aktiwiteit van die Tao ot stand gekom.
Dit is nie beplan nie, maar dit is nie onbeplan nie.
Die Tao het nie beplan dat die wêreld bestaan nie, maar ook nie dat die
wêreld nie bestaan nie.
Die wêreld het eenvoudig te voorskyn gekom as 'n klein spikkeltjie in die
enorme 'kom' van skepping soos die Tao op sy weg voortgegaan het.
Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van skepping en
vernietiging.
Die Taoïstiese beskouing van die heelal is grotendeels op hulle
waarneming van die natuurlike en mense-wêreld gebaseer.
VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
Vir Hindoes is die heelal self die Skepper.
Die Skepper bestaan in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand.
Die passiewe toestand is 'n toestand van rus, wanneer niks gebeur nie.
Na 'n baie lang tydperk raak die Skepper weer aktief.
Dit is wanneer deel van die heelal anders as ander dele word en
skepping begin.
Hindoes vertoon dikwels skepping as 'n dans.
Die veranderende heelal is die dans van die Skepper. (12)
3.2 3.2.1 BOEDDHISME
Boeddhisme het nie enige skeppingsverhaal nie.
Boeddhiste gee daarom nie om wat wetenskaplikes sê oor hoe
die heelal en mense ontstaan het nie.
Boeddhisme glo ook dat alle lewe voortdurende transformasie
en evolusie behels.
Hulle het aan evolusie geglo lank voor Westerse
wetenskaplikes het.
Hulle glo aan die kontinuïteit van alle lewende wesens.
Dit verduidelik waarom Boeddhisme nie 'n probleem met die
idee dat menslike wesens uit meer primitiewe, primaat-vorms
ontwikkel het nie.
Dit stem ooreen met ander Oosterse gelowe. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.2.2 CHRISTELIKE GODSDIENS
Konserwatiewe Christene interpreteer die Bybel nogal letterlik.
Hulle verwerp die idee dat mense dalk uit aapagtige vorme
geëvolueer het.
Hulle glo dat God vir Adam en Eva as die eerste mense op
aarde geskep het.
Hulle glo verder dat die mens volgens God se beeld geskep is.
Darwin se teorie word dus gesien as ‘n teenstelling tot die
Bybelse weergawe van die Skepping
Sommige Christene glo dat die Bybel simbolies, en nie letterlik
nie, geïnterpreteer moet word. (10)
Hierdie mense glo dat daar geen konflik tussen wetenskap en
godsdiens bestaan nie.
Die Christelike respons is dieselfde soos die van die ander
twee Abrahamitiese gelowe: die konserwatiewes verwerp
Darwin se teorie, terwyl die liberales meer buigsaam is oor die
interpretasie van heilige geskrifte
3.2.3 HINDOEÏSME
Hindoes het geen probleem met evolusie nie omdat hulle glo
dat die heelal op evolusie gebaseer is.
Hindoes glo dat hulle 'n meer gevorderde teorie van evolusie
as die wetenskaplike teorie het.
Hindoeïsme verskaf 'n meer omvattende beskouing van
evolusie, omdat dit nie beperk is tot die fisiese nie maar ook
geestelike evolusie insluit.
Hindoes glo dat jy oor beide jou geestelike en fisiese evolusie
beheer het.
Volgens Hindoeïsme, as jy 'n goeie lewe lei, sal jy geleidelik
evolueer (ontwikkel) deur baie wedergeboortes totdat jy
geestelik gevorderd is.
Retrogressie van die siel is ook moontlik.
Terwyl Hindoeisme nie ‘n probleem met Darwin se teorie het
nie, is die hooffokus op geesterlike evolusie/retrogressie
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 VOORBEELD 1:
AGNOSTISISME
Agnostisisme kom van die Grieks 'a' wat 'sonder' beteken en 'gnosis' wat
'kennis' beteken.
Dit verwys na die onsekerheid oor kennis van God.
Die term is in 1869 die eerste keer deur 'n filosoof, genoem TH Huxley,
gebruik.
Darwin se teorie van menslike evolusie het die idee van 'n oppermagtige
Skepper uitgedaag en 'n alternatiewe wêreldbeskouing vir agnostikusse
verskaf.
Agnostikusse glo dat dit onmoontlik is om te bewys dat God of 'n
bonatuurlike wese bestaan, of nie.
Agnostikusse is skepties oor godsdienstige lerings.
Hulle verwerp godsdienstige doktrine (leerstellings); veral godsdiens wat
beweer dat hulle kennis van die goddelike het.
VOORBEELD 2:
ATEÏSME
Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike wesens bestaan.
daar is verskillende grade van ateïsme.
Sagte of neutrale ateïste verwerp nie aktief die bestaan van 'n
bonatuurlike wese nie.
Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
beskouings te ondersteun.
In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings afhang van bewyse
om hulle bewerings te staaf.
Ateïste wend hulleself dikwels na die wetenskap om die aard van die
heelal te verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak. (12)
4.2 VOORDELE
'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die skeiding van godsdiens en staat.
Ontwikkeling van demokratiese regering.
Sekulêre wette word die hoogste wette in die wêreld.
Die meeste godsdienstige mense het by die sekulêre beskouing
aangepas deur die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
Dit bevorder vryheid van gewete en geloof (oortuiging).
Dit verskaf 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.
Die samelewing het die vryheid om die gesaghebbendheid van
godsdienstige lerings te bevraagteken.
Sekulêre beskouings het tot die ontwikkeling van die wetenskap en
tegnologie in die samelewing gelei.
Dit bevorder vryheid van spraak waar die samelewing oor sommige van
die tradisionele gelowe (oortuigings) kan debatteer en dit bevraagteken.
Sekulêre beskouings het tot die ontwikkeling van die Universele
Verklaring van Menseregte gelei.
Dit voorkom die dominansie van een godsdiens oor ander.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
NADELE
Dit ondermyn die rol van godsdiens.
Dit verskaf 'n alternatiewe stel norme en waardes.
Die teenstrydige waardes skep verwarring in die samelewing.
Instellings soos die huwelik en gesinslewe word as minder belangrik
beskou want dit is tradisioneel op godsdienstige lerings gebaseer.
LET WEL: 'n Maksimum van TWAALF punte kan toegeken word as slegs
'voordele' of slegs 'nadele' bespreek is.
Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (16)
4.3.1 VOORBEELD 1: TAOÏSME
Taoïste het 'n gesofistikeerde idee van die aard, of wat ons
dalk 'goddelikheid' noem.
Taoïsme verkondig dat dit onmoontlik is om goddelikheid
volkome te beskryf.
'Tao' beteken 'pad/weg'. Dit het eers pad/weg, soos 'n
'pad/weg in 'n veld' beteken. Toe het dit verander om die
'pad/weg waarlangs die sterre reis', te beteken. Uiteindelik het
dit geword die 'pad/weg van die heelal'.
Die godheid is groot en skepping gebeur binne-in dit.
Alle dinge kom van wees, en wees kom van nie-wees.
Taoïsme verklaar dat nie-wees die toppunt of die beginpunt
van alles is – dit is groter, in 'n sekere sin, as wees.
Die goddelike is enorm en ruim. Skepping gebeur binne-in en
giet/loop daaruit.
Alles bestaan uit twee magte: jin en jang.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
Christene glo in die bestaan van opper- en goddelike wese wat
as God bekend staan.
God is ewigdurend wat beteken dat God nie 'n begin of einde
het nie.
God self is nie geskep nie want Hy is die bron van alle lewe.
God manifesteer as drie persone. Hierdie doktrine (leerstelling)
word die "heilige Drie-eenheid' genoem.
God die vader is die skepper en beheerder van alles in die
heelal.
God die Seun is die Bevryder/Verlosser van die mensdom.
God die Heilige Gees is die raadgewer van Christene en
verdedig/bepleit hulle saak.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4.3.2 VOORBEELD 1: TAOÏSME
Die Taoïstiese standpunt oor die dood is dat ons die lewe
moet waardeer om die dood te aanvaar.
Wanneer ons besef dat dit die sikliese prosesse is wat die
lewe wonderlik maak, word dit makliker om die lewe te
aanvaar.
In hierdie godsdiens is die doodeenvoudig 'n proses van
transformasie waar jy van een vorm in 'n volgende oorgaan.
Dit beteken dat jy van die begin af deel was van die heelal en
sal voortgaan om 'n vreugde en 'n hartseer te wees.
In die Taoïstiese beskouing moet jy nie vir die doodbang wees
nie, jy moet die spot dryf daarmee.
In hierdie godsdiens het jy nie die lewe na die dood in een of
ander hemel of die soort lewe na die dood wat in Hindoeïsme
gevind word, nodig nie.
Jy word net getransformeer en eindig iewers anders op.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
Volgens die Christelike godsdiens hou die lewe nie met die
dood op nie, dit gaan voort na die graf.
Diegene wat sterf, gaan 'n nuwe fase, genoem die paradys,
binne.
Sondaars gaan hel toe waar hulle gestraf word.
Op die Laaste dag sal die gewone wêreld nie meer bestaan
nie, God sal heers.
Slegs diegene wat volgens die wil van God gelewe het, sal die
ewige lewe beleef.
Die dood is nie die einde van die lewe nie maar 'n fase op die
reis van die mensdom.
Opstanding gee betekenis aan die lewe. Daar is 'n
Opstandingsdag waartydens die goeie en bose volgens hulle
handelinge in hierdie wêreld vergoed sal word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
(12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 12 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 Suid-Afrika het 'n nuwe konstitusie aangeneem wat die Handves van
Regte bevat.
Die Handves van Regte verklaar dat almal die reg op vryheid van
godsdiens, geloof/oortuiging en mening/opinie het.
Almal word deur die Konstitusie beskerm om sy/haar eie
geloof/oortuigings te beoefen.
Artikel 9, die gelykheidsklousule, verbied onregverdige diskriminasie op
verskeie gronde, godsdiens ingesluit.
Die Menseregtekommissie ondersoek gevalle van onregverdige
diskriminasie, godsdiensdiskriminasie ingesluit.
Die skoolkurrikulum skerp ook begrip en verdraagsaamheid van alle
godsdienste in.
Dit word gedoen deur vakke soos Lewensoriëntering en Religiestudies.
Die nasionale uitsaaier, die SABC, verskaf godsdienstige dekking van
alle godsdienste.
Tydens die opening van die Parlement verbind verskeie godsdienstige
leiers hulle aan die Grote Godheid.
Vierings van openbare vakansiedae word deur godsdienstige leiers van
verskillende gelowe hanteer. (10)
5.2 Die Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika fokus op
Christen-Moslem-verhoudinge.
Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Suid-Afrika fokus op die saambring
van alle godsdienstige leiers en hulle gemeenskappe in 'n
gemeenskaplike verbintenis tot vrede. (4)
5.3 Die saambring van godsdienstige gemeenskappe, die burgerlike
samelewing, die privaat sektor en die regering.
Gee opdrag vir vergadering van godsdienstige leiers wat die IFAPA-
besluite neem.
Organiseer van substreeksberade.
Stigting en registreer van nasionale takke/afdelings.
Stuur intergeloofsdelegasies na konflikrisiko-gebiede.
Deelname aan die wetgewende verkiesing in Togo.
Organiseer uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en -oorlewendes uit
Ethiopië, Suid-Soedan en Uganda.
Deelname aan die Wêreld Maatskaplikeforum wat in Kenia (2007) gehou
is.
Stuur 'n vrouedelegasie na Noorse lande.
Vorming van IFAPA-vrouenetwerk.
Organiseer die Nakanyoni-jeugvredeskamp.
Hou die eerste kontinentale intergeloofsjeugkonsultasie.
Stigting van streeks-Jeugnetwerk. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
5.4 Die eerste Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893 in
Chicago in die Verenigde State van Amerika gehou.
Die hoofdoelwit was om 'n wêrelddialoog van gelowe te skep.
Die Parlement is in 1993 weer in Chicago gehou.
Die doelwit was om godsdienste nog nader aan mekaar te bring.
In die vergadering is die verklaring met die titel 'Towards a Global ethic'
geskep.
Die 1999-Parlement is in Kaapstad gehou.
Die doel wat om te fokus op die hantering van MIV/Vigs.
Die Parlement is in 2004 in Barcelona, Spanje, gehou.
Die hooffokuspunte was hoe om kwessies soos geweld, veilige water en
vlugtelinge aan te pak.
Die 2007-Parlement het bespreek hoe armoede uitgewis kan word.
Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom.
Die Parlement het versoening van Australiese inboorlinge ('Aborigines'),
volhoubaarheid en globale aardverwarming, soos deur inheemse
godsdienste verstaan, hanteer. (10)
5.5 Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is doeltreffend want leiers
van verskillende godsdienste is nou in staat om eenstemmig teen
godsdienstige geweld in die wêreld te praat.
Hulle kon in 1999 'n intergeloofskoalisie organiseer om onwettige
wapenhandel in die agterbuurte van Brasilië te hanteer wat gelei het tot 'n
sterk wet ,wat onwettige wapenverkope keer.
Die Parlement van Wêreld Godsdienste wat in Barcelona gehou is, is
deur 8 000 mense uit baie verskillende godsdienste en geestelike
tradisies bygewoon.
Hierdie diversiteit en inklusiwiteit toon die harmonieuse verhouding
tussen godsdienste.
Dit het takke oor die wêreld wat aktief betrokke is by die oplos van
godsdienstige en burgeroorloë in daardie lande.
Die raad van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het 'n
netwerk van intergodsdienstige bewegings in vennootstede oor die hele
wêreld gestig.
Hulle het 'n vennootskap met ander sektore van die samelewing soos
UNESCO in die Verenigde Nasies.
Die parlement het egter nie statutêre magte nie. (Dit kan nie wetgewing
promulgeer of afdwing nie.)
Daarom vertrou dit op die samewerking van die owerheid om doeltreffend
te wees.
Die doeltreffendheid van die parlement is proporsioneel aan
godsdienstigheid (belangstelling in godsdiens).
Soos wat godsdienstigheid oor die wêreld afneem, so neem die
doeltreffendheid van die parlement af. (12)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 Memo (English)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper