Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12201616 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 1 1.1 1.1.1 LET WEL: • Twee punte word toegeken indien alle vertakkinge van die gekose godsdiens genoem word. • Indien meer as een godsdiens in 1.1.1 en 1.1.2 bespreek word, word slegs die eerste godsdiens gekrediteer. • Indien slegs een van twee bestaande vertakkinge bespreek word, word 'n maksimum van ses punte toegeken. • Afrika Geinisieerde Kerke moet ook erken word as 'n vertakking van die Christendom. VOORBEELD 1: Christendom • Daar is drie hoofvertakkings in die Christendom, naamlik die Rooms-Katolieke, Oosterse Ortodokse en Protestante Kerk. Die Rooms-Katolieke Kerk • Hierdie vertakking beskou hulleself as die oorspronklike kerk van Christus. • Hulle glo dat almal in sonde gebore word omdat Adam en Eva God se gebod verontagsaam het. • God bestaan uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees (met ander woorde, die Drie-eenheid). • Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun. Oosterse Ortodokse Kerk • Volgens die Oosterse Ortodokse Kerk kom die Heilige Gees slegs van God die Vader en nie van die Seun nie. • Hulle glo dat die 'korrek geleide' Kerk is. • Die oppergesag van die Pous word nie erken nie. Protestantisme • In Protestantisme het die Bybel meer gesag as die Pous. • Rituele is minder belangrik as geloof. • Hulle glo dat geloof die sleutel tot verlossing is. • Verlossing is 'n gawe wat vryelik deur die werke van Jesus Christus gegee word. VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens AmaZulu • Hulle glo en erken die bestaan van 'n Opperwese wat uMvelinqangi genoem word. • Hulle glo dat sy status so hoog is dat niemand hom direk kan nader nie. • Kommunikasie met uMvelinqangi vind deur die voorvaders plaas. • Die amaZulu glo ook dat daar 'n godin is wat uNomkhubulwane genoem word. • Hulle glo ook in 'n seremonie wat 'terugbring' genoem word, waar 'n lewende dooie as 'n voorvader ingewy word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Aka (in Sentraal-Afrika) • Die Aka glo in 'n skeppergees wat Bembe genoem word. • Hulle glo dat Bembe na die skeppingsdaad uitgetree het. • Hulle glo in die woudgees Dzengi. • Hulle glo dat Dzengi hulle help om suksesvol olifante te jag. Yoruba (Suidwes-Nigerië) • Hulle glo dat Olodumare die skeppergees is. • Hulle glo dat elke mens 'n lot of voorbestemming het. • Hulle glo ook dat die lewe siklies is (reïnkarnasie in menslike vorm). • Die doelwit van reïnkarnasie is geestelike verbetering. • Hulle glo dat goeie geeste een word met Olodumare. LET WEL: Die kandidaat moet al die vertakkings van die gekose godsdiens noem. Twee punte word hiervoor toegeken. (10) 1.1.2 LET WEL: GEEN punte word toegeken indien die vertakkinge van die godsdiens in VRAAG 1.1.2 genoem, herhaal word. VOORBEELD 1: Christendom Rooms-Katolieke Kerk • Die Rooms-Katolieke Kerk beoefen 'n aantal rituele wat Sakramente genoem word, soos: o die Nagmaal o Wyding in die priesterdom o Huweliksbevestiging o Doop o Die laaste rites na die dood van 'n persoon o Die brand van wierook o Belydenis van sondes aan 'n priester Oosterse Ortodokse Kerk Hulle beoefen die volgende: • Steek kerse aan • Nagmaal • Soen die afbeeldings van Heiliges, wat ikone genoem word • Brand wierook • Doop Protestante • Woon Sondae eredienste by • Nagmaaldienste • Helingsdienste • Herlewingsveldtogte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens AmaZulu • Hulle brand wierook wanneer daar met die voorvaders gekommunikeer word. • Wanneer daar siekte of ongeluk is, raadpleeg hulle die tradisionele geneser of waarsêer. • Unomkhubulwana word genader deur 'n pelgrimstog na die berge in tye van natuurlike rampe of droogte. • Hulle beoefen 'n 'terugbring'-seremonie waar 'n oorledene na 'n jaar as voorvader ingewy word. Aka (Sentraal-Afrika) • Hulle dans en sing tot eer van Dzengi. • Hulle slag diere wanneer hulle met die voorvaders kommunikeer. • Wanneer hulle gaan jag, voer hulle 'n ritueel uit wat behels dat 'n dier geslag word om sodoende met die dier se gees te kommunikeer. • Hulle raadpleeg ngangas wanneer hulle moeilike besluite moet neem. • Wanneer daar siekte of krisis in die familie of gemeenskap is, word die ngangas (tradisionele genesers) geraadpleeg. Yoruba • Godsdienstige praktyke fokus op Ori Orun (die geestelike self). • Geestelike kontak word deur verskillende tussengangers moontlik gemaak, Orisas (mindere godhede) ingesluit. • Elke dorp het sy eie oris en 'n tempel wat daaraan gewy is. • Innige meditasie en verering versterk 'n mens se verbintenis met die geestelike wêreld. LET WEL: Geen punte moet toegeken word indien die vertakkings van die godsdiens in VRAAG 1.1.2 herhaal is nie. (10) 1.2 LET WEL: Die kandidaat mag enige aantal positiewe en negatiewe gevolge noem. Enige ander relevante response moet aanvaar word. 'n Maksimum van TWEE voorbeelde mag gekrediteer word. Positiewe gevolge • Interne verskille maak voorsiening vir verskille in die interpretasie van heilige tekste. • Daar is potensiaal vir geestelike groei wat uit die interaksie tussen subvertakkings spruit. • Dit is ook meer tegemoetkomend, omdat mense nie almal dieselfde is nie. • Interne verskille moedig verdraagsaamheid aan, omdat verskillende standpunte binne dieselfde godsdiens ook aanvaar word. • Die dwing die volgelinge om te fokus op dit wat hulle in gemeen het, eerder as op die verskille. • Hoofoortuigings bly onveranderd, maar gebruike kan tussen subvertakkings van dieselfde godsdiens verskil. • Bv. in Islam is die sjahada (belydenis dat Allah alleenlik waardig is om aanbid te word en dat Mohammed sy Boodskapper is) ononderhandelbaar, maar verskille in regsbeginsels en rituele bestaan wel. • In Afrika Tradisionele Godsdiens is die verering van die voorvaders ononderhandelbaar, maar rituele kan verskil oor die verskeie vertakkinge heen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2016 NSS – Memorandum Negatiewe gevolge (14) • Interne verskille verswak godsdienste. • Dit veroorsaak verdeeldheid in gemeenskappe en selfs families. • Mense raak onverdraagsaam omdat hulle verwag dat almal wat aan een godsdiens behoort, dieselfde moet wees. • Interne verskille het al tot groot oorloë gelei. • Bv. Iran-Irak-oorlog/Noord-Ierland, ens. • Mense raak verward en verloor belangstelling in godsdiens. • Hulle kan selfs tot 'n heel ander godsdiens bekeer. LET WEL:Die kandidaat kan enige getal positiewe en negatiewe gevolge gee. Enig 1.3 • Historiese konteks • Dit beteken dat die tekste in die konteks van die tyd en omstandighede waarin dit geskryf is, verstaan moet word. • Duidelikste betekenis/Betekenis van woorde • Die betekenis wat die duidelikste (of vanselfsprekendste) vir die leser is, moet oorweeg word. • Plan, doel en konteks • Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem word. • 'n Uittreksel moet as deel van die geheel gesien word. • Byvoorbeeld, is die teks in die vorm van poësie of prosa? • Betekenis van woorde • Die betekenis van woorde verander dikwels oor tyd en tussen verskillende kontekste. • Die oorspronklike betekenis moet gebruik word om die korrekte interpretasie te verkry. • Figuurlike taal • Figuurlike taal word in sommige heilige tekste dikwels gebruik. Dit moet as sulks geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik geïnterpreteer word nie. • Figuurlike taal vereis die toepassing van alle ander hermeneutiese beginsels sodat dit korrek geïnterpreteer word. • Ander heilige tekste • Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde onderwerp te interpreteer. • Dit is omdat daar ooreenstemming tussen die leringe van 'n godsdiens en die godsdiens te heilige tekste is. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 6 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 2 2.1 VOORBEELD 1: Hindoeïsme • Die hoogste begrip van God in Hindoeïsme is Brahma, die Opperwese. • Brahman is oral en is die bron van ons bestaan. • Hindoeïsme glo dat God in verskillende stadiums volgens die geestelike ontwikkeling van die gelowige ervaar kan word. • Die eerste vlak of ervaring van God onder Brahman is Ishwara, die vormlose God, wat oral is en nie 'n vaste vorm het nie. • Die aard van goddelikheid in Hindoeïsme word in die geloof in reïnkarnasie geïllustreer, wat 'n geestelike evolusie is omdat 'n mens Brahman in gegradeerde stradiums kan ervaar. • Die Skepper kan in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand wees. • Die passiewe toestand van die Skepper is 'n toestand van rus wanneer niks gebeur nie. Die aktiewe toestand is toe die Oerknal gebeur het. • Omdat God in baie vorms gesien kan word, glo Hindoes dat alle gelowe na een waarheid lei. • In Hindoeïsme is die heelal die Skepper, so hulle het nie 'n probleem met evolusieleer nie. VOORBEELD 2: Islam • Moslems glo in 'n universele God wat Allah genoem word. • Allah is groter as enige fisiese beskrywing en daar word met verskeie titels wat sy heilige eienskappe beskryf, na Hom verwys (al-Rabb, al-Malik, al-Rahman en al-Rahim). • Geloof (iman) in Allah is die fondasie van Islam. • Mense moet die bestaan van Allah bely en erken, en volgens Sy heilige wil leef. • Sy heilige wil word uitgedruk in die leringe wat in die goddelik onthulde skrif, die Koran, vervat is. • Moslems se begrip van die aard van God, van die heelal en van die mensdom word hoofsaaklik in die Koran verduidelik. • Die titels al-Rabb en al-Malik herinner ons dat Allah die heelal besit en op die Oordeelsdag geregtigheid sal toepas. • Die titels hierbo word in Islamitiese geloof in die Oordeelsdag weerspieël. • Twee fundamentele doktrines in Islamitiese lering wat mekaar komplementeer, is Tawied en Sjirk. • Tawied is bes moontlik die belangrikste doktrine in Islam en bevestig die eenheid van God. • Allah moet bo alle ander wesens en bo diere vereer word. Hy is een en het nie 'n seun nie. • Van al die groot sondes in Islam, is sjirk (om verhoudingsmaats met God te assosieer) die grootste, omdat geen god, wese of voorwerp die eienskappe van Allah het nie. (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 7 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 2.2 VOORBEELD 1: Hindoeïsme • Volgens die tradisionele Hindoe-siening kan mense in vier katergorieë, wat varnas/kastes genoem word, verdeel word. • Hierdie varnas dien die doel om die samelewing te organiseer. • Individue ken dan hulle plek of rol in die samelewing. • Die gevolglike verdeling van arbeid vorm die verhouding tussen die gemeenskap en die individu. • Varnas word gebruik om mense volgens hulle intrinsieke eienskappe gekategoriseer. • Die hoogste kaste bestaan uit Brahmanas, die geestelike leeraars, priesters, filosowe en wetsmakers. • Hulle moet geestelike en intellektuele leiding aan die gemeenskap gee. • Die tweede kaste is die Ksatriyas, heersers en soldate, wie se plig dit is om die nasie te regeer en om dit een aggressie te beskerm. • Hulle moet hulle magte gebruik om die swakkes te beskerm en oortreders te straf. • Die derde kategorie is die sakepersone. Hulle moet rykdom verdien. • Hulle moet hulle rykdom aan welsyn en die welstand van die gemeenskap bestee. • Die vierde kaste is die Sudras of arbeiders wat aktief en eerlik moet wees. VOORBEELD 2: Islam • Islam skep 'n balans tussen die regte van individue en die regte van die gemeenskap. • Indien daar konflik tussen die regte van individue en dié van die meerderheid is, sal die gemeenskap se regte voorkeur geniet. • Individuele regte moet die regte van die meerderheid skend of afbreek daaraan doen nie. • Die individu het spesifieke regte wat hom/haar nie ontneem kan word nie, maar saam met daardie regte kom verantwoordelikhede teenoor die familie/gesin, gemeenskap en staat. • Islam glo dat volgelinge verplig is om ondersteuning en bystand aan swak lede van die gemeenskap te verleen. • Die gemeenskap moet 'n konteks skep waarin die fisiese en intellektuele vermoëns van al hulle lede kan ontwikkel. • Die gemeenskap moet alles wat goed of voordelig is, aanmoedig en alles wat boos is, ontmoedig. • Die gemeenskaplike sake van die gemeenskap moet op 'n grondslag van wedersydse konsultasie bedryf word. • Moslems se maatskaplike verpligtinge is nie net tot hulle gemeenskappe beperk nie, maar sluit ook die hele mensdom in. (12) 2.3 VOORBEELD 1: Hindoeïsme • Hindoes ontken nie die realiteit van pyn, lyding en die bose in die wêreld nie. • Hulle glo dat die bose nie 'n integrale deel van die mens is nie. • Die bose is soos 'n wolk wat sy skadu voor die son gooi. • Die wolk beweeg verby, maar die son verander nie. • Die bose bestaan nie in Brahman nie. • Volgens Hindoeïsme word lyding en die bose veroorsaak deur 'n siening van tweeledigheid tussen die mens en die heelal, tussen ons en God. • Indien ons een sou word met Brahman, sal die bose nie bestaan nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 8 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 2.3 VOORBEELD 2: Islam • Die bose word met Satan of die duiwel verbind. • Allah het Adam geskep en die hele skepping opdrag gegee om voor hom te kniel. • Satan het geweier om te kniel. Hy het gesê hy is beter as Adam omdat hy uit vuur geskape is, terwyl Adam uit klei gemaak is. • Hierdie trots het daartoe gelei dat Satan uit die hemel verban is. • Satan het 'n belofte gemaak dat hy tot in ewigheid sy mag sal gebruik om mense te mislei en om hulle aan te moedig om God te verontagsaam. • Mense het 'n natuurlike morele sin by Allah ontvang, wat hulle in staat stel om tussen goed en kwaad te onderskei. • Dit is elke individu se plig om die bose te vermy en te doen wat goed is. (10) 2.4 VOORBEELD 1: Hindoeïsme • Mense is vasgevang in die siklus van geboorte en hergeboorte wat Samsara genoem word. • Wanneer 'n persoon sterf, word die siel weer gebore (gereïnkarneer) in 'n ander liggaam. • Die geestelike doelwit van die mens is om die siel te bevry en die herhaaldelike hergeboorte van die liggaam. • Die siel kan bevry word sodra dit eenheid met Brahma vind. • Die siel kan net werklik gelukkig wees wanneer hierdie bevryding behaal is. • Hierdie bevryding word moksha genoem. VOORBEELD 2: Islam • Volgens Islam eindig die lewe nie in die dood nie, maar duur na die graf voort. • Diegene wat sterf, betree 'n nuwe fase wat barzakh genoem word, tot die Opstandingsdag. • In hierdie fase (barzakh) is die siel in 'n staat van óf tevredenheid óf pyniging. • Op die Opstandingsdag sal alle mense deur Allah geroep word om verantwoording te doen vir hulle lewens op aarde. • Op die Oordeelsdag sal diegene wat in Allah glo en hulle verpligtinge aan die Skepper en aan die mensdom nagekom het, beloon word. • Hulle sal in die paradys (jannah) toegelaat word. • Diegene wat die bestaan van Allah ontken, sal gestraf word en na die hel (jahannam) gestuur word. • Die dood is nie die einde van die lewe nie, maar 'n fase in die reis van die mensdom. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 9 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3 3.1 • Vigs is 'n siekte wat deur die MI-virus veroorsaak word. • Die virus word hoofsaaklik deur onbeskermde seksuele omgang oorgedra. • MIV en Vigs kan ook oorgedra word wanneer naalde gedeel word (bv. tydens dwelmmisbruik). • Dit kan ook deur 'n bloedoortapping oorgedra word. • Middelmisbruik stel 'n persoon aan MIV en Vigs bloot, omdat verslaafdes 'n verhoogde risiko loop om aan seksueel riskante gedrag deel te neem. • Ouer mans ('sugar daddies'/'blessers') wat reeds MIV-positief is, slaap by jonger vroue. LET WEL: Enige ander relevante punte moet aanvaar word. (10) 3.2 • Daar is 'n hoë sterftesyfer onder jong individue in die samelewing. • Dit het 'n negatiewe invloed op die ekonomies, omdat ekonomies aktiewe mense daardeur geraak word. • Die dood van jong individue lei ook tot gesinne met kinderhoofde. • Dit lei om die beurt na 'n toename in arm gesinne. • Daar is ook 'n toename in weeskinders en kwesbare kinders. • Die ekonomie van die land word soos beïnvloed, omdat mense van welsynstoelae afhanklik is. • Onregverdige diskriminasie word onder gemeenskapslede ervaar. • Mense wat aan MIV en Vigs ly, word deur hulle gesondheidsprobleme gedwing om vroeë pensioen of mediese verlof te neem. LET WEL: Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) 3.3 VOORBEELD 1: Afrika Tradisionele Godsdiens • Hierdie godsdiens leer volgelinge oor onthouding van seksuele omgang voor die huwelik. • Jong ongetroude meisies word aangemoedig om hul maagdelikheid te behou. • Maagdelikheidstoetse word gereeld gedoen om goeie seksuele gedrag onder die jeug te bevorder. • Hierdie godsdiens glo in 'ubuntu', wat die kern van nasiebou is, omdat dit 'n korrekte leefstyl in die samelewing beklemtoon. • Afrika Tradisionele Godsdiens glo dat jongmans na die berge moet gaan om vir manwees en verantwoordelike volwassenheid gevorm en voorberei te word. • Hulle word verskillende aspekte van die lewe geleer. Hulle ondergaan ook besnydenis, wat die klimaks van hulle opleiding vir manwees word. • Die besnydenis van jong mans word ook in ATG aangemoedig as nog 'n manier om beskerming teen MIV en Vigs te bied. • Daar word verwag dat die oudstes 'n leidende rol in die gemeenskap sal speel deur die jongelinge te beskerm, eerder as om by hulle te slaap. • Daar is ook deurgangsrites wat vir die jongmans en -vroue gehou word om goeie gedrag aan te moedig. • Die gemeenskaplike lewenswyse moedig almal in die gemeenskap aan om in harmonie met die waardes en gebruike van die gemeenskap te wees, onthouding ingesluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 10 DBE/November 2016 NSS – Memorandum VOORBEELD 2: Christendom • Die Christendom glo dat daar geen seks voor die huwelik moet wees nie. • Die volgelinge van die Christendom word geleer om hulle maagdelikheid te behou en godsdienstige verlowing te ondergaan, wat die laaste stap voor die huwelik is. • In die Christendom word daar van volgelinge verwag om die Tien Gebooie te onderhou, wat leringe soos 'jy mag nie egbreuk pleeg nie' insluit. • Christene word geleer om heilige lewens te leef. • Losbandigheid word verag. Sommige Christelike kerkverbande waarsku teen bloedoortappings, wat een van die oorsake van MIV en Vigs is, bv. Jehovasgetuies. • Die Christendom glo dat die liggaam 'n tempel van die Here is, dus mag hulle nie enige vorm van sedeloosheid beoefen nie. • 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself' beteken dat jy nie jou medemens skade moet berokken nie, wat insluit dat jy hom/haar nie met MIV moet besmet nie. • Ons moet na alle mense omsien en hulle teen besmette naalde en ander materiaal beskerm, want God is Liefde. • Belonings na die dood moedig Christene aan om hulle van seks voor die huwelik te onthou en lojaal aan hulle ouers te bly. LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet aanvaar word. (20) 3.4 JA • Intergeloofsorganisasies in Suid-Afrika organiseer werkswinkels en konferensies in verskillende gemeenskappe om hulle oor MIV en Vigs te leer. • 'Love Life' is 'n NGO wat deur alle godsdienste ondersteun word en wat bewustheid van MIV en Vigs skep. • In elke kerkkonferensie word MIV en Vigs by die agenda ingesluit, en dit het tot 'n afname in infeksies gelei. • Die meeste kerkgangers wat karakterbouprosesse in hulle kerke ondergaan het, vertoon sterk morele waardes en selfversekerdheid. • Die meeste kerke is nou toegerus met MIV-beraders wat gereeld bewusmaking oor MIV en Vigs doen. As gevolg hiervan is daar 'n afname in die infeksiekoers van MIV en Vigs. OF NEE • Sommige organisasies het werklik baie moeite gedoen, maar die impak is klein en nie in die samelewing sigbaar nie. • Daar is steeds baie gevalle van tienerswangerskappe onder skooldogters wat gerapporteer word. • Alhoewel leerders opleiding in lewensvaardighede ontvang wat deur sekere organisasies soos 'Star for Life' aangebied word, neem hulle steeds aan onverantwoordelike seks deel, wat tot onbeplande swangerskappe lei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 11 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Seksueel oordraagbare siektes is steeds algemeen onder die jeug en volwassenes. • Daar is steeds meningsverskille met die Departement van Onderwys oor die verspreiding van kondome, wat deur die meeste nieregerings- organisasies verkies word. • Seksonderrig word dikwels deur ongekwalifiseerde Lewensoriëntering- onderwysers gegee. Hulle is nie bevoeg om hierdie belangrike kwessie tot sy volle reg te laat kom nie. • Die invloed van godsdienstige organisasies neem af (lae bywoning). • Godsdiensorganisasies het dus min invloed op die samelewing en selfs minder onder die jeug. LET WEL: Enige kombinasie van JA en NEE response is aanvaarbaar. Enige ander relevante antwoord moet aanvaar word. (10) [50] VRAAG 4 4.1 LET WEL: Indien 'n kandidaat slegs die 'hoe' of 'hoekom' bespreek het, word 'n maksimum van AGT punte toegeken. • VOORBEELD 1: Materialisme • Materialisme het in verskeie gebiede in Europa en Asië ontstaan. • Dit het in die Aksiale Era ('Axial Era') tussen 800–200 VAE ('BCE') ontstaan. • Materialisme kom in antieke Indiese filosofie, in Boeddhisme en Confucianisme voor. • Baron d'Holbach (1723–1789) het beweer dat daar in die begin niks behalwe die natuur was nie. • In die Weste is Materialisme oorspronklik deur Griekse filosowe, die Atomiste, ontwikkel en dit het in die 18de eeu 'n oplewing ervaar. • Karl Marx het in die 19de eeu op die konsep van 'materialisme' uitgebrei. • Marx het menslike geskiedenis en ekonomiese aktiwiteite by Materialisme ingesluit. • Dit was in daardie tyd dat die Protestante beweging in Europa begin veld wen het. • Dit het Sekulariste, Materialiste ingesluit, aangemoedig om ander wêreldbeskouings as godsdiens te ontwikkel. VOORBEELD 2: Sekulêre Humanisme • Sekulêre humanisme as 'n konsep is die eerste keer in die 1950's gebruik. • Sekulêre humanisme is 'n vertakking van humanisme. • Die term 'humanisme' was oorspronklik 'n godsdienstige term. • In die Renaissance was 'n Humanis enigiemand wat die klassieke literatuur en onderwys studeer het. • In die 19de eeu het die betekenis van humanisme verskuif om vir die meeste Engelse sprekers 'ateïsme' te beteken. • Sekulêre humanisme het ontstaan omdat sekere filosowe hulle eie teorie wou ontwikkel wat godsdiens sou vervang. • Die Raad vir Sekulêre Humanisme is in 1980 gestig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 12 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Die Raad vir Sekulêre Humanisme het 'n verklaring uitgereik wat hulle lede se oortuigings weerspieël – die 'Sekulêre Humanisitiese Verklaring'. • Die vyf-en-twintigste herdenking van die Raad vir Sekulêre Humanisme is in 2005 gevier. • Dit was tydens dié vieringe dat die Wêreldkongres gehou is. • By die Wêreldkongres het sekulêre humaniste 'n oproep gedoen om 'n 'nuwe Verligting'. • Die nuwe Verligting was bedoel om na die Midde-Ooste en ander dele van die wêreld te versprei. (10) 4.2 VOORBEELD 1: Materialisme • Materialisme is 'n sekulêre wêreldbeskouing wat glo dat materie die enigste realiteit is. • Materialisme leer volgelinge dat daar nie 'n bonatuurlike wêreld is nie. • Hierdie wêreldbeskouing is in teenstelling met godsdienstige wêreldbeskouings wat gebaseer is op oortuigings wat die bestaan van enige vorm van geestelike realiteit bely. • Materialisme propageer dat niks behalwe die natuur bestaan nie. • Volgens materialisme word enige wese wat as bo die natuur verhewe beskou word, 'n skepping van die verbeelding. • Materialisme verbied volgelinge om hulself aan enige geestelike afhanklikheid te onderwerp. • Nuwe terme is uit Materialisme ontwikkel, naamlik dialektiese materialisme en historiese materialisme. • In dialektiese materialisme word materie as die fundamentele oorsaak van alles beskou. • Ekonomie en verhoudings tussen werkers en eienaars as die basiese struktuur in die gemeenskap word historiese materialisme genoem. • Kontemporêre fisici en neurowetenskaplikes daag egter materialistiese verduidelikings van realiteit uit. VOORBEELD 2: Sekulêre Humanisme • Soos ander vorms van Humanisme, is daar in Sekulêre Humanisme 'n gemeenskaplike oortuiging wat die hoogste belangrikheid aan mense toeken. • Die heilige bestaan nie vir die Skulêre Humanis nie. • Sekulêre Humanisme verwerp godsdienstige geloof en die bestaan van die bonatuurlike. • Die Raad vir Sekulêre Humanisme lig die volgende in hulle leringe uit: o 'n Behoefte om oortuigings te toets – 'n oortuiging dat tradisies, ideologieë en dogmas deur elke individu opgeweeg en getoets moet word, en nie deur geloof nie. o Redenering, bewyse, wetenskaplike metode – 'n verbintenis tot die gebruik van kritieke redenering, feitelike bewyse en die wetenskaplike metode van ondersoek in die soeke na oplossings vir menslike probleme en ander vrae. o Vervulling, groei en kreatiwiteit – 'n primêre gemoeidheid met vervulling, groei en kreatiwiteit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 13 DBE/November 2016 NSS – Memorandum o Hierdie lewe – 'n Gemoeidheid met hierdie lewe, eerde as 'n lewe na die dood. o Etiek – 'n soeke na volhoubare, individuele, maatskaplike/sosiale en politieke beginsels van etiese gedrag. o Geregtigheid en regverdigheid – Belangstelling in die versekering van geregtigheid en regverdigheid in die samelewing. o Bou 'n beter wêreld – 'n Oortuiging dat 'n ope uitruiling van idees, welwillendheid en verdraagsaamheid gebruik kan word om deur redenering 'n beter wêreld te skep. (20) 4.3 LET WEL: 'n Bespreking van slegs EEN normatiewe bron is 'n voldoende respons op hierdie vraag. Indien 'n godsdiens en normatiewe bron nie genoem word nie mag 'n maksimum van 16 punte toegeken word. Voorbeeld 1: Hindoeïsme • In Hindoeïsme neem die oorspronklike klank van die gesproke woord die hoogste prioriteit. • Die mondelinge en geskrewe tekste het uit inspirasie ontstaan wat tot 4 000 jaar gelede nagespeur kan word. • Die oorspronklike inspirasie is vir eeue en selfs millennia mondeling oorgedra voor die ontstaan van 'gehoorde geskrifte' (Shruti) • Die gehoorde geskrifte word van sekondêre, afgeleide, menslik opgestelde geskrifte soos filosofiese interpretasies onderskei. • Hierdie onderskeid is nie absoluut nie. • Die Brahmanas en Upanishads het later komposisies, kommentaar en interpretasies en die vroeëre versamelings geword. • Die komposisies, kommentaar en interpretasies is later in die heilige tradisie van die Vedas ingesluit. • Met verloop van tyd was daar ontwikkeling van die oorspronklike na die afgeleide tot by die verskillende klassieke filosofiese denkskole. • Voorbeelde van die klassieke filosofiese skole wat ontwikkel het, is die Nyaya, Vaisheshika, Sankhya, Purva-Mimamsa, Yoga en Vedanta. • Oor die jare was daar ook ander innoverende en gesaghebbende kommentators en herinterpreteerders. • Voorbeelde van die innoverende en gesaghebbende kommentators is Shankara en Vivekananda. VOORBEELDE 2: Judaïsme • Soos in baie ander godsdienste is die oorspronklike inspirasie aanvanklik meestal deur mondelinge tradisie oorgedra. • So 'n mondelinge tradisie is getrou vir honderde en selfs duisende jaar oorgedra. • Die primêre geskrifte in Judaïsme staan gesamentlik as die Tanag bekend. • Die Tanag bestaan uit die Tora, Newi'im en Ketoewim. • Die eerste groep primêre geskrifte het in die vyfde eeu VAE ('BCE') kanonieke status begin behaal. • Die tweede groep primêre geskrifte het teen die derde eeu VAE ('BCE') kanonieke status behaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 14 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Die derde groep geskrifte is uiteindelik in die laaste dekade van die eerste eeu AE ('CE') tot die kanon aanvaar. • Geleerdes het na noukeurige beraadslaging op die korpus van hierdie geskrifte as die onthulde Woord van God besluit. • Die Apokriewe is nie as goddelik onthulde boeke ingesluit nie. • Dit kanon is daarna slegs as 'n sekondêre bron ondersteun. • Die Talmoed bestaan uit die Misjna en die Gemara. • Die Talmoed is aan die iende van die vyfde eeu AE ('CE') voltooi. • Op die derde vlak is verdere, gedetailleerde, rabbynse verduidelikings van die Tora. • Die belangrikste van hierdie rabbynse verduidelikings is neergeskryf (Midrasj). (20) [50] VRAAG 5 5.1 • In die 19de eeu toe Darwin se Origin of Species gepubliseer is, was die reaksie van die Kerk totale verwerping. • Dit is as godslaster beskou. • Vandag is daar meer liberale standpunte in die Christendom, asook in Judaïsme en Islam. • Liberale gelowiges glo dat daar raakpunte tussen godsdiens en wetenskap is. • Hulle herinterpreteer 'n gedeelte van hulle eie tradisie sodat dit evolusie akkommodeer. • Hulle sê dat leringe oor die natuur in die heilige boeke op 'n diep vlak allegories of figuurlik verstaan moet word. • Byvoorbeeld, sommige Christelike teoloë het gesê dat die skeppingsverhaal in Genesis nie in die fisiese sin geïnterpreteer moet word nie. • Liberale gelowiges sê daar is geen konflik tussen wetenskap en godsdiens nie, solank mense wetenskap as die onthulling van God se wette beskou. • Hulle verduidelik die skepping ook met die terme 'skeppingswetenskap' of 'intelligente ontwerp'. • Hierdie begrippe inkorporeer evolusie in die skeppingsplanne van die Opperwese. • Dit beteken organismes is deur God ontwerp om by veranderende omgewings te kan aanpas, wat dus tot nuwe spesies lei. • Liberale gelowiges beweer dus dat natuurlike seleksie deel van God se intelligente ontwerp is. • Die houding van liberale gelowiges het sekerlik meer verdraagsaam teenoor evolusieleer geword. • Onder die ortodokse gelowiges van die Abrahamitiese gelowe word die tradisionele godsdienstige siening steeds as die absolute waarheid beskou. • Alles in die geskrifte is terselfdertyd tydloos, ewig en waar in 'n letterlike sin. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 15 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Kreasionisme soos dit in die boek Genesis beskryf word, word op 'n letterlike manier as die waarheid beskou. • God het Adam en Eva geskep, wat die eerste mense was. • Adam en Eva is perfek na die beeld van God geskape. • Hulle het nie uit ander lewensvorms geëvolueer nie, maar is as 'n unieke spesie geskep. • Hulle is bo God se hele skepping verhewe. • Ortodokse gelowiges verwys na die beroemde 'horlosie-analogie' van William Paley. • Paley het beweer dat 'n horlosie 'n ingewikkelde stuk ingenieurswese is wat nie per ongeluk kan ontstaan nie. Dit moet dus 'n intelligente ontwerper hê. Omdat die heelal baie meer kompleks is, moes dit ook 'n intelligente ontwerper (God) gehad het. • Ortodokse gelowiges beweer dat God nie sy planne verander nie. Hy is steeds in beheer van die skepping. • Die houding van ortodokse/fundamentalistiese gelowiges het dus glad nie verander nie. Godsdiens handel oor God en wetenskap handel oor die natuur. • Ander godsdienste, soos Hindoeïsme en Boeddhisme, het egter nog altyd die evolusieleer aanvaar. • Hindoeïsme het geen probleem met evolusie nie: hulle het 'n meer gevorderde teorie van evolusie wat geestelike evolusie insluit. • Die evolusieleer het nie konflik met Hindoe-denke en oortuigings veroorsaak nie, omdat dit tot die begrip van evolusie na Moksha bygedra het. • In hierdie godsdienste (Hindoeïsme en Boeddhisme) is daar dus geen verandering in houding nie. • In Afrika Tradisionele Godsdiens is daar geen teenkanting teen evolusieleer nie, omdat die heelal as onderling verbinde dele beskou word. • Die status van die mens word egter duidelik as verhewe bo die res van die skepping beskou. LET WEL:Relevante veranderinge in ander godsdienste wat bespreek is, moet aanvaar word. Indien 'n kandidaat slegs een godsdiens bespreek het, mag 'n maksimum van 20 punte toegeken word. (30) 5.2 VOORBEELD 1: Hindoeïsme • Vir Hindoes is die heelal self die skepper. • Dit is nie teenstrydig met die Oerknalteorie nie. • In Hindoeïsme is die Skepper nie manlik of vroulik nie. • Die Skepper is eenvoudig die Skepper. • Geen skepper word in die Oerknalteorie genoem nie. • Hindoes glo dat die Oerknal 'n alternatiewe manier is om te verduidelik hoe die heelal ontstaan het. • In Hindoeïsme bestaan die Skepper in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand. • Die passiewe toestand is 'n toestand van rus wanneer niks gebeur nie. • Wetenskaplik gesproke was die passiewe toestand voor die Oerknal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 16 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • Na 'n baie lang tydperk raak die skepper weer aktief. • Dit is wanneer een deel van die heelal anders as die ander dele word en die skepping begin. • Die skepper het aktief geraak toe die Oerknal volgens die wetenskaplike siening plaasgevind het. VOORBEELD 2: Taoïsme • In Taoïsme ontstaan die wêreld en alles daarin outomaties as deel van die Tao se aktiwiteit. • Dit is nie beplan nie, maar ook nie onbeplan nie. • Die Tao het nie die wêreld doelbewus laat bestaan nie, en wou ook nie hê dat die wêreld nie moet bestaan nie. • Taoïsme is nie in teenstelling met die Oerknalteorie nie. • Wetenskaplik gesproke is die wêreld nie deur enige God of gode geskep nie, maar het per toeval gebeur. • Die wêreld het eenvoudig as 'n klein spikkel in die enorme 'pot' van die skepping ontstaan soos die Tao op sy weg voorbeweeg het. • Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van skepping en vernietiging. • Dit stem ooreen met die Oerknalteorie wat beweer dat daar 'n enorme ontploffing was. Binne 'n sekonde het die heelal ontstaan en tot 'n massiewe grootte gegroei. • Volgens die wetenskap is die heelal heeltyd besig om uit te brei. Daar is nie 'n rusperiode nie. • Die Taoïstiese siening van die heelal is grootliks op hulle waarneming van die natuurlike en menslike wêreld gegrond. • Die Oerknalteorie is ook op waarneming van die natuurlike en menslike wêreld gebaseer. • Vandaar Taoïsme se aanvaarding van die Oerknalteorie. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all