Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 4 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 4
- File size
- 253.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 4
This exam
NSC November Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions20 marks
- Question 1.2The Variety of Religions14 marks
- Question 1.3Common Features of Religion16 marks
- Question 2.1Common Features of Religion18 marks
- Question 2.2Common Features of Religion12 marks
- Question 2.3Common Features of Religion10 marks
Show all 16 questions
- Question 2.4Common Features of Religion10 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society20 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.1Common Features of Religion10 marks
- Question 4.2Common Features of Religion20 marks
- Question 4.3Common Features of Religion20 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions30 marks
- Question 5.2Research Into and Across Religions20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
vraag toegeken is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 1
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Geen godsdiens is 'n soliede, monolitiese eenheid nie. Hulle het almal baie interne
verskille en die verskille was sedert hulle ontstaan al daar.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, HC Steyn]
1.1 Bespreek die interne verskille van EEN godsdiens onder die volgende
opskrifte:
1.1.1 Leringe (10)
1.1.2 Gebruike (10)
1.2 Evalueer die moontlike gevolge van interne verskille vir godsdienste. (14)
1.3 Maak 'n lys van enige VIER hermeneutiese beginsels en verduidelik die
belangrikheid van elke beginsel in die interpretasie van heilige tekste. (4 x 4) (16)
[50]
VRAAG 2
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Alle godsdienste het 'n stel oortuigings oor die aard van goddelikheid, die mensdom,
die wêreld, die skepping en ander aspekte van die lewe. Sulke breë oortuigings word
godsdienstige leringe genoem.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
Beantwoord die volgende vrae met verwysing na enige EEN godsdiens.
2.1 Ontleed die aard van goddelikheid soos dit in die godsdiens se kernleringe
verduidelik word. (18)
2.2 Bespreek die kernleringe van die godsdiens wat na die verhouding tussen die
gemeenskap en die individu verwys. (12)
2.3 Verduidelik die godsdiens se siening oor die oorsprong van die bose. (10)
2.4 Verduidelik die godsdiens se leringe oor die lewe na die dood. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Godsdienste vir Vrede het by 'n groep organisasies aangesluit in 'n inisiatief wat hulp
sal verleen aan miljoene kinders in Afrika wat deur MIV en Vigs wees gelaat is. Die
'Hope for African Children Initiative' (Inisiatief vir Hoop vir Kinders van Afrika) pak
uitdagings soos die risiko van wanvoeding, siekte, mishandeling en seksuele uitbuiting
aan wat weeskinders in die gesig staar.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
3.1 Wat is die oorsake van MIV en Vigs? (10)
3.2 Watter uitwerking het MIV en Vigs op die samelewing? (10)
3.3 Bespreek verskillende godsdienstige leringe wat oplossings vir MIV en Vigs
bied. (20)
3.4 Dink jy godsdienstige organisasies is besig om die stryd teen MIV en Vigs te
wen? Gee redes vir jou antwoord. (10)
[50]
VRAAG 4
4.1 Bespreek die oorsprong van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing deur te
verduidelik hoe en hoekom dit ontstaan het. (10)
4.2 Bespreek die leringe van die sekulêre wêreldbeskouing in VRAAG 4.1 hierbo. (20)
4.3 Bespreek hoe die normatiewe bron(ne) van enige EEN godsdiens ontstaan
en oor tyd ontwikkel het. (20)
[50]
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In die middel van die 19de eeu het die bioloog, Charles Darwin, sy evolusieleer in
The Origin of Species gepubliseer. Dit was die eerste niegodsdienstige verduideliking
van hoe die wêreld geskep is en waar mense vandaan kom. Sedert Darwin is daar al
baie gedebatteer oor wat sy teorie vir godsdienstige oortuigings beteken.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
5.1 In watter mate het godsdiens se houding teenoor evolusie sedert die 19de eeu
verander? Gee voorbeelde uit ten minste TWEE godsdienste om jou
antwoord te ondersteun. (30)
5.2 Bespreek die verhouding tussen die Oerknalteorie en enige EEN
godsdienstige lering oor die skepping. (20)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2016 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper