Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12201610 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2016 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2016 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.11 A B C D 1.1.1 Die godsdiensgroep wat glo dat die Tora oor tyd deur mense geskryf is: A Ortodokse Judaïsme B Konserwatiewe Judaïsme C Hervormde Judaïsme D Chassidiese Judaïsme 1.1.2 'Alle godsdienste aanbid en glo in dieselfde God.' Dit is die sentrale boodskap van ... A Afrika Tradisionele Godsdiens. B die New Age-beweging. C die Christendom. D die Baha'i-geloof. 1.1.3 'n Onbesnedene ('gentile') is ... A 'n persoon wat 'n sagte geaardheid het. B 'n Jood. C enige persoon wat NIE 'n Jood is NIE. D 'n Christen. 1.1.4 Hierdie godsdiens verwerp die idee dat mense siele het wat na die dood voortleef: A Hindoeïsme B Baha'i-geloof C Boeddhisme D Taoïsme 1.1.5 Die heilige boek van Taoïsme: A Jin en jang B Mahabharata C Tao Te Ching D Tao jin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2016 NSS 1.1.6 Eienskappe wat interessante ooreenkomste en verskille toon: A Eenheid B Vergelykbaarheid C Ideologie D Identiteit 1.1.7 Hierdie tipe stelling dui aan watter dinge goed of sleg is en watter handelinge reg of verkeerd is: A Beskrywende stelling B Normatiewe stelling C Egtheidstelling D Komplementêre stelling 1.1.8 Die idee dat alle vorms van lewe verbind is en 'n gemeenskaplike oorsprong het, verwys na elemente van ... A die skepping. B sekularisme. C evolusie. D godsdiens. 1.1.9 Beide dring aan op die transendensie van God en neem die gebod teen die besit van afbeeldings van God baie ernstig op: A Hindoeïsme en Islam B Afrika Tradisionele Godsdiens en Christendom C Hindoeïsme en Boeddhisme D Judaïsme en Islam 1.1.10 Iemand wat op 'n bonatuurlike wyse insig in die onbekende of toekoms kry: A Voorvader B Khoi-Khoi C Waarsêer D Dié wat nog gebore moet word (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2016 NSS 1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die wetenskap van die vertolking van godsdienstige tekste word ... genoem. 1.2.2 Die doelwit van die Agtvoudige Plan is om ... te behaal. 1.2.3 In Hindoegemeenskappe staan die laagste kaste (klas) as die 'onaanraakbares' of ... bekend. 1.2.4 Om 'n lewe apart van 'n godsdienstige instelling en simbole te lei, word ... genoem. 1.2.5 Die stigter van Taoïsme was ... (5 x 2) (10) 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Boeddhisme A die oortuiging dat elke handeling 'n uitwerking het op die toestand van die 1.3.2 Bhagavad Gita siel en die kans om moksha te behaal 1.3.3 Sufisme B zikr is een van die belangrike rituele waartydens die gelowige God deur 1.3.4 Wet van Karma meditasie ontmoet 1.3.5 Verligting C word behaal deur 'n leeftyd van wysheid en beoefening, nie deur innerlike 1.3.6 Islam oortuiging of geloof nie D gee 'n paar besonderhede oor Jesus se lewe en leringe E die sentrale leringe word in die Tripitaka vervat F 'n aantal gode in 'n spesifieke godsdiens G 'n beroemde geestelike teks in Hindoeïsme (6 x 1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2016 NSS 1.4 Definieer die volgende terme: 1.4.1 Kanon 1.4.2 Konserwatief 1.4.3 Fundamentalisme 1.4.4 Nasiestaat 1.4.5 Nieteïsties (5 x 2) (10) 1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede indien die stelling ONWAAR is. Skryf WAAR of ONWAAR en die rede langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.5.1 Sommige Afrikane het van die Christendom weggebreek omdat Europeërs die tiende en offergawes ingestel het. 1.5.2 Volgens die Taoïstiese geloof word die heelal deur God in die skepping in stand gehou. 1.5.3 Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is die Zen-leermeester. 1.5.4 Die Nuwe Testament is die heilige teks van Judaïsme. 1.5.5 Alle Hindoe-sektes deel gemeenskaplike oortuigings, tradisies, rituele en persoonlike godhede. (5 x 2) (10) 1.6 Skryf TWEE feite oor ELK van die volgende: 1.6.1 Die verhouding tussen die Opperwese en die voorvaders in Afrika Tradisionele Godsdiens (2) 1.6.2 Die belangrikheid van meditasie in Boeddhisme (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2016 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Skryf EEN feit oor ELK van die volgende terme en gee EEN voorbeeld om die betekenis te illustreer: 2.1.1 Identiteit (4) 2.1.2 Sinkretisme (4) 2.2 Noem enige DRIE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste: 2.2.1 Judaïsme (6) 2.2.2 Boeddhisme (6) 2.2.3 Afrika Tradisionele Godsdiens (6) 2.3 Die hart van Hindoe-denke is 'n diep geloof in die moontlikheid van beide geestelike evolusie en geestelike regressie. [Shuters TOP CLASS Religion Studies Grade 12] Verduidelik die begrip reïnkarnasie in die konteks van die stelling hierbo. (4) 2.4 Die Grondwet van Suid-Afrika bevat 'n Handves van Regte, wat vryheid van geloof en godsdiens insluit. Wat is godsdiensvryheid? (2) 2.5 Onderskei tussen 'n doktrine en dogma. (4) 2.6 Daar is baie organisasies wat verskillende godsdienste bymekaarbring. Hulle oorkom hulle verskille en werk saam om vrede en verdraagsaamheid in konflikgebiede te bevorder. [Shuters TOP CLASS Religion Studies Grade 12] Noem EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in konflikgebiede in Afrika werk. Beskryf die werk wat gedoen word en gee redes vir hulle suksesse of mislukkings. (14) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2016 NSS VRAAG 3 3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WOEDENDE CHRISTENE VERDRYF DUIWEL NA DIE BUITENSTE DUISTERNIS Die duiwel het sy tydgleuf verander. DStv ('n betaal-TV-kanaal) moes hulle nuutste dramareeks, Lucifer, van 19:00 na 23:00 verskuif ná Christen-kykers beswaar aangeteken het. Die reeks volg die karakter Lucifer Morning Star wat sy troon in die hel opsê om in Los Angeles te gaan woon. Hy word kort daarna 'n konsultant vir die polisiedepartement terwyl hy ook 'n nagklub bedryf. Kykers het geëis dat die hele reeks van die kanaal verwyder moet word omdat dit Satanisme bevorder. [Aangepas uit The Times, 10 Februarie 2016] 3.1.1 Verduidelik kortliks wat die opskrif van hierdie artikel beteken. (2) 3.1.2 Volgens die artikel, wat is die redes vir die verandering in die tydgleuf van die dramareeks? (8) 3.1.3 Watter invloed, dink jy, kan die TV-program Lucifer op openbare mening hê? (14) 3.1.4 Volgens die artikel het die kykers geëis dat die hele reeks van die kanaal verwyder word. Bespreek hoe dit die regte van ander kykers sal skend. (12) 3.2 Die media is in die algemeen bevooroordeeld in die dekking van godsdienskwessies. Brei op hierdie stelling uit. Gebruik gepaste voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. (14) [50] VRAAG 4 4.1 Verduidelik ELK van die volgende terme en gee EEN voorbeeld om die betekenis daarvan te illustreer: 4.1.1 Inspirasie (4) 4.1.2 Gelykenis (4) 4.1.3 Ritueel (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2016 NSS 4.2 In Suid-Afrika het godsdienstige gemeenskappe daarin geslaag om goeie verhoudinge met mekaar te handhaaf en daar is geen beduidende konflik nie. Bespreek die redes vir hierdie vreedsame saambestaan. (10) 4.3 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mediadekking sal 'n mens laat glo dat Moslems en Christene in Afrika mekaar aan die keel beet het. Rwanda, die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR), Kenia en Nigerië is net 'n paar voorbeelde van lande wat konflik ervaar. 4.3.1 Gee enige EEN voorbeeld van onlangse gewapende konflik in Afrika. (2) 4.3.2 Gee 'n kort oorsig oor die geskiedenis van die konflik in VRAAG 4.3.1. (10) 4.3.3 Analiseer die rol van godsdiens in die konflik in VRAAG 4.3.1 krities. (16) [50] VRAAG 5 Lees die koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERLOS ONS VAN DIE EUWELS Verslag deur Sibongile Mashabane DRAMA, woede en optogte is aan die orde van die dag sedert die kommissie wat die 'supermarkbenadering' in kerke en die uitbuiting van mense se geloofstelsels ondersoek, met hulle verhore van kerkleiers in Gauteng begin het. Die kommissie het 'n ondersoekende studie na die kommersialisering van godsdiens van stapel gestuur. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het dosyne kerkleiers opdrag gegee om voor die kommissie te verskyn. Lesego Daniel van Rabboni Ministries het aan die kommissie vertel dat God hom opdrag gegee het om mense gras te voer en hulle petrol te laat drink. Die Nasionale Intergeloofsraad van SA se tesourier-generaal, Selvan Govender, het gesê geloofsgebaseerde organisasies moet gereguleer word. Godsdiensvryheid SA se Andrew Selly het egter gesê hulle beroep is nie om te reguleer nie, omdat dit sal misluk en op die lange duur die kerk sal benadeel. Strukture kan ingestel word om te verseker dat mense se geloofstelsels nie uitgebuit word nie. Hulle sal kerke eerder help om as niewinsgewende organisasies te registreer. [Aangepas uit Sowetan, 23 November 2015] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2016 NSS 5.1 Gee redes waarom die kommissie hierdie ondersoek van stapel gestuur het. (10) 5.2 Waarom gebruik die opskrif van die artikel die meervoud 'euwels' in plaas van 'euwel'? (4) 5.3 Verduidelik tot watter mate jy dink godsdiens deur die staat gereguleer moet word. (8) 5.4 Waarom, dink jy, is daar besware teen die Kommissie? (6) 5.5 Bespreek enige VIER maniere waarop godsdienste hulself kan reguleer. (8) 5.6 Die artikel verwys na die uitbuiting van mense se geloofstelsels. Hoe kan geloofstelsels uitgebuit word? (6) 5.7 Dink jy 'n sekulêre staat het meer respek vir menseregte as 'n godsdienstige staat? Gee redes vir jou antwoord. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all