Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12201611 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) LW: Krediteer die kandidaat indien die korrekte antwoord in plaas van die letter neergeskryf is. VRAAG 1 1.1. 1.1.1 C 1.1.2 D 1.1.3 C 1.1.4 C of D 1.1.5 C 1.1.6 B 1.1.7 B 1.1.8 C 1.1.9 D 1.1.10 C (10 x 1) (10) 1.2 1.2.1 hermeneutiek 1.2.2 Nirvana/verligting 1.2.3 Harijans/Kinders van God/Sudras 1.2.4 Sekularisme. Ateïsme, kommunisme 1.2.5 Lao-tzu LET WEL: Aanvaar die kandidaat se antwoord indien dit duidelik herkenbaar is, selfs al is dit verkeerd gespel. (5 x 2) (10) LW: Krediteer die kandidaat indien die korrekte antwoord in plaas van die letter neergeskryf is 1.3 1.3.1 E 1.3.2 G 1.3.3 B 1.3.4 A 1.3.5 C 1.3.6 D (6 x 1) (6) 1.4 1.4.1 Boeke wat as gesaghebbend beskou word en soms ook as goddelik onthul 1.4.2 Om ten spyte van verandering by tradisionele, konvensionele waardes te hou 1.4.3 Streng navolging van konserwatiewe en tradisionele godsdienstige oortuigings 1.4.4 'n Onafhanklike groep stede en dorpe wat deur kultuur, godsdiens en regering verenig word 1.4.5 'n Benadering wat nie God se bestaan verwerp nie, maar dit eenvoudig ignoreer (5 x 2) (10) LW.: Ander geldige response moet gekrediteer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 1.5 1.5.1 Onwaar Hulle het nie hulle tradisionele Afrika-gebruike aanvaar nie en het gedink hulle is primitief. 1.5.2 Onwaar Volgens die Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee tipes kragte – die Jin en die Jang. 1.5.3 Onwaar Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is die Dalai Lama. 1.5.4 Onwaar Die Ou en Nuwe Testament is heilige tekste van die Christendom/Die Ou Testament/Torah is die heilige boek van Judaïsme. 1.5.5 Waar (5 x 2) (10) 1.6 1.6.1 • Die voorvaders speel 'n intermediêre rol tussen God en die lewendes. • Hulle bestaan in geesvorm en word oral gevind. (2) 1.6.2 • Meditasie help om beheer oor die denke te kry. • Dit is nodig om 'n vlak van 'niegehegtheid' te bereik. • Boeddhiste gebruik die meditasieproses om die bose te oorwin. • Kennis kan volgens Boeddhisme deur meditasie bekom word. LET WEL: Aanvaar enige TWEE toepaslike punte. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2016 NSS – Memorandum AFDELING B: LW. Slegs die eerste twee vrae word gemerk indien die kandidaat Meer as twee vrae beantwoord het. Die ekstra response word Deurgetrek en 'Ekstra Vrae' word daaroor geskryf. VRAAG 2 2.1 2.1.1 • Identiteit verwys na eienskappe wat mense die gevoel gee dat hulle behoort. • Identiteit skep ook 'n sekere persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei. Voorbeelde: • Godsdienste skep identiteit met kleredrag, simbole en gemeenskaplike gebruike. • Alle Christelike kerke het 'n Kruis as identiteit. (4) 2.1.2 • Dit verwys na twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer word om 'n nuwe een te vorm. Voorbeelde: • Sikhisme, Afrika Inheemse Kerke. Afrika Inisieerde (Geïnisieerde) Kerke. (4) 2.2 2.2.1 • Jode glo dat hulle 'n verbond met God het. • God is amper soos 'n vaderfiguur wat beide hulle Skepper en Beskermer is. • God is so heilig dat dit verbode is om selfs sy naam te noem. • Hulle glo dat God Homself deur sy Wet geopenbaar het. • Hulle lê meer klem op die korrekte leefwyse, eerder as geloof of oortuiging. (6) 2.2.2 • Verganklikheid is die hart van alle Boeddhistiese filosofie. • Dit impliseer dat selfs die gode/verligte wesens in Boeddhisme nie onsterflik is nie. • Die Agtvoudige Plan word voorgeskryf as 'n manier om lyding te beëindig. • Menslike lyding word deur onbevredigde menslike begeertes veroorsaak. (6) 2.2.3 • Geloof in die voorvaders en hulle voortdurende rol in die lewens van mense word op hulle onthulling aan die lewendes gebaseer. • Daar is nie 'n stigter nie. • Daar is nie 'n heilige teks nie. • Dit is 'n godsdiens wat op mondelinge tradisie gebaseer is. • Leringe en sedes word mondelings van een generasie na die volgende oorgedra. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 2.3 • Lewende wesens word na die dood weer gebore. • Sommige word in hoër vorme van lewe gebore, wat hulle nader aan versoening met die heilige bring. • Dit is die hoogste evolusie en word moksha genoem. • Ander word in laer vorme van die lewe gebore. Diegene wat 'laer' is, het 'n meer beperkte beskouing van die eindrealiteit. Dit is 'n vorm van regressie. (4) 2.4 • Godsdiensvryheid impliseer die vryheid van individuele lede van die gemeenskap om hulle godsdienste sonder vrees te beoefen. • Dit leer respek vir en verdraagsaamheid vir ander godsdienste. • Geen godsdiens is verhewe bo 'n ander nie, dus geniet alle godsdienste gelyke status. (2) 2.5 • Doktrine is 'n stel oortuigings of beginsels. • Dogma is 'n oortuiging wat gelowiges sonder enige twyfel moet aanvaar. (4) 2.6 VOORBEELD 1: • Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika (IFAPA) • Hierdie organisasie werk saam met godsdienstige gemeenskappe op die kontinent, wat een van die hoofredes vir hulle sukses is. • IFAPA werk nie in isolasie nie. Hulle werk nou saam met ander godsdienstige organisasies. • IFAPA het 'n suksesvolle poging aangewend om verskillende godsdienste so ver moontlik in te sluit. Hulle sluit byvoorbeeld die Afrika Tradisionele Godsdiens, Judaïsme, Christendom, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme en die Baha'i-geloof in. • Die organisasie het daarin geslaag om afgevaardigdes na die konflikgebiede te stuur. Die lede van hulle afvaardiging het 'n belangrike rol gespeel om strydende groepe bymekaar te bring, om wedersydse begrip en samewerking te bereik. • Ondanks al die moeite was hierdie organisasie egter nog nie in staat om permanente of langdurige vrede tussen strydende groepe te behaal nie. • Die rede daarvoor is die politieke inmenging. • Hulle sukses is ook bemoeilik deur die kulturele en stamgroepe wat godsdiens gebruik om hulle doelwitte te behaal. • Hierdie organisasie het ook daarin geslaag om die publiek, privaat sektor en regering bymekaar te bring, wat een van die redes vir hulle prestasies is. VOORBEELD 2: • Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Godsdienste vir Vrede • Hierdie organisasie het sukses behaal as gevolg van hulle beginsels en waardes van respek en verdraagsaamheid teenoor godsdienstige verskille. • Hulle is ook suksesvol omdat hulle nog altyd moeite gedoen het om 'n vreedsame saambestaan tussen verskillende godsdienste aan te moedig. • Hulle handelinge is gebaseer op diep en hoofsaaklik gedeelde kwessies en waardes van morele belang. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2016 NSS – Memorandum • 'n Ander rede vir hulle sukses is die bevordering en bewaring van identiteit in elke godsdienstige gemeenskap. • Die erkenning van godsdienstig diverse gemeenskappe in Afrika het tot hulle sukses gelei. • Hulle ondersteun ook plaaslik bestuurde multigodsdienstige strukture onder die vaandel van Godsdienste vir Vrede. • Hulle bevorder die beginsels van verteenwoordiging, hulpverlening en genootskap. • Hulle het aan die Wêreld- Maatskaplike Forum deelgeneem. • Alhoewel hierdie organisasie baie suksesse behaal het, is daar ook mislukkings aangeteken: • Bv. Die handhawing van permanente vrede tussen strydende groepe in Afrika. • Vredebewaring is nog altyd deur politieke en kulturele verskille onderbreek. • Daar is 'n gebrek aan erkenning van die organisasie by sommige regerings, soos dié in Tsjad en die Sentraal Afrikaanse Republiek. LET WEL: 'n Minimum van vier en 'n Maksimum van ses punte kan toegeken word vir die evaluering van die werk wat deur die organisasie gedoen is. (14) [50] VRAAG 3 3.1.1 • Die opskrif beteken dat die Christengemeenskap wil hê dat die program vroegaand na laataand verskuif moet word. • Dit druk ook die siening uit dat die duiwel aan die duisternis behoort. (2) 3.1.2 • Die Christen-kykers het 'n klag ingedien. • Die dramareeks fokus op Lucifer, wat hoofsaaklik as die bron van die bose beskou word. • Ander kykers beweer dat die dramareeks Satanisme aanmoedig. • Om 19:00 is daar die risiko dat kinders die program kan sien en dat hulle negatief daardeur beïnvloed sal word. Vandaar die behoefte om die tydgleuf te verander. (8) 3.1.3 • Die publiek kan mislei word om die duiwel as 'n gewone mens te beskou. • Die jonger generasie kan dink dat Satanisme net een van die aanvaarde godsdienste is en dat dit 'n positiewe rol in die samelewing kan speel. • Hierdie program kan tot die bevordering van Satanistiese aktiwiteite lei. • Konflik kan tussen die Christelike gemeenskap en ander geloofsgroepe ontstaan./Die handelinge van die Christen-groep kan teenkanting kry van ander godsdiensgroepe wat nie in die bestaan van die duiwel glo nie. • Hierdie gemeenskappe kan kwelpunte oor menseregte en vryheid van keuse opper. • Die TV-program verheerlik die bose. • Dit kan mense bewus maak van hoe iemand deur die bose verlei kan word. (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 3.1.4 • Elkeen het die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en opinie. • Die nie-Christelike gemeenskap sal ontneem word van hulle reg op vryheid van gewete, geloof en opinie. • Hulle skend hulle vryheid van keuse en belangstelling. • Hulle ontneem kykers van die blote vermaaklikheidswaarde van die reeks. • Elkeen het die reg tot vryheid van uitdrukking, wat vryheid van die pers en ander media insluit. • Die Christelike gemeenskap skend die vryheid van die pers en ander media om slegs aan die behoeftes van die Christelike gemeenskap te voldoen. • Hulle skend ook die vryheid van kunskreatiwiteit van die skeppers van die reeks. (12) 3.2 • Die media skep sensasie rondom godsdiens. • Bv. pedofilie in die Katolieke Kerk, Hijab in Islam, ens. • Hulle fokus op die uitsonderings, eerder as die norm. • Hulle gee blootstelling aan kleiner godsdienstige kwessies en ignoreer hoofstroomgodsdiens. • Bv. gayregte, aborsie, ens. • Die media is selektief in hul dekking van godsdienste. • Bv. Baie dekking word aan die Pous se besoeke gewy, terwyl daar min gesê word van die Dalai Lama se besoek aan die VSA. • Enige gewelddadige daad deur 'n Moslem word altyd met Islam verbind. As nie-Moslems sulke dade pleeg, word godsdiens nie genoem nie. • Sosiale media is minder bevooroordeeld, omdat dit minder as hoofstroommedia gereguleer word. • Bv. Facebook, Twitter en ander sosiale media vereis dat intekenare hulleself moet identifiseer voordat hulle iets plaas. Haatspraak word verwyder. (14) [50] VRAAG 4 4.1 4.1.1 • Dit verwys na die asem (mag/kennis) van 'n bonatuurlike wese of mag. • Byvoorbeeld: 'n godheid neem 'n persoon oor en inspireer hom of haar met goddelike kennis. • Die meeste godsdienste het stigtersfigure wat deur 'n hoër mag of wysheid geïnspireer is. Voorbeelde: • Abraham, Moses, Boeddha, die Profeet Mohammed en Baha'u'llah. • Mediums en waarsêers spesialiseer in die algemeen in kommunikasie met voorvaders en geeste. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.1.2 • Die woord 'gelykenis' verwys na 'n storie wat vertel word om 'n godsdiensbeginsel of antwoord op 'n godsdiensvraag te illustreer. • Gelykenisse speel af in die kulturele en sosiale omgewings van die mense wat dit skep en gebruik. Voorbeeld: • In die Nuwe Testament verwys dit na 'n storie wat ontwerp is om 'n spirituele waarheid te onderrig (bv. die gelykenis van die saaier). (4) 4.1.3 • 'n Godsdienstige seremonie wat daarop gemik is om gelowiges aan 'n heilige gebeurtenis te herinner. • 'n Seremonie om 'n heilige teenwoordigheid te nooi. Voorbeeld: • Doop (in Christendom), besnyding (in ATG), Navaratri (in Hindoeïsme). Begrafnisrites in enige godsdiens. LET WEL: Enige ander relevante voorbeelde moet aanvaar word. (4) 4.2 • Tydens die apartheidsera het godsdienste daarin geslaag om saam te staan teen diskriminasie en ander gruweldade. • As gevolg van die stryd teen apartheid en die belangrike rol wat godsdienstige gemeenskappe gespeel het, is eenheid aangemoedig. • 'n Sterk intergodsdienstige vryheid is gevestig. • Die goeie verhouding tussen godsdienste en die Suid-Afrikaanse regering, was ook belangrik in die vermyding van konflik tussen godsdienste. • Suid-Afrika het godsdienstige vryheid in die Grondwet ingesluit. • Alle godsdienste, minderheidsgodsdienste ingesluit, is vry om hulle gelowe sonder vrees vir weerwraak te beoefen. • Die Grondwet laat nie diskriminasie op grond van geloofsbelydenis, kultuur of ras toe nie. • Alle godsdienste geniet dieselfde behandeling en dieselfde status. • godsdienstige vakansiedae word vrylik deur verskillende godsdiensgroepe gevier. • Bv. Diwali, Eid, Jom Kippoer, Paasfees, Kersfees, ens. • Enige haatspraak word deur die regstelsel hanteer. LW.: Ander relevante feite moet gekrediteer word. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.3 4.3.1 VOORBEELD 1: Sentraal-Afrikaanse Republiek (2) 4.3.2 • Die konflik het in ongeveer 2003 begin toe President Bozize beheer van die land oorgeneem het. • 'n Aantal rebellegroepe het teen die regering geveg in wat die SAR-Bosoorlog (2003–2007) genoem word. • Hierdie groepe is die Seleka (eenheid) genoem. • Vredesamesprekings tussen die rebelle en regering het in 2012 op 'n dooie punt uitgeloop. • Die rebelle het Bozize daarvan beskuldig dat hy sy beloftes van amnestie verbreek het. • Die Seleka het in 2012 'n aantal sleuteldorpe beset. • Hulle het Bangui, die hoofstad, in 2013 beset. • Die President het in 2014 uit die land gevlug. • Burgerlike onrus het in die afwesigheid van 'n effektiewe regering opgevlam. • Groepe wat teen die Balaka gekant was, het duisende Moslems vermoor. (10) 4.3.3 • In die Sentraal-Afrikaanse Republiek is godsdienste gebruik om deel van die konflik te wees, • Islam en die Christendom. • Die twee godsdienste se konflik is op etniese suiwering gegrond. • Die regering en die weermag speel blykbaar 'n baie klein rol. • Christene teiken beide Moslems en buitelanders en forseer hulle om uit die land te vlug. • Kriminele elemente buit die konflik uit en beroof eiendomme. • Daar was wydverspreide stroping van eiendomme • Die verval van die regering dra ook tot die konflik by. Dit was daarom nie net 'n godsdienstige konflik nie. (16) OF 4.3.1 VOORBEELD 2: Darfoer/Soedan (2) 4.3.2 • Probleme in Darfoer se gemeenskappe kan tot meer as 100 jaar gelede nagespeur word. • Hierdie land word hoofsaaklik deur etniese en kulturele groeperings verdeel. • Dit lyk nie asof godsdiens 'n hoofbron van konflik is nie alhoewel dit altyd so gesien word. • Twee breë groeperings kan in Darfoer gevind word, naamlik Arabiese stamme wat 'Baggara' genoem word, en baie Afrika- stamme. • Die Afrikane kan in baie groepe of stamme onderverdeel word. • Bv. die Afrika-groepe sluit die Fur, die Masaliete en die Zaghawa. • 'n Ander stel verskille behels kultuurkwessies. • Die meeste mense in die gebied is Soenni-Moslems. • Daar is ook Christene. • Vir baie eeue het trekboere en ander boere moeite gedoen om saam te leef. • Darfoer was die kern van slawehandel in Noordoos-Afrika. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 4.3.3 VOORBEELD: Soedan • Die hoofrol wat godsdienste gespeel het, was om moeite te doen om hulp te verleen. • Godsdienstige hulpverleningsorganisasies is noodsaaklik om praktiese ondersteuning in konflikgebiede te bied. • Daar is byvoorbeeld godsdiensorganisasies soos die 'Islamic Relief Agency' en die 'Catholic Agency for Overseas Development'. • Tussen al die ondersteuningsaktiwiteite waaraan hulle deelneem, kan ons die volgende uitlig: • Verskaffing van boumateriaal en mediese hulp. • Hulle bou en herstel ook klinieke en skole. • Godsdienstige hulpverleningsorganisasies verskaf ook kos. • Hulle lei plaaslike gemeenskappe in lewensvaardighede op, wat die mense help om uitdagings wat met die gewelddadige konflik gepaard gaan, die hoof te bied. • Terwyl godsdiens organisasies teen konflik gekant mag wees, kan hulle dit nie stop nie. (16) LW: Ander relevante feite moet gekrediteer word. [50] VRAAG 5 5.1 • Gemeenskapslede het oor onetiese gedrag gekla. • Gevaarlike/Verdagte kerkaktiwiteite is in die media gerapporteer. • Dit is die Staat se verantwoordelikheid om elke burger te beskerm. • Die Kommissie wil kerke inlig oor die belangrikheid van die Staat se verantwoordelikheid. • Hulle wil die finansiële sake van godsdienstige organisasies ondersoek. • Kerke moet bewus gemaak word dat hulle nie bo die reg verhewe is nie. • Hulle wil hê kerke moet oop en deursigtig wees in hulle aktiwiteite. (10) 5.2 Dit is omdat verlossing nodig is van: • 'n Naïewe publiek • Korrupte godsdienstige leiers • 'n Regering wat die magte van godsdienstige organisasies wil inperk (Enige twee) (4) 5.3 • Volgens die Grondwet is dit die regering se plig om burgers te beskerm. • Dit sluit lede van godsdiensorganisasies in. • Regerings moet slegs inmeng wanneer die wet oortree word. • Bv. enige vorm van diskriminasie, inperking van vryheid van assosiasie, ens. • Godsdiensorganisasies glo egter dat hulle deur God geïnspireer is. Dus hoef hulle nie deur mense gereguleer te word nie. • Lede sal bewus gemaak word van hulle regte en sal in staat wees om uitbuiting te weerstaan. • Oorregulering kan tot weerstand teen die Staat lei. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/November 2016 NSS – Memorandum 5.4 • Lede van die kerk dink die regering het nie die reg om namens hulle op 'n godsdiens te besluit nie. • Godsdiensleiers is bang dat hulle lede kan verloor. • Hulle is bang dat hulle hulle lede se respek sal verloor. • Leraars glo dat hulle deur God gestuur is en dat hulle God se werk volgens hulle roeping doen. (6) 5.5 • Godsdiensleiers is kenners van die leringe wat die aktiwiteite van die organisasie reguleer. • Enige godsdiensleier wat die kerk verontagsaam, word uit die kerk geban of daar word sanksies teen hom/haar ingestel. • Elke godsdiens tree in lewendige debat oor die interpretasie van gedragsreëls. • Hulle glo in 'n Opperwese wat alles sien, en hulle wil nie sonde pleeg nie. • Elke kerk het sy eie grondwet wat hulle bestuur en reguleer. (8) 5.6 • Mense mag nie hulle eie godsdienstige opinies opper nie (Godslastering). • Mense mag nie oor ander godsdienste leer nie. • Mense word geforseer om dinge teen hulle wil te doen. • Hulle word nie toegelaat om die godsdiens of hulle leiers te bevraagteken nie. • Mense se geloof word uitgebuit vir finansiële gewin. (6) LW:. Ander relevante feite moet gekrediteer word 5.7 JA • Alle godsdienste word dieselfde behandel. • Die Staat het die reg om in godsdienssake in te meng indien dit 'n negatiewe invloed op gemeenskappe het. • Godsdienste wat in die verlede die Staat beïnvloed het, word nou dieselfde as ander godsdienste behandel. • Sekulêre wêreldbeskouings word geakkommodeer en word dieselfde erkenning as enige ander godsdiens gegee. • 'n Godsdienstige staat dwing die staatsgodsdiens op nie-gelowiges af. • Sommige sekulêre state is egter skuldig aan die ergste menseregteskendings, byvoorbeeld die bom op Hirosjima. OF NEE • Menseregte spruit uit godsdiensleringe. • Sulke leringe waarborg menseregte. • Bv. Jy mag nie moord pleeg nie. Dit beskerm alle menselewens, selfs dié wat nog nie gebore is nie. • Godsdienstige state het in die verlede ook gruwelike menseregteskendings gepleeg. • Byvoorbeeld die Spaanse Inkwisisie en die Kruistogte. • Dus kan menseregte deur beide sekulêre en godsdienstige state gerespekteer en geskend word. LET WEL: Kandidate mag 'n kombinasie van antwoorde gee. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all