Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220169 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2016 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2016 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2016 SSE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die Baha'i-geloof het in ... ontstaan. A Israel B Indië C Iran D Irak (1) 1.1.2 Die setel van die Rooms-Katolieke vertakking van die Christendom is ... A Londen. B Jerusalem. C Rome. D Mekka. (1) 1.1.3 Karl Marx en Friedrich Engels het probeer om 'n samelewing gebaseer op ... te stig. A kommunisme B sosialisme C kapitalisme D protestantisme (1) 1.1.4 Ubuntu is … A 'n dag wat in die Afrika Tradisionele Godsdiens vir gemeenskapsaanbidding gebruik word. B om respek en empatie aan jou medemens te betoon. C 'n godsdienstige lering met absolute gesag. D 'n woord wat 'mense van Afrika-afkoms' beteken. (1) 1.1.5 Die volgende is 'n heilige teks van Boeddhisme: A Die Boek van Mormon B Sigalovada Sutta C Pali Kanon D Vedas (1) 1.1.6 'n Seremonie waartydens 'n gelowige met gebruik van water 'n lid van die Christelike gemeenskap gemaak word: A Kataklisme B Paaiery C Doop D Nagmaal (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2016 SSE 1.1.7 'n Heen en weer omswaai van een kant na die ander in Taoïsme: A Ossillasie B Afneming C Kategisme D Kosmologie (1) 1.1.8 Konserwatiewe volgelinge van die volgende godsdiens is NIE teen die Oerknalteorie gekant NIE: A Christendom B Judaïsme C Boeddhisme D Islam (1) 1.1.9 Die eerste Parlement vir Wêreldgodsdienste is in ... gehou. A Den Haag B Rome C Chicago D Kyoto (1) 1.1.10 'n Moslem godsdienstige leier en leermeester: A Imam B Kardinaal C Radja D Apostel (1) 1.2 Verduidelik elk van die volgende terme in die konteks van godsdiens. Skryf TWEE feite oor elke term in volsinne neer. 1.2.1 Kitáb-i-Aqdas (2) 1.2.2 Reïnkarnasie (2) 1.2.3 Mantra (2) 1.2.4 Jin en Jang (2) 1.2.5 Vergelykbaarheid (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2016 SSE 1.3 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE pas NIE. Skryf die woord en 'n rede langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Moses; Modimo; Jehova; Brahma (2) 1.3.2 Lao-tzu; Chuang-tzu; Taoiste; St. Lukas (2) 1.3.3 Tao Te Ching; Bybel; Boek van Mormon; waarsêer (2) 1.3.4 Shaiva; Vaishnava; Shakteya; Dharma (2) 1.3.5 Mekka; Vatikaanstad; Medina; Dar es Salaam (2) 1.4 Verduidelik die verskil tussen intergodsdienstige konflik en intragodsdienstige konflik. (4) 1.5 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 Tora A geestelike leier van Tibettaanse Boeddhisme 1.5.2 Parlement vir Wêreldgodsdienste B die vertolking van heilige tekste 1.5.3 Bahá'u'lláh C 'n belangrike aspek van die leringe van Jesus Christus 1.5.4 Hermeneutiek D gestig om wêreldwye dialoog tussen 1.5.5 Die Dalai Lama godsdienste te skep 1.5.6 Sjamaan E die somtotaal van God se wil in Judaïsme F die stigter van die Baha'i-geloof G gedragspatrone wat in sekere gemeenskappe as normaal aanvaar word H iemand wat as 'n medium tussen die sigbare en die geestelike wêreld optree (6 x 1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2016 SSE 1.6 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede indien die stelling ONWAAR is. Skryf WAAR of ONWAAR en die rede langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.6.1 Die Tripitaka is een van die heilige boeke van Judaïsme. (2) 1.6.2 'n Persoon met liberale waardes toon diep godsdienstige verbintenis en hou aan tradisionele waardes vas. (2) 1.6.3 Westerse sekularisme verwerp konvensionele godsdiens as 'n fondasie vir die lewe en geregtigheid. (2) 1.6.4 Die verering van die voorvaders is die belangrikse morele orde in Islam. (2) 1.6.5 Die bodhisattva verkry insig en ontdek die onbekende deur bonatuurlike magte te gebruik. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2016 SSE AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle godsdienste het sekere oortuigings. Sulke oortuigings staan as godsdienstige leringe bekend. [Aangepas uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al.] 2.1 Bespreek die volgende begrippe in die konteks van godsdiens: 2.1.1 Oortuiging (6) 2.1.2 Dogma (6) 2.1.3 Mite (6) 2.1.4 Doktrine (6) 2.2 Kies ENIGE EEN godsdiens, behalwe die Hindoeïsme, en bespreek VYF van die godsdiens se unieke kenmerke. (10) 2.3 Bespreek die leringe van verskillende godsdienste wat die volgende waardes bevorder: 2.3.1 Die reg tot lewe (6) 2.3.2 Respek (6) 2.3.3 Liefde (4) [50] VRAAG 3 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DJIHAD-REBELLE UIT SLEUTELDORP IN SIRIË GEDRYF Sirië se weermag, ondersteun deur Iranse magte, Libanese Hisbolla-militante en Russiese lugaanvalle, het gister die grootste deel van al-Hader, 'n sleuteldorp suid van Aleppo wat deur rebelle beheer is, beset. Dit was hulle tweede groot oorwinning in die provinsie hierdie week. Die staatstelevisiediens het die verowering van die dorp al-Hader, 'n opposisievesting naby die strategiese Aleppo-Damaskus-hoofweg, aangekondig. Hierdie oorwinning kom slegs 48 uur nadat Sirië se magte die Islamitiese Staat-terroristegroep se beleg van die Kweiris-lugmagbasis in die ooste van die Aleppo-provinsie beëindig het ... Die dorp al-Hader is hoofsaaklik deur al-Kaïda- ondersteuners, die al-Nusra Front, en ander geallieerde Islamitiese groepe beheer ... [Bron: The Times, 13 November 2015] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2016 SSE 3.1 Wat verstaan jy onder djihad? (4) 3.2 Drie strydende groepe word in hierdie artikel genoem. Noem die DRIE groepe asook enige van hulle bondgenote. (12) 3.3 In watter mate is hierdie 'n godsdienstige oorlog? Gee redes vir jou antwoord. (14) 3.4 Hoe het hierdie oorlog ander dele van die wêreld beïnvloed? (12) 3.5 Godsdienstige oorloë is onder sekere omstandighede toelaatbaar. Noem VIER sulke omstandighede. (8) [50] VRAAG 4 4.1 Lees die uittreksel oor menseregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE SPAANSE INKWISISIE Die Spaanse Inkwisisie was 'n geregshof wat in 1478 in Spanje gestig is. Dit was verbind aan 'n tak van die Katolieke Kerk genaamd 'Die Heilige Kantoor van die Inkwisisie Teen Kettery'. Die doel van die Heilige Kantoor was om Katolieke oortuigings en gebruike suiwer te hou deur mense wat nie 'n ortodokse weg gevolg het nie, te vervolg. Die hof is gestig om deels te verseker dat mense wat uit Judaïsme en Islam tot Katolisisme bekeer is, heeltemal bekeer was en nie steeds hul vorige godsdienste in die geheim beoefen het nie. Indien hulle dit wel gedoen het, is hulle deur die Spaanse Inkwisisie verhoor. 'n Interessante aspek van die Inkwisisie was 'verhoor deur vuur' – die idee dat, indien 'n persoon onskuldig was, hy of sy aan 'n dodelike situasie blootgestel kon word (soos om op 'n brandstapel gebrand te word) en dat God hom of haar sou red. Indien die persoon egter gesterf het, was dit 'n 'bewys' dat hy of sy skuldig was. [Aangepas uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al.] 4.1.1 Verduidelik die begrip menseregte in die konteks van godsdiens deur TWEE sinne te gebruik. (4) 4.1.2 Verduidelik hoe die Spaanse Inkwisisie gewerk het. (6) 4.1.3 Bespreek krities hoe die Spaanse Inkwisisie die regte van bekeerlinge op vryheid van godsdiens geskend het. (12) 4.1.4 Bespreek hoe godsdiensvryheid in Suid-Afrika beskerm word. (12) 4.2 Die stigting van die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika ('Interfaith Action for Peace in Africa') (IFAPA) was 'n noemenswaardige poging om godsdienste oral in Afrika te verenig. Noem enige AGT van dié organisasie se prestasies. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2016 SSE VRAAG 5 5.1 Noem DRIE unieke kenmerke van Hindoeïsme. (6) 5.2 Bespreek sommige van die noemenswaardige veranderinge in intergodsdienstige verhoudinge nadat Suid-Afrika in 1994 'n demokratiese staat geword het. (14) 5.3 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GODSDIENS MOET GEREGULEER WORD Penuel Mnguni, 'n prediker van Pretoria, het sy gemeentelede 'n lewendige slang gevoer en gesê dit proe soos sjokolade. Voor dit het sy geestelike vader, Daniel Mosuoe, sy gemeentelede petrol gegee om te drink, wat in 'sap' verander het. Beide truuks het geen gevolge gehad nie ... Dit wil voorkom asof daar ook ongerymdhede in die finansies van die kerk is. As hulle niks het om weg te steek nie, waarom stel hulle nie hulle finansiële boeke vir openbare ondersoek beskikbaar nie? Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het 'n ondersoek na skelm kerke geloods. Die tandelose Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, onder druk van sogenaamde 'blink pastore' ('bling pastors') het die kommissie versoek om die ondersoek af te las totdat kwessies wat deur die betrokke pastore geopper is, opgelos is. [Aangepas uit The Star, 10 November 2015] 5.3.1 Wat is 'n 'blink pastoor' ('bling pastor')? (4) 5.3.2 Wat wys hierdie artikel omtrent die skrywer se houding teenoor godsdiens? Gee ondersteunende bewyse uit die artikel. (12) 5.3.3 Dink jy godsdiens moet gereguleer word? Motiveer jou antwoord. (6) 5.3.4 Veronderstel jy is 'n joernalis. Skryf die artikel oor uit die oogpunt van Penuel Mnguni en Daniel Mosuoe en verdedig hulle optrede. (8) [50] GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all