You're offline
Skip to content
Memorandum

Religion Studies P1 May June 2016 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Religion StudiesGrade 12201610 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2016 SSE – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C (1) 1.1.2 C (1) 1.1.3 A (1) 1.1.4 B (1) 1.1.5 C (1) 1.1.6 C (1) 1.1.7 A (1) 1.1.8 D (1) 1.1.9 C (1) 1.1.10 A (1) 1.2 1.2.1 • Die Kitáb-i-Aqdas is 'n Baha'i-boek wat die meeste van Bahá'u'lláh se doktrines in die Baha'i-geloof bevat.  • Dit word ook 'n Boek van Sekerheid/Oortuiging genoem.  (2) 1.2.2 • Reïnkarnasie is die geloof in die hergeboorte van die siel.  • Dit is die siel in 'n nuwe liggaam. • Reïnkarnasie is 'n sentrale oortuiging in Hindoeïsme.  (2) 1.2.3 • 'n Mantra is 'n vers, lettergreep of frase wat volgens geloof 'n goddelike oorsprong het.  • Dit het in Hindoeïsme ontstaan. • Dit word ook in rituele of meditasie in verskillende godsdienste gebruik.  (2) 1.2.4 • Jin en Jang verwys na 'n oortuiging in Taoïsme dat alles in die skepping uit twee teenoorstaande kragte bestaan.  • Die Jin is passief, donker, toegewend en vroulik. Die Jang is aktief, lig, kragtig en manlik.  (2) 1.2.5 • Vergelykbaarheid verwys in 'n godsdienstige konteks na 'n vergelyking tussen verskillende godsdienste (intergodsdienstige vergelyking) of 'n vergelyking tussen verskillende vertakkinge/bewegings in dieselfde godsdiens (intragodsdienstige vergelyking).  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2016 SSE – Memorandum 1.3 1.3.1 Moses  Hy was 'n leier van die Joodse nasie, terwyl die ander name vir die Opperwese is.  (2) 1.3.2 St. Lukas  Hy word nie met Taoïsme verbind nie. (2) 1.3.3 Waarsêer  Die ander woorde verwys na normatiewe bronne in verskillende godsdienste.  (2) 1.3.4 Dharma  Die ander is sektes van Hindoeïsme. Dharma is een van die vier stadiums van die lewe in Hindoeïsme.  (2) 1.3.5 Dar es Salaam  Die ander woorde verwys na heilige plekke.  (2) 1.4 Intergodsdienstige konflik is konflik tussen verskillende godsdienste. 'Inter' beteken 'tussen twee of meer'. Intragodsdienstige konflik is konflik tussen die vertakkinge/bewegings of groepe wat aan dieselfde godsdiens behoort. 'Intra' beteken 'van binne'. (4) 1.5 1.5.1 E (1) 1.5.2 D (1) 1.5.3 F (1) 1.5.4 B (1) 1.5.5 A (1) 1.5.6 H (1) 1.6 1.6.1 Onwaar  Die Tripitaka is een van die heilige boeke van Boeddhisme/Die Tora is een van die heilige boeke van Judaïsme. (2) 1.6.2 Onwaar  'n Persoon met konserwatiewe waardes vertoon diep godsdienstige toewyding en hou vas aan tradisionele waardes.  (2) 1.6.3 Waar (2) 1.6.4 Onwaar  Die verering van die voorvaders word in die Afrika Tradisionele Godsdiens beoefen.  (2) 1.6.5 Onwaar  'n Bodhisattva is iemand wat nirvana kan binnegaan, maar wat uit medelye met die lyding van ander mense besluit het om sy/haar ingang uit te stel om hulle te help.  (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2016 SSE – Memorandum AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 Oortuiging • Oortuiging word dikwels gebruik met dieselfde betekenis as 'n diepe oordenking van godsdienstige leringe en die aanvaarding daarvan as die waarheid. • Oortuiging kan beteken om 'n feit, 'n ding, 'n stelling of 'n lering in 'n sekere godsdiens te aanvaar. • Dit kan ook 'n sterk opinie oor godsdiens beteken. • Oortuiging kan ook as 'n sinoniem vir godsdiens gebruik word. • Oortuiging kan ook na geloof verwys. (6) 2.1.2 Dogma • Die woord 'dogma' kom van die Griekse woord 'dogma', wat verskyning of opinie in godsdiens beteken. • Dit is 'n beginsel of stelsel wat deur 'n godsdienstige gesag neergelê word. • Dit is 'n stel oortuigings wat as die absolute waarheid aanvaar word en vas is in godsdiens. • Die oortuigings in dogma is nie onderhandelbaar nie. • Daar is nie 'n duidelike skeidslyn tussen lering en dogma in godsdiens nie. • In Islam is daar byvoorbeeld dogmatiese beginsels wat in die aqidah vervat is. (6) 2.1.3 Mite • Die woord 'mite' kom van die woord 'mythos' wat woord of fabel beteken. • Dit verwys na die stories wat die dieptste waarhede oor die skepping, lewe en lewe na die dood in godsdiens openbaar. • Mites vorm die basis van leringe en selfs dogma in sekere godsdienste. • 'n Mite probeer nie noodwendig om 'n morele standpunt te maak in godsdiens nie. (6) 2.1.4 Doktrine • Dit is 'n stel oortuigings of beginsels in godsdiens. • Doktrines is die oortuigings wat 'n sentrale verwysingsraamwerk in godsdiens verskaf. • Dit is ook 'n verklaring van geloof en die funksie daarvan is om dit wat in 'n godsdiens belangrik is, te beskerm. • Doktrines verwys ook na die volledige stel oortuigings in 'n godsdiens. (6) 2.2 VOORBEELD 1: Afrika Tradisionele Godsdiens • Dit is 'n stamgebaseerde godsdiens. • Bejaarde persone is die hoofleiers in die ATG. • Dit bevorder verering van die voorvaders. • Dit fokus op morele gebruike en rituele. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2016 SSE – Memorandum • Straf en beloning vind nou plaas, nie na die dood nie. • 'n Gemeenskaplike lewenswyse is sentraal en individualisme word ontmoedig. • Dit het nie 'n stigter nie. • Dit het ook nie 'n heilige boek nie. VOORBEELD 2: Christendom • Christene glo dat Jesus Christus die Seun van die Lewende God is. • Hulle glo dat God sy Seun gestuur het om vir hulle sondes te sterf. • Hulle glo dat God in Jesus Christus 'n menslike vorm aangeneem het. • Hulle glo in die Drie-eenheid – die Vader, Seun en Heilige Gees. • Hulle glo dat Jesus Christus gesterf het en na drie dae uit die dood opgewek is. • Hulle glo dat vergifnis in die naam van Jesus Christus geskied. • Hulle glo dat Jesus Christus die enigste weg na God is. • Hulle vier die Nagmaal ter herdenking van Christus se dood. (10) 2.3.1 Reg tot lewe • Menselewens is volgens verskeie godsdienste heilig. • In sommige godsdienste, byvoorbeeld die Tien Gebooie wat in Christelike en Joodse tekste voorkom, word duidelik gestel dat mens nie mag moord pleeg nie. • Die beskerming van menslike lewe het voorkeur bo alle ander aktiwiteite in Islam. • Die Koran verklaar dat die ongeregverdigde neem van een lewe dieselfde is as om die hele mensdom te vermoor, en dat om een mens se lewe te red, dieselfde is as om die hele mensdom te red. • In die Koran 4:29–30 word Moslems verbied om mekaar dood te maak. Hulle word ook daaraan herinner dat Allah genadig is. • In ATG is die geboorte van 'n kind 'n geskenk van die voorvaders, en daarom word die reg op lewe baie hoog geag. • Die Abrahamitiese godsdienste leer dat aborsie 'n groot sonde is. (6) 2.3.2 Respek • Respek is een van die basiese leringe in alle groot godsdienste. • In die Baha'i-geloof is respek uiters belangrik en hierdie godsdiens leer dat vroue met respek behandel moet word en dat hulle waardigheid beskerm moet word. • In die Abrahamitiese godsdienste word daar van alle gelowiges verwag om respek vir God se hele skepping tuis te onderrig. • In die heilige Boeke word gesê dat mans hulle vroue moet liefhê en dat vroue hulle mans moet eer. • Die kinders moet geleer word om bejaardes te gehoorsaam en bejaardes moenie die kinders ontstel of hulle sonder respek behandel nie. • Boeddhisme leer dat die vrou met eerbied behandel moet word en dat die vrou aan haar man getrou moet wees. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2016 SSE – Memorandum 2.3.3 Liefde • Die Christelike Bybel beklemtoon die waarde van liefde in Johannes 3:16: 'Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het om vir ons te sterf.' • In die Koran word Allah as liefdevol en genadig uitgebeeld en daarom word daar van die volgelinge van Islam verwag om daardie liefde in hulle daaglikse lewens uit te leef. • Ubuntu is 'n lering in die Afrika Tradisionele Godsdiens wat mense aanmoedig om liefde teenoor mekaar te betoon. (4) [50] VRAAG 3 3.1 • Djihad is 'n Arabiese woord wat beteken 'om te strewe, om moeite te doen, om te worstel, om aan te hou'. • Dit is ook die godsdienstige plig van Moslems om hulle godsdiens te handhaaf. • Dit sluit verdedigende militêre aksie in om die godsdiens en Moslem lewenswyse te beskerm. • Dit word as die Heilige Oorlog beskou. [Bron: islamicsupremecouncil.org] (4) 3.2 Siriese weermag Islamitiese Staat Djihad-rebelle Libanese Hisbolla al-Kaïda (al-Nursa Front) Rusland (12) 3.3 • Godsdiens speel 'n baie klein rol in hierdie konflik. • Die konflik het in 2011 as 'n burgerlike opstand begin. • Dit was teen die Siriese regering van Bashar al-Assad. • Die Verenigde State en Europa het ingestem om die rebelle (Vrye Siriese Weermag) te help. • Westerse ondersteuning vir die rebelle het egter opgedroog toe die Weste besef dat die rebelle groepe insluit wat onafhanklik van VSA-invloed wou wees/dat hulle 'n staat gegrond op Islamitiese waardes wou stig. • Die Siriese regering kry Sjia-ondersteuning van Hisbolla en Iran. • Die rebellebewegings is meestal Soenni's. • Die Islamitiese Staat is ook Soenni, maar is gekant teen beide die rebelle en die Siriese weermag. • Die Siriese weermag en die rebelle het beide hulp van buite. • Dit maak die konflik internasionaal en polities van aard, tussen Rusland en die Weste. [Bron: bbc.com/news/world-middle east] (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2016 SSE – Memorandum 3.4 • Die VSA, Frankryk en Duitsland het van die begin van die konflik die Siriese rebellebewegings ondersteun. • Iran het die Siriese regering ondersteun. • Rusland is Iran se bondgenoot en het onlangs met bomaanvalle teen die vyande van die Siriese regime begin. • Die Islamitiese Staat, wat in Irak gebaseer is, het reeds groot dele van Sirië verower (soos die Kweiris-lugmagbasis). • Miljoene Siriese vlugtelinge is gedwing om na verskillende dele van die wêreld te vlug, insluitend Libanon, Jordanië, Turkye en sommige Europese lande. • Die Russiese vegvliegtuig wat onlangs afgeskiet is, was vermoedelik die werk van die Islamitiese Staat. • Die aanvalle in Parys op 13 November 2015 was vermoedelik ook wraak deur die Islamitiese Staat op Europese aanvalle op hulle basisse. (12) 3.5 3.5.1 Evangelistiese oorloë Dit is oorloë waar 'n godsdienstige staat beluit dat die burgers van 'n naburige staat na die 'ware godsdiens' moet bekeer. (2) 3.5.2 Selfverdedigingsoorloë Dit is oorloë wat gevoer word in die belang van geregtigheid. Die bose moet oorwin word en die goeie moet gehandhaaf word. (2) 3.5.3 Vergeldingsoorloë Dit word gevoer om wraak te neem teen 'n oortreding wat teenoor 'n spesifieke godsdiens gepleeg is. (2) 3.5.4 Veroweringsoorloë Dit word vir die glorie van God gevoer. Militêre sukses word as 'n weerspieëling van God se almag beskou. (2) VRAAG 4 4.1 4.1.1 • Menseregte in 'n godsdienstige konteks verwys na die inherente waardigheid van 'n mens. • Dit beteken ook dat die bestaan van 'n mens hom of haar hoë waarde op aarde gee. • Hierdie begrip draai om die oortuiging dat alle mense na die beeld van God geskape is. (4) 4.1.2 • Dit het 'n kantoor gehad wat 'Die Heilige Kantoor van die Inkwisisie Teen Kettery' genoem is. • Die doel van die Heilige Kantoor was om Katolieke oortuigings en gebruike suiwer te hou deur mense te vervolg wat nie 'n ortodokse vorm van Katolisisme gevolg het nie. • Dit het ook probeer verseker dat bekeerlinge uit Islam en Judaïsme werklik bekeer is. • Die Inkwisisie het verhoor deur vuur ingesluit – 'ware' Christene sou nie deur die vlamme verswelg word nie, terwyl dié wat wel gebrand het, bedrieërs was. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2016 SSE – Memorandum 4.1.3 • Die Spaanse Inkwisisie het baie mense se menseregte geskend, omdat dit nie die individu se reg op vryheid van keuse gerespekteer het nie. • Die Heilige Kantoor het die waardigheid van 'n persoon as 'n onafhanklike denkende wese wat grondige besluite oor sy/haar eie spirituele lewe kan maak, ontken. • Die Spaanse Inkwisisie het persone van die Islamitiese en Joodse godsdienste van godsdienstige vryheid ontneem. • Hierdie liggaam het gelowiges ook aan wrede 'verhore' onderwerp wat behels het dat mense op die brandstapel verbrand is. • Gevolglik het die Heilige Kantoor nie toegelaat dat mense hulle godsdienste vryelik en sonder intimidasie beoefen nie. • Die Spaanse Inkwisisie het ook mense se reg op privaatheid geskend, omdat hulle die mense gedurig agtervolg het om seker te maak dat hulle nie hulle oorspronklike godsdienste in die geheim beoefen nie. • Hier Inkwisisie het mense vervolg selfs al was hulle nie skuldig nie; dus bloot op grond van vermoedes. (12) 4.1.4 • Godsdiensvryheid word in Suid-Afrika deur die Grondwet beskerm. • In Suid-Afrika word alle godsdienste met dieselfde respek deur die regering behandel. • By openbare geleenthede, bv. tydens Parlementêre sittings, word 'n oomblik van stilte gegun sodat alle godsdienste erkenning geniet. • In staatskole is die kurrikulum ontwerp om toe te laat dat leerders aan 'n verskeidenheid godsdienste blootgestel word deur Religiestudies as vak in te stel. • Alle godsdienste het die reg om hulle heilige dae en feeste te vier sonder vrees vir intimidasie. • Verskillende geloofsgroepe word aangemoedig om saam te werk om sosiale probleme op te los. • Tydens die opening van die Parlement en die inhuldiging van die President van die land, word afgevaardigdes van verskillende godsdienste genooi om aan die gebedsessies deel te neem. • Daar is ook voortdurende intergodsdienstige dialoog om gemeenskaplike probleme op te los. (12) 4.2 • Hulle kon daarin slaag om uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en oorlewendes van Etiopië, Suid-Soedan en Uganda te reël. • Hulle het ook vroulike afgevaardigdes na die Nordiese lande gestuur. • Hulle het die 'IFAPA Women's Network' gestig. • Hulle het intergodsdienstige afvaardigings na konflikrisiko-gebiede gestuur. • Hulle het ook aan die wetgewende verkiesings in Togo deelgeneem. • Hulle het aan die 'World Social Forum' in Kenia deelgeneem. • Hulle het ook die 'Nakanyonyi Youth Peace Camp' gereël. • Hulle het daarin geslaag om die eerste kontinentale intergodsdienstige jeugkonsultasie te hou. • Hulle het streeksgebaseerde 'Youth Networks' gestig. • Hulle het die 'Rural Water Project' in Rwanda ingewy. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2016 SSE – Memorandum VRAAG 5 5.1 • Hulle glo in reïnkarnasie (hergeboorte van die siel). • Hulle glo in die Wet van Karma – elke aksie het toekomstige gevolge. • Hulle sosiale struktuur is gebaseer op 'n kaste-/klassestelsel. • Hulle glo in baie manifesterings van God. • Elke manifestering word in die vorm van 'n god/godin uitgebeeld. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (6) 5.2 Daar is baie veranderinge wat in verband met intergodsdienstige verhoudinge plaasgevind het. Die volgende is slegs sommige daarvan: • Suid-Afrika is nou 'n sekulêre staat. Dit het nie 'n staatsgodsdiens nie. • Multigodsdienstige eredienste is in sommige plaaslike kerke gehou waar alle gelowe uitgenooi is om 'n aspek van menseregte en ander aktiwiteite te vier. • MIV/Vigs-pasiënte is versorg en ondersteun, dikwels deur gebed, deur lede wat alle geloofsgroepe verteenwoordig. • Daar was 'n optog deur verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse godsdienste en hulle volgelinge na die Parlement om protes aan te teken teen pornografie. • Tydens die opening van die Parlement wy godsdienstige leiers uit verskillende geloofgroepe hulself aan 'n Groter Godheid. • Vieringe van openbare vakansiedae (bv. 'n byeenkoms op Vryheidsdag) is by verskeie geleenthede al deur 'n imam, 'n ghoeroe en 'n priester gereël en toegespreek. • Godsdienste staan saam wanneer daar 'n probleem ontstaan. • Daar is 'n waardering van alle spirituele pogings, ongeag godsdiens of sekte. • Daar is meer verdraagsaamheid en respek vir alle gelowe. Dit kan gesien word in mediadekking. • Voorbeelde hiervan is 'Issues of Faith', die 'Islam Channel', en gebede deur verskillende gelowe op televisie. (8) 5.3 5.3.1 • 'n 'Blink pastoor' ('bling pastor') is 'n flambojante godsdienstige leier. • Sy/Hy dra oordadige klere en juwele. • Hierdie persoon skep die indruk dat hy/sy ryk is. (4) 5.3.2 • Die artikel weerspieël 'n negatiewe houding teenoor godsdiens. • Hierdie artikel toon 'n duidelik antigodsdienstige vooroordeel. • Die wonderwerke word as 'truuks' beskryf. • Die kerke word as 'skelm' kerke beskryf, selfs voordat die ondersoek afgehandel is. • Dit impliseer dat kerke hulle rykdom wegsteek. • Die SARK word as 'tandeloos' beskryf, wat beteken dat dit oneffektief is. • Die predikers word 'blink pastore' genoem, wat impliseer dat hulle net in oordaad en vertoon belangstel. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/2016 SSE – Memorandum • Die artikel hanteer godsdiens op 'n regverdige en onbevooroordeelde manier. • Dit doen verslag in die belang van die publiek. • Dit ontbloot die kullery van sommige predikers. • Dit eis groter verantwoordbaarheid aan die publiek met betrekking tot befondsing, en met betrekking tot 'wonderwerke' wat skadelik kan wees vir gemeentelede. • Dit moedig die regulering van kerke aan. (12) 5.3.3 JA • Godsdiensorganisasies moet bona fide-welsynsorganisasies wees. • Sommige kerke/organisasies buit naïewe volgelinge uit. • Hulle samel groot bedrae geld van naïewe skenkers in en gebruik dit dan vir hulleself. • Godsdienstige liggame moet gereguleer word sodat hulle egtheid nagegaan kan word. • Gemeentelede het nie die nodige kennis om tussen ware en valse godsdiensleiers te onderskei nie. • Die predikers se kwalifikasies word nooit nagegaan nie. NEE • Godsdiens handel oor oortuigings/geloof. • Hierdie oortuigings kan nie deur ondersoeke reg of verkeerd bewys word nie. • Wonderwerke kan nie deur wetenskaplike ondersoeke verduidelik word nie, en tog word dit in godsdienstige gemeenskappe as die waarheid aanvaar. • Godsdienste is selfregulerend omdat hulle aan 'n opperwese verantwoording moet doen. • Godsdienstige leiers is dikwels geïnspireer. 'n Nie-gelowige sal egter nie goedsmoeds die bewyse van inspirasie aanvaar nie. • Daar kan nie bewys word dat die gebeure waar is nie: dit is slegs waar vir die gemeentelede. • Dit is dus nie moontlik om 'n godsdiens uit die oogpunt van 'n nie-gelowige te reguleer nie. • Gelowiges, aan die ander kant, dink egter nie regulering is nodig nie. (12) 5.3.4 • Die geseënde/gesalfde predikers Penuel Mnguni en Daniel Mosuoe het weereens hul gawes/magte wat deur die Here/Opperwese aan hulle geskenk is, gedemonstreer. • Die gemeentelde het wonderbaarlik petrol gedrink en giftige slange geëet en niks oorgekom nie. • Dit is pure jaloesie van valse kerke om ons organisasie te wil ondersoek. • As hulle ware kerke is, hoekom wys hulle nie hulle wonderwerke nie? • Ons lojale gemeente word daaraan herinner dat donasies aan die kerk aangemoedig word, maar heeltemal vrywillig is. (8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. [50] GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Religion Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all