Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumReligion StudiesGrade 12201613 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V2 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/2016 SSE – Memorandum VRAAG 1 1.1 1.1.1 Christendom • Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is. • Adam en Eva het opdrag gekry om na die Tuin van Eden en die hele Skepping om te sien. • Mense is God se verteenwoordigers op Aarde. • God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien. • Hulle is teenoor God aanspreeklik. • Mense is bo die hele skepping verhewe, omdat hulle na die beeld van God geskape is. • Christene glo dat mense die heersers van die Aarde is. Taoïsme • Die Tao het nie 'n plan nie, en dit gee nie 'n menselewe enige doel of plan nie. • Mense is net 'n klein, mikrokosmiese neweproduk van die Tao se kreatiewe aktiwiteit. • Mense is nie spesiaal of oor die wêreld aangestel nie. • Dit is nie nodig dat ons na die wêreld omsien nie, want die heelal sal bly voortbestaan, ongeag of mense daarna omsien of nie. • Mense het die potensiaal om slegs 'n baie klein deeltjie van die Skepping te vernietig. • Selfs al word daardie deel vernietig, sal die ongelooflike en oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van die Tao voortduur. • Om 'n lewe te leef wat sinvol is, moet mens in harmonie met die Tao leef. LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet aanvaar word. (10) 1.1.2 Christendom • Volgens die Christendom was daar in die begin niks behalwe God nie. • Die boek van Genesis sê God het die wêreld en die heelal in ses dae gemaak en op die sewende dag gerus. • Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-eenheid met die Skepping klaar was. • Mense, seediere/-plante, diere en plante behoort almal aan God. • Die wêreld is onderhewig aan die heerskappy van die mensdom. • Die hele heelal word deur die krag van God se woord onderhou. Taoïsme • Die wêreld en alles daarin kom outomaties as deel van die Tao se aktiwiteit tot stand. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/2016 SSE – Memorandum • Dit is nie beplan nie, maar dit is ook nie onbeplan nie. • Die Tao het nie bedoel dat die wêreld moet bestaan nie, maar sou ook nie wou hê dat die wêreld NIE bestaan nie. • Die wêreld het eenvoudig as 'n piepklein spikkeltjie in die enorme 'kom' van die Skepping ontstaan soos wat die Tao voortbeweeg het. • Die waarneembare wêreld bestaan uit teenoorgesteldes wat mekaar afwissel – jin en jang. LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet aanvaar word. (10) 1.1.3 Christendom • Christene glo dat God nie die bose geskep het toe Hy die wêreld geskep het nie. • Die bose is later bekendgestel toe Adam en Eva God se opdragte verontagsaam het. • Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid 'sonde'. • Die bose word dikwels deur Satan gebruik om die mensdom te beïnvloed om teen God te rebelleer. • Christendom glo dat die 'beloning' vir sonde die ewige dood is. • Christene glo dat die bose die primêre oorsaak van al die mensdom se probleme is. Taoïsme • Volgens Taoïsme is alles Tao; daar is nie so iets soos die bose nie, net menslike lyding. • Mense kan lyding veroorsaak, maar in wese is hulle goed en perfek sodat hulle in harmonie met dinge, ander mense en hulleself is. • Menslike lyding onstaan wanneer menslike begeertes met die Tao bots. • Daar is vir ons geen rede om met dinge in konflik te kom nie. • Die Tao is stadig, groot en ruim, daar is oorgenoeg plek daarin vir mense om 'n doodgelukkige lewe te lei. • Die bose het nie 'n rol in Taoïsme nie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) 1.2 • Elke godsdiens is gemoeid met fundamentele vrae oor die menslike bestaan. • Sulke vrae sluit kwessies in soos 'Waarom is ek op Aarde?', 'Wat is my uiteindelike bestemming?' • In antwoord hierop word die verskynsel van lewe na die dood deur elke godsdiens bespreek. • Dit is omdat die mens as 'n morele wese beskou word. • Slegs mense het die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Hulle is daarom verantwoordelik vir hul eie besluite en optrede. • Dit volg dus dat 'n goeie lewe in die hiernamaals beloon sal word, en dat 'n bose lewe gestraf sal word. • Die lewe na die dood gee dus betekenis aan die mens se lewe op aarde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/2016 SSE – Memorandum • Geloof in die lewe na die dood is 'n motivering vir volgelinge om volgens die leringe van hulle godsdiens te leef. • Die konsep van 'n lewe na die dood maak die finaliteit van die dood ook makliker om te aanvaar, omdat daar 'n ander vorm van bestaan na die dood is. • VOORBEELD: In Afrika Tradisionele Godsdiens sal 'n persoon wat 'n goeie lewe lei by die voorvaders aansluit en waghou oor dié wat nog lewe. • 'n Bose lewe sal veroorsaak dat die siel 'n bose gees word. So 'n siel sal nie by die wêreld van die voorvaders aansluit nie. OF • VOORBEELD: In die Abrahamitiese gelowe sal 'n goeie lewe tot 'n hiernamaals van ewige saligheid (die hemel) lei. • 'n Bose lewe sal tot 'n permanente hiernamaals van straf (die hel) lei. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (20) VRAAG 2 2.1 2.1.1 Hindoeïsme • Baie geleerdes sê Hindoeïsme is nie 'n enkele godsdiens nie, maar 'n oorkoepelende term vir 'n aantal soortgelyke oortuigings en gebruike. • Die verskille hou verband met geografiese ligging en interpretasie. • Dit blyk duidelik uit die gebruik van verskillende tale en verskillende gode wat op die Indiese subkontinent aanbid word. • Daar was egter geen wegbreekbeweging in Hindoeïsme nie, en hervormers het binne die oorhoofse stelsel gewerk. • In die 19de eeu, toe Indië onder Britse heerskappy was, was daar 'n herassessering van tradisionele Hindoe-oortuigings en -gebruike. • Hierdie herassessering was die gevolg van die Hindoe-kultuur se blootstelling aan Westerse wetenskap, kultuur en geskiedenis. • Tradisionele Hindoeïsme is deur groepe soos die Brahmo Samaj en Arya Samaj verteenwoordig. • In die 20ste eeu het modernistiese bewegings ontstaan, soos die 'Divine Life Society' en 'International Society for Krishna Consciousness' (ISKON). (10) 2.1.2 Christendom • Na die kruisiging van Christus was die kerk verenig, maar daar was in die vroeë jare hoofsaaklik twee subgroepe. • Dit was die Oosterse (Konstantinopel) en Westerse (Rome) tradisies. • In ongeveer 1054 het die twee subgroepe amptelik geskei. • Die oppergesag van die Pous in Rome is deur Konstantinopel bevraagteken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/2016 SSE – Memorandum • Die ander verskil was die status van die Heilige Gees in die Drie-eenheid. • Die Rome-gebaseerde kerk is die Rooms-Katolieke Kerk genoem. • Die Oosterse vertakking is die Oosterse Ortodokse Kerk of Griekse/Russiese Ortodokse Kerk genoem. • In die 15de eeu het hervormers, of Protestante, teen die Rooms-Katolieke Kerk in opstand gekom. • Die hoofgeskil het oor die oppergesag van die Pous en korrupsie onder Katolieke ampsdraers gehandel. • 'n Ander groot kwessie was die Katolieke gebruik van boetedoening waarvolgens mense se sondes vergewe is deur geld aan die kerk te gee. • Elke van die drie hoofvertakkinge het verdere onderverdelings, altesaam 33 000 ('World Christian Encyclopedia'). LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) 2.1.3 Afrika Tradisionele Godsdiens • ATG is 'n stamgebaseerde godsdiens. • Die oudstes van 'n spesifieke stam is die leiers van die stam. • Dit lei tot verskillende interpretasies van leringe en rituele. • ATG is 'n godsdiens wat op mondelinge tradisie gebaseer is. • Omdat daar nie 'n heilige boek is nie, is daar verskillende interpretasies van die kernleringe van die godsdiens. • Die leringe, gebruike en kultuur van plaaslike stamme word in ATG geïnkorporeer. • Dit verduidelik waarom die amaZulu, Aka en Yoruba verskillende rituele en oortuigings het. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) 2.2 VOORBEELD: Christendom Katolieke Kerk • Politieke beheer is tradisioneel en die setel is Rome. • Die hoof van die Katolieke Kerk is die Pous. • Die eerste Pous was volgens oorlewering St. Petrus. • Die Kerk het verskillende ordes monnike, priesters, kloostermonnike (affairs') en nonne. • Alle Katolieke word deur die Vatikaan regeer. • 'n Wyk is 'n gebied of distrik met 'n spesifieke kerk of priester. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 6 DBE/2016 SSE – Memorandum Oosterse Ortodokse Kerk • Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel. • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe. • Daar is nie net een leier nie. • Gesag in die kerk berus by die groep biskoppe. • 'n Bisdom/Diosees is 'n groep wyke onder die leierskap van die biskop. Protestantisme • Die beweging is in 1517 deur 'n Duitse monnik, Martin Luther, begin. • Die kerke word deur ingeseënde leraars of verkose ouderlinge bestuur. • Die algehele heerskappy is deur 'n hoër gesag soos 'n sinode of Algemene Vergadering wat deur 'n voorsittende leraar gelei word. • In die Protestante Kerk is elke kerk onafhanklik. Die kerk is nie aanspreeklik teenoor enige gesag hoër as die gemeente nie. VOORBEELD: Islam Soenni-Islam • Soenni's glo dat die gelowiges, en nie die nageslagte van die Profeet nie, hulle leier moet kies. • Soenni's volg die soenna (voorbeeld) van die Profeet Mohammed. • Hulle glo dat al die genote van die Profeet dieselfde respek in Islamitiese reg verdien. • Daar is nie geestelike leraars in Soenni-Islam nie. • Bestuur/Heerskappy is gemeenskapsgebaseerd. Sjia-Islam • Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet Mohammed as die leiers van Islam. • Hulle glo dat sy afstammelinge 'n goddelike reg het om die Moslems te lei. • Hulle reserveer die titel 'imam' vir sekere oudleiers wat hulle glo deur Allah gekies is. • Hulle word gelei deur die kaliefs, wat hulle glo bonatuurlike kennis en gesag het om leiers te wees. • Die moellas het beduidende politieke invloed in Sjia-Islam. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 7 DBE/2016 SSE – Memorandum VRAAG 3 3.1 • Misdaad en geweld word deur morele aftakeling veroorsaak. Dit kan in die regering of samelewing wees en mense gebruik dan onwettige maniere om in hulle behoeftes te voorsien. • Slagoffers van onregverdige of verkeerde uitsprake in die howe neem die reg in eie hande en wend hulle tot misdaad en geweld. • Soms word dit deur depressie en ander sosiale en geestesversteurings veroorsaak. • Stambinnegevegte, waar mense hulself eerstens volgens hul stam/clan identifiseer, moedig ook misdaad en geweld aan omdat lede van 'n stam mekaar sal verdedig, selfs al het daardie stamlid 'n misdaad gepleeg. • Rassisme dra steeds by tot geweld in ons land. • Politiek is een van die grootste oorsake van geweld en misdaad. Baie politieke groepe het hulle eie bendes, wat hulle gebruik om mense te manipuleer. • Dwelm- en alkoholmisbruik is 'n groot bydraer tot misdaad en geweld in ons gemeenskappe. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) 3.2 VOORBEELD: Christendom • Romeine 12:19: 'Geliefdes, moet nooit wraak neem nie, maar laat dit oor aan God'. Christene is teen enige vorm van geweld en misdaad gekant. • Christene word nie toegelaat om wraak te neem teen enige onreg wat hulle aangedoen is nie. • Hierdie skrifgedeelte ontmoedig enige vorm van wraak. • Christene word aangemoedig om in vrede met hulle medemens te leef. • Almal wat die Christelike leefwyse aanvaar, moet Christus in hulle alledaagse lewe uitbeeld. • Romeine 13:1: 'Laat elke persoon homself aan die heersende owerhede onderwerp.' • Aangesien misdaad teen die wet is, word daar van die Christelike leerstellings verwag om met die waardes van die Grondwet van die land ooreen te stem. • Die Christendom leer volgelinge om diegene wat in gesagsposisies is, te respekteer. • Psalm 11:5: 'Die Here toets die regverdige, maar Sy siel haat die bose en die mens wat geweld liefhet.' • Dit word van kerkleiers verwag om hulle lidmate te leer om hulself van enige vorm van geweld te weerhou. • Spreuke 3:31: 'Moenie jaloers wees op 'n mens wat geweld pleeg nie, en moenie sy weë kies nie.' • Christene word nie toegelaat om hulself met geweld te assosieer nie. • Daar word ook van hulle verwag om vreedsame maniere te kies om konflik op te los. • Eksodus 20: In die Tien Gebooie word Christene verbied om te steel of enige vorm van misdaad te pleeg. • Die Christendom bevorder liefde en mededeelsaamheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 8 DBE/2016 SSE – Memorandum VOORBEELD: Boeddhisme • 'n Sentrale lering van Boeddhisme is 'nie-gehegtheid en verligting'. • Die mens word deur gehegtheid aan materiële dinge of status aangemoedig om misdaad en geweld te pleeg. • Boeddhisme beskou misdaad en geweld as die gevolg van onkunde. • 'n Mens is in so 'n unieke posisie van ontwikkeling, en het so baie potensiaal, dat hy/sy nie enige lewende wese moet skade berokken nie. • Die regte manier om misdaad te beveg, is met kennis. • Hierdie kennis kan nie maar net uit boeke bekom word nie: dit moet op 'n diep, eksistensiële vlak gevoel word. • Dit beteken dit moet 'n kernoortuiging van 'n Boeddhis word dat hy/sy nie aan misdaad en geweld sal deelneem nie. (Ware kennis word 'n intrinsieke versperring, en die polisie is nie meer nodig om jou te forseer om reg op te tree nie.) • Die regte bedoeling, die regte optrede en die regte lewenswyse sal verseker dat mense nie voor misdaad en geweld swig nie. • Daarom plaas Boeddhisme baie klem op restoratiewe geregtigheid. • Dit beteken dat dit moontlik is om kriminele gedrag te korrigeer en te verander. • Verder moedig Boeddhisme die gebruik vaardige wyses (Upaya) aan om korrekte optrede te onderrig. • 'n Voorbeeld is die Sigalovada Sutta. • Dit is vol praktiese raad oor hoe 'n mens in die samelewing moet en nie moet optree nie. • Dit gee ook raad oor hoe om vriende te kies, sodat 'n mens beskerm word teen die vorming van 'n skadelike verknogtheid aan dinge. • LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (28) 3.3 JA • Deelname aan godsdienstige aktiwiteite en lidmaatskap aan 'n godsdienstige gemeenskap skep die gevoel dat 'n mens behoort. • Die gemeenskap ontwikkel 'n sin van gemeenskaplike moraliteit en etiek. • Omdat misdaad en geweld uit 'n gebrek aan moraliteit vloei, sal die ontwikkeling van goeie morele waardes misdaad verminder. • Godsdienste beklemtoon dat 'n misdaadvrye lewe met 'n goeie lewe na die dood beloon sal word. Godsdienstige mense moet dus nie aan kriminele aktiwiteite deel neem nie, omdat dit in die hiernamaals tot straf sal lei. • Godsdienste bied ook geleentheid vir berou, omdat mense nie perfek is nie. • 'n Misdaad wat uit swakheid gepleeg is, verdoem dus nie 'n persoon tot 'n lewe van misdaad nie. • Op 'n praktiese vlak verskaf godsdienstige organisasies sopkombuise en plekke van veiligheid vir haweloses. • Dit voorsien in armes se basiese behoeftes sodat hulle hulle nie daarvoor tot misdaad hoef te wend nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 9 DBE/2016 SSE – Memorandum • 'n Voorbeeld hiervan is die 'Heilsleer'. • Baie godsdienstige organisasies bied vaardigheidskursusse aan sodat werkloses 'n wettige inkomste kan verdien. • Voorbeelde hiervan is die 'As Salaam Institute' in Umzinto, aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, en die 'Sivananda Trust' in Durban. NEE • Die artikel handel oor 'n rituele moord. • 'n Sangoma, of tradisionele geneser, het beveel dat dit gedoen moet word. • Dit is 'n voorbeeld van geweld wat deur godsdiens aangemoedig word. • Daar is baie sogenaamde 'waarsêers' of 'mediums' wat gelowiges mislei en uit hul geld uit kul. • Baie godsdienstige leiers is ook skuldig aan immorele gedrag. • Hulle raak in die openbaar by gevegte oor leierskap of geld betrokke. • Sulke gedrag skaad die geloofwaardigheid van godsdienstige leiers. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (12) [50] VRAAG 4 4.1 4.1.1 • Heilige tekste is belangriker in die godsdienste van boeke, bv. die Abrahamitiese godsdienste. • Heilige tekste is maatstawwe waarvolgens reg en verkeerd gemeet kan word. • Heilige tekste verander die aard van mondelinge tradisies sodat dit meer vas is. • Heilige tekste is gewoonlik deel van groot versamelings. • Heilige tekste is die bewaarders van taal, kultuur en lewenstyl vir mense van 'n sekere godsdiens. • Soos wat die tegnologie van skryfkuns meer algemeen geword het, het godsdienstige leringe van mondelinge tradisies na die geskrewe vorm verander. • Die rol het dus meer voorskrywend geword. LET WEL: Die gebruik van EEN voorbeeld om die rol van heilige tekste te illustreer, moet aanvaar word. (10) 4.1.2 VOORBEELD: Afrika Tradisionele Godsdiens (ATG) • Inspirasie verwys na die asem (mag, kennis) van 'n bonatuurlike wese wat 'n persoon binnekom en die persoon se eie asem oorneem. • 'n Persoon wat geïnspireer is, het toegang tot begrip of mag wat bo alledaagse ervarings verhewe is. • Mense word vervul van die mag waardeur hulle onthulling/openbaring ontvang. • In ATG is inspirasie 'n belangrike normatiewe bron, selfs vandag (kontemporêre inspirasie). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 10 DBE/2016 SSE – Memorandum • ATG het geen bekende stigter nie, omdat dit deur inspirasie aan die eerste generasie geopenbaar is. • In ATG kommunikeer mense deur inspirasie met die lewende dooies. • Al die rituele en gebruike wat hulle uitvoer, is deur inspirasie aan hulle geopenbaar. • Waarsêers is tussengangers tussen die lewendes en die voorvaders: hulle bemiddel deur inspirasie. • Tradisionele genesers gebruik ook inspirasie om die regte kruie te vind om hulle pasiënte te behandel. • Indien daar rampe en ongeluk is, vind mense 'n oplossing deur inspirasie. VOORBEELD: Christendom • Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in die Christendom. • Die stigtersfiguur, Jesus Christus, is deur die Heilige Gees geïnspireer. • Deur die mag van die Heilige Gees het Hy wonderwerke verrig wat mense laat glo het dat Hy die Seun van God is. • Al Sy dissipels is ook deur die Heilige Gees geïnspireer. • Jesus het aan sy dissipels opdrag gegee om in Jerusalem te leef en te wag tot die Heilige Gees op hulle uitgestort word voordat hulle die Evangelie kan begin verkondig. • In Handelinge 2 word die koms van die Heilige Gees in besonderhede bespreek. • Al die apostels van Jesus is deur die krag van die Heilige Gees gedoop. • Hulle is deur die Goddelike mag geïnspireer om die Evangelie van Christus met groot ywer te verkondig. • Deur inspirasie het hulle die Evangelie na baie dele van die wêreld geneem. • Die apostels, gevul met die mag van die Heilige Gees, het die Christelike heilige teks, die Nuwe Testament, geskryf. • Inspirasie is steeds die fundamentele lering in die meeste Baptistiese en Charismatiese kerke. • Selfs vandag ontvang Christene kontemporêre inspirasie. • Inspirasie is 'n magtige motivering vir Christelike volgelinge. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (20) 4.2 Wetenskaplike perspektief (Hoe dinge gebeur) • Darwin se teorie verduidelik dat spesies 'n verskeidenheid klein verskille bevat. • Beide die omgewing en die spesie evolueer oor tyd. • In die stryd om oorlewing sal die spesies wat beter aangepas is, suksesvol wees, terwyl ander sal sukkel om te oorleef. • Op hierdie manier kan 'n spesie geleidelik evolueer tot 'n meer komplekse wese deur op 'n weg van suksesvolle variasies te ontwikkel. • Darwin se teorie stel dat die mens uit 'n voorouer wat aan ape verwant was, geëvolueer het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 11 DBE/2016 SSE – Memorandum Godsdienstige perspektief (Waarom dinge gebeur) VOORBEELD: Christendom • Die Christendom verduidelik dat mense bestaan omdat hulle deur God geskape is. • Die Christendom plaas die mens in die middel van die Skepping, heeltemal apart van al die ander wesens. • Dit is omdat die mens intelligensie het en tussen reg en verkeerd kan onderskei. • Die Christendom verduidelik dat die hele heelal geskep is om deur die mens gebruik te word. • Die Christendom glo dat die hele heelal in ses dae geskep is in 'n perfekte vorm, omdat die Skepper perfek is. • Konserwatiewe Christene verwerp evolusie omdat die teorie toon dat daar nie 'n behoefte aan 'n intelligente ontwerper (God) is nie. • Meer liberale Christene los die konflik op deur te sê dat die Bybel nie letterlik geïnterpreteer moet word nie. Hulle glo dat die wetenskap eenvoudig God se intelligente ontwerp onthul, wat evolusie insluit. VOORBEELD: Hindoeïsme • Hindoeïsme het geen probleem met evolusie nie. • Hindoes glo dat hulle konsep van evolusie meer gevorderd is as Darwin s'n, omdat Hindoeïsme die geestelike wêreld insluit. • Dit is die konsep van reïnkarnasie. • Dit beteken dat 'n siel tot 'n beter wese evolueer deur 'n vroom lewe te leef. • Hindoeïsme sê dat menslike evolusie nie per ongeluk gebeur nie (soos in Darwin se teorie), maar dat die mens beheer het oor sy geestelike en fisiese evolusie. • 'n Siel se evolusie (of retrogressie) word deur sy optrede bepaal. LET WEL: 'n Maksimum van 8 punte kan toegeken word vir die bespreking van Darwin se teorie. 12 punte word toegeken vir die bespreking van een godsdiens se reaksie op die teorie. Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (20) [50] VRAAG 5 5.1 • Grammatiese en historiese konteks. Dit beteken mens moet die reëls van grammatika en die historiese feite gebruik om die letterlike betekenis van 'n teks te interpreteer. • Plan, doel en konteks. 'n Geskrif moet as 'n geheel beskou word. Wat is die skryfplan of struktuur? Wat was die outeur se doel met die skryf van die teks? Wat is die konteks van die gedeelte waarna gekyk word? • Betekenis van woorde: Die betekenis van woorde verander oor tyd en in verskillende plekke. Vind die oorspronklike betekenis soos dit in die normatiewe bron gebruik word. • Figuurlike betekenis: Die figuurlike en nie-letterlike betekenis moet in ag geneem word. • Ander heilige tekste: Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste te interpreteer. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 12 DBE/2016 SSE – Memorandum 5.2 VOORBEELD: Hindoeïsme • Die heilige teks vir Hindoeïsme is die Vedas. • Die Vedas is die versamelings van kennis in die sin van al die fases van die menslike soeke na betekenis. • Hindoes glo dat die waarheid soos dit in die Vedas vervat is, ewig is en dat hulle nie die skepping van die menslike verstand is nie. • Geskiedkundiges glo dat die Vedas tussen 2500 en 500 VAE geskryf is. • Die Vedas is deur 'n wyse man, Krishna Dwipayana, saamgestel. • Hy het al die mondelinge leringe versamel wat deur die Rishi's (wyse manne) en deur leermeesters aan studente oorgedra is. • Hy het dit in vier standaardversamelings of boeke saamgestel: die Rigveda, Yajurveda, Samaveda en die Atharaveda. VOORBEELD: Islam • Die heilige teks van Islam is die Koran. • Islam aanvaar die idee van goddelike openbaring wat perfek neergeskryf is. • Die Koran word beskou as 'n perfekte kopie van 'n oorspronklike, ewige, gegraveerde tablet in die Hemel. • Die Koran is woordeliks deur die engel Gabriël aan die Profeet gedikteer. • Die Profeet Mohammed was ongeletterd, maar hy het voor sy dood die hele Koran gememoriseer. • Sy vroeë volgelinge het sy leringe neergeskryf en dit onmiddellik na sy dood saamgevoeg. • Hierdie perfekte boek met absolute gesag is opgevolg deur versamelings van die Profeet se uitsprake en voorbeelde uit sy lewe, die Hadith. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) 5.3 • Dit beteken om nie-godsdienstig te wees, of om nie aan 'n spesifieke godsdienstige gemeenskap te behoort nie. • Moraliteit en die regering moet nie op godsdiens gebaseer wees nie./Daar is 'n skeiding tussen godsdiens en die staat. (4) 5.4 VOORBEELD: Ateïsme en Agnostisisme • Dié twee is soortgelyk omdat albei godsdienstige oortuigings/invloede ontken. • Hulle glo dat die etiek waardeur die samelewing beheer word, op menslike redenering gegrond moet wees. • Hulle is daartoe verbind om rasionele metodes van ondersoek te gebruik (wetenskaplike redenering). • Hulle verwerp diskriminasie op grond van godsdiens. • Hulle aanvaar die Sekulêre Humanistiese Verklaring. • Hulle glo in die skeiding van die Kerk/godsdiens en die staat. • Hulle verskil in die mate waarin hulle godsdiens ontken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 13 DBE/2016 SSE – Memorandum • Ateïsme ontken die bestaan van 'n goddelike wese/God. • Sommige ateïste bevraagteken bloot die bestaan van 'n Opperwese. • Agnostisisme sê dit is nie moontlik om die bestaan van 'n God te bewys of verkeerd te bewys nie. • Agnostisiste glo dat daar altyd 'n mate van onsekerheid en twyfel is wanneer mens die heelal probeer verstaan. • Omdat die mens se kennis nie volledig is nie, help dit nie om te probeer om die bestaan van God te bewys of verkeerd te bewys nie. LET WEL: Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (26) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all