Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 1220169 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 RELIGIESTUDIES V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.
2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 1 1.1 1.1.1 Inspirasie Dit verwys na die asemhaling (mag, kennis) van ʼn buitengewone wese of mag, byvoorbeeld, ʼn godheid wat ʼn mens oorneem en hom/haar met goddelike kennis inspireer. Die meeste godsdienste het stigtersfigure wat deur ʼn hoër mag of wysheid geïnspireer is. Die inspirasie van die figure word deur hulle volgelinge as direk en onmiddellik aanvaar. Daar word geglo dat hulle van aangesig tot aangesig met God was. Sodanige inspirasie mag outoriteit het. Hierdie mense verkry dan sekondere inspirasie vanaf die oorspronklike, primere inspirasie. In meeste gelowe is daar figure, met volgelinge, wie geglo word dat hulle deur hoër kragte en wysheid geïnspireer was. (10) 1.1.2 Mondelinge tradisie In baie godsdienste is die oorspronklike inspirasie dikwels eers deur mondelinge tradisie versprei. So ʼn mondelinge tradisie kon vir honderde of selfs duisende jare getrou mondelings oorgedra word. Mondelinge tradisie as ʼn normatiewe bron is primêr belangrik in godsdienstige geskiedenis. Die oorspronklike boodskap is mondelings oorgedra van persoon tot persoon en van generasie tot generasie. Byvoorbeeld die Nuwe Testament, die tweede deel van die Bybel, gee besonderhede van Jesus se lewe en leringe. Dit is van wat Jesus se apostels onthou het van hulle kontak met Jesus, met ander woorde mondelinge tradisie is later in geskrewe vorm opgeteken. [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD] (10) 1.1.3 Heilige boek/geskrifte Skryfwerk het die godsdienstige toneel ongeveer 4000 jaar gelede betree. Sedertdien het dit al hoe belangriker rol beklee. Die verskil tussen mondeling en geskrewe is nie net die medium nie, tradisie het meer gevestig geword as gevolg van geskrifte. Mondelinge tradisie wat parallel met geskrewe tradisies kan loop, kan baie vloeibaar wees, maar as dit eers neergeskryf is, raak dit gewoonlik gevestig. In Boek-godsdienste (Judaïsme, Christenskap en Islam), speel heilige geskrifte ʼn sleutel rol in leringe. In Indiese en Verre Oosterse godsdienste, ten spyte van geskrewe tradisie, plaas hulle minder klem op die boek kwaliteit van hulle tradisies. Heilige geskrifte bestaan nie bloot as individuele geskrifte nie, maar as deel van groter versamelings. Selfs in ATR is daar pogings om van die basiese oortuiginge van die godsdiens neer te skryf. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V2 3 1.2 Gee ʼn kort oorsig van die heilige geskrifte van die Christelike geloof. Ten spyte van die verskille in religieuse verband openbaar Christendom dieselfde patroon in die ontvouing van die geskrewe tradisie soos Judaïsme. Christendom aanvaar die Hebreeuse tradisie en hervertaal volgens hul eie religieuse perspektief. ʼn Versameling van hul eie kollektiewe onderwerp (tekste) wat as geestelike openbaring aanvaar word. Na die dood van Jesus, was goeie nuus aangaande sy karakter en sy boodskap mondelings oorgedra. Ongeveer twee dekades na sy dood, was ʼn groot aantal evangelie neergeskryf en versprei. Die uitbranding van die Christelike kanonieke (Bybel) boeke was ʼn baie lang proses wat teen die einde van die 4de eeu gefinaliseer was. Die eerste apostels was gesien as ʼn borg van die ware religie. Die Kerk leierskap en teologiese geleerdes in verskillende denominasies het ʼn sterk verklaring geproduseer reg deur die geskiedenis van Christendom. Christendom het ook sy stel afgekeurde/verwerpte lae orde kanoniek/kerklike boeke. (20) [50] VRAAG 2 Noem en bespreek EEN sosiale probleem wat in jou gemeenskap aangetref word onder die volgende opskrifte: [Vir hierdie memorandumdoeleindes word MIV/Vigs bespreek.] 2.1 ʼn Kort relevante inleiding Een van die dreigende kwessies in Suid-Afrika vandag is MIV/Vigs pandemie wat soveel Suid-Afrikaners se lewens eis. In Mei 2003, Het religieuse gemeenskappe en organisasies bymekaar gekom om die probleem van MIV/Vigs by die eerste konferensie in die gemeenskap aan te spreek. MIV/Vigs moet met sensitiwiteit wat dit verdien behandel word. Dit het ʼn uitroep na liefde en medelye. (6) 2.2 Die oorsaak van die sosiale probleem MIV/Vigs is nog steeds een van die euwels van die gemeenskap Onbeskermde seks Om Rond te slaap Veelvoudige maats of vennoot Verkragting Om te glo dat ʼn maagd MIV/Vigs kan genees Oorbevolkte tronke [ENIGE RELEVANTE FEIT MOET GEKREDITEER WORD] (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 2.3 Faktore wat bydrae tot die verspreiding daarvan Borsvoeding Veelvoudige maats/Vennoot Naalde en skêre wat saam gebruik word Onbeskermde seks In sommige gevalle kan dit deur motor ongelukke versprei word [ENIGE RELEVANTE FEIT MOET GEKREDITEER WORD] (10) 2.4 Illustreer oplossings tot die sosiale probleem gekies of geïdentifiseer. Geen seks voor die huwelik nie. Monogamie word aangemoedig. Getrouheid aan een maat/vennoot word aangemoedig. Egbreuk word afgekeur. Dit baan die weg oop vir alle onheil. [ENIGE RELEVANTE ANTWOORD MOET GEKREDITEER WORD] (10) 2.5 Praktiese stappe of strategieë om dit aan te spreek. Liefde, medelyde, verantwoordelikheid en geen negatiewe beoordeling teenoor mense wat met MIV/Vigs leef. Opvoeding en openlikheid rondom seks en seksualiteit. Geen veroordeel van diskriminasie teenoor mense wat met MIV/Vigs leef nie. Erkenning van eenheid in diversiteit. Moedig ope besprekings en dialoog rondom sensitiewe kwessies aan. Religieuse leiers van alle gemeenskappe moet hul volgelinge opvoed rondom die MIV/Vigs pandemie sodat mense wat in die gemeenskap met MIV/Vigs leef nie gediskrimineer word nie. Religieuse leiers moet druk op die regering plaas om toegang tot MIV/Vigs behandeling beskikbaar te stel aan diegene wat deur MIV/Vigs geaffekteer word. [ENIGE RELEVANTE FEIT MOET GEKREDITEER WORD] (12) [50] VRAAG 3 Bespreek die sentrale leerbeginsels van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: SENTRALE LERINGE: [Vir die doeleindes van hierdie Memorandum word die Christelike geloof bespreek] 3.1 Aard van goddelikheid Christene glo in die bestaan van ʼn Hoër en Goddelike Wese as God. God onthul Homself as drie persone: God die Vader God die Seun en God die Heilige Gees Chritindom is, soos Judaïsme en Islam, n monoteïstiese geloof wat glo in die bestaan van een God. God die Vader het sy seun, Jesus, na die wêreld gestuur. Na sy opvaring in die hemel, het die seun die Heilige Gees gestuur. [ENIGE RELEVANTE ANTWOORD MOET GEKREDITEER WORD] (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V2 5 3.2 Aard van die wêreld Volgens die Christelike godsdiens was daar niks in die begin behalwe chaos nie. Die boek van Genesis vertel dat God die Wêreld en die heelal in ses dae geskep het en op die sewende dag gerus het. Die wêreld wat perfek nadat die heilige Drie- eenheid klaar was met die skepping. Mense, seelewe, diere en plante behoort alles aan God. Volgens die Christelike oortuigings is die wêreld onderhewig aan die bestuur van die mensdom. (10) 3.3 Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is. Nadat Adam en Eva geskep is, het God hulle opdrag geneem na die tuin van Eden en die hele skepping om te sien. As medeskeppers saam met God, is mense God se verteenwoordigers op aarde. God het hulle aangestel om sy eiendom, die wêreld, om te sien. Hulle is verantwoordbaar aan God. (10) 3.4 Aard van lewe na die dood Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees. Adam en Eva het God se opdrag verontagsaam. Die straf vir hierdie sonde was die dood vir die mensdom. Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom van die bose en die dood te bevry. Christene verwag ʼn nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk sal word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee. (10) 3.5 Oorsprong van die bose Volgens die christelike godsdiens het God nie die bose geskep toe hy die wêreld geskape het nie. Hy het ʼn perfekte wêreld en perfekte mense geskep. Die bose is later ingestel toe Adam en Eva God se opdragte verontagsaam het. Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid ‘SONDE’. Christene glo dat die bose deur Satan gebruik word wat eens God se engel was, maar teen God gerebelleer het. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 4 INTERNE VERSKILLE: [Vir die doel van die memorandum word Islam geloof en Christindom bespreek] 4.1 Islam: Na die dood van profeet Muhammed het een groep Moslems die profeet se intieme vriend Abu Bakr as die volgende leier verkies. Die groep wat Abu Bakr ondersteun het, het as die Sunni bekend geword. ʼn Ander groep het geglo dat die leierskap van die Moslemgemeenskap in die profeet se familie behoort te bly. Hulle het geglo dat Ali (die neef en skoonseun van Muhammed) goddelik reg op die posisie gehad het. Hierdie groep Moslems het as Shi’ah bekend geword. Christendom: Die Christelike religie bestaan uit drie hoofafdelings: Katolieke Oosters-Ortodoks Protestants Die Katolieke kerk maak daarop aanspraak dat dit die oorspronklike Christelike kerk is wat deur Jesus Christus gestig is, gebou op die gesag van Petrus. Hulle leer dat God uit drie onderskeie maar gelyke persone bestaan: >Vader >Seun >Heilige Gees Die Oosters-Ortodokse Kerk maak daarop aanspraak dat dit ʼn voort-setting is van die oorspronklike kerk wat deur Jesus Christus gestig is. Die rede vir die verdeling tussen die Oosterse en Westerse kerke was polities en leerstellig. Die Westerse kerk het geleer dat die Heilige Gees van die Vader en die Seun uitgaan. Die Oosters (Ortodokse) kerk het nie daarmee saamgestem nie. Oosters-Ortodokse kerke verskil van die Katolisisme daarin dat daar nie ʼn enkele leier is nie In die Ooosters-Ortodokse kerke rus die gesag in die hande van ʼn groep biskoppe. Protestante het nie aanvaar dat verlossing iets is wat verdien moet word nie. Dus ʼn vrye genadegawe van God. (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V2 7 4.2 Die verhouding tussen godsdiens en wetenskap. Wetenskaplike ontwikkelinge het ons wêreld op vele wyses verander. Op ʼn dieper vlak het wetenskap die manier waarop mense na die wêreld kyk, uitgedaag. Hoe ons die wêreld bejeën en selfs ander mense en lewende wesens beskou. Meer belangrik is dat wetenskap die fondasie van tradisionele godsdienste uitgedaag het. Die verskille tussen godsdiens en wetenskap het in die laaste vier eeue na vore gekom. [ENIGE RELEVANTE ANTWOORD MOET GEKREDITEER WORD] (10) 4.3 Die impak wat Darwin se evolusieteorie op die Christelike godsdiens gehad het. Spesies bevat ʼn groot verskeidenheid klein verskille. Beide die wêreld en spesies verander met tyd. In die stryd om oorlewing sal die beter aangepaste variasies oorleef, terwyl die wat nie aangepas is nie, sal sukkel om te oorleef. Op hierdie manier kan ʼn spesie geleidelik verander en meer kompleks raak – deur volgens ʼn pad van suksesvolle variasies ontwikkel. Volgens die kreasioniste is daar geen twyfel dat God die heelal as deel van sy meesterplan vir die mensdom geskep het nie. Genesis beskryf hoe God die wêreld in sewe dae geskep het. God het Adam en Eva geskep, dus lyk dit asof daar nie ʼn plek vir die evolusieteorie in die skepping is nie. Darwin se werk is as kontroversieel gesien deur die kerk. Darwin se idee is as volg gekritiseer: Daar was geen bewyse in menslike geskiedenis vir die ontwikkeling van nuwe spesies nie. Daar was geen bewys dat een spesie uit ʼn ander ontwikkel het nie. Die poging om nuwe spesies te skep deur kruisteling is dikwels onsuksesvol omdat kruisings nie geteel kan word nie. Een van die redes waarom Darwin se teorie so ʼn groot impak op die kerk gehad het, is dat dit lyk asof dit ʼn alternatiewe verduideliking gee die idee van ʼn intelligente ontwerper nodig het nie. Die meeste ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat hierdie skeppingsmites as werklikhede gelees moet word, want indien hulle onwaar is, kan dit ander oortuigings en leerstellings bevraagteken. [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD] (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5 Bespreek die volgende konsepte kortliks soos dit in religieuse leer toegepas word: 5.1 Etiese leringe Etiese leringe is kodes in verskillende godsdienste wat regte en goeie gedrag beheer. Die Tien Gebooie in Judaïsme en die Christendom. Die wet van onvoorwaardelike liefde in Christendom. Die Vyf Pilare van Islam, is almal voorbeelde. Baie mense wat nie godsdienstig is nie, volg die etiese leringe wat as die Goue Reël bekend staan. Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD.] (10) 5.2 Doktrine Die term “doktrine” is sinoniem vir lering. Dit het nie ʼn negatiewe konnotasie nie. Dit is ʼn stel godsdienstige leringe. Doktrines is leringe oor godsdienstige oortuigings wat deur godsdienste in koherente filosofiese patrone georganiseer is. Byvoorbeeld vroeë Christin doktrines het ontwikkel in verhouding tot die Griekse filosofie van die tyd. Die doktrine van Christus as beide God en mens het ontwikkel in verhouding tot die Griekse begrip van natuur en bestaan. Doktrines is gewoonlik bindend op navolgersvan godsdienste. [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD.] (10) 5.3 Geloof Geloof is dit wat navolgers as waar beskou. Dit bind besondere godsdienstige gemeenskappe en is nou verbonde aan rituele. Christendom glo dat die dood en opstanding van Jesus en die gebeure van sy laaste ure gelei het tot die ritueel van die Avondmaal (heilige nagmaal). In die Afrika Tradisionele Godsdiens is die geloof in die voorvaders en hul voortgaande rol in die lewens van mense gebou op hul openbaring aan die lewendes. Dit kan as ʼn sinoniem vir geloof gebruik word. Dit kan die aanvaarding van ʼn ding, feit, ʼn verklaring, ens. beteken. Dit kan ook ʼn ferm opinie beteken [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD] (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V2 9 5.4 Mites ʼn Mite is ʼn soort heilige teks. Dit bevat dikwels historiese en figuurlike materiaal. Dit is nie altyd letterlik waar of feitlike weergawes nie. Hul intensie is om geestelike waarhede oor te dra. Dit word gebruik om die skepping/oorsprong en eindtyd te verduidelik. Dit word gebruik om gebeure soos die geboorte en dood van Jesus, Mohammed en Siddharta te verduidelik. Dit kom van die woord “Mythos’ wat fabel beteken. Dit verwys na godsdienstige stories waarin die waarhede oor die lewe bekend gemaak word. [ENIGE RELEVANTE FEITE MOET GEKREDITEER WORD] (10) 5.5 Dogma Dit het twee kante van betekenisse wat relevant in die konteks van godsdiens is. Hierdie konsep verwys na ʼn beginsel , leer of sisteem soos deur ʼn kollektiewe godsdienstige gesag neergelê. ʼn Dogma het ook ʼn bygevoegde konnotasie wat van kollektiewe godsdienstige gesag is. Dogma het ʼn element van kollektiewe gesag. Dit word verteenwoordig deur die kollektiewe gesag soos in goddelike openbaring gevind word. Terwyl daar verskillende interpretasies van dogmas in ʼn tradisie is, is dogmas meer absoluut. Dit word gemagtig deur ʼn kollektiewe godsdienstige gesag in die plek van die tradisie en mag as goddelik geïnspireer oorweeg word. Daar is nie ʼn afsny punt tussen ʼn dogma en ʼn lering nie (10) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all