Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
RELIGIESTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*RLGSA*
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 264.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2Common Features of Religion10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions4 marks
- Question 1.4The Variety of Religions6 marks
- Question 1.5The Variety of Religions10 marks
- Question 1.6The Variety of Religions10 marks
Show all 18 questions
- Question 2.1Common Features of Religion10 marks
- Question 2.2Common Features of Religion4 marks
- Question 2.3Common Features of Religion4 marks
- Question 2.4Common Features of Religion12 marks
- Question 2.5The Variety of Religions20 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society8 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society12 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.5Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions30 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A is VERPLIGTEND.
3. AFDELING B bestaan uit drie vrae waarvan TWEE vrae beantwoord moet
word.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy ʼn keuse maak.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
6. Die lengte van jou antwoord moet in ooreenstemming wees met die punte
wat aan elke vraag toegeken word.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 3
AFDELING A
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
1.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Kies die antwoord uit die lys wat voorsien
word.
Ekumenisme; Therevada; ateïsme; Talmoed; halaal
1.1.1 Die mondelinge komponent van die Tora word die ... genoem. (2)
1.1.2 Bevordering van eenheid tussen kerke om as ʼn eenheid saam te
werk word … genoem. (2)
1.1.3 Ontkenning van die bestaan van God is ... (2)
1.1.4 Voedsel wat geskik is vir gebruik deur Moslems word ... genoem. (2)
1.1.5 Die oudste vertakking van Boeddhisme is ... (2)
1.2 Beskryf kortliks die volgende begrippe/leringe in die konteks van
godsdiens:
1.2.1 Doktrine (2)
1.2.2 Ideologie (2)
1.2.3 Gelykenisse (2)
1.2.4 Dogma (2)
1.2.5 Vergelykbaarheid (2)
1.3 Noem die TWEE hoof vertakkings van die Islamitiese geloof. (2 x 2) (4)
1.4 Verduidelik in DRIE sinne die term ubuntu, soos dit op die Afrika
Tradisionele Godsdiens van toepassing is. (3 x 2) (6)
1.5 Kies die woorde wat NIE pas NIE uit elke groep van woorde hieronder.
Skryf slegs dié woord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
1.5.1 Abraham, Boeddha, Jesus Christus, Darwin (2)
1.5.2 Koran, Bybel, Profeet Mohammed, Hajj (2)
1.5.3 Vedas, Karma, Modimo, Nirvana (2)
1.5.4 Unkulunkulu, Sangoma, Kalief (caliph), voorvaders (2)
1.5.5 Tanach, Tora, Baha’u’llah, Moses (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.6 Kies ʼn item uit KOLOM B wat pas by ʼn woord/beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A−E) langs die vraagnommer (1.6.1−1.6.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.6.6 F. (4)
KOLOM A KOLOM B
1.6.1 Nirvana A opponerende groepe van mense
wat ooreen kom om saam te werk
1.6.2 Karma B verlossing van lyding in
Boeddhisme
1.6.3 Sinkretisme C geloof in baie gode
1.6.4 Versoening D is die proses om elemente van
een godsdiens te integreer in ʼn
ander godsdiens
1.6.5 Politeïsme E oortuiging dat enige aksie ʼn
gevolg het
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 5
AFDELING B
Beantwoord enige van die TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
Die dinge wat godsdiens uniek maak kan sosiaal baie verdelend wees.
Mense kom tot die gevolgtrekking, dat daardie aspekte waar is, en dat die
aspekte van ander godsdienste waarmee hulle nie saamstem nie,
vals/onwaar is en daarom is hulle godsdiens verhewe bo ander
godsdienste. Met ander woorde, dit is die “uniekheid” wat die meeste
moeilikheid tussen godsdienste veroorsaak.
[Bron: Shutters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al, bl. 123]
Beskryf kortliks die unieke kenmerke van enige EEN van die
godsdienste. (10)
2.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
In Ortodokse Islam is daar baie min ruimte vir variasie sover dit die
kernleerstellings (grondslag van godsdiens) betref: behalwe Allah is daar
geen ander god nie; Mohammed is sy profeet. Aan geeneen van hierdie
twee pilare kan daar enigsins getwyfel word nie. Baie dieselfde geld vir
die Ortodokse Christelike godsdiens. Mense wat in sulke godsdienste van
die korrekte ‘geloof’ afwyk, kan sekere sosiale gevolge ervaar. In die
verlede moes sommiges self met hulle lewens boet.
In hoofstroom-Hindoeïsme is dinge baie anders. Dit is belangriker om die
regte dinge te doen en reg op te tree as om in die regte dinge te glo. In
nog ʼn Indiese godsdiens, Boeddhisme, word ‘geloof’ as die aanvaarding
van sekere beskouinge as ʼn hindernis op die pad na verlossing beskou.
Om vas te klou aan sekere oortuigings/geloof, is net so sleg as om aan
geld vas te klou/verlief op geld te wees, sê sommige Boeddhiste
byvoorbeeld, omdat dit daartoe kan lei dat jy en ander mense kan
ly/swaarkry.
[Bron: Aangepas en vertaal uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bladsy 39]
Definieer kortliks die term geloof soos dit in die konteks van godsdiens
gebruik word. (4)
2.3 Verduidelik die konsep onderwys, soos dit in Religiestudies gebruik
word. (4)
2.4 Verduidelik die rol wat gelykenisse in godsdienstige onderwys speel. (12)
‘
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.5 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
In hoofstroom-Hindoeïsme is dinge baie anders. Dit is belangriker om die
regte dinge te doen en reg op te tree as om in die regte dinge te glo. In
nog ʼn Indiese godsdiens, Boeddhisme, kan ‘oortuiging/geloof’ as die
aanvaarding van sekere beskouinge selfs as ʼn hindernis op die pad na
verlossing beskou word”. Verkleefdheid aan oortuiginge is net so sleg
soos verkleefdheid aan geld, sê sommige Boeddhiste byvoorbeeld, omdat
dit daartoe kan lei dat jy en ander mense kan ly/swaarkry.
[Aangepas en vertaal uit: Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bladsy 39]
Bespreek kortliks die rol van oortuiging/geloof in die volgende
godsdienste:
2.5.1 Islam (10)
2.5.2 Christelike godsdiens (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 7
VRAAG 3
3.1 Verbeel jou jy is die voorsitter van die Verteenwoordigende Raad van
Leerders by jou skool. Skryf ʼn gedragskode vir leerders. Dit moet uit
ten minste VIER sleutelpunte bestaan en moet godsdienstige
verdraagsaamheid by die skool bevorder. (8)
3.2 Vergelyk demokratiese Suid-Afrika se siening oor godsdiensvryheid met
die benadering wat gedurende die apartheidsera gevolg is. (12)
3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat daarop
volg.
Die eerste Wêreldparlement van Religieë is in 1893 in Chicago gehou.
Verteenwoordigers het van oor die wêreld gekom, van Westerse sowel
as Oosterse religieë. Die blywendste erfenis van die 1893-parlement was
die toesprake wat deur Swami Vivekananda gelewer is. Hierdie
toesprake was ʼn mylpaal in die bekendstelling van die Hindoe-denkwyse
aan die Westerse wêreld.
[Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al, 2007:29]
Bespreek in die lig van die aanhaling hierbo, die rol/bydrae van enige
EEN religieuse leier/organisasie wat inter-religieuse dialoog bevorder
het. (10)
3.4 In jou eie woorde, definieer kortliks die konsep menseregte, met spesiale
verwysing na godsdiens. (10)
3.5 Verduidelik kortliks die konsep godsdiensvryheid en gee ʼn voorbeeld
daarvan. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 4
4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop
volg.
In die talle brandpunte (konflikte) regoor die wêreld, of dit nou die Midde-
Ooste, Sri Lanka of Afrika is ... “godsdienstige verskille is egter nie die
enigste rede vir die geweld nie. Inteendeel, dit is duidelik dat godsdiens
deur politici gebruik word om ondersteuning vir hulself en hul partye te
verkry.”
[Bron: Aangepas uit Religion Studies Grade 12 by Steyn et al, bladsy 232]
4.1.1 Identifiseer EEN streek of land van konflik in die wêreld en gee ʼn
kort geskiedenis van die konflik. (10)
4.1.2 Beskryf die huidige situasie van die konflik wat jy geïdentifiseer
het. (6)
4.1.3 Verduidelik die rol van godsdiens in die konflik. (10)
4.1.4 Som jou bevindinge op. (4)
4.2 Lees die uittreksel uit ʼn koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Onitsha, Nigerië. Dosyne verkoolde, smeulende liggame het die strate
van hierdie bedrywige handelshoofstad besaai na drie dae se oproerigheid
waar Christenbendes met kapmesse, knuppels en messe hul Moslembure
aangeval het. Oproeriges het talle mense hier vermoor, meestal Moslems,
nadat hul huise, besighede en moskees afgebrand is in die ergste geweld
nog wat verband hou met spotprente van die Profeet Mohammed wat die
eerste keer in ʼn Deense koerant verskyn het. Die oproerigheid het hier
uitgebreek na aanvalle verlede week op Christene in Noord-Nigerië deur
Moslems wat woedend oor die spotprente was.
[Aangepas en vertaal uit: New York Times, 24 Februarie 2006 (Shuters Religion Studies
Grade 12, bladsy 214)]
4.2.1 Volgens die artikel, wat is die oorsaak van die onluste? (4)
4.2.2 Wat, dink jy, kan die moontlike gevolge van hierdie onluste wees?
Noem ten minste DRIE moontlikhede. (6)
4.2.3 Dink jy dat die artikel ʼn gebalanseerde oorsig bied? Gee redes
vir jou antwoord. (4)
4.2.4 Volgens jou ondervinding, bied die media oor die algemeen
godsdienstige kwessies op ʼn gebalanseerde, onpartydige wyse
aan? Gee ten minste EEN voorbeeld om jou mening te illustreer. (6)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper