Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 312.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5The Variety of Religions10 marks
- Question 1.6The Variety of Religions8 marks
Show all 26 questions
- Question 2.1Common Features of Religion20 marks
- Question 2.2Common Features of Religion4 marks
- Question 2.3The Variety of Religions4 marks
- Question 2.4The Variety of Religions8 marks
- Question 2.5Common Features of Religion2 marks
- Question 2.6The Variety of Religions12 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society4 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society8 marks
- Question 3.5Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.6Topical Issues in Society8 marks
- Question 4.1Topical Issues in Society12 marks
- Question 4.2Common Features of Religion12 marks
- Question 4.3Common Features of Religion26 marks
- Question 5.1The Variety of Religions12 marks
- Question 5.2The Variety of Religions10 marks
- Question 5.3The Variety of Religions12 marks
- Question 5.4The Variety of Religions10 marks
- Question 5.5The Variety of Religions6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 In die Khoisan-godsdiens word daar geglo dat daar … godhede
is (nie).
A drie
B geen
C twee
D etlike (1)
1.1.2 Theravada-Boeddhiste word gelei deur 'n gemeenskap van
monnike en nonne wat as die … bekend staan.
A Sangha
B kapelane
C radjas
D kardinale (1)
1.1.3 Die oudste van al die Hindoe-skole is …
A Shaktisme/Sjaktisme.
B Vaishnavisme.
C Smartas.
D Shaïvisme. (1)
1.1.4 Die Handves vir Barmhartigheid is deur 'n
wêreldgodsdiensgeleerde, …, begin.
A Karen Armstrong
B Karl Marx
C Ludwig Feuerbach
D Swami Vivekananda (1)
1.1.5 Om iets op te pas sodat dit na die volgende geslag oorgedra kan
word, is …
A liefdadigheid.
B rentmeesterskap.
C geloofsbelydenis.
D die wet van Moses. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.1.6 Die sentrale leerstellings van die Bahá'i-geloof is in die … vervat.
A Kitáb-i-Aqdas
B Agtvoudige Weg
C Koran
D Misjna Tora (1)
1.1.7 In die Christelike godsdiens verwys die Opstanding na …
A die Kruisiging.
B die dood van Jesus Christus.
C die Drie-eenheid.
D Jesus Christus wat die dood oorwin het. (1)
1.1.8 Boeddhisme is baie deur … beïnvloed.
A Hindoeïsme en Islam
B Islam en Sikhisme
C Islam, Hindoeïsme en Confucianisme
D Taoïsme en Hindoeïsme (1)
1.1.9 'n Klein afwykende godsdienstige groep staan as … bekend.
A ortodoks
B 'n sekte
C onbesnedenes ('gentiles')
D Protestante (1)
1.1.10 'n Persoon wat op eie meriete Nirvana kan binnegaan:
A Mahabharata
B Bodhisattva
C Rama
D Sathyagraha (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2017
NSS
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.2.1 Betrokke by die bevordering van eenheid onder Christenkerke (1)
1.2.2 'n Stel beginsels oor hoe 'n samelewing georden moet wees (1)
1.2.3 Bevryding van die siklus van weergeboorte in Hindoeïsme (1)
1.2.4 Iemand wat as tussenganger tussen die sigbare en die geestelike
wêreld optree (1)
1.2.5 Lei gemeentegebed in Islam (1)
1.2.6 Aanneem van valse oortuigings en praktyke (1)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Ummah A om nooit enige lewende wese kwaad aan
te doen nie
1.3.2 Halakhah
B toon groot respek of ontsag vir iets of
1.3.3 Mahatma Gandhi iemand
1.3.4 Ahimsa C 'n versameling heilige geskrifte en stories
van Boeddhistiese oorsprong
1.3.5 Verering
D streng deur Ortodokse Jode gehoorsaam
1.3.6 Tripitaka
E alle Moslems, ongeag ras, moet mekaar
as broers en susters beskou
F het die stryd vir Indiese onafhanklikheid
gelei
G die naam wat Griekse geskiedkundiges
oorspronklik aan literêre illustrasies
gegee het
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2017
NSS
1.4 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord en 'n rede waarom dit nie pas nie langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Verering; Eerbiedig; Aanbid; Waarsêer (2)
1.4.2 Identiteit; Tao; Vergelykbaarheid; Eenheid (2)
1.4.3 Monoteïsme; Ateïsme; Politeïsme; Sinkretisme (2)
1.4.4 Vyf Pilare; Vier Edel Waarhede; Godsdienstige Vryheid; Nagmaal (2)
1.4.5 Koning; Sondag; Stam; Hoofman (2)
1.5 In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende konsepte:
1.5.1 Eendersheid (2)
1.5.2 Uniekheid (2)
1.5.3 Halaal (2)
1.5.4 Eenheid (2)
1.5.5 Vergelykbaarheid (2)
1.6 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.4) neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is.
1.6.1 Hindoeïsme leer dat 'n mens god kan wees. (2)
1.6.2 In Judaïsme is Dawid die goddelike naam van God. (2)
1.6.3 Die heilige teks van die Bahá'i-geloof is oorspronklik in Grieks
geskryf. (2)
1.6.4 Volgens die Taoïstiese siening ontstaan al die wêreldprosesse uit
tienduisend dinge. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Godsdienstige identiteit behels selfidentifikasie en selfverklaring deur diegene
wat in die leerstellings van 'n spesifieke godsdiens glo en dit volg.
In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende konsepte:
2.1.1 Lering/Leerbeginsel (4)
2.1.2 Mite (4)
2.1.3 Leerstelling (4)
2.1.4 Gelykenis (4)
2.1.5 Dogma (4)
2.2 Verduidelik die filosofie van ubuntu. (4)
2.3 Beskryf TWEE faktore wat die godsdienstige identiteit van mense vorm. (4)
2.4 Omdat Hindoes aan reïnkarnasie glo, is die fisiese liggaam nie so belangrik
soos die siel nie. Liggame word gewoonlik veras en die as gestrooi.
Bespreek kortliks die leerstelling van reïnkarnasie. (8)
2.5 Verduidelik die woord kanon. (2)
2.6 Noem TWEE feite oor die volgende godsdienste met betrekking tot:
2.6.1 Hoe die Bahá'i-geloof die toekoms van godsdienste beskou (4)
2.6.2 Hindoeïsme se sosiale struktuur (4)
2.6.3 Tradisionele genesers in die Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GODSDIENS IN DIE MEDIA
Die moderne media maak inligting oor gebeurtenisse wat wêreldwyd plaasvind, soos
wat dit gebeur, aan mense bekend. Mense kyk na hierdie inligting en vorm menings
oor wat besig is om te gebeur. Die menings wat hulle vorm, kan dan hulle reaksies en
optrede beïnvloed.
Die volgende is enkele godsdienstige stereotipes* wat deur die media geskep is:
• Jode is gierigaards.
• Katolieke priesters is kindermolesteerders.
• Moslems is terroriste.
• Boeddhiste is vredeliewende monnike.
[Aangepas uit Top Class Religion Studies]
*stereotipes: oorvereenvoudigde mening; 'n partydige gesindheid/houding
3.1 Kies enige TWEE van die stereotipes hierbo en verduidelik waarom dit NIE
WAAR is NIE. (2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 Ontleed hoe die media gewoonlik oor godsdienstige kwessies
berig. (6)
3.2.2 Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord op VRAAG 3.2.1 te
illustreer. (4)
3.3 Ondersoek faktore wat die media kan beïnvloed wanneer hulle oor
godsdienstige kwessies berig. (10)
3.4 Wat is die moontlike gevolge van die stereotipering van verskillende
godsdienste? (8)
3.5 Wat kan die media doen om die stereotipering van godsdienste te
neutraliseer? (10)
3.6 As 'n jongmens, hoe sou jy godsdienstige gemeenskappe raad gee oor die
gebruik van elektroniese media, soos die Internet, televisie en sosiale
netwerking, om te verseker dat hulle boodskappe korrek verstaan word? (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4
4.1 Sommige van die regte in die Universele Verklaring van Menseregte word in
die uittreksel hieronder genoem.
Elke mens het die reg op:
1. Vryheid van diskriminasie
2. Lewe, vryheid en persoonlike veiligheid
3. Vryheid van geloof en godsdiens
4. Vryheid van mening en inligting
5. Onderwys
Kies enige DRIE van die menseregte hierbo en bespreek relevante leringe uit
enige van die godsdienste wat jy bestudeer het wat hierdie menseregte
bevorder. (12)
4.2 Godsdienstige oortuigings speel verskillende rolle in verskillende godsdienste.
Oortuigings kan enigiets vanaf aanvaarding van iets tot 'n ferm mening
beteken.
Vergelyk die rolle wat deur oortuigings in die volgende godsdienste gespeel
word:
4.2.1 Christelike godsdiens (4)
4.2.2 Boeddhisme (4)
4.2.3 Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
4.3 Godsdiens word dikwels as die bron van moraliteit beskryf.
4.3.1 Wat verstaan jy onder moraliteit? (4)
4.3.2 Gebruik ten minste DRIE voorbeelde om te toon dat moraliteit van
godsdiens afkomstig is. (12)
4.3.3 Na jou mening, wat is die redes vir 'n gebrek aan moraliteit in die
moderne samelewing? (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE
Godsdienstige gemeenskappe het leiers op die gebied van vredesopleiding geword.
Hulle besef dat alhoewel oortuigingsverskille deur die hele geskiedenis tot konflik
bygedra het, godsdienstige mense by baie geleenthede 'n merkbare vermoë tot
versoening en diens aan ander getoon het. Deur die opleidingstrukture wat hulle
alreeds gevestig het, is godsdienste in die unieke posisie om 'n kultuur van vrede
onder hulle volgelinge, en in die samelewing as 'n geheel, te bevorder.
[Bron: Focus on Religion Studies Grade 12]
5.1 Suid-Afrika is 'n multigodsdienstige samelewing. Bespreek hoe die Suid-
Afrikaanse regering respek, verdraagsaamheid en begrip van alle
godsdienste bevorder. (12)
5.2 Bespreek die geskiedenis van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste,
vanaf die begin tot 2009. (10)
5.3 Evalueer die doeltreffendheid van die Parlement van die Wêreld se
Godsdienste. (12)
5.4 Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika is in 2002 gestig en is die grootste
verteenwoordigende multigodsdienstige platform in Afrika. Maak 'n lys van
VYF rigsnoere van hierdie organisasie. (10)
5.5 Dink jy dat vroue 'n belangrike rol in die bevordering van intergodsdienstige
verhoudinge in Suid-Afrika speel? Gee redes vir jou antwoord. (6)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2017 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper