Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V1
2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 383.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions6 marks
- Question 1.5The Variety of Religions8 marks
- Question 1.6The Variety of Religions6 marks
Show all 19 questions
- Question 2.1Common Features of Religion30 marks
- Question 2.2The Variety of Religions20 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society40 marks
- Question 3.2The Variety of Religions10 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions10 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions16 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions12 marks
- Question 4.4The Variety of Religions12 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society12 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.3Topical Issues in Society8 marks
- Question 5.4Common Features of Religion10 marks
- Question 5.5Topical Issues in Society10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A (COMPULSORY)
VRAAG 1
1.1.1 B√ (1)
1.1.2 A√ (1)
1.1.3 C√ (1)
1.1.4 C√ (1)
1.1.5 B√ (1)
1.1.6 D√ (1)
1.1.7 D√ (1)
1.1.8 B√ (1)
1.1.9 D√ (1)
1.1.10 A√ (1)
L.W: Krediteer die leerder selfs al is die antwoord volledig uitgeskryf.
1.2 1.2.1 ONWAAR √
Bahá'u'llah is die stigter van die Bahá'i-geloof/Die Tora (Tanag) is
die heilige boek van Judaïsme√ (2)
1.2.2 ONWAAR: √
Die oudste Hindoe heilige geskrif is die Vedas/Rig Vedas/
Die drievoudige teks in Boeddhisme word die Tripitaka genoem√
Daar is nie ‘n heilige geskrif in die Afrika Tradisionele Godsdiens nie. (2)
1.2.3 WAAR: √ √ (2)
1.2.4 ONWAAR: √
Die skrywer van die Tao heilige boek is Lao-Tzu. √
Die Boeddha is 'n leier in Boeddhisme.
Die Boeddha was die stigter van die Boeddhisme (2)
1.2.5 ONWAAR: √
'n Leerstelling is 'n stelling van oortuigings wat noodsaaklik vir
'n godsdiens is. √
'Leerstelling' is 'n sinoniem vir lering.
'n Leerstelling is 'n stel fundamentele oortuigings.
Die studie van teologie sluit die studie van leerstellings in (2)
1.3 1.3.1 Brahman. √ Al diel ander is takke van Boeddhisme. √ (2)
1.3.2 Kaïro. √Al die ander is heilige stede wat met die Christenskap
geassosieer word. √ (2)
1.3.3. Doop. √Die ander word met die ATR geassosieer word. (Afrika
Tradisionele Godsdiens). (2)
1.3.4 Taoïsme √ Al die ander het 'n konsep van ‘n Opperwese. √ ATG- (2)
Dit het nie ‘n heillige teks nie √
1.3.5 Haifa √ Die ander word met Islam geassosieer. √ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
1.4 1.4.1 H√ (1)
1.4.2 F√ (1)
1.4.3 D√ (1)
1.4.4 A√ (1)
1.4.5 E√ (1)
1.4.6 G√ (1)
1.5 • Brahman √
• Dit is priesters en onderwysers√
• Ksatriya√
• Dit is krygsmanne, heersers en grondeienaars √
• Vaisya√
• Dit is ambagsmanne, boere en handelaars√
• Sudra√
• Hulle is dienaars en arbeiders√
• Harijans√
• Dit is die mense buite die kastestelsel. Hulle staan as
'onreines/onaanraakbares'/Kinders van God bekend. √
• Let wel: Krediteer met twee punte indien die Engels/Afrikaans terme
gebruik word. (4 x 2) (8)
1.6 1.6.1 • Hy was die stigter van die Duitse Hervorming. √
• Sy idees en skrywes het die Protestante beweging tot gevolg
gehad. √
• Hy het die superioriteit van die Bybel bo pouslike mag
beklemtoon.√ (2)
1.6.2 • Hy was die stigter van Boeddhisme. √
• Hy was van koninklike afkoms, maar het sy gerieflike lewe
agtergelaat om 'n lewe van uiterste asketisme te volg. √
• Hy het die titel 'Boeddha' gekry, wat 'verligte persoon/een'
beteken.√ (2)
1.6.3 • Hy was 'n Hindoe-priester wat die Ramakrishna-missie gestig
het. √
• Hy het Hindoeïsme aan die Weste bekend gestel. √
• Hy het dit by die Parlement vir Wêreldgodsdienste (1893)
gedoen. √
LET WEL: Enige twee relevante feite moet gekrediteer word. (2)
TOTAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B
LET WEL: In hierdie afdeling, tel elke feit TWEE punte.
VRAAG 2
2.1 2.1.1 • Dit is 'n fundamentele geloof in Christenskap.
• Dit is 'n Christelike begrip van die innerlike aard van God.
• Dit is bevestiging dat daar een God is wat as drie persone
bestaan, soos volg:
o God die Vader is die Skepper
o God die Seun is die Verlosser van die mensdom
o God die heilige Gees is die Vertrooster (6)
2.1.2 • Dit is die sentrale konsep van Taoïsme.
• Dit is 'die weg' wat mense moet volg.
• Tao beteken die pad van die heelal.
• Die Tao is die maker van alles wat daar is, en die waarborger
van die stabiliteit en reëlmaat daarvan. (6)
2.1.3 • Dit is 'n geloof wat algemeen in Hindoeïsme en Boeddhisme
is.
• Dit verwys na die wedergeboorte van die siel of gees in 'n
nuwe liggaam.
• Dit is 'n geloof dat na die dood, die siel weer in 'n ander
liggaam gebore word.
• Wesens word oor en oor in 'n volgende lewe gebore. (6)
2.1.4 • Dit is die Boeddhistiese pad om nirvana te bereik.
• Die Agtvoudige Pad bestaan uit agt stappe om die
Boeddhistiese doelwit van verligting te bereik.
• Dit is die laaste van die Vier Edel Waarhede. (6)
2.1.5 • Dit is die heilige boek van die Bahá'i-geloof.
• Dit bevat die meeste van die Bahá'u'llah se leerstellings.
• Dit staan ook as die Boek van Oortuiging bekend. (6)
L.W: Ander relevante feite moet gekrediteer word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.2 2.2.1 Christenskap is as 'n neweproduk van koloniale uitbreiding na Afrika
•
gebring.
• Sendelinge het die godsdienstige oortuiginge van inheemse en
Afrikane as primitief en bygelowig afgemaak.
• Islam het die land ingekom saam die Nederlandse Oos-Indiese
Moslem politieke gevangenes uit Indonesië.
• Hindoeïsme is met die aankoms van Indiërs in 1860 bekend gestel.
• Hierdie godsdienste het binne hulle onderskeie gemeenskappe
gebly.
• Onder die apartheidsregering se beleid van aparte ontwikkeling was
daar min interaksie tussen die godsdienste.
• Godsdienste is volgens ras ingedeel. Wittes was Christene en
Joods; swartes was Christene (maar het apart aanbid). Indiërs was
hoofsaaklik Moslem of Hindoe.
• Met 'n toename in die teenstand teen die apartheidsregering in die
1980's het leiers uit diverse godsdienstige gemeenskappe in Suid-
Afrika saamgekom om verby hulle verskille te kyk en saam te staan
in die gemeenskaplike doel van geregtigheid, gelykheid en
nierassisme.
• Die Suid-Afrikaanse tak van die Wêreldkonferensie van
Godsdienste vir Vrede is in 1984 gestig.
• Dit het mense van verskillende godsdienste saamgebring, soos
Hindoeïsme, Judaïsme, Islam en Christene.
• Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke is in 1968 gestig en het anti-
apartheidsgroepe ingesluit.
• Die Call of Islam en Jews for Justice is gou daarna gestig.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
2.2.2 Met die demokratiese verkiesing, het Suid-Afrika 'n sekulêre staat
•
geword.
• Die grondwet van die land het gewaarborg dat alle godsdienste
gelyk behandel sou word.
• President Nelson Mandela het in 1997 'n beroep op godsdienstige
gemeenskappe gedoen om hulle verskille tersyde te sit en saam te
werk vir 'n vry en regverdige Suid-Afrika.
• Godsdienstige leiers het 'n koalisie gevorm om intergodsdienstige
samewerking te bewerkstellig om 'n samelewing te skep wat moreel
en deernisvol is.
• Hierdie koalisie het as die Nasionale Godsdienstige Leiersforum
(NGLF) bekend geword.
• Alle groot godsdienste van Suid-Afrika het in die 1999 Parlement
van Wêreldgodsdienste in Kaapstad deelgeneem.
• Ten spyte van die verskille tussen godsdienste waaruit die NGLF
bestaan, is hulle almal toegewyd om 'n Suid-Afrika te ontwikkel wat
op gelykheid, regverdigheid, moraliteit en eerlikheid gebou is.
• Godsdienstige leiers is verenig in hulle kritiek van die regering
wanneer nodig. (Bv. toe die Dalai Lama 'n visum geweier is.)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 • Verkragting
• Korrupsie (4)
3.1.2 • Hy sê dis 'n gebrek aan moraliteit. (2)
3.1.3 JA
• Christenskap is die mees dominante godsdiens in die land
• Indien Christene hulle godsdienstige leringe volg, sal daar
geen misdaad wees nie.
• Christenskap leer dat ons vroue met deernis moet behandel.
• Verkragting is 'n ernstige sonde.
• Seks moet slegs in 'n huwelik plaasvind.
• Christen moet die voorbeeld stel vir ander mense om te volg
NEE
• Daar is ander godsdienste in die land behalwe Christenskap.
• Godsdienstige invloed neem af.
• Moraliteit kan bestaan sonder godsdiens.
• So redeneer die Sekulêre Humaniste.
• Cyril Ramaphosa verpolitiseer net. Gebruik godsdiens vir
politieke gewin.
• Baie godsdienstige leiers is self skuldig aan onsedelike gedrag
en kriminele aktiwiteite.
• Die wette van die land behoort strenger te wees. Dit behoort
nie die verantwoordelikheid van godsdiens te wees om die wet
af te dwing nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
3.1.4 • Die ANC is moreel bankrot.
• Wette van die land kan 'n morele samelewing skep. Godsdiens
is nie nodig nie. (2)
3.1.5 • Indien politieke en godsdienstige leiers nie moreel is nie, sal
daar geen moraliteit onder gewone mense wees nie.
• Die leser sê dat die ANC nie tussen reg en verkeerd onderskei
nie. (Geen morele kompas nie.)
• Beide godsdiens en politieke partye het geen moraliteit nie. (4)
3.1.6 • Die media is meer toerekenbaar want lesers bevraagteken
onmiddellik die inhoud.
• Verskillende standpunte kan uitgedruk word.
• Media-huise het nie meer eksklusiewe dekking van
godsdienstige gebeurtenisse nie.
• Godsdienstige gemeenskappe kan ook reageer/hulleself
verdedig teen onregverdige media-artikels. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.1.7 • 'n Sonde verwys na die verbreking van die wette van die
godsdiens.
• Dit is 'n swakheid.
• Dit is 'n daad wat as boos of as ongehoorsaamheid aan die
godsdiens beskou word.
• Die staat dwing nie godsdienstige wette af nie, behalwe waar
daar 'n staatsgodsdiens is.
• 'n Sonde word deur straf gevolg (karma, vagevuur, ens.)
• 'n Misdaad verwys na die verbreking van die wette van die
land.
• Jy kan krimineel vervolg word vir die pleeg van 'n misdaad.
• Wetstoepassingsamptenare en die regstelsel straf diegene wat
'n misdaad pleeg.
• 'n Misdaad in een land is nie noodwendig 'n misdaad in 'n
ander land nie.
• Bv. 'n huwelik tussen mense van dieselfde geslag word nie in
baie Afrikalande erken nie, maar wel in Westerse lande.
• 'n Sonde is nie noodwendig 'n misdaad nie, en andersom.
• Bv. in die apartheidsera was dit 'n misdaad om oor die
kleurgrens heen te trou, dit was egter nie 'n sonde nie.
• Bv. buite-egtelike seks word as 'n sonde in die meeste
godsdienste beskou, maar dis nie 'n misdaad nie.
LET WEL: 'n Maksimum van SES punte elk moet vir 'sonde' en
'misdaad' toegeken word.
Indien geen voorbeelde gegee word nie, mag ‘n maksimum
van 10 punte toegeken word. Indien slegs voorbeelde sonder
‘n verduideliking aangebied word, mag ‘n maksimum van agt
punte toegeken word. (12)
3.2 3.2.1 • Taoïsme beweer dat mense hulle lewens moeiteloos in
harmonie saam met die Tao (weg) van die heelal leef.
• Volgens Taoïsme bestaan alles uit twee magte, Jin en Jang. (2)
3.2.2 • Hindoes glo daar is net een finale werklikheid, maar daar is
baie paaie om dit te bereik.
• Hindoeïsme word deur die geloof in reïnkarnasie ondersteun.
• Hindoeïsme se sosiale struktuur is op die kastestelsel
gebaseer. (2)
3.2.3 • Judaïsme het die sentrale idee van 'n verbond tussen God en
die Joodse mense.
• God beskerm Sy uitverkose mense, wat weer Sy reëls volg. (2)
3.2.4 • Christene glo dat Jesus die Joodse profesie van 'n Messias
vervul het en dat Hy die Verlosser van die heelal is.
• Hulle glo dat Jesus Christus die Seun van 'n lewende God is. (2)
3.2.5 • Bahá'i's glo dat alle godsdienste aan dieselfde God glo en
vereer.
• Ten spyte van hulle verskille, deel hulle 'n algemene waarheid.
• Hulle glo dat alle godsdienste van die wêreld in die toekoms
een godsdiens sal word, Bahá'i. (2)
Let wel: Ander unieke kenmerke moet gekrediteer word.
Unieke rituele en simbole van godsdienste moet gekrediteer word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 • Godsdiens speel 'n klein rolletjie in die konflik.
• Die land Israel/Palestina is heilig vir die Jode, Christene en Moslems.
• Die al Aqsa-moskee in Jerusalem is Islam se derde heiligste plek.
• Jerusalem is heilig vir Christene, want dit is die plek van Jesus Christus
se kruisiging..
• Jode beskou Jerusalem as ligging van die Tempelhoogte./Tempel van
Salomo.
• Al hierdie terreine het bestaan lank voor die skepping van Israel en is
deur verskillende stamme bewoon.
• Die voortgaande konflik het begin met die verklaring van Israel in 1946.
• Onversetlike Israeli's en Zioniste maak daarop aanspraak dat volgens
hulle geskrifte, Palestina regtens aan die Jode behoort.
• Hierdie aanspraak word deur Palestyne en baie Joodse organisasies
verwerp, insluitende party Ortodokse Jode.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (10)
4.2 • Die voortgaande besetting van Palestynse grond deur Jode (Joodse
setlaars) is 'n hooffaktor in die konflik.
• Heelwat VN-resolusies is al geneem wat hierdie besetting veroordeel.
• Die bou van onwettige nedersettings op hierdie grond is ook 'n
hooffaktor.
• Die gereelde uitbreek van oorlog tussen die Palestyne en Israel vererger
die probleem aangesien onderhandelinge gestaak word en
vredesooreenkomste gekanselleer word.
• Amerikaanse ondersteuning vir Israel is onwrikbaar en dit ondermyn
pogings deur die VN om sanksies teen Israel in werking te stel.
• Die Joodse drukgroep in die VSA is baie invloedryk en verseker dat
Israel se belange deur die Amerikaanse regering ondersteun word.
• Konflik tussen die verskillende Palestynse faksies (Hamas, Palestinian
Authority, ens.) beteken dat daar ook onenigheid tussen hierdie faksies
is.
• Korrupsie in die Palestinian Authority dra ook by tot partysugtigheid onder
die Palestyne.
• Hisbolla, met hulle hoofkwartier in Libanon, ondersteun Hamas. Dit vuur
konflik in die streek aan.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (16)
4.3 • Die oplossing is om 'n verhoogde bewustheid te bevorder van die
positiewe vredesopbou en die versoenende rol wat godsdiens in baie
konfliksituasies gespeel het.
• Die bevegting van waninligting kan ver gaan om vertroue tussen
godsdienste op te bou.
• Negatiewe godsdienstige stereotipes moet as verkeerd uitgewys word.
• Intergeloofsdialoog sal op alle vlakke van godsdienstige strukture
voordelig wees en ook in alle segmente van godsdienstige
gemeenskappe.
• Om oor ander godsdienste te leer, kan 'n kragtige stap wees om te leer
dat alhoewel daar godsdienstige verskille is, het mense baie in gemeen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
• Die doelwit van godsdienstige organisasies moet nie bekering wees nie,
maar om begrip, respek en verdraagsaamheid te fasiliteer.
• Om in 'n gees van nederigheid te kommunikeer en om die self te kritiseer
sal ook help.
• Wanneer menseregteskendings in die naam van 'n godsdiens gepleeg
word, sal veroordeling van volgelinge van dieselfde godsdiens die werk
van ekstremiste blootlê en intergodsdienstige spanning verlig.
• Godsdienstige organisasies kan ook humanitệre hulp verleen.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
4.4 • Dit fasiliteer vergaderings van godsdienstige leiers.
• Dit bring godsdienstige gemeenskappe, die burgerlik samelewing en die
regering saam om 'n inklusiewe benadering tot die oplos van konflik
te hê.
• Dit stuur intergeloofsafvaardigings na konflikgebiede in Afrika.
• Dit neem deel aan die verkiesing in Togo.
• Dit organiseer ondersteuningsprogramme vir landmynslagoffers in
oorlogsgeteisterde gebiede. (Bv. Somalië, Suid-Soedan en Uganda)
• Dit vestig jeugvredeskampe en jeugnetwerke.
• Dit het die Landelike Waterprojek in Rwanda geïnisieer.
• Dit het die Mother's Cry for a Healthy Africa bekend gestel. Hierdie
inisiatief fokus op die uitwissing van kindersiektes.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word. (12)
[50]
VRAAG 5
5.1 • Suid-Afrika het in 1994 'n demokratiese Konstitusie aangeneem, wat die
beskerming van menseregte waarborg.
• Op hierdie wyse is godsdienstige gelykheid gewaarborg.
• Die Suid-Afrikaanse Konstitusie gee godsdiensvryheid.
• Dit verbied onregverdige diskriminasie teen enigiemand op grond van
godsdiens.
• Die Menseregtekommissie het die mag om gevalle van misbruik van
menseregte te ondersoek.
• Multigeloofsdienste word gereeld gehou en alle gelowe word uitgenooi
om deel te neem om 'n aspek van menseregte te vier.
• Die Konstitusionele Hof is aangestel om alle wette uit te toets om seker te
maak dat dit in ooreenstemming met die Konstitusie geskryf is.
• Die bekendstelling van |religiestudies as 'n vak in skole laat leerders en
onderwysers leer oor die verskillende godsdienste. (12)
5.2 OOSTERSE KULTUUR
• Oosterse kulture glo dat die Universele Verklaring op die Westerse
konsep van godsdiens en idees oor godsdiensvryheid gegrond is.
• Dit is kultureel te nou.
• Byvoorbeeld vir Hindoes, beteken godsdiensvryheid die vryheid om nie
gedwing te word om slegs een godsdiens te hê nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
• Baie mense in die Ooste beoefen meer as een godsdiens gelyktydig.
• Hierdie buigbaarheid word as godsdiensvryheid beskou.
• Hulle glo dis 'n slegte ding om die Westerse siening van
godsdiensvryheid af te dwing aangesien dit tot minder godsdiensvryheid
in die wêreld kan lei, nie tot meer nie.
• Godsdiensvryheid beteken dat niemand gedwing word om hulle
godsdiens te verander nie.
WESTERSE KULTUUR
• Samelewing sal slegs vreedsaam wees as mense en hulle leiers die
beginsel van godsdienstige verdraagsaamheid aanneem.
• Verdraagsaamheid beteken dat mense toegelaat moet word om te
bekeer.
• Sekulêre wêreldbeskouings word ook erken.
• Elke persoon moet vry wees om te glo waarin hulle wil, en om hulle
standpunte openlik uit te druk sonder dat hulle vervolg word.
• Europa ervaar ernstige godsdienstige konflik met geen wenner nie. Die
Weste moet daarom die idee van godsdienstige verdraagsaamheid en
vryheid van keuse ondersteun.
• Met die instroming van hoofsaaklik Moslem-vlugtelinge na Europa,
beteken godsdienstige verdraagsaamheid dat jy jou godsdienstige
oortuiginge privaat moet hou.
• Sommige Europeërs neig steeds om te diskrimineer, byvoorbeeld teen
Moslems.
LET WEL: 'n Maksimum van 6 punte kan vir enigeen van die kulture
toegeken word. (10)
5.3 VOORBEELD 1: SRI LANKA
• In Sri Lanka erken die Konstitusie Boeddhisme as die primêre godsdiens,
maar ondersteun die reg om ander godsdienste vrylik te beoefen.
• Ekstremistiese Boeddhiste val soms Christen-eiendom aan en die
regering doen nie veel daaraan nie.
• Die aanvalle is gedeeltelik 'n reaksie op Christelike sendingsaktiwiteite.
• Boeddhiste beskuldig Christene daarvan dat hulle bekering afdwing of
dat bekering deur omkopery gedoen word.
• Alhoewel die regering steeds amptelik godsdiensvryheid ondersteun,
word wetsontwerpe reeds in die parlement voorgelê wat
bekeringsaktiwiteite sou verban.
• Alhoewel daar inhegtenisnemings was, word die meeste aanvalle nie
gestraf nie.
VOORBEELD 2: MYANMAR (BURMA)
• Die Rohingya is 'n Moslem-minderheid en etniese groep wat al meer as
500 jaar in Myanmar woon.
• Honderde Rohingya-mans en -vroue het tydens sektariese geweld in
2012 gesterf en meer as 140 000 is haweloos gelaat aangesien hele
woonbuurte met die grond gelykgemaak is.
• Volgens die Menseregtewag is beplande veldtogte van etniese suiwering
uitgevoer. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
• Aangesien die skuldiges plaaslike politieke en godsdienstige krygshere
was, het die regering verkies om sulke misdade teen die mensdom te
ignoreer.
• Die regering van Myanmar het hulle gewapende magte asook die
Boeddhistiese ekstremiste verdedig.
• Hulle beweer dat hulle aksies teen etniese minderhede in die beste
belang van die Birmese nasie is.
• Ten spyte van internasionale kritiek en wette teen godsdienstige
haatspraak het die regering van Myanmar hulle oë gesluit vir die benarde
toestand van die Rohingya.
• Die amptelike woord wat vir die Rohingya-gemeenskap gebruik word, is
'Bengali', wat sinspeel op die (onwaar) oortuiging dat die Rohingya nie
etnies Birmees is nie en dus verdien om te sterf.
LET WEL: Ander relevante lande moet ook gekrediteer word.
5.4 VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
• Jy mag nie doodmaak nie…
• Dit verwys na die heiligheid van die lewe/reg om te lewe.
• Moord word as 'n kardinale sonde beskou.
• Jy moet jou naaste soos jouself liefhê. (Markus 12:31)
• Hierdie lering moedig Christene aan om te verseker dat daar aan die
basiese behoeftes van almal in hulle gemeenskap voldoen word, soos
kos, behuising en water.
• Organisasies, soos die Heilsleër, organiseer sopkombuise vir armes.
VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONAL GODSDIENS (ATR)
• 'n Sentrale tema in ATR is ubuntu.
• Ubuntu beteken om ander se behoeftes voor jou eie te plaas.
• Dit impliseer dat almal in die gemeenskap met liefde en respek behandel
moet word.
• Die praktyk van Ilimo (vrye lening) verseker dat almal in die gemeenskap
die basiese het.
• Ilimo gee waardigheid aan almal in die gemeenskap.
VOORBEELD 3: HINDOEÏSME
• Alle Hindoes glo in godsdiensvryheid; hulle glo almal het die reg om
enige godsdiens wat hulle wil, te volg, of nie te volg nie.
• Die meeste Hindoes glo dat alle paaie na die godheid lei.
• Hulle voel daar moet volkome godsdiensvryheid wees om mense aan te
moedig om te worstel om die waarheid te vind.
• In die algemeen probeer hulle nie ander godsdienste na Hindoeïsme te
bekeer nie.
• Party glo dat hulle lede van ander godsdienste moet aanmoedig om
Hindoes te word. Hulle moet egter deur 'ahimsa' gelei word, wat beteken
dat geen kwaad ooit gedoen moet word nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
5.5 VOORDELE
• Daar sal geen verpligting in aanbiddingverering wees nie.
• 'n Mens sal die vryheid om te eksperimenteer met verskillende
godsdienste.
• 'n Persoon sal sy/haar godsdiens kan opgee indien dit nie meer aan
veranderende geestelike behoeftes voldoen nie.
• 'n Persoon sal interaksie met verskillende godsdienste kan beïnvloed of
daardeur beïnvloed word.
• 'n Godsdiens sal slegs werklike, toegewyde volgelinge hê en geen
skynheiliges wat nie in die leringe glo nie.
• Godsdienste kan meer verdraagsaam word en aanvaar dat hulle party
volgelinge sal verloor en weer ander sal bykry.
• Mense sal moontlik meer as een godsdiens aanneem.
NADELE
• Deur van godsdiens te verander, sal 'n persoon deurmekaar raak.
• Dit kan tot vyandigheid onder aanhangers van die vorige godsdiens lei.
• Dit kan lei tot intergodsdienstige konflik tussen die godsdiens wat
volgelinge verloor en die een wat volgelinge wen.
• Wanneer 'n persoon openlik verklaar dat hy/sy van godsdiens wil
verander, kan dit tot dwang lei.
• A godsdiens kan sy identiteit as gevolg van te veel diversiteit verloor.
LET WEL: 'n Maksimum van 6 punte kan vir of voordele of nadele
toegeken word. (10)
[50]
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2017 Memo (English)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper