Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220179 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2017 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2017 SSE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.11 A B C D 1.1.1 'n Persoon wie se oortuigings teen ortodokse sienings is, staan as 'n … bekend. A gelowige B ketter C profeet D heilige/sint (1) 1.1.2 Die hoofkwartier van die Oosters-Ortodokse Kerk was in … A Konstantinopel. B Jerusalem. C Rome. D Mekka. (1) 1.1.3 'n Hebreeuse naam vir God is … A Jesus. B Dawid. C Jahwe(h). D Drie-eenheid. (1) 1.1.4 'n Mantra is 'n … A Boeddhistiese priester. B Boeddhistiese lering. C vers of frase wat vir meditasie gebruik word. D heilige geskrif. (1) 1.1.5 Die 'Rishis' … A is in 30 VHJ geskryf. B was wyse godsdienstige manne wat geskrifte geskryf het. C is voorouers in Boeddhisme. D het die Boek van Mormon geskryf. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2017 SSE 1.1.6 'Boeddha' beteken … A profeet. B wyse ou man. C filosoof. D verligte een. (1) 1.1.7 Die Pali Kanon … A word in godsdienstige oorloë gebruik. B bestaan uit twaalf boeke. C is van besondere belang vir Taoïsme. D is baie belangrik vir Theravada-Boeddhisme. (1) 1.1.8 'Modimo' verwys na … A strydige magte. B 'n Opperwese. C die geestelike wêreld. D die goddelike werking van die heelal. (1) 1.1.9 Die Hebreeuse Bybel sluit die … A leringe van Jesus Christus en Moses in. B leringe van Moses en die Profeet Mohammed in. C Boek Eksodus en die Evangelies in. D Boeke Genesis en Eksodus in. (1) 1.1.10 'n Belangrike kenmerk van Soefisme is … A gedagtenis aan God deur meditasie en kantillering ('chanting'). B kantillering ('chanting') en die brand van wierook. C dat dit die leringe van die Sunni-tak van Islam volg. D dat dit die leringe van die Shi'a-tak van Islam volg. (1) 1.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. 1.2.1 Bahá'u'lláh is die heilige boek van Judaïsme. (2) 1.2.2 Die oudste geskrif in die Afrika Tradisionele Godsdiens is die Tripitaka. (2) 1.2.3 Die verskillende lewensfases in Hindoeïsme word ashramas genoem. (2) 1.2.4 Die skrywer van die Tao heilige boek is Boeddha. (2) 1.2.5 'n Leerstelling is 'n teologiegraad wat by 'n buitelandse universiteit verwerf is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2017 SSE 1.3 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord en 'n rede waarom dit nie pas nie langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Theravada; Zen; Brahmaan; Mahajana (2) 1.3.2 Bethlehem, Kaïro; Rome; Jerusalem (2) 1.3.3 Ubuntu; Ilimo; Doop; Voorouer (2) 1.3.4 Taoïsme; Hindoeïsme; Christenskap; Afrika Tradisionele Godsdiens (2) 1.3.5 Mekka; Jerusalem; Medina; Haifa (2) 1.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE elke letter meer as een keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Monoteïsme A kombinasie van twee of meer godsdienste om 'n nuwe een te vorm 1.4.2 Antropomorfisme B glo aan engele 1.4.3 Evangelisasie C om weer lewend gemaak te word 1.4.4 Sinkretisme D verspreiding van godsdienstige gelowe 1.4.5 Politeïsme E glo aan baie gode 1.4.6 Nirvana F god of gode in menslike gedaante G verlos van lyding/swaarkry H glo aan een god (6 x 1) (6) 1.5 Noem enige VIER kastes in Hindoeïsme en verduidelik die pligte van elkeen. (8) 1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende mense neer: 1.6.1 Martin Luther (2) 1.6.2 Siddhartha Gautama (2) 1.6.3. Swami Vivekananda (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2017 SSE AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 In die konteks van Religiestudies, noem DRIE feite oor ELK van die volgende terme: 2.1.1 Heilige Drie-eenheid (6) 2.1.2 Tao (6) 2.1.3 Reïnkarnasie (6) 2.1.4 Agtvoudige Plan (6) 2.1.5 Kitab-i-Aqdas (6) 2.2 Godsdienste is op baie maniere in wisselwerking met mekaar, van samewerking tot openlike oorlogvoering. In die lig van die stelling hierbo, bespreek die ontwikkeling van intergodsdienstige verhoudings in Suid-Afrika gedurende die volgende tydperke: 2.2.1 1652–1994 (vestiging van 'n Nederlandse kolonie tot by die eerste demokratiese verkiesing) (10) 2.2.2 1994 tot die hede (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2017 SSE VRAAG 3 3.1 Lees die aanlyn koerantartikel en die lesers se reaksies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KERK MOET SUID-AFRIKA LEI – CYRIL RAMAPHOSA City Press, Maandag 4 Maart 2013 Die ANC se Adjunk-President, Cyril Ramaphosa, het 'n beroep op Christene gedoen om Suid-Afrika se morele gewete te wees wanneer dit by misdade soos verkragting kom, het die City Press Sondag berig. 'Daar is geen beter agente as Christene en die kerk om sedes, die morele bewustheid van ons nasie, op te hef nie,' volgens Ramaphosa Saterdag by die Pentecostal Holiness Church. 'Dit kom op ons as Christene neer. Ons moet sê dit is 'n sonde. Dit is 'n misdaad. Verkragting is 'n sonde en dit is 'n misdaad.' 'Ons is die mense, as Christene, wat moet opstaan en sê: ''Korrupsie, ons sal dit nooit aanvaar nie, want dit is 'n sonde. Dit is 'n misdaad.'' ' Lesers het via Facebook ('n sosialemedia-netwerk) soos volg gereageer: Leser 1: Anders gestel: 'Die ANC het nie 'n morele kompas nie, so moenie na ons kyk vir leierskap oor die saak nie.' In elk geval Cyril, ons het wette, jy weet? Leser 2: Die ANC het geen morele kompas nie. Ook nie Moslems of Jode nie, wat nog te sê die res van ons. 3.1.1 Watter misdade word in die artikel uitgelig? (4) 3.1.2 Volgens die Adjunk-President, wat is die oorsaak van sonde en misdaad? (2) 3.1.3 Stem jy saam met Cyril Ramaphosa dat Christene 'Suid-Afrika se morele gewete' moet wees? Gee redes vir jou antwoord. (10) 3.1.4 Wat sê Leser 1 oor godsdiens en moraliteit? (2) 3.1.5 In jou eie woorde, verduidelik Leser 2 se kommentaar. (4) 3.1.6 Verduidelik hoe sosiale netwerke (soos Facebook, Twitter, Instagram) die media se dekking van godsdiens beïnvloed. (6) 3.1.7 Gebruik voorbeelde om die verskille tussen 'n sonde en 'n misdaad te illustreer. (6 x 2) (12) 3.2 Noem EEN unieke eienskap van ELK van die volgende godsdienste: 3.2.1 Taoïsme (2) 3.2.2 Hindoeïsme (2) 3.2.3 Judaïsme (2) 3.2.4 Christenskap (2) 3.2.5 Bahá'i-geloof (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2017 SSE VRAAG 4 Lees die twee uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'N ONRUSTIGE KALMTE Israel en Gaza* het herhaalde siklusse van 'n onrustige vrede gevolg deur volskaalse oorlog ervaar. Dit het tot die dood van duisende gelei, hoofsaaklik in Gaza. Ernstige twis/onrus het in September 2000, en weer in 2014, uitgebreek. Uitbarstings duur voort. Dit lyk nie asof daar tot op hede 'n oplossing moontlik is nie. Vroue en kinders word die meeste geraak. Die ware oorsake van onrus is soms moeilik om te bepaal. Dikwels is dit 'n mengsel van politieke alliansies, ekonomiese verskille, etniese onmin, godsdienstige verskille en ander. [Bron: http://www.religioustolerance.org/curr_war.htm (toegang op 13/06/16 verkry)] *Gaza is 'n deel van Palestina wat deur Hamas, 'n owerheid onafhanklik van Israel, regeer word. MIDDE-OOSTERSE KONFLIK Na die Tweede Wêreldoorlog is daar bepaal dat die Jode 'n land van hulle eie moes hê. Grond is aanvanklik opgekoop en later verower totdat 'n stuk van die Midde-Ooste, wat as Israel bekend geword het, bekom is … Vir baie Moslems moet die hele gebied steeds Palestina genoem word. Jode het onlangs eenvoudig nuwe grond beset en hulle daarop gevestig. Hulle het die inwoners, meesal Moslems, van hulle grond afgeforseer. [Aangepas uit Top Class Religion Studies Grade 12] 4.1 Watter rol speel godsdiens in die konflik? (10) 4.2 Verduidelik hoe ander faktore tot hierdie konflik bygedra het. (16) 4.3. Hoe kan godsdienstige organisasies met die konflik help? (12) 4.4 IFAPA is 'n organisasie wat daartoe verbind is om intergodsdienstige verhoudings te versterk. Gee voorbeelde van die werk wat IFAPA doen. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2017 SSE VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Artikel 18 van die Universele Verklaring van Menseregte stel: Elkeen het die reg op vryheid van mening en uitdrukking: hierdie reg sluit vryheid in om hul godsdiens of geloof te verander, en vryheid, om alleen of in gemeenskap met ander en in die openbaar of privaat, hul godsdiens of geloof in leer, praktyk, aanbidding en onderhouding te manifesteer (te toon). 5.1 Watter stappe het Suid-Afrika gedoen om die Verklaring hierbo te handhaaf? (12) 5.2 Verduidelik die verskillende maniere waarop hierdie Verklaring in Westerse en Oosterse kulture toegepas word. Gee 'n MINIMUM van TWEE feite ELK vir Westerse en Oosterse kulture. (10) 5.3 Daar is lande wat NIE Artikel 18 respekteer NIE. Noem EEN so 'n land en gee besonderhede oor hoe godsdiensvryheid geskend word. (8) 5.4 Verwys na die leringe van enige EEN godsdiens en verduidelik hoe hierdie leringe menseregte bevorder. (10) 5.5 Wat is voordele en nadele daarvan om mense 'vryheid (te gee) om hulle godsdiens of geloof te verander'? Noem 'n MINIMUM van TWEE voordele en TWEE nadele. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all