Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 






View all





Religion Studies P1 Nov 2019 Afr_hlayiso.com_.pdf
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 11
- File size
- 312.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Met betrekking tot heilige geskrifte, beteken 'kanon' …
A dat boeke betwis word.
B die amptelike versameling geïnspireerde en gesagdraende
boeke.
C boeke wat deur die apostels geskryf is.
D boeke wat volledig is. (1)
1.1.2 Die dood van die Profeet Muhammad het in … plaasgevind.
A 32 AE
B 32 VHJ
C 600 VHJ
D 632 AE (1)
1.1.3 In Judaïsme word daar soms na God verwys as 'n vader, koning of
herder, wat hom menslike eienskappe gee. Dit staan as … bekend.
A antropomorfisme
B immanentisme
C universalisme
D transendentalisme (1)
1.1.4 Watter van die volgende behoort NIE by die Afrika-geïnisieerde
Kerke NIE?
A Die Mormone
B Die Zioniste
C Die Ethiopiërs
D Die Nasareners (1)
1.1.5 Vir 'n Taoïs is …
A om 'n voorbeeld te stel, die beste manier om te lei.
B dit die beste om buigsaam te wees en om met die stroom saam
te gaan.
C daar niks spesiaal aan mense nie.
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2019
NSS
1.1.6 Hierdie skool van Boeddhisme plaas die meeste klem op heilige
geskrifte:
A Tibetaanse
B Suiwer Land ('Pure Land')
C Mahajana
D Theravada (1)
1.1.7 Die woord 'katoliek' beteken …
A universeel.
B behoort aan die pous.
C behoort aan die geestelike leiers.
D behoort aan die apostels. (1)
1.1.8 Mistisisme in Islam word … genoem.
A pasifisme
B fundamentalisme
C Soefisme
D panteïsme (1)
1.1.9 'n Situasie waar lede van baie godsdienste in dieselfde gebied
woon:
A Politeïsme
B Kerkverband
C Pluralisme
D Scïentologie (1)
1.1.10 Karl Marx was …
A 'n kommunis.
B 'n materialis.
C 'n ateïs.
D Al die bogenoemde (1)
1.2 Kies die woord in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.
VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe
ANTWOORD: 1.2.5 Aartappel. Die ander is almal vrugte.
1.2.1 Minaret; Murtis; Kramat; Masiet (2)
1.2.2 Prediker/Eerwaarde; Isangoma; Intlabi; Voorouers (2)
1.2.3 Koning Saul; Koning Dawid; Koning George; Koning Salomo (2)
1.2.4 Evolusie; Ossillasie; Pendulum; Jin en Jang (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2019
NSS
1.3 Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 'n Vers, lettergreep of frase wat in A Nagmaal
rituele of meditasie gebruik word
B Tikkun Olam
1.3.2 'n Belangrike sakrament in die
Rooms-Katolieke Kerk C sakrament
1.3.3 Die Bahá'i-tuine ter nagedagtenis D Haifa
van Bahá'u'llhá word hier gevind
E Rishis
1.3.4 Baie Hervormde Jode ondersteun
hierdie beginsel van sosiale F mistikus
geregtigheid
G mantra
1.3.5 Ontken die bestaan van God
H ateïsme
1.3.6 Wyse manne wat die Vedas voor
3 VHJ mondeling oorgedra het I filantroop
1.3.7 Iemand wat na 'n diep en intense J Iran
verhouding met God smag
1.3.8 Iemand wat goeie werke vir ander
mense doen
(8 x 1) (8)
1.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.
1.4.1 Fundamentaliste glo aan 'n metaforiese interpretasie van hulle
geskrifte. (2)
1.4.2 In die Verenigde Koninkryk is die monarg beide die hoof van die
Anglikaanse Kerk en die konstitusionele hoof van die land. (2)
1.4.3 Die heilige geskrif van die Boeddhiste bestaan uit beide die Pali
Kanon en die Kitáb-i-Aqdas. (2)
1.4.4 Die Soenni's en Sjia's stem saam dat die Hadith van imam Bukhari
die mees geloofbaar/outentieke is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2019
NSS
1.5 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.5.1 Die godsdienstige beweging wat deur Martin Luther begin is, staan
as die … bekend. (1)
1.5.2 Volgens Hindoeïsme word daar na 'n uitgebreide skema van
korrekte gedrag as … verwys. (1)
1.5.3 Die inheemse godsdiens van Japan is … (1)
1.5.4 Jode wat die wette oor kleredrag, voedsel, seks, werk en heilige
dae baie streng nakom, is die … Jode. (1)
1.5.5 Christene glo dat Jesus op die Berg … gekruisig is.
(1)
1.5.6 Godsdienstige oortuiginge wat mense sonder enige twyfel moet
aanvaar, word … genoem. (1)
1.6 Skryf TWEE sinne oor ELK van die volgende konsepte in die konteks van
godsdiens:
1.6.1 Sinkretisme (2)
1.6.2 Sutta (2)
1.6.3 Gesaghebbende ('Pundit') (2)
1.6.4 Waarsêer (2)
1.6.5 Lao-tzu (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERGELOOFSLEIERS HOU OPTOG VIR VREDE
Kaapstadse geloofsleiers en vredeliewende burgers van regoor die
Wes-Kaap het gister, in aanloop tot vandag se Internasionale Dag van Vrede
(21 September), saamgespan om aan 'n Stil-Vredes-en-Gebedsoptog deel
te neem.
Die kleurvolle, stil vredesoptog na die Parlement – wat godsdienstige leiers
van die Kaapstadse Intergeloofsinisiatief ('CTII'), die Forum vir Godsdienstige
Leiers, tradisionele leiers, inwoners, die SA Vredesalliansie en die Moslem
Regterlike Raad ('Muslim Judicial Council (MJC)') ingesluit het – het met
intergeloofsgebede en stil meditasie begin.
Die optog is georganiseer nadat die Minister van Polisie, Bheki Cele, die land
se nasionale misdaadstatistieke uitgereik het. 'n Memorandum is aan
President Cyril Ramaphosa se verteenwoordiger oorhandig waarin geëis is
dat die regering vertroue herstel deur teen maatskaplike euwels soos die hoë
koers van geweld en misdaad op te tree.
Berry Behr, voorsitter van CTII, het gesê: 'Ons is vandag hier om ons land
terug te lei na die hoop en geloof wat ons in 1996 gevoel het toe ons
Konstitusie afgekondig is. Dit lyk asof Suid-Afrika baie ver van die gees en die
letter van die Konstitusie afgedwaal het. Die oppergesag van die wet is met
bendegesag in ons woonbuurte vervang waar vrees elke kind in elke straat
bekruip.'
Prinses Chantal Revell van die Katz Korana-koningshuis het gesê: 'Dit is
hartseer en vreesaanjaend om die huidige stand van ons land te sien. Die
onregte wat daarbuite plaasvind, is ongelooflik. Dit is tyd om saam te staan
om dit tot voordeel van ons kinders stop te sit.'
Woordvoerder van die organiseerders, MJC adjunk-president, Moulana Abdul
Khaliq Allie, het gesê: 'Daar is geen ander manier om vrede te bewerkstellig
as deur godsdienste nie, so dis waarom ons vir gemeenskappe sê staan
saam ons sodat ons hierdie hindernisse waarvoor ons staan, kan oorkom. Die
polisie het probeer en binnelandse veiligheid het probeer, maar wanneer
steek ons ons hande uit en doen 'n beroep op God?'
[Aangepas uit Cape Times, Vrydag 21 September 2018]
2.1.1 Noem DRIE maniere in die uittreksel waarop die samelewing uit
die optog kon voordeel trek. (6)
2.1.2 Waarom het die organiseerders van die optog gedink dis gepas dat
dit 'n 'stil' optog moet wees? (6)
2.1.3 Hoe weet ons dat 'n groot aantal godsdienste die optog gesteun
het? Gee TWEE redes. (4)
2.1.4 Die optog na die Parlement word as 'kleurvol' beskryf. Gee TWEE
maniere waarop 'kleurvol' 'n goeie beskrywing van die optog is. (4)
2.1.5 Drie verskillende mense word in die uittreksel aangehaal.
Verduidelik hoe dit die leser se waarneming van die optog sal
beïnvloed. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2019
NSS
2.2 Waarom is stereotipering 'n vorm van vooroordeel? (4)
2.3 Sosiale media (Facebook, Twitter, ens.) kan openbare mening oor
godsdienstige sake sterk beïnvloed.
2.3.1 Noem VIER voordele van die invloed van sosiale media. (8)
2.3.2 Noem VIER nadele van die invloed van sosiale media. (8)
[50]
VRAAG 3
3.1 Verduidelik ELK van die konsepte hieronder. Gebruik ELKE konsep in 'n sin
om die betekenis daarvan in die konteks van godsdiens duidelik te illustreer.
3.1.1 Verskil (4)
3.1.2 Geloof/Oortuiging (4)
3.1.3 Vergelykbaarheid (4)
3.1.4 Eenheid (4)
3.2 In die konteks van godsdiens, gee TWEE feite oor ELK van die volgende:
3.2.1 Die Opperwese in Taoïsme (4)
3.2.2 Voorouers in die Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
3.2.3 Drie-eenheid in die Christelike godsdiens (4)
3.2.4 Nirvana in Boeddhisme (4)
3.3 Verduidelik wat met die volgende stellings bedoel word:
3.3.1 'n Godsdiens se geloof/oortuigings kom van sy leringe/
leerbeginsels. (4)
3.3.2 'n Godsdiens se praktyk kom van sy geloof/oortuigings. (4)
3.4 Noem die unieke eienskappe van die volgende godsdienste:
3.4.1 TWEE unieke eienskappe van die Bahá'i-geloof (4)
3.4.2 DRIE unieke eienskappe van Judaïsme (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WEERBARE KINDERS
1 Kinders regdeur die wêreld is in gevaar. Meer as 11 miljoen sal hierdie jaar aan
voorkombare siektes sterf; 200 miljoen is ondervoed; nog 'n miljoen leef met MIV.
Net in Afrika suid van die Sahara is meer as 13 miljoen in die Vigs-pandemie
wees gelaat.
2 Kinders is ook die slagoffers van gewapende konflik. Hulle word as kindersoldate
geforseer om dood te maak. Hulle is slagoffers van landmyne. Hulle is meer as
die helfte van die wêreld se vlugtelinge. Soos wat nasies saamstaan om teen
terrorisme te stry, sal daar meer en meer kindervlugtelinge, weeskinders en
slagoffers van geweld wees.
3 Elke godsdienstige tradisie beklemtoon die skoonheid, heiligheid en waarde van
die kind. Godsdienstige mense erken die behoefte om te reageer op die probleem
van weerbare kinders. In vennootskap met regerings, liefdadigheids- en ander
humanitêre organisasies werk hulle om die wêreld 'n beter plek vir kinders
te maak.
4 Die wêreld se steun vir kinderregte het tot die Verenigde Nasies se Konvensie oor
die Regte van die Kind (1989) gelei, wat algemeen die mees bekragtigde
menseregte-ooreenkoms in die geskiedenis geword het. Onder President Nelson
Mandela, wie se liefde vir kinders aan almal bekend is, het Suid-Afrika op
16 Junie 1995 die Konvensie bekragtig.
5 Godsdienstige gemeenskappe is uniek toegerus om die verandering in
ingesteldheid en gedrag, wat op aandrang van die Konvensie moet plaasvind,
te laat gebeur. Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede, wat saam met
die Verenigde Nasies werk, help godsdienstige gemeenskappe om die
doelstellings van die Konvensie te implementeer. Die Wêreldkonferensie van
Godsdienste vir Vrede, 'n uitkoms van die Parlement van Wêreldgodsdienste, wat
in 1970 in Kyoto, Japan gestig is, is die grootste globale intergodsdienstige
organisasie wat op elke kontinent aktief is.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12 Learner's Book]
4.1 Baie kinders is in gevaar as gevolg van siektes.
4.1.1 Watter ander faktor word in die uittreksel genoem? (2)
4.1.2 Noem TWEE ander faktore, wat NIE in die uittreksel genoem is
NIE, wat tot kindersterftes kan lei. (4)
4.2 Wat leer godsdienste ons oor kinders:
4.2.1 Volgens die uittreksel (2)
4.2.2 Volgens 'n spesifieke godsdiens van jou keuse (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2019
NSS
4.3 Godsdienstige organisasies werk dikwels saam om die wêreld 'n beter plek vir
kinders te maak.
4.3.1 Haal EEN woord uit paragraaf 3 aan wat vir ons sê dat die
probleem te groot is vir enige een organisasie om dit op hulle eie te
hanteer. (2)
4.3.2 '… en ander humanitêre organisasies …' (paragraaf 3).
Gee EEN voorbeeld van 'n humanitêre organisasie wat met 'n
godsdiens geassosieer word. Noem die godsdiens. (4)
4.3.3 Bespreek die werk van die organisasie wat jy in VRAAG 4.3.2
genoem het. (8)
4.4 Verwys na paragraaf 4.
4.4.1 '… wat algemeen die mees bekragtigde menseregte-ooreenkoms
in die geskiedenis geword het.'
Wat beteken hierdie aanhaling? (2)
4.4.2 Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir twee belangrike
menseregtedokumente – die Universele Verklaring van
Menseregte (1948) en die Konvensie oor die Regte van die Kind
(1989).
Noem TWEE ooreenkomste en TWEE verskille tussen hierdie
dokumente. (8)
4.5 'Godsdienstige gemeenskappe is uniek toegerus om die verandering in
ingesteldheid en gedrag, wat op aandrang van die Konvensie moet plaasvind,
te laat gebeur.' (Paragraaf 5)
Gee DRIE redes hiervoor. (6)
4.6 Beide die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede en die Parlement
van Wêreldgodsdienste is intergodsdienstige organisasies wat tans steeds
aktief is.
Vergelyk kortliks die manier waarop hierdie twee organisasies begin is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 5
5.1 5.1.1 Wat verstaan jy onder Jin en Jang? (4)
5.1.2 Hoe beïnvloed hierdie geloof/oortuiging die leefstyl van die
volgelinge daarvan? (2)
5.2 Beantwoord die vrae hieronder met verwysing na die volgende konsepte:
Bodhisattva (Boeddhisme)
Sannyasin (Hindoeïsme)
Sint/Heilige (Christelike godsdiens)
5.2.1 Gee EEN ooreenkoms wat die drie konsepte hierbo deel. (2)
5.2.2 Verduidelik hoe ELK van hierdie konsepte verskillend is. (6)
5.3 Noem die godsdiens waarin die volgende oortuiginge gevind word en
verduidelik die oortuiging:
5.3.1 Inkarnasie (6)
5.3.2 Reïnkarnasie (6)
5.4 In die konteks van godsdiens, gee EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen
die volgende:
5.4.1 Mite en gelykenis (4)
5.4.2 Fundamentalis en tradisionalis (4)
5.4.3 Vaishnavisme en Shaïvisme (4)
5.5 Daar is baie faktore waaruit die identiteit van 'n godsdiens bestaan,
waaronder die drie faktore hieronder gegee.
Met verwysing na enige EEN godsdiens, skryf TWEE feite oor ELKE faktor
neer:
5.5.1 Die simbool wat die godsdiens verteenwoordig (4)
5.5.2 Die plek van aanbidding (4)
5.5.3 Kleredragkode (4)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Eng.pdf
Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 MG Eng.pdf
Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Religion Studies P1 Nov 2019 Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2019 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Religion Studies P1 Nov 2022 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Religion Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper