Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220195 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2019 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2019 NSS VRAAG 1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle godsdienste het 'n stel leringe oor die aard van die mensdom, die wêreld, die goddelike wese, die skepping en dele van ons lewens. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 1.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek die sentrale leringe onder die volgende opskrifte: 1.1.1 Die oorsprong en rol van die bose (10) 1.1.2 Die aard van die mensdom, met verwysing na die gemeenskap en die individu (10) 1.2 Noem en verduidelik enige VIER hermeneutiese beginsels. (16) 1.3 Wat is die rol van hermeneutiese beginsels in die interpretasie van heilige geskrifte? (14) [50] VRAAG 2 2.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. In die meeste godsdienste kan die vertolking van oortuigings van een denkskool na die volgende verskil. 'n Denkskool is 'n vertakking. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 2.1 Noem enige TWEE vertakkinge in EEN godsdiens en bespreek die interne verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte: 2.1.1 Verskille in leringe (16) 2.1.2 Verskille in bestuur/leiding (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2019 NSS 2.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VOORKOMING VAN MISDAAD EN GEWELD Die voorkoming van geweldsmisdaad sluit nie net tradisionele wetstoepassing en strafpleging in nie, maar ook 'n geïntegreerde, langtermyn-benadering wat die kernoorsake van misdaad ondersoek. [Aangepas uit Leveraging Research and Philanthropy to Reduce Crime and Violence, 29 Junie 2018] 2.2.1 Analiseer die impak van misdaad en geweld op die samelewing. (10) 2.2.2 Met verwysing na enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek kortliks hulle leringe wat aan misdaad- en geweldskwessies aandag skenk. (12) [50] VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Elke godsdienstige tradisie het 'n oorsprong, 'n bron, wat normatief is. Die bron verwys nie slegs na hierdie oorsprong of begin nie. Dit is ook 'n aanduiding van hoe mense herhaaldelik na die norm terugkeer in hul soeke na die regte antwoorde. Normatiewe bronne sluit inspirasie en heilige geskrifte in. [Aangepas uit Religion Studies, Steyn, et al.] 3.1 3.1.1 Wat is die rol van inspirasie in geloof? (14) 3.1.2 Bespreek die oorsprong en ontwikkeling van die heilige geskrif(te) van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het. (20) 3.2 Vergelyk die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing met die leringe van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die rekord van gelowe, soos enigiets waarby mense betrokke is, is gemeng. Soms inspireer godsdienste ons om groot hoogtes van kreatiwiteit en sosiale opofferings te bereik. Ander kere dryf godsdienste mense tot skandelike gedrag. Soms is godsdiens deel van die probleem, soms is dit deel van die oplossing. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 4.1 4.1.1 Noem enige EEN geografiese gebied waar godsdiens moontlik deel van gewapende konflik is. (2) 4.1.2 Bespreek die mate waartoe godsdiens deel van die konflik is. (10) 4.1.3 Beskryf die huidige situasie in die gebied wat jy in VRAAG 4.1.1 genoem het. (12) 4.1.4 Evalueer die rol wat godsdienstige organisasies speel om hierdie konflik op te los. (16) 4.2 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die leringe/leerbeginsels oor gewapende konflik/oorlog. (10) [50] VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wanneer daar na die verband tussen godsdiens en die natuurwetenskappe gekyk word, is dit belangrik om te onthou dat wetenskap iets is wat mense in alle kulture al eeue lank beoefen; en so is dit ook met godsdiens. Baie kulture het godsdienstige feeste gebruik om die somer- en wintersonstilstande te vier. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 5.1 Tabuleer die verskille tussen enige EEN van die Abrahamitiese gelowe se weergawe van die skepping en die Oerknalteorie. (10 x 2) (20) 5.2 Bespreek die reaksie van enige nie-Abrahamitiese geloof op die Oerknalteorie. (16) 5.3 Verduidelik kortliks Darwin se evolusieleer. (14) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all