Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumReligion StudiesGrade 12201510 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2015 SSE – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C (1) 1.1.2 D (1) 1.1.3 B (1) 1.1.4 C (1) 1.1.5 D of B (1) 1.1.6 C (1) 1.1.7 C (1) 1.1.8 A (1) 1.1.9 B (1) 1.1.10 A (1) L.W. As die kandidaat die korrekte antwoord gee instede van die letter,moet hy gekrediteer word. L.W. IN 1.2 moet enige relevante respons gekrediteer word. 1.2 1.2.1 • Godsdienste wat aktief saamwerk om sekere praktiese doelwitte in die samelewing te bereik.  • Die leringe van verskeie godsdienste is met mekaar versoenbaar. (2) Maksimum 2 punte 1.2.2 • 'n Lewe wat onafhanklik van godsdiensinstellings en simbole geleef word.  (2) 1.2.3 • Die weg van Hoër Waarhede, en die leringe en doktrine van Boeddhisme.  (2) 1.2.4 • 'n Nuwe godsdiens wat gevorm word deur die leringe, oortuigings en praktyke van verskillende godsdienste te kombineer.  • Bv. Sikhisme, Shembe (2) LET WEL: Gee 1 punt as slegs 'n voorbeeld gegee word. 1.2.5 • Dit beteken die glorie van God in Arabies.  • Stigter van die Baha'i-geloof.  (2) Maksimum 2 punte 1.3 1.3.1 Ghoeroe (1) 1.3.2 Monoteïsme (1) 1.3.3 Dalai Lama (1) 1.3.4 Nirvana (1) 1.3.5 Waarsêer (1) L.W. Indien die kandidaat die korrekte antwoord instede van die letter skryf,moet dit gekrediteer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2015 SSE – Memorandum 1.4 1.4.1 Onwaar Konserwatiewe Jode is diegene wat aan 'n konserwatiewe vertakking van Judaïsme behoort.  OF Hervormde Jode is diegene wat aan 'n liberale vertakking van Judaïsme behoort.  (2) Maksimum 1 punt 1.4.2 Onwaar Die naam, Boeddha, kom uit Sanskrit en beteken 'Verligte Een'.  (2) 1.4.3 Onwaar  'n Rabbi is 'n Joodse leier OF Kalief/Imam is 'n Moslem godsdiensleier.  (2) 1.4.4 Onwaar Sedelike orde in Afrika Tradisionele Godsdiens word gekenmerk deur die begrip van Ubuntu/Voorvaders.  OF Sedelike orde in die Christendom word gekenmerk deur die begrip van verlossing.  (2) Maksimum 1 punt 1.4.5 Waar (2) 1.5 1.5.1 E 1.5.2 G 1.5.3 D 1.5.4 F 1.5.5 B 1.5.6 A (6 x 1) (6) L.W.. As die kandidaat die korrekte antwoord gee instede van die letter,moet dit gekrediteer word. 1.6 1.6.1 • Kos wat volgens Islamitiese wette geëet mag word. /Enige (2) toelaatbare daad in Islamitiese wet. 1.6.2 • Dharma • arta • karma • moksja (2) Maksimum 2 punte vir 2 antwoorde 1.6.3 • Yin en yang is die twee teenoorstaande kragte in Taoisme waaruit die hele wêreld se prosesse bestaan.  • Bv. liefde en haat, hongersnood en oorvloed, manlik en vroulik (3) 1.6.4 Hierdie aanhaling beteken dat dit onmoontlik is om goddelikheid volledig te beskryf. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2015 SSE – Memorandum AFDELING B L.W. In gevalle waar meer as die vereiste vrae beantwoord is,moet krediet gegee word vir die BESTE twee response. In die afdeling moet twee punte per feit gegee word. VRAAG 2 2.1 • Mense word hoog geag deur God. • Elke mens moet deur ander mense waardeer word. • Die hoogtepunt van God se skepping. • Adam het die hele mensdom verteenwoordig, so alle mense is gelyk, ongeag ras, godsdiens of belydenis. • Die res van die skepping is onderdanig aan die mens. • Menselewens is heilig. • Menseregte, soos die reg op lewe, gelykheid voor die reg, vryheid van assosiasie, ensovoorts, moet alles gerespekteer word. • Elke mensereg is ontwerp om die waardigheid van mense te beskerm. • Dit is die verantwoordelikheid van elke mens om hierdie regte te beskerm. L.W. Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word. (12) 2.2 VOORBEELD 1: Boeddhisme • Die grondslag van Boeddhisme is die onderrig van geweldloosheid aan lewende wesens, onder wie ook mense. • Alhoewel Boeddhisme die eerste sendinggodsdiens was wat uit Asië gekom het, het dit nog nooit oorlog gebruik om sy boodskap oor te dra nie. • Dit gebruik eerder die mag van logika om te oortuig. • Die Agtvoudige Weg van Boeddhisme is gebaseer op mense wat wegbeweeg van 'n pynlike lewe en aanmoediging om alle lewende wesens te respekteer. • Verdraagsaamheid en aanvaarding van mense soos hulle is, is fundamenteel in Boeddhisme. • Die begrip van ahimsa (moet nooit enige skade aanrig nie), bevorder menseregte. VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens • In ATG word individualisme as onmenslik beskou. • Die godsdiens beklemtoon die belangrikheid van die eenheid van die gemeenskap, ongeag godsdienstige lidmaatskap. • ATG bevorder die filosofie van 'ubuntu', wat beteken dat 'n persoon net 'n persoon kan wees as gevolg van ander mense. • Dit beteken dat wanneer jy ander met deernis en respek behandel, hulle jou ook so sal behandel. • Dit is die bevestiging van menswaardigheid. VOORBEELD 3: Islam • Die grondslag van Islam is die Moslem geskrifte. • Hulle kan die grondslag vir 'n lewe in harmonie met ander terwyl hulle terselfdertyd hul eie opinies kan uitdruk, in die leerstellings vind. • Hulle leer dat alle mense deur Allah geskep is en dat almal deel van dieselfde eenheid is. • Islam verwerp bekering onder dwang of deur verpligting, bv. 'Laat daar nie dwang in godsdiens wees nie' (Koran, Soera 2, vers 256) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2015 SSE – Memorandum • Islam moedig interaksie op grond van respek en welwillendheid aan. • Islam bevorder nie geweld nie, bv. 'Weer die bose af met dit wat beter is' (Koran, Soera 41, vers 34). (20) 2.3 JA • Die sleutelrol van elke godsdiens is om grense of sedes te stel vir die gedrag van volgelinge. • Hierdie sedes kan as goddelik geïnspireer beskou word. • Moraliteit is gegrond in godsdienstige leringe. • Bv. 'Jy mag nie moord pleeg nie' is een van die Tien Gebooie van die Christendom en Judaïsme. • Dit leer oor die heiligheid van menselewens. • Net so bied elke godsdiens praktiese leiding oor morele sake. • Bv. Voorhuwelikse seks word nie in alle godsdienste toegelaat nie. Die huwelik word eerder aangemoedig en gesinslewe word as heilig beskou. NEE • Godsdiens is nie die enigste bron van moraliteit nie • Mense wat rituele uitvoer is nie noodwendig moreel 'goed' nie. • Baie godsdienstige leiers is moreel korrup en pleeg selfs misdade onder die voorwendsel van godsdiens. • Die Katolieke Kerk is vasgevang in gevalle van kindermishandeling deur ampsdraers. • Mense gee voor om tradisionele genesers te wees en bedrieg niksvermoedende volgelinge. • Sekulariste glo dat morele ontwikkeling nie die eksklusiewe eiendom van enige sekte of godsdiens is nie. • Hulle beweer dat morele ontwikkelings deur publieke onderwys behaal kan word. (12) L.W. Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word. 2.4 • Die twee terme word as sinonieme gebruik. • Etiek is 'n stelsel morele beginsels. • Moraliteit verwys na maniere, karakter en goeie gedrag. • Moraliteit is die praktiese demonstrasie van etiek. (4) [50] VRAAG 3 3.1 3.1.1 • Dit verwys na die staat waar almal dieselfde is in terme van geloof, aard en eienskappe. • Dit verklaar die eksklusiwiteit of uniekheid van elke godsdiens. • Dit is 'n verenigende faktor binne elke godsdiens. • Godsdienstige identiteit gee ook waardigheid aan 'n godsdiens. • Dit bied erkenning aan 'n godsdiens. (6) 3.1.2 • Hulle het gemeenskaplike rituele. • Hulle het 'n stel gemeenskaplike, ononderhandelbare, fundamentele oortuigings. • Dit word doktrine genoem. • Hulle het 'n gemeenskaplike dragkode, veral vir seremonies. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2015 SSE – Memorandum • Elke godsdiens het sy eie unieke simbole (bv. die kruis vir Christendom, Yin/Yang vir Taoïsme). • Die praktyk van tatoeëring (permanente merk van die liggaam) ontwikkel ook godsdienstige identiteit. 3.2 3.2.1 • Leringe word sistematies aangebied. • Dit word letterlik geïnterpreteer. • Hulle word as ononderhandelbaar/bindend beskou. (4) 3.2.2 • In ATG bied leerstellings in die vorm van gesegdes morele leiding in die gemeenskap. • Leerstellings het in die mondelinge vorm behoue gebly en is meer aanpasbaar as geskrewe teks. • Daar is meer klem op rituele as op leerstellings. (4) 3.2.3 • Zen Boeddhisme beskou leerstellings as simbolies./ Leerstellings word nie letterlik geïnterpreteer nie. • Die oorspronklike leerstellings van Boeddhisme word as stappe na innerlike verligting beskou. • Innerlike verligting word beskou as die werklike doelwit van Boeddhisme, en nie blote gehoorsaamheid aan leerstellings nie. (4) 3.3 VOORBEELD: Suid-Soedan • Konflik in Soedan het in 1983 begin toe die sentrale regering in Kartoem probeer het om Sjaria-wette in Suid-Soedan toe te pas. • Dit is hoe ver godsdiens tot die konflik bygedra het. • Burgeroorlog het egter voortgeduur nadat Suid-Soedan in 'n VN- referendum in 2010 onafhanklik geraak het. • Dit toon duidelik dat die konflik nie godsdienstig was nie. • Konflik het voortgeduur tussen etniese groepe, soos die Fur- en Masalit- groep. • Konflik het tussen die boere en nomadiese groepe uitgebreek, veral toe daar 'n droogte was. • Die meeste mense wat by die konflik betrokke is, is Soenni-Moslems. • Godsdiens is dus nie die primêre oorsaak van die konflik nie. • Godsdiensorganisasies is indirek in vredesamesprekings verteenwoordig deur Afrikaunie(AU)-vredesinisiatiewe. • Hierdie inisiatiewe het misluk, en godsdiensorganisasies het daarna op die verskaffing van humanitêre hulp gefokus. • Voorbeelde is 'Islamic Relief' en die 'Catholic Agency for Overseas Development'. • Daar was ook konflik oor die Heglig-olievelde. • Dit het aan Soedan behoort, maar is in April 2012 deur Suid-Soedan se weermag beset. • Dit is dus duidelik dat godsdiens op baie klein skaal by die konflik betrokke was. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2015 SSE – Memorandum VOORBEELD: Palestina-Israel-konflik • Hierdie konflik het met die Balfour-verklaring begin wat Palestina 'n Britse Protektoraat gemaak het. Gedeeltes van Palestina is afgebaken sodat Jode uit Europa daar kan woon. • Jode het aanvanklik grond by die Palestina gekoop, maar het hulle later van hulle grond af gedwing. • In 1948 het die Jode hul onafhanklikheid van Palestina verklaar en hulle land Israel genoem. • Jode het in groot getalle uit Europa en Moslemlande na die nuwe Joodse staat geëmigreer. • Die setlaars het kort daarna grond wat aan die Palestyne behoort, beset en die Palestyne het vlugtelinge geword. • Vandag bou die Jode steeds nedersettings op besette Palestynse grond. • Net sommige Jode beweer dat die grond hul 'Godgegewe reg' is. • Ortodokse Jode het die idee van 'n Joodse tuisland verwerp. • In hierdie geval het Jode godsdiens gebruik om die bestaan van 'n Joodse tuisland te regverdig en ook te verwerp. • Dit het tot geringe intragodsdienstige konflik onder die Jode gelei. • Die Palestina-Israel-konflik is egter nie godsdienstig nie – dit gaan oor grond en menseregte. (26) [50] VRAAG 4 4.1 • 'n Gelykenis is 'n storie wat vertel word om 'n godsdienstige beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige vraag te beantwoord. • 'n Gelykenis is meer direk as 'n allegorie. • 'n Gelykenis is gewoonlik kort, en bevat 'n definitiewe sedeles./dit is ontwerp om ‘n geestelike waarheid te onderrig. (6) • Gelykenisse kan 'n kunsvorm wees, soos 'n gedig. 4.2 VOORBEELD: Christendom • Die 'Verlore Seun' is 'n bekende gelykenis in die Bybel. • 'n Seun verlaat sy huis en gesin om 'n wilde en bose lewe te lei. • Hy keer na 'n lang afwesigheid terug huis toe waar sy gesin, en veral sy pa, baie bly is om hom terug te verwelkom. • Die sedeles is dat God bly is oor die terugkeer van 'n sondaar. • Dit moedig vergifnis en liefde deur die gesin aan. • Dit wys ook op die belangrikheid van berou deur die verlore seun. • Onderdanigheid aan ouers word ook in hierdie gelykenis geïmpliseer. VOORBEELD: Boeddhisme • 'Die blinde mans en die olifant' is 'n gewilde gelykenis. • Die Boeddha vertel van 'n koning wat al die blinde mans in sy koninkryk bymekaar geroep het. • Die blinde mans het verskillende dele van 'n olifant gekry om aan te voel. • Elke blinde persoon moet die olifant beskryf volgens die deel waaraan hy gevoel het. • Die wat die tande gevoel het, het die olifant as 'n ploegskaar beskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2015 SSE – Memorandum • Die wat die oor vasgehou het, het die olifant as 'n wanmandjie beskryf. • Die sedeles is dat stryerige priesters soos die blinde mans is: elkeen hou net aan 'n klein deeltjie van die volle waarheid vas, en beweer dat hy die hele waarheid ken. (12) 4.3 4.3.1 • 'n Doktrine is 'n stel oortuigings wat die sentrale oortuigings van 'n godsdiens vorm. • Die woord kom van die Latynse woord ‘doctrina’ wat onderrig beteken. • Doktrine kan na die hele geloofstelsel van 'n godsdiens verwys. • Dit verwys meer dikwels na sekere dele van 'n geloofstelsel. • Bv. Die Hindoe-doktrine van reïnkarnasie/Christelike doktrine van verlossing. • Die doktrine beskerm die oortuigings wat noodsaaklik is vir 'n godsdiens. • Doktrine kan oor tyd verander om relevant te bly vir 'n sekere era of kultuur. • L.W. Enige ander relevante respons moet gekrediteer word. (10) 4.3.2 • Dit verwys na die absolute gesag van sekere leerstellings. • Dit is bindend vir volgelinge. • Die ontkenning van hierdie leerstellinge beteken gewoonlik dat die persoon hom-/haarself van die sekere godsdiens uitsluit. • 'n Dogma moet deur 'n erkende gesag in die godsdiens ondersteun word. • In Islam is die akida of sjada 'n voorbeeld van dogma. (Daar is geen God behalwe Allah nie, en Mohammed is sy boodskapper.) • Die konsep van die Drie-eenheid is Christelike dogma. L.W.Enige ander relevante respons moet gekrediteer word. (10) 4.4 4.4.1 • Dit word gedefinieer as politeïsties (geloof in baie godhede) • Hindoegemeenskap is gebaseer op 'n klasstelsel. • Die Hindoe-konsep van tyd is siklies. • Dit beteken dat die heelal nie 'n skielike begin of einde het nie, maar eerder deur herhaalde fases van manifestasie en ontbinding beweeg. • Die menslike siel gaan ook deur fases van hergeboorte (reïnkarnasie) L.W. Enige ander relevante respons moet gekrediteer word. (6) 4.4.2 • Daar is verering van voorvaders deur die ritueel van diere- offers. • Voorvaders het die mag om ongeluk of geluk te bring. • Daar is nie 'n heilige geskrif nie. • Die geskiedenis van oorerwing dien as die primêre bron. • Daar is nie 'n spesifieke plek van aanbidding nie. • Daar is nie spesifieke 'heilige' dae nie. L.W. Enige ander relevante respons moet gekrediteer word. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2015 SSE – Memorandum VRAAG 5 5.1 5.1.1 • Islam sal slegs ;n aanvaarde godsdiens word wanneer daar net so baie grappe oor Mohammed as oor Jesus,Moses en Boeddha is. • Godsdiens geniet geen spesiale beskerming in die media nie. • Die belediging van godsdiens en godsdienstige leiers is aanvaarbaar. • Mense wat nie 'n sekere godsdiens volg nie, hoef dit nie te respekteer nie. (4) 5.1.2 • Godsdienstige oortuigings moet gerespekteer word. • Mense regte behels die respek vir religie en religieuse verdraagsaamheid. • Geen regte is absoluut nie. (6) • Vryheid van spraak moet nie misbruik word om skade aan te rig of te beledig nie. 5.1.3 • Dit is gebruik om die faksie se afkeur van onderrig vir meisies te beklemtoon. • Dit is as 'n fundamentalistiese Islamitiese organisasie beskryf. • Dit stel Islam in 'n swak lig. • Die media veralgemeen die optrede van 'n fundamentalistiese groep om 'n diverse Moslem bevolking van amper 2 biljoen mense voor te stel. • Positiewe bydraes soos liefdadigheid en sosiale kohesie wat deel van die godsdiens is, word geïgnoreer. 5.2 5.2.1 • Dit vestig Suid-Afrika as 'n sekulêre staat met geen staatsgodsdiens nie. • Dit verbied diskriminasie op grond van godsdiens of geloof. • Godsdiensbeoefening kan by staatsinstelling plaasvind, maar: • dit moet op gelyke grondslag gebeur, • en bywoning moet gratis en vrywillig wees. • Hierdie bepalings verseker dat daar harmonie is en dat vryheid van assosiasie toegepas word. • Respek vir verskillende rituele, praktyke, oortuigings en verdraagsaamheid tussen die verskillende godsdienste. • Vryheid van opinie verskaf 'n ruimte waarin godsdienste oor sake van die staat of sosiale kwessies kommentaar kan lewer. • Vryheid van uitdrukking moedig gemeenskaplike kommunikasie tussen godsdienste sonder vrees aan. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/2015 SSE – Memorandum 5.2.2 • Godsdiensbeleid moet op so 'n manier opgestel word dat dit verskillende godsdienste akkommodeer. • Skoolbyeenkomste moet alle godsdienste akkommodeer. • Die onderrig van Religiestudies moet nie eensydig wees nie. • Alle belanghebbendes moet opgelei word in godsdienstige verdraagsaamheid. • Godsdienstige vakansiedae (of die viering daarvan) moet op gelyke grondslag plaasvind. • 'n Multigeloofsbenadering word deur die Departement van Basiese Onderwys toegepas. • (Bv. die bestudering van individuele godsdienste is deur Religiestudies vervang.) (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all