Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220159 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2015 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2015 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2015 SSE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Ekumenisme is ... A wanneer jy nie toegelaat word om aan godsdienstige rituele deel te neem nie. B om die misdade wat gepleeg is, reg te stel. C om eenheid tussen kerke te bevorder. D om streng by die tradisies en praktyke van 'n godsdiens te hou. (1) 1.1.2 Verering is ... A die geloof dat die heelal deur 'n Opperwese geskep is. B die oortuiging dat iets waar is. C om iets te laat gebeur, gewoonlik met geweld. D die handeling om diepe respek te betoon, byvoorbeeld aan voorvaders in die Afrika Tradisionele Godsdiens. (1) 1.1.3 Bodhisattva is ... A 'n spesifieke vertakking van 'n godsdiens met sy eie tradisie. B iemand wat ander help om Nirvana te bereik. C antigodsdiens en het in die rigting van 'n sosialistiese beskouing ontwikkel. D 'n ekonomiese, politieke en maatskaplike stelsel wat op privaat eienaarskap gebaseer is. (1) 1.1.4 'n Verbond is ... A 'n proses van ontwikkeling of groei na 'n hoër staat. B om verantwoordelikheid aan iemand anders oor te dra. C 'n diep en plegtige ooreenkoms. D 'n stel oortuigings of beginsels. (1) 1.1.5 'n Toestand van veranderde en vreedsame geestesbewussyn: A Afkoms B Profesie C Barmhartigheid D Beswyming (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2015 SSE 1.1.6 'n Benadering wat NIE God se bestaan verwerp NIE, maar dit eenvoudig ignoreer: A Elitisme B Kommunisme C Nie-teïsme D Teïsme (1) 1.1.7 Die woord hermeneutiek het ontstaan uit ... A Latyn. B Arabies. C Grieks. D Duits. (1) 1.1.8 Die hergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam word ... genoem. A reïnkarnasie B evolusie C karma D regressie (1) 1.1.9 'n Persoon met liberale waardes is iemand wat ... A iets presies verstaan soos dit geskryf is. B opinies wat van sy/haar eie verskil, aanvaar. C aan tradisionele waardes vasklou. D diep godsdienstige toewyding toon. (1) 1.1.10 Die heilige geskrif van Taoïsme is die ... A Tao-te Ching. B Koran. C Kitáb-i-Aqdas. D Vedas. (1) 1.2 Verduidelik ELK van die volgende in die konteks van godsdiens: 1.2.1 Eenheid (2) 1.2.2 Sekularisme (2) 1.2.3 Dharma (2) 1.2.4 Sinkretisme (2) 1.2.5 Baha'u'llah (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2015 SSE 1.3 Gee EEN woord vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. meditasie; Nirvana; hadj; waarsêer; sekularisme; ghoeroe; mite; Dalai Lama; monoteïsme 1.3.1 'n Godsdienstige figuur wat onderrig, persoonlike leiding gee en gelowiges joga en meditasie leer (1) 1.3.2 Verwys na die geloof in een God (1) 1.3.3 Die bekendste Bodhisattva (1) 1.3.4 Die spirituele doelwit van Boeddhisme (1) 1.3.5 Iemand wat op bonatuurlike wyse insig in die onbekende bekom of dit ontdek (1) 1.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 1.4.1 Hervormde Jode is diegene wat aan 'n konserwatiewe vertakking van Judaïsme behoort. (2) 1.4.2 Die naam, Boeddha, kom uit Sanskrit en beteken 'die verlosser'. (2) 1.4.3 'n Rabbi is 'n Moslem godsdienstige leier. (2) 1.4.4 Sedelike orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die begrip van verlossing gekenmerk. (2) 1.4.5 Die geloof in voorvaders toon dat die siel onsterflik is en dat daar lewe na die dood is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2015 SSE 1.5 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die woord/term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke item kan slegs EEN keer gebruik word. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 Politeïsme A 'n stelsel wat meer as een hoofbeginsel erken 1.5.2 Geloofsbelydenis B 'n oortuiging dat iets waar is 1.5.3 Ateïs C 'n stel beginsels oor hoe 'n samelewing 1.5.4 Meditasie georden moet word 1.5.5 Geloof D iemand wat nie glo dat God bestaan nie 1.5.6 Pluralisme E geloof in die pluraliteit van gode F die handeling om die denke as 'n spirituele oefening stil te maak G stellings of stel godsdienstige oortuigings (6 x 1) (6) 1.6 Beantwoord die volgende vrae: 1.6.1 Verduidelik die term halaal. (2) 1.6.2 Noem enige TWEE doelwitte van Hindoe-etiek waarna 'n persoon moet streef. (2) 1.6.3 Verduidelik kortliks wat met die terme yin en yang bedoel word. Geen EEN voorbeeld van jou verduideliking. (3) 1.6.4 'Die Tao waarvan vertel kan word, is nie die ewige Tao nie.' Gee die betekenis van hierdie aanhaling. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2015 SSE AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MENSEREGTE IN DIE MODERNE SAMELEWING Alhoewel die term 'menseregte' nie in enige van die godsdiensbronne wat jy bestudeer het, gevind sal word nie, kan die basis van menseregte in godsdienstige idees gevind word. Byvoorbeeld, in Joodse en Christelike geskrifte lees ons dat Adam 'na die beeld van God' geskape is, wat 'n baie hoë waarde aan die mens gee. Alle godsdienste stel egter grense vir hulle volgelinge in die vorm van sedes of etiek. [Aangepas uit Religiestudies Graad 12, Steyn et al., bl. 208] 2.1 Mense het 'n 'baie hoë waarde'. Wat beteken dit? (14) 2.2 Bespreek enige TWEE godsdienstige leringe wat na die beskerming van menseregte verwys. (20) 2.3 'Daar kan geen moraliteit sonder godsdiens wees nie.' Stem jy saam? Gee redes vir jou antwoord. (12) 2.4 Verduidelik wat met etiek en moraliteit bedoel word. (4) [50] VRAAG 3 3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Godsdienstige identiteit behels die self-identifikasie en selfbelydenis van diegene wat in die doktrine van 'n sekere godsdiens glo en dit volg. [Vertaal uit Shuters Top Class Religion Studies, bl. 4] 3.1.1 Wat is die voordele van 'n godsdienstige identiteit? (6) 3.1.2 Hoe ontwikkel godsdienste 'n identiteit? (6) 3.2 Wat is die verskillende rolle wat leringe in die volgende godsdienste speel: 3.2.1 Ortodokse Judaïsme (4) 3.2.2 Afrika Tradisionele Godsdiens (4) 3.2.3 Zen Boeddhisme (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2015 SSE 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Navorsing toon dat baie min oorloë aan godsdiens toegeskryf kan word. Alle godsdienste bevorder vrede en verwerp geweld. Waar godsdiens by 'n oorlog betrokke is, is dit omdat godsdiensorganisasies by die staat betrokke raak. 'n Ander rede is dat politieke partye oorlog om godsdienstige redes probeer regverdig. [Uit Religiestudies Graad 12, Steyn et al., bl. 227] Kies EEN onlangse voorbeeld van konflik en bespreek in watter mate godsdiens vir die konflik verantwoordelik is. (26) [50] VRAAG 4 4.1 'n Gelykenis is een vorm van godsdienstige lering. Noem DRIE kenmerke van 'n gelykenis. (6) 4.2 Gee 'n voorbeeld van 'n gelykenis uit enige EEN godsdiens en verduidelik die betekenis daarvan. (12) 4.3 Gebruik EEN voorbeeld om elk van die volgende begrippe te verduidelik: 4.3.1 Doktrine (10) 4.3.2 Dogma (10) 4.4 Noem DRIE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste: 4.4.1 Hindoeïsme (6) 4.4.2 Afrika Tradisionele Godsdiens (6) [50] VRAAG 5 5.1 Bestudeer die twee uittreksels wat die spotprente van die Profeet Mohammed, wat in 2005 gepubliseer is, bespreek. Beantwoord dan die vrae wat volg. Die Welt, 'n Duitse koerant, het geskryf: Islam sal slegs 'n aanvaarde godsdiens word wanneer daar net so baie grappe oor Mohammed as oor Jesus, Moses en Boeddha is. Suid-Afrika het soos volg gereageer: 'n Hofbevel is uitgereik om koerante in Suid-Afrika te verbied om die spotprente te publiseer. President Thabo Mbeki het op die hofbevel gereageer deur te sê dat die howe gepraat het, en dat enigeen wat daarvan verskil, die saak kan opneem soos deur die reg toegelaat word. Hy het ook gesê dat die howe die plig het om die reg van landsburgers op vryheid van spraak te balanseer met die reg van ander om teen skade of belediging beskerm te word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2015 SSE 5.1.1 Wat sê Die Welt oor godsdiens? (4) 5.1.2 Watter boodskap het die Suid-Afrikaanse howe oor godsdiens oorgedra? (6) 5.1.3 Bespreek TWEE voorbeelde van hoe mediadekking die publiek se opinie oor godsdienste kan beïnvloed. (20) 5.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mense in baie dele van die wêreld is vandag steeds verdeeld as gevolg van nasionalistiese, etniese of godsdienstige konflik wat van een generasie na die volgende oorgedra word. Hierdie konflik word in geskiedenisboeke neergeskryf en bly voortbestaan in gesprekke tussen ouers en hulle kinders, asook deur diskriminerende regeringsbeleid. Nietemin bestaan werklike potensiaal vir verandering in ons skole, in ons gemeenskappe en selfs in die wêreld se regerings. [Vertaal uit Focus on Religion Studies Grade 12, bl. 25] 5.2.1 Hoe voorkom die Suid-Afrikaanse Grondwet intergodsdienstige konflik in ons land? (10) 5.2.2 Bespreek die potensiaal vir verandering in ons skoolgemeenskappe om gesonde godsdienstige dialoog te ontwikkel. Gee VYF voorbeelde. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all