Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2015 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220154 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V2 2015 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/2015 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/2015 SSE VRAAG 1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERBINTENIS OM NYAOPE*-VERSLAAFDES TE HELP Die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het hulle tot voortgesette hulp aan rehabiliterende nyaope-verslaafdes in Ekangala, naby Bronkhorstspruit, verbind. Hierdie verbintenis volg na ontevredenheid deur die Ekangala-gemeenskap en Youth Alive – 'n groep van ongeveer 60 verslaafdes – wat tans by die plaaslike gemeenskapsentrum 'n veldtog voer. *Nyaope – 'n verslawende dwelmmiddel wat van rottegif, antiretrovirale middels en ander gifstowwe gemaak word [Bron: Sowetan, Dinsdag 26 Augustus 2014] 1.1 Verduidelik die oorsake van middelmisbruik. (10) 1.2 Ontleed die uitwerking van middelmisbruik op die samelewing. (10) 1.3 Bespreek die leringe van enige EEN godsdiens wat na die probleem van middelmisbruik verwys. (16) 1.4 Watter praktiese strategieë word deur godsdienstige organisasies geïmplementeer om middelmisbruik te beveg en is dit doeltreffend? (14) [50] VRAAG 2 Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 2.1 Die aard van godheid (10) 2.2 Die aard van die wêreld (10) 2.3 Die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld (10) 2.4 Die oorsprong en rol van die bose (10) 2.5 Die lewe na die dood (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/2015 SSE VRAAG 3 3.1 Bespreek die interne verskille in enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 3.1.1 Leringe (16) 3.1.2 Praktyke (14) 3.2 Bespreek die oorsprong en ontwikkeling van die heilige boek(e) van enige EEN godsdiens. (20) [50] VRAAG 4 4.1 Bespreek die oorsprong van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing. (10) 4.2 Dink jy Suid-Afrika is 'n sekulêre staat? Verskaf bewyse om jou antwoord te staaf. (20) 4.3 Vergelyk die godsdienstige leringe van kreasionisme van enige EEN godsdiens met die Oerknalteorie. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all