Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V2
2015
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 320.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society10 marks
- Question 1.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 1.3Common Features of Religion16 marks
- Question 1.4Topical Issues in Society14 marks
- Question 2.1Common Features of Religion10 marks
- Question 2.2Common Features of Religion10 marks
Show all 14 questions
- Question 2.3Common Features of Religion10 marks
- Question 2.4Common Features of Religion10 marks
- Question 2.5Common Features of Religion10 marks
- Question 3.1The Variety of Religions30 marks
- Question 3.2Common Features of Religion20 marks
- Question 4.1Common Features of Religion10 marks
- Question 4.2Examinable Prior Grade Content20 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/2015
SSE – Memorandum
VRAAG 1
1.1 • Mense is geneig om te glo dat middelmisbruik die probleme wat hulle
het, sal verlig.
• Portuurdruk veroorsaak dikwels dat jong mense middels misbruik.
• 'n Hoë werkloosheidskoers dra ook tot middelmisbruik by.
• 'n Persoon kan as gevolg van armoede en desperaatheid in die
dwelmbedryf vasgevang word.
• 'n Gebrek aan stabiliteit in die gesin kan ook 'n bydraende faktor wees.
• Middelmisbruik word ook deur verhoudings waar mense
mishandel/misbruik word, soos fisiese en emosionele misbruik,
veroorsaak.
• Dwelmmiddels in ons gemeenskappe is ook geredelik beskikbaar. (10)
LET WEL: Gee krediet aan ander relevante punte
‘n maksimum van.4 punte moet toegeken word vir die melding van
misdaad wat uitspruit as gevolg van dwelm misbruik.
1.2 • Middelmisbruik het 'n skadelike uitwerking op ons samelewing.
• Die meeste leerders wat by middelmisbruik betrokke is, voltooi nie hulle
studies nie.
• Baie ouers ontwikkel stresverwante siektes as gevolg van hulle kinders
se betrokkenheid by middelmisbruik.
• Indien een lid (getroud) van die gesin by middelmisbruik betrokke is, lei
gesinsgeweld daartoe dat die gesin verbrokkel.
• Die misdaadkoers in gemeenskappe is baie hoog as gevolg van
middelmisbruik.
• Middelmisbruik het 'n negatiewe uitwerking in die behandeling van
verskeie siektes soos MIV en Vigs, tuberkulose, diabetes, ensovoorts. (10)
LET WEL: Gee krediet aan ander relevante punte .
1.3 Voorbeeld 1: Christenskap
• Die Christelike geloof leer ons dat die mens se liggaam die tempel van
die Heilige Gees is.
• Die kerk moet lede aanmoedig om hulle liggame heilig te hou deur nie
by middelmisbruik betrokke te raak nie.
• Christenskap leer ons dat mense volgens die beeld van God geskape is,
daarom moet jy jouself in beide liggaam en gees skoon/rein hou.
• Christenskap leer ons ook dat jy nie (van wyn) moet dronk word nie,
want dit lei tot losbandigheid. Jy moet eerder met die Gees gevul word.
• 'Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef
dan as mense van die lig.' Dit beteken dat middelmisbruik tot
sedeloosheid, soos promiskuïteit, geslagsgeweld en ander gruweldade
lei.
• Christenskap leer ons dat jy die meeste van elke geleentheid moet
maak, want die 'dae is boos'.
• Elke mens moet seker maak dat hy of sy tyd beskikbaar vrugbaar
gebruik in plaas daarvan om dit met middelmisbruik te mors, wat tot
berou in die toekoms kan lei.
• Die Bybel leer ons dat jy nie in die geselskap van die verkeerde mense
moet verkeer nie, want dit kan lei tot die ontwikkeling van slegte
gewoontes, soos middelmisbruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/2015
SSE – Memorandum
Voorbeeld 2: Hindoeïsme
• Volgens die Vediese wysgere moet die mens se lewe in vier stadiums
verdeel word.
• Hierdie stadiums is die studentelewe, huishouer (gesinshoof), die lewe
van die halfuitgetredene en die lewe van die persoon wat die wêreld
versaak/verloën/afstand doen (iemand wat alle wêreldse bande opgee
om heeltemal aan God toegewy te wees).
• In die eerste stadium word daar van die jong mens verwag om sy of
haar tyd en energie aan die voete van 'n bevoegde/bekwame
onderwyser deur te bring sodat hy of sy sekulêre en geestelike kennis
kan bekom.
• In hierdie tydperk word daar van die student verwag om seksuele
onthouding en algemene selfbeheersing te volg, ingeslote die
weerhouding van middelmisbruik.
• In die huishouerstadium moet die persoon trou, 'n gesin (kinders)
grootmaak, ekonomies produktief wees en vir die welsyn van die
samelewing werk.
• Dit is egter onmoontlik om al die pligte van die huishouer na te kom as jy
by middelmisbruik betrokke is.
• Die doelwit van halfuitgetree te wees, is om los te raak van wêreldse
aktiwiteite en verknogthede en alle ondeug/sedeloosheid.
• Die halfuitgetredene moet daarop konsentreer om die geskrifte te
bestudeer, meditasie te beoefen en nog sulke geestelike ondernemings.
• Uiteindelik beteken wêreldversaking/-verloëning dat alles (waaronder
versoekings soos dwelmmiddels) agtergelaat word (afstand doen) en
uitsluitlik op geestelike ondersoek gekonsentreer word. (16)
LET WEL: Die kandidaat sal volpunte kry vir enigerelevante leringe uit enige
godsdiens van sy/haar keuse.
1.4 • Die Katolieke Kerk het 'n verskeidenheid genootskappe wat by die
voorkoming van middelmisbruik betrokke is.
• Een van hulle pogings was om 2014 as die Jaar van die Gesin te
verklaar.
• Dit was 'n poging om teen alle uitdagings, wat gesinne as gevolg van
middelmisbruik ervaar het, te veg.
• Die Katolieke-tak het die Genootskap/Vereniging van Gesondheids-
kundiges, Onderwyskundiges, Regskundiges en Maatskaplike
Ontwikkeling gestig en geaktiveer en werk as 'n span saam om die jeug
en volwassenes oor middelmisbruikkwessies te onderrig.
• Die Islamitiese geloof het ook beduidende pogings aangewend om teen
middelmisbruik te veg.
• 'n Organisasie genoem People Against Gangsterism and Drugs
(PAGAD) is in 1996 gestig as 'n grootliks Islamitiese gemeenskaps-
groep teen misdaad om dwelmmiddels en geweld op die Kaapse Vlakte
in Kaapstad te beveg.
• Hulle doelwit is om die bose plaag van rampokkery ('gangsterism') en
dwelmmiddels uit die samelewing te roei.
• Verskillende geloofsgroepe het jeugprogramme geskep wat verskillende
maatskaplike euwels, soos middelmisbruik, uit die weg te ruim.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Verskillende godsdienstige organisasies speel 'n belangrike rol in die
stryd teen die plaag van middelmisbruik en ander euwels in die
samelewing. Hulle sukses hang egter van die ondersteuning en
samewerking van die verskillende belanghebbendes, soos die regering
en lede van die gemeenskap, af.
LET WEL: Ander relevante punte moet krediet kry.’n minimum van vier punte (14)
moet toegeken word vir die bespeking van die effektiewe praktiese
strategieë..
[50]
VRAAG 2
Let Wel:As dis kandidaat meer as een religie bespreek het,moet slegs die
dominante religie krediteer word.
2.1 Voorbeeld 1: Christenskap
• Die Christendom glo in die bestaan van 'n goddelike Opperwese,
bekend as God.
• God is alomteenwoordig (nie beperk tot fisiese wette van ruimte nie).
• God is alwetend (weet alles).
• God het Homself as drie persone geopenbaar (Drie-eenheid)
• God die Vader, as die Skepper van die heelal
• God die Seun, die Verlosser en Bevryder van die mensdom
• God die Heilige Gees, as Raadsgewer van Christene (10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
2.2 • Volgens die Christelike geloof was daar in die begin niks nie.
• Genesis noem dat God die wêreld en die heelal in ses dae geskep het.
• Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-eenheid met die skepping
klaar was.
• Mense, die seelewe, diere, plante en die lewe behoort alles aan God.
• God is in beheer van die weer, klimaat en seisoene.
• Die wêreld is onderhewig aan bestuur deur die mens. (10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
2.3 • Die Christelike godsdiens glo dat mense na die beeld van God geskape
is.
• Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden en die hele skepping
om te sien.
• As medeskeppers saam God, is mense God se verteenwoordigers op
aarde.
• God het mense aangestel om namens Hom na die wêreld om te sien.
• Mense het ook die hoogste status, bo God se hele skepping, ontvang. (10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
2.4 • Volgens die Christendom het God nie die bose geskep nie.
• God het 'n perfekte wêreld en perfekte mense geskep.
• Die bose het later te voorskyn gekom toe Adam en Eva God se bevele
nie gehoorsaam het nie.
• Satan was 'n opstandige engel.
• Hy het probeer om Adam en Eva te mislei.
• Die Christelike geloof noem hierdie soort ongehoorsaamheid sonde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Christene glo dat die bose dikwels deur Satan gebruik word om mense
te beïnvloed om teen God in opstand te kom.
(10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
2.5 Die lewe na die dood
• Christene glo dat mense geskape is om onsterflik te wees.
• Adam en Eva het God se bevel verontagsaam en sonde gedoen.
• Die straf/boete vir hulle sonde is die dood vir die mens.
• God die Vader het sy Seun Jesus Christus gestuur om die mensdom
van die straf/boete vir sonde te red.
• Deur Christus se dood en opstanding is die dood oorwin.
• Diegene wat God se gebooie deur Sy Seun Jesus Christus volg, sal die
ewige lewe beërwe.
• Diegene wat nie God se gebooie deur Sy Seun Jesus Christus volg nie,
sal die ewige dood beleef/ervaar.
• Aangesien Jesus Christus uit die dood opgestaan het, sal diegene wat
volgens God se wil lewe, ook uit die dood opstaan en ook vir ewig lewe. (10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
2.1 Voorbeeld 2: Hindoeïsme
Die aard van godheid
• Die Vedas leer ons dat daar baie verskillende gode en godinne in die
heelal is.
• Die verskillende gode en godinne is die manifestasies van dieselfde
goddelike krag/mag, genoem Brahman.
• Brahman is nie 'n opperwese of godheid nie, dis 'n goddelike krag/mag
wat die heelal omvat.
• Dit is die 'Wêreldsiel' wat oral bestaan en alles is deel daarvan.
• Brahman is 'n onpersoonlike krag/mag wat nie beskryf of deur mense
geken kan word nie, behalwe en totdat hulle geestelike bevryding
(moksha) bekom. (10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
2.2 Die aard van die wêreld
• Volgens die Hindoe-godsdiens het die heelal nie 'n skielike begin gehad
nie.
• Die heelal sal ook nie 'n skielike einde hê nie.
• Die hele heelal is uit Brahman saamgestel.
• Die wêreld is die manifestasie van Brahman omdat Brahman die
goddelike krag/mag is.
• Mense, plante en diere is ook deel van die heelal.
• Hindoes glo in die teorie van evolusie.
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry. (10)
2.3 • 'n Jong mens in die wêreld het 'n verantwoordelikheid om te verseker
dat sy of haar tyd en energie doeltreffend gebruik word om sekulêre en
geestelike kennis te bekom en daarom is 'n goeie onderwyser
onontbeerlik. Dit is die eerste stadium van persoonlike ontwikkeling.
• In die tweede stadium van die mens se lewe, word daar van die
volwassene verwag om te trou, na sy of haar gesin om te sien en seker
te maak dat hy of sy produktief en ekonomies stabiel is vir die welsyn
van die samelewing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Die volgende stadium word die halfuitgetrede stadium genoem. Die doel
is om die persoon aan te moedig om ander mense te motiveer om los
van wêreldse verknogthede te bly.
• Daar word van die halfuitgetredene verwag om op die bestudering van
die geskrifte te fokus, om meditasie te beoefen en ander geestelike
strewes.
• Die finale stadium vir die Hindoe is om die wêreld te versaak/verloën en
om op geestelike ondersoek te konsentreer.
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry. (10)
2.4 • In Hindoeïsme is daar geen konsep van sonde of boosheid nie.
• Hindoes glo dat mense sonde doen omdat hulle onkundig oor die ware
aard van die siel en Brahman is.
• Volgens Hindoes beheer mense hulle lot omdat alles in die heelal aan
die Wet van Karma onderworpe is.
• Die keuses wat 'n mens maak, sal hom of haar in die toekoms
beïnvloed.
• Hindoes probeer om 'n sondelose lewe te lei sodat hulle met 'n beter
lewe beloon sal word.
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry. (10)
2.5 • Volgens Hindoeïsme is mense in die siklus van geboorte en
wedergeboorte, bekend as Samsara, vasgevang.
• Wanneer 'n mens doodgaan, word die siel weer gebore of gereïnkarneer
in 'n ander liggaam.
• Die geestelike doelwit van die mens is om die siel te bevry sodat die
eenheid daarvan met Brahman verwesenlik kan word.
• Die siel kan slegs waarlik gelukkig wees wanneer dit moksha bereik het.
• Moksha verwys na die stadium wanneer mense nie meer in die siklus
van geboorte en wedergeboorte vasgevang is nie.
(10)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Let Wel: Punte word toegeken in 3.1.1 OF 3.1.2 vir die
vermelding van ‘n religie.
Voorbeeld 1: Islam
• Sunni-Moslems
• Sunni-volgelinge glo dat gelowiges, eerder as die
afstammelinge van die Profeet, hulle leier moet kies.
• Sunni verwys na 'volg' die Sunnah (voorbeeld) van die Profeet
Muhammad.
• Al die metgeselle van die Profete kry ewe veel respek in Islam.
• Die Sunni beskou die Hadith, wat deur al die Profeet se
metgeselle aangeteken is, as belangrik.
• Sjia-Moslems
• Die Sjia glo dat die kalifaat (opvolger) uit die afstammelinge
van die Profeet Muhammad moet wees.
• Hulle verklaar dat die kalifate goddelik aangestel is met
boaardse kennis en gesag om die gelowiges te lei.
• Hulle herdenk die dood van Hussein wat hulle glo deur die
Sunni's by Karbala gemartel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Hulle deel die gesamentlike skuld omdat hulle nie tot sy
redding gekom het toe hy doodgemaak is nie.
Voorbeeld 2: Afrika Tradisionele Godsdiens
• AmaZulu
• AmaZulu erken die bestaan van 'n Opperwese, genoem
Umvelinqangi.
• Hulle glo dat sy status so verhewe is dat niemand Hom direk
kan nader nie.
• Kommunikasie met Umvelinqangi vind deur die voorvaders
plaas.
• AmaZulu glo in die vroulike godheid, genoem
uNomkhubulwane.
• UNomkhubulwane word met vroulikheid en landbou
geassosieer.
• Hulle glo ook in die seremonie wat 'teruggebring' genoem
word, waar die lewende dooie as 'n voorvader ingestel word.
• AKA (Sentraal-Afrika)
• Die Aka glo in 'n skeppergees, genoem Bembe.
• Hulle glo dat Bembe na die skeppingsdaad afgetree het.
• Omdat hulle nomadies en jagter-versamelaars is,glo hulle in
die bos-/woudgees genoem Dzengi.
• Hulle glo dat Dzengi hulle help om olifante suksesvol te jag.
• Yoruba (Suid Wes Nigerië)
• Oludumare is die hoof Skepper.
• Elke mens besit ‘n lot of ‘n bestemming.
• lewe en dood word gesien as ‘n siklus (reïnkernasie in
menslike vorm)
• Die doelwit is geestelike verbetering. (16)
• Goeie geeste word een met Oludumare.
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet
krediet kry.
As ‘n kandidaat nie al die hoof takke van die gekose religie meld
nie kan hy ‘n maksimum van 14 punte kry.
Verskille wat voor mag kom as gevolg van Afrika stam/kulturele
verskille moet ook gekrediteer word.
3.1.2 Voorbeeld 1: Islam
Sunni-Moslems
• Godsdienstige praktyke vind streng volgens die Sunnah van
die Profeet plaas, soos in die Hadith voorgeskryf.
• In Sunni-Islam is die Imam slegs die leier van die
gemeentegebed.
• Die titel 'Imam' beteken nie formele opleiding in Sunni-Islam
nie.
• Die konsep van Muttah (tydelike huwelik) word nie in Sunni-
Islam erken nie.
Sjia-Moslems
• By die Sjia word meer prominensie verleen aan die Hadith van
Ali en Fatima (dogter van die Profeet).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Die heiligdom/tempel van Hussain in Karbala is 'n belangrike
pelgrimsterrein vir Sjia's.
• Muttah (tydelike huwelik) word nie in Sjia-Islam toegelaat nie.
• Selfverminking word deur die Sjia ter herinnering aan die dood
van Hussain gedoen.
Voorbeeld 2: Afrika Tradisionele Godsdiens
AmaZulu
• Hulle brand wierook tydens kommunikasie met die voorvaders.
• Wanneer daar teëspoed of siekte is, word 'n tradisionele
geneser of waarsêer geraadpleeg.
• UNomkhubulwane (vroulike godheid) word genader deur 'n
pelgrimstog na die berg in tye wanneer daar droogte of
natuurrampe is.
• Jong meisies onderneem 'n pelgrimstog na die berg om met
uNomkhubulwane te kommunikeer.
AKA (Sentraal-Afrika)
• Daar word tot eer van Dzengi gedans en gesing.
• Hulle slag 'n dier tydens kommunikasierituele met die
voorvaders.
• Wanneer hulle gaan jag, word 'n ritueel uitgevoer wat die slag
van 'n dier om met die dieregees te kommunikeer, behels.
• Hulle raadpleeg ngangas wanneer moeilike besluite geneem
moet word.
• Wanneer daar siekte of 'n krisis in die familie of gemeenskap
is, word ngangas (tradisionele genesers) geraadpleeg.
Yoruba
• Religieuse praktyke fokus op Ori-Orun (spirituele-self)
• Opregte meditasie en verering versterk jou bande met die
geestelike –werklikheid.
• Geestelike kontak word gemaak via verskeie inter-
tussengangers,inluitende Orisas (laer godde) en
• Babalawo (priester van goodelikheid) (14)
• Elke dorp het sy eie orisa en ‘n tempel wat daaraan
toegewy is.
Verwysinge:https://en.wikipedia.org/wiki/Yoruba_religion
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet
krediet kry.
As ‘n kandidaat nie melding maak van al die hoof takke van ‘n
gekose religie nie ,mag die kandidaat ‘n maksimum van 12 punte
behaal. ‘
3.2 Voorbeeld 1: Boeddhisme
• Die heilige boek vir Boeddhisme word Pali Kanon of Tripitaka genoem.
• Hierdie groot kanonieke tradisie is mondelings oorgedra vir 'n paar eeue
voordat dit neergeskryf is.
• Boeddhisme het 'n liggaam van kommentaar oor die kanonieke tradisie
wat voortdurend groei.
• Dit is oorspronklik deur die mondelinge tradisie oorgedra en is uiteindelik
in die Pali-taal neergeskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/2015
SSE – Memorandum
• Dit is die rede waarom dit die Pali Kanon genoem word.
• 'Tripitaka' beteken drie mandjies omdat dit eers op palmblare wat in drie
verskillende mandjies geplaas is, neergeskryf is.
• Die drie dele van die Tripitaka is soos volg: die Vinaya Pitaka, die
Abhidhama Pitaka en die Sutta Pitaka.
• Die Vinaya Pitaka beskryf die korrekte gedrag en reëls vir
kloosterdissipline.
• Die Abhidhama Pitaka bevat die filosofie, poësie, kommentaar en
leerstellings.
• Die Sutta Pitaka bevat Boeddha se leerbeginsels/leringe.
Voorbeeld 2 : Judaïsme
• Die heilige boek vir Judaïsme word die Tenach genoem.
• Die Tenach word in drie dele gekategoriseer, naamlik Tora, Neviim en
Ketuvim.
• Die Tenach is in Hebreeus geskryf.
• Die Jode het geglo dat die Tora bestaan het voordat die wêreld geskep
is.
• Die Tora is deur God aan Moses bekendgemaak en deur hom aan die
Joodse nasie.
• Dit is ewig en onveranderbaar.
• Die Tora bevat God se goddelike woorde wat in die eerste vyf boeke
van Moses onthul is.
• Die Neviim bevat die historiese boeke wat dele van die profesieë van die
vroeë pre-literêre profete bevat.
• Die Ketuvim verteenwoordig die bykomende geskrifte wat nie Tora of
Neviim is nie, soos Psalms, Spreuke, Hooglied van Salomo, ensovoorts.
• Die Talmoed is 'n bykomende geskrif van die rabbi's se wette oor die
huwelik, gebed en rituele. (20)
LET WEL: Relevante feite uit hierdie of ander godsdienste moet krediet kry.
[50]
VRAAG 4
4.1 Voorbeeld 1:
• Agnostisisme
• Dit word afgelei van die Griekse woorde 'a' beteken 'sonder' en 'gnosis'
beteken 'kennis'.
• Hierdie term is deur Thomas Huxley (1825–1895) bekendgestel.
• Thomas Huxley was 'n filosoof, kollega en vriend van Charles Darwin.
• Huxley het geglo dat dit nie moontlik was om enige van die twee kante–
die bestaan of nie van God – te bewys nie.
• Agnostiese idees antedateer die term agnostisisme.
Voorbeeld 2:
• Materialisme
• Hierdie sekulêre wêreldbeskouing glo dat materie/materiaal die enigste
realiteit is en ontken die bestaan van die geestelike of Hemelse Ryk..
• Dit het in verskillende gebiede in Europa en Asië tydens wat as die As-
tydperk ('Axial Age') (800–200 VHJ) bekendgestaan het, ontstaan.
• Uitings van hierdie filosofie word ook in die Antieke Indiese filosofie, in
Boeddhisme en in Confucianisme, gevind.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/2015
SSE – Memorandum
• In die Weste is dit die eerste keer deur Griekse filosowe, die Atomiste,
ontwikkel en is in die 18de eeu, tydens die Verligtingstydperk, hernuwe.
• In die 19de eeu het Karl Marx die konsep uitgebrei om menslike
geskiedenis en ekonomiese aktiwiteite te beskryf.
• Karl Marx gebruik die term 'dialektiese materialisme' wat beteken dat
materie/materiaal die fundamentele oorsaak van alles is.
• Hy gebruik ook die term 'historiese materialisme' wat ekonomie en die
verhouding tussen werkers en eienaars as die fundamentele struktuur in
die samelewing beteken.
LET WEL: Relevante feite uit dié en ander wêreldbeskouings moet krediet
kry. (10)
4.2 • Suid-Afrika is 'n sekulêre staat.
• Die Suid-Afrikaanse Konstitusie noem 'God' maar dit ondersteun nie een
godsdiens bo 'n ander nie.
• Die Suid-Afrikaanse Konstitusie definieer Suid-Afrika dus as 'n sekulêre
staat.
• In die Suid-Afrikaanse Konstitusie word godsdiensvryheid en
menseregte uitdruklik ondersteun deurdat dit nie op 'n spesifieke
godsdiens gebaseer is nie.
• Die Suid-Afrikaanse regering diskrimineer nie teen minderheids-
godsdienste nie.
• Verskillende godsdienste, waaronder minderhede, neem wel deel aan
die formele aktiwiteite van die staat (bv. opening van die parlement).
• Die regering laat verskillende godsdienste toe om deel te hê aan hulle
godsdienstige vakansiedae sonder diskriminasie.
• Die Suid-Afrikaanse regering het Religiestudies in hulle skole
bekendgestel om godsdienstige verdraagsaamheid aan te moedig.
• Die wet straf mense wat teen ander op grond van hulle godsdiens
diskrimineer.
• Alle mense is vry om die godsdiens van hulle keuse te beoefen. (20)
4.3. ON NEXT PAGE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/2015
SSE – Memorandum
4.3 Let Wel :As die kandidaat uitsluitelik geskryf het oor slegs religie OF
wetenskap moet ‘n maksimum van 10 punte toegeken word
Voorbeeld 1: Abrahamitiese Godsdienste
• Volgens die Abrahamitiese godsdienste is die skepper waarvan gepraat
word, manlik.
• Aan die begin het net die Skepper bestaan.
• Die Skepper het toe die heelal uit niks gemaak.
• Die skeppingsproses het ses dae geduur. Die mens is op die sesde dag
gemaak.
• Die eerste twee mense was Adam en Eva.
• Hulle het in 'n perfekte tuin geleef.
• Hulle het vrye wil gehad om te kies tussen wat goed en verkeerd is.
• Volgens die Oerknalteorie weet niemand wat voor die Oerknal bestaan
het nie.
• Die Oerknalteorie sê dat daar 'n geweldige ontploffing was en, binne 'n
sekonde, het die heelal verskyn en geweldig gegroei. Dit is teenstrydig
met die Abrahamitiese skeppingsweergawe.
• Die Oerknalteorie stel dat die skeppingsproses 'n sekonde geneem het,
terwyl dit volgens die Abrahamitiese weergawe ses dae geneem het.
• Volgens die wetenskaplike weergawe het die Oerknal ongeveer
13,7 biljoen jaar gelede plaasgevind.
• Volgens kreasionisme is die aarde slegs ongeveer 6 000 jaar oud.
• Die wetenskaplike weergawe noem nie enige Skepper nie.
Let WEL: Krediet moet gegee word vir enige EEN Abrahamitiese geloof.
Voorbeeld 2: Hindoeïsme
• Vir Hindoes is die heelal self die Skepper.
• Dit is nie teenstrydig met die Oerknalteorie nie.
• Die Skepper bestaan, en sal vir altyd bestaan. Natuurlik word geen
Skepper in die Oerknalteorie genoem nie.
• Die Skepper het geen beperkinge nie en is dus nie 'hy' of 'sy' of enigiets
anders nie.
• Die Skepper is eenvoudig die Skepper.
• Die Skepper bestaan in 'n aktiewe of passiewe toestand.
• Die passiewe toestand is een van rus, wanneer niks gebeur nie.
• Tydens rus het die heelal geen vorm nie, dis ongedifferensieerd.
• Na 'n baie lang tyd het die Skepper weer aktief geword.
• Dis wanneer dele van die heelal verskillend van ander dele word en die
skepping begin.
• Volgens die wetenskap is die heelal steeds uitdyend. Daar is geen
rusperiode nie.
• Mens is maar net 'n produk van die skepping, en alle lewensvorme is
verwant.
• Hierdie verduideliking van die menslike bestaan strook met die
wetenskaplike verduideliking. (20)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2015 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 Memo (English)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper