Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
RELIGIESTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*RLSDM1*
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 



_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
_hlayiso.com_--f09af5ea-efe1-41bf-b3fd-9a9f5f27fb5a/v1-08fd2ccb49e46e507606/card.webp)
View all





Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 197.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions12 marks
- Question 1.5Common Features of Religion2 marks
- Question 1.6Common Features of Religion4 marks
Show all 20 questions
- Question 1.7Common Features of Religion2 marks
- Question 2.1The Variety of Religions10 marks
- Question 2.2Common Features of Religion10 marks
- Question 2.3The Variety of Religions20 marks
- Question 2.4Research Into and Across Religions6 marks
- Question 2.5The Variety of Religions4 marks
- Question 3.1Common Features of Religion10 marks
- Question 3.2Common Features of Religion10 marks
- Question 3.3Common Features of Religion10 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society20 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions10 marks
- Question 4.3The Variety of Religions10 marks
- Question 4.4The Variety of Religions10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A is VERPLIGTEND.
3. AFDELING B bestaan uit drie vrae waarvan TWEE vrae beantwoord moet
word.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy ʼn keuse maak.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
6. Die lengte van jou antwoord moet in ooreenstemming wees met die punte
wat aan elke vraag toegeken word.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V1 3
AFDELING A
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
1.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Kies die antwoord uit die lys wat voorsien
word.
Aanbidding; Arabiese; Pali Kanon; Tanak; Upanishads; Septuagint
1.1.1 In Judaïsme staan die primêre geskrifte gesamentlik bekend as (2)
die …
1.1.2 Die … is ʼn heilige skrif van Boeddhisme. (2)
1.1.3 Afrika Tradisionele Godsdiens het nie ʼn spesiale dag van … nie. (2)
1.1.4 Die Koran is in die … taal geskryf. (2)
1.1.5 Die … is heilige tekste van Hindoeïsme. (2)
1.2 Kies ʼn item uit KOLOM B wat pas by ʼn woord/beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A−E) langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 F.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ateïsme A verering van die voorvaders
1.2.2 Drie-eenheid B elke aksie het ʼn gevolg
1.2.3 Afrika Tradisionele C ontkenning van die nuttigheid
Godsdiens van godsdiens
1.2.4 Karma D streng navolgelinge van
geskrifte en leringe
1.2.5 Ortodoks E God manifesteer as drie
persone
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.3 Definieer kortliks die volgende begrippe in die konteks van godsdiens:
1.3.1 Eendersheid (2)
1.3.2 Verskil (2)
1.3.3 Dogma (2)
1.3.4 Ideologie (2)
1.3.5 Allegorie (2)
1.4 Kies die woord in elke groep woorde hieronder wat NIE pas NIE. Skryf
slegs die woord langs die vraagnommer (1.4.1−1.4.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Sion-Christenkerk, Naseret-baptiskerke (Ibandla lamaNazaretha),
Intenasionale Pinkster Christenkerk, Methodistekerk (2)
1.4.2 Kitab-i-Aqdas, Baha’u’llah, Bahai, Rome (2)
1.4.3 Jesus Christus, Profeet Mohammed, Dalai Lama, Siddharta
Gautama (2)
1.4.4 Martin Luther, Isaiah Shembe, Abraham, William Shakespeare (2)
1.4.5 Mekka, Moria, New York, Jerusalem (2)
1.4.6 Nuwe Testament, Ou Testament, Vedas, Die Vryheidsmanifes (2)
1.5 Waarom word die Christelike godsdiens, Judaïsme en Islam monoteïstiese
godsdienste genoem? (2)
1.6 Definieer die konsep normatiewe bron. (4)
1.7 In watter boek word die meeste van Baha’u’llah se doktrines gevind? (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V1 5
AFDELING B
Beantwoord enige van die TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Bespreek kortliks die rol van die voorvaders as ʼn unieke kenmerk in
Afrika Tradisionele Religie. (10)
2.2 Noem gemeenskaplike kenmerke wat tussen Hindoeïsme en Boeddhisme
bestaan. (10)
2.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Elke godsdiens het sommige oortuiginge wat nie onderhandelbaar is nie,
oortuiginge wat alle volgelinge deel. Byvoorbeeld Jode, Christene en
volgelinge van die Afrika Tradisionele Godsdiens glo in een God. Binne
die meeste godsdienste, verskil geloofstrukture egter van een denkwyse
na ʼn volgende. Byvoorbeeld in Boeddhisme verskil Theravada,
Mahayana en Vajrayana oor hoe Boeddhistiese oortuiginge in die lewe
toegepas moet word ...
[Bron: Aangepas en vertaal uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyer et al,
bladsy 105]
2.3.1 Skryf die funksies wat deur die uniekheid van ʼn godsdiens vervul
word, neer. (10)
2.3.2 Beskryf kortliks die unieke kenmerk van enige EEN van die
godsdienste. (10)
2.4 Noem DRIE voordele om die vergelykbaarheid van godsdienste te
bestudeer. (6)
2.5 Gee TWEE redes waarom die vorming van intergodsdienstige bewegings
eenheid sal bevorder. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3
3.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
“Alle mense word vry en gelyk in waardigheid en regte gebore. Hulle
ontvang rede en gewete en moet in die gees van broederskap teenoor
mekaar optree.”
[Bron: Aangepas en vertaal uit Universal Declaration of Human Rights uit Shuter’s
Religion Studies Grade 12 deur Hofmeyer et al, bladsy 168]
In die lig van die bogenoemde stelling, bespreek uit enige TWEE
godsdienste hoe die idee van menseregte ondersteun word. (10)
3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
“Respek vir die regte en waardigheid van ander is nie ʼn onpraktiese
godsdienstige idee nie, maar ʼn noodsaaklike bestanddeel in die
ontwikkeling van gesonde, vry en welvarende gemeenskappe.”
[Bron: Aangepas en vertaal uit Focus Grade 12 deur R. Donne et al, bladsy 78]
In die konteks van die aanhaling hierbo, dui aan hoe godsdiensvryheid in
die samelewing aangemoedig word. (10)
3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
“Die meeste godsdienste sal die Handves van Menseregte, soos vasgelê
in Hoofstuk 2 van die Suid-Afrikaanse Konstitusie, onderskryf. Hulle sal
in meerdere mate saamstem met afdelings wat handel oor
godsdiensvryheid, vryheid van spraak en verwante artikels. Hierdie regte
gaan egter met verantwoordelikhede gepaard.
Daar was onlangs regoor die land gewelddadige protesoptredes toe
mense hulle ontevredenheid oor dienslewering uitgespreek het. Party
mense het gesterf en eiendom is vernietig.”
[Bron: Onbekend]
As ʼn godsdienstige jeugleier, hoe sou jy die jeug van ander godsdienste
in Suid-Afrika raad gee oor hoe om regte en verantwoordelikhede tydens
jeugaktiwiteite te balanseer? (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V1 7
3.4 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
“Mediadekking is uiters sensitief wanneer kwessies waar openbare
mening baie kan verskil, byvoorbeeld in politiek en godsdiens, bespreek
word. Daar word steeds oor die herinstelling van die doodstraf in Suid-
Afrika gedebatteer. Hierdie debat het beide politieke en godsdienstige
implikasies. Let egter daarop dat die standpunt deur die media meer
dikwels die standpunt van ʼn individu is.”
[Bron: onbekend]
3.4.1 Verduidelik kortliks die invloed op godsdiens van
onverantwoordelike of verantwoordelike mediaverslagdoening oor
wat in die samelewing aangaan, veral oor godsdiensverwante
kwessies. (10)
3.4.2 Kies EEN godsdiens en bespreek hulle beskouing oor die
doodstraf-debat in die Suid-Afrikaanse konteks. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 4
4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Gewelddadige godsdienstige botsings het op 21 Februarie in die stad
Kaduma in Noord-Nigerië uitgebreek en dwarsdeur die week voortgeduur.
Kaduma is die tweede grootste stad in die noorde. Die botsings het
gevolg na ʼn opmars deur tienduisendde Christene om te protesteer teen
ʼn voorstel dat die Moslem Sjaria-wet as die strafboekwet in die Kaduma-
staat ingestel word.
Verslae noem dat strydende gewapende bendes, bestaan uit Christene
en Moslems in die strate ronddwaal. Kerke en moskees is aan die brand
gesteek. Lyke is in die strate gesien lê en menseliggame het ook uit
motors en busse gehang, skynbaar dood gemaak terwyl hulle probeer het
om van die geweld te vlug. Plaaslike menseregte werkers het gesê dat
daar meer as 400 mense as gevolg van die botsing gesterf het.
[Bron: Barry Mason en Chris Talbot, 28 Februarie 2000]
4.1.1 Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is?
Gee redes vir jou antwoord. (10)
4.1.2 Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om
konflik in gebiede wat deur geweld geraak word, te voorkom. (10)
4.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Die hartseerste deel van my reis na die verlede is seker die gedwonge
verskuiwings van hierdie lewendige gemeenskap uit ʼn gebied (in die
Strand, Wes-Kaap) waar hulle vir geslagte gewoon het. Hier het ons ʼn
lewendige gemeenskap gehad wat pens en pootjies in die middel van die
sentrale sakekern van die dorp in harmonie saam met hulle Christelike
bure gewoon het. Toe kom die Groepsgebiedewet onder die dekmantel
van die Wet op die Opruiming van Plakkergebiede en met een haal van
die pen is ʼn gemeenskap wat vir geslagte hier gewoon het met alles wat
hulle het, verwyder.
[Bron: Slavery to Citizenship: A walk through the history of the Strand community, deur
Ebrahim Rhoda, 2011, bladsy 130–131]
Bespreek ʼn paar mylpale in interreligieuse verhoudings soos Suid-Afrika
met sy demokratiese reis begin het. (10)
4.3 Watter maatreëls het Suid-Afrika getref om religieuse harmonie aan te
moedig? (10)
4.4 Bespreek die rol van die Parlement van Wêreldreligieë in die bou van
verhoudings oor religieë heen. (10)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Eng)
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
_hlayiso.com_--f09af5ea-efe1-41bf-b3fd-9a9f5f27fb5a/v1-08fd2ccb49e46e507606/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper