Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 12201511 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 RELIGIESTUDIES V1 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING A VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 1.1 1.1.1 Talmoed (2) 1.1.2 ekumenisme (2) 1.1.3 ateïsme (2) 1.1.4 halaal (2) 1.1.5 Theravada (2) 1.2 Beskryf kortliks die volgende begrippe in die konteks van godsdiens: 1.2.1 Doktrine Die term ‘doktrine’ is ʼn sinoniem vir onderrig. Die term doktrine het nie enige negatiewe konnotasie nie. Dit word ook as ʼn godsdienstige lering beskou. Net soos onderwys, het doktrine nie noodwendig ʼn negatiewe betekenis nie. (Enige 2 x 1) (2) 1.2.2 Ideologie Hierdie konsep word oor die algemeen gebruik as ʼn plaasvervanger vir godsdiens. Voorbeelde is Fascisme, Marxisme, nasionalisme, ens. Ideologie is nie ʼn godsdiens nie, dit het egter ʼn taamlik duidelike kennis inhoud wat na aan leringe/leerbeginsels, gelowe/oortuigings of leerstellings is. Ideologie inspireer aanhangers met ʼn entoesiasme wat baie soortgelyk aan godsdiens is. (Enige 2 x 1) (2) 1.2.3 Gelykenis ʼn Gelykenis verwys na ʼn storie wat vertel word om ʼn godsdienstige beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige vraag te beantwoord. Dit is gewoonlik baie kort en bevat ʼn definitiewe morele les. Dit bevat godsdienstige oortuiginge/gelowe, idees, morele lesse en waarskuwings. Dit is gesetel in die kulturele en sosiale omgewing van die mense wat dit vertel/oordra. (Enige 2 x 1) (2) 1.2.4 Dogma Hierdie geloof het ʼn dubbele betekenis, wat verband hou met die konteks inhoud van hierdie religie. Hierdie konsep verwys na ʼn beginsel, leerstelling of stelsel van hierdie veral soos uiteengesit deur ʼn kollektiewe godsdienstige gesag. Dogma het ook ʼn bykomende konnotasie van kollektiewe godsdienstige gesag. (Enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 3 1.2.5 Vergelykbaarheid: Dit beteken twee of meer dinge kan met mekaar vergelyk word. Dit beteken nie dat hulle eenders/dieselfde is nie. Dinge kan vergelyk word en daar word kan bevind dat hulle verskillend is. Die ander betekenis kan wees dat dinge vergelyk kan word omdat hulle geskik is om vergelyk te word. (2) 1.3 Noem die twee vertakkings van die Islamitiese geloof: Shi’a (2) Sunni (2) 1.4 Ubuntu Kom van die gesegde ‘Umuntu ngumuntu ngabantu’ (terminologie in hierdie verband van ander tale word aanvaar). ʼn Persoon is ʼn persoon deur sy/haar verhoudings met ander mense. Hierdie begrip is die essensie van die leringe in die Afrika Tradisionele Godsdiens. Dit is ʼn filosofie van gemeenskaplike gesindheid. (3 x 2) (6) 1.5 Kies die woorde wat nie pas nie uit elke groep van die woorde hieronder. 1.5.1 Darwin (2) 1.5.2 Bybel (2) 1.5.3 Modimo (2) 1.5.4 Kalief (Caliph) (2) 1.5.5 Baha’u’llah (2) 1.6 Kies ʼn item uit KOLOM A wat by ʼn woord/beskrywing in KOLOM B pas. 1.6.1 B (2) 1.6.2 E (2) 1.6.3 D (2) 1.6.4 A (2) 1.6.5 C (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Uniekheid van enige EEN godsdiens: Voorbeeld 1: Unieke eienskappe van Judaïsme Judaïsme is ʼn monoteïstiese religie, terwyl meeste ander religieë van die tyd politeïsties was. God (Yaweh) is regverdig en werksaam in die natuurlike en sosiale orde. God word gesien as toegerus met menslike eienskappe – vader, koning, herder, asook toornig en veroordelend. God is liefhebbend. God het ʼn verbod met die volk van Israel aangegaan. God het homself en sy Wet aan die Jode geopenbaar. God het die Jode uitverkies as draers van die besondere lig, sodat die wêreld die teenwoordigheid van hul God in hul geskiedenis kan sien. Voorbeeld 2: Unieke eienskappe van die Afrika Tradisionele Religie Afrika-religie het geen stigter nie, maar die oudste is die leiers. Alle Afrika religieë glo in God as die skepper. God het al die wette en taboes oor hoe om in vrede te lewe, aan die eerste geslag mense gegee. Hulle glo ook aan voorouers en rituele. Voorouers is tussengangers tussen God en die lewendes. Voorouers is geestelik en alomteenwoordig. Izangoma/amagqirha het voorouerlike mag om die lewendes te genees. Die voorouers sorg vir die welsyn van die lewendes, hoofsaaklik deur bemiddeling van die oudstes wat rituele en waardes mondeling aan die jeug oordra. Talle Afrika religieë is stamgroep gebaseer. Daar is geen besondere dag vir aanbidding nie. Rituele as sodanig word as heilig beskou. Daar is geen geskrewe heilige teks nie, maar die fokus is op morele lering en rituele praktyk. Individualisme word ontmoedig, en die lewenswyse van die gemeenskap is die belangrikste aspek van ubuntu. (10) 2.2 Geloof: Geloof word somtyds na verwys as ʼn godsdiens, byvoorbeeld die Islamitiese geloof. Geloof beskryf die aanvaarding van ʼn stelling of lering; hierdie word as die waarheid beskou deur die aanhangers van die gelowe/oortuigings. Geloof kan ook as vertroue en selfvertroue beskryf word. (Enige relevante inligting.) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 5 2.3 Lering: Lering beteken om inligting te gee of om kennis te deel om sodoende geloof in ʼn religie te versterk. In godsdiens spesifiek, beteken dikwels om te leer of te onderrig deur stelselmatig inligting oor die onderwerp te gee. (4) 2.4 Die rol van gelykenisse in godsdienstige leringe speel Die filosofiese onderrig van hierdie gelykenis is dat elke persoon deel is van die goddelike. Niemand is werklik sleg nie – dit hang van jou persepsie af. Almal word geglo het die vermoë om goed te wees, so die koning het tot die gevolgtrekking dat almal goed is van binne en ʼn kans gegee moet word. Die woord gelykenis verwys na ʼn storie wat vertel word om ʼn godsdienstige beginsel te illustreer of om ʼn godsdienstige vraag te beantwoord. ʼn Gelykenis is gewoonlik baie kort en bevat ʼn definitiewe morele les. Dit is baie soortgelyk aan ʼn lering. Die hoofverskil tussen die twee woorde is dat gelykenisse ʼn kunsvorm is, wat nie noodwendig die geval met leringe is nie. Die twee hou wel verband met mekaar. LET WEL: Een voorbeeld van ʼn gelykenis sal 2 punte tel. (12) 2.5 2.5.1 Rol van geloof: Islam as ʼn voorbeeld In Islam is daar baie min ruimte vir variasie sover dit die sentrale leerstellinge van die godsdiens betref. Behalwe Allah is daar geen ander God nie. Mohammed is sy profeet. Aan geeneen van hierdie twee pilare kan daar enigsins getwyfel word nie. (10) 2.5.2 Christenskap: Ortodokse Christenskap laat geen afwyking van die heilige geskrifte toe nie. Daar is baie min ruimte vir verskillende interpretasies. Dié wat wel afwyk van die geloof, kan sekere sosiale gevolge ervaar. In die verlede het sommiges met hul lewens geboet. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 3 3.1 Gedragskode vir godsdienstige verdraagsaamheid Alle kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies en daaraan deel te neem. Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en oop vir enigeen. Heilige dae van alle godsdienste sal dieselfde behandel word. Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word. LET WEL: Enige geldige punt wat ooreenstem met die Grondwet van Suid-Afrika en wat godsdiensvryheid en -verdraagsaamheid bevorder, moet aanvaar word. (8) 3.2 Vergelyking van die sieninge oor godsdienstige vryheid Tydens die Apartheidsera is slegs die Christelike godsdiens as staatsgodsdiens aanvaar. / Christendom was die dominante godsdiens. Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid. Staatsfondse is gebruik om die salarisse van slegs sekere Christen- leraars te betaal. In ʼn demokratiese Suid-Afrika geniet alle godsdienste gelyke status. Religiestudies is ʼn NSS-vak wat verskillende godsdienste bestudeer. Dit het Bybelkunde en ander vakke wat slegs op een godsdiens fokus, vervang. Die vryheid van godsdienste is in ons Grondwet vervat. By alle staats- en amptelike openinge is gebede universeel of multigodsdienstig van aard. LET WEL: Kandidate moet punte kry vir soortgelyke, geldige punte. (12) 3.3 Bespreek die rol/bydrae van enige EEN religieuse leier/organisasie bv. Die visie van ʼn Wêreldkonferensie van Religie en Vrede het in die 19de eeu ʼn aanvang geneem toe ʼn Wêreldparlement van Religieë in 1893 in Chicago gehou is. Religieuse leiers het twee konferensies in die VSA georganiseer. Die besluit wat in Kyoto geneem is om ʼn inter-religieuse liggaam te stig. Die laaste konferensie in Kaapstad in 1999 het 7 000 mense gelok. Doen bemiddeling tussen vegtende groepe in lande soos Sierra Leone. Help met heropbou. Dit het ʼn program om kinders in Afrika wat met HIV en Vigs geaffekteer is te help. Dit het ʼn program om armoede en siekte aan te spreek. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 7 3.4 Die konsep menseregte met spesiale verwysing na godsdiens. Mense het die reg op lewe. Mense het die reg op menswaardigheid. Mense het die reg op skuiling/beskutting. Die wet diskrimineer nie teen enige mens gebaseer op ras of geloof nie. Voorbeeld in Christelike geloof: “Jy mag nie moord pleeg nie.” – Tien Gebooie. (10) 3.5 Godsdienstige vryheid: Godsdiens vryheid kan beskou word as die handeling om mense van ʼn spesifieke gebied die geleentheid te gee/in staat te stel ʼn godsdiens van hul eie keuse beoefen. Dit beteken vryheid van keuse met betrekking tot watter godsdiens/geloof aan te hang. Mense in ʼn spesifieke land is vry om enige godsdiens op te neem. Dit beteken ook dat enigiemand, op enige plek, die vryheid het om te glo wat hulle wil oor God. Dit beteken ook dat mense vry is om aktief die godsdiens van hulle keuse te volg en te beoefen. VOORBEELD: Die Suid-Afrikaanse Grondwet laat godsdienstige vryheid toe en verbied enige onregverdige diskriminasie op grond van godsdienstige oortuigings. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 4 4.1 4.1.1 Voorbeeld en kort geskiedenis van die konflik Voorbeeld A: Godsdienstige konflik in Ayodhya Die Babri moskee was 500 jaar gelede in Ayodhya gebou. Hindoes hou nog altyd vol dat die moskee op die geboorteplek van Heer Rama gebou was. Die tempel was vernietig om die moskee te bou. Etlike argeologiese bewyse meen dat dít waar kan wees. In Desember 1992 het ʼn paar Hindoes die moskee afgebreek. Die saak is aan die Hooggeregshof van Uttar Pradesh oorhandig. Voorbeeld B: Die Darfoer-konflik Die Darfoer-konflik in Suid-Soedan het meer as 100 jaar gelede begin. Die hoofverdeeldheid/skeidings was etnies/stam en kultureel van aard. Godsdiens was nie ʼn radikale bron van verdeling nie. Die meeste mense in Darfoer is Sunni-Moslems, soos die regering van Kartoem. Daar is ʼn paar Christene en ATR-volgelinge in die suide. Droogte het verhoogde kompetisie vir beperkte hulpbronne tot gevolg gehad en dit het tot konflik tussen die nomades en boere gelei. In 1983 was daar burgeroorlog toe die Moslem-regering probeer het om die Islamitiese wet in die suide af te dwing. (Enige ander redelike scenario moet gekrediteer word.) (10) 4.1.2 Godsdienstige konflik in Ayodhya as voorbeeld Nadat die saak vir baie dekades in die hof gelê het, het die hooggeregshof in September 2010 uitspraak gelewer. Die hof het die eiendom onder dispuut in drie dele onderverdeel. Die verontregte partye was ongelukkig en die appèlsaak word in die Hooggeregshof van Indië aangehoor. Darfoer-konflik as voorbeeld In 2005 het Suid-Afrika ʼn vredesooreenkoms tussen die Noorde en die Suide bemiddel. Konflik het egter voortgeduur. In 2006, het President Omar Bashir die Verenigde Volke se betrokkenheid om die dispuut by te lê, teengestaan. Daar was harmonieuse betrekkinge met die Kartoem- regering. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 9 4.1.3 Voorbeeld A Baie beweer dat politieke leiers die godsdienstige sentimente gebruik het om hulle eie belange te bevorder. Hindoes en Moslems het vir baie dekades in dieselfde struktuur gebid. Die dispuut is op ʼn volwasse wyse deur die mense van Ayodhya gehanteer. Toe nasionale politieke leiers en fundamentalistiese godsdienstige leiers by die dispuut aangesluit het, het die saak buite beheer geraak. Baie mense het hulle lewens in hierdie dispuut, wat deur vurige politieke en godsdienstige leiers gelei was, verloor. Voorbeeld B Godsdiens is nie ʼn radikale bron van verdeling nie. Die meeste mense aan beide kante van die konflik is Sunni Moslems. Godsdiens het ʼn indirekte rol in die 1983-burgeroorlog gespeel. Godsdienste het ʼn groot rol gespeel om te probeer help. Twee godsdienstige organisasies wat betrokke was, was die Islamitiese Verligtingsagentskap (‘Islamic Relief Agency’) en Die Katolieke Agentskap vir Oorsese Ontwikkeling. Hierdie hulp het die bou van klinieke en skole en die herstel van die infrastruktuur ingesluit. Die konflik het egter voortgegaan. (10) 4.1.4 Opsomming van jou bevindings: Voorbeeld A Die houding van die mense teenoor die dispuut het aansienlik volwasse geword. Die laaste hofuitspraak is met akademiese insig/begrip ontvang. Geen geweld was gerapporteer nie. Godsdienstige en politieke leiers het onderneem om op ʼn beheerste wyse op te tree en nie die mense se emosies op te sweep nie. Dít het vrede tot gevolg gehad. Die godsdienstige leiers het godsdiens gebruik om eenheid te bewerkstellig. Opsomming van jou bevindings: Voorbeeld B Die konflik was nie godsdienstig van aard nie. Dit was sosio-ekonomies van aard. Internasionale en godsdienstige liggame het beide ʼn rol in die beëindiging van die konflik gespeel. Daar is nou ʼn harmonieuse verhouding tussen die Noorde en die Suide. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 4.2 4.2.1 Oorsaak van die onluste Moslems was ontsteld oor die spotprente van die profeet Mohammed van in ʼn Deense koerant verskyn het. Hulle het dit as godslastering beskou. Hulle het Christene in Noord-Nigerië aangeval. Die aanvalle was weerwraak vir aanvalle deur Moslems op Christene in Noord-Nigerië. LET WEL: Die vraag vra net een punt en hier moet die leerder met vier punte gekrediteer word al het hy net een punt genoem. (4) 4.2.2 Moontlike gevolge van die onluste Daar kan verdere godsdienstige geweld plaasvind. Daar kan intergodsdienstige dialoog en probleemoplossing wees. Die polisie/staat kan blameer word dat hulle kant kies, wat tot verdere geweld sal lei. Godsdienstige leiers moet ʼn beroep doen op hul volgelinge om kalm te bly. Die ekonomie van die land gaan negatief beïnvloed word. Dit sal lei tot deurlopende geweld of oorlog. Dan sal dit lei tot wetteloosheid. (6) 4.2.3 Dink jy die artikel stel ʼn gebalanseerde siening voor? Ja. Dit blameer nie een van die godsdienste of kies kant nie. Dit noem die oorsaak as die Deense spotprente. Dit is feitelik. OF Nee, dit sê niks van die verband tussen die spotprente en die geweld nie. Dit impliseer dat Moslems die oproer begin het, maar is stil oor die rol van Christene in Noord-Nigerië. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) RELIGIESTUDIES V1 11 4.2.4 Bied die media oor die algemeen godsdienstige kwessies op ʼn gebalanseerde, onpartydige wyse aan: Ja, alle godsdienste word gelyke dekking gegee soos op SABC TV- en radioprogramme. Die groot godsdienste word roterend gedek. Die godsdienstige nalewing van alle godsdienste word dekking in die gedrukte media gegee, bv. Post, Daily News, ens. dek Diwali, Eid, Kersfees, Yom Kippur, ens. Dit word gedoen uit die oogpunt van gelowiges van daardie godsdiens. OF Nee. Veral die Westerse media koppel aanvalle deur sekere individue aan spesifieke godsdienste. Die wat sogenaamd selfmoordbomaanvalle in besette gebiede uitvoer, word jihadiste genoem. Terwyl in berigte van ‘terroriste’-aanvalle wat in die VSA deur VS-burgers gemaak word, nie godsdiens noem nie, bv. die onlangse aanval op die VS-inkomstekantore deur ʼn ongelukkige belastingbetaler. (6) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all