Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 12201511 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 1 1.1 Mites  ʼn Mite is ʼn soort heilige teks.  Dit bevat dikwels historiese en figuurlike materiaal.  Dit is nie altyd letterlik waar of feitlike weergawes nie.  Hul intensie is om geestelike waarhede oor te dra.  Dit word gebruik om die skepping/oorsprong en eindtyd te verduidelik.  Dit word gebruik om gebeure soos die geboorte en dood van Jesus, Mohammed en Siddharta te verduidelik.  Dit kom van die woord “Mythos” wat fabel beteken.  Dit verwys na godsdienstige stories waarin diep waarhede oor die lewe bekend gemaak word. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) 1.2 Doktrine  Die term ‘doktrine’ is sinoniem vir lering.  Dit het nie ʼn negatiewe konnotasie nie.  Dit is ʼn stel godsdienstige leringe.  Doktrines is leringe oor godsdienstige oortuigings wat deur godsdienste in koherente filosofiese patrone georganiseer is.  Byvoorbeeld, vroeë Christen doktrines het ontwikkel in verhouding tot die Griekse filosofie van die tyd.  Die doktrine van Christus as beide God en mens het ontwikkel in verhouding tot die Griekse begrip van natuur en bestaan.  Doktrines is gewoonlik bindend op navolgers van godsdienste. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) 1.3 Dogma  Dit het twee kante van betekenisse wat relevant in die konteks van godsdiens is.  Hierdie konsep verwys na ʼn beginsel, leer of sisteem soos deur ʼn kollektiewe godsdienstige gesag neergelê.  ʼn Dogma het ook ʼn bygevoegde konnotasie wat van kollektiewe godsdienstige gesag is.  Dogma het ʼn element van kollektiewe gesag.  Dit word verteenwoordig deur die kollektiewe gesag soos in goddelike openbaring gevind word.  Terwyl daar verskillende interpretasies van dogmas in ʼn tradisie is, is dogmas meer absoluut.  Dit word gemagtig deur ʼn kollektiewe godsdienstige gesag in die plek van die tradisie en mag as goddelik geïnspireer oorweeg word.  Daar is nie ʼn afsnypunt tussen ʼn lering en ʼn dogma nie. [Enige relevante antwoord moet aanvaar word.] (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V2 3 1.4 Geloof  Geloof is dit wat navolgers as waar beskou.  Dit bind besondere godsdienstige gemeenskappe en is nou verbonde aan rituele.  Christendom glo dat die dood en opstanding van Jesus en die gebeure van Sy laaste ure gelei het tot die ritueel van die Avondmaal (Heilige Nagmaal).  In die Afrika Tradisionele Godsdiens is die geloof in die voorvaders en hul voortgaande rol in die lewens van mense gebou op hul openbaring aan die lewendes.  Dit kan as ʼn sinoniem vir geloof gebruik word.  Dit kan die aanvaarding van ʼn ding, feit, ʼn verklaring, ens. beteken.  Dit kan ook ʼn ferm opinie beteken. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) 1.5 Etiese leringe  Etiese leringe is kodes in verskillende godsdienste wat regte en goeie gedrag beheer.  Die Tien Gebooie in Judaïsme en die Christendom.  Die wet van onvoorwaardelike liefde in Christendom.  Die Vyf Pilare van Islam, is almal voorbeelde.  Baie mense wat nie godsdienstig is nie, volg die etiese leringe wat as die Goue Reël bekend staan.  Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 2 2.1 Idees oor sonde en die boosheid in die Christendom in vergelyking met Taoïstiese idees.  ʼn Eerste verskil gaan oor wat sonde is.  Vir Christene is ‘sonde’ om nie God se wil te doen nie.  Die wil van God is om God te eer en om jou naaste lief te hê.  Dit is besorg oor verhoudinge tussen mense en met God.  Dit gaan nie oor die natuurlike wêreld nie.  Alhoewel dit waar sou wees om te sê dat die besorgdheid oor die omgewing deel van die bewustheid van baie Christene is omdat die omgewing vir menslike voordeel uitgebuit word.  Ortodokse Christene glo dat mense nie in staat is om hulself te red nie.  Taoïste glo dat mense kan leer om in harmonie met die Tao en hulself te kan lewe.  Die metodes van verlossing is verskillend. Ortodokse Christene glo dat om vergifnis deur Jesus te vra die enigste weg na verlossing is.  Tao is die meester wie se gebooie ons gehoorsaam.  Tao straf die bose.  As jy in harmonie lewe sal dit goed gaan met jou.  Jy moet uitvind wat Tao wil hê en dit dan doen.  Tao beveel jou nie om in harmonie te lewe nie – die keuse is joune. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (20) 2.2 Verduidelik die verskil tussen die maniere hoedat die Therevada en Mahayana skole in Boeddhisme die begrip van die self en verligting verstaan.  Anatman – die ego oor die self hou ons gevange, en sodra ons vry is van die ego, kan ons verligting kry en Nirvana ervaar.  Verligting deur ʼn individuele poging en nie deur intervensie of intersessie nie.  Mahayana: Tibettaanse skool.  ʼn Panteon van Boeddha’s, bodisatuas, en Dharma-beskermers.  Re-inkarnasie van geslagte van lamas (leermeesters).  Boeddha kan in menslike vorm vertoon word.  Mahayana: Zen-skool.  Dharma-oorerwing: o ʼn Spesiale oorerwing buite die geskrifte. o In iemand se eie aard te sien en Boeddhaskap/verligting te aanskou. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V2 5 2.3 Beskryf die stelsel van regering in Tibettaanse Boeddhisme en verduidelik die Dalai Lama se verhouding tot dit.  Daar is die geloof in die Panteon van Boeddhas waarvan Lamas deel vorm.  Hulle was beskou as die reïnkarnasie van meesters en daarom wyse leermeesters.  Lamas was beskou dat hulle gelyke gesag as die Boeddha het – daarom die term Lamaïsme.  Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is die Dalai Lama.  Hierdie titel word sedert 1391 in Tibet gebruik.  Daar is ʼn opvolging van Dalai Lamas vanaf die 17de eeu tot 1959. Tibet was deur die Dalai Lama geregeer.  Toe die Republiek van Sjina Tibet in 1959 ingeval het, het die huidige Dalai Lama, Tenzin Gyatso, uit Tibet gevlug en is nou ʼn geestelike leier in ballingskap. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) 2.4 Noem die geloof wat die kern van die Christendom vorm en TWEE gevolge wat vanuit hierdie geloof vloei.  Die kern van die Christendom is die geloof dat Jesus Christus die Seun van God is.  Volgens die Christendom is dit God se finale openbaring van Homself.  God is nie meer langer buite menslike ervaring nie, maar deel daarvan.  Christene ervaar God as beide transendent, met ander woorde buite die skepping,  Sowel as immanent, met ander woorde, deel van of binne die skepping. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 3 3.1 Verduidelik waarom Galileo se kritiek van die aanvaarde geosentriese teorie van die heelal so ʼn uitdaging vir tradisionele idees van die tyd was.  Geosentries beteken dat die aarde in die middel van die heelal is.  Die idee dat die aarde in die middel van die heelal was, was aanvaarbaar vir die Christelike siening van die skepping.  Die geloof dat God menslike wesens in die middel van Sy skepping geplaas het.  Die idee dat die heelal onveranderlik is was in lyn met die idee dat God perfek was en dat God ʼn perfekte, dit is, ʼn onveranderlike heelal geskep het.  Deur die aarde weg te neem van die kern van dinge deur die nuwe astronomie, was teenstrydig met die skeppingsverhaal.  Die heliosentriese siening plaas die son in die middel.  Die aarde en ander planete beweeg rondom die son in ʼn elliptiese eerder as sirkulêre bane, met verskille in spoed.  Dit was nie in lyn met dit wat as perfek verstaan is nie. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) 3.2 Hoe reageer godsdienste tot die Groot Knal-teorie? Verwys na verskillende perspektiewe in enige EEN godsdiens.  Die Abrahamitiese godsdienste in die besonders glo dat God die heelal geskep het.  Hulle twyfel vir geen oomblik dat God die heelal is nie.  Die meeste Ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat die skeppingsmites as letterlike waarhede gelees moet word omdat, indien dit nie waar is nie, dan laat dit toe dat die ander oortuigings en leringe bevraagteken word.  Sommige liberale of progressiewe Jode, Christene en Moslems argumenteer dat, indien alles in die heelal deur God geskep is, dan is die proses van evolusie ook deel van God se goddelike plan.  Die sintese van evolusie en godsdienstige doktrine word na verwys as teïstiese evolusie.  Sommige godsdienstige gelowiges sê dat God verantwoordelik was vir die Groot Knal.  Wetenskaplikes sê dat dit dié gebeurtenis is wat lewe in die heelal begin het.  Volgens die teorie het die heelal ongeveer 14 miljard jaar gelede begin uitbrei en warmer en warmer geword totdat daar ʼn ontploffing was.  Adam en Eva was die spits van God se skepping.  Dit stem ooreen met die liberale interpretasie van die heilige skrifte.  Gelowiges wie ook evolusioniste is argumenteer dat wetenskap en godsdiens verskillende soorte kennis bydra en dat hulle verskillende soorte vrae beantwoord deur verskillende metodes en taal te gebruik om dinge te verduidelik. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V2 7 3.3 Verduidelik kortliks die verhouding tussen godsdiens en wetenskap.  Wetenskaplike ontwikkeling het ons wêreld verander.  Op ʼn dieper vlak het wetenskap die manier waarop mense na die wêreld kyk verander.  Meer belangrik is dat wetenskap die fondament van tradisionele godsdiens bevraag het.  Die probleem tussen godsdiens en wetenskap het in die laaste vier eeue na vore gekom.  Die twee benaderings het toenemend kompeterend en selfs konfronterend geword.  In alle kulture het godsdienste oor die eeue heen tradisioneel antwoorde op die volgende vrae verskaf: o Hoe en wanneer het die wêreld ontstaan? o Wanneer het mense hul eerste verskyning gemaak?  Terwyl sommige godsdienste dit as ʼn groot konflik beskou, het ander minder probleme om hul leringe met die teorieë van wetenskap te versoen. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) 3.4 Hoe die bewustheid dat ons nie ʼn unieke lewe vorm is nie, ʼn gelowige se begrip oor die mens se plek in die heelal kan affekteer.  Die begrip van inter-verbintenis van alle lewe.  Dit beweeg weg van die tradisionele dominerende model waar mense spesies as apart van, mag het oor, en verhewe bo ander vorme van lewe is.  Ontwikkel die bewussyn dat die mens ʼn verantwoordelikheid het om vir die skepping te sorg.  Beoefen verantwoordelike keuses wat alle lewende skepsels in ag neem en nie net die behoeftes van menslike spesies nie.  Dit is belangrik vir ons om elke godsdiens vir sy eie onthalwe te verstaan.  Op die manier kan ons leer om elke godsdiens te waardeer en moontlik sal daar minder konflik wees.  Wanneer jy ʼn godsdiens vanuit sy eie oogpunt verstaan dan sal jy die godsdiens se bydrae beter waardeer. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 4 4.1 Verduidelik die verskil tussen normatiewe en beskrywende bronne in godsdiens.  Die woord normatief kan gedefinieer word as die skep van standaarde, bv. Moslems wat net halaal kos moet eet.  Jode moet die Sabbat onderhou.  ʼn Normatiewe verklaring probeer om te bevestig hoe dinge gedoen moet word.  Alle Jode moet die Sabbat onderhou.  Normatiewe verklarings leer ons ook hoe om dinge te waardeer.  Dit leer ons ook watter dinge is goed en sleg, en watter optredes is reg en verkeerd. (10) 4.2 Beskryf die normatiewe bronne in enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het. [Vir die doel van hierdie memorandum word Christendom en Afrika Tradisionele Godsdiens bespreek.] Christendom:  Die Christene Bybel bestaan uit twee dele, naamlik die Ou Testament en die Nuwe Testament.  Die Ou Testament is dieselfde as die Hebreeuse Bybel en verwys na die deel van die Bybel wat deur Jode geskryf was voor die geboorte van Jesus.  Die Nuwe Testament bestaan uit die geskrifte van Jesus se dissipels na Sy dood.  Die Nuwe Testament word deur Christene as die belangrikste deel van die Bybel beskou en bestaan uit 27 boeke.  Byna die helfte van die Nuwe Testament bestaan uit evangelies, wat kom van die Griekse woord vir ‘goeie nuus’.  Die vier evangelies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes) fokus op die vertellinge van die lewe van Jesus.  Die groei en ontwikkeling van die Christene gemeenskap na die dood van Jesus word beskryf in die Handelinge van die Apostels. [Enige relevante antwoorde moet gekrediteer word.] (10) Afrika Tradisionele Godsdiens:  Afrika Tradisionele Godsdiens word beskryf as die inheemse godsdiens van Afrikane.  Dit word van geslag tot geslag deur die voorgangers oorgedra.  Afrika Tradisionele godsdiens is ʼn voorbeeld van ʼn mondelinge godsdienstige tradisie, met ander woorde, dit is ʼn godsdiens wat nie ʼn heilige teks het nie.  Al sy gelowe en leringe word op twee maniere oorgedra: deur die gesproke woord en deur rituele aksies.  In die meeste Afrika godsdienste word sedes, waardes en kennis gekommunikeer deur die vertel van stories wat bekend staan as spreuke.  Die meeste Afrika spreuke bevat ʼn les oor hoe om ʼn goeie en morele lewe te leef.  Die idee van mondelinge godsdiens beteken nie dat gelowe en praktyke slegs deur gesprek beoefen word nie. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V2 9 4.3 Analiseer enige TWEE van die volgende wêreldsieninge: [Vir die doel van hierdie memorandum word Ateïsme en Agnostisisme bespreek.]  4 Ateïsme: . 3  Ateïste is mense wat nie glo dat goddelike wesens of ʼn opperwese . bestaan nie. 1  Ateïsme word beskou as ʼn wêreldsiening omdat dit die teenoorgestelde van Teïsme (geloof in die Goddelike) is.  Daar is verskillende vorme van ateïsme: o Sagte (of neutraal) ateïste is hulle wie twyfel dat God, gode en godinne bestaan, maar omdat hulle nie die idee aktief verwerp nie, gaan hulle gewoonlik nie uit hul pad om te bewys dat die goddelike wesens nie bestaan nie. o Sterk (of positiewe) ateïste, glo dat daar bewyse is om hul sieninge te ondersteun en verwerp die idee dat goddelike wesens bestaan ten sterkste.  In sommige gevalle verwerp sagte of neutrale ateïste beide teïsme en sterk ateïsme omdat hulle glo dat beide wêreldsieninge van geloof afhanklik is en bewys om hul aanspraak te ondersteun.  In die moderne wêreld het mense om verskillende redes verkies om ateïste te wees.  Baie glo dat dit nie logies is om in ʼn goddelike wese te glo nie omdat daar geen bewys is dat so ʼn mag werklik bestaan nie.  Sommige ateïste verwerp die idee van godsdiens om morele redes weens die baie oorloë en handelinge van geweld wat as gevolg van godsdienste konflikte ontstaan het. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10)  4 Agnostisisme: . 3  Die term agnostiek kom van die Griekse woord gnosis (kennis) en . (sonder). 3  Agnostisisme is ʼn filosofie wat op verskillende maniere verstaan moet word.  Die meeste agnostici eis dat dit onmoontlik is om vir seker te weet dat God, gode of godinne, werklik bestaan.  In sommige gevalle is hulle geneig om die meeste godsdienste en hul leringe te verwerp.  Hulle argumenteer dat indien daar iets soos ʼn goddelike wese of opperwese is, is dit so groot dat dit bo die verstaan van mense is.  Om hierdie rede is agnostici baie skepties oor godsdienstige leringe en wantrouig vir godsdienstige doktrines. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 5 5.1 Verduidelik die sieninge van die volgende godsdienste oor aborsie: 5.1.1 Islam:  Daar is verskillende opsies oor die kwessie van aborsie in die Islamitiese geloof.  Moslem wet verklaar dat sodra die fetus klaar gevorm is en ʼn siel gegee is, is aborsie verbode.  Daar is verskillende oortuigings oor wanneer die fetus ʼn siel gegee word.  Volgens ʼn ander beroemde wetlike tradisie kry die fetus ʼn siel slegs 120 dae na konsepsie.  Volgens hierdie tradisie is dit toelaatbaar vir ʼn swanger vrou om vir ʼn aanvaarbare rede gedurende die eerste 120 dae van swangerskap, ʼn aborsie te ondergaan.  Ander Islamitiese wettige tradisies argumenteer dat die fetus ʼn siel met konsepsie gegee is.  Beide tradisies laat aborsie toe wanneer die moeder se lewe in gevaar is.  Volgens hierdie tradisie is dit op enige ander gegewe tyd onaanvaarbaar.  Die moeder se lewe is baie belangrik omdat sy ander verantwoordelikhede en verbintenisse het.  Die fetus het geen verantwoordelikhede en verbintenisse nie.  Seks voor die huwelik en buite die huwelik is moreel onverantwoordelik. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (20) 5.1.2 Christendom:  Daar is verskillende sieninge oor aborsie in verskillende Christelike denominasies.  Baie Christene is teen aborsie.  Diegene wie teen aborsie, is glo dat menslike wesens na die beeld van God geskape is.  Hulle glo dat lewe ʼn gawe van God is.  Hulle glo dat alle soorte lewe heilig is.  Menslike lewe word geglo begin met konsepsie.  Die fetus moet soos enige ander vorm van lewe respekteer word.  Die vernietiging van die fetus word as moord beskou.  Sommige Christene is teen aborsie as ʼn manier van geboorte- beperking, maar sal daartoe instem wanneer die moeder se lewe in gevaar is.  Christene glo dat verantwoordelike gedrag ten alle tye ʼn belangrike aspek van hul verhouding met God is.  Die meeste Christengroepe moedig jongmense aan om hulle te weerhou van seks voor die huwelik. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V2 11 5.2 Noem enige VYF oorsake van aborsie.  Tienerswangerskap.  Wanneer ʼn vrou verkrag is.  Wanneer die verwagtende vrou werkloos is.  Wanneer die vader van die kind die swanger moeder verwerp.  Wanneer die verwagtende moeder se lewe in gevaar is.  MIV/Vigs – wanneer iemand haar status gedurende swangerskap weet.  Dwelmmisbruik – indien iemand dwelms soos byvoorbeeld alkohol gebruik wat tot aborsie kan lei.  Groepsdruk – Indien iemand deur haar vriende beïnvloed word, bv. wanneer haar vriende nie van haar mansvriend hou nie, kan die vriend haar vra om die fetus te aborteer. [Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.] (Enige 5 x 2) (10) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all