Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12202010 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2020 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2020 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy. 5. Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2020 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Hierdie skool van Boeddhisme staan ook as die Groot Weg/Voertuig bekend: A Tibettaanse Boeddhisme B Theravada-Boeddhisme C Mahajana-Boeddhisme D Zen-Boeddhisme (1) 1.1.2 'n 'Mistikus' is 'n persoon wat … A glo daar is geen god nie. B die goddelike deur direkte ondervinding ervaar. C nie vleis eet nie. D elke jaar 'n pelgrimstog onderneem. (1) 1.1.3 In Hindoeïsme dui hierdie term geloof in 'n orde in die hele bestaan aan: A Dharma B Brahmaan C Karma D Moksha (1) 1.1.4 In die Afrika Tradisionele Godsdiens is hierdie persoon die hoof van die godsdiens wat seker maak dat daar na alle beoefenaars omgesien word: A Injoli B Icamagu C Intlabi D Inyanga (1) 1.1.5 Geloof in die bestaan van die goddelike: A Agnostisisme B Ateïsme C Materialisme D Teïsme (1) 1.1.6 Hierdie groot Joodse Rabbi van die 12de eeu het geredeneer dat weersprekings tussen bewese wetenskap en Judaïsme deur verkeerde interpretasie van die heilige geskrifte veroorsaak word: A Tycho Brahe B Moses Maimonides C Siddartha Gautama D Tenzin Gyatso (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2020 NSS 1.1.7 Hierdie ateïs het godsdiens as 'die uitwaartse projeksie van die mens se inwaartse aard' beskryf en het 'n groot invloed op Karl Marx gehad: A Ludwig Feuerbach B Nicolas Copernicus C David Hume D Martin Luther (1) 1.1.8 Watter EEN van die volgende stellings is NIE op die Bahá'i-geloof van toepassing NIE? A Reïnkarnasie B Die enigheid van God C Die enigheid van die mensdom D Die eenheid van alle godsdienste (1) 1.1.9 Die Nan Hua-tempel is die grootste tempel en klooster in Afrika wat aan die volgende godsdiens behoort: A Sjintoïsme B Hindoeïsme C Confucianisme D Boeddhisme (1) 1.1.10 Watter EEN van die volgende is NIE op die Bybel van toepassing NIE? A Dit word in die Ou Testament en die Nuwe Testament verdeel. B Die Ou Testament is nie eksklusief aan Christenskap nie. C Dit is deur Moses geskryf. D Dit is 'n heilige boek vir Christene. (1) 1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die altaar in Karbala is 'n belangrike pelgrimsterrein vir …-Moslems. (1) 1.2.2 Hasidiese Jode trek op 'n eiesoortige manier aan, hulle leef apart van die moderne samelewing en is toegewyd aan die streng nakoming van die Joodse wet wat as … bekend staan. (1) 1.2.3 'n Volgeling wat glo dat slegs sy/haar beskouings van godheid korrek is, beoefen 'n … beskouing teenoor ander godsdienste. (1) 1.2.4 Die drievoudige kanon van heilige geskrifte in Boeddhisme word die … genoem. (1) 1.2.5 In Xhosa is die titel van 'n boek wat die basiese oortuigings, morele leringe en geskiedenis van die Afrika-godsdiens bevat, … (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2020 NSS 1.3 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE. VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou ANTWOORD: Sirkel REDE: Die ander drie is kleure. 1.3.1 Bahá'i-geloof; Islam; Christenskap; Boeddhisme (2) 1.3.2 Waarsêers; Voorvaders; Isangomas; Inyangas (2) 1.3.3 Bahá'u'lláh; Abu Bakr; Abdu'l-Baha; Shoghi Effendi (2) 1.3.4 Klap; Heen en weer beweeg; Dans; Ululasie (2) . 1.3.5 Bhagavad Gita; Upanishads; Dharma, Mahabharata (2) 1.4 Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Boeddhisme A gee 2,5 persent as liefdadigheid 1.4.2 Taoïsme B 'n sekte wat deur verskillende interpretasies of oortuigings 1.4.3 Die Bön-godsdiens beheer/bestuur word 1.4.4 Christenskap C volgelinge moet moeiteloos in harmonie met die weg van die heelal leef 1.4.5 Zakat D saambestaan van die drie Abrahamitiese gelowe E heilige tekste wat in Sanskrit geskryf is F die amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk onder keiser Konstantyn G die oudste geestelike tradisie van Tibet (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2020 NSS 1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 1.5.1 Die Tenach is die heilige geskrif van die Bahá'i-geloof. (2) 1.5.2 Die Nagmaal word as herinnering aan die voorvaders gehou. (2) 1.5.3 Moslems glo dat die Hadith op goddelike wyse aan die Profeet Mohammed gedikteer is. (2) 1.5.4 Elke kruisbeeld is 'n kruis maar elke kruis is nie 'n kruisbeeld nie. (2) 1.5.5 Die stigter van Hindoeïsme is Lao-tzu. (2) 1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende terme: 1.6.1 'n Familiegroep-/Stam-gebaseerde ('clan') godsdiens (2) 1.6.2 Profeet Mohammed (2) 1.6.3 Die Sabbat (2) 1.6.4 Die Ortodokse Kerk (2) 1.6.5 Ekumenisme (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2020 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 In die konteks van godsdiens, gee 'n kort verduideliking van ELK van die konsepte hieronder gevolg deur 'n voorbeeld om die toepassing daarvan te illustreer: 2.1.1 Godsdienstige identiteit (4) 2.1.2 Eenheid (4) 2.1.3 Ooreenkomste (4) 2.1.4 Gelykenis (4) 2.2 In TWEE sinne, brei uit oor ELK van die volgende unieke eienskappe van Boeddhisme: 2.2.1 Die Boeddha was mens, nie god nie (4) 2.2.2 Boeddhaskap word bekom en is nie ingebore nie (4) 2.3 Noem TWEE unieke eienskappe van: 2.3.1 Taoïsme (4) 2.3.2 Christenskap (4) 2.3.3 Hindoeïsme (4) 2.4 Onderskei tussen die volgende terme: 2.4.1 Godsdienste van die Midde-Ooste en godsdienste van die Verre Ooste (4) 2.4.2 Leerstelling en dogma (4) 2.5 Maak 'n lys van DRIE kenmerke van Ubuntu. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2020 NSS VRAAG 3 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIS DOOP MET DRANK! Die Gabola Kerk het godsdiens met drank na 'n nuwe vlak geneem! Nuwe gemeentelede word nie net met drank gedoop nie, hulle word ook met hulle keuse van hulle gunstelingdrankie in die Huis van die Here verwelkom – enigiets van whisky, sider en jenewer, tot eenvoudige bier. Die stigter en leier van die kerk, Tsietsi Makiti, het gesê dat geeneen van hulle lede met water gedoop wou word nie. Gabola Church International Ministries is vier jaar gelede gestig om drankgebruikers, wat gevoel het dat hulle deur ander kerke verwerp is, toe te laat om ook kerk toe te gaan. Die kerk het sedertdien gegroei en word in verskeie kroeë regdeur die land gelei. 'As ek nie teenwoordig is nie, word die doop deur kroegeienaars wat óf pastore óf biskoppe is, bedien,' het Makiti aan die Daily Sun gesê. 'Nuwe lede word verwelkom en kies hulle drankie. Hulle kan ook kies of die alkohol geskink of op hulle koppe geplaas moet word, of selfs of hulle dit wil drink of nie. Die ouderdomsbeperking om alkohol by die kerk te drink, is 20 jaar.' Dit is streng oor verantwoordelike drankgebruik en verantwoordbaarheid. Lede het getuig oor hoe hulle gees bevry is nadat hulle 'n plek van aanbidding gevind het wat hulle aanvaar. 'Ons is rustig en opgewek tydens ons dienste,' het hy gesê. 'Elke lid verstaan dat alhoewel ons alkohol verbruik, ons steeds in 'n kerk is. Dit het hulle gedrag verander.' [Bron: www.dailysun.co.za, 10 Desember 2019] 3.1 Noem TWEE wyses waarop die opskrif die leser se aandag trek. (4) 3.2 Volgens die artikel, watter unieke rol speel die Gabola Kerk? (2) 3.3 Is hierdie artikel 'n voorbeeld van goeie mediadekking van godsdiens? Gee redes vir jou antwoord. (8) 3.4 Hoe trek kroegeienaars voordeel uit die Gabola Kerk? (4) 3.5 Die Gabola Kerk is 'n voorbeeld van 'n Christelike sekte. Gee TWEE redes om hierdie stelling te ondersteun. (4) 3.6 Tot watter mate kan die Gabola Kerk godsdienstige konflik veroorsaak? Gee redes vir jou antwoord. (8) 3.7 In die laaste paragraaf staan daar: 'Dit het hulle gedrag verander.' Wat dink jy beteken dit? (4) 3.8 Beskryf kortliks enige TWEE aspekte van godsdiens wat die meeste mediadekking kry. Gee redes waarom jy dink dit gebeur. (8) 3.9 Dink jy godsdiens moet deur die staat gereguleer word? Motiveer jou antwoord. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2020 NSS VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INWONERS KEER DAT MOSLEM-GESIN DIERE SLAG 'n Moslem-familie, die Fareed-gesin, is gedwing om hulle godsdienstige slagseremonie vir Eid-ul-Adha onder polisiebewaking uit te voer nadat bure probeer het om hulle met geweld te keer. Ayman Fareed, 'n inwoner van Saddlebrook Landgoed* in Gauteng, het die bure se poging om die slagting te keer, as 'rassisties en anti-Islam' beskryf. Die moeilikheid het ongeveer 06:20 begin toe die sleepwa wat die diere vervoer het by die landgoed aangekom het. Kort daarna, volgens Ayman Fareed, het 10 tot 15 motors die ingang geblokkeer. 'My vrou was besig om in te ry toe 'n bakkie haar geblokkeer het. Ons was by beide hekke van ons huis afgesny. Haar enigste uitweg was om deur die valhek te gaan. Terwyl sy dit gedoen het, het die bakkie in haar vasgery. Die bestuurder het met 'n mes uitgeklim. Hy het die bande van die sleepwa wat die diere vervoer het, gesny,' het hy gesê. Die slagting het uiteindelik plaasgevind, maar onder streng polisiebewaking. Elf skape en een bul is geslag. Die landgoed se direksie het later bevestig dat toestemming aan Fareed verleen is en het die optrede van die inwoners veroordeel. *'n Landgoed is 'n omheinde kompleks met 'n hek met baie huise wat gemeenskaplike areas deel. [Bron: Daily News Reporter, 14 Augustus 2019] 4.1 4.1.1 Waarom het Ayman Fareed die insident as 'rassisties' beskryf? (2) 4.1.2 Die twee kante betrokke by hierdie insident was die Fareeds (Moslem-gesin) en die bure. Identifiseer die positiewe bedoelings van ELKE kant en gee ook EEN voorstel vir ELKE kant oor wat die situasie sou kon voorkom het. Tabuleer jou antwoord soos volg: KANTE POSITIEWE VOORSTEL BEDOELING Fareeds Bure (8) 4.1.3 Bespreek die insident uit 'n menseregteperspektief van elke kant – die Moslem-gesin (die Fareeds) en die bure. (8) 4.2 Volgens watter gronde kan Suid-Afrika as 'n sekulêre land geklassifiseer word? (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2020 NSS 4.3 Wat word met godsdiensvryheid bedoel? (4) 4.4 Van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek ENIGE DRIE leringe wat 'n vreedsame en harmonieuse lewe bevorder. (12) 4.5 Tot watter mate lei godsdiens mense om goed te wees? Gee reders vir jou antwoord. (8) [50] VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGS Godsdienstige gemeenskappe het leiers in vredesopvoeding geword. Hulle erken dat alhoewel geloofsverskille regdeur die geskiedenis tot konflikte bygedra het, godsdienstige mense baie keer 'n groot vermoë vir versoening en diens aan ander getoon het. Deur middel van die opvoedingstrukture wat hulle reeds ingestel het, is godsdienste in 'n gunstige posisie om 'n kultuur van vrede onder hulle volgelinge en in die samelewing as 'n geheel te bevorder. [Aangepas uit Focus on Religion Studies Grade 12] 5.1 'Godsdienstige gemeenskappe het leiers in vredesopvoeding geword.' Stem jy met hierdie stelling saam? Gee redes om jou antwoord te ondersteun. (4) 5.2 Kyk terug na die geskiedenis van godsdienste en noem DRIE voorbeelde waar 'n verskil in geloof tot godsdienstige onverdraagsaamheid gelei het. (6) 5.3 '… godsdienstige mense (het) baie keer 'n groot vermoë vir versoening en diens aan ander getoon …' 5.3.1 Noem TWEE bekende Suid-Afrikaanse godsdienstige leiers wat jy in hierdie kategorie sou plaas en gee redes vir jou antwoorde. (8) 5.3.2 Bespreek die werk wat deur die Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF) in Suid-Afrika gedoen word. (10) 5.4 Verwys na die laaste sin van die uittreksel. Bespreek 'n verskeidenheid maniere waarop die 'opvoedingstrukture' van 'n godsdiens 'n 'kultuur van vrede onder hulle volgelinge en in die samelewing as 'n geheel bevorder'. (8) 5.5 Bespreek die staat van godsdienstige samewerking in Suid-Afrika voor die demokratiese verkiesing in 1994. (10) 5.6 Hoe doeltreffend is intergodsdienstige organisasies in Afrika? Gee redes vir jou antwoord. (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all