Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2020
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 459.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 2 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 1.1.1 Die regering gaan bykomende uitgawes aan ten opsigte van
die betaling van onderhoudstoelaes, mediese sorg en ander
maatskaplike dienste.
Tienerma's is geneig tot sielkundige probleme, soos depressie
en selfdood.
Tienerma's gooi dikwels hulle kinders weg, wat hulle die staat
/ uitgebreide gesin se verantwoordelikheid maak.
Tienerma's verlaat die skool.
Die formele onderrig van tienerma's word tydens swangerskap
uitgestel.
Tienerswangerskap lei soms tot onveilige aborsies, wat tot die
dood van die ma kan lei.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
1.1.2 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
Onder die tradisionele Aka-mense is daar wette wat bedoel is
om te verseker dat 'n vrou haar maagdelikheid bewaar.
In sommige gevalle word vroeë huwelike aangemoedig om
swangerskap te voorkom.
Die huwelik dien as 'n heilige tradisionele stadium om van kind
tot volwassenheid oor te gaan.
Volgens die Afrika tradisie word geen vrou toegelaat om te
trou sonder om deur die puberteitsrituele te gaan nie.
Alle jong vroue moet maagde wees voor hulle trou.
Die godsdiens leer volgelinge om weg te bly van seksuele
omgang voor die huwelik.
Dit is 'n beginsel van Ubuntu om jou eie liggaam en jou afkoms
te respekteer.
Afrika-vroue ondergaan toetse vir maagdelikheid om
voorhuwelikse seks en tienerswangerskap te voorkom.
Onder die AmaZulu bevorder die Rietdansfees die bewaring
van maagdelikheid onder die meisies.
As 'n Zulu-man 'n vrou buite die huwelik swanger maak, moet
hy vergoeding betaal (ukuhlawula).
VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
' 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid
nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here
is.' (I Kor. 6:13).
Dit beteken dat seks en seksualiteit moet binne die Bybelse
leringe wees wat voorhuwelikse seks verbied.
'Jy mag nie egbreuk pleeg nie.' (Exodus 20:14)
Hierdie gebod verbied voorhuwelikse of buitehuwelikse seks.
'Wanneer 'n man 'n jongmeisie wat nog nie verloof is nie, verlei
om met geslagsgemeenskap te hê, moet hy aan haar pa die
volle bruidsprys betaal en met haar trou.' (Exodus 22:1617).
Dit beteken dat die man die vrou moet vergoed wat dus seks
buite die huwelik ontmoedig.
Christene word geleer om heilig te lewe, onthouding van seks
voor die huwelik ingesluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 3 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
'Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.' (Psalm 23: 1–6).
Dit beteken die jeug moet op God steun vir hulle behoeftes en
moet 'sugar daddies'/'blessers' vermy.
Maria was aan Josef verloof, maar sy het haar maagdelikheid
voor die huwelik behou. (Lukas 1:34)
Dit wys dat seks buite die huwelik nie toegelaat word nie, selfs
tussen mense wat aan mekaar verloof is.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word
n Maksimum van SES punte mag toegeken word indien drie
relevante leringe slegs GENOEM word. (12)
1.2 1.2.1 LET WEL: TWEE punte word toegeken indien TWEE
vertakkinge van dieselfde religie genoem word.
VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
Bestuur/Beheer in Bestuur/Beheer in
Katolisisme Protestantisme
Die hoof van Katolisisme is Die kerke word bestuur
die Pous. deurbevestigde/
Die sentrum van mag is in ingeseënde predikante en
Rome (Vatikaan). biskoppe en verkose
Die kerk word op ouderlinge.
gemeentevlak deur Algemene beheer is deur
priesters, dekanieë deur 'n hoër gesag soos 'n
dekens, bisdomme deur sinode of algemene
biskoppe en vergadering wat deur die
aartsbisdomme deur voorsittende biskop gelei
aartsbiskoppe word.
bestuur/beheer/gelei. Sommige Protestante
kerke is onafhanklik en nie
aan 'n hoër gesag as die
gemeente verantwoordelik
nie.
Bestuur/Beheer in die
Ortodokse
Christendom
Die verskil tussen die
Katolieke en Ortodokse
Kerke is dat
laasgenoemde nie die
leierskap van die Pous
aanvaar nie.
Gesag binne die kerk is in
die hande van biskoppe en
aartsbiskoppe.
Hulle is bevestig as
predikante, priesters,
biskoppe en aartsbiskoppe
Hulle bevestigde
predikante mag trou. Hulle
hoef nie selibaat te wees
nie. (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 4 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
1.2.2 Katolisisme Protestantisme
Bywoning van die heilige Hulle woon gereeld
Mis op 'n Sondag is kerkdienste op 'n Sondag
verpligtend. by.
Soos wat kinders groot- Soos wat kinders groot-
word, ontvang hulle die word, ontvang hulle
sakramente op geskikte vorming, bv.
verskillende stadiums: Sondagskool, jeuggroepe.
Eerste Nagmaal, en Hulle plaas groot klem op
aanneming. die geskrifte.
Hulle gebruik die bidsnoer Daar is opwekkings-
wanneer hulle bid. dienste.
Katolieke is lief vir die Daar word helingsdienste
simbool van die kruis en gehou.
die kruisbeeld – die
laasgenoemde is 'n kruis
met 'n figuur van Jesus
daarop.
Die sakrament van
belyding behels om
sondes aan 'n priester te
bely.
Oosters-Ortodokse
Hulle gebruik baie wierook
in hulle rituele.
Hulle hou van ikone
(spesifieke styl heilige
beelde) en die binnekante
van kerke is ryklik versier.
In hulle gebede soen hulle
die ikone en steek hulle
kerse aan.
Oosters-Ortodokse vroue
dra wit klere in die kerk. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 5 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
1.2.1 VOORBEELD 2: BOEDDHISME
Theravada- Mahayana-
Boeddhisme. Boeddhisme
Die bestuur/beheer van die Elke groep van die
Theravada- en Mahayana- Mahayana word deur 'n
vertakkings is basies senior monnik bestuur.
dieselfde. Die senior monnik word
Theravada-Boeddhisme is deur 'n raad van ander
een kompakte vertakking, senior monnike en soms
met min of geen afwyking senior nonne bygestaan.
in verskillende dele van die Hierdie vorm van
wêreld nie. Boeddhisme het in baie
Die klooster het groter groeperings ontwikkel wat
betekenis in Theravada- tot baie buigsaamheid met
Boeddhisme as in ander betrekking tot bestuur gelei
vertakkings. het.
Tibetaanse
Boeddhisme
Tibetaanse of Zen-
Boeddhiste het 'n leier wat
die Dalai Lama genoem
word.
Daar was 'n opvolging van
Dalai Lamas vanaf die
17de eeu tot 1959.
Toe die Volksrepubliek van
China in 1959 ingeneem
het, het die huidige Dalai
Lama, Tenzin Gyatso, uit
Tibet gevlug.
Hy is sedertdien 'n
geestelike leier in
ballingskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 6 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
1.2.2 Theravada-Boeddhisme Mahayana-Boeddhisme
In Theravada-Boeddhisme Hierdie vorm van
is dit vir die individu die Boeddhisme het 'n konsep
ideaal om 'n lewe van nl. Bodhisattva, ontwikkel.
meditasie te lei om 'n Bodhisattva is 'n
sodoende geestelike persoon wat op sy/haar eie
ontwikkeling te bereik. meriete Nirvana kon
Hulle bly in kloosters, ingaan, maar uit deernis
bedel vir kos en mediteer vir die lyding van mense
die meeste van die dag. besluit het om hierdie intog
Die monnike help en werk te vertraag om ander te
saam met leke in help.
belangrike gebeurtenisse Die Bodhisattva is dus
soos geboortes, huwelike beskikbaar om mense te
en begrafnisse. help om geestelike
Die monnike neem nie die ontwikkeling te bekom en
leiding nie maar hulle is kan later 'n Boeddha word.
aanwesig om gewig aan In Mahayana-Boeddhisme
hierdie gebeure te gee. kan gewone mense
Die meeste godsdienstige goddelike wesens nader
praktyke word tuis om hulle te help met hulle
uitgevoer alhoewel daar soeke na verlossing.
ook individuele en Mahayana-Boeddhiste kan
gemeenskaplike meditasie meer rituele elemente
en kantillering ('chanting') beoefen as wat in
in tempels is. Theravada-Boeddhisme
Tibetaanse Boeddhisme onderhou word.
Hierdie Boeddhiste voer Voorbeelde is om hulleself
heelwat rituele uit, soos uit te strek en te kantilleer
om offerhande te bring aan en wierook te brand.
beelde van Boeddha, en
die bywoon van openbare
leersessies.
Hulle gebruik rituele en
kantillering vir gebed.
Hulle beoefen ook
meditasie.
Hulle gaan in beswymings
(mantras) in om wysheid te
verkry. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 7 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 2.1.1 LET WEL: ‘n Maksimum van 8 punte moet toegeken word
indien die kandidaat oor slegs een van die twee aspekte, nl
PLEK en VERANTWOORDELIKHEID geskryf het.
VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
Mense word na die beeld van God geskep. Mense is die kroon
van die skepping.
Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden om te
sien/Rentmeesterskap
God het aan hulle opdrag gegee om oor die hele wereld te
heers.
Mense is God se verteenwoordigers op Aarde.
Hulle is aangestel om na Sy eiendom, die hele wêreld en alles
daarop, om te sien.
Omgewings- en ekologiese kwessies is die mensdom se
verantwoordelikheid.
Mense is aan God toerekenbaar. (12)
2.1.2 Volgens die Christenskap kan boosheid deur geloof in Jesus
Christus oorkom word.
God sal altyd oor Satan triomfeer.
Deur die dood en opstanding van Jesus Christus is boosheid
oorwin.
In die boeke Daniël en Openbaringe staan daar dat daar 'n
katastrofiese einde van hierdie wêreld sal wees en die begin
van 'n nuwe era, met 'n nuwe geskiedenis en nuwe werklikheid
van geregtigheid.
Christene glo dat in die laaste dae die gelowiges sal
transformeer na 'n nuwe lewe van vrede en die ewige lewe.
Jesus word as die Messias beskou, die Gesalfde wat die
koninkryk van geregtigheid gebring het.
Jesus leer ons dat boosheid nie boosheid kan oorkom word
nie, slegs deur die goeie. (14)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word
2.1 2.1.1 VOORBEELD 2: TAOÏSME
Mense is net 'n klein mikrokosmiese neweproduk van die Tao
se kreatiewe aktiwiteit.
Mense is nie spesiaal of in beheer van die wêreld nie.
Hulle word nie benodig om na die wêreld om te sien nie.
Die wêreld en die heelal sal voortgaan of daar mense is of nie.
Die wêreld sal die vorm aanneem wat die Tao daaraan gee.
Mense het die potensiaal om slegs 'n baie klein gedeelte van
die skepping te vernietig.
Selfs al word daardie deel vernietig, sal die ongelooflike en
oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van die Tao voortduur. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 8 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
2.1.2 Taoïsme sê niks oor die konsep van boosheid nie.
Dit is omdat alles die Tao is: soos dinge moet wees.
As ons vind dat ons begeertes nie vervul word nie, moet ons
ons begeertes ondersoek.
Vir die Taoïste is dit nie net 'n saak van om jou begeertes te
verander sodat lyding verwyder word nie.
Mense moet hulleself in lyn stel met die ware aard van die Tao.
Op daardie manier sal hulle negatiwiteit oorkom (boosheid).
Mense kan lyding veroorsaak, maar hulle kan boosheid
oorkom deur in harmonie met dinge, mense en in hulleself te
leef.
Alles moet volgens die wil van die Tao gebeur.
Mense moet hulle begeertes opgee en doen wat die Tao wil
hê.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word
(14)
2.2 Grammatika en historiese konteks
Die oorspronklike grammatikareëls en historiese feite moet in ag geneem
word in die interpretasie van heilige tekste.
Die betekenis van woorde in heilige tekste moet hulle betekenis
weerspieël, soos dit in die gewone sin gebruik is.
Duidelikste betekenis/betekenis van woorde
Die betekenis wat die duidelikste is (of die vanselfsprekendste), moet
oorweeg word.
Plan, doeleinde en konteks
Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem
word.
'n Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
Bv. Is die in die vorm van poësie of prosa geskryf?
Figuurlike taal
Figuurlike taal word dikwels in sommige heilige tekste gebruik. Dit moet
as sulks geïdentifiseer word sodat dit nie letterlik geïnterpreteer word nie.
Figuurlike taal vereis die toepassing van ander hermeneutiese beginsels
sodat dit korrek geïnterpreteer word.
Betekenis van woorde
Die betekenis van woorde verander mettertyd en op verskillende plekke.
Probeer om uit te vind wat die oorspronklike betekenisse van woorde in 'n
spesifieke konteks is. (12)
LET WEL: Enige drie van die bogenoemde is aanvaarbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 9 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
2.3 LET WEL: Kandidate moet nie gepenaliseer word wanneer hulle nalaat
om die naam van die religie te noem nie. Die bespreking van die religie
moet wel ondubbelsinnig wees. Indien die kandidaat meer as een religie
bespreek, moet punte slegs toegeken word vir die EERSTE religie wat
bespreek is.
VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
In Hindoeïsme kry die oorspronklike klank van die gesproke woord
absolute voorkeur.
Die mondelinge en geskrewe tekste het uit inspirasie ontstaan wat tot
4 000 jaar gelede tergdateer.
Die oorspronklike inspirasie is vir eeue, selfs millenniums voor die
aankoms van aangehoorde geskrifte (shruti) mondelings oorgedra.
Die aangehoorde geskrifte word onderskei van sekondêre, afgeleide
menslik saamgestelde geskrifte soos filosofiese interpretasies.
Hierdie onderskeiding is egter nie absoluut nie.
Die komposisies, kommentaar en interpretasies is later by die heilige
tradisie van die Vedas ingesluit.
Die Brahmanas en die Upanishads het later komposisies, kommentaar en
interpretasies van die vroeë versamelings geword.
Soos wat tyd verloop het, was daar ontwikkeling van die oorspronklike na
die afgeleide tot die verskillende klassieke filosofiese skole.
Voorbeelde van die klassieke filosofiese skole wat ontwikkel is: Nyaya,
Vaisheshika, Sankhya, Purva-Mimamsa, Joga en Vedanta.
Mettertyd was daar meer innoverende en gesaghebbende kommentators
en herinterpreteerders.
Voorbeelde van die innoverende en gesaghebbende kommentators is
Shankara en Vivekananda. (12)
2.3 VOORBEELD 2: JUDAÏSME
Soos in baie godsdienste, is die oorspronklike inspirasie eerstens
hoofsaaklik deur die mondelinge tradisie versprei.
Hierdie mondelinge tradisie is vir honderde, selfs duisende, jare
oorgedra.
Die primêre geskrifte in Judaïsme staan gesamentlik as die Tanach
bekend.
Die Tanach bestaan uit die Torah, Nevi'im en Ketuvim.
Die eerste groep van die primêre geskrifte het teen die 5de eeu VHJ
kanonieke status bekom.
Die tweede groep primêre geskrifte het teen die 3de eeu VHJ kanonieke
status bekom.
Die derde groep primêre geskrifte is teen die 1ste eeu VHJ finaal in die
kanon aanvaar.
Die versameling ('corpus') van hierdie geskrifte is na deurdagte
raadpleging deur die geleerdes as die woord van God onthul.
Die Apokriewe is nie as goddelik onthulde boeke ingesluit NIE.
Die kanon is daarna deur die Talmoed ondersteun.
Die Talmoed bestaan uit die Misjna en die Gemara
Die Talmoed is teen die einde van die 5de eeu AE voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 10 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
In die derde reeks/laag was daar verdere rabbynse verduidelikings van
die Torah.
Die belangrikste van hierdie rabbynse verduidelikings is neergeskryf.
(Midrash) (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 11 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 LET WEL: Indien die kandidaat nêrens in sy respons enige
wêreldbeskouing noem nie, mag geen punte toegeken word nie.
‘n Maksimum van AGT punte mag toegeken word waar slegs die
betekenis en dit wat hulle glo bespreek word.
VOORBEELD 1:
MATERIALISME
Hierdie wêreldbeskouing het in verskeie areas in Europa en Asië ontstaan.
Dit het in die Aksiale Era van 800 tot 200 VHJ ontstaan.
Materialisme word uitgedruk in antieke Indiese filosofie, in Boeddhisme en
Confucianisme.
Baron d'Holbach (1723–1789) het beweer dat aanvanklik het niks behalwe
die natuur 9stof) bestaan nie.
In die Weste is materialisme die eerste keer deur Griekse filosowe – die
Atomistiese ontwikkel en het in die 18de eeu herleef.
'n Uitbreiding van die konsep materialisme is in die 9de eeu deur Karl Marx
gemaak.
Marx het menslike geskiedenis en ekonomiese aktiwiteit by materialisme
ingesluit.
Teen hierdie tyd was die Protestante beweging besig om veld te wen in
Europa.
Dit het sekulariste, materialiste ingesluit, aangemoedig om
wêreldbeskouings behalwe godsdiens te ontwikkel. (12)
3.1 VOORBEELD 2:
SEKULÊRE HUMANISME
Dit is 'n konsep wat in die 1950's vir die eerste keer gebruik is.
Sekulêre humanisme is 'n vertakking van humanisme.
Die term 'humanisme' was oorspronklik 'n godsdienstige term.
Tydens die Renaissance was 'n humanis iemand wat klassieke literatuur
en onderwys bestudeer het.
In die 19de eeu het die betekenis van 'humanisme' verskuif om 'ateïsme'
vir die meeste Engelssprekendes te beteken.
Sekulêre humanisme het ontstaan omdat spesifieke filosowe dit nodig
gevind het om hulle eie teorieë wat godsdiens sou vervang, voor te lê.
Die Raad vir Sekulêre Humanisme is in 1980 gestig.
Dit het 'n verklaring uitgereik wat hulle lede se oortuigings, 'n 'Verklaring
van Sekulêre Humanisme', weerspieël het.
Die 25ste herdenking van die Raad vir Sekulêre Humanisme is in 2005
gehou.
Die Wêreldkongres is tydens die herdenking gehou.
By die Wêreldkongres het sekulêre humaniste vir 'n nuwe
verligting/ontwaking gevra.
Die nuwe verligting/ontwaking is veronderstel om na die Midde-Ooste en
ander dele van die wêreld te versprei. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 12 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
3.2 Godsdienstige invloed het in baie sfere van die samelewing afgeneem.
Dit bevorder godsdienstige vryheid.
Dit bevorder godsdienstige verdraagsaamheid.
As gevolg van sekulêre invloed is daar geen godsdiens wat amptelik deur
die staat voorgestaan word nie.
Daar is vreedsame saambestaan want alle godsdienste word as gelyk
erken.
In 'n sekulêre konstitusie mag alle godsdienste beoefen word en op hulle
eie maniere aanbid, maar dit mag nie op die godsdienstige regte van
ander inbreuk maak nie.
By staatsfunksies, soos die inlywing van die president, neem alle
godsdienste deel.
Godsdiens kan nie voorwaardes ten opsigte van die wette van die staat
dikteer nie.
Sekularisme het tot herevaluering/herinterpretasie van geskrifte gelei.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word (12)
3.3 Volgens die Oerknalteorie weet ons nie wat voor die Oerknal bestaan het
nie.
Die teorie beweer dat daar 'n enorme ontploffing in die ruimte was en,
binne 'n sekonde, het die heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
Die Oerknalteorie het ongeveer 13,7 miljard jaar gelede plaasgevind.
Die Oerknalteorie beweer dat die skeppingsproses in 'n breukdeel van 'n
sekonde geneem het.
Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het die vorming
van stof en energie tot gevolg gehad.
Die stof het gekondenseer en het die sterre en sterrestelsels gevorm.
Wetenskaplikes glo dat die heelal steeds uitbrei.
Dit is nie bekend of die heelal tot 'n einde sal kom en of dit sal gebeur nie. (10)
3.4 VOORBEELD: ISLAM
Islam leer ons dat Allah die skepper van alles in die hemel en op aarde is.
Die eerste mens was Adam, wat God uit klei gemaak het.
Allah het Sy gees in Adam geblaas en hy het begin lewe.
Eva (Hawwa) is toe uit Adam se rib geskep.
Mense geniet die hoogste status van al Allah se skeppings.
Hulle het oorspronklik in die Paradise/Tuin van Eden gewoon.
Mense is geskep sodat hulle Allah kan aanbid.
Volgens die evolusieleer is mense nie perfek geskep nie.
Soos alle ander spesies het mense geleidelik ontwikkel (van vorm
verander) en meer kompleks ontwikkel op die pad van suksesvolle
variasie.
Darwin het geglo dat mense nie 'n hoër status geniet nie maar in die geveg
om oorlewing het hulle beter aangepas en is bevoordeel terwyl dié wat nie
het nie, uitgesterf het.
Beide die wêreld en sy spesies het met tyd verander.
Dit is dus duidelik dat Islam die idee dat die mens net nog 'n dier is wat uit
ape ontwikkel het, verwerp.
LET WEL: Indien slegs een aspek bespreek word, ken ‘n maksimum van SES
punte toe (16)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 13 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 4.1.1 VOORBEELD 1: SOEDAN (2)
4.1.2 Die konflik in Soedan duur al vir meer as 100 jaar.
Die noorde van Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies-
sprekende stamme. Hulle is meesal Moslem.
Sommige stamme is animiste.
Nog ander is Christene wat in die Darfur-streek en die suide
woon.
Daar is ook ekonomiese faktore wat 'n rol speel.
Die ekonomie van die noorde is beter ontwikkel as die dié van
die suide.
Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) het tot
fraksionele konflik gelei.
Khartoem neig daartoe om politieke beheer oor die suide uit te
oefen (as gevolg van die olie).
Toe Khartoem Sjaria-wet op die hele land van toepassing
gemaak het, het dit in 'n gewapende opstand teen die regering
gelei.
Die Sudan People's Liberation Army (SPLA) is gestig en lei die
aanvalle teen die regering.
Die SPLA het in twee verskillende faksies verdeel, en teen
mekaar gedraai. (10)
4.1.3 Die Wêreldraad van Kerke en die Afrika-konferensie van Kerke
het 'n belangrike rol in die bemiddeling van korttydvrede in
Soedan gespeel.
Die meeste godsdienstige leiers aan beide kante van die
geskil wil vrede op plaaslike vlak bewerkstellig.
Mense van verskillende godsdienste lewe selfs vandag in
vrede in een familie en regdeur dorpies.
Godsdienstige organisasies voer steeds humanitêre aktiwiteite
uit aan al die mense wat deur die oorlog beïnvloed word,
ongeag godsdienstige affiliasie.
Die godsdienstige liggame het nie daarin geslaag om politieke
stabiliteit op nasionale vlak te bewerkstellig nie want hulle het
nie politieke mag nie.
Godsdienstige ekstremiste, gekombineer met stamspanning in
Suid-Soedan is steeds deel van die konflik. (10)
LET WEL: ‘n Maksimum van SES punte mag toegeken word
indien die kandidaat slegs een organisasie bespreek het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 14 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
4.1 4.1.1 VOORBEELD 2: SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK (SAR) (2)
4.1.2 In die SAR word godsdiens gebruik as 'm verskoning vir die
konflik.
Die konflik tussen Islam en die Christendom is op etniese
suiwering gebaseer (stamwese ['tribalisme']).
Dit lyk asof die regering en die weermag 'n klein rolletjie speel.
Christene teiken beide Moslems en buitelanders en dwing
hulle om uit die land te vlug.
Kriminele elemente misbruik die konflik.
Daar is wydverspreide plundering van eiendom.
Die val van die regering het ook tot die konflik bygedra.
Daarom is dit nie net 'n godsdienstige konflik nie, maar
godsdiens word ook deur beide politici en bendes gebruik om
die mense te verdeel. (10)
4.1.3 Konfrontasie in die SAR is tussen die Moslem-groep – Seleka,
en die Christen-groep – Anti-Balak.
Baie godsdienstige organisasies soos die Programme for
Christian-Muslim Relations in Africa, Interfaith Action for Peace
in Africa en die Raad vir Godsdienstige Leiers het al probeer
om hierdie godsdienstige konflik op te los, maar het misluk.
Die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) het probeer
om godsdienstige gemeenskappe, die burgerlike samelewing,
die private sektor en die regering saam te bring om die konflik
op te los.
Die IFAPA kon saam met humanitêre organisasies werk om
gesondheidsdienste, skuilplek en ander basiese behoeftes te
verskaf.
Die konflik is meer polities as godsdienstig en het
regeringsingryping nodig.
Godsdienstige organisasies het geen finansiële mag nie en
hulle resolusies word deur politici verwerp.
Selfs die VN Multi-Dimensional Integrated Stabilisation Mission
was nie in staat om misbruike in die land te keer nie.
Die land word deur 'n kultuur van straffeloosheid gedomineer
en dit laat toe dat wandade voortgaan. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/P2 15 DBE/November 2020
NSS – Nasienriglyne
4.2 Suid-Afrika is 'n sekulêre staat.
Dit beteken dat die magte van die staat en godsdiens van mekaar
geskei is.
In die Handves van Regte van die Suid-Afrikaanse Konstitusie is
godsdiensvryheid gewaarborg.
Dit beteken dat daar geen diskriminasie op die basis van godsdiens
is nie. Alle godsdienste is gelyk.
Verskillende godsdienste bestaan saam en almal is vry om enige plek te
aanbid ongeag kleur, ras of taal.
Daar is geen staatsgodsdiens wat ander gelowe domineer nie.
In openbare skole is daar vryheid van godsdienstige waarneming en
bewustheid.
Religiestudies, as 'n vak, dek verskillende godsdienstige tradisies in plaas
van 'n enkele geloofsinstruksie.
Leerders met verskillende tale en godsdienstige agtergronde is vry om
onderrig by skole van hulle keuse te kry.
LET WEL: Twee punte word toegeken vir elke rede, en twee punte vir die
uitbreiding daarop.
(16)
4.3 Afrika-bekeerlinge na die Christendom wat godsdienstige predikers
geword het, het geleidelik daarvan bewus geraak dat hulle nie dieselfde
(gelyk) as hulle wit eweknieë behandel word nie.
Dit het daartoe gelei dat Afrika-predikers weggebreek het en hulle eie
Christen-kerke, wat deur Afrikane bestuur is en die Afrika-kultuur ingesluit
het, gestig het.
Hierdie beweging is gelei deur Dominee Mangena Mokone.
Ons noem hierdie kerke Afrika-geïnisieerde Kerke ('Africa Initiated
Churches (AICs)').
Die AICs het as 'n versetbeweging teen Europese dominering van die
gevestigde kerke begin, wat uit Europa gekom het.
Daar is twee tipes AICs, die Ethiopiese tipe wat naby die Europese model
gebly het.
Die ander is die Zionistiese tipe, wat nader aan die Afrika Tradisionele
Godsdiens is. (12)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2016 Memo (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper