Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220205 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2020 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2020 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2020 NSS VRAAG 1 1.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TIENERSWANGERSKAP Ondanks deurlopende bewusmaking en ontmoedigingspogings deur regerings en nieregeringsorganisasies is tienerswangerskap steeds 'n groot bekommernis regdeur die wêreld. Ongeveer 16 miljoen meisies tussen 15 en 19 jaar oud raak jaarliks swanger terwyl ongeveer een miljoen meisies onder die ouderdom van 15 jaar geboorte gee. 'n Verdere drie miljoen meisies ondergaan jaarliks onveilige aborsies volgens die feiteblad van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). [Bron: news24.com] 1.1.1 Verduidelik kortliks waarom tienerswangerskap 'n groot bekommernis in die samelewing is. (10) 1.1.2 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek DRIE van die leringe daarvan wat aan die kwessie van tienerswangerskap aandag gee. (12) 1.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle godsdienste het sommige oortuigings wat nie-onderhandelbaar is nie, wat alle volgelinge deel. In godsdienste kan die interpretasie van die oortuiginge egter van een denkskool na die volgende verskil. Hierdie verskille is soms groot en het al tot godsdiensoorloë gelei. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] Noem TWEE vertakkings wat binne enige EEN van die godsdienste wat jy bestudeer het, bestaan en tabuleer hulle verskille ten opsigte van: 1.2.1 Bestuur (Beheer of leiding) (16) 1.2.2 Praktyke (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2020 NSS VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Godsdienstige leringe kan in die vorm van geskrewe of mondelinge tekste wees en, soos jy geleer het, dit is die breedste kategorie wat gebruik word om te beskryf waaraan volgelinge van 'n godsdiens glo. [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 2.1 In die konteks van enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Wat is die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die (12) wêreld? 2.1.2 Hoe kan die mensdom boosheid oorkom? (14) 2.2 Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels. (12) 2.3 Noem enige EEN godsdiens en bespreek die historiese ontwikkeling van hulle heilige geskrif(te). (12) [50] VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Jy dink moontlik dat godsdiens universeel is en dat alle mense op een of ander manier godsdienstig is. Dit is egter vir baie mense nie die geval nie. Sommige beskou hulleself as nie-godsdienstig. 'n Ander manier om na hulle te verwys is om te sê dat hulle 'n sekulêre wêreldbeskouing het. [Bron: Religion Studies, Grade 12, Stein et al.] 3.1 Noem EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die oorsprong daarvan. (12) 3.2 Evalueer krities die impak van sekularisme op die godsdienstige gemeenskap. (12) 3.3 Verduidelik kortliks die Oerknalteorie. (10) 3.4 Met verwysing na enige EEN Abrahamitiese godsdiens, vergelyk hulle leringe oor die skepping van die mens met die leringe van Darwin se evolusieleer. (16) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2020 NSS VRAAG 4 4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die geskiedenis is vol godsdienstige konflikte en selfs oorloë. Natuurlik is alle godsdienstige konflikte nie oorloë nie. Soms is die konflik slegs verbaal en is daar geen geweld betrokke nie. Soms gebruik politici godsdiens vir hulle eie politieke ondersteuning. [Aangepas uit Religion Studies, Grade 12, Steyn et al.] 4.1.1 Noem EEN land in Afrika waar godsdiens moontlik deel van die konflik is. (2) 4.1.2 Verduidelik kortliks die historiese ontwikkeling van die konflik in die land wat jy in VRAAG 4.1 genoem het. (10) 4.1.3 Bespreek die rol wat deur TWEE godsdienstige organisasies in die oplossing van hierdie konflik gespeel het. (10) 4.2 Bespreek VIER moontlike redes waarom Suid-Afrika geen gewapende godsdienskonflik het nie. (16) 4.3 In SES sinne, verduidelik hoe Europese dominasie in kerke tot die stigting van die Afrika-geïnisieerde Kerke ('AICs') bygedra het. (12) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all