You're offline
Skip to content
Memorandum

Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Religion StudiesGrade 12202015 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2020 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die letter gegee is. VRAAG 1 1.1.1 C√ (1) 1.1.2 B√ (1) 1.1.3 A√ (1) 1.1.4 A√ (1) 1.1.5 D√ (1) 1.1.6 B√ (1) 1.1.7 A√ (1) 1.1.8 A√ (1) 1.1.9 D√ (1) 1.1.10 C√ (1) 1.2 1.2.1 Sjia/Sjiiet-Moslems√. (1) 1.2.2 Halakhah√ (1) 1.2.3 Eksklusiwis/Bevooroordeeld √ (1) 1.2.4 Tripitaka√ (1) 1.2.5 Masiphakule√ (1) 1.3 1.3.1 Boeddhisme. √ Die ander is Midde-Oosterse godsdienste./ Die ander is religieë (2) wat leer oor ‘n Opperwese.√ 1.3.2 Voorvaders√ Die ander hoort nie in die geestesryk nie. / Die ander is mense wat nog leef /wat leef.√ (2) 1.3.3 Abu Bakr√ Die ander hoort by die Bahá'i-geloof.√ (2) 1.3.4 Heen en weer swaai/ √ Die ander word in Afrika Tradisionele Godsdiens-rituele gebruik./ (2) Die ander word gewoonlik tydens seremonies gebruik. √ OF Ulalasie Die ander is liggaambewegings wat tydens ‘n dans in die ATR uitgevoer word. √ 1.3.5 Dharma√ Die ander is heilige tekste in Hindoeïsme. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die letter gegee is. 1.4 1.4.1 E√ (1) 1.4.2 C√ (1) 1.4.3 G√ (1) 1.4.4 F√ (1) 1.4.5 A√ (1) 1.5 1.5.1 Onwaar√ Dit is die heilige geskrifte van Judaïsme. √ OF Die Kitáb-i-Aqdas is die heilige geskrifte van die Bahá'i-geloof. √ (2) 1.5.2 Onwaar √ Die Nagmaal is 'n sakrament wat as herinnering aan Christus deur die Christene gehou word. √ OF Ukubuyisa/Umbuyiso is 'n ritueel wat as herinnering aan die voorvaders deur die Afrika Tradisionele Godsdiens gehou word.√ (2) 1.5.3 Onwaar√ Die Koran is op goddelike wyse aan die Profeet Mohammed gedikteer.√ OF Die Hadith is 'n opname van die mondelinge leringe van die Profeet Mohammed. √ (2) 1.5.4 Waar√√ (2) 1.5.5 Onwaar√ Hindoeïsme het geen stigter nie; die stigter van Taoïsme was Lao-tzu. √ NOTE: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (2) 1.6 1.6.1  Dit is 'n godsdiens waar die basiese struktuur die stam/familie/clan of uitgebreide familiegroep is. √  Dit is baie sterk in die Afrika Tradisionele Godsdiens. √  Die oudste man/vrou word gewoonlik as die leier van die stam/familiegroep/clan beskou. √  Hulle moedig ‘n gemeenskaplike manier van lewe aan. (2) 1.6.2  Profeet Mohammed is die stigter van Islam. √  Moslems glo dat hulle godsdiens deur die finale en grootste Profeet, die Profeet Mohammed, voltooi is. √  Allah het Sy boodskap aan die Profeet Mohammed onthul, wat in die Koran in die oorspronklike Arabies neergeskryf is. √  Profeet Mohammed is die stigter van Islam.(aanvaarde antwoord) (2) 1.6.3  Dit is die sewende dag van die Joodse week. √  Dit begin teen sonsondergang op 'n Vrydag en duur tot sonsondergang Saterdagaand. √  Dit is 'n dag van aanbidding vir die Jode.Hulle weerhou hulle daarvan om op die Sabbat te werk.√  Sommige Christene beskou Sondag as die Sabbat, ‘n dag wat uitgesit word vir die aanbidding van God. √ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 1.6.4  Tydens die Breuk van 1054/11de eeu is die Christendom in die Rooms-Katolieke Kerk (in die Weste) en die Ortodokse Kerk in die Ooste verdeel. √  Die Ortodokse Kerk word ook die Oosterse Ortodokse Kerk genoem. √  Dit sluit die Griekse en Russiese Kerke in. √ (2) 1.6.5  Dit verwys na samewerking en eenheid tussen die verskillende Christelike denominasies. √  Die term is deesdae verbreed om eenheid tussen verskillende godsdienste ook in te sluit. √  Die ekumeniese beweging word sterker want goeie inter- godsdienstige verhoudinge word aangemoedig. √ (2) TOTAAL AFDELING A: 50 AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.1 2.1.1  Godsdienstige kenmerke wat mense 'n gevoel gee van wie hulle is.  Dit gee ook 'n gevoel van behoort aan mense wat dieselfde leringe,waardes en rituele/praktyke deel.  Voorbeeld: Godsdienstige simbole is 'n integrale deel van godsdienstige identiteit. (4) 2.1.2  Eenheid beteken om vir 'n algemene doel saam te staan.  Dit is gevoel van eenheid met die goddelike mag want dit word deur elke godsdiens gedefinieer.  Voorbeeld: dit is gewoonlik moontlik om die aspek wat godsdienste verbind, te identifiseer – hulle deel 'n oortuiging of praktyk; hulle staan saam om vir 'n saak te veg, ens. (4) 2.1.3  Eienskappe waar een godsdiens met 'n ander een ooreenstem.  Dit kan oppervlakkig of baie diep en fundamenteel wees.  Voorbeeld: daar is baie ooreenkomste tussen die gode en godinne in Griekse en Romeinse mitologie. (4) 2.1.4  'n Gelykenis verwys na 'n verhaal wat vertel word om 'n godsdienstige beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige vraag te beantwoord.  Dit is gewoonlik baie kort en bevat definitiewe morele of godsdienstige oortuigings.  Voorbeeld: In die gelykenis van die Goeie Samaritaan; leer Jesus ons om ons oor ons medemens te ontferm. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 2.2 2.2.1  Boeddhisme leer ons dat elke mens in die heelal sy/haar eie lot beheer; dit word nie deur enigiemand of enige opperwese, soos God, beheer nie.  'n Mens se goeie of slegte geluk, sukses of mislukking word deur daardie mens se dade, goed of sleg, en sy/haar eie pogings tot verligting bepaal.  Die Boeddha kan slegs die weg aandui. (4) 2.2.2  Verligting word bekom deur 'n leeftyd van wysheid en beoefening, nie deur inherente oortuiging en geloof nie.  Enige mens kan die Boeddha se weg volg en Boeddhaskap bekom.  Enige mens kan Boeddhaskap bekom deur 'n Bodhisattva se leiding te volg. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.3 2.3.1  Leef in harmonie met die Tao.  Wu-wei – nie-aksie of moeitelose godsdiens.  Gevegskuns – dit is die enigste godsdiens wat tot gevegskuns aanleiding gegee het. (4) 2.3.2  Dit leer ons dat Jesus Christus die Seun van God is.  Die Drie-eenheid is die sentrale oortuiging oor goddelikheid.  Dit leer ons dat Jesus gesterf het en na drie dae weer opgestaan het.  Jesus het gesterf om mense van hulle sondes te red. (4) 2.3.3  Hindoeïsme leer oor beide geestelike evolusie en geestelike regressie.  Dit leer ons dat daar baie weë na God is en dus is dit 'n buigsame en inklusiewe godsdiens.  Binne die godsdiens bestaan dit uit verskillende skole en tradisies wat vry is om hulle eie idees en praktyke te ontwikkel.  Dit is die enigste godsdiens wat sê 'jy kan god wees'. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.4 2.4.1 Godsdienste van die Midde-Ooste  Sluit in Judaïsme, Christenskap, Islam en Bahá'i'.  'n Uitstaande eienskap van hierdie groep is monoteïsme. Godsdienste van die Verre Ooste  Sluit in Taoïsme en Confucianisme in China en Sjinto in Japan.  Hierdie godsdienste toon gewoonlik 'n kenmerkende estetiese (kunssinnige) waardering van skoonheid en harmonie met die natuur. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 2.4.2 Leerstelling  Dit is 'n sinoniem vir 'n godsdienstige lering.  Dit is oop vir betwisting. Dogma  Dit beteken 'n beginsel, leerstuk of stelsel van oortuiginge, spesifiek neergelê deur 'n godsdiens se kollektiewe godsdienstige mag/gesag.  Die konsep 'dogma' verwys na die oortuiginge/leringe wat volgelinge sonder twyfeling moet aanvaar. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) 2.5  Dit is 'n filosofie van gemeenskapsgees in die Afrika Tradisionele Godsdiens.  'n Mens is 'n mens deur ander.  Dit is 'n baie belangrike deel van die lewe en bestaan in die Afrika Tradisionele Godsdiens.  Die gemeenskap is belangriker as die individu. (6) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1  Die meeste lesers sal dit skokkend vind om drank met die doop te verbind.  Die opskrif is sensasioneel, wek belangstelling om verder te lees.  'n Heilige ritueel word met 'n handeling wat as sonde beskou word, verbind. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) 3.2  Dit aanvaar mense wat nie in tradisionele kerke verwelkom word nie. (2)  Dit word in kroeë regoor die land bedryf. 3.3 JA  Die opskrif en eerste paragraaf is beslis sensasioneel en bedoel om die aandag te trek.  Daarna lees mens egter van 'n gaping wat deur die Gabola Kerk raakgesien is met betrekking tot mense met 'n sterk verknogtheid aan alkohol.  Hierdie mense het nie 'n gevoel van verwelkoming en tuishoort by tradisionele godsdienstige gemeenskappe ervaar nie.  Makiti het 'n nuwe en anderse manier gevind om 'drinkers' te akkommodeer.  Alhoewel die metodes wat Makiti gebruik die wenkbroue laat lig, is die res van die artikel bloot 'n verslag.  Die taal van die res van die artikel is onbevooroordeeld.  Die artikel stel feite en is 'n goeie voorbeeld van regverdige verslaggewing. NEE  Vir 'n konserwatiewe godsdienstige leser sal die sensasionele opskrif en skokkende metodes wat deur Makiti en die Gabola Kerk gebruik word, totaal onaanvaarbaar wees.  Die artikel gaan oor 'n gemarginaliseerde klein kerkie.  Dit is sensasionele verslaggewing.  Die vraag kan gestel word of daar werklike besorgdheid vir die 'drinkers' was en of die bedoeling was om uitdagend en sensasioneel te wees.  Dit kan beskou word as godslasterlik en skending van die heiligheidvan die doop.  Dit is beledigend vir die gevoelens van baie godsdienstige mense, selfs nie-godsdienstige mense met respek vir godsdiens.  Die 'drinkers', indien hulle ernstig is oor 'n soeke na die heilige, kan hulle drank opoffer uit eerbied in plaas daarvan om daaraan te vas te klou. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) ‘n Kombinasie van Ja en Nee antwoorde moet krediet kry. 3.4  Hulle word as pastore en biskoppe erken.  Die kroegeienaars baat op ekonomiese wyse aangesien lede by die kerk aansluit en nog alkohol verbruik. (4) 3.5  Die Gabola Kerk is 'n klein godsdienstige groepie wat van die ortodokse tradisie van die doop afgewyk het.  Dit identifiseer as 'n Christelike vertakking want dit gebruik die Christelike terme, soos 'pastore en biskoppe' asook 'doop'. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 3.6  Hoofstroomkerke en Makiti se kerk sal nie maklik gemeenskaplike grond oor die godsdienstige lering van die doop vind nie.  Dit kan groot konflik veroorsaak in hoofstroomkerke asook met betrekking tot tradisionele en New Age-kerke.  Hoofstroomkerke kan lede aan Makiti se kerk verloor.  Diegene wat sterk verknog is aan drank kan moontlik by 'n kerk wil aansluit wat meer positief en akkommoderend is.  Ander kerke kan dalk die voorbeeld volg.  Ander hoofstroomkerke kan dalk voel asof hulle te na gekom is en dit as beledigend beskou dat wat heilig vir hulle is, ontheilig is.  Die gooi van alkohol op die grond kan as beledigend gesien word vir die ATR en konflik veroorsaak.  Gebaseer op leringe, lidmaatskap en moderne versus die tradisionele, kan hierdie kerk groot konflik veroorsaak.  Alternatiewelik is dit moontlik dat dit nie konflik sal veroorsaak nie want dit sal deur hoofstroomkerke geïgnoreer word. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 3.7  Dit beteken lede verbruik minder alkohol en raak nie dronk nie.  Hulle houding teenoor alkohol het verander want hulle beskou dit as 'n 'heilige' drankie. (4) 3.8  Die godsdienskwessies aan die buiterand en dit wat negatief is, kry die meeste dekking.  Dit gebeur want 'slegte nuus verkoop'.  Kontroversiële kwessies ontvang meer media-aandag as geestelike sake.  Op die ou einde is mediahuise 'n besigheid en moet hulle wins maak.  Dit is dieselfde met kwessies wat voorkom asof dit godsdienstig is, maar wat eintlik meer polities van aard is.  Die ideologie van die redakteur is ook van toepassing omdat dit die persoon is wat verantwoordelik is vir die keuse wat by die publiek uitkom.  Die politieke aspekte van godsdienstige idees en instansies ontvang die meeste dekking.  In die huidige klimaat is dit mode om anti-godsdiens te wees.  Om hierdie planne te bevorder, word seleksie, sensasie en bevooroordeeldheid gebruik om godsdiens in 'n negatiewe lig te plaas.  Hoe ook al, gespesialeerde godsdienstige media ( bv, Rhema Kerk TV kanaal) beklemtoon egter hoe godsdiens lewens verbeter. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 3.9 JA  Volgens die Konstitusie het die staat 'n verpligting om sy burgers te beskerm.  Dit sluit lede van godsdienstige organisasies in.  Die staat moet slegs ingryp as die wet verbreek word.  Die wet sal verbreek wees as daar enige vorm van diskriminasie, beperking van vryheid van assosiasie, dwang, beserings of beskadiging, ens. was.  Regulering van godsdiens kan keer dat kwesbare mense deur diegene uitgebuit word wat in die naam van godsdiens hulle teiken. NEE  Godsdienstige organisasies glo dat hulle deur God geïnspireer is.  Daarom het hulle nie nodig om deur enige menslike organisasie gereguleer te word nie.  Hulle sal regulering as skending van hulle godsdiensvryheid beskou.  Lede is self bewus van hulle regte en sal teenstand kan bied teen enige misbruik.  Oorregulering tot weerstand teen die staat lei. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Kombinasie van Ja en Nee antwoorde moet krediet kry (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 4.1 4.1.1  Hy het gevoel dat sy bure teen hom diskrimineer omdat hy 'n Moslem is. (2) 4.1.2 KANTE POSITIEWE VOORSTEL BEDOELING Fareeds Hulle wou hulle Hulle was veronderstel godsdienstige seremonie om die bure oor die vir die fees van slag van die diere in Eid-ul-Adha hou. kennis te stel. Bure Hulle wou die atmosfeer Hulle was veronderstel van die landgoed om die polisie te kontak beskerm. in plaas daarvan om so gewelddadig op te tree. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 4.1.3  As 'n Moslem-familie, is die Fareeds vry om hulle godsdiens te beoefen, solank hulle nie op ander mense se regte inbreuk maak nie.  Godsdiensvryheid is 'n mensereg en is by Suid-Afrika se Handves van Menseregte in die Konstitusie ingesluit.  Die bure wil in vrede in hulle buurt in die landgoed leef. Vermoedelik dink hulle dat die slag van diere 'n versteuring sal veroorsaak en party kan miskien vanuit 'n dierewelsyn- perspektief bekommerd wees.  Met betrekking tot die bure, kan die mensereg wat toegepas kan word die reg tot vryheid van mening en uitdrukking wees.  Aan die kant van die bure is daar geen gronde vir hulle aggressiewe en gewelddadige gedrag nie.  Hulle het daarmee die regte van die Fareeds geskend. (8) 4.2  Volgens die Suid-Afrikaanse Konstitusie is ons land 'n sekulêre staat.  Die mag van die staat en godsdiens is geskei.  Godsdiens het nie enige sê in die regering van die land nie.  Daar is geen staatsgodsdiens nie.  Geen godsdiens word bevoordeel nie.  Die Handves van Regte wat in die Konstitusie vasgelê is, sluit godsdiensvryheid in.  Alle godsdienste word as gelyk in die oë van die wet beskou.  Alle godsdienste word toegelaat om hulle godsdiens sonder vrees deur inmenging van die staat te beoefen. (8) 4.3  Godsdiensvryheid is in die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte (1948) vasgelê.  Dit is ook vasgelê in die Suid-Afrikaanse Handves van Regte.  Dit beteken alle mense is vry om hulle eie godsdiens te kies.  Hy/Sy is ook vry om dit te beoefen solank dit nie inbreuk maak op die regte van ander mense nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 4.4 Christenskap  'Jy moet jou naaste soos jouself liefhê.'  Dit beteken dat ander mense se standpunte moet respekteer al stem jy nie daarmee saam nie.  Probeer om die probleem deur die ander persoon se oogpunt te bekyk.  Om iemand te respekteer, beteken nie dat jy met daardie persoon saamstem nie.  'Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.'  Dit is een van die Saligsprekinge wat deur Jesus in die Bergprediking gegee is. Hy het Sy volgelinge aangemoedig om vrede na te volg.  'Vrede vir julle'  Na die opstanding was dit die groet wat Jesus die meeste gebruik het wanneer hy Sy volgelinge ontmoet het. wanneer hulle verontrus was, het Hy hulle kalmeer en vrede gebring.  Volgelinge van Jesus moet dieselfde doen. Boeddhisme  Boeddhisme leer ons dat 'n volgeling Nirvana sal bereik deur die Agtvoudige Weg te volg/na te kom.  Nirvana is 'n toestand van perfekte geluk. Dit sluit innerlike vrede in want daar is nie meer enige lyding as gevolg van onvervulde begeertes nie.  Die Agtvoudige Weg leer ons die regte standpunte, die regte gedagtes, die regte spraak, die regte handelinge, die regte werk en die regte moeite/pogings.  Dit alles bevorder vrede.  Boeddhiste plaas groot klem op opmerksaamheid, meditasie en konsentrasie.  Vrede, rustigheid, kalmte en onverstoorbaarheid word hierdeur bereik.  Gewilde tydskrifte is deesdae vol artikels oor hoe om stres in ons daaglikse lewens te verminder. baie van hulle praat oor opmerksaamheid en meditasie. Bahá'i-geloof  Die Bahá'i-geloof leer ons dat godsdienstige waarheid progressief is.  Dit sluit dus alle godsdienste in wat dit verstaan as stappe op die weg na eenheid in die toekoms in die Bahá'i-geloof.  Hierdie leringe bevorder vrede omdat dit konflik tussen godsdienste, wat in die verlede soms tot oorloë in die naam van godsdiens gelei het, te verwyder.  Die Bahá'i-geloof leer ons dat die hoofdoelwit van godsdiens die bevordering van welwillendheid en harmonie onder mense is wat eendag verenig sal wees. LET WEL: Enige drie relevante leringe moet krediet kry. Alternatiewe antwoord moet krediet kry. ‘n Maksimum van SES punte mag toegeken word as ‘n kandidaat bloot drie of meer relevante leringe noem. Slegs die eerste drie leringe wat genoem/ bespreek word, moet gemerk word. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 12 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 4.5  Godsdiens is nie noodsaaklik om mense na die goeie te lei nie.  Daar is filantrope en humaniste wat nie aan enige godsdiens behoort nie wat hoogs beginselvas is en baie goeie dinge vir hulle medemens doen.  Dit toon dat godsdiens nie absoluut noodsaaklik is vir hoë morele waardes en goeie ordentlike gedrag nie.  Godsdiens is nie die enigste bron van moraliteit nie, of om te leer om tussen reg en verkeerd te onderskei nie.  Elke godsdiens lei egter hulle volgelinge oor hoe om 'n goeie lewe te lei, hoe om tussen reg en verkeerd te onderskei. Daarom gee dit hulle volgelinge etiese, morele en leidende beginsels.  Godsdiens is 'n sterk gids vir ordentlike gedrag, maar dit is moontlik om jou goed te gedra en goeie sedes te hê selfs daarsonder. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 13 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1 JA  Godsdienstige leiers in 'n gemeenskap word gewoonlik gerespekteer en vertrou en word dikwels genader om tussengangers en onderhandelaars in konfliksituasies te wees.  Hulle word deur die waardes en leringe van hulle godsdienste gelei, aangesien godsdienste die universele waardes van liefde, vrede, medemenslikheid en diens aan die mensdom leer.  Godsdienste het baie groepe en organisasies wat daarop gemik is om hulle sending te vervul, soos skole en ander onderriginstansies, uitreikgroepe en jeuggroepe. Dit is alles gemik op algemene welsyn en om vrede te bevorder. NEE  Alhoewel godsdienste oor vrede kan leer en preek, bly dit soms by 'praat' en daar is nie 'n sterk dryfkrag om na vrede te werk nie.  Daar is steeds baie konflik, onverdraagsaamheid en geweld in baie gemeenskappe wat deur godsdienstige onverdraagsaamheid aangevuur word.  Daar is tans so baie stories in die media waar godsdienstige leiers nie 'n goeie voorbeeld was nie en op hierdie manier word vertroue afgetakel. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) 5.2 Voorbeelde:  Die Kruistogte  Die Spaanse Inkwisisie  Die (Protestantse) Hervorming  Godsdienstige vervolging in Europa (wat 'n vloedgolf koloniste na ander dele van die wêreld gestuur het, bv. na Amerika en Afrika.)  Die Soenni-Sjia-verdeling in Islam.  Die Rooms Katolieke-Ortodokse-verdeling in die Christendom. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (6) 5.3 5.3.1 Voorbeelde:  Aartsbiskop Desmond Tutu – het kerke aangemoedig om teen apartheid te baklei, en hy het die Nobelprys vir Vrede ontvang.  Chief Albert Luthuli – hy was 'n eerwaarde wat teen apartheid gepraat het. Hy het die president van die ANC geword, en het ook later die Nobelprys vir Vrede ontvang.  Imam Haron – anti-apartheidsaktivis wat in aanhouding dood is.  Eerwaarde Beyers Naudé – hy het die apartheidleringe van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) uitgedaag en is hiervoor vervolg. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 14 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 5.3.2 Nasionale Godsdienstige Leiersforum (NGLF)  Dit bestaan uit die leiers van die verskillende godsdienste in Suid-Afrika. Dit dien as 'n konsulterende en adviesliggaam vir die president, en hanteer godsdienstige sake.  Dit is betrokke by die groot kwessies wat deesdae die Suid- Afrikaanse samelewing in die gesig staar.  Sommige voorbeelde is: Om die misbruik van vroue en kinders te stop ('GBV').  Om bewustheid van MIV/Vigs te versprei en om diegene wat geïnfekteer en geaffekteer is, te help.  Om etiese en morele waardes te bevorder, om te help met die morele agteruitgang van ons land.  Om godsdiens in die onderwys te bevorder.  Die werk van hierdie liggaam strek oor 'n aantal kwessies, kortliks die behoeftes wat in ons samelewing ontstaan.  Die hooffunksie is egter raadgewend, nie wetgewend nie.  Dit help beslis die president en die regering om 'n beroep op so 'n groep ervare en vaardige leiers te doen.  Die NGLF speel 'n sleutelrol in die voorkoming van inter- godsdienstige konflik in Suid-Afrika. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) 5.4  Godsdienstige lering: godsdienste leer oor liefde, vrede, medemenslikheid en diens aan die mensdom en moedig hulle volgelinge aan om hierdie leringe in die praktyk te beoefen.  Enige manier waarop dit in 'n godsdiens uitgevoer word, hetsy formeel of informeel, kan beskou word as (opvoedkundig) die bevordering van 'n kultuur van vrede.  Party opvoedkundige strukture is dalk meer sigbaar en formeel: godsdienste het skole, kweekskole, weeshuise, opleidingsentrums, jeuggroepe, ens. waar hulle lidmate liefde, vrede, medemenslikheid en diens onderrig en uitoefen.  Hierdie soort opleiding en diens vind die heeltyd op baie verskeie maniere plaas. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 5.5  In apartheid-Suid-Afrika voor 1994 is alle aspekte van die samelewing, godsdiens ingesluit, deur die beleid van apartheid gedomineer.  Slegs Christenskap is tot 'n groot mate in die publiek erken en in skole geleer. Dit was hoofsaaklik die Nederduitse Gereformeerde Kerk.  Ander godsdienste is eenvoudig geïgnoreer of wanvoorgestel.  Godsdienste was dus 'apart' van mekaar en selfs binne 'n godsdiens was daar skeiding volgens rasselyne.  Op die hoogtepunt van die strydjare was godsdiens egter 'n magtige krag van weerstand en eenheid.  Leiers uit verskillende godsdienste het saamgestaan en dikwels die verset gelei in 'n sterk vertoning van intergodsdienstige samewerking.  Voorbeelde van stryd- godsdienstige leiers sluit Eerwaarde Frank Chikane, Aartsbiskop Desmond Tutu, Eerwaarde Allan Boesak, Aartsbiskop Denis Hurley, Imam Haron en Hoofrabbi Cyril Harris in. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 15 DBE/November 2020 NSS – Nasienriglyne 5.6 Doeltreffend  Die Program vir Christen-Moslem-verhoudings in Afrika (PROCMURA) het programme wat suksesvol op vroue, die jeug, onderwys en vrede en versoening gemik is.  Die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) het takke in meer as 30 Afrika-lande gestig om te werk vir eenheid, vrede, demokrasie, nie- rassigheid en gelykheid ongeag geslag.  Die Raad vir Godsdienstige Leiers ('ACRL') is die grootste en mees verteenwoordigende multigodsdienstige platform in Afrika wat die identiteit van elke godsdienstige gemeenskap bewaar. Ondoeltreffend  Ongeag die groot en toegewyde werk deur hierdie organisasies, blyk dit dat daar toenemende konflik en 'n gebrek aan vrede in Afrika is.  Dit lyk asof daar 'n toename in godsdienstige konflik in Afrika is.  Intergodsdienstige organisasies sukkel om hulpbronne te bekom volgens hulle behoeftes. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Religion Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · Religion Studies · 2020 · NSC November Exam · Memorandum · Paper 1 | Hlayiso | Hlayiso