Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
FEBRUARIE/MAART 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 







_hlayiso.com_--5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428/v1-ef32fba796bba6c1b5b7/card.webp)
View all



Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 13
- File size
- 316.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B√ (1)
1.1.2 A√ (1)
1.1.3 D√ (1)
1.1.4 B√ (1)
1.1.5 C√ (1)
1.1.6 A√ (1)
1.1.7 C√ (1)
1.1.8 C√ (1)
1.1.9 B√ (1)
1.1.10 D√ (1)
1.2 1.2.1 G√ (1)
1.2.2 E√ (1)
1.2.3 D√ (1)
1.2.4 F√ (1)
1.2.5 C√ (1)
1.2.6 A√ (1)
1.3 1.3.1 Siddhartha Gautama√√ (2)
1.3.2 Kalief√√ (2)
1.3.3 Brahmaan/Smartas√√ (2)
1.3.4 Anglikaans√√ (2)
1.3.5 Waarsêers/Izangoma/Amagqirha √√ (2)
1.4 1.4.1 Dit is 'n geloof in baie opperwesens.√
Dit kan ook baie manifestasies van een God beteken. √ (2)
1.4.2 'n Plaasvervanger vir godsdiens√
Dit is 'n stelsel of 'n stel gelowe/oortuigings.√
Waardes en opinies wat die manier waarop 'n mens of 'n groep
optree en dink, bepaal. √
Dit is die wetenskap van idees. √ (2)
1.4.3 Hulle glo dat 'n wese oor en oor in 'n volgende lewe gebore
word.√
Die hergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam. √ (2)
1.4.4 Dit is die aanvaarding van dinge soos wat dit is.√
'n Mens in Nirvana kan besluite en keuses maak, nie uit
emosionele verwarring en lyding nie, maar uit 'n posisie van weet
wat die gevolge van sy of haar dade sal wees. √ (2)
1.4.5 'n Klein godsdienstige groepie. √
Dit word deur hoofstroomgodsdiens as afwykend van die
oorspronklike leringe/leerbeginsels beskou. √ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
1.5 1.5.1 Onwaar, √ joga is 'n geestelike dissipline wat asembeheersing,
eenvoudige meditasie en spesifieke liggaamshoudings insluit. √
Die Doop is 'n sakrament waar 'n bekeerde 'n volwaardige lid van
'n spesifieke Christengemeenskap word. (2)
1.5.2 Onwaar,√ by Taoïsme is spontaneïteit en buigsaamheid die
kenmerke van die pad waarlangs die heelal reis.√ (2)
1.5.3 Onwaar,√ die Tien Gebooie is aan Moses onthul. (2)
1.5.4 Waar.√√ (2)
1.5.5 Onwaar,√ dit is 'n heilige teks van die Heiliges van die Laaste
Dae.√
Onwaar, die heilige teks van die Bahá'i-geloof word Kitab-i-Aqdas
genoem. (2)
1.6 1.6.1 Dit is 'n stel godsdienstige gelowe/oortuigings of beginsels. √
Dit is 'n ander woord vir 'lering/leerbeginsel'. √
Dit verskaf die sentrale verwysingsraamwerk vir 'n godsdiens. √ (2)
1.6.2 Dit kom van die Griekse woord, 'mythos', wat 'woord' of 'fabel'
beteken.√
Dit is daardie godsdienstige stories waarin groot waarhede oor
die lewe onthul word.√
Dit is heilige stories wat verduidelik waarom die wêreld is soos
dit is en die aard van die menslike ervaring/ondervinding. √ (2)
TOTAAL AFDELING A 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Verskil is die teenoorgestelde van eendersheid/ooreenkoms.
Dit kan gebruik word om tussen spesifieke godsdienste te
onderskei.
Voorbeeld: Christene glo dat die Messias alreeds na die wêreld
toe gekom het terwyl diegene wat die Joodse geloof aanhang
steeds op die Messias wag. (4)
2.1.2 Leringe/Leerbeginsels kom van die werkwoord 'om te
leer/onderrig', d.i. om kennis oor te dra.
In die konteks van godsdiens, verwys dit na die oordra van
kennis, waardes, gesindhede/houdings en norme.
Leringe/Leerbeginsels kommunikeer die dieper betekenis van
die wêreld en hoe die lewe werk.
Leringe/Leerbeginsels beteken ook om stelselmatige inligting
oor 'n onderwerp te gee.
In sommige godsdienste is leringe/leerbeginsels hoogs
betekenisvol terwyl dit in ander van minder betekenis is.
Voorbeeld: Boeddhisme is baie minder geneig om klem te lê op
stelselmatige lerings/leerbeginsels as die meeste Christelike
groepe. (4)
2.1.3 Dit is die weg van Hoër Waarhede.
Dharma dui op die universele wette wat die kosmos onderhou
die kosmos.
Dit is ook die weg van die doktrines in die Boeddhistiese
godsdiens.
Dharma bevat die leringe/leerbeginsels van Boeddha.
Dharma integreer sekere konsepte in hulle betekenis.
Byvoorbeeld: Regverdigheid, deugsaamheid, moraliteit,
geregtigheid, wette en pligte. (4)
2.1.4 Sinkretisme is 'n staat waarin twee verskillende geloof-/
oortuigingstelsels gekombineer word om een te vorm.
Dit kan in die Inheemse Afrika-Kerke gevind word waar die
Christelike godsdiens met die Afrika Tradisionele Godsdiens
gekombineer word.
Nog 'n voorbeeld is Sikhisme wat Hindoeïsme en Islam
kombineer. (4)
2.1.5 Dit is waar 'n volgeling glo dat slegs sy/haar beskouing van
goddelikheid waar is.
In hierdie geval glo die volgeling dat ander godsdienstige
beskouings wat van syne/hare verskil, onwaar is.
Byvoorbeeld in die Christelike godsdiens: Daar word geglo dat
Jesus Christus die enigste EEN is wat die weg en die waarheid
is en dat Hy self God is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
2.2 2.2.1 Christendom
Christene glo dat God Sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om
die wêreld van sonde te red, sodat die mensdom vir ewig
kan lewe.
Christene glo dat Jesus God se Seun is.
Christene glo en leer/onderrig dat Jesus uit die dood opgestaan
het nadat Hy gekruisig is.
Jesus is die enigste ware Messias wat God na die aarde
gestuur het en dat Hy eendag weer sal kom. (6)
2.2.2 Taoïsme
Volgens Taoïsme verwys goddelikheid na enige wese of
voorwerp wat goddelik of god-agtig is.
Die Tao waarvan vertel kan word, is die ewige Tao.
Volgens Taoïsme kom alle dinge van bestaan/wees, en
wees/bestaan kom van nie-wees/nie-bestaan.
Alles bestaan uit twee dinge: Jin en Jang. (6)
2.2.3 Afrika Tradisionele Godsdiens
In die Afrika Tradisionele Godsdiens is daar geen spesiale dag
van aanbidding nie.
Die klem is op praktyk.
Individualisme word ontmoedig; dit word as onmenslik beskou
(gemeenskaplike manier van lewe).
Die morele orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur
die konsep van ubuntu gekenmerk.
Hulle glo aan voorvaders. (6)
2.3 Uniekheid in 'n godsdiens help die lede om te verduidelik waarom hulle
daardie godsdiens gekies het.
Uniekheid help die lede om hulle geloof te versterk.
Dit help lede ook om te identifiseer wie behoort en wie nie behoort nie.
Uniekheid van verskillende godsdienste help om die groter samelewing
met waardes en moraliteit te verryk.
Uniekheid gee gelowiges redes oor waarom hulle godsdiens die 'beste' is.
Dit verskaf die eienskappe wat elke godsdiens van 'n volgende een
onderskei.
Uniekheid versterk die eenheid van die lede in 'n spesifieke godsdiens. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1
3.1.1 Dit leer ons dat Suid-Afrikaners verenig kan wees, al het 'n
apartheid verlede.
Godsdiens moet nie 'n krag wees wat verdeeldheid saai nie.
Dit blyk uit die feit dat groot getal godsdienste wat by die begrafnis
geakkommodeer is.
Ons moet nooit volgens ras verdeeld wees nie: ons moet mekaar
as mense beskou.
Dit word getoon deur die feit dat Kathrada met 'n wit vrou getroud
was in 'n tyd toe huwelike oor die kleurgrens heen, onwettig was.
'n Persoon wat groot opofferinge vir die mensdom gemaak het, sal
altyd erken en gerespekteer word.
Dit is duidelik want baie politieke organisasies, rassegroepe en
godsdienste het eerbied aan Kathrada betoon.
Geen rassegroep moet 'n ander een domineer nie. Dit sal
rasseharmonie bring
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (12)
3.1.2 Daar is uiterste respek en verdraagsaamheid vir godsdienstige
verskille.
Dit word getoon deur die feit dat 'n Anglikaanse Aartsbiskop by 'n
Moslem-begrafnis gebid het.
Baie godsdienste is verteenwoordig.
Rasseverskille is oorkom.
Rassestereotipes is uitgedaag aangesien Kathrada se vrou wit
was en 'n aktivis in die vryheidsbeweging.
Vryheid van spraak is eerbiedig.
Ahmed Kathrada se wens dat die President van die land moet
uittree, is hardop by die begrafnis gelees.
Suid-Afrikaners onthou en eerbiedig die opofferinge wat een van
Suid-Afrika se veterane in die vryheidstryd van ons land gemaak
het.
Dit is waarom die begrafnis deur mense van alle rasse en
godsdienste bygewoon is.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (12)
3.1.3 Daar is soveel negatiwiteit oor Suid-Afrika ten opsigte van sy
ekonomiese en politieke uitdagings.
Ten spyte hiervan het Ahmed Kathrada se begrafnis geïllustreer
dat rasse- en godsdienstige verskille oorkom kan word.
Solank daar hoop is, sal mense strewe na 'n beter Suid-Afrika.
Alhoewel ons teen die oormag stry, is daar hoop dat ons hierdie
uitdagings sal oorkom. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
3.1.4 Voordele
Sosiale media gee opgedateerde inligting aan die publiek.
Godsdienstige organisasies kan sosiale media gebruik om
hulleself te bevorder.
Verskillende godsdienste kan die media gebruik om hulle
aktiwiteite aan te kondig, bv. Paasfeesvieringe by die Christelike
geloof, Diwali-vieringe by Hindoeïsme.
Individue kan ook hulle opinies oor verskillende aspekte van die
lewe lug.
Sosiale media help om te verseker dat boodskappe wat vir
spesifieke dele van die gemeenskap bedoel is, diegene vir wie dit
bedoel is, bereik.
Hulle kan ook die media gebruik om boodskappe van hoop aan die
hele nasie oor te dra. (6)
Nadele
Dit kan radikale persoonlike menings bevorder wat belangrike
godsdienstige kwessies negatief kan beïnvloed.
Dit kan 'n doeltreffende instrument vir godsdienstige propaganda
wees.
Dit kan agteruitgaan van morele waardes in die samelewing
veroorsaak aangesien kinders maklike toegang tot ongewenste
materiaal kan kry.
mense kan ook verslaaf raak aan die media en selfgesentreerde
lewens lei. (6)
3.2 Verslaggewers het dikwels nie die spesialis kennis om godsdienstige
kwessies te interpreteer nie.
Die media vertrou op generering van inkomste. Daarom doen hulle
selektief verslag oor kwessies wat koerante sal verkoop.
Redakteursbesluite word deur politieke belange beïnvloed.
Adverteerders beïnvloed ook hoe godsdienstige kwessies in die media
gedek word.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Kolonialisme is beleid of praktyk waar 'n welgestelde of magtige
nasie beheer handhaaf oor ander lande/nasies.
Volgens die uittreksel verwys die kolonialisme na wit mense se
vat van grond sonder die toestemming van die inheemse
inwoners.
Kolonialiste het die grond gesteel onder die voorwendsel van
godsdiens.
Kolonialiste het godsdiens gebruik om inheemse mense te
onderdruk (beheer).
Kolonialiste het gebed en die Bybel gebruik om grond by die
eienaars weg te neem. (4)
4.1.2 JA
Die meerderheid Afrikaners in ons land is Christene.
Dit is die invloed van Christen-sendelinge.
Hulle besit egter nie die grond nie, hulle is soos buitelanders in
hulle eie land.
Die swartes, wat die meerderheid mense in Suid-Afrika vorm,
word uit die ekonomie van die land uitgesluit omdat hulle geen
grond het nie.
Die meeste swart Suid-Afrikaners bly in informele nedersettings
wat geen infrastruktuur het nie omdat die eienaarskap van die
grond bevraagteken word.
Die wit monopolistiese kapitaliste is die grondbesitters in ons
land. Hulle het onwettige metodes gebruik om grond by
inheemse swartes te vat.
Die Christelike geloof is as 'n instrument gebruik om grond wat
aan die Afrikane behoort het, te vat.
NEE
Sendelinge het gekom om die Evangelie van Christus te
versprei.
Sendelinge het gesondheidsdienste ingestel.
Hulle het ook onderwys/onderrig ingestel en skole gebou.
Die wit man het tegnologie tot almal se voordeel gebring.
Hulle het die ontwikkeling van inheemse tale gefasiliteer en die
Bybel in verskillende Afrikatale vertaal.
Dit wys dat hulle opreg met die bevordering van die godsdiens
was.
Die kwessie van grondeienaarskap is 'n komplekse een met
party grond wat aan stamowerhede behoort.
Individuele eienaarskap van daardie grond is nie toelaatbaar
nie.
Die regering is steeds besig om die grondeiskwessie te hanteer. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
4.1.3 Intergodsdienstige dialoog verwys na die kommunikasie tussen
twee of meer godsdienste.
Intragodsdienstige dialoog vind plaas tussen twee of meer
vertakkinge van dieselfde godsdiens.
Intergodsdienstige dialoog vind plaas oor sake van
gemeenskaplike belang en spesifieke kwessies waarby
verskillende godsdienste betrokke raak indien nodig.
Intragodsdienstige dialoog vind plaas wanneer die vertakkinge
van dieselfde godsdiens betrokke raak by sake van
gemeenskaplike belang en ander kwessies nodig is om
bespreek te word.
'n Voorbeeld van intragodsdienstige dialoog is die dialoog
tussen die Katolieke en Protestante vertakkings van die
Christendom deur die Lutherse Wêreldraad.
'n Voorbeeld van intergodsdienstige dialoog is die
Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede wat in 1961
gestig is. (8)
4.2 VOORBEELD 1: Naam van die Organisasie
Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)
Prestasies:
Bring godsdienstige gemeenskappe, burgerlike samelewing, private sektor
en regerings bymekaar.
Sluit verskillende godsdienste in, bv. Afrika Tradisionele Godsdiens,
Christelike godsdiens, Judaïsme, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme en
Bahá'i-geloof.
Was in staat om hulle afvaardiging na die konflikgebiede toe te stuur.
Hulle lede kon ook konflikterende groepe bymekaarbring om begrip en
samewerking te bevorder.
Die lede van hierdie organisasie kon deel van die wetgewende
verkiesingsproses in Togo wees.
Hulle kon uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en -oorlewendes uit
Ethiopië, Suid-Soedan en Uganda organiseer.
Hulle kon ook deelneem aan die Wêreld- Sosiale Forum wat in 2007 in
Kenia gehou is.
Hulle het ook 'n afvaardiging vroue na Noorse lande gestuur.
Hulle het die IFAPA-vrouenetwerk suksesvol gestig.
Hierdie organisasie kon die Nakanyonyi Youth Consultation Forum
organiseer.
VOORBEELD 2: Naam van die Organisasie
African Women of Faith Network
Prestasies:
Hulle kon 'n paar probleme in Afrika, soos armoede en siekte, oplos.
Hulle het 'n belangrike bydrae tot die oplos van konflik in Afrika gemaak.
Hulle het tot verandering en ontwikkeling in Afrika bygedra.
Hulle was suksesvol met die hantering van armoede en 'n gebrek aan
onderwys waarvoor vroue in Afrika-gemeenskappe te staan kom.
Hulle het hard daaraan gewerk om vroue op te hef deur hulle vaardighede
te leer en hulle finansieel te ondersteun.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Hulle het ook hard gewerk om vroue oor hulle menseregte op te voed.
Hulle het 'n belangrike bydrae tot die stryd teen die MIV-en-Vigs-pandemie
te maak.
Hulle het daarin geslaag om 'n belangrike bydrae tot vrede en geregtigheid
in Afrika as 'n geheel te maak.
LET WEL: Ander Afrika-gebaseerde organisasies moet gekrediteer word. (16)
4.3 Interfaith Action for Peace in Africa
Dit is 'n pan-Afrika niewinsgewende organisasie.
Dit is in 2002 gestig.
Hierdie organisasie is gestig om godsdienstige gemeenskappe regoor
Afrika te verenig.
Hierdie organisasie is ook gestig om samewerking tussen godsdienste
te bevorder.
Dit is ook geïnisieer om die pogings van verskillende godsdienste om vir
vrede op die Afrika-kontinent te werk, te kombineer.
Hierdie organisasie het sterk bande met die Raad vir Godsdienstige Leiers
in Afrika (ACRL).
Die organisasie bestaan uit vroue van verskillende godsdienstige
organisasies.
Dit is gestig/gevorm sodat vroue 'n bydrae tot verandering en ontwikkeling
kan maak.
Die organisasie is gevorm om sosio-ekonomiese probleme in Afrika op
te los.
Die African Women of Faith Network is gestig om lede regoor die kontinent
in te sluit. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP) het in baie
verskillende lande van die wêreld vertakkinge wat saamstaan teen die
gebruik van godsdiens om geweld en menslike lyding te ondersteun.
Die Europese Raad vir Godsdienstige Leiers, by die WCRP geaffilieer, het
'n ernstige beroep op alle godsdienstige leiers van alle gelowe gedoen om
hulle bes te doen om die voortgaande geweld en terreur, wat in die naam
van God uitgevoer word, te verwerp.
Die WCRP en sy geaffilieerdes het sterk gereageer op die publikasie van
spotprente wat deur Moslems as aanstootlik beskou word.
Die Western Europe Interfaith Youth Organisation het deur die
ontwikkeling van 'n intergeloofsnetwerk hulle doelwit bereik en 'n aktiewe
rol gespeel in die vordering tot wêreldvrede.
Daar word algemeen onder godsdienstige groepe aanvaar dat daar
nou meer godsdienstige verdraagsaamheid as vantevore is as gevolg van
die WCRP.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (8)
5.2 In die Afrika Tradisionele Godsdiens plaas die beginsel van ubuntu die
behoeftes van die gemeenskap bo die van die individu. Dit verseker goeie
moraliteit, aangesien 'n mens nie ander mag leed aandoen nie.
In die Christelike godsdiens praat die Tien Gebooie van skadelike optrede
wat verbode is.
Dit lei tot goeie moraliteit, bv. 'Jy moet jou medemens lief hê soos jouself'.
Islam verkondig die volgende: 'And in their wealth and possession there
was due share for the beggar and for one who is denied (goods).'/'In hulle
rykdom en besittings was daar 'n deel wat die bedelaar en iemand wat
ontsê is, toekom.'
Hierdie lering/leerbeginsel moedig omsien na die armes aan deur middel
van verpligte liefdadigheid.
Volgens Boeddhisme word aanbidders geleer om hulle te weerhou van
leuens vertel en om op 'n goedhartige en doelgerigte manier te praat.
Volgens Hindoeïsme moet jy 'speak words that are truthful, pleasant,
beneficial, and not causing distress or anxiety, as well as the study and
recitation of scriptures – this is austerity of speech' ('woorde spreek wat
eerlik, aangenaam, voordelig is wat nie stres en angs veroorsaak nie en jy
moet die geskrifte bestudeer en resiteer – dit is soberheid van spraak') –
BG 17.15.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Daar was baie meer intergeloofsamewerking gedurende die
apartheidsjare.
Alle godsdienste het een gemeenskaplike vyand gehad, apartheid.
As 'n imam tydens aanhouding gesterf het, het Jode, Christene, Hindoes
en andere aan die verset deelgeneem, net soos hulle dit vir hulle eie
mense sou gedoen het.
Die Suid-Afrikaanse vertakking van die Wêreldkonferensie van
Godsdienste vir Vrede (WCRP), gelei deur Rev. Frank Chikane en
Aartsbiskop Desmond Tutu, het 'n belangrike rol gespeel.
Verskillende godsdienste het gesamentlike gebedsamekomste gehou om
vir goddelike ingryping te pleit.
Godsdienstige eiendom, bv. kerkgeboue, is vir politieke samekomste
gebruik.
Godsdienstige gemeenskappe het openbare optogte teen apartheidswette
gelei en daaraan deelgeneem.
Anti-apartheidsgroepe het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, wat in
1968 gestig is, ingesluit.
Die oproep van Islam is in 1984 gestig.
5.3 Jode vir geregtigheid is in 1985 gestig. (12)
5.4 5.4.1 Die konsep van godsdiensvryheid impliseer dat almal oral die
vryheid van keuse het om oor God te glo wat hulle wil.
Dit beteken ook dat mense nie gedwing kan word om na 'n
ander godsdiens te bekeer nie.
In Suid-Afrika geniet mense godsdiensvryheid en die
Konstitusie verbied onregverdige diskriminasie. (4)
5.4.2 Die konsep 'menseregte' bestaan glo al vir eeue lank.
Menseregte verwys na die inherente menswaardigheid van
mense.
Menseregte is belangrik aangesien dit mense teen uitbuiting
beskerm.
Menseregte is belangrik aangesien dit die gelykheid van elke
mens erken.
Menseregte gee mense spesifieke regte en
verantwoordelikhede. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
5.4.3 In Suid-Afrika gebruik alle godsdienste die geleentheid wat deur
die regering gegee word om aan staatsake deel te neem.
'n Voorbeeld hiervan is die NRLF (Nasionale
Godsdiensleiersforum) wat advies gee oor sosiale uitdagings en
godsdienstige sake.
Katolieke en Moslems bid saam in 2016 in Durban om
godsdienstige verdraagsaamheid godsdiensvryheid te toon.
Pous Johannes Paulus II het ook die Palestynse en Joodse
gemeenskappe besoek om oor godsdiensvryheid en
verdraagsaamheid te preek.
Die humanitêre organisasie Gift of die Givers is 'n
intergodsdienstige organisasie wat liefdadigheidswerk in alle
godsdienstige groepe doen.
In konflikgebiede, soos Soedan, is godsdienstige organisasies
betrokke om 'n oplossing te vind teen 'n regering wat
menseregte misbruik.
Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) stuur altyd
afgevaardigdes as waarnemers na die meeste algemene
verkiesings in Afrika.
Alle godsdiens moedig hulle volgelinge aan om die
lering/leerbeginsel te volg wat menseregte bevorder. (12)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2022 English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2022 English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Religion Studies P1 May June 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
_hlayiso.com_--5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428/v1-ef32fba796bba6c1b5b7/card.webp)
Memorandum
Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr(1)_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Religion Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24.pdf

Question paper
RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Religion Studies P1 Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Religion Studies P2 Nov 2024 Eng.pdf
Question paper