Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 200.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions10 marks
- Question 1.5Common Features of Religion10 marks
- Question 1.6Common Features of Religion4 marks
Show all 18 questions
- Question 2.1The Variety of Religions20 marks
- Question 2.2The Variety of Religions18 marks
- Question 2.3The Variety of Religions12 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society42 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society8 marks
- Question 4.1The Variety of Religions24 marks
- Question 4.2The Variety of Religions16 marks
- Question 4.3The Variety of Religions10 marks
- Question 5.1The Variety of Religions8 marks
- Question 5.2Common Features of Religion10 marks
- Question 5.3The Variety of Religions12 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 'n Gevoel van verbondenheid met die goddelike:
A Versoenend
B Gemeenskap
C Barmhartigheid
D Bekragtig/Aanneem (1)
1.1.2 Daar word geglo dat Sangha een van die drie juwele van … is.
A Boeddhisme.
B die New Age-beweging
C Hindoeïsme.
D die Bahá'i-geloof (1)
1.1.3 Ekumenies is …
A brood wat by Christen-rituele geëet word.
B 'n Jood.
C enige mens wat NIE 'n Jood is NIE.
D om eenheid onder Christene te bevorder. (1)
1.1.4 Volgens hulle leringe/leerbeginsels is alle godsdienste deel van God
se goddelike plan vir die mensdom:
A Islam
B Bahá'i-geloof
C Die Christelike geloof (1)
D Taoïsme
1.1.5 Die heilige boek van Boeddhisme is die …
A Ketuvim.
B Mahabharata.
C Tripitaka.
D Nevi'im. (1)
1.1.6 Alle godsdienste is paaie na die waarheid en hulle is ewe waar:
A Inklusivisme
B Pluralisme
C Ideologie
D Identiteit (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.1.7 Die volgelinge van hierdie godsdiens glo dat hulle die 'uitverkore
volk' is:
A Christendom
B Bahá'i'-geloof
C Judaïsme
D Islam (1)
1.1.8 Die heilige boek van Islam is die …
A Ou Testament.
B Tora.
C Koran.
D eerste vyf boeke van die Bybel. (1)
1.1.9 Die volgende godsdienste kommunikeer met die Opperwese deur
bemiddelaars/tussenpersone:
A Afrika Tradisionele Godsdiens en Islam
B Afrika Tradisionele Godsdiens en die Christendom
C Hindoeïsme en Boeddhisme
D Judaïsme en Islam (1)
1.1.10 Alle wêreldprosesse bestaan uit twee kragte:
A Manlik en vroulik
B Afneming en die dood
C Waarsêer en mag
D Jin en jang (1)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Boeddhisme A nakoming/volg van die Vyf Pilare
1.2.2 Afkoms/Stamboom B 'n stelselmatige proses om geldige
antwoorde te ontdek
1.2.3 Swami
C 'n sterk mening/sienswyse, oortuiging
1.2.4 Ritueel
D hoof van Hindoe-skole en -tradisies
1.2.5 Oortuiging
E die skakel tussen voorouers en lewendes
1.2.6 Islam
F godsdienstige onderhouding wat bedoel is
om aan 'n heilige gebeurtenis te herinner
G daar is geen god sentraal tot hulle geloof/
oortuigings en leringe/leerbeginsels nie
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.3 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die stigter van Boeddhisme was … en hy staan as die Boeddha
bekend. (2)
1.3.2 Die Moslem godsdienstige leier wie se gesag vermoedelik van
Profeet Mohammed afkomstig is, is die … (2)
1.3.3 In die Hindoe-samelewing staan die hoogste kas/stand/klas as die
priesterkas/-klas/-stand of die … bekend. (2)
1.3.4 Die Koningin van Engeland is die erflike hoof van die … Kerk. (2)
1.3.5 In die Afrika Tradisionele Godsdiens word die spesiale mense wat
deur hulle voorvaders opgeroep word om die lewendes te genees,
… genoem. (2)
1.4 In die konteks van godsdiens, definieer die volgende terme in TWEE sinne:
1.4.1 Politeïsme (2)
1.4.2 Ideologie (2)
1.4.3 Reïnkarnasie (2)
1.4.4 Nirvana (2)
1.4.5 Sekte (2)
1.5 Dui aan of ELK van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede
indien die stelling onwaar is. Skryf 'waar' of 'onwaar' en die rede langs die
vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.5.1 Die Doop is 'n geestelike dissipline wat asembeheersing,
eenvoudige meditasie en spesifieke liggaamshoudings insluit. (2)
1.5.2 By die Abrahamitiese gelowe is spontaneïteit en buigsaamheid die
kenmerke van die pad waarlangs die heelal reis. (2)
1.5.3 Die Tien Gebooie is aan Jesus Christus onthul. (2)
1.5.4 Die woord 'onsterflik' beteken om vir altyd te lewe of onsterflik. (2)
1.5.5 Die Boek van Mormon is een van die heilige tekste van die
Bahá'i-geloof. (2)
1.6 Beskryf kortliks in TWEE sinne ELK van die volgende soos dit op die studie
van godsdiens van toepassing is:
1.6.1 Doktrine/Leerstelling (2)
1.6.2 Mite (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 In die konteks van godsdiens, skryf EEN feit oor ELK van die volgende
terme/begrippe en gee EEN voorbeeld om die betekenis daarvan te illustreer:
2.1.1 Verskil (4)
2.1.2 Leringe/Leerbeginsels (4)
2.1.3 Dharma (4)
2.1.4 Sinkretisme (4)
2.1.5 Eksklusivisme (4)
2.2 Noem enige DRIE unieke eienskappe van ELK van die volgende godsdienste:
2.2.1 Christendom/Christelike godsdiens (6)
2.2.2 Taoïsme (6)
2.2.3 Afrika Tradisionele Godsdiens (6)
2.3 Bespreek die belangrikheid van uniekheid in godsdiens. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEGRAFNIS VAN 'N VRYHEIDSTRYDHELD
Professor Jonathan Jansen, Visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het
hierdie week die spyker op die kop geslaan met 'n pragtige boodskap op Facebook.
Die boodskap bring hulde aan Ahmed Kathrada, die held van die vryheidstryd wat
hierdie week oorlede is. Jansen herinner ons aan hoe uniek en buitengewoon
Suid-Afrika is.
Hy het geskryf: 'Wys my nog 'n land waar die Anglikaanse Aartsbiskop by 'n Moslem-
begrafnis bid; waar 'n wit man die verrigtinge lei om 'n leier van 'n swart
vryheidsbeweging te onthou; waar 'n sittende president van 'n ontwikkelende land in
'n brief deur die oorlede ringkop van sy eie party, aangesê word om uit te tree; waar
die weduwee van die swart man wat begrawe word, 'n wit vrou is wat haar lewe aan
die vryheidstryd gewy het; en waar Christen, Moslem, Jood, Hindoe en ander gelowe
in 'n breë strook van die Suid-Afrikaanse samelewing saamgekom het om 'n man te
onthou wat vir ons almal geveg het. Waar daar op en van die verhoog af geen rasse-
of etniese of godsdienstige groep die geleentheid gedomineer het nie.'
'Vir 'n oomblik, net 'n oomblik, het dit goed gevoel om weer te hoop …'
[Aangepas uit http://News 24/ahmedkathrada.
Toegang op 30 Maart 2017 verkry.]
3.1.1 Watter lesse leer hierdie boodskap vir ons? Gee bewyse uit die
uittreksel om jou antwoord te ondersteun. (12)
3.1.2 Bespreek enige DRIE redes wat, volgens die boodskap, Suid-
Afrika uniek maak. (12)
3.1.3 Die laaste reël van die boodskap is: 'Vir 'n oomblik, net 'n oomblik,
het dit goed gevoel om weer te hoop …'
Wat, dink jy, het Jansen hiermee bedoel? (6)
3.1.4 Noem DRIE voordele en DRIE nadele van godsdienstige
organisasies se gebruik van die sosiale media. (6 x 2) (12)
3.2 Waarom, dink jy, is die media gewoonlik bevooroordeeld met betrekking tot
die dekking van godsdienstige kwessies? (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4
4.1 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE TANS EN IN DIE VERLEDE
Toe die wit man na ons land toe gekom het, het hy die Bybel en ons die grond
gehad.' Die wit man het vir ons gesê: 'Laat ons bid.' Na die gebed het die wit
man die grond gehad en ons die Bybel. (Dube, MW [2000]. Postcolonial
Feminist Interpretation of the Bible [St. Louis, Chalice Press])
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]
4.1.1 In die konteks van die stelling hierbo, verduidelik kolonialisme. (4)
4.1.2 Stem jy saam met Dube se vertolking van sendingwerk?
Gee redes vir jou antwoord. (12)
4.1.3 Vergelyk die terme intergodsdienstige dialoog en
intragodsdienstige dialoog en gee EEN voorbeeld in ELKE geval. (8)
4.2 Noem EEN organisasie wat werk om intergodsdienstige verhoudinge in Afrika
te bevorder. Noem enige SEWE van hulle prestasies. (16)
4.3 Bespreek kortliks die agtergrond en hoofdoelwit van die organisasie wat jy in
VRAAG 4.2 genoem het. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 5
5.1 Noem enige VIER bydraes deur die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir
Vrede wat intergodsdienstige harmonie bevorder. (8)
5.2 Met verwysing na enige van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek
godsdienstige leringe/leerbeginsels wat goeie moraliteit/sedelikheid bevorder. (10)
5.3 Analiseer krities die rol wat godsdienste in die stryd teen apartheid in Suid-
Afrika gespeel het. (12)
5.4 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
MENSEREGTE EN -VERANTWOORDELIKHEDE
Die konsep van menseregte bestaan alreeds vir eeue lank. Die behoefte om
'n internasionale ooreenkoms oor menseregte in te stel, het teen die einde
van die Tweede Wêreldoorlog dringend geword.
[Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]
5.4.1 Wat impliseer die konsep van godsdiensvryheid? (4)
5.4.2 Verduidelik wat onder menseregte verstaan word. (4)
5.4.3 Verduidelik hoe verskillende godsdienste prakties betrokke is by
die bevordering van godsdienstige vryheid, menseregte en
verantwoordelikhede. (12)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper