Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 294.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions10 marks
- Question 1.3The Variety of Religions10 marks
- Question 1.4The Variety of Religions5 marks
- Question 1.5The Variety of Religions5 marks
- Question 1.6The Variety of Religions10 marks
Show all 19 questions
- Question 2.1Common Features of Religion20 marks
- Question 2.2Common Features of Religion10 marks
- Question 2.3The Variety of Religions10 marks
- Question 2.4Common Features of Religion10 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society6 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society6 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society12 marks
- Question 3.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.5Topical Issues in Society6 marks
- Question 3.6Common Features of Religion10 marks
- Question 4.1Common Features of Religion16 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions12 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions72 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die Midde-Oosterse godsdiensfamilie bestaan uit ...
A Boeddhisme, Hindoeïsme, Djainisme en Sikhisme.
B Taoïsme, Confucianisme, Sjintoïsme en die Baha'i-geloof.
C Judaïsme, die Christelike godsdiens, Islam en die Baha'i-geloof.
D die San-godsdiens, Yoruba, amaZulu en Aka.
1.1.2 Watter EEN van die volgende is 'n verduideliking van politeïsme?
A 'n Doktrine wat twee onafhanklike beginsels erken
B Die oortuiging/geloof dat God alles is en alles God is
C Geloof in of aanbidding van meer as een god
D Geloof in die bestaan van gode of 'n god
1.1.3 Martin Luther was 'n Duitse priester wie se lerings gehelp het om die
stigting van die ... te inspireer.
A Rooms-Katolieke Kerk
B Protestante Gereformeerde Kerk
C Oosterse Ortodokse Kerk
D Afrika Onafhanklike Kerk
1.1.4 Boetedoening/'n Soenoffer is ...
A om misdade wat gepleeg is, te bely en reg te stel.
B 'n lering met absolute gesag.
C verpligte leringe in die Koran.
D 'n bespreking van spirituele waarhede deur middel van 'n storie.
1.1.5 'n Sjamaan is ...
A die hoogste stand/klas in tradisionele Hindoeïsme.
B iemand wat as 'n medium tussen die sigbare en spirituele
wêreld optree.
C 'n heerser, soos 'n koning of koningin.
D die titel van Romeinse keisers.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.1.6 Konserwatiewe Judaïsme ...
A glo dat God die hele Tora aan die Jode gegee het.
B aanvaar dat die Tora met verloop van tyd deur mense geskryf
is.
C probeer om die invloed van die moderne lewe te vermy.
D glo dat die Tora deur God gegee is deur idees wat mense
bemiddel het.
1.1.7 Watter EEN van die volgende is NIE waar omtrent die Baha'i-geloof
NIE?
A Die eenheid van God
B Die eenheid van die mensdom
C Hergeboorte in 'n beter lewe
D Die eenheid van alle godsdienste
1.1.8 Watter EEN van die volgende is die Taoïstiese beskouing van die
mens in die wêreld?
A Die wêreld is in diens van die mensdom geplaas.
B Mense is nie spesiaal of in beheer van die wêreld nie.
C Ons moet versigtig wees om nie die wêreld soos dit nou is, te
vernietig nie.
D Mense het vrye wil en is deurgaans vasgevang tussen goeie en
slegte dade.
1.1.9 Die Pali Kanon verwys na die heilige literatuur van ...
A Judaïsme.
B die Baha'i-geloof.
C Boeddhisme.
D die Heiliges van die Laaste Dae.
1.1.10 Die primêre bron van die Sjaria is die ...
A Talmoed.
B Samhita.
C Koran.
D gedagtes en aksies van mense. (10 x 1) (10)
1.2 Beantwoord die volgende vrae.
1.2.1 Noem TWEE verskille tussen karma en Nirvana. (2 x 2) (4)
1.2.2 Gee EEN term wat die godsdienste beskryf wat in een God glo. (1)
1.2.3 Verduidelik die begrip sinkretisme en gee EEN voorbeeld. (2 x 1) (2)
1.2.4 Noem TWEE unieke eienskappe van Zen-Boeddhisme. (2 x 1) (2)
1.2.5 Wat is die Bhagavad Gita? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.
1.3.1 'Paternaal' beteken om aan die moeder se kant van die familie
verwant te wees.
1.3.2 'n Nuwe Testament is 'n vers, lettergreep of frase wat volgens geloof
'n goddelike oorsprong het en wat in verskillende godsdienste in
rituele of meditasie gebruik word.
1.3.3 Die epiese verhale, die Ramayana en die Mahabharata is die
gewildste tekste in die godsdienstige literatuur van Hindoeïsme.
1.3.4 Die ideaal in Theravada-Boeddhisme is dat die individu 'n lewe van
meditasie sal leef om sodoende gereïnkarneer te word.
1.3.5 Oortuigings verwys na die gelowe wat 'n sentrale
verwysingsraamwerk vir 'n godsdiens verskaf. (5 x 2) (10)
1.4 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf. Skryf
slegs die woord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n ... is 'n stam- of familielid wat oorlede is en wat volgens geloof nou
'n familiebeskermer is.
1.4.2 Die politieke gesag van die Rooms-Katolieke Kerk is in ...
1.4.3 Die verskille tussen die twee hoofgroepe binne Islam is hoofsaaklik
op meningsverskille oor ... gebaseer.
1.4.4 ... is die oudste Oosterse godsdiens wat nie 'n stigter het nie en
geen verenigende geloof in lering het nie.
1.4.5 Volgens Taoïsme bestaan alles in die skepping uit twee kragte, wat
... en ... genoem word. (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.5 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.5.1 Voorvaders A streng navolging van konserwatiewe en
tradisionele godsdienstige
1.5.2 Vereer oortuigings/gelowe
1.5.3 Fundamentalisme B mense wat in vroeëre dae geleef het
1.5.4 Pluralisme C die doktrine dat een primêre beginsel of
wese bestaan
1.5.5 Gemeenskap
D met diepe respek bejeën en is dit
waardig
E alle godsdienste is paaie na die waarheid
en hulle is almal ewe waar
F beskryf oortuigings wat teen ortodokse
godsdiensleringe en -geloof gekant is
G 'n gevoel om met die goddelike verbind
te wees
(5 x 1) (5)
1.6 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE pas NIE. Skryf die woord en 'n
rede langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.6.1 Katolisisme; Oosters Ortodoks; Judaïsme; Protestantisme
1.6.2 Boeddhisme; Hindoeïsme; Confucianisme; Taoïsme; die Baha'i-
geloof
1.6.3 Saïvisme; Shaktisme; Soefisme; Vaishnavisme; Smartas
1.6.4 Nevi'iem; Ketoeviem; Kitab-i-Aqdas; Talmoed; Tora
1.6.5 Tripitaka; Bybel; Koran; Mitzvot; Vedas (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Verduidelik die volgende konsepte met verwysing na godsdiens:
2.1.1 Mites (4)
2.1.2 Geloof/Oortuigings (4)
2.1.3 Dogma (4)
2.1.4 Voorvaders (4)
2.1.5 Reïnkarnasie (4)
2.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Eenheid is 'n interessante konsep wanneer dit op godsdiens toegepas word.
Baie godsdienste is nie heeltemal uniform of verenig nie. Daar word
byvoorbeeld dikwels 'n beroep op Christene gedoen om vir 'n gemeenskaplike
saak te verenig, of dat daar groter Islamitiese eenheid in byvoorbeeld Irak
moet wees. Verder glo baie godsdienste dat 'n gevoel van eenheid met die
Opperwese 'n belangrike deel van hulle godsdienstige ervaring is.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]
Kies EEN godsdiens en noem enige VYF leringe van die godsdiens wat
eenheid aanmoedig. (10)
2.3 Islam, Judaïsme en die Christelike godsdiens word dikwels Abrahamitiese
gelowe genoem. Hulle word saamgegroepeer omdat hulle verskeie unieke
kenmerke gemeen het.
Noem VYF kenmerke wat uniek aan die Abrahamitiese gelowe is. (10)
2.4 Noem VYF leringe in enige EEN van die godsdienste wat jy bestudeer het,
wat godsdiensvryheid bevorder. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FILM- EN PUBLIKASIERAAD (FPR) WIL VIDEO
VAN YOUTUBE LAAT VERWYDER
Die kontroversiële pastoor wat vir sy gemeentelede petrol gee om te drink, is by die
owerhede in die moeilikheid. Die FPR wil hê dat die Pretorianer, Lesego Daniel Mosue,
van Rabboni Ministries, 'n video van gemeentelede wat petrol drink van YouTube
verwyder. Die video wys gemeentelede wat petrol drink en sê dat dit soos pynappelsap
proe.
Die FPR het gesê die video moet van die Internet afgehaal word, omdat dit
ongeklassifiseerd is en handelinge bevat wat skadelik is en nageaap kan word. 'Dit is
nie geskik vir kinders jonger as 13 jaar nie.'
[Aangepas uit The Sowetan, 6 Oktober 2014]
3.1 Waarom, dink jy, het Rabboni Ministries die video op YouTube geplaas? (6)
3.2 Stem jy saam dat die video van YouTube verwyder moet word? Gee redes vir
jou antwoord. (6)
3.3 Verduidelik hoe regverdigheid in mediadekking van godsdiens gehandhaaf
kan word. (12)
3.4 Noem VYF faktore wat mediaberigte oor godsdienskwessies kan beïnvloed. (10)
3.5 Verduidelik kortliks die begrip vryheid van godsdiens. (6)
3.6 Verduidelik hoe godsdienstige verdraagsaamheid in enige EEN godsdiens
bevorder kan word. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Konflik is 'n realiteit van die lewe. Godsdiens is soms deel van die probleem, maar die
ware bedoeling van godsdiens was nog altyd om konflik te voorkom.
Godsdienste het oor die jare baie meganismes ontwikkel om tot vrede by te dra en
konflik te voorkom.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12]
4.1 Bespreek die leringe van enige godsdiens/godsdienste wat jy bestudeer het,
wat vrede bevorder. (16)
4.2 'n Godsdiensoorlog is onder sekere omstandighede geregverdig. Bespreek
DRIE sulke omstandighede. (12)
4.3 Identifiseer EEN konflikgebied waar godsdiens moontlik deel van die
probleem is en beantwoord die volgende vrae:
4.3.1 Noem die konflikgebied. (2)
4.3.2 Noem die partye wat by die konflik betrokke is. (4)
4.3.3 Gee die hoofredes vir die konflik. (16)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper