Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220164 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ABORSIE AS 'N MAATSKAPLIKE PROBLEEM Van die bykans 50 miljoen aborsies wat vandag in die wêreld uitgevoer word, is 20 miljoen onveilig, onwettig en word deur ongekwalifiseerde persone uitgevoer. Amper al hierdie onveilige aborsies vind in ontwikkelende lande plaas waar aborsie deur die wet beperk word. Ongeveer 70 000 vroue sterf elke jaar as gevolg van onveilige aborsies. [Wêreldgesondheidsorganisasie-statistiek, 2000] 1.1 Verduidelik die voorwaardes ingevolge waarvan die wet aborsies kan toelaat. (10) 1.2 Ontleed die negatiewe gevolge van aborsie op 'n vrou wat haar swangerskap beëindig het. (10) 1.3 Bespreek die leringe van enige EEN godsdiens wat na die kwessie van aborsie verwys. (16) 1.4 Gee in breë trekke praktiese stappe wat godsdienstige gemeenskappe kan doen om die probleme rondom aborsie aan te pak. (14) [50] VRAAG 2 2.1 Bespreek die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 2.1.1 Die oorsprong en rol van die bose (10) 2.1.2 Die aard van die wêreld (10) 2.1.3 Lewe na die dood (10) 2.2 Vergelyk die Oerknalteorie met die leringe oor die skepping van enige EEN godsdiens. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 3 3.1 Alle godsdienste vertoon 'n aantal interne verskille. Bespreek die interne verskille in enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 3.1.1 Bestuur/Leierskap (14) 3.1.2 Praktyke/Gebruike (16) 3.2 Bespreek die oorsprong en ontwikkeling van enige EEN godsdiens se primêre bronne, soos hulle heilige boek of boeke. (20) [50] VRAAG 4 4.1 Bespreek die verskille tussen goddelike inspirasie en kontemporêre inspirasie. (10) 4.2 Noem enige VYF hermeneutiese beginsels wat tydens die interpretasie van heilige tekste gebruik kan word. (10) 4.3 Dink jy sekularisme se gewildheid in die wêreld is aan die toeneem? Gee redes vir jou antwoord. (10) 4.4 Vergelyk die leringe oor die oorsprong van die mens van enige EEN godsdiens met die evolusieleer. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all