Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 1220169 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C 1.1.2 C 1.1.3 A 1.1.4 A 1.1.5 B 1.1.6 D 1.1.7 C 1.1.8 B 1.1.9 C 1.1.10 C (10 x 1) (10) 1.2 1.2.1 Karma • Dit is 'n Hindoe-oortuiging/geloof dat elke aksie 'n gevolg het wat slegs in 'n latere reïnkarnasie kan opduik. • Dit impliseer ook die gevolge van aksies. • Dit leer dat 'n persoon se aksies in die verlede vir sy/haar huidige omstandighede verantwoordelik is. Nirvana • Dit is 'n staat van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme. • Dit is die staat waarin begryp word dat daar geen individuele self of siel is nie. LET WEL: Enige TWEE relevante antwoorde vir elke begrip moet aanvaar word. (2 x 2) (4) 1.2.2 Monoteïsties/Monoteïsme (1) 1.2.3 • Sinkretisme verwys na twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer word om 'n nuwe een te vorm. • Voorbeeld: Afrika Geïnisieerde Kerke, Sikhisme (2 x 1) (2) 1.2.4 • Zen-beoefenaars mediteer om verligting te bereik. • 'n Belangrike oortuiging/geloof van Zen-Boeddhisme is dat 'n lyn van gesag na die Boeddha teruggaan. • Zen-tradisie beklemtoon direkte kommunikasie en nie skrifstudie of die studie van godsdienstige tekste nie. (2 x 1) (2) 1.2.5 Die Bhagavad Gita is die gewildste heilige boek in Hindoeïsme. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 1.3 1.3.1 Onwaar: 'Maternaal' beteken om aan die moeder se kant van die familie verwant te wees./Paternaal beteken om aan die vader se kant verwant te wees. 1.3.2 Onwaar: Mantra is 'n vers, lettergreep of frase wat volgens geloof goddelike oorsprong het en wat in verskillende godsdienste in rituele of meditasie gebruik word. 1.3.3 Waar 1.3.4 Onwaar: Die ideaal in Theravada-Boeddhisme is dat die individu 'n lewe van meditasie sal leef om sodoende verlig te word. 1.3.5 Onwaar: Doktrines verwys na die gelowe wat 'n sentrale verwysingsraamwerk vir 'n godsdiens verskaf. (5 x 2) (10) 1.4 1.4.1 Voorvader 1.4.2 Rome 1.4.3 Leierskap 1.4.4 Hindoeïsme 1.4.5 Yin; Yang (5 x 1) (5) 1.5 1.5.1 B 1.5.2 D 1.5.3 A 1.5.4 E 1.5.5 G (5 x 1) (5) 1.6 1.6.1 Judaïsme Die ander drie is die hoofvertakkings van die Christelike godsdiens. Judaïsme is 'n Midde-Oosterse godsdiens. 1.6.2 Die Baha'i-geloof Dit is 'n Midde-Oosterse godsdiens. Die ander vier is Oosterse godsdienste. 1.6.3 Sufisme Die ander is Hindoe-skole. Soefisme is die mistieke dimensie van Islam. 1.6.4 Kitab-i-Aqdas Dit is die heilige teks van die Baha'i-geloof. Die ander is tekste van Judaïsme. 1.6.5 Mitzvot Dit is die 613 reëls wat deur Jode nagekom word. Die ander is heilige tekste. (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING B VRAAG 2 LET WEL: In hierdie afdeling stel elke kolpunt TWEE punte voor. 2.1 2.1.1 • Bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal. • Mites is nie feitelik nie, maar word gebruik om spirituele waarhede oor te dra. • Dit onthul die diepste waarhede oor die skepping, lewe en dood. (4) 2.1.2 • Dit verwys na wat volgens die volgelinge waar is. • Dit vorm die fondasie wat mense saamsnoer tot 'n gemeenskaplike doel en help om 'n gedeelde identiteit te skep. • Oortuigings/Gelowe beteken 'n ferm oortuigdheid, bv. volgens die Joodse geloof is daar net een God wat Jehova genoem word. • Dit is ook die aanvaarding van 'n ding, feit, stelling of lering. (4) 2.1.3 • Die konsep 'dogma' verwys na die leringe wat van mense verwag word om sonder twyfel te aanvaar. • Dit beteken 'n beginsel of stelsel oortuigings/gelowe, veral dié wat deur 'n kollektiewe godsdienstige gesag neergelê is. • 'n Dogma word deur die kollektiewe godsdienstige gesag ingestel, soos gegrond in goddelike inspirasie. (4) 2.1.4 • In godsdiens verwys die term na familielede wat oorlede is, maar steeds onthou word. • Hulle word as boodskappers van die Skepper beskou. • Die verering van die voorvaders kom algemeen in Afrika Tradisionele Godsdiens voor. • Daar word ook geglo dat hulle die lewendes kan lei en beskerm. (4) 2.1.5 • Dit verwys na die hergeboorte van die siel in 'n nuwe liggaam. • Dit is 'n sentrale oortuiging/geloof in Hindoeïsme. • Dit leer dat die lewe siklies is, soos deur die 'wiel van die lewe' voorgestel word. • Dit beklemtoon die 'oorsaak en gevolg'-verhouding tussen ons huidige aksies en die gehalte van ons lewe in die toekoms. (4) 2.2 VOORBEELD 1: Christendom • Skriflesing en gebed in die gesin/familie: 'n Lering dat die gesin/familie wat saam bid, bymekaar sal bly. • Die lering dat die kerk by die huis as 'n eenheid begin en dan uitbrei na die gemeenskap van gelowiges, wat die groter familie word. • Die Christelike godsdiens leer naasteliefde, wat eenheid in die gemeenskap bevorder. • Die lering dat elke mens na die beeld van God geskape is, bevestig die eenheid van die mensdom as die mense van God. • Die Eerste Gebod beklemtoon liefde vir God. Dit laat mense voel dat hulle met God verenig is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Die Christelike godsdiens leer dat mens vir die armes moet gee en met hulle moet deel; dit bevorder eenheid in die gemeenskap. • Die lering dat daar na die weduwees en weeskinders omgesien moet word, bevorder ook eenheid in die gemeenskap. VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens • Die verering van die voorvaders lei die gelowige na eenheid met die Opperwese. • Dit is omdat die voorvaders as tussengangers tussen die lewendes en God beskou word. • Die beginsel van 'ubuntu' verenig die gemeenskap. • Dit beteken dan iemand net 'n mens is deur ander te dien. • Dit leer kollektiewe verantwoordelikheid. • 'n Afrikagemeenskap het gemeenskaplike besit van grond en toegang tot water. • Op hierdie manier leer ubuntu eenheid. • Die lering van 'ilima' is nog 'n voorbeeld van hoe Afrika Tradisionele Godsdiens eenheid skep. • Mense in nood word deur ander gemeenskapslede gehelp as 'n manier van onvoorwaardelike bystand. • Byvoorbeeld, 'n boer met 'n oorvloed landbouprodukte sal 'n gedeelte daarvan vir diegene in nood gee. (10) 2.3 • Hulle glo in die profete. • Hulle glo in die Hemel en hel. • Hulle glo in die Oordeelsdag. • Hulle is streng monoteïsties. • Hulle geskrifte is goddelik onthul. • Hulle glo in die bestaan van engele. • Hulle glo in 'n vergewensgesinde God. LET WEL: Enige ander unieke kenmerk van die Abrahamitiese gelowe moet aanvaar word. (10) 2.4 • Christendom en Judaïsme: Jy moet naaste liefhê soos jouself. • Christendom: Hy het My gestuur om goeie nuus aan die armes te bring, om die vryheid van gevangenes aan te kondig en om die onderdruktes vry te laat. • Christendom: Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. • Boeddhisme: Jy mag nie moord pleeg of veroorsaak dat moord gepleeg word nie. • Boeddhisme: Lewe is kosbaar vir almal. • Boeddhisme: Jy moet almal liefhê. • Hindoeïsme: Die begrip 'ahimsa' beteken om nooit leed te doen nie, selfs nie aan diegene wat van jou verskil nie. • Hindoeïsme: Hindoeïsme erken dat daar verskillende maniere is om Brahman te aanbid. • Islam: Daar is geen dwang in Islam nie. • Islam: Moenie die gelowe van ander godsdienste verkleineer nie, anders kan hulle, uit onkunde, jou godsdiens verkleineer. LET WEL: Die kandidaat mag relevante voorbeelde uit enige aantal godsdienste gebruik. Die kandidaat mag egter nie punte ontvang indien die lering nie duidelik met 'n spesifieke godsdiens verbind word nie. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3 3.1 • Hulle wou publisiteit vir die kerk kry. • Hulle het probeer om hulle lidmaatgetalle deur advertering te verhoog. • Mense word beïnvloed deur 'wonderwerke'. • Die kerk sou finansieel bevoordeel word. (6) 3.2 Ja • Die FPR het gesê die video moet van die Internet verwyder word, omdat dit ongeklassifiseerd is. • Die video bevat skadelike aksies wat nageaap kan word. • Die video was nie geskik vir kinders jonger as 13 jaar nie. • Die video kon tot die dood lei as iemand petrol drink. Nee • Die video wys die krag van godsdiens. • Die video kan tot baie mense se bekering bydra. • Die mense in die video is op geen manier leed aangedoen nie. • Daar is baie ander video's op YouTube wat onvanpas is en nie verwyder word nie. • Baie godsdienstiges glo dat wonderwerke 'n bewys van God se bestaan is. (6) 3.3 • Godsdienste moet kennis dra van hoe om media te gebruik en ook die beperkings daarvan. • Godsdienste moet proaktief wees en hulle standpunte in die media verduidelik. • Godsdienste moet ook die media se verantwoordelikheid teenoor gemeenskappe verstaan. • Godsdienstige organisasies moet hulle lede leer hoe om die media te hanteer. • Godsdienstige organisasies moet mediakenners nader vir advies. • Die media moet kennis en begrip van verskillende godsdienste hê voordat daar oor godsdienstige sake berig word. • Die media het 'n verantwoordelikheid om die inligting op 'n onpartydige manier aan te bied. • Omdat artikels deur individue met persoonlike opinies geskryf word, kan die opinies die lesers ten opsigte van belangrike sake beïnvloed. • Die media moet versigtig wees om nie kommentaar en stellings te maak wat veroordelend voorkom rakende godsdienstige kwessies nie. • Konstitusionele regte maak voorsiening vir regverdige dekking van godsdienstige kwessies. LET WEL: Kandidate moet punte ontvang vir geldige antwoorde. (12) 3.4 • Die ideologie van die redakteur. • Finansiële implikasies. • Skep sensasie. • Beïnvloed of verander die publiek se opinie. • Vooroordeel teenoor godsdienste in die algemeen of 'n spesifieke godsdiens. • Lig die publiek oor godsdienstige kwessies in. • Propageer 'n godsdiens of godsdienstige interpretasie. LET WEL: Kandidate moet punte ontvang vir geldige antwoorde. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.5 • Dit beteken dat elke persoon vry moet wees om sy/haar leefstyl te kies. • Dit beteken ook dat elkeen vry moet wees om enige siening van sy/haar keuse te hê, solank dit nie ander mense benadeel nie. • Mense wat aan 'n godsdienstige gemeenskap behoort, het die reg om hulle godsdiens te beoefen en om godsdienstige assosiasie met ander organe van die samelewing te handhaaf. • Dit is 'n fundamentele reg wat by die Verenigde Nasies se Verklaring van Menseregte ingesluit is. (6) 3.6 VOORBEELD 1: Hindoeïsme • Die wet van karma verwys na die gevolge van aksies of dade. • Dit leer dat 'n persoon se aksies/dade in die verlede verantwoordelik is vir sy/haar huidige staat. • Elke persoon is verantwoordelik vir sy of haar eie toekoms en kan dit verander deur berou/inkeer en goeie dade. • Hindoes glo dat mense verskil in hulle vlak van spirituele verligting en is dus meer verdraagsaam teenoor ander godsdienste. • Hindoes glo dat elke geloofstelsel, maak nie saak wat die inhoud is nie, as 'n minderwaardige weergawe van Hindoeïsme beskou kan word. VOORBEELD 2: Judaïsme • Vir die Joodse gelowiges is dit belangriker om te doen wat God wil hê hulle moet doen as om in God te glo. • Die Jode druk hulle geloof uit deur wat hulle doen, asook deur die Tora, wat God se Wet is. • Die Tora sluit 'n stelsel van wette vir nie-Jode in, wat as die sewe Noagitiese Wette bekend staan wat die Joodse gelowiges in staat stel om verdraagsaam teenoor mense van ander godsdienste te wees. • 'n Belangrike deel van 'n Jood se lewe is om ander wat in nood is, te help. • Die versameling wette en reëls wat oor alle aspekte van 'n Jood se lewe handel, word die Mitzvot genoem. • Volgens Judaïsme het mense die vermoë om beide goed en sleg te wees en is God bewus van die mensdom se beperkinge en swakhede. God sal hulle dus vergewe. (10) [50] VRAAG 4 4.1 Christendom • Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. • Dit beteken dat mens ander mense se sienings moet respekteer/die probleem deur iemand anders se oë moet beskou. • Empatie dra grootliks by tot konflikoplossing. Boeddhisme • Alles wat 'n persoon doen, moet goed wees. • Regte aksie en regte denke: klem op goeie dade sal konflik voorkom omdat mens dan nie ander mense te na sal kom nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Islam • Indien daar konflik tussen twee groepe gelowiges is, moet daar bemiddeling plaasvind om vrede te bring. • Vergifnis is baie beter as wraak. ATG • Die beginsel van 'ubuntu' vereis dat ander mense nie leed aangedoen moet word nie. • Konflik word opgelos deur die voorvaders te raadpleeg. • Stam-/Familieleiers kan ook geraadpleeg word om 'n oplossing te vind. LET WEL: Ander voorbeelde van verskillende godsdienste moet aanvaar word. (16) 4.2 Evangelistiese oorloë • In sulke oorloë besluit 'n staat dat mense in 'n naburige staat na die 'ware' godsdiens moet bekeer, of verowering en straf in die gesig staar. Veroweringsoorloë • Dit is soortgelyk aan evangelistiese oorloë. Militêre mag word as 'n weerspieëling van God se almag beskou. Selfverdedigingsoorloë • 'n Nasie het die reg om terug te veg teen aanvallers. Vergeldingsoorloë • Dit word gevoer om wraak te neem teen 'n onreg. Indien 'n sekere godsdiens 'n onreg aangedoen is, kan dit wraak neem. (12) 4.3 4.3.1 • Voorbeeld 1: Mianmar/Burma • Voorbeeld 2: Nigerië (2) 4.3.2 Voorbeeld 1: Die partye wat by die konflik betrokke is, is Boeddhistiese ekstremiste en die Rohingya-Moslems. Voorbeeld 2: Die partye wat by die konflik betrokke is, is die Nigeriese regering en die fundamentalistiese Moslemgroep, Boko Haram. (4) 4.3.3 Voorbeeld 1: Mianmar/Burma • Die dominante godsdiens is Boeddhisme. • Ander minderheidsgodsdienste sluit in Islam, die Christelike godsdiens en Hindoeïsme. • Moslems het meer as 500 jaar gelede uit die hedendaagse Bangladesj na Mianmar gekom. • Die regering van Mianmar weier om hulle as landsburgers te erken. • Hulle word Rohingya-Moslems genoem. • Hulle het nie wetlike status nie en geen identifikasiedokumente nie. • Die regering pas openlik diskriminerende praktyke teen hulle toe, bv. gesinne mag 'n maksimum van twee kinders hê, Rohingya-Moslem-paartjies moet by die regering aansoek doen om te trou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum • Die regering van Mianmar is deur die VN daarvan beskuldig dat hulle die Boeddhiste bystaan in die konflik. • Aanvalle deur Boeddhiste het duisende sonder heenkome gelaat. • Die vervolging is op grond van godsdiens. • Baie moskees en Moslembesighede is vernietig. • Die regering van Bangladesj weier om vlugtelingstatus aan die Rohingya-Moslem te gee. Voorbeeld 2: Nigerië • Boko Haram beteken 'anti-Weste' (gekant teen Westerse kultuur). • Hierdie fundamentalistiese groep se doelwit is om 'n Islamitiese staat in die noorde van Nigerië te stig. • Die Nigeriese bevolking is amper om die helfte Moslems en Christene. • Die Christene vrees dat hulle deur 'n Moslemregering regeer sal word. • Die Moslems het dieselfde vrese. • Sommige Moslemleiers het alle vertroue in die Nigeriese regering verloor. • Hulle het die reg in eie hande geneem, dit wil sê hulle ondersteun Boko Haram. • Nigerië het poreuse grense met sy buurlande. • Die vegters kan dus na buurlande ontsnap wanneer die regering se magte hulle probeer volg. • Korrupsie in die Nigeriese regering dra by tot die ondersteuning van Boko Haram. • Landelike gemeenskappe word benadeel deur die onregverdige verdeling van die staat se hulpbronne. • Sulke gemeenskappe word deur groepe soos Boko Haram ondersteun. [Mail and Guardian, 5 April 2012, p24)] LET WEL: Soortgelyke antwoorde oor ander konflikgebiede moet aanvaar word. Die kandidaat kan relevante voorbeelde uit enige aantal godsdienste gebruik. (16) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all