Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
FEBRUARIE/MAART 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 315.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions34 marks
- Question 1.2Common Features of Religion16 marks
- Question 2.1Common Features of Religion20 marks
- Question 2.2Research Into and Across Religions30 marks
- Question 3.1Research Into and Across Religions34 marks
- Question 3.2Research Into and Across Religions16 marks
Show all 14 questions
- Question 4.1Common Features of Religion4 marks
- Question 4.2Common Features of Religion20 marks
- Question 4.3Common Features of Religion14 marks
- Question 4.4Common Features of Religion12 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society12 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 5.3Common Features of Religion18 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 1.1.1 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
Katolieke
Protestante
Oosters-Ortodokse/Charismatiese kerke
VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
AmaZulu (Suidelike Afrika)
Aka
Yoruba
LET WEL: Ken twee punte toe vir die noem van elke vertakking.
Die totaal van SES punte word toegeken vir die noem van ALLE
vertakkings van die godsdiens gekies. In die geval van Islam, word
ses punte toegeken as Soenni-Islam en Sjia-Islam genoem is. (6)
1.1.2 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
Katolisisme
Die Pous word as Sint Petrus/die Heilige Petrus se opvolger
beskou.
In dié bevoegdheid word geglo dat hy alle Christene
verteenwoordig.
Die Katolieke Kerk beskou homself as die oorspronklike kerk.
Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en
Eva se ongehoorsaamheid aan God.
God bestaan uit drie persone: die Vader, die Seun en die
Heilige Gees.
Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
Oosters-Ortodokse
Die Heilige Gees kom slegs van God die Vader.
Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg/regverdig/behoorlik gelei
is.
Protestantisme
Die Bybel het meer gesag as die Pous.
Hulle leer dat geloof die weg na verlossing is.
Hulle leer dat verlossing 'n geskenk is wat vrylik deur die werk
van Jesus Christus gegee word.
VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
AmaZulu
Hulle glo in die bestaan van 'n Opperwese wat uMvelinqangi
genoem word.
Sy status is so hoog dat jy deur tussenpersone met Hom moet
kommunikeer.
Kommunikasie word gedoen deur die tussenpersone wat
voorvaders genoem word, ook bekend as die lewende dooies.
Die AmaZulu erken die bestaan van verskillende gode en
godinne, bv. uNomkhubulwane in die Zulu-nasie.
Die Opperwese word beskou as die bron van lewe en die
uiteindelike oorsaak van die dood.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
Aka
Hulle glo ook aan 'n skeppergees, genoem Bembe.
Hulle glo Bembe het na die skepping afgetree.
Die woudgees of bosgees, genoem Dzengi, kry deesdae die
meeste aandag. Dit is omdat die Aka glo dat hulle Dzengi se
beskerming tydens jag nodig het.
Hulle glo aan reïnkarnasie, maar dit gebeur slegs binne 'n
spesie.
Hulle glo aan towenaars en hekse wat ongeluk na mense kan
stuur.
Joroeba
Hulle glo dat Olorun/Olodumare die skeppergees is.
Hulle glo ook aan godhede wat orishas genoem word.
Voorvaders is ook vir die Joroeba belangrik.
Hulle vereer en offer aan die voorvaders, baie soos die
amaZulu.
LET WEL: Enige sewe relevante feite moet gekrediteer word.
Relevante alternatiewe antwoorde moet gekrediteer word. (14)
1.1.3 Daar is volledige skeuring/skeiding/afsondering.
'n Voorbeeld is die Soenni-Sjia-skeuring/skeiding in Islam.
Wat as 'n politieke verskil begin het, het na belangrike verskille
in beide geloof/oortuigings en praktyke gegroei.
'n Skeuring kan selfs tot openlike oorlogvoering lei.
'n Voorbeeld hiervan is die Ierse oorlog tussen die Katolieke en
Protestante.
Sommige godsdienste is meer bereid om hulle interne verskille
te aanvaar.
'n Voorbeeld hiervan is Hindoeïsme.
Van die begin af is plaaslike gewoontes/gebruike en
gelowe/oortuigings by die hoofliggaam van Hindoeïsme
geïnkorporeer.
Daarom is daar verdraagsaamheid ten opsigte van interne
verskille.
Interkerklike organisasies word gevorm om gemeenskaplike
terreine te vind en om die onderskeie subgroepe van 'n
godsdiens te verenig.
'n Voorbeeld hiervan is die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.
Die doelwit is om die onderskeie vertakkings van die Christelike
godsdiens te verenig na die verdeeldheid wat deur apartheid
veroorsaak is.
Deur gemeenskaplike sosiale uitdagings (bv. armoede) aan te
pak, werk verskillende kerkverbande saam vir die algehele
welstand van die mensdom.
'n Gekoördineerde poging het 'n doeltreffender en meer
ekonomiese gebruik van hulpbronne tot gevolg.
Voorbeelde hiervan is die Heilsleër en Gift of the Givers.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
1.2 VOORBEELD 1 :TAOÏSME
Mense is 'n klein, mikroskopiese neweprodukte van die Tao se skepping.
Die Tao is oneindig meer magtig as mense.
Mense is nie 'n spesiale skepping nie, en hulle is nie in beheer van die
wêreld nie.
Die heelal sal voortgaan op sy pad, soos deur die Tao bepaal.
Wat mense ook al doen, is presies volgens die luim van die Tao.
Mense moet ook na die aarde kyk want besoedeling is skadelik vir ons.
Dit word nie gedoen om die Tao tevrede te stel nie.
Mense kan slegs 'n klein gedeelte van die skepping vernietig.
Ten spyte hiervan sal die oorvloedige kreatiewe optrede van die Tao
voortduur.
VOORBEELD 2: JUDAÏSME
Mense word beskou as God se mees ongelooflike skepping.
Judaïsme leer egter ook dat mense swak en onbenullig is.
Dit is omdat ons in die versoeking gebring word om te sondig.
Deur die Tora te volg, kan die mens geestelik verbondenheid met God
bereik.
Indien mense na die beeld van God geskape is, is die doel van die mens
se bestaan om soos God te probeer wees.
Mense moet nie net in die leringe/leerbeginsels glo nie, maar moet hulle
geloof deur die regte optrede uitdruk.
'n Belangrike aksie wat Jode moet uitvoer, is liefdadigheid.
Dit is gemik op die opheffing van die Joodse gemeenskap.
Dit sluit ook uitreikprogramme vir nie-Jode in, aangesien hulle korrekte
optrede tot die voordeel van die mensdom as geheel moet wees. (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 In alle godsdienste is die oorspronklike inspirasie eers deur mondelinge
tradisie versprei.
Dit beteken dat die oorspronklike boodskap mondelings van geslag tot
geslag oorgedra is.
Mondelinge tradisie was 'n normatiewe bron van primêre belang regdeur
die geskiedenis van godsdiens.
In die Afrika Tradisionele Godsdiens is die familiegeslagsboom die
primêre heilige teks.
Heilige teks word steeds deur mondelinge tradisie versprei, bv. Afrika
Tradisionele Godsdiens.
Skrif het eers ongeveer 4 000 jaar gelede in godsdiens sy opwagting
gemaak.
Mondelinge tradisies wat neergeskryf is, het meer rigied geword.
Die heilige teks van die Christelike godsdiens is die Bybel.
Dit bevat die leringe/leerbeginsels van Jesus Christus. Dit is aanvanklik
mondeling van geslag tot geslag oorgedra.
Oosterse godsdienste plaas minder klem op heilige teks as die
Abrahamitiese gelowe. Die waarde van mondelinge tradisies is meer
betekenisvol in Oosterse godsdienste.
Mondelinge tradisie is buigsaam en weerspieël plaaslike dialekte en
kulture.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (20)
2.2 2.2.1 Dit was slegs godsdiens wat voor 1859 die bestaan van die
mens en die heelal verduidelik het.
Byvoorbeeld, die Boek Genesis in die Bybel vertel in
besonderhede hoe God die heelal en die mens geskep het.
Darwin se evolusieleer het 'n alternatiewe verduideliking van
skepping gegee wat van die Abrahamitiese godsdienstige
verduideliking van die skepping verskil het.
Hierdie teorie het verder 'n verduideliking gegee wat nie die
bestaan van 'n Opperwese vereis het nie.
Darwin se evolusieleer het die mens tot net nog 'n ander dier
wat uit ape ontstaan het, afgeskuif.
Die meeste gee egter spesiale status aan die mens.
In die Abrahamitiese gelowe word gesê dat die mens 'na die
beeld van God' geskep is.
Die invloed van hierdie teorie daag die geloofwaardigheid van of
die heilige tekste as 'n boodskap van God af, uit.
Die meeste mense het begin om die Genesis-weergawe van
skepping as simbolies te hanteer.
Oosterse godsdienste, soos Hindoeïsme en Taoïsme, is nie
deur Darwin se leer geraak nie.
Dit is omdat hulle minder klem plaas op die korrekte
gelowe/oortuigings, en meer klem plaas op die korrekte optrede.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
2.2.2 Godsdiens word beskou as verdelend en plofbaar.
Baie oorloë en ander konflikte word op godsdiens geblameer.
Met die ontwikkeling van drukwerk, massa-onderwys en, nog
meer onlangs, sosiale media, het die publiek die selfvertroue
ontwikkel om onafhanklike denkers te wees.
Hulle glo in hulle eie magte om te argumenteer/redeneer om
godsdienstige doktrine te bevraagteken.
Darwin se evolusieleer word in skole as deel van die kurrikulum
geleer.
Onlangse wetenskaplike ontdekkings het tot die gewildheid van
die teorie aanleiding gegee, bv. die mensagtige fossiele wat by
Marupeng (Wieg van die Mensdom) gevind is.
Dit verskaf 'n alternatiewe verduideliking vir die godsdienstige
standpunt oor hoe die mens ontstaan het.
Daar is ook 'n afname in religiositeit (belangstelling in
godsdiens)
Die toename in wetenskaplike navorsing wat oplossings gee vir
menslike probleme, lei daartoe dat mense meer geloof in die
wetenskap as in godsdiens het.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 3.1.1 VOORBEELDE:
A. Ierse Vryheidsoorlog.√√ Katolieke√√ teen Protestante √√
B. Konflik tussen Israel en Palestina.√√ Israeli's/Jode√√ teen
Palestyne (Moslems en Christene) √√
C. Sri Lanka. √√Tamils (Hindoe)√√ teen Boeddhiste/Sri Lankane√√ (6)
3.1.2 A.
Noord-Ierland is konstitusioneel deel van die Verenigde
Koninkryk (VK).
Die bevolking bestaan uit Katolieke en Protestante.
Die konflik het in 1968 begin en in 1998 geëindig. Hierdie tydperk
staan ook as 'The Troubles' bekend.
Die Katolieke van Noord-Ierland het vir baie jare 'n
onafhanklikheidsoorlog teen die VK gevoer en wou met die
Republiek van Ierland (Eire) verenig.
Die burgermag staan as die Ierse Republikeinse Leër (IRL)
('IRA') bekend.
Die Protestante van Noord-Ierland het weerstand gebied en die
VK ondersteun.
Hierdie konflik kan as godsdienstige nasionalisme beskou word
aangesien die Katolieke godsdienstige eenheid met Ierland
wou hê.
Dit kan ook as fundamentalisties beskou word omdat Protestante
nie toegelaat is om by die IRL aan te sluit nie.
Die konflik het tot 'n lang en bloedige burgeroorlog gelei wat eers
onlangs opgelos is.
B.
Die voortgaande konflik het begin met die totstandkoming van
Israel in 1946.
Onversetlike Israeli's en Zioniste maak daarop aanspraak dat,
volgens hulle geskrifte, Palestina regtens aan die Jode behoort.
Hierdie aanspraak word deur die Palestyne, baie Joodse
organisasies asook sommige Ortodokse Jode verwerp.
Godsdiens speel 'n klein rolletjie in die konflik.
Die land Israel/Palestina is heilig vir Jode, Christene en Moslems.
Die Al Aqsa-moskee in Jerusalem is Islam se derde heiligste
plek.
Jerusalem is ook vir Christene heilig aangesien dit is waar
Christus gekruisig is.
Jode beskou Jerusalem as die ligging van die Tempelberg/
Tempel van Salomo.
Al hierdie plekke het lank voor die skepping van Israel bestaan en
is regdeur die geskiedenis deur verskillende stamme
bewoon/beset.
Godsdiens word as 'n verskoning vir die konflik gebruik.
Daar is geen poging deur enige kant om mense na hulle geloof
te bekeer nie.
Die voortgaande besetting van Palestynse grond deur Jode
(Joodse setlaars) is 'n belangrike faktor in die konflik.
Die bou van onwettige nedersettings op hierdie grond is ook
'n belangrike faktor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
C.
Ceylon se naam is in 1972 na Sri Lanka verander en
Boeddhisme is as die land se godsdiens aangeneem. Dit het die
Tamil-minderheid, wat Hindoe is, geantagoniseer.
Tamil-Hindoes het gevoel dat die regering die Boeddhiste
meerderheid voorstaan/bevoordeel en teen hulle diskrimineer.
Die Tamil-Hindoes het die regering beskuldig dat hulle nie
godsdienstige verdraagsaamheid en menseregte bevorder nie.
Bv. Singalees was die enigste amptelike taal in Sri Lanka.
Hierdie beleid het Tamil-Hindoes van die ekonomie uitgesluit.
Boonop word Tamils verhinder om tersiêre onderrig te ontvang.
'n Militante groep, die Bevrydingstiere van Tamil Eelam
('Liberation Tigers of Tamil Eelam [LTTE]) het in die 1980's
wapens teen die regering opgeneem. Hulle doelwit was om
'n onafhanklike Tamil-staat in die noorde van die land te vestig.
Die regering het in 2003 probeer om Boeddhisme die enigste
staatsgodsdiens te maak. Hierdie mosie het nie die vereiste
politieke ondersteuning gehad nie en is nie wet gemaak nie.
Die konflik het sowat 60 000 lewens geëis.
Godsdienstige en kulturele diskriminasie was 'n belangrike
bydraende faktor tot die konflik. (20)
3.1.3 A.
Daar is tans oor die algemeen vrede in die gebied.
Die meerderheid mense ondersteun vreedsame samesprekings
in plaas van gewapende konflik.
Die IRL het hul aanspraak op onafhanklikheid van die VK laat
vaar.
Politieke mag word tans deur die Protestante en die Katolieke
gedeel.
Sommige politieke moorde vind steeds plaas en die 'Real IRA'
maak aanspraak op verantwoordelikheid daarvoor.
B.
Talle VN-resolusies is al aangeneem wat hierdie besetting
veroordeel.
Israel gaan egter voort om die VN-resolusies uit te daag en bou
nog nedersettings op Palestynse grond.
Daar is sporadiese aanvalle op Palestyne asook Jode.
Die situasie bly steeds onstabiel.
Geen oplossing is al vir die situasie gevind nie.
C.
Daar is deesdae magtedeling in die regering.
Die ekonomie groei en Sri Lanka is weer 'n gewilde
toeristebestemming.
Daar is verskeie oproepe gemaak om menseregteskendings
tydens die oorlog te ondersoek.
Die land beweeg stadig daarna om 'n ten volle gedemilitariseerde
staat te word.
Bekering na die godsdiens van jou keuse word toegelaat, d.i.
godsdiensvryheid word gerespekteer. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
3.2. JA
In die meeste wêrelddele is godsdiens nie meer 'n belangrike faktor wat
die politiek beïnvloed nie.
Alhoewel konflik regoor die wêreld plaasvind, word dit nie meer deur
godsdiens veroorsaak nie.
Die meeste lande weerspieël deesdae heelwat godsdienstige diversiteit.
Dit is omdat daar wêreldmigrasie is.
Wêreldmigrasie vind om verskeie rede plaas, natuurrampe en oorloë
ingesluit.
Immigrante stel hulle eie godsdienste aan hulle nuwe lande bekend.
Voorbeelde hiervan is die Siriese vlugtelinge in Europa, wat hoofsaaklik
Moslem is.
Hierdie konflik gaan nie oor godsdiens nie, eerder oor internasionale
politiek.
Nog 'n voorbeeld is die situasie in Suid-Soedan. Vlugtelinge is animiste,
Christene en Moslems. Hulle neem hulle godsdienstige gelowe/oortuigings
na nuwe lande.
Intergodsdienstige dialoog het ook baie meer algemeen geword.
Die sosiale media dra hiertoe by aangesien dit maklike toegang tot diverse
godsdienstige inligting bied.
NEE
Soos wat lande multigodsdienstige word, so neem die moontlikheid van
godsdienstige konflik toe.
Hierdie konflik is nie openlike oorlogvoering nie, maar behels
onderdrukking van minderheidsgodsdienste.
Die onderdrukking word vererger wanneer dit deur vir politieke voordeel
uitgebuit word.
'n Voorbeeld hiervan is die situasie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Politieke verskille het vinnig veroorsaak dat die land verdeel volgens
Moslems en Christene.
Die volksmoord van Rohingya-Moslems deur Boeddhiste in Myanmar is
nog 'n voorbeeld.
Aanvalle op Koptiese Christene in Egipte is 'n voorbeeld van laegraadse
konflik.
In die Siriese konflik is daar 'n sterk ondertoon van Soenni-Sjia-spanning
aangesien die Siriese regering deur Sjia-Iran ondersteun word terwyl
sommige van die militante groepe ondersteun word deur die VSA, wat met
Soenni-Saoedi-Arabië geallieer is.
In Europa en die Verenigde State van Amerika lei godsdienstige
onverdraagsaamheid dikwels tot ontheiliging van plekke van aanbidding.
Dit lei ook tot godsdienstige diskriminasie, soos die onlangse Amerikaanse
verbod op sommige lande waar die meerderheid mense Moslems is.
LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word. (16)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 'n Wêreldbeskouing is die manier waarop ons sin maak van die wêreld om
ons.
Daar is twee tipes wêreldbeskouings: die godsdienstige wêreldbeskouing
en die sekulêre wêreldbeskouing.
'n Godsdienstige wêreldbeskouing is die geloof/oortuiging dat die regering
en moraliteit op godsdiens gegrond moet wees.
'n Sekulêre wêreldbeskouing is die geloof/oortuiging dat die regering en
moraliteit op menseregte, en nie noodwendig op godsdiens, gegrond moet
wees nie. (4)
4.2 VOORBEELD 1: ATEÏSME
Ateïste verwerp die geloof/oortuiging dat goddelike of bonatuurlike magte
bestaan.
Ateïste draai dikwels na die wetenskap om die aard van die heelal te
verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.
Daar is verskillende grade van ateïsme.
Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike wese
aktief nie.
Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
beskouings te ondersteun.
In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
Dit is omdat hulle voel beide wêreldbeskouings is afhanklik van bewyse om
hulle aansprake te bewys.
VOORBEELD 2: SEKULÊRE HUMANISME
Sekulêre humanisme glo dat die goddelike nie bestaan nie.
Hulle verwerp godsdienstige geloof/oortuiging en die bestaan van die
bonatuurlike.
Soos ander vorms van humanisme, het hulle 'n algemene geloof/oortuiging
wat menslike denke as primêr belangrik beskou.
In hulle leringe/leerbeginsels beklemtoon die Raad vir Sekulêre
Humanisme die volgende:
o 'n Behoefte om geloof/oortuigings te toets: 'n Oortuiging dat tradisies,
ideologieë en dogma deur elke individu en nie deur geloof nie, getoets
moet word.
o Rede, bewyse, wetenskaplike metode: 'n Verbintenis tot die gebruik
van kritiese redenering/denke, feitelike bewyse en wetenskaplike
metode van ondersoek om die oplossings op menslike probleme te
vind.
o Vervulling, groei en kreatiwiteit: 'n Primêre belang by vervulling, groei
en kreatiwiteit.
o Soeke na die waarheid: 'n Voortdurende soeke na die objektiewe
waarheid.
o Etiek: 'n Soeke na haalbare individuele, sosiale en politieke beginsels
van etiese optrede.
o Geregtigheid en regverdigheid: 'n Belang om geregtigheid en
regverdigheid in die samelewing te vestig.
o Om 'n beter wêreld te bou: 'n Oortuiging dat rede, openlike uitruil van
idees, welwillendheid en verdraagsaamheid gebruik kan word om 'n
beter wêreld te bou. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
4.3 'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die ontwikkeling van demokratiese
regering.
Sekulêre wette word die hoogste wette van die wêreld.
Die meeste godsdienstige mense pas by die sekulêre beskouing aan deur
die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
Dit bevorder gewetensvryheid en geloof/oortuiging.
Dit gee 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.
Die samelewing het die vryheid om die gesag van godsdienstige
leringe/leerbeginsels te bevraagteken.
Sekulêre beskouings lei tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie
in die samelewing.
Dit bevorder vryheid van spraak waar die samelewing kan debatteer en
party van die tradisionele gelowe/oortuigings kan bevraagteken.
Sekulêre beskouings lei tot die ontwikkeling van die Universele Verklaring
van Menseregte.
Dit voorkom die dominering van een godsdiens. (14)
4.4 Historiese konteks
Dit beteken dat die geskrifte verstaan moet word binne die konteks van die
tyd en omstandighede waarin die teks geskryf is.
Duidelikste betekenis
Die betekenis wat vir die lesers die duidelikste is, moet in ag geneem word.
Plan, doel en konteks
Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem word.
Die doel van die skrywer moet ook in ag geneem word.
Die uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
Betekenis van woorde
Vir die regte interpretasie moet die oorspronklike betekenis gebruik word
aangesien die betekenis van woorde mettertyd verander.
Figuratiewe taal
Figuratiewe taal wat in heilige tekste gebruik word, moet nie letterlik
vertolk/geïnterpreteer word nie.
Ander heilige tekste
Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde
onderwerp te interpreteer sodat daar konsekwentheid ten opsigte van
leringe/leerbeginsels van 'n godsdiens en die heilige tekste daarvan is.
LET WEL: Enige DRIE van die punte hierbo moet gekrediteer word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
5.1 Diskriminasie is die onregverdige of bevooroordeelde behandeling van
mense, veral op grond van ras, kleur, geslag, godsdiens, ouderdom, ens.
Diskriminasie beteken ook om mense met 'n ander sosiale agtergrond uit
die ekonomie van die land ui te sluit.
Dit is 'n geloof/oortuiging dat mense van 'n sekere ras verhewe of
ondergeskik aan ander rassegroepe is.
Apartheid in Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld van rassediskriminasie.
Die volksmoord in Burundi is ook 'n voorbeeld van rassediskriminasie in
Afrika.
Die Christelike godsdiens was die enigste staatsgodsdiens tydens die
apartheidsregering. Ander godsdienste is nie erken nie en dit is 'n
voorbeeld van godsdienstige diskriminasie.
Die doodmaak van mense met albinisme is 'n voorbeeld van diskriminasie
wat op bygeloof gerond is.
Vroue in sommige beroepe verdien minder as hulle manlike eweknieë en
dit is geslagsdiskriminasie. (12)
5.2 Slagoffers van diskriminasie is dikwels sielkundig geraak en het nie
selfvertroue/selfagting nie.
Diskriminasie veroorsaak geweld in die samelewing wanneer die slagoffers
gelyke behandeling eis.
Slagoffers van diskriminasie word arm want hulle word uit die ekonomie
van die land uitgesluit.
Diskriminasie veroorsaak 'n verdeelde samelewing waar mense volgens
hulle rassegroepe leef. Dit veroorsaak baie vyandigheid.
Dit ontken 'n land sosiale samehorigheid.
Diskriminasie is dikwels die oorsaak van godsdienstige konflik in die
samelewing. Dit gebeur wanneer een godsdiens deur 'n ander een
onderdruk word.
Diskriminasie het swartes in Suid-Afrika van gehalte onderwys uitgesluit.
Dit is steeds 'n uitdaging waarvoor die demokratiese regering te staan
kom.
Geweld teen vroue kom voor as gevolg van geslagsdiskriminasie.
Godsdienstige groepe is dikwels volgens hulle rassegroepe verdeel, bv.
swart kerke en wit kerke.
Godsdienstige diskriminasie lei tot sinkretisme en die stigting van die
Onafhanklike Afrika-kerke of Afrika- Geïnisieerde Kerke. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
5.3 VOORBEELD 1: BOEDDHISME
Boeddhisme leer dat diskriminasie 'n voorbeeld van onkunde is en
verhewendheid is 'n voorbeeld van hunkering/drang na, is
Onkunde en hunkering veroorsaak dat mense ly. Hierdie lyding word
dukkha genoem.
Boeddhiste glo in upekkha (gelyke respek vir almal).
Hulle glo daar is geen fundamentele verskil tussen enige menslike wesens
nie.
Mahayana-Boeddhisme glo dat alle mense gelyk behandel moet word
omdat ons almal verligte wesens kan word.
Almal kan verlig word ongeag kultuur, ras of sosiale agtergrond.
Hulle glo dat die bereiking van verligting die oplossing tot diskriminasie is.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
Christene glo dat alle menslike wesens na die beeld van God geskep is.
Ons is gelyk voor die Skepper en daarom moet ons mekaar met eerbied
en respek behandel.
Diskriminasie is teen die kreasionistiese leringe/leerbeginsels van die
Christelike godsdiens.
Jesus Christus het Sy volgelinge geleer om mekaar lief te hê soos jouself.
Diskriminasie is sonde teen die gebod van liefde.
Een van die Tien Gebooie is om jou naaste soos jouself lief te hê.
Liefde diskrimineer nie op grond van ras, kleur, godsdiens, geslag en
seksuele oriëntering nie.
In die gelykenis van die Samaritaan het Jesus ons geleer dat jou naaste
enige lewendige mens is ongeag ras, kleur of godsdiens.
Die apostel Paulus leer ons dat alle nasies volgens dieselfde bloed geskep
is en in verskillende lande of op verskillende plekke geplaas is om God te
soek.
Geen land of ras is verhewe bo 'n ander een nie.
Een van die unieke eienskappe van die Christelike godsdiens is die
geloof/oortuiging dat Jesus vir die hele mensdom gesterf het en dit
beteken ons moet mekaar as gelykes behandel.
'Want God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het.'
Dit wys dat God nie op grond van godsdiens of ras diskrimineer nie, maar
'Sy enigste Seun' vir die hele mensdom gestuur het. (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS – Nasienriglyne
5.4 Godsdienstige organisasies moet saam die regering staan en veldtogte
teen diskriminasie hou.
In hulle godsdienstige samekomste moet hulle leringe/leerbeginsels
beklemtoon wat eenheid aanmoedig en enige vorm van diskriminasie
verwerp.
Hulle kan pamflette teen diskriminasie laat druk en in hulle gemeenskappe
uitdeel.
Internasionale godsdienstige organisasies moet vertakkings hê wat
strategiese programme teen diskriminasie implementeer.
Godsdienstige organisasies moet saam alle sportorganisasies werk om
teen diskriminasie in sport te veg.
Hulle moet jeug-intergodsdienstige en kulturele kampe hou waar die jeug
met mense van verskillende rasse en godsdienste kan interaksie hê.
Godsdienstige organisasies moet deur hulle eie voorbeeld lei en verseker
dat hulle organisasies alle rasse, geslagte, gelowe/oortuigings, kleur en
oudersgroepe insluit. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (English)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper