You're offline
Skip to content
Question paper

Religion Studies P2 Feb March 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: Religion StudiesGrade 1220185 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 1 1.1 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Daar is baie godsdienste in die wêreld, elk met hulle eie identiteit. Binne enige godsdiens kan 'n paar verskille egter nie uitbly nie. Hierdie verskille is soms klein en ander kere loop dit op openlike oorlogvoering uit. 1.1.1 Noem die hoofsektes of vertakkinge van enige EEN godsdiens. (6) 1.1.2 Vergelyk die godsdienstige GELOWE/OORTUIGINGS van die verskillende vertakkinge van die godsdiens wat jy gekies het. (14) 1.1.3 Beskryf in breë trekke die verskillende maniere waarop godsdienste hulle interne verskille hanteer. Gee voorbeelde om jou antwoord te illustreer. (14) 1.2 Ten opsigte van die SENTRALE LERINGE/LEERBEGINSELS van enige EEN godsdiens, bespreek die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld. (16) [50] VRAAG 2 2.1 Bespreek die verhouding tussen mondelinge tradisie en heilige teks. Gebruik voorbeelde uit TEN MINSTE TWEE godsdienste om jou antwoord te illustreer. (20) 2.2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Charles Darwin het in 1859 'n boek getitel, On the Origin of Species, gepubliseer. In hierdie boek het hy beweer dat alle lewende dinge mettertyd verander om by veranderende omgewings aan te pas. 2.2.1 Verduidelik waarom sekere godsdienste sterk teen Darwin se leringe/leerbeginsels beswaar maak. (16) 2.2.2 Verduidelik die redes vir die gewildheid van Darwin se teorie in die hedendaagse samelewing. (14) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Natuurlik is alle godsdienstige konflik nie oorloë nie: soms is die konflik slegs verbaal en behels nie enige geweld nie. Soms broei konflik vir baie jare. En dan kan konflik op ander tye na openlike oorlogvoering oorloop. [Bron: Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al. bl. 229] 3.1. Kies 'n onlangse gewapende konflik in enige EEN van die volgende geografiese streke (A–C) en beantwoord die vrae wat volg. A Europa B Midde-Ooste C Asië 3.1.1 Noem die streek (A, B of C) wat jy gekies het. Noem dan die land en die groepe wat oorlog voer. (6) 3.1.2 Verduidelik die oorsake van die konflik (sluit beide godsdienstige en ander oorsake in). (20) 3.1.3 Wat is die huidige situasie in die konflikgebied? (8) 3.2 Godsdienstige konflik regoor die wêreld is besig om af te neem. Stem jy saam met hierdie stelling? Gee redes vir jou antwoord. Gebruik TWEE voorbeelde om jou antwoord te illustreer. (16) [50] VRAAG 4 4.1 Wat verstaan jy onder die term wêreldbeskouing? (4) 4.2 Noem ENIGE TWEE sekulêre wêreldbeskouings en verduidelik die oortuigings van ELK. (10 x 2) (20) 4.3 Wat is die invloed van sekularisme op die samelewing? (14) 4.4 Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STRANDBOELIES VAAR UIT OP SOSIALE MEDIA Sosiale media is 'n gerieflike platform waarop mense hulle diskriminerende ingesteldheid/sienswyses kan vertoon. Vakansies, in besonder, is tye wanneer rassiste, wat nie kan verdra dat swart mense ook die sand en see geniet nie, graag op Facebook en Twitter hulle opinies lug. Suid-Afrika se Konstitusie maak voorsiening dat almal groot vryheid van spraak geniet, maar wanneer opmerkings opruiend en met haat gevul is, of mense tot geweld aanhits, kan dit eenvoudig nie geduld word nie. [Bron: Aangepas uit News24.com. Toegang op 10 Januarie 2017 verkry.] 5.1 Verduidelik die konsep diskriminasie en gebruik DRIE voorbeelde om jou antwoord te illustreer. (12) 5.2 Analiseer die invloed van diskriminasie op die samelewing. (10) 5.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek die leringe/leerbeginsels wat spesifiek die probleem van diskriminasie aanpak. (18) 5.4 Watter praktiese strategieë kan godsdienstige organisasies implementeer om diskriminasie in ons samelewing te beveg? (10) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Religion Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all