Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
RELIGIESTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 


_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)


View all





Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 496.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society6 marks
- Question 1.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 1.3Common Features of Religion8 marks
- Question 1.4Common Features of Religion20 marks
- Question 1.5Topical Issues in Society50 marks
- Question 2.1The Variety of Religions20 marks
Show all 17 questions
- Question 2.2The Variety of Religions8 marks
- Question 2.3Common Features of Religion10 marks
- Question 2.4Common Features of Religion12 marks
- Question 3.1Examinable Prior Grade Content22 marks
- Question 3.2Common Features of Religion20 marks
- Question 3.3The Variety of Religions8 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions16 marks
- Question 4.2The Variety of Religions20 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions14 marks
- Question 5.1Research Into and Across Religions22 marks
- Question 5.2Common Features of Religion28 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
3. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
4. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy dit beantwoord.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
7. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIESTUDIES V2 3
VRAAG 1
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ten spyte van voortdurende bewustheid en afskrikpogings deur regerings en nie-
regeringsorganisasies, is geslagsgebaseerde geweld (GBV) steeds ʼn groot
bekommernis in Suid-Afrika en regoor die wêreld.
[Uittreksel geneem uit https://www.saferspaces.org.za/understand/entry/gender-based-violence-in-
south-africa. Toegang op 14 Februarie 2024 verkry.]
1.1 Bespreek DRIE redes waarom daar geslagsgebaseerde geweld (GBV) in
ons samelewing is. (3 x 2) (6)
1.2 Ontleed die impak van geslagsgebaseerde geweld (GBV) in die samelewing. (10)
1.3 Kies EEN godsdiens en bespreek sommige van sy leringe wat oplossings
vir geslagsgebaseerde geweld (GBV) bied. (8)
1.4 Geslagsgebaseerde geweld (GBV) word as boos beskou. In die konteks van
enige EEN godsdiens bespreek die volgende:
1.4.1 Hoe kan die mensdom boosheid oorwin? (10)
1.4.2 Wat is die verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld? (10)
1.5 As graad 12-leerder word jy gevra om met jou medeleerders te praat om
GBV te ontmoedig. Skryf DRIE hoofpunte van jou toespraak neer. (3 x 2) (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Geen godsdiens is ʼn vaste, monolitiese eenheid nie. Hulle het almal baie
interne verskille.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, H.C. Steyn, bladsy 56]
Bespreek die interne verskille van EEN godsdiens onder die volgende
opskrifte:
2.1.1 Bestuur (10)
2.1.2 Leringe (10)
2.2 Evalueer die moontlike gevolge van interne verskille vir godsdienste. (8)
2.3 Bespreek kontemporêre inspirasie in die konteks van godsdiens. (10)
2.4 Bespreek DRIE hermeneutiese beginsels wat relevant vir die interpretasie
van heilige tekste is. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIESTUDIES V2 5
VRAAG 3
3.1 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ʼn Ritueel is ʼn stel formele handelinge of gedrag met ʼn seremoniële doel wat
met gereelde tussenposes binne ʼn bepaalde omgewing uitgevoer word.
Verskillende tipes rituele gee betekenis aan verskillende seremonies binne die
geloofsgemeenskap.
[Uittreksel uit https://study.com/academy/lesson/rituals-definition-types-challenges.html.
Toegang op 2 Maart 2024 verkry.]
Bespreek die rol wat rituele speel onder die volgende opskrifte:
3.1.1 Sosiale rol (6)
3.1.2 Geestelike rol (6)
3.1.3 Sielkundige rol (10)
3.2 Die uittreksel hieronder handel oor sekularisme. Lees die volgende uittreksel
en beantwoord die vrae wat volg.
Sekularisme is ʼn wêreldbeskouing wat geen godsdienstige dogma onderskryf
nie. Veral in die Weste is daar ʼn toenemende aantal mense wat sekulêre
lewens lei.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, H.C. Steyn, bladsy 71]
3.2.1 Noem EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die oorsprong
daarvan. (8)
3.2.2 Evalueer die impak van sekularisme op die godsdiensgemeenskap
krities. (12)
3.3 Wat is die rol van inspirasie in Afrika Tradisionele Godsdiens? (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 4
4.1 Lees die volgende uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In pre-1994 apartheid Suid-Afrika is alle aspekte van die samelewing, insluitend
godsdiens, oorheers deur die beleid van apartheid. Na die demokratiese
verkiesing van 1994 het dinge verander.
[Bron: Inter-religious relations in South Africa with reference to Christians and Muslims,
Dolamo, RTH: Universiteit van Suid-Afrika, bladsy 11]
Vergelyk die stand van godsdienssamewerking in Suid-Afrika voor en na 1994. (16)
4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die NRLF is gestig na ʼn oproep van President Mandela in 1997 om
verskillende gelowe te verenig wat gedurende die apartheidsera verdeeld
was. Dit bestaan uit die leiers van verskeie godsdienste in Suid-Afrika. In 2009
het pastoor Ray McCauley ʼn nuwe intergodsdienstige organisasie genaamd
die National Interfaith Leadership Council (NILC) gestig. Die NRLF het
saamgesmelt/gekombineer met die NILC om die Nasionale Intergeloofsraad
van Suid-Afrika (NICSA) in 2011 te vorm.
Ander intergodsdienstige organisasies sluit in die African Council of Religious
Leaders (ACRL) en die World Council of Churches (WCC).
[Bron: www.acrl-rfp.org, Shutters Top Class, Religion Studies, Grade 12]
4.2.1 Evalueer die impak van die NRLF / NICSA. (12)
4.2.2 Verduidelik die verskil tussen die WKK en ACRL. (8)
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die volgende vraag.
Daar is baie godsdienste in die wêreld, soos Afrika Tradisionele Godsdiens
(ATR), Bahá’i-geloof, Boeddhisme, Christendom, Hindoeïsme, Islam,
Djainisme, Judaïsme, Sikhisme en Taoïsme. Godsdienstige organisasies word
gestig om harmonie tussen verskillende godsdienste te bevorder en te
handhaaf.
[Bron: https://www.wozamatrics.co.za/wp-content/uploads/2022/09/Religion-Studies-Inter-
religious-relationships-FIN.pdf. Toegang op 12 Maart 2024 verkry.]
Beskryf die praktiese stappe wat deur godsdiensorganisasies geneem is om
intergodsdienstige harmonie te bevorder. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) RELIGIESTUDIES V2 7
VRAAG 5
5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die volgende vrae.
Darwin se evolusieteorie het ʼn alternatiewe verklaring vir die oorsprong van
die mens gegee. Terwyl evolusie nie godsdienstige idees oor die skepping
direk weerlê nie, is dit duidelik dat dit geen verduideliking as deel van ʼn
goddelike plan bied nie.
[Bron: Shutters Top Class Religion Studies, Grade 12, bladsy 138]
5.1.1 Verduidelik die evolusieteorie. (10)
5.1.2 Bespreek die reaksie van EEN Midde-Oosterse godsdiens op Darwin
se teorie. (12)
5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Leringe hou verband met geloof in die sin dat volgelinge geloof in ʼn bepaalde
godsdiens sal hê, omdat hulle ʼn stel leringe aanvaar het wat hulle voel waar
is.
[Bron: Religion Studies Grade 12, RD Donne et al]
Kies EEN godsdiens en bespreek die sentrale leerstellings daarvan onder die
volgende opskrifte:
5.2.1 Die aard van goddelikheid (10)
5.2.2 Die aard van die wêreld (10)
5.2.3 Lewe na die dood (8)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper