Skip to content
Practical assessment task

Technical Sciences PAT GR 12 2018 Afr

Grade 12 Technical Sciences practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Technical SciencesGrade 12201827 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com TEGNIESE WETENSKAPPE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2018 Hierdie riglyne bestaan uit 27 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 2 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 4 2.2 Moderering van die PAT'e 4 3. LEERDERRIGLYNE 4 4. BEWYS VAN MODERERING 5 5. PUNTETOEKENNING 5 6. VERKLARING VAN EGTHEID 6 7. FORMELE EKSPERIMENTE 7 • EKSPERIMENT 1: BEPAAL DIE VERWANTSKAP TUSSEN VERSNELLING EN KRAG VIR 'N KONSTANTE MASSA 7 o EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 1 7 o WERKSBLAD VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 1 9 o EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 2 11 o WERKSBLAD VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 2 13 o EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 3 15 o WERKSBLAD VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 3 17 • EKSPERIMENT 2: BEPAAL DIE PAD VAN 'N LIGSTRAAL DEUR 'N GLASBLOK VIR VERSKILLENDE INVALSHOEKE 19 o EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR EKSPERIMENT 2 19 o WERKSBLAD VIR EKSPERIMENT 2 21 • EKSPERIMENT 3: BEPAAL DIE ELEKTRODEPOTENSIAAL VAN 'N Cu-Zn ELEKTROCHEMIESE SEL 23 o EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR EKSPERIMENT 3 23 o WERKSBLAD VIR EKSPERIMENT 3 25 8. GEVOLGTREKKING 27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 3 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Tegniese Wetenskappe 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die praktiese assesseringstaak vir Tegniese Wetenskappe graad 12 bestaan uit drie eksperimente. Die eksperimente is VERPLIGTEND vir ALLE kandidate wat Tegniese Wetenskappe in Graad 12 aanbied. Die PAT word gedurende die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die skooljaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die eksperimente moet onder toesig plaasvind. Moderering van die eksperimente kan op die terrein plaasvind en kan behels dat leerders die eksperimente in die teenwoordigheid van die moderator moet oordoen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 4 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer • Die volgende dokumente moet vir alle formele eksperimente beskikbaar wees: o Eksperimentinstruksies wat die eksperimentprosedures wat gevolg moet word, verduidelik o Die werksblaaie wat vrae insluit wat onder eksamentoestande beantwoord moet word o Die onderwyserriglyne met eksperimentinstruksies, werksblaaie en nasienriglyne (die onderwyserriglyne MAG NIE aan die leerders gegee word NIE) o Onderwysers moet nasienriglyne (memoranda) vir die werklike resultate van die eksperimente wat uitgevoer word, saamstel (onderwysers moet EERS self die eksperiment uitvoer) • Eksperimente moet individueel of in pare uitgevoer word. Indien voldoende apparaat egter nie beskikbaar is nie, kan eksperimente in groepe uitgevoer word. Elke leerder moet sy/haar EIE INDIVIDUELE data en waarnemings aanteken. • Elke leerder met sy/haar EIE werksblad hê en die vrae INDIVIDUEEL onder eksamentoestande beantwoord. • Slegs wanneer al die leerders die eksperimente uitgevoer het, by hulle tafels sit en gereed is om die vrae te beantwoord, kan onderwysers 'n werksblad aan elke leerder oorhandig. Eksamentoestande moet toegepas word. • Indien dit nie moontlik is om op dieselfde dag die eksperiment uit te voer en die werksblad te beantwoord nie, moet die onderwyser die leerders se data insamel nadat die eksperiment gedeeltelik afgehandel is. Hierdie data moet by die skool gehou word. Slegs wanneer die leerders die eksperiment finaliseer, mag die data weer aan die leerders oorhandig word. 2.2 Moderering van die PAT'e Vir moderering word die volgende vereis, óf in 'n aparte klaskamer óf in 'n laboratorium: • Name van leerders wat vir distriksmoderering gekies is • Toerusting/Apparaat/Chemikalieë moet reeds by die werkstasies gereed staan • Eksperimentinstruksies en werksblaaie (oningevul) vir leerders om vrae te beantwoord Vir moderering word die volgende dokumente in die onderwyser se lêer vereis: • Indeks wat alle take met onverwerkte (rou) en verwerkte punte aandui • Alle eksperimentinstruksies, formele toetse en eksamens • Nasienriglyne vir alle eksperimente, met regmerkies en totale • Saamgestelde werkende puntestaat vir alle leerders wat onverwerkte en verwerkte punte toon • Bewyse van interne moderering Vir moderering word die volgende dokumente in die leerder se lêer vereis: • Indeks wat alle take met rou en verwerkte punte aandui • Antwoordblaaie vir alle eksperimente, formele toetse en eksamens 3. LEERDERRIGLYNE 3.1 Hierdie praktiese assesseringstaak vir graad 12 bestaan uit DRIE EKSPERIMENTE. 3.2 Die praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale bevorderingspunt vir graad 12. 3.3 Alle werk in die praktiese assesseringstaak moet jou eie wees. Groepswerk word NIE toegelaat nie. 3.4 Toon ALLE berekeninge duidelik en sluit eenhede in. Rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af. Gebruik korrekte SI-eenhede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 5 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 4. BEWYS VAN MODERERING Leerder se naam: Skool: BEWYS VAN MODERERING MODERERING HANDTEKENING DATUM HANDTEKENING VAN DATUM VAN ONDERWYSER DEPARTEMENTSHOOF Skoolgebaseerd 5. PUNTETOEKENNING EKSPERIMENT MAKSIMUM GEWIGS- LEERDER SE GEMODE- GEMODE- GEMODE- PUNT WAARDE PUNT REERDE PUNT REERDE PUNT REERDE (O/WYSER) (SKOOL) (DISTRIK) PUNT (PROV.) 1 35 40 2 35 30 3 35 30 TOTAAL 105 100 SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 6 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 6. VERKLARING VAN EGTHEID NAAM VAN SKOOL: ................................................................................................ NAAM VAN LEERDER: ............................................................................................ (VOLLE NAAM EN VAN) KLAS: ............................................................................................... NAAM VAN ONDERWYSER: ................................................................................... SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak ingedien vir assessering my eie oorspronklike werk is en nie vantevore vir moderering ingedien is nie. ______________________________ ____________ HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo waar en ek aanvaar dat die werk wat aangebied is sy of haar eie is. ________________________________ ____________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 7 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 7. FORMELE EKSPERIMENTE EKSPERIMENT 1: BEPAAL DIE VERWANTSKAP TUSSEN VERSNELLING EN KRAG VIR 'N KONSTANTE MASSA EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 1 DOEL: Om die verwantskap te bepaal tussen die resulterende krag wat op 'n voorwerp inwerk en die versnelling wat veroorsaak word APPARAAT: • Dinamika-trollieuitrusting • 4 hangslotmassastukke (gegleufde massastukke) met gelyke massas • Trolliebaan • Onrekbare toutjie • Stophorlosie METODE: Stel 'n trolliebaan met 'n trollie op, soos hieronder getoon. 1. Sonder enige massastukke, lig die een kant van die trolliebaan net genoeg op sodat die trollie teen 'n konstante snelheid teen die helling afrol. 2. Meet die lengte van die trolliebaan waardeur die trollie gaan beweeg. 3. Hang 'n toutjie, met 'n massastuk m wat aan een ent hang, oor 'n katrol. Maak die ander ent van die toutjie aan die trollie vas sodat wanneer die massastuk gelos word, dit veroorsaak dat die trollie versnel. Maak 3 eenderse massastukke aan die trollie vas. 4. Gebruik 'n stophorlosie en meet die tyd vanaf die oomblik wat die trollie gelos word totdat dit die versperring tref. Herhaal hierdie aksie ten minste 3 keer per massastuk sodat die gemiddeld van die 3 tye gebruik kan word. 5. Gebruik die lesings om die gemiddelde snelheid te bereken. 6. Die krag word maklik verhoog wanneer gegleufde massastukke van m bygevoeg word. Plaas die ongebruikte gegleufde massastukke op die trollie. Plaas hulle oor op die gegleufdemassastuk-houer elke keer wat die versnellingskrag verhoog word. Dit verseker dat die totale massa wat versnelling ervaar regdeur die eksperiment konstant bly. 7. Herhaal stap 1 tot 6 met 2, 3 en dan 4 massastukke. 8. Teken resultate aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 8 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 DATAVOOR- ∆𝒙 Massa (kg) ∆𝒕 (s) ∆𝒗 STELLING: 1 2 3 Wanneer leerders die eksperiment voltooi het, moet hulle die vrae op die werksblad onder gekontroleerde toestande beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 9 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 WERKSBLAD VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 1 PRAKTIESE VAARDIGHEDE 1. Volg instruksies en manipulasie Kriteria Punte Volg 'n reeks geskrewe/mondelinge Volg 'n reeks instruksies wat 1 instruksies op akkurate wyse afgeleide instruksies insluit Manipulasievaardighede sluit In staat om alle apparaat en korrekte en veilige hantering van toerusting korrek en veilig te 1 apparaat en toerusting in hanteer 2. Vir hierdie eksperiment, skryf die volgende neer: 2.1 Die onafhanklike veranderlike (1) 2.2 Die afhanklike veranderlike (1) 2.3 Die konstante veranderlike (1) 3. By punt 1 van die METODE van die eksperiment, is jy gevra om die trolliebaan te lig. Teken 'n volledig benoemde vrye kragtediagram wat AL die kragte toon wat op die trollie op die geligte trolliebaan inwerk en gebruik dit om te verduidelik waarom die trolliebaan gelig is. (4) 4. Wat is die rede waarom die trolliebaan aan een kant gelig is? (2) 5. Waarom is die massastukke eers op die trollie geplaas en daarna na die haak oorgeplaas? (2) 6. Datavoorstelling en interpretasie van resultate Gebruik die ingesamelde data en voltooi TABEL 1 hieronder. TABEL 1 Massa 𝒗𝒇 − 𝒗𝒊 ∆𝒙 Tyd (s) ∆𝒗 = v f -v i 𝒂= F net =ma (kg) ∆𝒕 1 2 3 LET WEL: 1 punt vir die hele kolom van ∆𝑥, wat met liggrys beklemtoon is, dan 1 punt vir elke daaropvolgende lesing. (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 10 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 7. Dataontleding Stip 'n grafiek van versnelling versus F net . (4) 8. Gevolgtrekking Watter gevolgtrekkings kan ons uit hierdie eksperiment maak? (2) TOTAAL: _____ 35 Totale punt herlei = 𝒍𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓 𝒔𝒆 𝒑𝒖𝒏𝒕 × 𝟒𝟎 = _____ 𝟑𝟓 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 11 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 DIE VERWANTSKAP TUSSEN RESULTERENDE KRAG EN VERSNELLING (NEWTON SE TWEEDE WET) EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 2 DOEL: Om die verwantskap te bepaal tussen die resulterende krag wat op 'n voorwerp inwerk en die versnelling wat veroorsaak word APPARAAT: • Trollie met wrywinglose wiele wat op 'n gladde trolliebaan loop • Tydtikker en lint • Batterye of transformator vir tydtikker • 3 of 4 rekkies met dieselfde lengte • 'n Meterstok METODE: 1. Kies 'n frekwensie van 25 Hz of 50 Hz in die tydtikker. Bepaal die periode (T) van die tydtikker. 2. Bepaal die tyd nodig om 11 kolletjies te maak (10 tydtikkerintervalle) (t = n x T) waar n die aantal kolletjies of intervalle is. Byvoorbeeld: 3. Plaas 'n trollie op 'n trolliebaan en pas die baan aan om vir wrywing op die trolliewiele te kompenseer (lig die baan op totdat die trollie teen konstante snelheid beweeg.) Sien die figuur hieronder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 12 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 4. Heg een ent van 'n rekkie aan die trollie en die ander ent van die rekkie aan die punt van die meterstok. Laat 'n maat die trollie vashou terwyl jy die rekkie uitrek totdat die 800 mm-merk op die meterstok in lyn met die voorkant van die trollie is. Gee jou maat 'n teken om die trollie te laat los en beweeg saam met die trollie vorentoe terwyl die rekkie met dieselfde hoeveelheid uitgerek gehou word. Oefen dit 'n paar keer. 5. Ryg die lint deur die tikker en heg dit aan die punt van die trollie. Maak seker dat die lint tussen die trollie en die tikker styf getrek is. Skakel die tikker aan, rek die rekkie soos hierbo verduidelik (800 mm) en beweeg vorentoe terwyl die rekkie met dieselfde hoeveelheid uitgerek gehou word om 'n konstante krag uit te oefen. 6. Aan die einde van die beweging verwyder die lint uit die tikker en trollie. Teken die frekwensie van die tydtikker aan en merk 10 kol-intervalle op die lint; begin naby aan die begin van die lint waar die kolle duidelik sigbaar is. 7. Herhaal stap 5 en 6 met gebruik van TWEE en DRIE rekkies. 8. Analiseer die lint vir elke lopie om die versnelling te bepaal en teken jou resultate in die tabel hieronder aan. Lopie- Resulteren PQ vx QR vy a F nommer de krag, F (m) (m·s-1) (m) (m·s-1) (m·s-2) a (aantal rekkies) 1 2 3 Wanneer leerders die eksperiment voltooi het, moet hulle die vrae op die werksblad onder gekontroleerde toestande beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 13 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 WERKSBLAD VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 2 PRAKTIESE VAARDIGHEDE 1. Volg instruksies en manipulasie Kriteria Punte Volg 'n reeks geskrewe/mondelinge Volg 'n reeks instruksies wat 1 instruksies op akkurate wyse afgeleide instruksies insluit Manipulasievaardighede sluit In staat om alle apparaat en korrekte en veilige hantering van toerusting korrek en veilig te 1 apparaat en toerusting in hanteer 2. Vir hierdie eksperiment, skryf die volgende neer: 2.1 Die onafhanklike veranderlike (1) 2.2 Die afhanklike veranderlike (1) 2.3 Die konstante veranderlike (1) 3. Bereken die periode van die tydtikker. (2) 4. Gebruik lesings van die tydtikkerlint en bereken die tyd wat vir die interval geneem is. (2) 5. Wat is die EEN moontlike betekenisvolle fout in hierdie eksperiment? (1) 6. Noem EEN veiligheidsmaatreël waaraan voldoen moet word. (1) 7. Gebruik die ingesamelde data en voltooi TABEL 1 hieronder. TABEL 1 Lopie- Resulterende PQ vx QR vy a F/a -1 -1 -2 nommer krag, F (m) (m·s ) (m) (m·s ) (m·s ) (aantal rekkies) 1 2 3 (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 14 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 8. Dataontleding Stip 'n grafiek van versnelling teenoor F net . (4) 9. Gevolgtrekking Watter gevolgtrekkings kan uit hierdie eksperiment gemaak word? (2) TOTAAL: _____ 35 Totale punt herlei = 𝒍𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓 𝒔𝒆 𝒑𝒖𝒏𝒕 × 𝟒𝟎 = _____ 𝟑𝟓 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 15 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 DIE VERWANTSKAP TUSSEN RESULTERENDE KRAG EN VERSNELLING (NEWTON SE TWEEDE WET) EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 3 DOEL: Om die verwantskap te bepaal tussen die resulterende krag wat op 'n voorwerp inwerk en die versnelling wat veroorsaak word APPARAAT: • Trollie • Trolliebaan • Tydtikker en lint • Batterye of transformator vir tydtikker • Onrekbare toutjie • Katrol • Garing • Massastukke, 6 x 10 g of 3 x 20 g METODE: 1. Monteer die tydtikker op die trolliebaan. 2. Heg 'n koolstofdeurslagpapierskyfie aan die tydtikker. 3. Koppel die tydtikker aan 'n 6 V-kragbron. 4. Kies die frekwensie (aantal kolletjies in 1 sekonde), 40 Hz of 50 Hz, in die tydtikker. 5. Plaas 'n trollie op die trolliebaan en verstel die baan om vir wrywing op die trolliewiele te kompenseer (lig die baan totdat die trollie teen 'n konstante snelheid beweeg). 6. Plaas 'n stuk tou met 'n 20 g-massastuk aan die een ent oor die katrol (figuur hieronder). Maak die ander ent van die tou aan die trollie vas sodat wanneer die massastuk gelos word, dit veroorsaak dat die trollie versnel. Die tou moet so lank wees dat die massastuk nie aan die grond raak totdat die trollie amper die katrol bereik nie. 7. Plaas die ongebruikte massastukke verskaf op die trollie. Elke keer wanneer die versnellingskrag verhoog word, gaan jy dit na die massahouer oorplaas. Dit verseker dat die totale massa wat tydens die eksperiment versnelling ondervind, konstant bly. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 16 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 8. Begin die tydtikker en stel die stelsel vry om saam met versnelling te beweeg. 9. Verwyder die lint en kies twee verplasings van 10 intervalle elk (PQ en QR) vanaf die beginpunt en meet in beide gevalle die afstand gedek (bestudeer die diagram hieronder). 10. Tel 5 kolletjies vir die eerste verplasing PQ en merk dit met X. Tel 5 kolletjies vir die tweede verplasing QR en merk dit Y. Sien diagram hierbo. 11. Herhaal stap 6 tot 10 maar hang massastukke van 40 g en 60 g onderskeidelik oor die katrol, wat jy vanaf die trollie oorplaas. 12. Teken die data wat van die eksperiment ingesamel word in 'n tabel soos die een hieronder. Lopie- Resulte- Afstand vx Afstand vy a nommer rende PQ (m·s-1) QR (m·s-1) (m·s-2) krag, F (Fg (m) (m) = mg) (N) 1 2 3 Wanneer leerders die eksperiment voltooi het, moet hulle die vrae op die werksblad onder gekontroleerde toestande beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 17 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 WERKSBLAD VIR NEWTON SE TWEEDE WET: OPSIE 3 PRAKTIESE VAARDIGHEDE 1. Volg instruksies en manipulasie Kriteria Punte Volg 'n reeks geskrewe/mondelinge Volg 'n reeks instruksies wat 1 instruksies op akkurate wyse afgeleide instruksies insluit Manipulasievaardighede sluit In staat om alle apparaat en korrekte en veilige hantering van toerusting korrek en veilig te 1 apparaat en toerusting in hanteer 2. Vir hierdie eksperiment, skryf die volgende neer: 2.1 Die onafhanklike veranderlike (1) 2.2 Die afhanklike veranderlike (1) 2.3 Die konstante veranderlike (1) 3. Bereken die periode van die tydtikker. (2) 4. Bereken die tyd geneem tussen die 10 kolletjies (∆𝑡 = 𝑛 × 𝑇). (2) 5. Gee EEN moontlike betekenisvolle fout in hierdie eksperiment. (1) 6. Noem EEN voorkomingsmaatreël waaraan voldoen moet word. (1) 7. Gebruik die ingesamelde data en voltooi TABEL 1 hieronder. TABEL 1 Lopie- Resulterende Afstand vx Afstand vy a nommer krag, F PQ (m·s-1) QR (m·s-1) (m·s-2) (Fg = mg) (m) (m) (N) 1 2 3 (18) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 18 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 8. Dataontleding Gebruik die resultate wat in TABEL 1 aangeteken is en stip 'n grafiek van versnelling versus resulterende krag en teken die lyn van beste passing. (4) 9. Gevolgtrekking Watter gevolgtrekkings kan uit hierdie eksperiment gemaak word? (2) TOTAAL: _____ 35 Totale punt herlei = 𝒍𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓 𝒔𝒆 𝒑𝒖𝒏𝒕 × 𝟒𝟎 = _____ 𝟑𝟓 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 19 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 EKSPERIMENT 2: BEPAAL DIE PAD VAN 'N LIGSTRAAL DEUR 'N GLASBLOK VIR VERSKILLENDE INVALSHOEKE EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR EKSPERIMENT 2 DOEL: Om die pad van 'n ligstraal deur 'n glasblok teen verskillende invalshoeke te bepaal deur 'n straaldiagram te teken. APPARAAT: • Vel wit papier • Spelde • Reghoekige glasblok • Ligstraalkissie • Potlood • Liniaal • Gradeboog METODE: 1. Steek 'n vel wit papier met spelde teen 'n bord vas. 2. Plaas die glasblok op die vel papier en trek die buitelyne daarvan met 'n skerp potlood. Verwyder die glasblok en merk die hoeke van die blok A, B, C en D. Plaas die glasblok weer terug op die reghoek op die papier. 3. Skakel die ligstraalkissie aan en skyn die ligstraal deur die kant van die glasblok, soos in die diagram hieronder geïllustreer. 4. Gebruik jou potlood en maak 'n kolletjie iewers op die invallende ligstraal, E, en nog 'n kolletjie by die punt waar dit die glasblok binnedring. Benoem hierdie punt F. 5. Gebruik jou potlood en maak 'n kolletjie by die punt waar die ligstraal die glasblok verlaat. Benoem hierdie punt G. Maak ook kolletjies al langs die uitvalstraal, H. 6. Skakel die ligstraalkissie af en verwyder die glasblok van die papier. Gebruik die liniaal om die kolletjies te verbind sodat jy 'n figuur teken wat soos die skets by 8 hieronder lyk. 7. Teken die normaal op die oppervlakke waar die ligstraal die glasblok binnegedring en verlaat het en merk die invalshoek en die brekingshoek op die boonste oppervlak en die onderste oppervlak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 20 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 8. Meet die hoek tussen EF en die normaal met 'n gradeboog. Teken in 'n tabel aan. 9. Plaas die glasblok weer terug op die reghoek ABCD. 10. Herhaal die eksperiment maar laat die invallende straal teen verskillende hoeke op die glasblok inval. Dit moet altyd die blok by punt F ingaan. 11. Teken al die invalshoeke aan. 12. Meet die brekingshoeke, asook die hoek tussen die uitvalstraal en die normaal by punt G, vir elke verskillende invalshoek. Teken aan in 'n tabel soortgelyk aan die een hieronder. Voorbeelde van invalshoeke is: 15o, 25o, 35o, 45o, 55o, 65o, 75o 85o, ens. Eksperiment Invalshoek Brekingshoek Uitvalshoek (grade) (grade) (grade) 1 2 3 4 Wanneer leerders die eksperiment voltooi het, moet hulle die vrae op die werksblad onder gekontroleerde toestande beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 21 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 WERKSBLAD VIR EKSPERIMENT 2: BEPAAL DIE PAD VAN 'N LIGSTRAAL DEUR 'N GLASBLOK VIR VERSKILLENDE INVALSHOEKE PRAKTIESE VAARDIGHEDE 1. Volg instruksies en manipulasie Kriteria Punte Volg 'n reeks geskrewe/mondelinge Volg 'n reeks instruksies wat 1 instruksies op akkurate wyse afgeleide instruksies insluit Manipulasievaardighede sluit In staat om alle apparaat en korrekte en veilige hantering van toerusting korrek en veilig te 1 apparaat en toerusting in hanteer 2. Vir hierdie eksperiment, skryf die volgende neer: 2.1 Die onafhanklike veranderlike (1) 2.2 Die afhanklike veranderlike (1) 2.3 Die konstante veranderlike (1) 3. Gee EEN moontlike betekenisvolle fout in hierdie eksperiment. (1) 4. Noem EEN voorkomingsmaatreël waaraan voldoen moet word. (1) 5. Gebruik die ingesamelde data en voltooi TABEL 1 hieronder. TABEL 1 EKSPERIMENT Invalshoek Brekingshoek Uitvalshoek (grade) (grade) (grade) 1 2 3 4 (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 22 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 6. Dataontleding en interpretasie 6.1 Teken 'n benoemde straaldiagram vir hierdie eksperiment. (5) 6.2 Op die oppervlak waar die lig die glasblok binnedring, wat neem jy waar oor die invalshoek in vergelyking met die brekingshoek? (2) 6.3 Bestudeer die oppervlak waar die ligstraal die glasblok verlaat. Vergelyk die invalshoek en die brekingshoek hier. (2) 6.4 Hoe vergelyk die optiese digthede en refraksie-indekse vir glas en lug? (2) 6.5 Bespreek die pad wat die ligstraal deur die reghoekige blok volg. (2) 6.6 Dui duidelik die rigting van die ligstraal aan. (1) 7. Gevolgtrekking Watter gevolgtrekkings kan uit hierdie eksperiment gemaak word? (2) TOTAAL: _____ 35 Totale punt herlei = 𝒍𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓 𝒔𝒆 𝒑𝒖𝒏𝒕 × 𝟒𝟎 = _____ 𝟑𝟓 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 23 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 EKSPERIMENT 3: BEPAAL DIE ELEKTRODEPOTENSIAAL VAN 'N Cu-Zn ELEKTROCHEMIESE SEL EKSPERIMENTINSTRUKSIES VIR EKSPERIMENT 3 DOEL: Om die elektrodepotensiaal van 'n Cu-Zn-sel te bepaal. APPARAAT: • 200 mℓ sinksulfaatoplossing • 200 mℓ kopersulfaatoplossing • Na 2 SO 4 of KNO 3 -oplossing of NaCℓ-pasta • 2 glasbekers • Deurskynende plastiekbuis/filtreerpapier (U-buis) • Voltmeter • Verbindingsdrade met krokodilklemme • Watte • Sink- en koperplate/-stafies METODE: 1. Gooi ongeveer 200 mℓ van die sinksulfaatoplossing in een glasbeker en plaas die sinkplaat daarin. 2. Gooi ongeveer 200 mℓ van die kopersulfaatoplossing in die ander glasbeker en plaas die koperplaat daarin. 3. Koppel die sink- en koperplate met die verbindingsdrade aan die voltmeter. 4. Neem die lesing op die voltmeter en teken dit in 'n tabel aan. 5. Vul die U-buis met die Na 2 SO 4 of KNO 3 -oplossing of NaCℓ-pasta en seël die openinge van die buis met die watte. 6. Plaas die U-buis sodat een opening in die kopersulfaatoplossing is en die ander opening in die sinksulfaatoplossing is. Werk baie vinnig. 7. Teken die voltmeterlesing aan. 8. Herhaal deur lesings 5 keer op verskillende tydsintervalle te neem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 24 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 Massa van Elektrodes Plaat/Elektrode Aanvanklike Massa Finale Massa Koper Sink Voltmeterlesings Voordat die U-buis gevul met Nadat die U-buis gevul met 'n soutoplossing/-pasta in die 'n soutoplossing/-pasta in die bekers geplaas word bekers geplaas is Kleure van die elektrodes Aan die begin van die Tussen 10 tot 20 minute eksperiment tydens die reaksie Koperelektrode Sinkelektrode Kleure van die oplossings in die bekers Aan die begin van die 'n Paar uur nadat die reaksie reaksie plaasgevind het CuSO 4 ZnSO 4 Wanneer leerders die eksperiment voltooi het, moet hulle die vrae op die werksblad onder gekontroleerde toestande beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 25 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 WERKSBLAD VIR EKSPERIMENT 3: BEPAAL DIE ELEKTRODEPOTENSIAAL VAN 'N Cu-Zn ELEKTROCHEMIESE SEL PRAKTIESE VAARDIGHEDE 1. Volg instruksies en manipulasie Kriteria Punte Volg 'n reeks geskrewe/mondelinge Volg 'n reeks instruksies wat 1 instruksies op akkurate wyse afgeleide instruksies insluit Manipulasievaardighede sluit In staat om alle apparaat en korrekte en veilige hantering van toerusting korrek en veilig te 1 apparaat en toerusting in hanteer 2. Vir hierdie eksperiment, skryf die volgende neer: 2.1 Die onafhanklike veranderlike (1) 2.2 Die afhanklike veranderlike (1) 2.3 Die konstante veranderlike (1) 3. Gee EEN moontlike betekenisvolle fout in hierdie eksperiment. (1) 4. Noem EEN veiligheidsmaatreël waaraan voldoen moet word. (1) 5. Gebruik die ingesamelde data en voltooi TABEL 1 hieronder. TABEL 1 Massa van Elektrodes Plaat/Elektrode Aanvanklike Massa Finale Massa Koper Sink Voltmeterlesings Voordat die U-buis gevul met Nadat die U-buis gevul met 'n soutoplossing/-pasta in die 'n soutoplossing/-pasta in die bekers geplaas word bekers geplaas is Kleure van die elektrodes Aan die begin van die Tussen 10 tot 20 minute eksperiment tydens die reaksie Koperelektrode Sinkelektrode Kleure van die oplossings in die bekers Aan die begin van die 'n Paar uur nadat die reaksie reaksie plaasgevind het CuSO 4 (12) ZnSO 4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 26 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 6. Dataontleding en -interpretasie 6.1 Waarom is watte in elke opening van die U-buis geplaas? (2) 6.2 Gebaseer op jou kennis van oksidasie en reduksie, waarom het daardie massa- veranderinge plaasgevind? (2) 6.3 Verduidelik die kleurverandering in die oplossings. (2) 6.4 Watter elektrode is die anode en watter een is die katode? (2) 6.5 Skryf die reaksie wat by die koperelektrode plaasvind neer. (2) 6.6 Skryf die reaksie wat by die sinkelektrode plaasvind neer. (2) 6.7 Wat is die impedansie van die U-buis gevul met 'n soutoplossing wat tussen die CuSO 4 - en ZnSO 4 -elektroliete geplaas is? (2) 7. Gevolgtrekking Watter gevolgtrekkings kan uit hierdie eksperiment gemaak word? (2) TOTAAL: _____ 35 Totale punt herlei = 𝒍𝒆𝒆𝒓𝒅𝒆𝒓 𝒔𝒆 𝒑𝒖𝒏𝒕 × 𝟒𝟎 = _____ 𝟑𝟓 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 27 DBE/PAT 2018 NSS – Graad 12 8. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Technical Sciences.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Technical Sciences

View all