Downloaded from hlayiso.com
TEGNIESE WETENSKAPPE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 


%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)







View all

%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891/v1-2483099a0def1bc28b23/card.webp)


Technical Sciences PAT GR 12 2022 Afr
Grade 12 Technical Sciences practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download.
Technical Sciences · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 570.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 2 DBE/PAT 2022
NSS
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 4
2.2 Moderering van die PAT'e 4
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5
4. BEWYS VAN MODERERING 6
5. PAT-PUNTESTAAT 7
6. VERKLARING VAN EGTHEID 8
7. GEVOLGTREKKING 9
8. EKSPERIMENT-INSTRUKSIES EN WERKSKAARTE 10
EKSPERIMENT 1: Die verhouding tussen versnelling en die resulterende/netto 10
krag op 'n konstante massa
EKSPERIMENT 2: Die aard, posisie en grootte van beeld wat deur 'n konvekse 13
lens gevorm word as die afstand van die voorwerp vanaf die
lens verander
EKSPERIMENT 3: Elektrolitiese sel – elektroplatering 16
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 3 DBE/PAT 2022
NSS
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie,
Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die praktiese assesseringstaak vir Tegniese
Wetenskappe graad 12 bestaan uit drie eksperimente. Die eksperimente is VERPLIGTEND vir
alle kandidate wat Tegniese Wetenskappe in graad 12 aanbied. Die praktiese deel tel 25% van
die finale promosiepunt.
Die PAT word gedurende die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die
formele eksperimente bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die
skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van
vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word
nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die vasgestelde tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die
einde van die skooljaar bevorder word. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van
vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 4 DBE/PAT 2022
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer
Die volgende dokumente moet vir alle formele eksperimente beskikbaar wees:
o Instruksieblaaie wat die prosedures verduidelik wat vir die eksperimente gevolg moet
word
o Die werkskaarte wat bestaan uit vrae wat onder toesig beantwoord moet word
o Die onderwyserriglyne met instruksieblaaie, werkskaarte en nasienriglyne
(Die onderwyserriglyne moet NIE aan die leerders gegee word NIE.)
LET WEL: Onderwysers moet nasienriglyne (memoranda) saamstel vir die
werklike resultate van die eksperimente wat uitgevoer word
(onderwysers moet die eksperimente uitvoer voordat die leerders
die eksperimente uitvoer.)
Die onderwyser moet SLEGS die Instruksieblad vir die uitvoer van die eksperiment uitdeel.
Die eksperimente moet individueel of in pare uitgevoer word.
Indien voldoende apparaat egter nie beskikbaar is nie, kan die eksperimente in groepe
uitgevoer word.
Elke leerder moet sy/haar EIE data en waarnemings aanteken.
Elke leerder moet die werkskaart hê om die vrae onder toesig te beantwoord.
Slegs wanneer al die leerders die eksperiment uitgevoer het en hulle gereed is om die
vrae onder toesig te beantwoord, moet onderwysers 'n werkskaart aan elke leerder
uitdeel.
Indien dit nie moontlik is om op dieselfde dag die eksperiment uit te voer en die werkskaart
te voltooi nie, moet die onderwyser die leerders se insamelde data by die skool hou nadat
'n gedeelte van die eksperiment gedoen is. Die data mag slegs aan die leerders
teruggegee word wanneer hulle die werkskaart moet voltooi.
2.2 Moderering van die PAT'e
Die eksperimente moet onder toesig plaasvind. Moderering van die eksperimente kan op die
terrein plaasvind en kan behels dat leerders die eksperimente in die teenwoordigheid van die
moderator moet oordoen.
Vir moderering word die volgende vereis, óf in 'n aparte klaskamer óf in 'n laboratorium:
Lys met name van leerders wat vir distriksmoderering gekies is
Toerusting/Apparaat/Chemikalieë wat by die werkstasies gereed staan
Instruksieblaaie en werkskaarte (onvoltooid) vir leerders wat gekies is om vrae te
beantwoord
Vir moderering word die volgende dokumente in die onderwyser se lêer vereis:
Indeksbladsy wat alle take met rou en geweegde punte aandui
Alle instruksieblaaie vir al die eksperimente
Nasienriglyne vir al die eksperimente
Saamgestelde werkende puntestaat vir alle leerders wat onverwerkte (rou) en verwerkte
(geweegde) punte toon
Bewyse van interne moderering
Vir moderering word die volgende dokumente in die leerder se lêer vereis:
Indeksbladsy wat alle take met rou en geweegde punte aandui
Antwoordblaaie vir al die eksperimente
Verklaring van egtheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 5 DBE/PAT 2022
NSS
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Hierdie praktiese komponent vir graad 12 bestaan uit DRIE eksperimente.
3.2 Die saamstel van die PAT moet in Kwartaal 1 begin, deurgaans in Kwartaal 2 en 3
gemoniteer word en in Kwartaal 3 voltooi word.
3.3 Die praktiese komponent tel 25% van die finale bevorderingspunt vir graad 12.
3.3 Alle werk in die praktiese komponent moet die leerder se eie werk wees. Groepswerk
word NIE toegelaat NIE.
3.4 Toon ALLE berekeninge duidelik en sluit eenhede in. Rond antwoorde tot 'n minimum
van TWEE desimale plekke af. Gebruik korrekte SI-eenhede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 6 DBE/PAT 2022
NSS
4. BEWYS VAN MODERERING
LEERDER SE NAAM: ___________________________________________________________
SKOOL: ______________________________________________________________________
MODERERING HANDTEKENING DATUM HANDTEKENING VAN DATUM
VAN ONDERWYSER DEPARTEMENTSHOOF
SKOOLGEBASEER
PRAKTIESE MAKSIMUM GEWEEGDE LEERDER SE GEMOD. GEMOD. GEMOD.
KOMPONENT PUNT PUNT PUNT PUNT PUNT PUNT
(ONDERWYSER) (SKOOL) (DISTRIK) (PROVINSIE)
EKSPERIMENT 1 40 40
EKSPERIMENT 2 30 30
EKSPERIMENT 3 30 30
TOTAAL 100 100
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 7 DBE/PAT 2022
NSS
5. PAT-PUNTESTAAT
TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
PAT-PUNTESTAAT 2022
SKOOL:
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3
Eksperiment 1: Eksperiment 2: Eksperiment 3:
TOTAAL PAT
PAT PAT PAT
Rou Geweeg Rou Geweeg Rou Geweeg
Nr. VAN NAAM 40 40 30 30 30 30 100
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
11.
12.
13.
14.
15.
16.
17.
18.
19.
20.
21.
22.
23.
24.
Gemiddeld
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 8 DBE/PAT 2022
NSS
6. VERKLARING VAN EGTHEID
NAAM VAN SKOOL: ..…………………………….………………………………..
NAAM VAN LEERDER: …………………………………………..………………...
(VOLLE NAAM/NAME EN VAN)
KLAS: ……….………………………………………….…………………………….
NAAM VAN ONDERWYSER: …………………………….……………………….
Ek verklaar hiermee dat die take wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is
en nie vantevore vir assessering of moderering ingedien is nie.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo die waarheid en ek aanvaar
dat die werk wat aangebied is, sy/haar eie is.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 9 DBE/PAT 2022
NSS
7. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan
demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook
betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf.
Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om
by hulle eie leerervarings betrokke te raak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 10 DBE/PAT 2022
NSS
8. EKSPERIMENT-INSTRUKSIES EN WERKSKAARTE
EKSPERIMENT 1
DIE VERHOUDING TUSSEN VERSNELLING EN DIE RESULTERENDE/NETTO KRAG OP
'N KONSTANTE MASSA
1. DOEL: Om die verband te bepaal tussen die resulterende/netto krag wat op 'n voorwerp
inwerk en versnelling wat op 'n konstante massa geproduseer word
2. APPARAAT/TOERUSTING
Dinamiese trolliestel
Onrekbare tou
Massastukke
Stophorlosie
Aanloopbaan met 'n katrol
Massahanger
Liniaal of maatband indien die aanloopbaan nie gekalibreer is nie
3. PROSEDURE
Neem die massa van die trollie en teken dit aan.
Maak die aanloopbaan skoon.
Stel die aanloopbaan op met 'n trollie, soos hieronder getoon.
versperring
Lig die een kant van die aanloopbaan op sodat die trollie teen 'n konstante snelheid langs
die aanloopbaan af beweeg.
Meet die lengte van die aanloopbaan vanaf die voorwiel tot by die versperring.
Plaas drie tot vyf massastukke bo-op die trollie.
Neem massastuk m van die trollie af en heg dit aan die trollie deur 'n toutjie te gebruik wat
oor 'n katrol loop. Hang die massastuk op so 'n wyse dat die trollie kan versnel wanneer
dit losgelaat word.
Gebruik 'n stophorlosie en meet die tyd vanaf die oomblik dat die trollie losgelaat word tot
die tyd dat dit die versperring tref. Herhaal hierdie aksie ten minste drie keer.
Neem nog 'n massastuk van die trollie af, voeg dit by die hanger en herhaal hierdie aksie
ten minste drie keer.
Neem nog 'n massastuk van die trollie af en voeg dit by hanger.
Teken die tyd aan vir die trollie om te versnel. Herhaal hierdie aksie ten minste drie keer.
Gebruik die lesings om die gemiddelde snelheid te bereken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 11 DBE/PAT 2022
NSS
4. DATAVOORSTELLING
Eerste massastuk
Proefnommer (m) Massa (kg) Fnet (N) Δ (s) Δ (m s-1)
1
2
3
Gemiddeld
Tabel 1: EEN punt vir elke kolom met , massa, Δ , Fnet en Δv. Ken 'n punt toe slegs indien
die kolom volledig voltooi is met die gemiddeldes korrek bereken. (5)
Tweede massastuk
Proefnommer (m) Massa (kg) Fnet (N) Δ (s) Δ (m s-1)
1
2
3
Gemiddeld
Tabel 2: EEN punt vir elke kolom met massa, Δ , Fnet en Δv. Ken 'n punt toe slegs indien
die kolom volledig voltooi is met die gemiddeldes korrek bereken (4)
Derde massastuk
Proefnommer (m) Massa (kg) Fnet (N) Δ (s) Δ (m s-1)
1
2
3
Gemiddeld
Tabel 3: EEN punt vir elke kolom met massa, Δ , Fnet en Δv. Ken 'n punt toe slegs indien
die kolom volledig voltooi is met die gemiddeldes korrek bereken (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 12 DBE/PAT 2022
NSS
WERKSKAART VIR DIE DIE VERHOUDING TUSSEN VERSNELLING EN DIE
RESULTERENDE/NETTO KRAG OP 'N KONSTANTE MASSA
PRAKTIESE VAARDIGHEDE
KRITERIA PUNTE
Korrekte opstelling van apparaat 1
Skoonmaak van die aanloopbaan 1
Oplig van die aanloopbaan sodat die trollie teen 'n konstante snelheid beweeg 1
Meting van:
Die lengte van die aanloopbaan akkuraat 1
Die massa van die trollie akkuraat 1
Stophorlosie korrek gebruik 1
Volg 'n volgorde van instruksies logies 1
(7)
1. Identifiseer die volgende veranderlikes vir hierdie eksperiment:
1.1 Onafhanklike (1)
1.2 Afhanklike (1)
1.3 Beheerde (1)
2. Gebruik die gemiddelde waardes in Tabel 1–3 en bereken die versnelling in ELK
van die drie gevalle. (7)
3. Hoe sal die versnelling van die trollie beïnvloed word indien die wrywing op die wiele
verhoog? Skryf slegs neer VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.. (1)
4. Motiveer die antwoord op VRAAG 3. (1)
5. Teken die grafiek van versnelling teenoor Fnet deur die berekende waardes in
VRAAG 2 te gebruik. (6)
6. Maak 'n gevolgtrekking vir die eksperiment. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 13 DBE/PAT 2022
NSS
EKSPERIMENT 2
DIE AARD, POSISIE EN GROOTTE VAN BEELD WAT DEUR 'N KONVEKSE EN
'N KONKAWE LENS GEVORM WORD AS DIE AFSTAND VAN DIE VOORWERP VANAF
DIE LENS VERANDER
1. DOEL: Om die aard, posisie en grootte van beeld wat deur 'n konvekse en 'n konkawe
lens gevorm word, te bestudeer as die afstand van die voorwerp vanaf die lens
verander
2. APPARAAT/TOERUSTING
Konvekse lens in 'n lensstaander gemonteer
Konkawe lens in 'n lensstaander gemonteer
Skerm van stywe wit karton gemaak
Kers
Vuurhoutjiedosie
Lensondersteuning
Meterstok
3. PROSEDURE
skerm
ligbron lens
di
do
Hou die konvekse lens in 'n regop posisie na die middel van die meterstok.
Plaas die meterstok langs die konvekse lens.
Plaas 'n verligte kers op 'n afstand van ongeveer 70 cm van die lens af aan die linkerkant
van die lens.
Aan die ander kant van die lens kan jy 'n vel wit papier in 'n regop posisie plaas.
Jy kan nou die skerm al langs die meterstok beweeg totdat jy 'n goed gedefinieerde beeld
van die kersvlam op die wit papier kry.
Let op die grootte en die aard van die beeld.
Beweeg nou die kers na die lens toe totdat dit 60 cm van die lens af is.
Skuif die wit skerm weer totdat jy 'n goed gedefinieerde beeld van die kers kry.
Let op die grootte en aard van die beeld op die wit papier.
Herhaal die eksperiment nog een keer deur die kers 50 cm weg van die lens te beweeg.
Vervang die konvekse lens met 'n konkawe lens en herhaal eksperiment hierbo.
Oorweeg die veiligheidsmaatreëls tydens hierdie eksperiment.
kers lens skerm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 14 DBE/PAT 2022
NSS
4. DATAVOORSTELLING
DIE AARD, POSISIE EN GROOTTE VAN BEELD DEUR 'N KONVEKSE LENS GEVORM
Posisie van Afstand Afstand Beeldgrootte Tipe beeld Rigting van beeld
kers van van (Groter/ (Werklik/ (Omgekeerd/
(voorwerp) voorwerp beeld Kleiner) Virtueel) Regop)
(cm) (kers) (cm)
weg van
lens
70
60
50
(4)
DIE AARD, POSISIE EN GROOTTE VAN BEELD DEUR 'N KONKAWE LENS
Posisie van Afstand Afstand Beeldgrootte Tipe beeld Rigting van beeld
kers van van (Groter/ (Werklik/ (Omgekeerd/
(voorwerp) voorwerp beeld Kleiner) Virtueel) Regop)
(cm) (kers) (cm)
weg van
lens
70
60
50
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 15 DBE/PAT 2022
NSS
WERKBLAD VIR DIE AARD, POSISIE EN GROOTTE VAN BEELD WAT DEUR 'N KONVEKSE
EN 'N KONKAWE LENS GEVORM WORD AS DIE AFSTAND VAN DIE VOORWERP VANAF
DIE LENS VERANDER
PRAKTIESE VAARDIGHEDE
KRITERIA PUNTE
Alle apparaat is korrek opgestel 2
Meetvaardighede:
Neem die korrekte mates nadat die kers geplaas is 1
Vul die inligting in die tabel vir elke ry na elke plasing in 1
Maak 'n lys van die veiligheidsmaatreëls 3
(7)
1. Identifiseer die volgende veranderlikes vir hierdie eksperiment:
1.1 Onafhanklike (1)
1.2 Afhanklike (1)
1.3 Beheerde (1)
2. Waar word die beeld van die konkawe lens gevorm? (2)
3. Wat word waargeneem wanneer die voorwerp tussen die hoofbrandpunt en die
konvekse lens geplaas word? (2)
4. Wat word waargeneem wanneer die voorwerp op die hoofbrandpunt van die
konvekse lens geplaas word? (2)
5. Noem DRIE verskille tussen reële en virtuele beelde. (3)
6. Noem TWEE gebruike van konvekse lense in die alledaagse lewe. (2)
7. Noem die oogtoestand wat gekorrigeer kan word deur 'n konkawe lens te gebruik. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 16 DBE/PAT 2022
NSS
EKSPERIMENT 3
ELEKTROLITIESE SEL – ELEKTROPLATERING
1. DOEL: Om 'n koolstofstaaf deur middel van elektrolise met koper te elektroplateer
2. APPARAAT/TOERUSTING
Een koper- en een koolstofstaaf
Kragtoevoer
Glasbeker
Verbindingsdrade
Draadborsel/Skuurpapier/Staalwol
1 mol.dm-3 koper(II)chloriedoplossing
3. PROSEDURE
Giet 1 mol.dm-3 koper(II)chloriedoplossing in 'n beker.
Maak beide die koolstofstaaf en koperstaaf met die draadborsel/skuurpapier/staalwol
skoon.
Maak seker dat die kragbron afgeskakel is.
Koppel 'n koperstaaf aan die positiewe terminaal van die kragbron en 'n koolstofstaaf aan
die negatiewe terminaal deur middel van verbindingsdrade.
Skakel die kragbron aan.
Skryf jou waarnemings neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 17 DBE/PAT 2022
NSS
WERKSKAART VIR DIE ELEKTROLITIESE SEL – ELEKTROPLATERING
PRAKTIESE VAARDIGHEDE
KRITERIA PUNTE
Dra van gepaste beskermende klere, bv. jas, bril, rubberhandskoene 1
Veiligheidsmaatreëls gevolg:
Voorkom vel- of oogkontak met die koper(II)chloriedoplossing
3
Kragbron aanvanklik afgeskakel en onmiddellik na voltooiing van die eksperiment
Maak seker dat die vertrek goed geventileer is of werk in 'n dampkas
Korrekte en veilige hantering van glasware (niks gebreek nie) en chemikalieë (geen
2
vermorsing/insluk nie)
Maak seker dat elektrodes met staalwol/draadborsel/skuurpapier skoongemaak is 1
Korrekte samestelling en hantering van apparaat:
Elektrodes in 'n elektroliet gedoop
3
Elektrodes raak nie aan mekaar nie
Elektrodes korrek aan die kragtoevoer gekoppel
(10)
1. Teken 'n seldiagram om aan te dui hoe die apparaat saamgestel gaan word. Benoem
die elektrodes en gee formules van die ione in die elektroliet teenwoordig. (6)
2. Skryf jou waarnemings neer wat by die negatiewe elektrodes gemaak is. (2)
3. Skryf die elektrode neer wat die volgende verteenwoordig:
3.1 Anode (1)
3.2 Katode (1)
4. Hoe verander die konsentrasie van die elektroliet met verloop van tyd? Skryf slegs
neer BLY KONSTANT of WORD POSITIEF of WORD NEGATIEF. (1)
5. Verduidelik die antwoord op VRAAG 4 deur na die waargenome kleurverandering van
die elektroliet te verwys. (2)
6. Identifiseer 'n elektrode wat die volgende sal ervaar:
6.1 Afname in massa (1)
6.2 Toename in massa (1)
7. Identifiseer die volgende uit die selreaksie:
7.1 Reduseermiddel (1)
7.2 Oksideermiddel (1)
8. Gelykstroom word tydens hierdie proses gebruik. Verduidelik kortliks waarom
wisselstroom NIE vir hierdie proses geskik is NIE. (3)
[30]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Technical Sciences.
- Grade 12 Technical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Technical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Technical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Technical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Technical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper
Related documents

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Technical Sciences

Errata
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Errata

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891/v1-2483099a0def1bc28b23/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper