Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
TOERISME
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 



%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)

View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Tourism · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde op VRAAG 3.2 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE bewerkings.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD
(minute)
A Kortvrae 40 20
B Kaartwerk en Toerbeplanning, Buitelandsevaluta- 50 50
verhandeling
C Toerismebesienswaardighede, Kultuur- en 50 50
Erfenistoerisme, Bemarking
D Toerismesektore, Volhoubare en 30 30
Verantwoordelike Toerisme
E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme, 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) neer, kies die antwoord en maak
'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.21 A B C D
1.1.1 Hierdie land het beide die 2014 FIFA Wêreldbeker en die
2016 Olimpiese Somerspele aangebied:
A Engeland
B Indië
C Brasilië
D Suid-Afrika
1.1.2 'n Moontlike negatiewe invloed op die omgewing wanneer 'n land
'n wêreldgebeurtenis aanbied:
A Verhoogde publisiteit
B Beleggingsgeleenthede
C Werkskepping
D Massatoerisme
1.1.3 'n Kaart wat deur baie toeriste gebruik word wanneer hulle
internasionaal reis:
A MasterCard
B Wild Card
C Lojaliteitskaart
D Beloningskaart
1.1.4 Die … het tussen 2013 en 2014 'n afname in buitelandse
aankomste in Suid-Afrika getoon.
TOERISTE-AANKOMSTE 2013 2014
Afrika-landmarkte 6 394 380 6 957 843
Afrika-lugmarkte 390 621 374 575
Amerikas 433 526 434 919
Europa 1 278 065 1 365 472
[Aangepas uit StatsSA, Suid-Afrik aanse Toerisme-ontleding, 2014]
A Afrika-landmarkte
B Afrika-lugmarkte
C Amerikas
D Europa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.5 'n Gevolg van swak dienslewering vir 'n besigheid:
A Verhoogde personeelmotivering
B Swak openbare beeld
C Swak persoonlike higiëne
D Verhoogde personeellojaliteit
1.1.6 Gesondheidsraad wat 'n reisagent aan die span sal gee wat aan
die Tour de France-fietstoer in Frankryk sal deelneem:
A Ken die padreëls van hierdie fietstoer.
B Wees vertroud met die roete van die fietstoer.
C Hou 'n herstelstelletjie byderhand ingeval jy 'n pap band kry.
D Maak seker jy wend sonroom aan wanneer jy gedurende die
dag fiets ry.
1.1.7 Die SAID het op VSA$78 miljoen beslag gelê wat in bagasie by die
internasionale aankomsterminaal op die OR Tambo Internasionale
Lughawe versteek was.
Die opskrif hierbo verskyn in 'n plaaslike koerant. Hierdie insident
sal deur die polisie en … amptenare by die lughawe hanteer word.
A inboek-
B doeane-
C belastingvrye
D gesondheids-
1.1.8 Goedere wat 'n permit vereis wanneer jy Suid-Afrika binnekom:
A Dwelmmiddels
B Bedreigde plantspesies
C 200 pakkies sigarette
D 3 liter wyn
1.1.9 Die lyn wat op die aardbol hieronder aangedui is, toon die …
A IDL.
B DBT.
C GMT.
D UTK.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.10 'n Suid-Afrikaanse uitgaande toeris met plaaslike valuta besoek
'n buitelandsevaluta-verhandelingsburo voordat hy met vakansie
vertrek. Die bank sal die …-koers gebruik wanneer die transaksie
gedoen word.
A bankaankoop
B bankverkoop
C buitelandsevaluta-verhandelings
D randteenwaarde
1.1.11 Die Piramides van Giza is …
A grafkelders.
B forte.
C kerke.
D akwariums.
1.1.12 Die Groot Kremlin is noemenswaardig, want dit …
A is 'n godsdiensterrein in Mekka waar Moslem-pelgrims besoek
aflê.
B is die plek waar die antieke Romeine teen swaardvegters
geveg het.
C word aan baie belangrike geskiedkundige gebeure in Rusland
gekoppel.
D is die tempel van 'n verlore beskawing in Suid-Amerika.
1.1.13 Die sukses van 'n besienswaardigheid word deur … bepaal.
A goeie bestuurspraktyke
B wêreldgesondheidsregulasies
C nagemaakte goedere
D immigrasiewette
1.1.14 Die gebeurtenis wat in die logo hieronder getoon word, word
jaarliks in die … aangebied.
A Oos-Kaap
B Wes-Kaap
C Noord-Kaap
D Suid-Kaap
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.15 Die reisiger in die foto hieronder ly aan vlugvoosheid. Hierdie
toestand is veroorsaak deur vanaf … te reis.
A Londen na Sydney
B Bangkok na Sydney
C Rome na Londen
D Moskou na Rome
1.1.16 Die term wat gebruik word wanneer iemand moeite doen met
sy/haar persoonlike voorkoms om 'n professionele beeld uit te
straal:
A Witwas
B Groenwas
C Handelsmerk
D Selfversorging
1.1.17 'n Hotel wat 'n komplimentêre pendeldiens na die lughawe
aanbied, is 'n voorbeeld van …
A professionele wangedrag.
B kliëntediens.
C korporatiewe maatskaplike belegging.
D wêreldbemarking.
1.1.18 Etiese gedrag in 'n besigheid word in die … omskryf.
A gedragskode
B vergoedingsbeleid
C byvoordele
D reisvoordele
1.1.19 Opvoedkundige ondersteuning wat aan gemeenskappe in die area
waar toerismebesigheid gedoen word, gegee word:
A 'CRS'
B BBP
C KMB
D 'GDS'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.20 'n Voorbeeld van onverantwoordelike omgewingsgedrag deur
'n toeris:
A Plaas vullis in 'n vullisdrom
B Verwyder plante of diere uit hulle natuurlike habitatte
C Maak vuur in aangewese areas
D Ondersteun omgewingsbewustheid-veldtogte (20 x 1) (20)
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/
term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Bankaankoopkoers.
'UNWTO'; transitovisum; Berg Everest; logiese volgorde;
Berg Fuji; Schengen-visum; reisdokumente;
WGO; maatskappywins; kleredragreëls
1.2.1 'n Aspek wat tot die professionele beeld van 'n maatskappy bydra (1)
1.2.2 Die organisasie wat daarvoor verantwoordelik is om die
wêreldgemeenskap in te lig oor kwessies wat met internasionale
openbare gesondheid verband hou (1)
1.2.3 'n Noodsaaklike faktor wat die roetebeplanning van 'n toerplan
beϊnvloed (1)
1.2.4 Hierdie visum gee 'n toeris toestemming om vir 'n kort rukkie in
'n land te vertoef voordat hy/sy na sy/haar finale bestemming reis (1)
1.2.5 Die hoogste bergpiek in die wêreld (1)
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 gebeurtenis.
1.3.1 (UNESCO/SAHRA) is verantwoordelik vir die verklaring van
Wêrelderfenisterreine in 'n land. (1)
1.3.2 Die Mapungubwe Kulturele Landskap is in (Limpopo/Noordwes)
geleë. (1)
1.3.3 Die Vredefortkoepel het deur die impak van 'n (meteoriet-/myn-)
ontploffing ontstaan. (1)
1.3.4 Die (iSimangaliso-vleilandpark/Richtersveld Kulturele Landskap)
voldoen aan die kriterium dat dit 'n lewende erfenis van die Nama-
mense is. (1)
1.3.5 Robbeneiland is as ʼn Wêrelderfenisterrein verklaar omdat dit
Nelson Mandela se (aftreetuiste/politieke gevangenis) was. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.4 Kies 'n voorbeeld uit KOLOM B wat pas by 'n faktor wat met die sukses van
toeristebesienswaardighede in KOLOM A verbind word. Skryf slegs die
letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.4.6 G.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Bekwame en etiese gedrag A Die Lesedi Kulturele Dorpie stel hulle
van personeel uniekheid by die Indaba-handelskou
ten toon.
1.4.2 Bemarking
B Die Kirstenbosch Nasionale
1.4.3 Misdaadvoorkoming Botaniese Tuin verseker dat alle dele
van die tuin rolstoelvriendelik is.
1.4.4 Universele toegang
C Die KwaZulu-Natalse Haaieraad bied
1.4.5 Volhoubare bestuur dagtoere vir studente aan.
D Sipho daag elke dag betyds by die
werk op.
E uShaka Mariene-wêreld het 'n lys
van gemagtigde kaartjieverkopers by
hulle toegangshekke aangebring om
bedrog te voorkom.
F Die Shamwari Wildreservaat bied
toere vir klein groepies aan om die
invloed op die fauna en flora te
verminder.
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.5 Lees die inskrywing in Sean se reisjoernaal oor sy Londense stadstoer.
Voltooi die inskrywing deur die ontbrekende woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Toringbrug; Buckingham-paleis; Big Ben;
Toring van Londen; aflossing van die wag
MY REISJOERNAAL: DINSDAG 5 JULIE 2016
Die besigtigingstoer vandag was ongelooflik. Ek het gevoel asof ek deel van
die koninklike familie was toe ek die koninklike tuiste, (1.5.1) …, besoek het.
Hier het ek gesien hoe 'n seremonie, bekend as die (1.5.2) …, deur mans in
uniform, in diens van die koningin, uitgevoer word.
Liam, ons toergids, het ons toe na die ikoniese horlosietoring, (1.5.3) …,
geneem wat vir sy uitstekende tydhouvermoë bekend is.
Die groep het daarna die geskiedkundige fort in Londen, die (1.5.4) …,
besoek. Dit het amptelik as 'n koninklike paleis en later as 'n tronk gedien en
is nou 'n museum.
Nadat ons die middag ontspan het, het ons oor die (1.5.5) … gery wat ons na
die anderkant van die Teemsrivier geneem het.
Ek dink nie my besoek aan Londen sou volledig gewees het as ek nie al
hierdie ikoniese terreine besoek het nie. Dit was 'n roerende ervaring!
Sean (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING, BUITELANDSEVALUTA-
VERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.1.1 Identifiseer die land in die Suidelike Halfrond wat drie tydsones het. (2)
2.1.2 Skryf TWEE feite oor die 0º(nul graad)-lengtelyn wat vir 'n toeris
interessant sal wees. (4)
2.2 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Suid-Afrikaanse fietsryer, Jacques Janse
van Rensburg, het aan die 2016 Tour De
France-fietswedren deelgeneem.
Alhoewel die grootste gedeelte van die Tour
De France-fietswedren in Frankryk plaasvind,
vind sekere dele van die wedren in buurlande
plaas.
[Bron: www.sport24.co.za]
2.2.1 Jacques het vanaf Johannesburg na Parys, Frankryk, gevlieg. Hy
het om 13:00 op 26 Junie 2016 uit Johannesburg vertrek. Hy het
om 23:00 op 26 Junie 2016 in Parys aangekom.
Bereken sy vliegtyd vanaf Johannesburg na Parys.
LET WEL: Parys pas DBT toe. (7)
2.2.2 Terwyl Jacques in Parys was, wou hy sy vriend in New York bel.
Hy het om 15:00 op 5 Julie 2016 die oproep van Parys af gemaak.
Bereken die tyd en datum waarop sy vriend die oproep in
New York sou ontvang het.
LET WEL: Moet NIE DBT in ag neem NIE, aangesien albei
lande DBT toepas. (4)
2.2.3 Na afloop van die wedren het Jacques van Parys na Dubai (+4)
gevlieg om van die wedren te herstel.
• Sy vlug het om 08:00 op 25 Julie 2016 uit Parys vertrek.
• Sy vliegtyd van Parys na Dubai was 7 uur.
Bereken hoe laat Jacques in Dubai aangekom het.
LET WEL: Dubai pas NIE DBT toe NIE. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Schengen-visum gee 'n toeris
toegang tot 14 lande wat lid van die
Europese Unie is.
Jacques moet na die Franse
Ambassade gaan om vir 'n
Schengen-visum aansoek te doen.
[Bron: www.franceinfo.com]
2.3.1 Gee EEN rede waarom Jacques 'n Schengen-visum vir die wedren
sou nodig hê. (2)
2.3.2 Die Tour De France is 'n hoë-uithouwedren wat tot beserings kan
lei en stremming op deelnemers se gesondheid plaas. Die Franse
regering sal nie vir enige ongelukke of beserings aanspreeklikheid
aanvaar nie.
Noem EEN verpligte dokument wat Jacques by sy visumaansoek
moet insluit na aanleiding van die stelling hierbo. (2)
2.3.3 Na die terreuraanvalle in Parys gee die meeste hotelle in Frankryk
vir hulle gaste veiligheidsmaatreëls om te volg indien so 'n aanval
weer sou plaasvind.
Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat hotelle in die
inligtingsboekies in die kamers sou insluit. (4)
2.3.4 Gebruik die diagram hieronder en lig Jacques in oor die logiese
roete om te volg met sy aankoms by die lughawe in Suid-Afrika.
Jacques het slegs sy fietstoerusting, sy klere, 50 mℓ parfuum en
1 liter wyn by hom.
(6)
[38]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE SKIELIKE DALING IN DIE WAARDE VAN DIE RAND
IN DIE LAASTE HELFTE VAN 2015
Haai daar! SA se
E
Ek kom van die VSA.
K
'n Daling in die waarde O
van die rand was tydens N
my vakansie in Suid- O
Afrika tot my voordeel. M
I I
E
3.1.1 In die tekenprent hierbo, verduidelik wat die kunstenaar met
betrekking tot die waarde van die rand te kenne wil gee. (2)
3.1.2 Bespreek EEN manier waarop die waarde van die rand die
Amerikaanse toeris tydens haar besoek aan Suid-Afrika
bevoordeel het. (2)
3.2 Bestudeer die valutakoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LAND VALUTAKODE BAK BVK
Verenigde State van
USD 15.90 16.50
Amerika
Groot-Brittanje GBP 23.57 23.95
3.2.1 'n Britse toeris het 2 800,00 GBP en wil die GBP vir ZAR ruil vir 'n
vakansie in Suid-Afrika. Met sy aankoms by die OR Tambo
Internasionale Lughawe besoek die toeris die buitelandsevaluta-
verhandelingsburo om die geld te ruil.
Bereken hoeveel die toeris in rand sal ontvang. (4)
3.2.2 Pume, 'n Suid-Afrikaner, woon 'n konferensie in die Verenigde
State van Amerika by. Haar maatskappy het haar R15 500,00 vir
enige ekstra uitgawes gegee. Sy gaan na 'n buitelandsevaluta-
verhandelingsburo om hierdie geld op 'n voorafgelaaide
buitelandsevaluta-debietkaart te laai.
Bereken hoeveel sy in VS-dollar op die voorafgelaaide kaart sal
ontvang. (4)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE, KULTUUR- EN ERFENIS-
TOERISME, BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Identifiseer ikoon A. (2)
4.1.2 Ikoon A is as 'n geskenk aan Amerika gegee.
Noem die land wat hierdie ikoon aan Amerika gegee het. (2)
4.1.3 Gee EEN rede waarom hierdie geskenk aan Amerika gegee is. (2)
4.1.4 Noem die lande waar ikoon B en C geleë is. (4)
4.1.5 Ikoon B en C is aanvanklik albei vir 'n spesifieke doel gebou.
Gee EEN rede waarom die volgende ikone gebou is:
(a) Ikoon B (2)
(b) Ikoon C (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE SWARTWOUD
Die Swartwoudstreek is nie baie groot nie, ongeveer 150 km lank en 50 km
breed. Dit het ongelooflike natuurtonele. Klein dorpies en nedersettings en
plaaslike tradisies kan in 'n paar dae met 'n motor verken word.
Die Swartwoudstreek is bekend vir koekoekhorlosies, kersiekoeke,
plaashuise, golwende heuwels met donker immergroen woude en diep
valleie.
Die eerste kommersiële bedryf in die gebied was hout en houtbewerking. Die
boere het in die wintermaande houtwerk gedoen. So het die bekende
koekoekhorlosiebedryf en die vervaardiging van musiekinstrumente ontwikkel.
Hierdie bedrywe verskaf steeds werk, maar inkomste word nou hoofsaaklik uit
toerisme verdien. Die toerismebedryf is 'n bedryf wat heeljaar plaasvind as
gevolg van toeriste wat ski-oorde en spageriewe besoek.
[Aangepas uit www.roughguides.com]
4.2.1 (a) Noem die kontinent waar die beroemde Swartwoud geleë is. (2)
(b) Verduidelik hoe die Swartwoud sy naam gekry het. (2)
4.2.2 Identifiseer TWEE aktiwiteite in die uittreksel hierbo waaraan
toeriste kan deelneem wanneer hulle die Swartwoud in die winter
besoek. (4)
4.2.3 Verduidelik DRIE maniere waarop die aktiwiteite wat in
VRAAG 4.2.2 geïdentifiseer is, 'n positiewe invloed op die
toerismebedryf in die Swartwoud kan hê. (6)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 5
Bestudeer die inligting oor die uKhahlamba-Drakensbergpark hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
UKHAHLAMBA-DRAKENSBERGPARK
Die uKhahlamba-Drakensbergpark is 'n Wêrelderfenisterrein. Hierdie Wêreld-
erfenisterrein bewaar die bergwildernisomgewing en antieke rotskuns.
Aktiwiteite in die bergagtige park sluit in om met die voetslaanpaadjies langs te stap,
die grotte met rotskuns te verken, piekniek te hou, in rotspoele te swem, foto's te
neem, 'n aasvoëlrestaurant te besoek, te abseil, rotse te klim en ysklim in die winter te
doen. Verskeie avontuurtoeroperateurs bied begeleide aktiwiteite en toere aan.
Daar sal van sekere besoekers aan die uKhahlamba-Drakensbergpark verwag word
om die bergreddingsregisters by sekere ingangspunte in te vul om hulle veiligheid te
verseker.
[Aangepas uit www.zulu.org.za]
5.1 Noem die kulturele groep wie se nalatenskap daartoe gelei het dat die
uKhahlamba-Drakensbergpark Wêrelderfenisstatus gekry het. (2)
5.2 Verduidelik hoe die kulturele groep wat in VRAAG 5.1 genoem is, steeds tot
die gewildheid van die uKhahlamba-Drakensbergpark-area bydra. (2)
5.3 Volgens UNESCO word Wêrelderfenisterreine as natuurlike, kulturele en
gemengde erfenisterreine geklassifiseer.
5.3.1 Gee die klassifikasie van die uKhahlamba-Drakensbergpark. (2)
5.3.2 Gee EEN rede uit die uittreksel om jou antwoord op VRAAG 5.3.1
te verduidelik. (2)
5.4 Verduidelik TWEE maniere waarop die veiligheid van avontuuraktiwiteite by
die uKhahlamba-Drakensbergpark bestuur word. (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 6
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID BY DIE ITB
• SAToerisme het 'n stalletjie by die ITB Berlyn.
• Vyftig toerismemaatskappye van Suid-Afrika stal by
die SAToerisme-stalletjie uit.
• Uitstalruimte by die ITB is duur.
• Suid-Afrika sal weer by die volgende ITB, vanaf
8 tot 12 Maart 2017, uitstal.
[Aangepas uit www.itb50.com]
6.1 Noem die tipe toerismegebeurtenis wat by die ITB Berlyn plaasvind. (2)
6.2 Noem EEN rol wat SAToerisme by die ITB Berlyn vertolk. (2)
6.3 Verduidelik TWEE maniere waarop Suid-Afrika uit SAToerisme se aktiwiteite
by die ITB Berlyn voordeel trek. (4)
6.4 Noem EEN manier waarop TOMSA geld by toerismebesighede in Suid-Afrika
invorder om SAToerisme se bemarkingsaktiwiteite te befonds. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING D: TOERISMESEKTORE, VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEELD VAN 'N MAATSKAPPY
POSITIEF OF NIE?
[Aangepas uit www.cartoonstock.com]
7.1 Identifiseer die toerismebedryfsektor wat in die prent uitgebeeld word. (2)
7.2 Verduidelik die belangrikheid van persoonlike voorkoms in die sektor wat in
VRAAG 7.1 geϊdentifiseer is. (2)
7.3 Die werknemer in die prent hierbo voldoen nie aan die gedragskode van die
Palms Hotel nie.
Identifiseer DRIE voorbeelde van onprofessionele voorkoms/optrede deur die
werknemer in die prent. (6)
7.4 Stel DRIE ingrypingstrategieë aan die bestuur voor wat hierdie werknemer
se gedrag sal verbeter. (6)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 8
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERANTWOORDELIKE GEDRAG DEUR TOERISTE
KAN LUGVERVOER AS VOLHOUBAAR BESKOU WORD?
Die lugvaartbedryf het 'n groot invloed op klimaatsverandering. Lugvervoer word
beskou as die hooffaktor wat tot aardverwarming in die toerismebedryf bydra. Dit is
verantwoordelik vir bykans 40% van die totale koolstofvrystellings wat deur die
toerismebedryf veroorsaak word.
Die lugvaartbedryf het nog nie genoeg gedoen om hulle koolstofvrystellings te
verminder nie.
[Aangepas uit Climate Change and Tourism: Responding to
World Challenges, UNEP en 'UNWTO', 2007]
8.1 Verduidelik wat omgewingsvolhoubaarheid in die lugvaartbedryf vir jou
beteken. (2)
8.2 Die invloed van lugvervoer op klimaatsverandering word tans onder nasionale
of internasionale wette nie genoegsaam beheer nie. Daarom is dit belangrik
dat individue en besighede die invloed van hulle lugvervoer op die omgewing
verklein.
Noem TWEE maniere waarop toeriste hulle koolstofvoetspoor kan verklein
wanneer hulle lugvervoer gebruik. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
8.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIT IS DIE LUGHAWENSMAATSKAPPY SUID-AFRIKA ('ACSA')
SE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE
LUGVAARTBEDRYF VOLHOUBAAR TE HOU
[Aangepas uit www.faa.gov/lughawens]
Verwys na die driedubbele slotreël en gee TWEE voorbeelde ELK van hoe
ACSA lughawens ten opsigte van die volgende volhoubaar hou:
8.3.1 Die gemeenskap waarin dit besigheid doen (4)
8.3.2 Die invloed op die omgewing (4)
[14]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME,
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DURBAN SE STATEBOND-GLORIE
Die 2022 Statebondspele in Durban sal
'n tikkie 'Madiba magic' insluit tydens
die openingseremonie wat vir 18 Julie 2022
– wyle Nelson Mandela se verjaarsdag –
beplan word.
Die HUB van die Statebondspele het gesê:
'Om die gasheerland van die 2022 Spele te
wees, sal vir alle Suid-Afrikaners voordelig
en inspirerend wees.'
Suid-Afrika sal meer as 10 000 vrywilligers nodig hê om by die Spele, wat van
18 tot 29 Julie 2022 sal plaasvind, bystand te verleen. Die opening- en
afsluitingseremonies sal by die Moses Mabhida-stadion plaasvind.
Openbare, privaat en nieregeringsbelanghebbendes het onderneem om
groter finansiële bystand aan Suid-Afrikaanse atlete te bied ter voorbereiding
vir die komende Spele.
[Aangepas uit Sunday Times, 14 Februarie 2015]
9.1.1 Die openingseremonie van die Statebondspele word vir
18 Julie 2022 beplan.
Gee TWEE redes waarom die reëlingskomitee van mening is dat
hierdie datum, 18 Julie 2022, waarde by die Statebondspele sal
voeg. (4)
9.1.2 Die Statebondspele sal wyd bemark word om soveel toeriste as
moontlik te lok.
Stel TWEE positiewe en TWEE negatiewe invloede voor wat die
Statebondspele op die ekonomie van die gasheerstad sal hê. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
9.2 Bestudeer die buitelandsetoeriste-aankomste in Suid-Afrika in die tabel
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BUITELANDSETOERISTE-AANKOMSTE IN SUID-AFRIKA
JUNIE 2014/JUNIE 2015
LAND JUNIE 2014 JUNIE 2015 % VERSKIL
Duitsland 22 830 14 640 34%
Verenigde 37 749 29 825 21%
Konkinkryk
China 8 123 6 694 18%
Verenigde State 21 687 18 776 13%
van Amerika
Indië 7 494 5 808 22%
[Aangepas uit www.tourismupdate.co.za]
9.2.1 Identifiseer die TWEE BRICS-lande wat 'n noemenswaardige
afname in toeriste-aankomste in Suid-Afrika vir die tydperk hierbo
getoon het. (4)
9.2.2 Die toerismebedryf is van mening dat veranderings aan Suid-
Afrikaanse visumwette verantwoordelik is vir die afname in toeriste-
aankomste vanaf kern- en opkomende markte.
Bespreek DRIE maniere waarop veranderings aan die visumwette
'n invloed op die Suid-Afrikaanse toerismebedryf gehad het. (6)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 10
Lees die hoofbestuurder se boodskap aan alle gaste by die Trinity Hotel hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
TRINITY HOTEL
Longhornrylaan 174, Livingstone
Tel. 033 489 6373
manager@trinity.co.za
www.trinityhotel.co.za
20 November 2016
Geagte Gas
Dit is vir ons 'n plesier om u by ons te verwelkom en ons hoop u is tevrede met ons
geriewe en diens. Ons doelwit is om 'n aangename en vriendelike atmosfeer vir u
voortgesette gerief te skep.
Ons stel altyd belang in terugvoering van ons gaste en sal dit op prys stel indien u tyd
kan afstaan om ons terugvoeringskaart in u kamer in te vul. Wees verseker dat dit
spesiale aandag sal kry en dat dit opgevolg sal word.
Baie dankie vir u vriendelike ondersteuning.
Skandeer hierdie QR-kode
Jerry Weezel OF met u slimfoon om vir
Hoofbestuurder ons terugvoering te gee
oor u verblyf.
10.1 'n Hotelgas, mnr. Roberts, het reeds by die hotel uitgeteken. Hy wil
terugvoering oor sy verblyf by die hotel gee.
Identifiseer TWEE elektroniese metodes wat in die boodskap hierbo genoem
word wat hy kan gebruik om terugvoering te gee. (4)
10.2 Verduidelik TWEE redes waarom die Trinity Hotel verskillende metodes
gebruik om kliënteterugvoering te kry. (4)
[8]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Eng)

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922/v1-056064f78584c97ee039/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum