Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
TOERISME
2023
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 

%20QP_hlayiso.com_--96157cb2-f58b-4217-a433-dc87093997d9/v1-b00528948c1c48cf6bfe/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)


View all





Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 28 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 4.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
NSC June Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou berekeninge by VRAAG 3 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE berekeninge.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD
(minute)
A Kortvrae 40 20
Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse
B 50 50
Valutaverhandeling
Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
C 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
Toerismesektore; Volhoubare en
D 30 30
Verantwoordelike Toerisme
Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
E 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL: 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
1.1.1 Die prent hieronder toon ...
A seisoenale tyd.
B dagligbesparingstyd.
C lentebesparingstyd.
D huis-toe-gaan-tyd.
1.1.2 Die internasionale datumlyn …
A is 180° vanaf die UTK geleë.
B lê op die 150°-oosbreedtelyn.
C loop deur Greenwich, 'n dorpie naby Londen.
D loop vanaf oos na wes.
1.1.3 'n Visum is nodig om …
A in jou eie land te reis.
B vir 'n internasionale bestuurslisensie aansoek te doen.
C die Schengenlande binne te gaan.
D belastingvrye goedere te koop.
1.1.4 'n Geskeduleerde toer sal … insluit.
A vertrektye wat nie gewaarborg is nie
B vertrektye wat deur die toeriste bepaal word
C slegs vertrektye voor sonsopkoms
D vasgestelde vertrektye
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/2023
SS/NSS
1.1.5 'n Besigheidstoeris wat hoëspoed-vervoer vanaf OR Tambo
Internasionale Lughawe na Sandton benodig, sal die … gebruik.
A Bloutrein
B Gautrain
C Rovos Rail
D Shosholoza Meyl
1.1.6 Die Klaagmuur en die Rotskoepel is albei in … geleë.
A Mekka, Saoedi-Arabië
B Jerusalem, Israel
C Yucatan, Mexiko
D Agra, Indië
1.1.7 Die provinsie waar die Richtersveld Kulturele en Botaniese
Landskap geleë is:
A Gauteng
B Vrystaat
C Limpopo
D Noord-Kaap
1.1.8 Hierdie prent word met die … Wêrelderfenisterrein verbind.
A iSimangaliso-vleilandpark
B ǂKhomani Kulturele Landskap
C Mapungubwe Kulturele Landskap
D Maloti-Drakensbergpark
1.1.9 Die korrekte volgorde waarin die heffings vir bemarking
ingesamel word:
A SAToerisme, TOMSA, Toeris, TBRSA
B Toeris, TBRSA, SAToerisme, TOMSA
C TOMSA, TBRSA, Toeris, SAToerisme
D Toeris, TOMSA, TBRSA, SAToerisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/2023
SS/NSS
1.1.10 'n Europese platform wat deur SAToerisme gebruik word om Suid-Afrika
internasionaal te bemark:
A Getaway-skou
B ITB Berlyn
C Afrika se Reis-Indaba
D Knysna Oesterfees
1.1.11 Die staatsdepartement verantwoordelik vir die publisering en
opgradering van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes:
A
Basiese Onderwys
B
Binnelandse Sake
C
Arbeid
D
Vervoer
1.1.12 Kommunikasie is 'n belangrike … om te hê wanneer uitstekende diens
aan kliënte gelewer word.
A sagte vaardigheid
B sleutelwoord
C kleredragreël
D higiëniese praktyk
1.1.13 'n Hotel gebruik ou bedlakens om linnesakke mee te maak. Dit is 'n
voorbeeld van …
A herbedrading.
B herstel.
C hergebruik.
D ontspanning.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/2023
SS/NSS
1.1.14 Die bedrag wat deur 'n toeris aan 'n handwerkkunstenaar vir die
handgemaakte item hieronder aangebied word:
A Bankkoers
B Billike prys
C BBP
D Inkomstebelasting
1.1.15 'n Gedragskode dui aan hoe die personeel van 'n motor-
verhuringsmaatskappy …
A se salarisse betaal moet word.
B as 'n span moet saamwerk.
C 'n minimum aantal ure moet werk.
D gekontrakteer moet word om kernpligte uit te voer.
1.1.16 'n Vorm van betaling wat nie meer tydens internasionale reise gebruik
word nie:
A Internetbetalings
B Kredietkaarte
C Reisigerstjeks
D Kontant
1.1.17 Die vermenigvuldigereffek word met ... verbind.
A buitelandsevaluta-inkomste
B politieke onstabiliteit
C natuurrampe
D die uitbreek van 'n burgeroorlog
1.1.18 'n Voorbeeld van 'n onvoorsiene gebeurtenis:
A Olimpiese Spele
B Tsunami
C Wimbledon-tennistoernooi
D COP27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/2023
SS/NSS
1.1.19 Om kliënte in staat te stel om webgebaseerde terugvoer aan 'n
besigheid te gee, sal hulle … benodig.
A toegang tot die internet
B terugvoeringskaarte en 'n potlood
C 'n landlyntelefoon
D 'n harde kopie van 'n opnamevorm
1.1.20 'n Voordeel om 'n gasheerland vir 'n wêreldsportgebeurtenis te wees:
A Buitelandsevaluta-inkomste
B Verbeter die stand van sy politiek
C Ruil handelsooreenkomste uit
D Negatiewe mondelinge reaksie (20 x 1) (20)
1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 bankaankoopkoers.
betaling; slagspreuk; verlof; handelsmerk-produkverpakking;
verlies aan kultuur; gedragskode vir toeriste;
lewenstandaard; groenwassery
1.2.1 Hotelgaste kry komplimentêre (gratis) toiletware met die hotel se logo op
in hulle kamers
1.2.2 Die woord/frase wat met 'n toerismemaatskappy verbind word
1.2.3 Die tydperk waarin personeel met toestemming van die
toerismebesigheid van die werk afwesig is
1.2.4 Opheffingsprogramme het 'n positiewe invloed op die plaaslike
gemeenskap deur hulle … te verbeter.
1.2.5 Loop slegs op duidelik gemerkte paadjies en wandelpaaie (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.
1.3.1 Die deelname aan programme wat (indringerplante verwyder/wilde voëls
in hokke sit) is uitstekende aktiwiteite vir omgewingsbewuste toeriste.
1.3.2 Personeel van 'n reisagentskap wat 'n kinderhuis besoek om interaksie
met die kinders te hê, is 'n voorbeeld van (finansiële/niefinansiële)
ondersteuning.
1.3.3 Om gaste by 'n akkommodasie-instelling na die beste van hulle vermoë
te help, is die (diensfooi/optrede) wat van werknemers verwag word.
1.3.4 Deur op jou voete te dink om 'n kliënt se klagte op te los, vereis
(professionele oordeel/onbeskofte gedrag).
1.3.5 Persoonlike higiëne sal (liggaamsreuke/geestesgesondheid) onder
beheer hou. (5 x 1) (5)
1.4 Kies 'n wêreldgebeurtenis uit KOLOM A wat by die beskrywing in KOLOM B pas.
Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Tour de France A wêreldberaad oor klimaatsverandering
1.4.2 Formule 1 B internasionale tennistoernooi
1.4.3 Wimbledon C internasionale motorsportwedren
1.4.4 Olimpiese Spele D wêreldfietsrygebeurtenis
1.4.5 COP27 E multisport-wêreldgebeurtenis
. F internasionale gholftoernooi
G Wêreldbeker-netbaltoernooi
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/2023
SS/NSS
1.5 Die horlosies hieronder toon die tye van verskillende stede regoor die wêreld. Dit
is 12:00 in die middag in Londen.
Pas die tye op die horlosies A tot E hieronder, by die stede wat 1.5.1 tot 1.5.5
genommer is. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer neer, bv. 1.5.6 F.
LET WEL: Moenie DBT in ag neem nie.
TYE REGOOR DIE WÊRELD
LONDEN
[Bron: Eksaminator se eie bron]
1.5.1 Moskou (+3)
1.5.2 Rio De Janeiro (-3)
1.5.3 Johannesburg (+2)
1.5.4 New York (-5)
1.5.5 Sydney (+10) (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELD ONDER-20-BYEENKOMS – CALI, COLOMBIË – 2022
Atletiek Suid-Afrika (+2) het 'n span met 47 lede
na die Wêreld O/20-Atletiekbyeenkoms in Cali,
Colombië (-5) geneem. Die Suid-Afrikaanse
SUID- span het van die land se opwindendste jong
AFRIKA atlete in baan- en veldnommers ingesluit. Een
van hierdie opkomende sterre is Lythe Pillay,
wat die 400 m goud gewen het en die wêreld
juniorkampioen geword het. Die Suid-
Afrikaanse span het 'n totaal van 5 medaljes
huis toe gebring, wat hulle in die algehele 5de
posisie geplaas het. Daar is geen direkte
PILLAY vlugte tussen Johannesburg en Cali, Colombië
CALI 22
nie.
[Aangepas uit www.worldathletics.org]
2.1 2.1.1 Voltooi die profiel van Lythe Pillay volgens die tabel hieronder.
(a) Nasionaliteit
(b) Ouderdomsgroep
(c) Spesiale belangstelling (3)
2.1.2 Die atlete het reisdokumente vir die reis na die wêreldbyeenkoms nodig
gehad.
Noem DRIE dokumente wat hulle vir die besoek aan Colombië nodig
gehad het. (3)
2.1.3 Gee EEN reisverwante toestand waaraan die atlete moontlik met hulle
aankoms in Colombië gely het. (2)
2.1.4 Gee 'n definisie vir die reisverwante toestand wat in VRAAG 2.1.3
geïdentifiseer is. (2)
2.1.5 Die nagevolge van die reisverwante toestand wat in VRAAG 2.1.3
geïdentifiseer is, kon tydens die vlug verminder word.
Verduidelik EEN manier waarop die nagevolge verminder kon word. (2)
2.1.6 Die span het advies oor gesondheid- en veiligheidsvoorsorgmaatreëls
tydens hulle besoek aan Colombië ontvang.
Gee:
(a) EEN gesondheidvoorsorgmaatreël (2)
(b) EEN veiligheidsvoorsorgmaatreël (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/2023
SS/NSS
2.2 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die vluginligting hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
CALI, COLOMBIË
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/2023
SS/NSS
DIE ATLETE SE REIS VANAF JOHANNESBURG NA CALI VIA FRANKFURT
Vertrek
JOHANNESBURG, Suid-Afrika na FRANKFURT, Duitsland
Tyd en datum in Johannesburg: 18:00 op 15 Julie 2022
Vliegtyd: Johannesburg na Frankfurt: 11 ure
Lugdiens: Lufthansa
VIA
In transito
FRANKFURT, Duitsland
Aankomstyd in Frankfurt: 04:00
Tyd in transito: 2 ure
Vertrektyd: 06:00
NA
Aankoms
CALI, Colombië
Vliegtyd vanaf Frankfurt na Cali: 12 ure
2.2.1 Bereken die tyd en datum in Frankfurt, Duitsland toe die span uit
Suid-Afrika vertrek het. (4)
2.2.2 Die span was in transito in Frankfurt.
Verduidelik die term in transito. (2)
2.2.3 Bereken die tyd en datum van die span se aankoms in Cali, Colombië. (4)
2.2.4 Bereken die totale duur (in uur) van die span se reis vanaf
Johannesburg na Cali. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/2023
SS/NSS
2.3 Voor die span na Suid-Afrika terugkeer, het hulle 'n paar aandenkings by die
belastingvrye winkels op die lughawe in Colombië gekoop. Van die items het die
volgende ingesluit:
AANDENKINGS UIT COLOMBIË
Colombiaanse koffie Plaaslike kunshandwerk
Waarde:
R30 000
Goud-/Diamantjuweliersware 1 liter van die plaaslike nasionale drank,
bekend as Aguardiente
[Bron: www.gpsmycity.com]
2.3.1 Verduidelik die term belastingvry. (2)
2.3.2 Gee die doeanekanaal waardeur hulle moes beweeg met hulle aankoms
in Suid-Afrika. (2)
2.3.3 Verduidelik EEN rede vir die span se keuse in VRAAG 2.3.2. (2)
2.4 Noem die regeringsdepartement wat vir Doeane en Aksyns op lughawens
verantwoordelik is. (2)
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LAASTE EERBETOON AAN DIE KONINGIN
Anne Mayer van Durban was vir baie jare 'n
aanhanger van koningin Elizabeth II. Toe sy die
nuus van die koningin se afsterwe hoor, het Anne
besluit om as 'n laaste eerbetoon na Londen te reis
Haar reis het vyf dae (vier nagte) geduur.
Sy het 'n totale begroting van R50 000 vir die reis
gehad:
Retoervliegkaartjie: R11 905
Treinvervoer in Londen: R185
Akkommodasie per nag (slegs kamer): R1 060
[Bron: Eksaminator se eie bron]
3.1 3.1.1 Bereken, in rand, die totale koste van haar reis na Londen. (3)
3.1.2 Gee EEN ander noodsaaklike item (iets waarsonder Anne nie kan
oorleef nie) wat nie by die begroting hierbo ingesluit is nie. (2)
3.2 Bestudeer die buitelandsevalutakoers-tabel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
BUITELANDSEVALUTAKOERS-TABEL
GELDEENHEID BAK BVK
Euro 17.01 18.18
Britse pond 19.50 20.69
Australiese dollar 11.26 12.40
[Bron: www.nedbank.co.za]
3.2.1 Gee die valutakodes vir die volgende:
(a) Euro
(b) Britse pond
(c) Australiese dollar (3)
3.2.2 Anne het R30 000 op die OR Tambo Internasionale Lughawe omgeruil
om vir haar ander uitgawes in Londen voorsiening te maak.
Bereken die bedrag wat Anne ontvang het in die geldeenheid wat in
Londen gebruik word. (3)
3.2.3 Toe Anne teruggekeer het huis toe, het sy £177 oorgehad wat sy by 'n
plaaslike Suid-Afrikaanse bank omgeruil het.
Bereken die bedrag wat sy in rand ontvang het. (3)
[14]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Verwys na die wêreldikone hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
IKONE VAN DIE WÊRELD
A B C
D E
[Bron: www.britannica.com]
Identifiseer die wêreldikone wat A tot E in die tabel hierbo gemerk is.
Skryf slegs die naam van die ikoon langs die letter in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. F Groot Muur van China. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/2023
SS/NSS
4.2 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
LIGGING VAN WÊRELDIKONE
[Aangepas uit www.freeworldmaps.net]
Verwys na die wêreldkaart hierbo en identifiseer die lande waar die wêreldikone
in VRAAG 4.1 geleë is.
Skryf die naam van die land onder die korrekte opskrif neer.
LIGGING OP DIE KAART NAAM VAN DIE LAND
A
B
C
D
E (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/2023
SS/NSS
4.3 Verwys na die inligting oor die windmeulens hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
KINDERDIJK – 'N UNESCO WÊRELDERFENISTERREIN
'n Windmeulkompleks, soos
Kinderdijk, word slegs in hierdie
streek in die wêreld aangetref.
Die terrein wys die kenmerke
wat aan hierdie tegnologie
gekoppel word – reservoirs
(opgaardamme), pompstasies,
dyke, administrasiegeboue en 'n
reeks windmeulens wat bewaar
is.
[Aangepas uit www.boatbiketours.com]
4.3.1 Gee die naam van die land waar die windmeulens in Kinderdijk geleë is. (2)
4.3.2 Bespreek TWEE redes waarom hierdie attraksie as 'n wêreldikoon
beskou word. (4)
4.4 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RESENSIES OOR BESOEKE AAN KINDERDIJK
Dit was 'n wonderlike ervaring om die pragtige omgewing te
Voorbeeld
bewonder.
van 'n
resensie
Baie vriendelike, hulpvaardige personeel in die
Resensie
geskenkwinkel en koffiewinkel.
1
Die roomys kos 1 euro per skep wat 'n goeie prys vir 'n
Resensie
bederf-item by 'n toeriste-attraksie is. Volgende keer sal ons
2 die hele gesin en 'n paar van ons vriende saambring.
'n Heerlike gesinsuitstappie.
Resensie Dit het gehelp dat al die toerbote opritte vir rolstoelgebruikers
gehad het.
3 Baie netjiese, goedversorgde en veilige plek.
[Aangepas uit www.bbc.com/news/blogs]
4.4.1 (a) Identifiseer die resensienommer wat toeriste met spesiale
behoeftes sal aanmoedig om die attraksie te besoek. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/2023
SS/NSS
(b) Gee EEN voorbeeld in die resensie om jou antwoord op
VRAAG 4.4.1(a) te staaf. (2)
4.4.2 Noem DRIE ander faktore in die resensie wat tot die sukses van die
attraksie op die vorige bladsy bydra. (3)
4.5 Verwys na die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESOEK AAN DIE WINDMEULENS
A Beste maande om die windmeulens by Kinderdijk te besoek
Januarie Februarie Maart April Mei Junie
Julie Augustus September Oktober November Desember
B
KINDERDIJK
C
60 permanente inwoners
600 000 toeriste per jaar
1 : 10 000 #massatoerisme
[Aangepas uit www.besttime2travel.com]
4.5.1 Gee EEN rede waarom April tot September in A die beste maande is
om Kinderdijk te besoek. (2)
4.5.2 Verwys na B.
Stel tye voor wat toeriste die windmeulens moet besoek om oorvol
besoektye te vermy. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/2023
SS/NSS
4.5.3 Identifiseer EEN eienskap uit C wat die sukses van die windmeulens as
'n toeriste-attraksie aandui. (2)
4.5.4 (a) Verduidelik die betekenis van 1 : 10 000 #massatoerisme (2)
(b) Bespreek EEN negatiewe invloed op die inwoners van Kinderdijk
as gevolg van die konsep wat in VRAAG 4.5.4 (a) verduidelik is. (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 5
Bestudeer die inligting oor sommige van die Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELDERFENISTERREINE VAN SUID-AFRIKA
'n Internasionale toeris het op UNESCO se webtuiste navorsing gedoen oor
Wêrelderfenisterreine wat beide natuurlike en kulturele terreine is.
[Aangepas uit www.pinterest.com]
5.1 Verwys na die kaart hierbo en identifiseer die Wêrelderfenisterrein wat al langs
die grens van Suid-Afrika en 'n buurland strek. (2)
5.2 Verduidelik waarom die terrein wat in VRAAG 5.1 geïdentifiseer is, verskillende
tipes toeriste sal lok. (2)
5.3 5.3.1 Behalwe vir die provinsie waarin die terrein in VRAAG 5.1 geleë is, stel
EEN ander provinsie voor waar die toeris beide natuurlike en kulturele
Wêrelderfenisterreine sal aantref. (2)
5.3.2 Verduidelik EEN rede waarom die natuurlike terrein in die provinsie wat
in VRAAG 5.3.1 geïdentifiseer is, Wêrelderfenisstatus het. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 6
Verwys na die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELDREISMARK/'WORLD TRAVEL MARKET' 2023
[Aangepas uit www.wtm.com]
6.1 Identifiseer die stad waar die WTM Afrika in April 2023 gehou is. (2)
6.2 SAToerisme gebruik hierdie gebeurtenis in Suid-Afrika as 'n
bemarkingsplatform. Die gebeurtenis berei SAToerisme voor op toekomstige
bemarkingsinisiatiewe in ander lande.
Stem jy met die stelling hierbo saam? (Ja/Nee)
Gee EEN rede vir jou antwoord. (2)
6.3 Skryf 'n paragraaf en bespreek DRIE redes waarom hierdie gebeurtenis as 'n
uitstekende geleentheid beskou word vir toerismeprodukeienaars om hulle
teikenmarkte te vergroot.
Jou bespreking moet DRIE van die vier kolpunte in die prent insluit. (3 x 2) (6)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die lugdiensinligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WERK IN DIE LUGDIENSBEDRYF
Die lugdiensbedryf is 'n prettige werksplek, veral wanneer jy in jou twintigs is.
Lugdienste bied wonderlike reisgeleenthede, om die wêreld te sien en verskillende
kulture te ervaar.
Werk volgens 'n Bemanningslede 'n Verpligte
'n Bemannings- jaarlikse mediese
maandelikse vergadering voor 'n kwalifiseer vir
tydrooster. Jy lugdienskaartjies ondersoek.
plaaslike of
moet stiptelik internasionale vlug. teen afslagpryse.
wees.
Opleiding Daar is
Jy moet buigsaam word dwars- jaarliks 'n
wees en nuwe deur die jaar teoretiese
slaappatrone verskaf. en praktiese
aanleer. eksamen.
Om vriendelik te wees en passasiers met respek te behandel, is belangrik. Om hoflik,
behulpsaam en professioneel te wees, vorm deel daarvan om 'n bemanningslid te
wees.
[Aangepas uit www.flysaa.com]
7.1 Gee EEN rede waarom die mense in die foto almal dieselfde uniform dra. (2)
7.2 7.2.1 Noem die dokument wat deur die lugdiens saamgestel word, waar die
basiese diensvoorwaardes oor pligte en stiptelikheid aan die
kajuitbemanning gegee word. (2)
7.2.2 Noem die kategorie in die dokument wat in VRAAG 7.2.1 gegee is, waar
lugdienskaartjies teen afslagpryse vir bemanningslede gebied word. (2)
7.3 7.3.1 Kies die korrekte frase tussen hakies.
Om passasiers professioneel te behandel, kan as (beëindiging van
diens/etiese diens) beskou word. (2)
7.3.2 Verduidelik EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 7.3.1. (2)
7.4 Bespreek TWEE redes waarom daar van lugdienspersoneel vereis word om
elke jaar werkverwante eksamens te slaag. (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 8
Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RHINO RIDGE LODGE EN ORGANIESE GROEN SPA
'N FTT-GESERTIFISEERDE BESIGHEID
Daar is 'n welstandsentrum by die lodge, die Organiese Groen Spa, waar gaste die
uitsig oor die Afrika-bosveld uit die behandelingskamers kan geniet. Renosters,
kameelperde, olifante of sebras kan tydens 'n behandeling gesien word.
Die spa gebruik slegs natuurlike bestanddele wat deur plaaslike gemeenskappe uit die
Afrikabos ge-oes word. Die professioneel opgeleide spaterapeute uit die plaaslike
gemeenskap bied verskillende behandelings terwyl gaste die uitsig en ervaring geniet.
Die Rhino Ridge lodge is toegewyd om groen te word.
Verwyder enkelgebruik plastiek. Dit sluit die vervanging van
plastiese waterbottels met herbruikbare glasbottels vir elke gas in.
Belê in groot sonenergieplase in die omgewing.
Skep mikro-ekonomieë in nabygeleë gemeenskappe om produkte
en dienste aan die lodge te verskaf.
Skenk kos aan voedingskemas by nabygeleë crèches (kleuterskole).
Bedien slegs seekos wat volhoubaar gevang word.
[Aangepas uit www.rhinoridge.co.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/2023
SS/NSS
8.1 'n Gas betaal vir 'n behandeling by die welstandsentrum.
Identifiseer die pilaar van volhoubare toerisme vir ELK van die volgende aspekte
gedurende die behandeling:
8.1.1 Slegs natuurlike bestanddele word vir die behandelings gebruik. (2)
8.1.2 Die terapeute wat die behandeling aanbied, word uit die plaaslike
gemeenskap in diens geneem. (2)
8.2 As deel van die Organiese Groen Spa se korporatiewe maatskaplike belegging
(KMB), wil hulle graag aan die gemeenskap teruggee.
Stel EEN KMB-inisiatief voor wat die spa aan die plaaslike gemeenskap kan (2)
bied.
8.3 Stel TWEE maniere voor hoe die waterbottel-beleidstuk by die lodge tot
volhoubare afvalbestuur kan bydra. (4)
8.4 Gebruik die inligting en gee EEN voorbeeld van die aankoop van plaaslike
goedere by die lodge. (2)
8.5 Bespreek EEN inisiatief van die lodge om die invloed van die huidige
elektrisiteitskrisis te verminder. (2)
8.6 Volgens 'Fair Trade Tourism' (FTT) moet 'n gesertifiseerde toerismebesigheid
soos Rhino Ridge Lodge, die FTT-beginsels toepas. Dit moet ook in hulle missie
(geskrewe hoofdoel of doelwitte) sigbaar wees en deur hulle werknemers
toegepas word.
Ontwikkel 'n missie (van nie meer as een sin nie) vir die Rhino Ridge Lodge wat
'Billike Seggenskap', een van die 6 FTT-beginsels, reflekteer. (2)
[16]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2023 WÊRELD-TAFELTENNISTOERNOOI FINAAL
DURBAN, SUID-AFRIKA
Die wêreld het in Mei 2023 op die sonnige Durban, Suid-Afrika, toegesak.
Hierdie stad het vanaf 22 tot 28 Mei 2023 gasheer gespeel vir die Wêreld-
tafeltennistoernooi by die Durban Internasionale Konfensiesentrum. Dit was
die eerste keer sedert 1939 dat die toernooi in Afrika aangebied is.
Ongeveer 400 spelers uit 227 lande is deur verteenwoordigers van hulle
onderskeie lande vergesel. Die toernooi het 'n groot invloed op die ekonomie
van Durban, KwaZulu-Natal en Suid-Afrika as 'n geheel gehad.
'Ons is meer as gereed om gasheer vir die wêreld te speel!' het e-Thekwini se
uitvoerende burgermeester, Mxolisi Kaunda, in afwagting op die Wêreld-
tafeltennistoernooi gesê.
[Aangepas uit www.tabletennis.co.za]
9.1.1 Gee EEN rede waarom die Wêreld-tafeltennistoernooi as 'n
wêreldgebeurtenis beskou kan word. (2)
9.1.2 Verduidelik TWEE redes waarom Durban 'n ideale plek vir die toernooi
was. (4)
9.1.3 Gee TWEE positiewe invloede wat die toernooi op Durban se ekonomie
gehad het. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 26 DBE/2023
SS/NSS
9.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ORKAAN IAN – SEPTEMBER 2022
VLOEDE VANAF FLORIDA TOT IN SUID-CAROLINA
Sanibel-eiland se deurgangsroete voor Orkaan Ian
Deurgangsroete:
Paaie en brûe wat die
eilande met die vaste-
land by Florida verbind
Sanibel-eiland se deurgangsroete ná Orkaan Ian
DIE LANG PAD NA HERSTEL VIR TOERISME
Orkaan Ian was 'n dodelike en verwoestende orkaan wat wydverspreide skade
regoor die Verenigde State van Amerika, veral in die state Florida en Suid-
Carolina, veroorsaak het.
Orkaan Ian het hoofsaaklik vloede, as gevolg van swaar reën en sterk winde
van tot 250 km/h tot gevolg gehad. Miljoene mense is sonder elektrisiteit gelaat
en baie was genoodsaak om op die dakke van hulle huise skuiling te soek.
Sanibel-eiland, bekend vir unieke vakansie-ervarings, het onder erge vloede
deurgeloop en hulle deurgangsroete het inmekaargestort, wat toegang tot die
gemeenskap van 6 300 mense afgesny het. Al die hotelle en restaurante is
heeltemal verwoes. Orkaan Ian word as die dodelikste storm beskou wat die
VSA sedert 1935 getref het.
[Aangepas uit www.en.wikipedia.org]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 27 DBE/2023
SS/NSS
9.2.1 Identifiseer die soort onvoorsiene gebeurtenis in die inligting op die
vorige bladsy. (2)
9.2.2 Noem die TWEE natuurkragte wat die meeste verwoesting aan
toerisme-infrastruktuur in Florida en Suid-Carolina veroorsaak het. (2)
9.2.3 Noem TWEE maniere hoe skade aan die deurpad 'n invloed op toerisme
na die eilande kan hê. (4)
9.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOOFDOEL VAN BESOEK VIR INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE
Doel van besoek: 2020 in vergelyking met 2019
VFR Vakansie Inkopies Besigheid Ander
41,4% 20,9% 22,9% 6,4% 6,1%
41,1% 16,4% 24,4% 7,8% 8,3%
[Bron: SAToerisme Prestasieverslag, Januarie-Desember 2020]
9.3.1 Gee die hoogste persentasie inkomende internasionale toeriste na
Suid-Afrika in die 2019/2020-tydperk. (2)
9.3.2 Afgesien van VFR, gee die doel van besoek wat die hoogste
persentasie besoekers in 2020 ontvang het. (2)
9.3.3 Gee EEN rede waarom die doel van besoek wat in VRAAG 9.3.2
geïdentifiseer is, so 'n hoë persentasie inkomende besoekers gehad het. (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 28 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 10
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KLIËNTETERUGVOERING
Ek deel my
positiewe ervaring
by die hotel.
[Bron: www.dreamstime.com]
10.1 Identifiseer die metode wat gebruik is om kliëntetevredenheid te deel. (2)
10.2 Noem TWEE maniere waarop die metode in VRAAG 10.1 'n positiewe invloed
op die hotel sal hê. (4)
[6]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Question Paper (Eng)
%20QP_hlayiso.com_--96157cb2-f58b-4217-a433-dc87093997d9/v1-b00528948c1c48cf6bfe/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 GP Prelim 2023 Question Paper (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (English)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum