Skip to content

Tourism Grade 12 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12201826 pages

Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 TOERISME NOVEMBER 2018 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af. 5. Toon ALLE berekeninge vir die bewerkings. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. TYD AFDELING ONDERWERP PUNTE (minute) A Kortvrae 40 20 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse valuta- B 50 50 verhandeling Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en C 50 50 Erfenistoerisme; Bemarking Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike D 30 30 Toerisme Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; E 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 3 DBE/November 2018 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die soort visum waarvoor aansoek gedoen word wanneer daar na Europese Unie-lande gereis word: A Brasiliaanse B Skotse C Schengen D Amerikaanse 1.1.2 'n Verpligte inenting wat vereis word wanneer sekere Afrikalande besoek word: A Bilharzia B Geelkoors C Hepatitis A D Malaria 1.1.3 'n Bank sal die … gebruik wanneer 'n Suid-Afrikaanse toeris op OR Tambo Internasionale Lughawe R5 000,00 vir euro verwissel: A bankaankoopkoers B bankbeleggingskoers C bankterugneemkoers D bankverkoopkoers 1.1.4 Wanneer dagligbesparingstyd (DBT) toegepas word, word daar van deelnemende lande vereis om hulle horlosies … A EEN uur in die somer terug te draai. B EEN uur in die winter vorentoe te draai. C EEN uur in die somer vorentoe te draai. D TWEE ure in die somer terug te draai. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 4 DBE/November 2018 NSS 1.1.5 'n IBP word vereis om … A aan plaaslike kultuuraktiwiteite deel te neem. B 'n ligte vliegtuig in die buiteland te vlieg. C 'n voertuig by sekere buitelandse bestemmings te huur. D aan witwater-vlotvaart-('white water rafting')aktiwiteite deel te neem. 1.1.6 Die verskil tussen 'n besienswaardigheid en 'n ikoon: A 'n Besienswaardigheid is 'n glanspunt wat toeriste wil ervaar, terwyl 'n ikoon 'n simbool is wat 'n bestemming verteenwoordig. B 'n Besienswaardigheid is 'n simbool wat toeriste lok, terwyl 'n ikoon 'n besienswaardigheid is wat slegs kultuurtoeriste lok. C 'n Besienswaardigheid verteenwoordig 'n bestemming, terwyl 'n ikoon tot die ekonomie van die land bydra. D 'n Besienswaardigheid is 'n nuwe ervaring by 'n bestemming, terwyl 'n ikoon 'n bestaande besienswaardigheid by 'n bestemming is. 1.1.7 Die Jungfrau-Aletsch is 'n bergreeks wat in hierdie land aangetref word: A Japan B Indië C Brasilië D Switserland 1.1.8 TWEE ikone wat in Rome aangetref word: A B C D A Ikoon A en ikoon B B Ikoon A en ikoon C C Ikoon C en ikoon D D Ikoon B en ikoon D 1.1.9 'n Kusstrook met goue strande en wêreldklasgolfbane: A Drywende Markte B Algarve C Blou Moskee D Petra Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 5 DBE/November 2018 NSS 1.1.10 Die simbool hieronder dui aan dat 'n besienswaardigheid universeel toeganklik is: A B C D 1.1.11 Indien 'n toerismebesigheid die driedubbele-slotreëlbenadering toepas, sal dit tot … toerisme lei. A onverantwoordelike B praktiese C volhoubare D vriendelike 1.1.12 'n Betaling wat aan 'n werknemer gemaak word vir werk wat gedoen is: A Besoldiging/Vergoeding B Ruilooreenkoms/('Bartering') C Verhandeling D Transaksie 1.1.13 'n Voorbeeld van etiese gedrag deur personeel: A Stel die toesighouer in kennis wanneer jy nie by die werk sal wees nie. B Gee onbeperkte afslag aan gesinslede en vriende. C Betaal nie 'n werknemer vir al die ekstra ure wat gewerk is nie. D Neem krediet vir werk wat nie as jou eie beskou word nie. 1.1.14 'n Voorbeeld van 'n byvoordeel vir kajuitbemanning by 'n lugdiens: A Maandelikse salaris B Skeidingsbetaling C Uniformtoelaag D Verminderde belasting Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 6 DBE/November 2018 NSS 1.1.15 Die uitbarsting van 'n vulkaan op 'n eiland wat op toerisme as hoofinkomstebron staatmaak, sal hierdie negatiewe invloed tot gevolg hê: A Beskadigde toegangspaaie en minder toeriste wat die oorde besoek B Swaar sneeuneerslae en meer toeriste wat vir 'n ski-vakansie opdaag C Veldblomme wat blom en 'n toename in ekotoeriste op die eiland D 'n Vuurwerkvertoning en minder vrywilligers vir die opening- seremonie 1.1.16 Die beeld van 'n gasheerland wat 'n wêreldgebeurtenis aanbied, sal verbeter wanneer … A onbekende borge by die gebeurtenis betrokke is. B spertye tydens die voorbereidingsproses nagekom word. C die gebeurtenis op een mediaplatform geadverteer word. D plaaslike gemeenskappe nie toegelaat word om hulle produkte te verkoop nie. 1.1.17 Hierdie logo toon aan toeriste dat hulle vakansie plaaslike gemeenskappe en ekonomieë bevoordeel: A B C D 1.1.18 Algemene onrus, protesaksies en stakings in Suid-Afrika lei tot ... A werkskepping. B verlies aan beleggersvertroue. C die versterking van die plaaslike geldeenheid. D positiewe publisiteit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 7 DBE/November 2018 NSS 1.1.19 Statistiese inligting met betrekking tot toeriste-aankomste in Suid-Afrika vanaf lande soos die Verenigde State van Amerika en Australië, word as … geklassifiseer. A landmarkte B watermarkte C lugmarkte D spoormarkte 1.1.20 Opknappingswerk aan 'n hotelkamer tydens 'n gas se verblyf kan … A BBP-groei verlaag. B spanbou onder die personeel verbeter. C die gas verontrief. D koste by die gas se rekening voeg. (20) 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord(e)/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord(e)/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. wêreldresessie; paspoort; aftrekking; FOREX; telegrafiese oorplasing TravelWallet; vermenigvuldigereffek; enkeltoeslag; MasterCard 1.2.1 'n Voorbeeld van 'n voorafbetaalde buitelandse valutakaart waar die wisselkoers deur die bank vasgestel word wanneer dit aangekoop word 1.2.2 'n Besigheid sal die logo van hierdie instelling vertoon om aan te dui dat hulle kredietkaartbetalings aanvaar 1.2.3 'n Elektroniese metode om fondse na die buiteland oor te plaas 1.2.4 Die bykomende bedrag betaalbaar wanneer 'n gas verkies om nie 'n kamer te deel nie 1.2.5 Die term op die salarisadvies van 'n werknemer wat die bedrag wat aan die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF/'UIF') oorbetaal word, aandui (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 8 DBE/November 2018 NSS 1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort. 1.3.1 Die (opvoedkundige vlak/finansiële status) van 'n kliënt is 'n belangrike faktor wat in ag geneem moet word wanneer 'n toeris se profiel saamgestel word. 1.3.2 'n Suid-Afrikaanse toeris wat na die OR Tambo Internasionale Lughawe terugkeer met geskenkaankope ter waarde van meer as eenhonderdduisend rand, moet deur die (rooi/groen) kanaal by doeane gaan. 1.3.3 'n Positiewe invloed wat die aanbied van die 2018 FIFA- Wêreldbekertoernooi in Rusland vir die plaaslike inwoners inhou, staan as die (magnetiese/vermenigvuldiger-) effek bekend. 1.3.4 Wanneer 'n Suid-Afrikaanse toeris vir 'n visum aansoek doen, is bewyse van betaalde (akkommodasie/belastings) 'n verpligte vereiste. 1.3.5 Die (Blou Moskee/Koepel van die Rots) is 'n godsdienstige struktuur wat in die stad Jerusalem geleë is. (5) 1.4 Kies die gasheer-(land/provinsie/stad) uit KOLOM B wat by die wêreldgebeurtenis in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Comrades-marathon A Australië 1.4.2 2018 G8-beraad B Londen 1.4.3 2018 Statebondspele C New York 1.4.4 Wimbledon-tennistoernooi D KwaZulu-Natal 1.4.5 2016 Olimpiese Spele E Kanada F Rio de Janeiro (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 9 DBE/November 2018 NSS 1.5 Suid-Afrika, net soos ander lande, het jaarlikse statistiese inligting oor besoekersaankomste in die land nodig. Verwys na die hoofaanduiders van die statistiese inligting hieronder. Pas die hoofaanduiders by die inligtingsgrafika. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 G. HOOFAANDUIDERS VAN STATISTIESE INLIGTING Toeriste- Navorsings- C Bron- A B besienswaardighede metodes markte Openbare Gemiddelde F Doel D vervoer E besteding van reis 1.5.1 Duitsland VK VSA Frankryk Nederland Top 7-lande Australië Switserland 1.5.2 1.5.3 Akkommodasie uitgesluit Vakansie R1 189 Besigheid Besoek familie/vriende Opvoedkundig per persoon 1.5.4 1.5.5 Natuur & Kos & Geskiedenis Kuns & Mondelinge buitelewe wyn & erfenis kultuur aanbeveling Internet Media [Aangepas uit www.travelstart.co.za] (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 10 DBE/November 2018 NSS AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA- VERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord dan die vrae wat volg. Kuba Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 11 DBE/November 2018 NSS OP PAD NA PAPIERLOSE REIS – DIE ELEKRONIESE INSTAPKAART Voeg by PASBOEK Vlug- Datum nommer 3 Mei 2018 AF0995 Parys [Aangepas uit www.paperlesstravel.com] 2.1.1 Verwys na mnr. David Smith se elektroniese instapkaart op sy selfoon en identifiseer die volgende: (a) Die vlugnommer (1) (b) Mnr. Smith se sitpleknommer (1) (c) Die lughawekode vir Charles De Gaulle Internasionale Lughawe in Parys (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 12 DBE/November 2018 NSS 2.1.2 Met verwysing na mnr. Smith se instapkaart, gee EEN rede waarom hy by die voorste deur van die vliegtuig aan boord moet gaan. (2) 2.1.3 Verduidelik TWEE voordele vir lugrederye om elektroniese instapkaarte te gebruik. (4) 2.1.4 Bespreek die volgende: (a) EEN voordeel van die gebruik van elektroniese instapkaarte vir toeriste (2) (b) EEN nadeel van die gebruik van elektroniese instapkaarte vir toeriste (2) 2.2 Bestudeer die reisplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REISPLAN Mnr. David Smith, 'n Suid-Afrikaanse ingenieur het in 2018 vanaf Johannesburg via Parys na Havana in Kuba gereis om toesig oor die konstruksie van 'n nuwe brug te hou. Eerste skof van mnr. Smith se reis Mnr. Smith het om 19:00 op Donderdag 3 Mei 2018 vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek. Die 11 uur lange vlug het die volgende oggend op die Charles De Gaulle Internasionale Lughawe in Parys aangekom. Hy het tot 16:00 in transito op die lughawe gebly. Tweede skof van mnr. Smith se reis Mnr. Smith het om 16:00 (plaaslike tyd) van die Charles De Gaulle Internasionale Lughawe in Parys na Havana, Kuba, vertrek. Hy het om 21:00 (plaaslike tyd) op die José Marti Internasionale Lughawe in Havana aangekom. LET WEL: Ten tye van die reis het Frankryk en Kuba DBT toegepas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 13 DBE/November 2018 NSS 2.2.1 Daar was geen direkte vlugte van Johannesburg na Havana beskikbaar op die datums waarop mnr. Smith wou reis nie. Die reisagent, wat die vlugbesprekings gemaak het, het logiese roetebeplanning vir mnr. Smith se reis in gedagte gehou. Verwys na die roete op die kaart en gee EEN rede wat hierdie stelling sal staaf (bevestig). (2) 2.2.2 Eerste skof van mnr. Smith se reis Bereken hoe laat dit in Parys was toe mnr. Smith om 19:00 van OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek het. LET WEL: Frankryk pas DBT toe. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.2.3 Bereken hoeveel uur mnr. Smith op die Charles De Gaulle Internasionale Lughawe in transito was. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.2.4 Tweede skof van mnr. Smith se reis Bereken die vliegtyd van mnr. Smith se vlug vanaf Parys na Havana. LET WEL: Frankryk en Kuba pas albei DBT toe. (5) Toon ALLE berekeninge. [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 14 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WISSELKOERSTABEL SUID-AFRIKAANSE RAND TEENOOR GELDEENHEDE VAN DIE WÊRELD BUITELANDSE VALUTA 16 November 2017 Ons Ons verkoop koop GELDEENHEID BSR BBR Euro 16.85 16.81 Australiese dollar 10.87 10.84 Kanadese dollar 11.22 11.19 Amerikaanse dollar 14.11 14.07 Tsjeggiese kroon 0.66 0.63 Bulgaarse lev 8.61 8.58 Turkse lira 3.69 3.65 Egiptiese pond 0.81 0.77 3.1 Verwys na die wisselkoerstabel hierbo en identifiseer die sterkste geldeenheid. (1) 3.2 3.2.1 Gee EEN rede waarom die bankverkoopkoers van die geldeenhede in die tabel hoër as die bankaankoopkoers is. (2) 3.2.2 In die tabel hierbo, identifiseer die TWEE lande waar Suid-Afrikaners die beste waarde vir hulle geld sal kry. (2) 3.3 Me. Nobuhle Maliti woon in Suid-Afrika en wil die Verenigde State van Amerika (VSA) besoek. Sy het R58 000,00 vir die reis. Haar retoervliegkaartjie sal R26 000,00 kos, die VSA-visum en reis- versekering sal R3 800,00 beloop en die toerpakket vir die VSA R23 100. 3.3.1 Bereken, in rand, die totale koste van me. Maliti se reis na die VSA. (2) 3.3.2 Sal me. Nobuhle Maliti genoeg geld vir die reis hê? Gee EEN rede vir jou antwoord. (2) 3.3.3 Me. Maliti ruil R58 000 vir USD by die OR Tambo Internasionale Lughawe om. Gebruik die wisselkoerstabel hierbo en bereken die bedrag VS-dollar wat sy ontvang het toe sy R58 000 omgeruil het. (3) 3.3.4 Met haar terugkeer na Suid-Afrika het me. Maliti USD150 oorgehad wat sy op die OR Tambo Internasionale Lughawe omgeruil het. Bereken die bedrag wat sy in rand ontvang het. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 15 DBE/November 2018 NSS 3.4 Bestudeer die tydskrifvoorblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE INVLOED VAN 'N SWAK RAND 'n Swak rand kan beide 'n negatiewe en 'n positiewe invloed op die toerismebedryf en op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê. Die armoede en werkloosheid wat in die prent uitgebeeld word, is 'n dilemma (probleem) waarmee baie Suid- Afrikaners te doen kry. Daar kan nie toegelaat word dat hierdie toestand voortduur nie. [Aangepas uit www.financialmail.com] Verwys na die scenario hierbo en skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek hoe 'n swak rand kan help om armoede en werkloosheid in Suid-Afrika te verlig. Jou bespreking moet die volgende insluit: • Hoe 'n swak rand internasionale besoekers meer koopkrag sal gee (2) • Hoe die scenario tot die vermenigvuldigereffek sal bydra (2 x 2) LET WEL: EEN punt sal toegeken word vir die paragraafformaat wat volledige, goed saamgestelde sinne sonder kolpunte ('bullets') of nommers bevat. (1) (7) [22] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 16 DBE/November 2018 NSS AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS- TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.1 Mnr. Bean is op 'n skattejag om die ikone en besienswaardighede in Londen te vind. Help hom om die ikone en besienswaardighede in Londen te vind deur die skattejagkaart hieronder te gebruik. [Aangepas uit www.pintinterest.com] 4.1.1 Gee die naam van die land waar die skattejag plaasvind. (1) 4.1.2 Mnr. Bean gebruik openbare vervoer vir die skattejag. Identifiseer die openbare vervoermetode op die kaart wat hy kan gebruik. (2) 4.1.3 Identifiseer die DRIE internasionale ikone (1, 2 en 3) wat mnr. Bean tydens die skattejag moet vind. (3) 4.1.4 (a) Identifiseer die militêre aktiwiteit 4 waarna mnr. Bean sal kan kyk wanneer hy ikoon 3 besoek. (2) (b) Beskryf die militêre aktiwiteit in VRAAG 4.1.4(a). (2) (c) Noem waarvoor ikoon 3 hoofsaaklik gebruik word. (2) 4.1.5 Mnr. Bean se laaste leidraad is om die Kroonjuwele op te spoor. Noem die ikoon waar hy hierdie skat sal vind. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 17 DBE/November 2018 NSS 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en antwoord die vrae wat volg. DIE AUSTRALIAANSE UITDAGING Die Australiërs beskou hierdie terrein as 'n prysenswaardige ikoon en is trots op die natuurlike skoonheid daarvan. Vir die Australiese inboorlinge (inheemse inwoners) is dit 'n heilige terrein wat hulle finansieel en geestelik ondersteun. Daar is egter 'n geskilpunt (konflik) tussen die Australiese inboorlinge en ander Australiërs oor die gebruik van die ikoon en die omliggende grond. Die hoofrede is dat toestemming gegee word om hierdie antieke heilige terrein te klim. Die Australiese inboorlinge het versoek dat besoekers nie die heilige terrein uitklim nie, maar hierdie versoek is geïgnoreer ter wille van winste en die begeerte om die top van hierdie manjifieke ikoon te bereik. Die klimmery het dele van die rots laat verweer. Die gebrek aan vullisdromme en behoorlike regulasies het tot gevolg dat toeriste doen wat hulle wil tydens die klimtog. 'n Gemiddeld van 400 000 toeriste het in 2017 die nasionale park besoek, wat die teikengetal van 300 000 per jaar oorskry het. Australiese inboorlinge sê dat hulle nie voordeel uit toerisme trek nie. Die oord wat naby aan die ikoon geleë is, het slegs een Australiese inboorling uit 'n personeel van 670 mense in diens. [Aangepas uit www.cnn.com] 4.2.1 Identifiseer die ikoon in hierdie artikel. (1) 4.2.2 Noem EEN ander ikoon wat in Australië geleë is. (1) 4.2.3 Dink jy dat die ikoon wat in VRAAG 4.2.1 genoem is 'n suksesvolle toeristebesienswaardigheid is? Gee EEN rede vir jou antwoord. (2) 4.2.4 (a) Gee TWEE redes waarom die Australiese inboorlinge oor die huidige situasie rakende hierdie ikoon ongelukkig is. (4) (b) Beveel EEN manier aan waarop die Australiese owerhede aandag kan skenk aan ELK van die redes wat in VRAAG 4.2.4(a) gegee is. (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 18 DBE/November 2018 NSS VRAAG 5 5.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP SUID-AFRIKA se 9de Wêrelderfenisterrein Die ǂKhomani Kulturele Landskap, wat as 'n Wêrelderfenisterrein verklaar is, dui op UNESCO se erkenning van die universele waarde en belang van hierdie terrein as 'n lewende erfenis. Die ǂKhomani en ander Sanstamme is uniek omdat hulle direkte afstammelinge van 'n oeroue groep mense is wat duisende jare gelede in Suid-Afrika gewoon het. Die ǂKhomani San het 'n nomadiese (trek voortdurend rond) kultuur gehad en het geleef van wat die aarde gebied het. Hulle het plante vir medisinale doeleindes en vir rituele gebruik. Min van die stamlede beoefen steeds hulle tradisionele jagter-versamelaar-leefstyl. Die ǂKhomani San is vaardige spoorsnyers wat wippe, spiese, boë en pyle, wat met slanggif of die sap van giftige plante bedek is, gebruik wanneer hulle jag. Baie van die ǂKhomani San verdien ook 'n inkomste uit toerisme deur tradisionele juweliersware en kunshandwerk aan toeriste te verkoop. [Aangepas uit Sawobona, September 2017 en Indwe, Oktober 2017] 5.1.1 Gee die naam van die provinsie waar die Wêrelderfenisterrein in hierdie artikel geleë is. (1) 5.1.2 Noem die tipe Wêrelderfenisterrein van die ǂKhomani Kulturele Landskap, volgens UNESCO se klassifikasie. (1) 5.2 Verduidelik EEN rede waarom daar na hierdie Wêrelderfenisterrein as 'n 'lewende erfenis' verwys word. (2) 5.3 Skryf 'n paragraaf en bespreek hoe die ǂKhomani Kulturele Landskap, wat as 'n Wêrelderfenisterrein verklaar is, die landelike ontwikkelingstrategie vir die ǂKhomani San sal ondersteun. Jou paragraaf moet die volgende insluit: • Verbeterde lewensgehalte • Kultuurtrots en volhoubaarheid • Toeganklikheid tot infrastruktuur (3 x 2) LET WEL: EEN punt sal toegeken word vir die paragraafformaat wat volledige, goed saamgestelde sinne sonder kolpunte ('bullets') of nommers bevat. (1) (7) [11] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 19 DBE/November 2018 NSS VRAAG 6 Bestudeer Suid-Afrikaanse Toerisme (SAToerisme) se Bemarkingsgebeurtenis Kalender 2018 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KALENDER 2018 SUID-AFRIKAANSE TOERISME BEMARKINGSGEBEURTENISKALENDER 7–11 Maart 8–10 Mei 10 Junie Bekendstelling van PTGS 31 Julie 23–25 September 6–8 November Internasionale besigheidsnetwerk- vergadering Dinsdag, 31 Julie 2018 Greensledge Capital Parklaan 399, New York Hoofspreker: Mnr. Thulani Nzima Voorsitter: Suid-Afrikaanse Toerisme 6.1 Identifiseer TWEE internasionale gebeurtenisse waar SAToerisme Suid-Afrika as 'n voorkeurbestemming bemark. (2) 6.2 Verduidelik die doel van die gebeurtenis van 23 tot 25 September 2018. (2) 6.3 Noem TWEE maniere waarop SAToerisme Suid-Afrika by al die reisskoue hierbo bemark. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 20 DBE/November 2018 NSS 6.4 Die veldtog hieronder vind in Junie plaas en is op Suid-Afrikaners gemik. Bespreek TWEE maniere waarop hierdie veldtog: 6.4.1 Suid-Afrikaanse besighede aanmoedig om 'n positiewe bydrae tot toerisme in Suid-Afrika te maak (2) 6.4.2 Die Suid-Afrikaanse publiek aanmoedig om 'n positiewe bydrae tot toerisme in Suid-Afrika te maak (2) 6.5 Verduidelik EEN rede waarom SAToerisme hierdie kalender aan toerisme- belanghebbendes beskikbaar gestel het. (2) [14] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 21 DBE/November 2018 NSS AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONTNUGTER!!!* Megan werk die afgelope ses maande as kelner by 'n restaurant. Sy het 'n dienskontrak geteken nadat sy die pos by die restaurant aanvaar het. Alhoewel daar poste by die restaurant beskikbaar is, weier haar werkgewer om nuwe personeel aan te stel. Gevolglik moet sy dubbelskofte werk en haar verantwoordelikhede het toegeneem. Sy werk amper elke dag dubbelskofte sonder oortydbetaling. Sy word nie toegelaat om tydens haar skofte te sit nie. Haar werkgewer is dikwels met haar en ander werkers ongeskik. Daar is geen personeelvervoer beskikbaar wanneer hulle laat in die nag klaar gewerk het nie. Omdat sy bang is dat sy haar werk verloor, hou sy aan werk sonder om te kla. *Ontnugter: 'n Gevoel van teleurstelling 7.1.1 Verduidelik die term dienskontrak. (2) 7.1.2 Identifiseer EEN manier in die uittreksel hierbo waarop Megan by haar werksplek uitgebuit word. (2) 7.1.3 Gee Megan raad en noem TWEE maniere waarop haar griewe by die werksplek aandag kan geniet. (4) 7.1.4 Bespreek TWEE maniere waarop die huidige werksomstandighede 'n invloed op Megan se werksetiek kan hê. (4) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 22 DBE/November 2018 NSS VRAAG 8 8.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BASOTHO KULTUURDORPIE – ONS ERFENIS Om 'n verantwoordelike reisiger te wees, verg meer as net woorde en bedoelings. Dit behels dat 'n etiese kode gevolg word en dat jy jou deel doen om 'n volhoubare en sorgsame benadering tot reis te skep. Bowendien, verdien jou kinders nie ook om hierdie kontinent te sien soos jy dit vandag sien nie? 8.1.1 Verduidelik wat met 'n etiese kode vir verantwoordelike optrede deur toeriste bedoel word. (2) 8.1.2 Verduidelik die betekenis van 'verdien jou kinders nie ook om hierdie kontinent te sien soos jy dit vandag sien nie?'. (2) 8.1.3 Internasionale besoekers aan Suid-Afrika wil die Afrika-leefstyl en geskiedenis ervaar. Beveel DRIE maniere aan waarop hulle verantwoordelik kan optree tydens hulle besoek aan die Basotho-kultuurdorpie. (6) 8.2 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERANDER LEWENS – MET SEEP Die Wildernes-avontuurkamp in Namibië bied opvoedkundige berading en finansiële ondersteuning aan 'n gemeenskapsprojek in Katutura, wat deur ses MIV-positiewe vrouens bestuur word. Die projek behels die vervaardiging van seep met 'n olyfoliebasis. Die kamp koop die seep by die gemeenskapsprojek vir hulle gaste. 'n Deel van die geld wat uit die verkope ontvang word, word in die seepvervaardigingsprojek teruggeploeg. Die vrouens woon die beradingsessies wat die Wildernes-avontuurkamp aanbied, by. Hierdie sessies fokus op gesondheids- ondersteuning aan die gebied se MIV- [Bron: positiewe vroue en hulle kinders. www.wildernessadventures.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 23 DBE/November 2018 NSS 8.2.1 (a) Identifiseer die TWEE pilare van volhoubare toerismepraktyke wat duidelik in hierdie uittreksel na vore kom. (2) (b) Pas elke pilaar van volhoubare toerisme wat in VRAAG 8.2.1(a) geïdentifiseer is, by EEN voorbeeld in die uittreksel. (2) 8.2.2 Bespreek TWEE maniere waarop die ondersteuning wat die Wildernes- avontuurkamp bied, die lewens van die MIV-positiewe vrouens in die Katutura-gemeenskap ten goede verander. (4) [18] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 24 DBE/November 2018 NSS AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Lees die nuusartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOONTLIKE RAMP – OF NIE? Die uitbreek van voëlgriep en die Robbeneiland-veerboot (passasiersboot) wat in 2017 amper gesink het, het negatiewe nagevolge vir die toerismebedryf in Suid-Afrika gehad. UITBREEK VAN VOËLGRIEP Die H5N8-voëlgriepvirus (wat onskadelik vir mense is) het die dood van baie wilde voëls oral in Suid-Afrika veroorsaak. Gewilde besienswaardighede het op verskillende maniere op die bedreiging gereageer: • Die Monte Casino Voëlpark in Gauteng is tydens die skoolvakansie gesluit. • Die World of Birds (voëlpark) in Kaapstad het nie meer eende, ganse en hoenders van die publiek ontvang nie, maar was oop vir besoeke. • Om te keer dat die voëlgriep buite die Johannesburgse dieretuin versprei, is voertuie met ontsmettingsmiddel gespuit. Hulle het besoekers gevra om hulle skoene en voete te ontsmet. Hulle moes deur voetbaddens geloop het wanneer hulle die dieretuin verlaat. 'N VEERBOOT HET BEGIN SINK 'n Veerboot, wat toeriste van Robbeneiland af na Kaapstad se hawe vervoer het, het in September 2017 begin sink. Meer as 60 toeriste en bemanningslede moes deur ander bote gered word. [Aangepas uit www.timeslive.co.za en www.ewn.co.za] 9.1.1 Gee EEN rede waarom Monte Casino Voëlpark en die World of Birds (voëlpark) tydelik hulle normale aktiwiteite gestaak het. (2) 9.1.2 Gee EEN positiewe en EEN negatiewe standpunt wat toeriste oor die voorsorgmaatreëls wat die Johannesburgse dieretuin ingestel het, kan hê. (4) 9.1.3 Noem die tipe insident in September 2017 waarby toeriste wat van Robbeneiland af teruggekeer het, betrokke was. (2) 9.1.4 Bespreek TWEE maniere waarop die insident in VRAAG 9.1.3 genoem, 'n invloed op toeriste wat die Wes-Kaap besoek, sal hê. (4) 9.1.5 Verduidelik TWEE maniere waarop die twee insidente in die uittreksel 'n invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 25 DBE/November 2018 NSS 9.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STATISTIEK OOR INKOMENDE INTERNASIONALE LUGAANKOMSTE JUNIE 2017 1 082 675 inkomende internasionale toeriste het in Junie 2017 in Suid-Afrika aangekom. Inkomende internasionale toeriste word in drie groepe volgens hulle reispatrone gedeel. GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3 Slegs aankomste Enkelreise Veelvoudige reise Toeriste wat in Junie Toeriste wat in Junie Toeriste wat in 2017 Suid-Afrika 2017 Suid-Afrika een Junie 2017 Suid-Afrika binnegekom het en in keer binnegekom het en meer as een keer die land gebly het. dit in dieselfde maand binnegekom en verlaat verlaat het het 263 230 (24,3%) 373 950 (34,5%) 445 495 (41,1%) [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 9.2.1 Identifiseer die groep met die hoogste getal inkomende internasionale toeriste-aankomste. (2) 9.2.2 Reispatrone kan tot 'n toename in die gemiddelde besteding van toeriste bydra. Bespreek EEN manier waarop die volgende tot 'n toename in die gemiddelde besteding van toeriste bydra: (a) Slegs aankomste (2) (b) Veelvoudige reise (2) 9.3 Finansiële instellings beloon kliënte met lojaliteitspunte elke keer wat hulle hulle kredietkaarte gebruik. Verduidelik hoe toeriste hierdie opgehoopte lojaliteitspunte kan gebruik wanneer hulle reis. (2) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 26 DBE/November 2018 NSS VRAAG 10 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TERUGVOERING VAN BUITELANDSE TOERISTE MET AANBEVELINGS Volgens die terugvoering wat by 'n besienswaardigheid ingesamel en ontleed is, was die twee algemeenste klagtes deur buitelandse toeriste: KLAGTE 1 AANBEVELING Verstaan nie wat die 10.1.1 toeristegids sê nie KLAGTE 2 AANBEVELING Tekort aan kos- en drankfasiliteite by die 10.1.2 besienswaardigheid. 10.1 Beveel EEN manier aan waarop ELK van die klagtes hierbo opgelos kan word. Nommer jou antwoorde as 10.1.1 en 10.1.2. (2 x 2) (4) 10.2 Noem EEN manier waarop die besienswaardigheid die suksesvolle implementering van die aanbevelings wat in VRAAG 10.1 gemaak is, kan meet. (2) [6] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all