Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
TOERISME
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
*ITRSMA*
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all
TOURISM QP GR11 NOV2019 Afr D hlayiso.com
Tourism · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Pages
- 24
- File size
- 2.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.
3. Begin elke VRAAG op ʼn NUWE bladsy.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Dit sal tot jou voordeel wees om ALLE berekeninge te toon.
6. Rond alle berekeninge af tot TWEE plekke na die desimale punt.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Die volgende tabel is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
afdeling in te deel.
AFDELING VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD
A 1 Kortvrae 40 punte 20 minute
2 Kaartwerk en
Toerbeplanning
B 20 punte 30 minute
Buitelandse-
3
valutaverhandeling
Toerisme-
4
aantreklikhede
C 5 Kultuur- en 50 punte 50 minute
Erfenistoerisme
6 Bemarking
D 7 Toerisme Sektore 50 punte 50 minute
Plaaslike-, Streeks-
8 en Internasionale
E toerisme 40 punte 30 minute
Kommunikasie en
9
Kliëntediens
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.21 A.
1.1.1 ʼn Vlug van Johannesburg, Suid-Afrika na New York, VSA word
as ʼn … vlug geklassifiseer.
A kortafstand
B transatlantiese
C transkontinentale
D aansluitings
1.1.2 ʼn Voorbeeld van ʼn mediareklame-promosietegniek:
A Persoonlike verkope
B Plakkaat
C Uitstalling
D Promosieborgskap
1.1.3 Die simbool vir die plaaslike geldeenheid wat in Frankryk
gebruik word:
A €
B $
C Ŧ
D ¥
1.1.4 Hierdie bekende Oos-Afrika aantreklikheid is in … geleë.
A Malawi
B Tanzanië
C Uganda
D Kenia
1.1.5 Op ʼn binnelandse vlug sal ʼn … heel waarskynlik deur
beamptes by die sekuriteitsbeheerpunt van ʼn passasier
gekonfiskeer word.
A naelskêr
B skootrekenaar
C houer hoofpynpille
D selfoon
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.6 Die begroting vir hierdie tipe toer sluit vervoer, verblyf en
aktiwiteite in:
A Geskeduleerde toer
B Reisplan
C Self-bestuur toer
D Pakkettoer
1.1.7 Hierdie Suid-Afrikaanse bemarkingsveldtog moedig … toerisme
aan.
A streeks-
B nis-
C binnelandse-
D kulturele-
1.1.8 ʼn Masjien wat by die lughawe gebruik word om die identiteit van
passasiers te verifieer:
A X-straal-veiligheidskandeerder
B Identiteitsdokument
C Biometriese skandeerder
D Termiese liggaamskandeerder
1.1.9 ʼn Metode wat deur ʼn toerisme-besigheid gebruik word om die
vlak van kliëntetevredenheid te bepaal:
A Prestasiebestuur
B Indiensopleiding
C Opnames
D Vaardigheidsontwikkeling
1.1.10 ʼn Bedrag, wat by die rekening van ʼn kliënt wat ʼn voertuig huur
bygevoeg word, en dan aan TOMSA oorbetaal word om met
bemarking van Suid-Afrika as ʼn toerismebestemming te help:
A Lughawe-belasting
B Toerismeheffing
C Versekeringspremie
D Toevallige koste
1.1.11 MICROS-Fidelio OPERA is ʼn voorbeeld van ʼn …
A aanlynbemarkingsveldtog.
B reisoperateur.
C elektroniese besprekingstelsel.
D vlugbeheerstelsel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 5
1.1.12 Raad wat aan ʼn passasier, wat vir die eerste keer op ʼn luukse
bootvaart gaan, gegee kan word:
A Die goedkoopste kajuite is aan die agterkant van die skip
op die boonste dek geleë.
B Casino’s aanboord luukse toerskepe is 24 uur per dag oop.
C Die kode PS op die webtuiste dui aan dat as ʼn passasier
vroegtydig bespreek, daar ʼn vermindering in die prys van
die bootvaart sal wees.
D Bespreek ʼn kajuit in die middel van die skip as jy geneig is
om seesiek te raak.
1.1.13 ʼn Regeringsinisiatief wat jong Suid-Afrikaners aanmoedig om
entrepreneurs in toerisme te word:
A Vuk’uzenzele
B Fundi
C Hierdie is jou land (This is your country)
D Welcome-veldtog (Welcome-campaign)
1.1.14 ʼn Voedselitem wat NIE kosjer (‘kosher’) is NIE:
A Skulpvis
B Beesvleis
C Eiers
D Tamaties
1.1.15 Toeriste kan die Stone Town van Zanzibar bereik deur van …
vervoer gebruik te maak.
A pad of spoorlyn
B pad of water
C lug of spoor
D lug of water
1.1.16 Chobe Nasionale Park is in … geleë.
A Malawi
B Botswana
C die Demokratiese Republiek van die Kongo
D Mosambiek
1.1.17 Hierdie lugredery staan as Suid-Afrika se nasionale
vlugondernemer bekend:
A SA Express
B Mango
C SA Airlink
D SAA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.18 Die Victoria-waterval is ʼn waterval op die … -rivier op die grens
tussen Zambië en Zimbabwe.
A Kunene
B Shangani
C Zambezi
D Tugela
1.1.19 ʼn Beperking wanneer daar op die nooduitgangsitplek in ʼn
vliegtuig gesit word:
A Die passasier het meer beenruimte as in ander sitplekke.
B Daar is geen toilet naby vir die passesier se gebruik nie.
C ʼn Vroulike passasier mag nie haar handsak op die vloer
van die vliegtuig onder haar sitplek plaas nie.
D Die passasier sal eerste bedien word wanneer die
kajuitpersoneel drankies bedien.
1.1.20 Toeriste wat paleontologiese erfenisterreine besoek, sal … kan
besigtig.
A fossiele
B meteorietkraters
C skeepswrakke
D artefakte
(20 x 1) (20)
1.2 Kies ʼn term in KOLOM B wat die beste by die beskrywing in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 ʼn Suid-Afrikaanse trein wat as een van A Videomuur
die mees luukse treine in die wêreld
bekend staan
1.2.2 ʼn Promosiereklametegniek (Onder-die- B Reisplan
lyn)
1.2.3 ʼn Werksgeleentheid in die C Skeepsreis
gasvryheidsbedryf
1.2.4 ʼn Mediareklametegniek (Bo-die-lyn) D Metrorail
1.2.5 Sluit datums, tye, verblyf, E Deurwagter
vervoeropsies en plekke wat
gedurende ʼn toer besoek word in
F Rovos Rail
G Winkelafslag-
promosie
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 7
1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die korrekte woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn SAA vlug van OR Tambo Internasionale Lughawe,
Johannesburg na Charles de Gaulle Lughawe, Parys sal van ʼn
(wyeromp/smalromp) vliegtuig gebruik maak.
1.3.2 (Koerante/Pamflette) word as konvensionele mediagereedskap
geklassifiseer.
1.3.3 (ACSA/RETOSA) se doel is om inkomende toerisme na Suider-
Afrika te verhoog.
1.3.4 ʼn (Kajuit/Suite) is die luuksste verblyfopsie op ʼn luukse toerskip.
1.3.5 (Kos/Storievertelling) maak deel uit van die volksverhale van
verskillende kulture in Suid-Afrika. (5 x 1) (5)
1.4 Kies ʼn bestemming van die gegewe lys wat die beste by die
onderstaande beskrywings pas. Skryf slegs die naam van die
bestemming langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag elke gegewe opsie slegs een keer
gebruik.
Niassameer; Matopo Heuwels; Grand Baie; Tsodilo Heuwels; Katsedam;
Kafue Nasionale Park; Karibameer; Hlane Koninklike Nasionale Park
1.4.1 ʼn Wêrelderfenisterrein in Zimbabwe waar massiewe granietrotse
gevind word
1.4.2 ʼn Gewilde toeristebestemming bekend vir strande,
wateraktiwiteite en naglewe (nightlife)
1.4.3 ʼn Gebied, gevul met vars water, wat tussen Malawi, Mosambiek
en Tanzanië geleë is
1.4.4 ʼn Beskermde gebied waar die grootste kuddes wild in eSwatini
voorkom
1.4.5 ʼn Wêrelderfenisterrein met die meeste voorbeelde van
Sanrotskuns in die wêreld (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
1.5 Bestudeer die onderstaande prente en scenario’s en koppel elke
scenario met die mees gepaste busvervoer. Skryf slegs die letter (A–E)
langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK.
A D
B E
C
1.5.1 Hans en Gunter is Duitse rugsakreisigers wat vanaf Kaapstad
na Durban wil reis en ʼn paar dae by bestemmings wat hulle
interesseer, wil spandeer.
1.5.2 Mnr. en Mev. Naidoo wil vanaf Bloemfontein na Port Elizabeth
reis om ʼn familietroue by te woon.
1.5.3 Jose en Fernando van Brazilië spandeer tyd in Soweto en wil
die werklike gevoel (‘township vibe’) daarvan op ʼn township-toer
ervaar.
1.5.4 Zanele en Thembela van Oos-Londen besoek Kaapstad en wil ʼn
besigtigingstoer, wat hulle na die bekendste aantreklikhede in
en om die stad neem, geniet.
1.5.5 Twee Oostelike-Provinsie rugbyspanne reis na Johannesburg
om aan die jaarlikse interprovinsiale rugbytoernooi deel te
neem. (5 x 1) (5)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 9
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE-
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.
RAVENALA ATTITUDE – Seychelles van R23 010,00 pp wat deel
Reistydperk: Invliegpakket sluit in: retoervlugte
18 April 2019 – 25 April 2019 van Johannesburg na Seychelles,
retoer lughawe tot lughawe
Bestemming: Seychelles pendeldienste, 5 nagte verblyf by
Ravenala Attitude (paartjiesuite),
Ervaring: ontbyt & aandete daagliks
Strand- & Eilandvakansie
Uitgesluit: addisionele pendeldienste,
Sluit in: fooitjies, professionele fooie, maaltye
Prys van Johannesburg – nie in die pakket genoem nie
R23 010,00 pp wat deel
Prys van Durban – Verwysing: TH2217730
R23 010,00 pp wat deel
Prys van Port Elizabeth –
R24 601,00 pp wat deel
[Verwerk uit www.suretravel.co.za]
2.1 Die bostaande toer is ʼn voorbeeld van ʼn geskeduleerde toer. Motiveer
hierdie stelling. (2)
2.2 Identifiseer die reismotiveerder vir hierdie toer. (2)
2.3 Maak ʼn afleiding oor TWEE aktiwiteite waaraan ʼn persoon wat op
bostaande toer bespreek in Seychelles aan kan deelneem. (2 x 1) (2)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3
Bestudeer die gegewe inligting en beantwoord die vrae.
Mnr. Smith gaan na Londen op ʼn besigheidsreis. Hy het R25 500 sakgeld vir sy
reis, om voor sy vertrek te wissel.
Buitelandse geldeenheid Bank Aankoopkoers Bank Verkoopkoers
Euro 15,51 16,10
Britse Pond 18,09 18,80
3.1 Identifiseer die buitelandse geldeenheid waarvoor mnr. Smith sy Rand sal
wissel. (2)
3.2 Noem die fasiliteit waar mnr. Smith sy transaksie afhandel. (2)
3.3 Verduidelik hoe die geld wat mnr. Smith vir sy reis wissel, die plaaslike
ekonomie van Londen kan bevoordeel. (2 x 2) (4)
3.4 Bereken, deur gebruik te maak van die bank verkoopkoers, die bedrag
buitelandse valuta wat mnr. Smith sal ontvang as hy sy sakgeld voor sy
vertrek wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe in jou berekening. (3)
3.5 Met sy terugkeer het mnr. Smith £15 banknote oor. Bereken, deur gebruik
te maak van die bank aankoopkoers, hoeveel Rand hy sal ontvang as hy
die £15 wissel.
LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
Toon ALLE stappe in jou berekening. (3)
[14]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 11
AFDELING C: TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN
ERFENISTOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
Verwys na die kaart van SAOG-lande en die gekoppelde beelde/name van
toerisme aantreklikhede hieronder en beantwoord die vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
4.1 Identifiseer die toerisme aantreklikhede gemerk A, C en D. (3 x 2) (6)
4.2 Bestudeer die genommerde prente hieronder.
4.2.1 4.2.2
(a) Identifiseer die prent wat die SAOG-toeriste aantreklikheid,
Koninklike Heuwels van Ambohimanga, gemerk B op die kaart, die
beste verteenwoordig. (2)
(b) Gee EEN rede waarom die Koninklike Heuwels van Ambohimanga
as ʼn top toeriste aantreklikheid in die SAOG streek beskou word. (2)
4.3 Bestudeer die toerisme aktiwiteite hieronder.
Boomtoptoer Berggorilla safari
4.3.1 Identifiseer die “moet-doen” toeriste aktiwiteit in die Virunga
Nasionale Park, gemerk E op die kaart. (2)
4.3.2 Stel EEN voordeel voor wat die toeriste aktiwiteit in VRAAG 4.3.1
gekies, vir die bewaringspogings van die Virunga Nasionale Park
sal hê. (2)
4.4 4.4.1 Verduidelik hoe die afgeleë gebied, gemerk D op die kaart, sy
naam gekry het. (2)
4.4.2 Lys TWEE besigtigingsgeleenthede wat ʼn besoeker aan die
aantreklikheid gemerk D kan teëkom. (2 x 1) (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 13
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die prente wat die Xhosa-kulturele uniekheid van die Oos-
Kaap uitbeeld en beantwoord die vrae.
A B
C
D
5.1.1 (a) Benoem die TWEE hoofbestanddele wat gebruik word om
die Xhosa-gereg in die prent gemerk C te maak. (2 x 1) (2)
(b) Identifiseer die persoon in die Xhosa kultuur wat van die
artikels in die prent gemerk B gebruik sal maak. (2)
(c) Verduidelik die verbintenis, in tradisionele gemeenskappe,
tussen die prente gemerk A en D. (2 x 2) (4)
5.1.2 Bespreek hoe die kulturele uniekheid van die Xhosa-mense
internasionale toeriste kan beïnvloed om Suid-Afrika te besoek.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
5.2 Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae.
Die Bo-Kaap, voorheen bekend as die Maleierbuurt, is as die tradisionele
tuiste van Kaapstad se Moslemgemeenskap bekend. Heelwat van die
Kaapse Moslemgemeenskap is afstammelinge van slawe wat vanaf
Indonesië en ander Oosterse lande gebring is. Met die afskaffing van
slawerny in die 1830’s, het baie van hierdie slawe hul in die Bo-Kaap
gevestig.
KENNISGEWING
KENNISGEWING VAN DIE VOORNEME OM ’N AANTAL TERREINE IN
DIE BO-KAAP, KAAPSTAD AS NASIONALE ERFENISTERREINE TE
VERKLAAR IN TERME VAN AFDELING 27 VAN DIE WET OP
NASIONALE ERFENISHULPBRONNE, WET 25 VAN 1999
Die Bo-Kaap Museum is een van twintig Bo-Kaap terreine wat as nasionale
erfenisterreine verklaar gaan word. Die Bo-Kaap Museum, wat in die 1760’s
gebou is, is die oudste huis in die gebied wat nog in sy oorspronklike vorm
is.
[Verwerk uit www.sahra.org.za en www.portfoliocollection.com]
5.2.1 Verwys na die kennisgewing hierbo:
(a) Identifiseer die wetlike liggaam wat die kennisgewing
uitgereik het. (2)
(b) Verduidelik hoe die kennisgewing aan een van die funksies
van die wetlike liggaam in VRAAG 5.2.1 (a) geïdentifiseer,
gekoppel is. (2)
5.2.2 Nadat die 20 Bo-Kaap terreine as nasionale erfenisterreine
verklaar is, sal streng voorwaardes geld ten einde dit te beskerm.
Motiveer hierdie stelling. (2 x 2) (4)
5.2.3 Gee EEN rede waarom die geboue in die Bo-Kaap deel van die
nasionale besit moet word. (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 15
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die onderstaande voorbeeld van ʼn bemarkingstegniek en
beantwoord die vrae.
6.1.1 Identifiseer die onderstaande tipes bemarkingstegnieke in die
prent, soos deur Penika Reisagentskap gebruik:
(a) Mediareklame (Bo-die-lyn) (1)
(b) Promosiereklame (Onder-die-lyn) (1)
6.1.2 Gee EEN rede waarom elke tipe promosietegniek in
VRAAG 6.1.1 (a) en 6.1.1 (b) geïdentifiseer, doeltreffende
bemarkingstrategieë vir Penika Reisagentskap is. (2 x 2) (4)
6.1.3 Verduidelik waarom Penika Reisagentskap internet- en
telefoonkostes in hulle bemarkingsbegroting vir hul mediareklame
bemarkingsveldtog sou insluit. (2 x 2) (4)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING D: TOERISME SEKTORE
VRAAG 7
Lees die gevallestudie en gegewe inligting versigtig deur en beantwoord die vrae
wat volg.
ʼn Port Elizabeth skool beplan ʼn 10-dag toer van die Oos-Kaap na Gauteng
gedurende die Desember 2019 skoolvakansie. Daar sal nege leerders en een
onderwyser, mev. Sithole, op die toer gaan. As ʼn lid van die toergroep en ʼn
Toerisme-leerder, het mev. Sithole jou gevra om raad te gee oor verskeie
aspekte van die vervoersektor waarvan die toergroep gebruik gaan maak.
7.1 Die toergroep sal van Port Elizabeth stasie op pad na Johannesburg
stasie op Vrydag, 6 Desember om 11:00 aan boord die Shosholoza Meyl
vertrek. Hulle aankomstyd sal ongeveer 09:20 die volgende dag wees.
Die leerders sal in twee kompartemente slaap en die onderwyseres in ʼn
koepee.
7.1.1 Verduidelik die verskil tussen ʼn kompartement en ʼn koepee.
(2 x 2) (4)
7.1.2 Gee die toergroep raad oor die beskikbaarheid van kos en
verversings op die trein. (2)
7.1.3 Beveel aan watter opsies beskikbaar is met betrekking tot
beddegoed (komberse en kussings) vir die toergroep op die trein. (2)
7.1.4 Mev. Sithole verkies om ʼn privaat-badkamer te hê vir die duur
van die reis. Verduidelik watter badkamerfasiliteite op die trein
beskikbaar is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 17
7.2 In Johannesburg sal die toergroep ʼn 10-sitplek bus van Pace Car Rental
huur vir die 4 dae wat hulle in Gauteng gaan spandeer. Die
besonderhede van hulle huurooreenkoms word hieronder gegee.
PACE CAR RENTAL – VOERTUIG HUUROOREENKOMS
Optelpunt: Johannesburg
Optel datum en tyd: Saterdag, 7 Desember
2019, 11:00
Aflaaipunt: Johannesburg
Aflaai datum en tyd: Dinsdag, 10
Desember 2019, 11:00
Voertuigtipe: Groep F – Toyota
Luukse 10-sitplek
bussie of soortgelyk
3 dae @ R1 135,00 pd: R3 405,00
Kontrakfooi: R70,00
Totaal: R3 475,00
Versekeringsopsie (nie ingesluit)
SBSK (Eng SCDW) & Bybetaling: R7 000
SDVK (Eng STLW): R65 pd
Addisionele opsies beskikbaar met voertuig (nie ingesluit)
GPS: R80 pd
Sleepwa: R100 pd
Bykomende
bestuurder-koste: R225
POV (Eng PAI): R25
Voertuig
afleweringsheffing: R250
Kilometer opsie: 200 km gratis per dag, addisioneel R7,06 per km
7.2.1 Verduidelik die onderstaande begrippe aan mev. Sithole.
(a) Kontrakfooi (2)
(b) Bykomende bestuurder-koste (2)
7.2.2 Verduidelik die effek op die premie en bybetaling vir die
huurooreenkoms indien mev. Sithole sou besluit om OSA (Eng
CDW) en DVK (Eng TLW) te neem en daarna per ongeluk teen ʼn
stilstaande motor agteruitry. (4)
7.2.3 Bereken die totale koste vir die huurkontrak sou die toergroep die
volgende benodig:
x Aflewering by Johannesburg treinstasie op Saterdag,
7 Desember
x ʼn Sleepwa en GPS
x Hulle reis 525 km gedurende die 3 dae van hulle huurtydperk
LET WEL: Sluit alle kostes in en toon ALLE stappe van jou
berekening. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
7.3 Aan die einde van hulle toer in Gauteng sal die toergroep vanaf hulle plek
van verblyf in Randburg na OR Tambo Internasionale Lughawe op die
Gautrein reis.
Hieronder is sekere bekommernisse wat die groep oor die reis op die
Gautrein het. Reageer volledig op elkeen van hulle bekommernisse.
(10)
7.4 Op die laaste been van hul toer sal die groep vanaf OR Tambo
Internasionale Lughawe, Johannesburg na Port Elizabeth vlieg. Hulle
vlugbesonderhede word hieronder gegee.
JNB, OR Tambo Internasionale Lughawe PLZ DUUR 01h45m
Vlugnommer SA1453 Ekonomiese klas
Vlug deur SA Express bedryf
15 Desember 2019
VERTREK 07:30 AANKOMS 09:15
Bagasietoelae
20 kg inboekbagasie
7 kg handbagasie
7.4.1 Gee die tyd wat die toergroep by OR Tambo Internasionale
Lughawe voor hulle vertrek moet inboek. (2)
7.4.2 Verduidelik EEN metode wat die toergroep kan gebruik om vir
hulle vlug in te boek. (2 x 2) (4)
7.4.3 Beskryf die prosedure wat by die sekuriteitsbeheerpunt deur die
toergroep gevolg moet word voordat hulle vir hul vlug aan boord
stap. (2 x 2) (4)
7.4.4 Toe sy die vlugte aanlyn bespreek het, het mev. Sithole
opgemerk dat daar ook ʼn FlySafair vlug op dieselfde dag is.
(a) Lys EEN voordeel van ʼn bespreking op ʼn FlySafair-vlug. (1)
(b) Verduidelik die verskil in bagasietoelae tussen ʼn SAA vlug
en ʼn FlySafair vlug. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 19
7.5 Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae.
Mantis-Gemeenskap Opheffingsprogram – GRATIS
Het jy graad 10 geslaag, is jy ouer as 18, stel jy belang in ʼn
beroep in die gasvryheidbedryf? Mantis-Gemeenskap
Opheffingsprogram nooi jou uit om aansoek te doen vir ʼn
GRATIS 5-dag gasvryheidskursus! Die opleiding geskied van
1 – 12 Julie 2019 en behels opleiding in diensuitnemendheid in
die gasvryheidsbedryf.
Gefasiliteer deur Stenden South Africa | Geborg deur Mantis
| Gasheer Fish River Sun Resort
7.5.1 Identifiseer TWEE loopbaangeleenthede wat ʼn persoon wat die
bostaande opheffingsprogram bygewoon het, kan betree.
(2 x 1) (2)
7.5.2 Lys TWEE vaardighede wat ʼn persoon wat in die
gasvryheidsbedryf werk, benodig om te verseker dat hulle die
eise van die bedryf kan hanteer. (2 x 1) (2)
[50]
TOTAAL AFDELING D: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING E: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME,
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 8
8.1 Bestudeer die inligting oor plaaslike toerisme en beantwoord die vrae.
8.1.1 ʼn Opname oor binnelandse toerisme het aangedui dat die meeste
Suid-Afrikaners nie in hul eie land toer nie.
Lys TWEE redes ter bevestiging van hierdie bevinding. (2 x 1) (2)
8.1.2 Analiseer die onderstaande Suid-Afrikaanse plaaslike toerisme
marksegmente en beantwoord die vrae.
A
“Vakansietyd met my kinders is nie-
onderhandelbaar. Ek blok daardie naweek en
neem geen besigheidsoproepe nie. ʼn 5-Ster B&O
sal doen vir my.”
B
“My gunsteling toer is waar ek in die middag op ʼn
bootvaart kan gaan, die aand in ʼn fantastiese
restaurant spandeer en daarna na die nagklubs
gaan.”
C
“Reis is ʼn noodsaaklikheid as jy kinders het. Jy
moet hulle na plekke neem sodat hulle dit nie net
op die televisie sien nie, maar hulle dit
eerstehands ervaar.”
D
“Die beste toer sal wees om net op die pad te
kom, ʼn kaart te neem en te ry en sien wat gebeur.
Om net padlangs te ry (road trips) is fantasties,
want ons doen lawwe goed langs die pad."
Bepaal die plaaslike marksegmente gemerk A, B, C en D wat deur
Suid-Afrikaanse Toerisme (‘South African Tourism’) geïdentifiseer
is om deel van die Groeistrategie vir Plaaslike Toerisme (2012–
2020) bemarkingsveldtog uit te maak. (4 x 2) (8)
8.1.3 In ʼn paragraaf, verduidelik DRIE strategiese doelwitte van die
Groeistrategie vir Plaaslike Toerisme (2012–2020) om plaaslike
toerisme vir ʼn volhoubare toerisme-ekonomie te laat groei. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 21
8.2 Bestudeer die kaart van die SAOG lidlande en beantwoord die vrae.
8.2.1 Benoem die lande gemerk A, C en E. (3 x 1) (3)
8.2.2 Benoem die hoofstede gemerk B en F. (2 x 1) (2)
8.2.3 Gee die naam van die hoofpoort wat deur mense van die land
gemerk D gebruik word om Suid-Afrika binne te kom. (1)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 TOERISME (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die prente wat aspekte van kliëntesorg vir buitelandse toeriste
uitbeeld en beantwoord die vrae.
9.1.1 Identifiseer die nasionaliteit, of die kulturele groep wat:
(a) Buig as hulle groet (1)
(b) Slegs halaal kos eet (1)
9.1.2 Bespreek TWEE voordele vir die Suid-Afrikaanse toerismebedryf
as ʼn toerisme besigheid sy werknemers oplei om kulturele-,
godsdienstige- en taalverskille in ag te neem as hulle met
buitelandse toeriste omgaan. (2 x 2) (4)
9.2 Bestudeer die prent en beantwoord die vraag.
Verduidelik die waarde van die wêreldverspreidingstelsels hierbo gelys vir
ʼn reisagent. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) TOERISME 23
9.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae.
9.3.1 Identifiseer die tipe klagte wat in die bostaande prent deur die kliënt
gebruik is. (2)
9.3.2 Die kliënt se klagte is nie effektief deur die verkoopspersoon hanteer
nie.
Gee TWEE redes om hierdie stelling te motiveer. (2 x 2) (4)
9.3.3 Voorspel TWEE gevolge wat die kliëntediens van die
verkoopspersoon op die aandenkingswinkel kan hê. (2 x 2) (4)
[18]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 English hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 Afrikaans

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2022 English

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 ENG D hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 AFR D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
TOURISM QP GR11 NOV2019 Eng D hlayiso.com

Memorandum
TOURISM MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
TOURISM MEMO GR11 NOV2019 English hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
TOURISM GR11 QP NOV2020 English hlayiso.com

Question paper
TOURISM QP GR11 NOV 2018 ENG hlayiso.com
More from Grade 11 Tourism
Explore more published documents in this catalogue.





